Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Levitikus 25:36
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 36 Moenie rente en woekerwins van hom neem nie,+ maar jy moet jou God vrees;+ en jou broer moet by jou aan die lewe bly.

  • Nehemia 5:15
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 15 Wat die vorige goewerneurs betref wat voor my was, hulle het dit swaar gemaak vir die volk, en hulle het elke dag veertig sikkels silwer vir brood en wyn van hulle geneem. Ook het hulle dienaars die volk oorheers.+ Wat my betref, ek het weens die vrees vir God+ nie so gedoen nie.+

  • Job 28:28
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 28 En hy het vir die mens gesê:

      ‘Kyk! Die vrees van Jehovah—dit is wysheid,+

      En om van die kwaad af te wyk, is verstand.’”+

  • Spreuke 8:13
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 13 Die vrees van Jehovah beteken om te haat wat sleg is.+ Selfverheffing en trots+ en die slegte weg en die verdorwe mond+ het ek gehaat.

  • Prediker 8:12
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 12 Hoewel ’n sondaar miskien honderd keer kwaad doen+ en lank bly lewe soos dit hom behaag, weet ek nietemin ook dat dit goed sal afloop met dié wat die ware God vrees,+ omdat hulle hom gevrees het.+

  • Maleagi 1:6
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 6 “‘’n Seun eer ’n vader,+ en ’n kneg sy grootse heer.+ As ek dan ’n vader is,+ waar is my eer?+ En as ek ’n Grootse Heer is, waar is die vrees+ vir my?’ het Jehovah van die leërs vir julle gesê, o priesters wat my naam verag.+

      “‘En julle het gesê: “In watter opsig het ons u naam verag?”’

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel