Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 7/8 bl. 26-27
  • Het die wêreld ’n “nuwe evangelisasie” nodig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het die wêreld ’n “nuwe evangelisasie” nodig?
  • Ontwaak!—1992
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Nuut” in watter opsig?
  • Waarom dit ’n teleurstelling was
  • Evangelisasie—die Bybel se manier
  • Die pous se besoek aan Mexiko—Sal dit die Kerk tot nut strek?
    Ontwaak!—1990
  • Die Katolieke Kerk in Spanje—Waarom die krisis?
    Ontwaak!—1990
  • Die Katolieke Kerk in Afrika
    Ontwaak!—1994
  • Australië se Anglikaanse Kerk—’n verdeelde huis
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 7/8 bl. 26-27

Die Bybelse beskouing

Het die wêreld ’n “nuwe evangelisasie” nodig?

Deur Ontwaak!-medewerker in Italië

DIE winde van politieke verandering wat deur Oos-Europa gewaai het, het ook ’n godsdienstige herontwaking teweeggebring. Die Buitengewone Vergadering vir Europa se Sinode van Biskoppe is van 28 November tot 14 Desember 1991 by die Vatikaan gehou sodat daar voordeel uit hierdie geestelike geleentheid getrek kon word. Al 137 “Sinodale Vaders”, wat frontverteenwoordigers van die Europese Katolieke hiërargie is, het ontmoet met die doel om die “nuwe evangelisasie” te bevorder.

Sedert die sinode op 22 April 1990 in Velehrad, Tsjeggo-Slowakye, afgekondig is, is dit as ’n geskiedkundige gebeurtenis ingelui. Maar of die sinode as ’n reusesukses beskou kan word, is moeilik om te sê, aangesien RAI, die Italiaanse nasionale televisienetwerk, op 14 Desember 1991 aangekondig het: “Die sinode van teleurstellings het nou geëindig.”

Waarom was die sinode ’n teleurstelling? En het Europa, of selfs die wêreld, ’n “nuwe evangelisasie” nodig?

“Nuut” in watter opsig?

Die Katolieke hiërargie meen dat ’n nuwe evangelisasie nodig is omdat die omstandighede vir godsdiens nuut is. Kardinaal Camillo Ruini het tydens sy openingsrede by die byeenkoms sy siening van die Europese situasie opgesom. Hy het gesê dat daar in die Ooste “miljoene is wat nog nie eers gedoop is nie en die elementêrste waarhede van die Christelike geloof” ignoreer. Daarom “bied die ineenstorting van die Kommunistiese bewind ’n gulde geleentheid vir evangelisasie van die Kerk”. Daarenteen word die toneel in Wes-Europa gekenmerk deur wat hy ’n “praktiese ateïsme” noem. Die Katolieke Kerk se boodskap word nie meer as die waarheid van God aanvaar nie.

Die godsdienstige herontwaking bied op sigself ’n ander uitdaging vir die biskoppe. In watter opsig? Die Europese sowel as die Latyns-Amerikaanse biskoppe is bekommerd oor die aansienlike toename van ander godsdiensbewegings. Waarom? Klaarblyklik omdat die kerk talle bevoorregte posisies verloor het wat hy vroeër gehad het, en hy beskou nou sy posisie as iets wat “deur gevaarlike mededingers bedreig” word. Die Jesuïetetydskrif La Civiltà Cattolica het getoon dat Jehovah se Getuies een van die mededingers is omdat “hulle daarin slaag om ’n aansienlike aantal Katolieke en Protestante aan te trek”.

Die woorde van die sinode se “Verklaring” aan die einde sê dat die nuwe evangelisasie ’n aansporing is om “’n mens se eie Christelike wortels te herontdek”. Waarom moet die Europeërs hulle “Christelike wortels” herontdek? Die biskoppe het gesê dat Christelike waardes nie meer as geldig beskou word nie. “Wat baie gedoopte Europeërs betref”, het La Civiltà Cattolica gesê, is godsdiens “kinderlik, ’n mooi sprokie vir die kinders wat volwassenes beslis nie ernstig kan opneem asof dit iets is wat ’n invloed op hulle lewe kan uitoefen nie. . . . Ander Europeërs sien die Christelike godsdiens as eenvoudige volksoorleweringe, wat gevolglik bestem is om te verdwyn namate die beskawing vooruitgang maak . . . Ander Europeërs beskou die Christelike godsdiens as iets skadeliks.”

Om dié redes meen die biskoppe dat ’n “nuwe evangelisasie” nodig is.

Waarom dit ’n teleurstelling was

Ten einde die “nuwe evangelisasie” van die Ou Wêreld te laat slaag, het ’n mens ’n ontsaglike arbeidskrag nodig. Maar een van die grootste probleme wat die kerk in Europa raak, is die tekort aan priesters. Een van die biskoppe het gesê dat die aantal geestelikes, volgens onlangse skattings vir Europa, die afgelope 13 jaar met 9 persent afgeneem het.

Baie het die sinode as ’n teleurstelling beskou omdat daar min praktiese punte was oor hoe die “herverchristeliking” van Europa toegepas moet word. Die Franse biskop Joseph Duval het die sinodale byeenkoms aangemoedig: “Ons moet abstrakte preke oor evangelisasie vermy . . . Ons almal praat te veel soos regsgeleerdes. Mag ons boodskap weereens ’n evangeliese eenvoud en aard aanneem.”

Slegs ’n paar biskoppe het die apostoliese metodes voorgestel om die evangelie aan mense te verkondig. Biskop František Tondra van Spiš, Tsjeggiese en Slowaakse Bondsrepubliek, het byvoorbeeld gesê: “Vir die nuwe evangelisasie van Europa moet ons na die oorspronklike vorm van evangelisasie terugkeer. . . . Die eerste Christene het, sodra hulle gedoop is, dit as hulle plig beskou om die Evangelie te versprei.”

Evangelisasie—die Bybel se manier

Was al die eerste-eeuse Christene evangeliedienaars? Ja! Die boek Evangelism in the Early Church deur Michael Green van Oxford, Engeland, sê: “Een van die treffendste kenmerke van evangelisasie in die vroegste tye was die mense wat daaraan deelgeneem het. . . . Evangelisasie was die voorreg en die plig van elke Kerklidmaat. . . . Die Christelike godsdiens was hoofsaaklik ’n lekebeweging, en dit is deur informele sendelinge versprei.”

Die woord “evangeliedienaar” beteken “verkondiger van goeie nuus”, en wat Christus Jesus oor evangelisasie gesê het, was van toepassing op al sy volgelinge: “Hierdie goeie nuus [evangelie] van die koninkryk sal bekend gemaak word aan die hele wêreld tot ’n getuienis vir die nasies. En dan sal die einde kom” (Mattheüs 24:14, The New Jerusalem Bible). Die omvattendste evangelisasiewerk wat tot nou toe onderneem is, moet dus in “die tyd van die einde” gedoen word.—Daniël 12:4.

Verlede jaar het Jehovah se Getuies, wat meer as viermiljoen sterk is, amper eenmiljard uur aan die evangelisasiewerk in 211 lande, onder andere Oos-Europa, bestee. Watter goeie nuus het hulle verkondig? Die goeie nuus van God se Koninkryk en van redding deur geloof in Jesus Christus (2 Timotheüs 1:9, 10). Dit is die boodskap wat die wêreld nou nodig het—voor die einde kom.—Mattheüs 24:3, 14.

[Foto-erkenning op bladsy 26]

Jesus Preaching at the Sea of Galilee, by Gustave Doré

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel