Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 11/8 bl. 31
  • Genoeg voedsel vir almal!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Genoeg voedsel vir almal!
  • Ontwaak!—1995
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Volop voedsel vir almal
  • Het jy goeie geestelike eetgewoontes?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Hoe voedsaam is jou voedsel?
    Ontwaak!—1995
  • Wat sê die Bybel oor voedseltekorte in ons dag?
    Nog onderwerpe
  • Veilige voedsel vir almal
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 11/8 bl. 31

Genoeg voedsel vir almal!

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRASILIË

DIT is moontlik om volop, uitstekende voedsel te geniet en nogtans ongelukkig te wees. As ’n mens ware en blywende geluk wil hê, is iets anders nodig—geestelike voedsel. Jesus het gesê: “Die mens moet nie van brood alleen lewe nie, maar van elke uiting wat deur Jehovah se mond uitgaan.”—Matteus 4:4.

Aan die ander kant lei die verwerping van God se Woord tot geestelike honger, soos in Amos 8:11 voorspel is: “Ek [sal] ’n honger in die land stuur, nie ’n honger na brood nie en nie ’n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.” Geestelike ondervoeding kan egter vermy word. Jesus het gesê: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte . . . Gelukkig is dié wat honger en dors na regverdigheid, want hulle sal versadig word” (Matteus 5:3, 6). Soos voedsame voedsel in die regte hoeveelhede ons liggaam bevredig, versterk heilsame geestelike voedsel ons geloof en ons hoop vir die toekoms. Op watter soort wêreld kan ons hoop?

Volop voedsel vir almal

Stel jou ’n wêreld voor met ’n oorvloed smaaklike en heilsame voedsel. ’n Wêreld sonder oorloë, rampe of teenspoed wat hongersnood of ondervoeding veroorsaak waardeur mense verswak of terneergedruk gemaak word. Daar sal nie meer hawelose of werklose mense wees wat op sopverspreiding of aalmoese staatmaak nie, en vinnig stygende voedselpryse sal mense ook nie noodsaak om sommer enigiets te eet net om die maag vol te kry nie. “Mag daar volop graan in die land wees, mag dit selfs bo-op die bergtoppe wuif” (Psalm 72:16, NAV). Maar hoe sal dit gebeur? Wie sal die probleem van ondervoeding oplos?

Ons Skepper sal liefdevolle aandag skenk aan die mens se behoefte aan genoeg voedsel. Selfs die aarde se klimaat sal onder beheer wees en dit sal dus waarborg dat daar geen misoeste meer sal wees nie. “Die HERE [gee] die goeie, en ons land lewer sy opbrings” (Psalm 85:13). Hoewel die aarde in staat is om genoeg voedsel te lewer, sal net God se Koninkryk bowendien ’n einde maak aan hebsug en verdrukking, wat tot onvoldoende verspreiding, ondervoeding en ellende lei.

Ja, Jehovah se hemelse regering sal sorg dat enige landboukundige en vervoerstelsels wat beskikbaar is heilsame voedsel lewer waar dit nodig is. Die Koninkryksadministrasie sal nie ’n paar mense verryk en die meeste los om met moeite ’n bestaan te maak nie. Koninkrykseëninge sal pleks van wanhoop en radeloosheid die vreugde bring wat blyk uit die groot maaltyd van goeie dinge wat in Jesaja 25:6 voorspel is: “Die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ’n maaltyd van vetspyse, ’n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg.”

Stel jou nou voor dat vandag se mededingende, spanningsvolle, ongevoelige lewenswyse vir ewig weg is. Niemand sal ondervoed of siek wees nie. As jy werklik die lewe in daardie nuwe wêreld wil geniet, moet jy derhalwe ag slaan op Jesus se woorde: “Moenie werk vir die voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat vir die ewige lewe bly.”—Johannes 6:27.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel