-
2 Kronieke 30:9Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
9 Want wanneer julle tot Jehovah terugkeer,+ sal julle broers en julle seuns voorwerpe van barmhartigheid+ wees voor dié wat hulle gevange hou, en hulle sal toegelaat word om na hierdie land terug te keer;+ want Jehovah julle God is genadig+ en barmhartig,+ en hy sal die aangesig nie van julle afwend as julle tot hom terugkeer nie.”+
-
-
Esra 7:28Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
28 En teenoor my het hy liefderyke goedhartigheid bewys+ voor die koning en sy raadgewers+ en met betrekking tot al die magtige vorste van die koning. En wat my betref, ek het my versterk volgens die hand+ van Jehovah my God oor my, en ek het die hoofde uit Israel bymekaargebring om saam met my op te trek.
-
-
Nehemia 2:8Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
8 ook ’n brief aan Asaf, die bewaker van die park wat aan die koning behoort, dat hy vir my bome gee om die poorte van die Kasteel+ wat aan die huis behoort,+ met balke te bou, en vir die muur+ van die stad en vir die huis wat ek sal ingaan.” Toe het die koning dit vir my gegee volgens die goeie hand van my God oor my.+
-