Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/92 bl. 4
  • Aanbiedings wat ’n gunstige reaksie uitlok

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aanbiedings wat ’n gunstige reaksie uitlok
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die goeie nuus met ’n gevoel van dringendheid aan
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Verkondig ‘die woorde van die profesie’
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Openbaring—’n sleutel tot ware geluk
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Wat kan ek sê om belangstelling wakker te hou?
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 3/92 bl. 4

Aanbiedings wat ’n gunstige reaksie uitlok

1 Aanbiedings wat ’n gunstige reaksie uitlok, is dié wat duidelik toon hoe die onderwerp vir die huisbewoner van belang is, dat dit iets is wat hy nodig het of kan gebruik. Help die huisbewoner deurgaans tydens jou gesprek om te besef: “Dit raak my.” Wanneer ons ’n aanbieding voorberei, moet ons ons afvra: ‘Waaroor bekommer die mense in my gebied hulle veral? Wat is hulle behoeftes? Hoe kan ek die boodskap aanbied om te toon dat Jehovah bewus is van hulle behoeftes?’ Hieronder word enkele dinge bespreek wat vandag vir mense van die allergrootste belang is. Kan jy een van hulle of iets soortgelyks in jou aanbieding gebruik? Let op hoe ’n mens punte uit die Openbaring-boek hierby kan inskakel.

2 Kommer oor die gebrek aan geluk: “Ons gesels met mense wat waarlik bekommerd is oor die gehalte van die lewe in ons gemeenskap. Hoewel mense dalk die materiële lewensbenodigdhede het, is baie nie werklik gelukkig met hulle lot in die lewe nie. Dink jy dit is moontlik om ’n waarlik gelukkige lewe te hê? [Laat huisbewoner antwoord.] Een van die sleutels tot geluk word in die Bybel in Openbaring 1:3 gevind. [Lees.] As jy verstaan wat Openbaring oor die toekoms sê, kan dit jou gelukkig maak. Let op net een van die profesieë wat daarin opgeteken is.” Lees Openbaring 21:3, 4 en wys dan vir die huisbewoner die prent op bladsy 302 van die Openbaring-boek.

3 Kommer oor die toekoms: “Ons wil graag ’n positiewe beskouing van die toekoms met ons bure bespreek. Is dit hoe jy die lewe probeer beskou? [Laat huisbewoner antwoord.] Volgens die Bybel het ons rede om optimisties te wees as ons doen wat Openbaring 1:3 sê.”

4 Kommer oor goeie gesondheid: “Baie in ons buurt is gesondheidsbewus. Ten spyte van die voorsorgmaatreëls wat ons tref, word ons nogtans siek. Sal jy graag in ’n wêreld wil leef waar almal volmaakte gesondheid en lewenskrag geniet? Hoe ongelooflik dit ook al dalk klink, die Bybelboek Openbaring praat van só ’n tyd en sê vir ons dat dit in die nabye toekoms verwesenlik gaan word.” Lees Openbaring 21:3, 4. Jy kan dan na die prent op bladsye 308-9 van die Openbaring-boek blaai en verduidelik hoe mense gedurende Christus se Duisendjarige Heerskappy van die lewegewende voorsienings gebruik sal maak.

5 Kommer oor besoedeling en die omgewing: “In ons gesprekke met ons bure het ons gevind dat baie bekommerd is oor die besoedeling van ons lug, water en voedsel. Dink jy dat die regerings ooit ’n einde daaraan sal kan maak? [Laat huisbewoner antwoord.] Dit is bemoedigend om te sien wat die Bybel sê met diegene gaan gebeur wat die aarde verderf.” Lees Openbaring 11:18b. Wys daarop dat dit God se voorneme is om nie net diegene wat die aarde verderf te verwyder nie, maar om die aarde in ’n paradys te omskep, soos Psalm 37:10, 11 of Jesaja 65:21, 22 toon.

6 Vir diegene wat godsdienstig is: “Ons wil graag ons bure ’n vraag vra: Dink jy dat die boek Openbaring geskryf is om verstaan te word, of moes dit altyd ’n geheim bly? [Laat huisbewoner antwoord.] Baie mense het dieselfde beskouing. Let op wat die Bybel self in Openbaring 1:3 sê.”

7 As jy aanhou om jou luisteraars se hart te probeer bereik, sal diegene wat na die waarheid en geregtigheid smag gunstig reageer.—Matt. 5:3, 6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel