Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/14 bl. 4
  • Voorgestelde aanbiedings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorgestelde aanbiedings
  • Ons Koninkryksbediening—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2014
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2014
km 2/14 bl. 4

Voorgestelde aanbiedings

Om op die eerste Saterdag in Maart Bybelstudies te begin

“Ons besoek mense kortliks om hulle te vertel van iets wat op die 14de April sal plaasvind. Dit is die datum van die herdenking van Jesus se dood. Party sal die geleentheid herdenk omdat hulle glo dat sy dood belangrik is. Ander is nie seker waarom Jesus se dood betekenisvol is nie. Dink jy dat ons by Jesus se dood baat vind?” Wag vir ’n antwoord. Wys vir die huisbewoner die agterblad van Die Wagtoring van 1 Maart, en bespreek die materiaal onder die eerste vraag en ten minste een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.

Die Wagtoring 1 Maart

“Baie mense wonder waarom God niks doen om ’n einde te maak aan die ongeregtigheid en lyding in die wêreld nie. Dink jy dit is omdat God nie omgee nie of omdat hy dink dat dit goed is dat mense ly? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Johannes 3:16.] Hoewel baie mense hierdie vers aanhaal om te wys dat God omgee, is hulle nie eintlik seker hoe hulle by die dood van God se seun baat vind nie. Hierdie tydskrif verduidelik hoe Jesus se dood die einde van ongeregtigheid en lyding op die aarde moontlik maak.”

Ontwaak! Maart

“Ons besoek mense kortliks omdat ons probeer om ’n wanbegrip oor hierdie Bybelvers op te klaar. [Lees Genesis 1:1.] Party glo wat dit hier sê, dat die heelal geskep is, maar ander glo dit nie. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Baie mense vind dit moeilik om aan die skepping te glo omdat godsdiensleiers iets leer wat nie met die Bybel ooreenstem nie. Hierdie tydskrif bevat die Bybel se logiese en geloofwaardige verduideliking van hoe die heelal ontstaan het.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel