LEVITIKUS
1 En Jehovah het Moses geroep en vanuit die tent van samekoms+ met hom gepraat en gesê: 2 “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: ‘As enigeen van julle vir Jehovah ’n offer uit die vee aanbied, moet julle julle offer uit die beeste of uit die kleinvee aanbied.+
3 “‘As sy offer ’n brandoffer uit die beeste is, moet hy ’n bul sonder gebrek aanbied.+ Hy moet dit by die ingang van die tent van samekoms vrywillig+ voor Jehovah aanbied. 4 Hy moet sy hand op die kop van die brandoffer sit, en dit sal aanvaar word om vir hom versoening te doen.
5 “‘Dan moet die jong bul voor Jehovah geslag word, en die seuns van Aäron, die priesters,+ moet die bloed aanbied+ en al die kante van die altaar, wat by die ingang van die tent van samekoms is, met die bloed besprinkel. 6 Die vel van die dier wat as brandoffer geoffer sal word, moet verwyder word en die offer moet in stukke gesny word.+ 7 Die seuns van Aäron, die priesters, moet vuur* op die altaar sit+ en hout op die vuur sit. 8 Die seuns van Aäron, die priesters, moet die stukke van die offer+ regsit met die kop en die niervet op die hout wat op die vuur bo-op die altaar is. 9 Sy ingewande en sy pote moet met water gewas word, en die priester moet dit alles op die altaar laat rook as ’n brandoffer. Dit is ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.+
10 “‘As die offer wat hy as ’n brandoffer bring, uit die kleinvee+ is, uit die jong skape of die bokke, moet hy ’n ram+ sonder gebrek aanbied. 11 Dit moet aan die noordekant van die altaar voor Jehovah geslag word, en die seuns van Aäron, die priesters, moet al die kante van die altaar met die bloed besprinkel.+ 12 Hy moet dit in stukke sny, en die priester moet dit saam met die kop en die niervet regsit op die hout wat op die vuur bo-op die altaar is. 13 Hy moet die ingewande en die pote met water was, en die priester moet dit alles aanbied en dit op die altaar laat rook. Dit is ’n brandoffer, ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.
14 “‘Maar as hy voëls as ’n brandoffer aan Jehovah bring, moet hy sy offer uit die tortelduiwe of die jong duiwe aanbied.+ 15 Die priester moet die voël by die altaar aanbied en die kop afknyp en die voël op die altaar laat rook, maar die bloed moet hy teen die kant van die altaar laat uitloop. 16 Hy moet die krop en die vere verwyder en dit langs die altaar gooi, aan die oostekant, op die plek vir die as.*+ 17 Hy moet die voël by die vlerke oopskeur sonder om dit in twee te verdeel. Dan moet die priester die voël op die altaar laat rook op die hout wat op die vuur is. Dit is ’n brandoffer, ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.
2 “‘En as iemand ’n graanoffer+ vir Jehovah aanbied, moet sy offer fynmeel wees, en hy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit.+ 2 Dan moet hy dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring, en die priester moet ’n hand vol van die fynmeel en olie neem, en al die wierook, en hy moet dit as ’n simbool van die hele offer+ op die altaar laat rook, ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah. 3 Wat van die graanoffer oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns+ as iets besonder heiligs+ van die vuuroffers wat aan Jehovah gebring word.
4 “‘As jy ’n graanoffer aanbied wat in die oond gebak is, moet dit van fynmeel wees, ongesuurde ringvormige brode wat met olie gemaak is of ongesuurde platbrode wat met olie gesmeer is.+
5 “‘As jou offer ’n graanoffer is wat op die bakplaat gebak is,+ moet dit van ongesuurde fynmeel wees wat met olie gemeng is. 6 Dit moet in stukkies gebreek word, en jy moet olie daarop gooi.+ Dit is ’n graanoffer.
7 “‘As jou offer ’n graanoffer is wat in ’n pan voorberei is, moet dit van fynmeel en olie gemaak word. 8 Jy moet die graanoffer wat hiervan gemaak is, na Jehovah toe bring. Dit moet vir die priester aangebied word, wat dit na die altaar moet bring. 9 En die priester moet ’n deel van die graanoffer neem as ’n simbool van die hele offer+ en dit op die altaar laat rook as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.+ 10 Wat van die graanoffer oorbly, behoort aan Aäron en sy seuns as iets besonder heiligs van die vuuroffers+ wat aan Jehovah gebring word.
11 “‘Geen graanoffer wat julle vir Jehovah aanbied, mag met suurdeeg gemaak word nie,+ want julle mag geen suurdeeg of heuning as ’n vuuroffer aan Jehovah laat rook nie.
12 “‘Julle mag dit vir Jehovah aanbied as ’n offer van die eerste opbrengs,*+ maar dit mag nie na die altaar gebring word as ’n aangename* geur nie.
13 “‘Voeg sout by elke graanoffer wat jy bring. Jy mag nie die sout van die verbond van jou God weglaat wanneer jy jou graanoffer bring nie. Saam met al jou offers moet jy sout aanbied.+
14 “‘As jy die graanoffer van die eerste opbrengs vir Jehovah aanbied, moet jy jong graan* wat oor die vuur gerooster is, grofgestampte jong graankorrels, as die graanoffer van jou eerste opbrengs+ aanbied. 15 Jy moet olie daarop gooi en wierook daarop sit. Dit is ’n graanoffer. 16 Die priester moet ’n deel van die growwe graankorrels en olie saam met al die wierook laat rook as ’n simbool van die hele offer,+ as ’n vuuroffer aan Jehovah.
3 “‘As sy offer ’n vrede-offer*+ is en as hy dit uit die beeste aanbied, hetsy ’n bul of ’n koei, moet hy ’n dier sonder gebrek voor Jehovah aanbied. 2 Hy moet sy hand op die kop van sy offer sit, en dit moet by die ingang van die tent van samekoms geslag word. En Aäron se seuns, die priesters, moet al die kante van die altaar met die bloed besprinkel. 3 Hy moet ’n deel van die vrede-offer* as ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied:+ die vet+ wat die ingewande bedek, al die vet wat om die ingewande is 4 en die twee niere met die vet daaraan wat naby die lende is. Hy moet ook die vet* aan die lewer saam met die niere verwyder.+ 5 Aäron se seuns moet dit op die altaar laat rook bo-op die brandoffer wat op die hout op die vuur is.+ Dit is ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.+
6 “‘As sy offer uit die kleinvee is as ’n vrede-offer* aan Jehovah, moet hy ’n ram of ’n ooi sonder gebrek aanbied.+ 7 As hy ’n jong skaapram as sy offer aanbied, moet hy dit voor Jehovah aanbied. 8 Hy moet sy hand op die kop van sy offer sit, en dit moet voor die tent van samekoms geslag word. Aäron se seuns moet al die kante van die altaar met die bloed besprinkel. 9 Hy moet die vet van die vrede-offer* as ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied.+ Hy moet die hele vetstert naby die rugstring verwyder, asook die vet wat die ingewande bedek, al die vet wat om die ingewande is 10 en die twee niere met die vet daaraan wat naby die lende is. Hy moet ook die vet* aan die lewer saam met die niere verwyder.+ 11 En die priester moet dit op die altaar as voedsel* laat rook, ’n vuuroffer aan Jehovah.+
12 “‘As sy offer ’n bok is, moet hy dit voor Jehovah aanbied. 13 Hy moet sy hand op die kop daarvan sit, en dit moet voor die tent van samekoms geslag word, en Aäron se seuns moet al die kante van die altaar met die bloed besprinkel. 14 Die deel wat hy as sy vuuroffer vir Jehovah moet aanbied, is die vet wat die ingewande bedek, al die vet wat om die ingewande is,+ 15 asook die twee niere met die vet daaraan wat naby die lende is. Hy moet ook die vet* aan die lewer saam met die niere verwyder. 16 Die priester moet dit op die altaar as voedsel* laat rook, ’n vuuroffer met ’n aangename* geur. Al die vet behoort aan Jehovah.+
17 “‘Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag, in al julle woonplekke: Julle mag hoegenaamd geen vet en geen bloed eet nie.’”+
4 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘As iemand onopsetlik sondig+ deur enige van die dinge te doen wat Jehovah beveel het nie gedoen mag word nie, dan moet die volgende gebeur:
3 “‘As die gesalfde priester+ sondig+ en skuld oor die volk bring, moet hy vir die sonde wat hy gepleeg het, ’n jong bul sonder gebrek vir Jehovah as ’n sonde-offer aanbied.+ 4 Hy moet die bul na die ingang van die tent van samekoms+ voor Jehovah bring en sy hand op die bul se kop sit, en hy moet die bul voor Jehovah slag.+ 5 Dan moet die gesalfde priester+ van die bul se bloed neem en dit in die tent van samekoms inbring. 6 Die priester moet sy vinger in die bloed steek+ en van die bloed sewe keer+ voor Jehovah spat, voor die gordyn* van die heiligdom. 7 Die priester moet ook van die bloed smeer aan die horings van die altaar van geurige reukwerk,+ wat voor Jehovah in die tent van samekoms is. Hy moet die res van die bul se bloed uitgooi aan die voet van die brandofferaltaar,+ wat by die ingang van die tent van samekoms is.
8 “‘Hy moet dan al die vet van die bul vir die sonde-offer verwyder, insluitende die vet wat die ingewande bedek en die vet wat om die ingewande is, 9 en die twee niere met die vet daaraan wat naby die lende is. En hy moet die vet* aan die lewer saam met die niere verwyder,+ 10 net soos gedoen word met die bul vir die vrede-offer.*+ En die priester moet dit op die brandofferaltaar laat rook.
11 “‘Maar wat die vel van die bul betref en al sy vleis met sy kop, sy pote, sy ingewande en sy mis+ 12 – die res van die bul – hy moet dit buitekant die kamp laat neem, na ’n rein plek waar die as* weggegooi word, en hy moet dit op hout met vuur verbrand.+ Dit moet verbrand word waar die as weggegooi word.
13 “‘En as die hele gemeenskap van Israel skuldig word deur onopsetlik te sondig+ en die gemeente nie daarvan bewus was dat hulle iets gedoen het wat Jehovah hulle beveel het om nie te doen nie,+ 14 en die sonde dan bekend word, moet die gemeente ’n jong bul as ’n sonde-offer aanbied en dit voor die tent van samekoms bring. 15 Die ouermanne van die gemeenskap moet daar voor Jehovah hulle hande op die bul se kop sit, en die bul moet voor Jehovah geslag word.
16 “‘Dan moet die gesalfde priester van die bul se bloed in die tent van samekoms inbring. 17 Die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe keer voor Jehovah spat, voor die gordyn.*+ 18 Hy moet dan van die bloed aan die horings van die altaar+ smeer wat voor Jehovah in die tent van samekoms is. Hy moet die res van die bloed uitgooi aan die voet van die brandofferaltaar, wat by die ingang van die tent van samekoms+ is. 19 Hy moet al die vet verwyder en dit op die altaar laat rook.+ 20 Hy moet met die bul doen net soos hy met die ander bul vir die sonde-offer gedoen het. Dit is hoe hy dit moet doen, en die priester moet vir hulle versoening doen,+ en hulle sal vergewe word. 21 Hy moet die bul buitekant die kamp laat neem en moet dit verbrand, net soos hy die eerste bul verbrand het.+ Dit is ’n sonde-offer vir die gemeente.+
22 “‘Wanneer ’n hoofman+ onopsetlik sondig deur een van al die dinge te doen wat Jehovah sy God beveel het nie gedoen mag word nie en hy skuldig word, 23 of as hy bewus word van ’n sonde wat hy teen die gebod gepleeg het, dan moet hy ’n jong bokram sonder gebrek as sy offer bring. 24 Hy moet sy hand op die kop van die boklam sit en dit slag op die plek waar die brandoffer voor Jehovah geslag word.+ Dit is ’n sonde-offer. 25 Die priester moet van die bloed van die sonde-offer met sy vinger neem en dit aan die horings+ van die brandofferaltaar smeer, en hy moet die res van die bloed aan die voet van die brandofferaltaar uitgooi.+ 26 Hy moet al die vet daarvan op die altaar laat rook soos die vet van die vrede-offer;*+ en die priester moet vir hom versoening doen vir sy sonde, en hy sal vergewe word.
27 “‘As enigeen van die volk van die land onopsetlik sondig en skuldig word deur een van die dinge te doen wat Jehovah beveel het nie gedoen mag word nie,+ 28 of as hy bewus word van ’n sonde wat hy gepleeg het, dan moet hy ’n jong bokooi sonder gebrek as sy offer bring vir die sonde wat hy gepleeg het. 29 Hy moet sy hand op die kop van die sonde-offer sit en die sonde-offer op dieselfde plek as die brandoffer slag.+ 30 Die priester moet van die bloed daarvan met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer, en hy moet die res van die bloed aan die voet van die altaar uitgooi.+ 31 Hy moet al die vet daarvan verwyder,+ net soos die vet van die vrede-offer* verwyder word,+ en die priester moet dit op die altaar laat rook as ’n aangename* geur vir Jehovah. Die priester moet vir hom versoening doen, en hy sal vergewe word.
32 “‘Maar as hy ’n lam as sy sonde-offer bring, moet hy ’n ooilam sonder gebrek bring. 33 Hy moet sy hand op die kop van die sonde-offer sit en dit as ’n sonde-offer slag op die plek waar die brandoffer geslag word.+ 34 Die priester moet van die bloed van die sonde-offer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar smeer,+ en hy moet die res van die bloed aan die voet van die altaar uitgooi. 35 Hy moet al die vet daarvan verwyder net soos die vet verwyder word van die jong skaapram vir die vrede-offer,* en die priester moet dit op die altaar laat rook bo-op Jehovah se vuuroffers.+ Die priester moet vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gepleeg het, en hy sal vergewe word.+
5 “‘As iemand sondig omdat hy ’n openbare oproep gehoor het om getuienis af te lê*+ en hy ’n getuie is of iets gesien het of van iets uitgevind het en hy dit nie rapporteer nie, sal hy die gevolge dra van sy oortreding.
2 “‘Of as iemand aan enigiets onreins raak, of dit nou die dooie liggaam van ’n onrein wilde dier, ’n onrein mak dier of ’n onrein kruipende diertjie+ is, is hy onrein en het hy skuldig geword, selfs al besef hy dit nie. 3 Of as iemand onwetend aan die onreinheid van ’n mens+ raak – enigiets onreins wat hom onrein kan maak – en hy daarvan uitvind, dan is hy skuldig.
4 “‘Of as iemand oorhaastig sweer om iets te doen – goed of sleg, ongeag wat dit mag wees – en hy nie daarvan bewus was nie, maar dan besef dat hy oorhaastig gesweer het, is hy skuldig.*+
5 “‘As hy aan een van hierdie dinge skuldig word, moet hy sy sonde bely.+ 6 Hy moet ook sy skuldoffer aan Jehovah bring vir die sonde wat hy gepleeg het,+ naamlik ’n ooi uit die kleinvee – ’n ooilam of ’n jong bokooi – as ’n sonde-offer. Die priester moet dan vir hom versoening doen vir sy sonde.
7 “‘Maar as hy nie ’n skaap kan bekostig nie, moet hy vir Jehovah twee tortelduiwe of twee jong duiwe+ bring as sy skuldoffer vir die sonde, een as ’n sonde-offer en een as ’n brandoffer.+ 8 Hy moet hulle na die priester toe bring, wat eers die een as die sonde-offer moet aanbied en sy kop aan die voorkant van sy nek moet afknyp, maar sonder om dit heeltemal af te trek. 9 Hy moet van die bloed van die sonde-offer teen die kant van die altaar spat, maar die res van die bloed moet hy aan die voet van die altaar laat uitloop.+ Dit is ’n sonde-offer. 10 Hy moet die ander een as ’n brandoffer voorberei volgens die gewone prosedure.+ En die priester moet vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gepleeg het, en hy sal vergewe word.+
11 “‘En as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as ’n offer vir sy sonde ’n tiende van ’n efa*+ fynmeel as ’n sonde-offer bring. Hy moenie olie daarby voeg of wierook daarop sit nie, want dit is ’n sonde-offer. 12 Hy moet dit na die priester toe bring, en die priester moet ’n hand vol daarvan neem as ’n simbool van die hele offer en dit op die altaar laat rook bo-op Jehovah se vuuroffers. Dit is ’n sonde-offer. 13 Die priester moet vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gepleeg het, enigeen van hierdie sondes, en hy sal vergewe word.+ Die res van die offer moet die priester s’n word,+ soos in die geval van die graanoffer.’”+
14 Jehovah het verder vir Moses gesê: 15 “As iemand ontrou is deur onopsetlik teen die heilige dinge van Jehovah te sondig,+ moet hy aan Jehovah ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee bring as sy skuldoffer.+ Die waarde daarvan in sikkels* silwer word volgens die standaardsikkel van die heiligdom*+ bepaal. 16 En hy moet vergoeding betaal vir die sonde wat hy teen die heiligdom gepleeg het en ook ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg.+ Hy moet dit vir die priester gee, sodat die priester vir hom versoening kan doen+ met die ram vir die skuldoffer, en hy sal vergewe word.+
17 “As iemand sondig deur enige van die dinge te doen wat Jehovah beveel het nie gedoen mag word nie, selfs al is hy nie daarvan bewus nie, is hy nog steeds skuldig en sal hy die gevolge dra van sy oortreding.+ 18 Hy moet ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee, volgens die vasgestelde waarde, as ’n skuldoffer+ na die priester toe bring. Die priester moet dan vir hom versoening doen vir die onopsetlike fout wat hy gemaak het sonder om dit te besef, en hy sal vergewe word. 19 Dit is ’n skuldoffer. Hy het beslis skuldig geword omdat hy teen Jehovah gesondig het.”
6 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “As iemand sondig en ontrou is aan Jehovah+ deur sy naaste te bedrieg in verband met iets wat aan hom toevertrou is+ of wat vir hom gegee is om te bewaar, of as hy sy naaste beroof of uitbuit, 3 of as hy iets vind wat weggeraak het en daaroor lieg, en as hy vals sweer oor enige soortgelyke sonde wat hy gepleeg het,+ moet hy die volgende doen: 4 As hy gesondig het en skuldig is, moet hy teruggee wat hy gesteel het, wat hy van iemand afgepers het, wat hy deur bedrog geneem het, wat aan hom toevertrou was of wat weggeraak het en wat hy gevind het, 5 of enigiets waaroor hy vals gesweer het. Hy moet die volle vergoeding betaal daarvoor,+ en hy moet ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg. Hy moet dit aan die eienaar gee op die dag dat sy skuld bewys word. 6 En hy moet as sy skuldoffer vir Jehovah ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee, volgens die vasgestelde waarde, as ’n skuldoffer+ na die priester toe bring. 7 Die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah, en hy sal vergewe word vir enigiets wat hy gedoen het waardeur hy skuldig geword het.”+
8 Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 9 “Beveel Aäron en sy seuns en sê: ‘Dít is die wet van die brandoffer:+ Die brandoffer moet die hele nag lank tot die oggend toe op die vuur op die altaar bly, en die vuur moet op die altaar aan die brand gehou word. 10 Die priester moet sy ampsdrag van linne+ aantrek, en hy moet die kortbroek* van linne+ aantrek om sy kaal liggaam* te bedek. Dan moet hy die as*+ van die brandoffer wat deur die vuur op die altaar verteer is, verwyder en dit langs die altaar sit. 11 Daarna moet hy sy klere uittrek+ en ander klere aantrek en die as na ’n rein plek buite die kamp neem.+ 12 Die vuur op die altaar moet aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie. Die priester moet elke oggend hout daarop brand+ en die brandoffer daarop regsit, en hy moet die vet van die vrede-offers* daaroor laat rook.+ 13 Die vuur op die altaar moet voortdurend aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie.
14 “‘En dít is die wet van die graanoffer:+ Julle, die seuns van Aäron, moet dit voor Jehovah voor die altaar aanbied. 15 Een van hulle moet ’n hand vol neem van die fynmeel van die graanoffer en van die olie en al die wierook wat op die graanoffer is, en hy moet dit as ’n simbool van die hele offer op die altaar laat rook as ’n aangename* geur vir Jehovah.+ 16 Aäron en sy seuns moet eet wat daarvan oorbly.+ Dit moet as ongesuurde brood op ’n heilige plek geëet word. Hulle moet dit in die voorhof van die tent van samekoms eet.+ 17 Dit mag nie met suurdeeg gemaak word nie.+ Ek het dit as hulle deel uit my vuuroffers gegee.+ Dit is iets besonder heiligs,+ soos die sonde-offer en soos die skuldoffer. 18 Elke man onder die seuns van Aäron sal dit eet.+ Dit is in al julle geslagte ’n permanente voorsiening vir hulle uit Jehovah se vuuroffers.+ Alles wat daaraan* raak, sal heilig word.’”
19 Jehovah het verder vir Moses gesê: 20 “Dít is die offer wat Aäron en sy seuns vir Jehovah moet aanbied op die dag waarop hy gesalf word:+ ’n tiende van ’n efa*+ fynmeel as ’n gereelde graanoffer,+ die helfte daarvan in die oggend en die helfte daarvan in die aand. 21 Dit moet met olie op ’n bakplaat gemaak word.+ Dit moet goed met olie gemeng wees wanneer jy dit bring, en dit moet aangebied word in stukkies en as iets wat gebak is, as ’n graanoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah. 22 Elke nakomeling van Aäron wat hom as gesalfde priester opvolg,+ moet dit maak. Dít is ’n permanente wetsvoorskrif: Dit moet as ’n heeloffer vir Jehovah in rook opgaan. 23 Elke graanoffer van ’n priester moet ’n heeloffer wees. Dit mag nie geëet word nie.”
24 Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 25 “Sê vir Aäron en sy seuns: ‘Dít is die wet van die sonde-offer:+ Op die plek waar die brandoffer geslag word,+ moet die sonde-offer ook voor Jehovah geslag word. Dit is iets wat besonder heilig is. 26 Die priester wat dit vir die sonde offer, moet dit eet.+ Dit moet op ’n heilige plek geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.+
27 “‘Alles wat aan die vleis daarvan raak, sal heilig word, en wanneer iemand van die bloed daarvan op sy kleed spat, moet jy die kleed waarop die bloed gespat is, op ’n heilige plek was. 28 Die kleihouer waarin dit gekook is, moet stukkend gebreek word. Maar as dit in ’n koperhouer gekook is, moet die houer geskuur en met water gewas word.
29 “‘Al die mans onder die priesters mag dit eet.+ Dit is iets besonder heiligs.+ 30 Maar geen sonde-offer mag geëet word as van die bloed in die tent van samekoms ingebring word om in die heiligdom versoening te doen+ nie. Dit moet met vuur verbrand word.
7 “‘Dít is die wet van die skuldoffer:+ Dit is iets besonder heiligs. 2 Hulle moet die skuldoffer slag op die plek waar hulle die brandoffers slag, en al die kante van die altaar moet met die bloed+ besprinkel word.+ 3 Hy moet al die vet+ daarvan aanbied, insluitende die vetstert, die vet wat die ingewande bedek 4 en die twee niere met die vet daaraan wat naby die lende is. Hy moet ook die vet* aan die lewer saam met die niere verwyder.+ 5 Die priester moet dit op die altaar laat rook as ’n vuuroffer aan Jehovah.+ Dit is ’n skuldoffer. 6 Elke man onder die priesters moet dit eet,+ en dit moet op ’n heilige plek geëet word. Dit is iets besonder heiligs.+ 7 Die wet in verband met die sonde-offer geld ook vir die skuldoffer. Dit behoort aan die priester wat daarmee versoening doen.+
8 “‘Wanneer die priester die brandoffer namens iemand aanbied, sal die vel+ van die brandoffer wat na die priester gebring is, syne word.
9 “‘Elke graanoffer wat in die oond gebak word of wat in die pan of op die bakplaat voorberei word,+ behoort aan die priester wat dit aanbied. Dit sal syne word.+ 10 Maar elke graanoffer wat met olie gemeng is+ of wat droog is,+ sal vir al die seuns van Aäron wees. Elkeen sal ’n gelyke deel ontvang.
11 “‘En dít is die wet van die vrede-offer*+ wat iemand vir Jehovah mag aanbied: 12 As hy dit as ’n teken van sy dankbaarheid aanbied,+ moet hy die volgende saam met die dankoffer aanbied: ongesuurde ringvormige brode wat met olie gemaak is, ongesuurde platbrode wat met olie gesmeer is en ringvormige brode wat gemaak is met fynmeel wat goed met olie gemeng en met olie geknie is. 13 Hy moet sy offer saam met ringvormige gesuurde brode en die dankoffer van sy vrede-offers* aanbied. 14 Hy moet een van elke soort brood* as ’n heilige deel vir Jehovah aanbied. Dit sal aan die priester behoort wat die bloed van die vrede-offers*+ sprinkel. 15 Die vleis van die dankoffer van sy vrede-offers* moet geëet word op die dag dat hy dit offer. Hy mag niks daarvan bêre tot die oggend toe nie.+
16 “‘As die offerande wat hy as offer bring ’n gelofte-offer+ of ’n vrywillige offer+ is, moet dit op die dag geëet word waarop hy sy offerande aanbied, en wat daarvan oorbly, mag ook die volgende dag geëet word. 17 Maar wat op die derde dag van die vleis van die offerande oorbly, moet met vuur verbrand word.+ 18 As daar egter wel op die derde dag van die vleis van sy vrede-offer* geëet word, sal die persoon wat dit aanbied, nie God se goedkeuring verkry nie. Dit sal nie in sy guns tel nie. Dit is iets afstootliks, en die persoon wat daarvan eet, sal die gevolge dra van sy oortreding.+ 19 Die vleis wat aan enigiets onreins raak, mag nie geëet word nie. Dit moet met vuur verbrand word. Elkeen wat rein is, mag die rein vleis eet.
20 “‘Maar enigeen wat onrein is en wat eet van die vleis van die vrede-offer,* wat vir Jehovah is, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.+ 21 As iemand aan enigiets onreins raak, hetsy die onreinheid van ’n mens+ of ’n onrein dier+ of enige walglike onrein ding,+ en van die vleis van die vrede-offer* eet, wat vir Jehovah is, moet hy doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.’”
22 Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 23 “Sê vir die Israeliete: ‘Julle mag geen vet+ van ’n bul of ’n jong skaapram of ’n bok eet nie. 24 Die vet van ’n dier wat dood gevind is en die vet van ’n dier wat deur ’n ander dier doodgemaak is, mag vir enige ander doel gebruik word, maar julle mag dit nooit eet nie.+ 25 Want elkeen wat vet eet van ’n dier wat hy as ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.
26 “‘Julle mag geen bloed eet+ in enige van julle woonplekke nie, nie die bloed van voëls of van diere nie. 27 Enigiemand wat enige bloed eet, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.’”+
28 Jehovah het verder vir Moses gesê: 29 “Sê vir die Israeliete: ‘Enigiemand wat sy vrede-offer* vir Jehovah aanbied, moet ’n deel van sy vrede-offer* as ’n offer vir Jehovah bring.+ 30 Hy moet die vet+ saam met die bors in sy eie hande as ’n vuuroffer vir Jehovah bring, en hy moet dit as ’n beweegoffer+ heen en weer voor Jehovah beweeg. 31 Die priester moet die vet op die altaar laat rook,+ maar die bors sal aan Aäron en sy seuns behoort.+
32 “‘Julle moet uit julle vrede-offers* die regterboud as ’n heilige deel vir die priester gee.+ 33 Die seun van Aäron wat die bloed van die vrede-offers* en die vet aanbied, sal die regterboud as sy deel kry.+ 34 Want ek neem die bors van die beweegoffer en die boud van die heilige deel van die Israeliete se vrede-offers,* en ek gee dit aan die priester Aäron en sy seuns as ’n permanente wetsvoorskrif vir die Israeliete.+
35 “‘Dit is die deel uit Jehovah se vuuroffers wat opsygesit moet word vir die priesters, vir Aäron en sy seuns, van die dag af dat hy hulle laat nader kom het om Jehovah as priesters te dien.+ 36 Op die dag toe Jehovah hulle gesalf het,+ het hy die Israeliete beveel om hierdie deel aan hulle te gee. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir hulle en hulle nageslag.’”
37 Dit is die wet aangaande die brandoffer,+ die graanoffer,+ die sonde-offer,+ die skuldoffer,+ die inhuldigingsoffer+ en die vrede-offer,*+ 38 net soos Jehovah Moses op die berg Siʹnai beveel het+ op die dag toe hy die Israeliete beveel het om hulle offers vir Jehovah in die wildernis Siʹnai aan te bied.+
8 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Neem Aäron en sy seuns,+ die klere,+ die salfolie,+ die bul vir die sonde-offer, die twee skaapramme en die mandjie met ongesuurde brode+ 3 en laat die hele gemeenskap van Israel by die ingang van die tent van samekoms bymekaarkom.”
4 Toe het Moses gedoen net soos Jehovah hom beveel het, en die gemeenskap van Israel het by die ingang van die tent van samekoms bymekaargekom. 5 Moses het toe vir hulle gesê: “Dit is wat Jehovah ons beveel het om te doen.” 6 Toe het Moses Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas.+ 7 Daarna het hy vir Aäron die kleed+ aangetrek, die lyfband+ om sy middel gesit, vir hom die moulose oorkleed+ en die efod+ aangetrek en dit met die geweefde lyfband+ van die efod styf om hom vasgebind. 8 Daarna het hy vir hom die borsstuk+ aangesit en die Urim en die Tummim+ in die borsstuk gesit. 9 Toe het hy die tulband+ op sy kop gesit en die blink goue plaat, die heilige toewydingsteken,*+ aan die voorkant van die tulband gesit, net soos Jehovah Moses beveel het.
10 Moses het toe die salfolie geneem en die tabernakel en alles wat daarin was,+ gesalf en dit geheilig. 11 Daarna het hy van die salfolie sewe keer op die altaar gespat, en hy het die altaar en al sy voorwerpe en die kom en die voetstuk gesalf sodat hy dit kon heilig. 12 Laastens het hy van die salfolie op Aäron se kop uitgegooi en hom gesalf om hom te heilig.+
13 Moses het toe Aäron se seuns laat nader kom en vir hulle die klere aangetrek en lyfbande om hulle gesit en hoofbedekkings op hulle gesit,*+ net soos Jehovah Moses beveel het.
14 Toe het hy die bul vir die sonde-offer gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul gesit.+ 15 Moses het dit geslag en van die bloed+ met sy vinger aan elkeen van die horings van die altaar gesmeer en die altaar van sonde gereinig, maar die res van die bloed het hy aan die voet van die altaar uitgegooi, sodat hy dit kon heilig om daarop versoening te doen. 16 Daarna het hy al die vet wat aan die ingewande was, die vet* aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moses het dit op die altaar laat rook.+ 17 Toe het hy die res van die bul, sy vel, sy vleis en sy mis buite die kamp met vuur laat verbrand,+ net soos Jehovah Moses beveel het.
18 Hy het toe die skaapram vir die brandoffer nader gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gesit.+ 19 Daarna het Moses dit geslag en al die kante van die altaar met die bloed besprinkel. 20 Hy het die ram in stukke opgesny, en Moses het die kop en die stukke en die niervet laat rook. 21 Hy het die ingewande en die pote met water gewas, en Moses het die hele skaapram op die altaar laat rook. Dit was ’n brandoffer met ’n aangename* geur. Dit was ’n vuuroffer aan Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het.
22 Toe het hy die tweede skaapram, die ram vir die inhuldiging,+ gebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die ram se kop gesit.+ 23 Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die onderste deel van Aäron se regteroor gesmeer en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet. 24 Toe het Moses Aäron se seuns laat nader kom en van die bloed aan die onderste deel van hulle regteroor gesmeer en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet, maar Moses het al die kante van die altaar met die res van die bloed besprinkel.+
25 Toe het hy die vet geneem, die vetstert, al die vet wat aan die ingewande was, die vet* aan die lewer, die twee niere en hulle vet en die regterboud.+ 26 Hy het een ongesuurde ringvormige brood,+ een ringvormige brood wat met olie gemaak is+ en een platbrood geneem uit die mandjie met ongesuurde brood wat voor Jehovah was. Hy het dit toe op die stukke vet en die regterboud gesit. 27 Daarna het hy dit alles op die palms van Aäron en die palms van sy seuns gesit en dit as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah begin beweeg. 28 Toe het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar bo-op die brandoffer laat rook. Dit was ’n inhuldigingsoffer met ’n aangename* geur. Dit was ’n vuuroffer aan Jehovah.
29 Moses het toe die bors geneem en dit as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg.+ Hierdie deel van die ram vir die inhuldiging het Moses s’n geword, net soos Jehovah Moses beveel het.+
30 Moses het van die salfolie+ en van die bloed op die altaar geneem en dit op Aäron en sy klere gespat, sowel as op sy seuns en die klere van sy seuns wat saam met hom was. So het hy Aäron en sy klere en sy seuns+ en hulle klere geheilig.+
31 Toe het Moses vir Aäron en sy seuns gesê: “Kook+ die vleis by die ingang van die tent van samekoms, en julle moet dit daar eet met die brood wat in die mandjie vir die inhuldiging is, net soos ek beveel is: ‘Aäron en sy seuns moet dit eet.’+ 32 Wat van die vleis en die brood oorbly, moet julle met vuur verbrand.+ 33 Julle mag sewe dae lank nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie, totdat die dae van julle inhuldiging verby is, want dit sal sewe dae neem om julle as priesters in te huldig.*+ 34 Dit was Jehovah wat ons beveel het om te doen wat ons vandag gedoen het, sodat daar versoening vir julle gedoen kan word.+ 35 Julle moet sewe dae lank dag en nag by die ingang van die tent van samekoms bly+ en julle verpligting teenoor Jehovah nakom,+ sodat julle nie sterf nie, want so is ek beveel.”
36 En Aäron en sy seuns het alles gedoen wat Jehovah deur middel van Moses beveel het.
9 Op die agtste dag+ het Moses Aäron en sy seuns en die ouermanne van Israel geroep. 2 Hy het vir Aäron gesê: “Neem vir jou ’n jong kalf as ’n sonde-offer+ en ’n skaapram as ’n brandoffer, diere sonder gebrek, en bied hulle voor Jehovah aan. 3 Maar jy moet vir die Israeliete sê: ‘Neem ’n bokram as ’n sonde-offer en ’n kalf en ’n jong skaapram, elk ’n jaar oud, sonder gebrek, as ’n brandoffer, 4 en ’n bul en ’n skaapram as vrede-offers*+ om voor Jehovah te offer, en ’n graanoffer+ wat met olie gemeng is, want vandag sal Jehovah aan julle verskyn.’”+
5 Hulle het dus alles wat Moses beveel het voor die tent van samekoms gebring. Toe het die hele gemeenskap van Israel nader gekom en voor Jehovah gaan staan. 6 En Moses het gesê: “Dit is wat Jehovah julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van Jehovah aan julle kan verskyn.”+ 7 Toe het Moses vir Aäron gesê: “Gaan na die altaar en bied jou sonde-offer+ en jou brandoffer aan, en doen versoening vir jou+ en vir jou huis. Bied die offer van die volk aan+ en doen versoening vir hulle,+ net soos Jehovah beveel het.”
8 Aäron het onmiddellik na die altaar gegaan en die kalf geslag wat ’n sonde-offer vir homself was.+ 9 Toe het Aäron se seuns die bloed+ vir hom aangebied, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gesmeer, en hy het die res van die bloed aan die voet van die altaar uitgegooi.+ 10 Hy het die vet en die niere en die vet* aan die lewer van die sonde-offer op die altaar laat rook, net soos Jehovah Moses beveel het.+ 11 En hy het die vleis en die vel buite die kamp met vuur verbrand.+
12 Toe het hy die brandoffer geslag, en Aäron se seuns het vir hom die bloed aangegee, en hy het al die kante van die altaar daarmee besprinkel.+ 13 Hulle het vir hom die stukke van die brandoffer saam met die kop aangegee, en hy het dit op die altaar laat rook. 14 Verder het hy die ingewande en die pote gewas en dit bo-op die brandoffer op die altaar laat rook.
15 Hy het toe die offer van die volk aangebied en die bok vir die sonde-offer geneem wat vir die volk was en dit geslag en daarmee ’n sonde-offer gebring soos met die eerste offer. 16 En hy het die brandoffer gebring en dit volgens die gewone prosedure aangebied.+
17 Toe het hy die graanoffer aangebied+ deur ’n hand vol daarvan te neem en dit op die altaar te laat rook, bo en behalwe die oggendbrandoffer.+
18 Daarna het hy die bul en die skaapram geslag wat die vrede-offer* vir die volk was. Toe het Aäron se seuns vir hom die bloed aangegee, en hy het al die kante van die altaar daarmee besprinkel.+ 19 Wat die stukke vet van die bul,+ die vetstert van die skaapram, die vet om die ingewande, die niere en die vet* aan die lewer+ betref, 20 hulle het al hierdie stukke vet op die borsstukke gesit, en daarna het hy die stukke vet op die altaar laat rook.+ 21 Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg, net soos Moses beveel het.+
22 Toe het Aäron sy hande na die volk toe uitgestrek en hulle geseën+ en van die altaar afgekom nadat hy die sonde-offer en die brandoffer en die vrede-offers* gebring het. 23 Uiteindelik het Moses en Aäron in die tent van samekoms ingegaan, en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën.+
Toe het Jehovah se heerlikheid aan die hele volk verskyn,+ 24 en vuur het van Jehovah af gekom+ en die brandoffer en die stukke vet op die altaar begin verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle begin uitroep en met hulle gesigte na die grond toe neergebuig.+
10 Later het Aäron se seuns Nadab en Abiʹhu+ elkeen sy vuurbak geneem en vuur* daarin gesit en reukwerk+ daarop geplaas. Toe het hulle onwettige vuur voor Jehovah begin offer,+ wat hy hulle nie beveel het om te doen nie. 2 Hierop het ’n vuur van Jehovah af gekom en hulle verteer,+ en hulle het voor Jehovah gesterf.+ 3 Toe het Moses vir Aäron gesê: “Dít is wat Jehovah gesê het: ‘Ek sal geheilig word onder dié wat naby my is,+ en ek sal verheerlik word voor die hele volk.’” En Aäron het stilgebly.
4 Toe het Moses Miʹsael en Elʹsafan, die seuns van Usʹsiël,+ Aäron se oom, geroep en vir hulle gesê: “Kom hier, dra julle broers weg voor die heiligdom na ’n plek buite die kamp.” 5 Hulle het toe nader gekom en die manne in hulle priesterlike klere na ’n plek buite die kamp weggedra, net soos Moses vir hulle gesê het.
6 Daarna het Moses vir Aäron en vir sy ander seuns, Eleaʹsar en Iʹtamar, gesê: “Julle mag nie julle kop onversorg laat nie of julle klere skeur nie,+ sodat julle nie sterf nie en sodat God nie vir die hele gemeenskap van Israel kwaad word nie. Julle broers van die hele huis van Israel sal huil oor dié wat Jehovah met die vuur doodgemaak het. 7 Julle mag nie by die ingang van die tent van samekoms uitgaan nie, anders sal julle sterf, want Jehovah se salfolie is op julle.”+ Hulle het toe gedoen wat Moses gesê het.
8 Toe het Jehovah vir Aäron gesê: 9 “Jy en jou seuns moenie wyn of ander alkohol drink wanneer julle in die tent van samekoms ingaan nie,+ sodat julle nie sterf nie. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag. 10 Dit is om ’n onderskeid te maak tussen wat heilig en wat onheilig is en tussen wat rein en wat onrein is,+ 11 en om die Israeliete al die wetsvoorskrifte te leer wat Jehovah deur middel van Moses aan hulle bekend gemaak het.”+
12 Toe het Moses met Aäron gepraat en met Eleaʹsar en Iʹtamar, sy seuns wat oorgebly het: “Neem wat van die graanoffer van Jehovah se vuuroffers oorgebly het en eet dit as ongesuurde brood naby die altaar,+ want dit is iets besonder heiligs.+ 13 Julle moet dit op ’n heilige plek eet,+ want dit is ’n voorsiening vir jou en vir jou seuns uit Jehovah se vuuroffers, want dit is wat ek beveel is. 14 Julle moet ook die bors van die beweegoffer en die boud van die heilige deel+ op ’n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou,+ want hierdie dinge is gegee as ’n voorsiening vir jou en vir jou seuns uit die vrede-offers* van die Israeliete. 15 Hulle moet die boud van die heilige deel en die bors van die beweegoffer saam met die vuuroffers van vet bring om die beweegoffer heen en weer voor Jehovah te beweeg. En dit sal ’n permanente voorsiening vir jou en jou seuns wees,+ net soos Jehovah beveel het.”
16 Moses het oral gesoek na die bok vir die sonde-offer,+ en hy het uitgevind dat dit verbrand is. Daarom het hy kwaad geword vir Eleaʹsar en Iʹtamar, Aäron se seuns wat oorgebly het, en hy het gesê: 17 “Hoekom het julle nie die sonde-offer op die heilige plek geëet nie,+ aangesien dit iets besonder heiligs is en hy dit aan julle gegee het sodat julle die oortreding van die gemeenskap van Israel kan wegneem en vir hulle versoening kan doen voor Jehovah? 18 Kyk! Die bloed daarvan is nie in die heiligdom ingebring nie.+ Julle moes dit vir seker in die heiligdom geëet het, net soos ek beveel is.” 19 Aäron het Moses geantwoord: “Kyk! Vandag het hulle hulle sonde-offer en hulle brandoffer voor Jehovah aangebied,+ en tog het hierdie dinge met my gebeur. Sou dit Jehovah se goedkeuring gehad het as ek vandag die sonde-offer geëet het?” 20 Toe Moses dit hoor, was hy tevrede daarmee.
11 Toe het Jehovah vir Moses en Aäron gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘Dít is die diere van die aarde* wat julle mag eet:+ 3 Elke dier waarvan die hoewe heeltemal gesplete is en wat herkou, mag geëet word.
4 “‘Maar die volgende diere wat herkou of wat gesplete hoewe het, mag julle nie eet nie: die kameel, want dit herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Dit is vir julle onrein.+ 5 Ook die klipdassie,+ want dit herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Dit is vir julle onrein. 6 Ook die haas, want dit herkou, maar het nie gesplete hoewe nie. Dit is vir julle onrein. 7 Ook die vark,+ want dit het hoewe wat heeltemal gesplete is, maar dit herkou nie. Dit is vir julle onrein. 8 Julle mag nie van hulle vleis eet of aan hulle dooie liggaam raak nie. Hulle is vir julle onrein.+
9 “‘Van alles wat in die waters is, mag julle die volgende eet: Enigiets in die waters wat vinne en skubbe het, of dit nou in die see of in die riviere is – dit mag julle eet.+ 10 Maar van al die diere waarvan die waters wemel en van elke ander dier wat in die waters is, is enigiets in die see en in die riviere wat geen vinne en skubbe het nie, vir julle iets walgliks. 11 Ja, hulle moet vir julle walglik wees, en julle mag nie van hulle vleis eet nie,+ en julle moet hulle dooie liggaam verafsku. 12 Alles in die waters wat geen vinne en skubbe het nie, is vir julle iets walgliks.
13 “‘Julle moet die volgende vlieënde diere verafsku, en hulle mag nie geëet word nie, want hulle is walglik: die arend,+ die visvalk, die swartaasvoël,+ 14 die rooiwou en elke soort swartwou, 15 elke soort kraai, 16 die volstruis, die uil, die meeu, elke soort valk, 17 die steenuil, die kormorant, die langooruil, 18 die swaan, die pelikaan, die aasvoël, 19 die ooievaar, elke soort reier, die hoep-hoep en die vlermuis. 20 Elke insek* met vlerke wat op vier pote loop, is vir julle iets walgliks.
21 “‘Van al die insekte* met vlerke wat op vier pote loop, mag julle slegs dié eet wat ’n stel bene het waarmee hulle kan spring.* 22 Van hulle mag julle die volgende eet: verskeie soorte treksprinkane, ander eetbare sprinkane,+ krieke en veldsprinkane. 23 Alle ander insekte* met vlerke en vier pote is vir julle iets walgliks. 24 Deur hulle sal julle julle onrein maak. Elkeen wat aan so ’n insek* raak wat dood is, sal tot die aand toe onrein wees.+ 25 Enigiemand wat so ’n insek* optel wat dood is, moet sy klere was,+ en hy sal tot die aand toe onrein wees.
26 “‘Enige dier met gesplete hoewe maar waarvan die hoewe nie heeltemal gesplete is nie en wat nie herkou nie, is vir julle onrein. Elkeen wat aan hulle raak, sal onrein wees.+ 27 Elke vierpotige dier wat op kussingpote loop, is vir julle onrein. Elkeen wat aan hulle dooie liggaam raak, sal tot die aand toe onrein wees. 28 Die persoon wat hulle dooie liggaam dra, moet sy klere was,+ en hy sal tot die aand toe onrein wees.+ Hulle is vir julle onrein.
29 “‘Die volgende kruipende diertjies van die aarde is vir julle onrein: die molrot, die muis,+ elke soort akkedis, 30 die geitjie, die groot akkedis, die watersalmander, die sandakkedis en die verkleurmannetjie. 31 Hierdie kruipende diertjies is vir julle onrein.+ Elkeen wat aan hulle dooie liggaam raak, sal tot die aand toe onrein wees.+
32 “‘En enigiets waarop hulle val wanneer hulle doodgaan, sal onrein wees, of dit nou ’n houtvoorwerp, ’n kleed, ’n vel of ’n stuk saklinne is. Enigiets wat gebruik word, moet in water gedompel word, en dit sal tot die aand toe onrein wees. Daarna sal dit rein wees. 33 As hulle in ’n kleihouer val, moet julle dit stukkend breek, en enigiets wat daarin was, sal onrein wees.+ 34 Enige soort voedsel wat in kontak kom met water uit so ’n houer, sal onrein wees, en enige drinkbare vloeistof in so ’n houer sal onrein wees. 35 Enigiets waarop hulle dooie liggaam val, sal onrein wees. Of dit nou ’n oond of ’n klein stoof is, dit moet stukkend gebreek word. Hulle is onrein, en hulle sal vir julle onrein bly. 36 Maar ’n fontein en ’n put waar water opgevang word, sal rein bly, maar elkeen wat aan hulle dooie liggaam raak, sal onrein wees. 37 As hulle dooie liggaam op ’n plantsaad val wat gesaai moet word, is dit rein. 38 Maar as daar water op ’n saad gegooi word en ’n deel van hulle dooie liggaam daarop val, is die saad vir julle onrein.
39 “‘En as enige dier wat vir julle as voedsel dien, doodgaan, sal enigiemand wat aan die dooie liggaam raak, tot die aand toe onrein wees.+ 40 Enigiemand wat van die dooie liggaam eet, moet sy klere was, en hy sal tot die aand toe onrein wees.+ Enigiemand wat die dooie liggaam wegdra, moet sy klere was, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 41 Elke kruipende diertjie van die aarde is iets walgliks.+ Dit mag nie geëet word nie. 42 Julle mag geen dier wat op sy maag seil, geen diertjie wat op vier pote loop of geen kruipende diertjie van die aarde met ’n groot aantal pote eet nie, want hulle is iets walgliks.+ 43 Moet julle nie walglik maak deur enige van die diere wat op die aarde wemel nie, en moet julle nie onrein maak en deur middel van hulle onrein word nie.+ 44 Want ek is Jehovah julle God,+ en julle moet julle heilig en julle moet heilig word,+ want ek is heilig.+ Daarom mag julle julle nie onrein maak deur enige dier wat op die aarde kruip nie. 45 Want ek is Jehovah, wat julle uit Egipte uitgelei het sodat ek aan julle kan bewys dat ek God is,+ en julle moet heilig wees,+ want ek is heilig.+
46 “‘Dit is die wet oor die diere, die vlieënde diere, elke dier wat deur die waters beweeg en aangaande elke dier wat op die aarde wemel, 47 om ’n onderskeid te maak tussen wat onrein en wat rein is en tussen die diere wat geëet mag word en dié wat nie geëet mag word nie.’”+
12 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘As ’n vrou swanger word* en aan ’n seun geboorte gee, sal sy sewe dae onrein wees, net soos in die dae van die onreinheid wanneer sy menstrueer.+ 3 Op die agtste dag moet hy besny word.+ 4 Sy moet vir die volgende 33 dae aanhou om haar van die bloed te reinig. Sy mag aan niks heiligs raak nie, en sy mag nie in die heiligdom inkom totdat die dae van haar reiniging verby is nie.
5 “‘As sy aan ’n dogter geboorte gee, sal sy 14 dae onrein wees, net soos gedurende haar menstruasie. Sy moet vir die volgende 66 dae aanhou om haar van die bloed te reinig. 6 Wanneer die dae van haar reiniging vir ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jong skaapram in sy eerste jaar as ’n brandoffer+ en ’n jong duif of ’n tortelduif as ’n sonde-offer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe. 7 Hy moet dit voor Jehovah aanbied en vir haar versoening doen, en sy sal rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet oor die vrou wat aan ’n seun of ’n dogter geboorte gee. 8 Maar as sy nie ’n skaap kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem,+ een as ’n brandoffer en een as ’n sonde-offer, en die priester moet vir haar versoening doen, en sy sal rein wees.’”
13 Jehovah het verder met Moses en Aäron gepraat en gesê: 2 “As iemand ’n swelsel, ’n roof of ’n vlek op sy vel kry wat dalk melaatsheid*+ op sy vel kan word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters,+ gebring word. 3 Die priester moet die infeksie op sy vel ondersoek. As die hare by die infeksie wit geword het en dit lyk of die infeksie dieper as die vel is, is dit melaatsheid. Die priester moet dit ondersoek en hom onrein verklaar. 4 Maar as die vlek op sy vel wit is en dit nie lyk asof dit dieper as die vel is nie en die hare nie wit geword het nie, moet die priester die persoon met die infeksie vir sewe dae onder kwarantyn plaas.+ 5 Die priester moet hom dan op die sewende dag ondersoek, en as dit lyk asof die infeksie nie vererger en op die vel versprei het nie, moet die priester hom nog sewe dae onder kwarantyn plaas.
6 “Die priester moet hom op die sewende dag weer ondersoek, en as die infeksie dof geword het en nie op die vel versprei het nie, moet die priester hom rein verklaar.+ Dit was net ’n roof. Die man moet dan sy klere was en rein wees. 7 Maar as die roof* op die vel versprei het nadat hy voor die priester verskyn het om rein verklaar te word, moet hy weer* voor die priester verskyn. 8 Die priester moet dit ondersoek, en as die roof op die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid.+
9 “As iemand melaatsheid kry, moet hy na die priester toe gebring word, 10 en die priester moet hom ondersoek.+ As daar ’n wit swelsel op die vel is en dit die hare wit laat word het en daar ’n oop seer+ in die swelsel is, 11 is dit chroniese melaatsheid op sy vel, en die priester moet hom onrein verklaar. Hy moet hom nie onder kwarantyn plaas nie,+ want hy is onrein. 12 En as die melaatsheid oor die hele vel uitbreek en die melaatsheid die persoon van kop tot toon bedek, so ver as wat die priester kan sien, 13 en die priester hom ondersoek het en sien dat die melaatsheid sy hele vel bedek het, dan moet hy die persoon met die infeksie rein* verklaar. Die hele vel het wit geword, en hy is rein. 14 Maar as ’n oop seer op sy vel verskyn, sal hy onrein wees. 15 Wanneer die priester die oop seer sien, moet hy hom onrein verklaar.+ Die oop seer is onrein. Dit is melaatsheid.+ 16 Maar as die oop seer weer wit word, moet hy na die priester toe kom. 17 Die priester moet hom ondersoek,+ en as die infeksie wit geword het, moet die priester die persoon met die infeksie rein verklaar. Hy is rein.
18 “As iemand ’n sweer op sy vel kry en dit gesond word, 19 maar daar in die plek van die sweer ’n wit swelsel of ’n rooierige wit vlek ontstaan het, dan moet hy hom vir die priester wys. 20 Die priester moet dit ondersoek,+ en as dit lyk asof dit dieper as die vel is en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid wat in die sweer uitgebreek het. 21 Maar as die priester dit ondersoek en sien dat daar geen wit hare daarop is en dat dit nie dieper as die vel is nie en dat dit dof lyk, dan moet die priester hom vir sewe dae onder kwarantyn plaas.+ 22 En as dit duidelik is dat dit oor die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar. Dit is ’n siekte. 23 Maar as die vlek op een plek bly en nie versprei het nie, is dit net die ontsteking van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.+
24 “Of as iemand ’n brandwond as gevolg van vuur het en die rou vlees van die wond ’n rooierige wit of ’n wit vlek word, 25 moet die priester dit ondersoek. As die hare op die vlek wit geword het en dit lyk asof dit dieper as die vel is, is dit melaatsheid wat in die wond uitgebreek het, en die priester moet hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid. 26 Maar as die priester dit ondersoek en sien dat daar geen wit hare op die vlek is nie en dit nie dieper as die vel is nie en dat dit dof is, dan moet die priester hom vir sewe dae onder kwarantyn plaas.+ 27 Die priester moet hom op die sewende dag ondersoek, en as dit duidelik is dat dit op die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid. 28 Maar as die vlek op een plek bly en nie op die vel versprei het nie en dit dof is, is dit net ’n swelsel van die wond, en die priester moet hom rein verklaar, want dit is ’n ontsteking van die wond.
29 “As ’n man of ’n vrou ’n infeksie op die kop of aan die ken kry, 30 moet die priester die infeksie ondersoek.+ As dit lyk asof dit dieper as die vel is en die hare daarop geel en yl is, moet die priester so iemand onrein verklaar. Dit is ’n infeksie van die kopvel of die baard. Dit is melaatsheid van die kop of van die ken. 31 Maar as dit nie vir die priester lyk asof die infeksie dieper as die vel is nie en daar geen swart hare daarop is nie, dan moet die priester die persoon met die infeksie vir sewe dae onder kwarantyn plaas.+ 32 Die priester moet die infeksie op die sewende dag ondersoek, en as dit nie versprei het nie en daar geen geel hare daarop is nie en dit nie lyk asof dit dieper as die vel is nie, 33 dan moet die persoon hom laat skeer, maar hy moenie die vel met die infeksie laat skeer nie. Dan moet die priester die persoon met die infeksie vir sewe dae onder kwarantyn plaas.
34 “Op die sewende dag moet die priester die vel met die infeksie weer ondersoek, en as die infeksie van die kopvel en baard nie op die vel versprei het nie en dit nie lyk asof dit dieper as die vel is nie, dan moet die priester hom rein verklaar, en hy moet sy klere was en rein wees. 35 Maar as dit ná sy reiniging duidelik is dat die infeksie op die vel versprei, 36 dan moet die priester hom ondersoek, en as die infeksie op die vel versprei het, hoef die priester nie na geel hare te soek nie. Daardie persoon is onrein. 37 Maar as die ondersoek toon dat die infeksie nie versprei het nie en swart hare daarop gegroei het, het die infeksie gesond geword. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.+
38 “As ’n man of ’n vrou vlekke op die vel kry en die vlekke wit is, 39 dan moet die priester dit ondersoek.+ As die vlekke op die vel ’n dowwe wit is, is dit ’n onskadelike uitslag wat op die vel uitgeslaan het. Daardie persoon is rein.
40 “As ’n man die hare op sy kop verloor en bles word, is hy rein. 41 As hy die hare aan die voorkant van sy kop verloor en daar bles word, is hy rein. 42 Maar as ’n rooierige wit seer op die bles gedeelte van sy kopvel of sy voorkop ontstaan, is dit melaatsheid wat op sy kopvel of op sy voorkop uitbreek. 43 Die priester moet hom ondersoek, en as die swelsel van die infeksie op die bles gedeelte van sy kop of sy voorkop ’n rooierige wit is en as dit soos melaatsheid op sy vel lyk, 44 is hy ’n melaatse. Hy is onrein, en die priester moet hom onrein verklaar as gevolg van die siekte op sy kop. 45 Wat die melaatse betref wat die siekte het, sy klere moet geskeur wees en sy kop moet onversorg gelaat word en hy moet sy snor bedek en uitroep: ‘Onrein, onrein!’ 46 Hy sal onrein wees solank hy die siekte het. Omdat hy onrein is, moet hy in afsondering woon. Sy woonplek moet buite die kamp wees.+
47 “As ’n kledingstuk deur melaatsheid besmet word, of dit nou ’n kledingstuk van wol of van linne is, 48 en of dit nou in die lengtedrade of in die dwarsdrade van die linne of van die wol is, of as dit in ’n vel is of in enigiets wat van vel gemaak is, 49 en die kledingstuk, die vel, die lengtedrade, die dwarsdrade of enige voorwerp van vel deur die geelgroen of rooierige vlek van die siekte besmet is, is dit deur melaatsheid besmet en moet dit vir die priester gewys word. 50 Die priester moet die vlek ondersoek, en hy moet die voorwerp met die siekte vir sewe dae onder kwarantyn plaas.+ 51 Wanneer hy die siekte op die sewende dag ondersoek en sien dat dit versprei het in die kledingstuk, in die lengtedrade, in die dwarsdrade of in die vel (vir watter doel die vel ook al gebruik word), is die siekte kwaadaardige melaatsheid en is dit onrein.+ 52 Hy moet die kledingstuk of die lengtedrade of die dwarsdrade (of dit nou wol of linne is) of enige voorwerp van vel waarin die siekte ontstaan het, verbrand, want dit is kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word.
53 “Maar as die priester dit ondersoek en die siekte nie in die kledingstuk of in die lengtedrade of in die dwarsdrade of in enige voorwerp van vel versprei het nie, 54 dan moet die priester beveel dat hulle die besmette voorwerp was, en hy moet dit nog sewe dae onder kwarantyn plaas. 55 Die priester moet die besmette voorwerp ondersoek nadat dit deeglik gewas is. As die besmette deel nog dieselfde lyk, al het die siekte nie versprei nie, is dit onrein. Jy moet dit met vuur verbrand omdat dit aan die binnekant of buitekant weggevreet is.
56 “Maar as die priester dit ondersoek het en die besmette deel dof geword het nadat dit deeglik gewas is, dan moet hy dit uit die kledingstuk of die vel of die lengtedrade of die dwarsdrade uitskeur. 57 As dit egter nog steeds sigbaar is in ’n ander deel van die kledingstuk of in die lengtedrade of in die dwarsdrade of in enige voorwerp van vel, is dit besig om te versprei, en jy moet enige besmette voorwerp met vuur verbrand.+ 58 Maar as die vlek verdwyn nadat jy die kledingstuk of die lengtedrade of die dwarsdrade of enige voorwerp van vel gewas het, dan moet dit ’n tweede keer gewas word, en dit moet rein wees.
59 “Dit is die wet oor melaatsheid in ’n kledingstuk van wol of van linne of in die lengtedrade of in die dwarsdrade of in enige voorwerp van vel, om dit rein of onrein te verklaar.”
14 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Dít sal die wet van die melaatse wees op die dag dat hy rein verklaar word, wanneer hy na die priester toe gebring moet word.+ 3 Die priester moet buite die kamp gaan en hom ondersoek. As die melaatse van die melaatsheid genees is, 4 moet die priester hom beveel om twee lewende rein voëls, sederhout, helderrooi materiaal en hisop vir sy reiniging te bring.+ 5 Die priester moet beveel dat die een voël in ’n kleihouer oor vars water doodgemaak moet word. 6 Maar hy moet die lewende voël sowel as die sederhout, die helderrooi materiaal en die hisop neem en dit saam in die bloed van die voël doop wat oor die vars water doodgemaak is. 7 Dan moet hy dit sewe keer spat op die persoon wat homself van die melaatsheid reinig en hom rein verklaar, en hy moet die lewende voël in die oop veld vrylaat.+
8 “Die persoon wat homself reinig, moet sy klere was en al sy hare afskeer en in water bad, en hy sal rein wees. Daarna mag hy in die kamp inkom, maar hy moet sewe dae lank buite sy tent bly. 9 Op die sewende dag moet hy al die hare op sy kop en sy ken sowel as sy wenkbroue afskeer. Nadat hy al sy hare afgeskeer het, moet hy sy klere was en in water bad, en hy sal rein wees.
10 “Op die agtste dag moet hy twee jong skaapramme sonder gebrek neem, sowel as een ooilam wat sonder gebrek is,+ in haar eerste jaar, ’n graanoffer van drie tiendes van ’n efa* fynmeel wat met olie gemeng is+ en een log* olie.+ 11 Die priester wat hom rein verklaar, moet die persoon wat homself reinig, saam met die offers, voor Jehovah bring by die ingang van die tent van samekoms. 12 Die priester moet die een jong ram neem en dit saam met die log olie as ’n skuldoffer bring,+ en hy moet dit as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg.+ 13 Dan moet hy die jong ram op die plek slag waar die sonde-offer en die brandoffer gewoonlik geslag word,+ op ’n heilige plek, want die skuldoffer behoort aan die priester, net soos die sonde-offer.+ Dit is iets besonder heiligs.+
14 “Dan moet die priester van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit smeer aan die onderste deel van die regteroor van die persoon wat homself reinig en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet. 15 En die priester moet van die log olie neem+ en dit in sy eie linkerpalm gooi. 16 Die priester moet dan sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerpalm is en van die olie sewe keer met sy vinger voor Jehovah spat. 17 Dan moet die priester van die olie wat in sy palm oor is, aan die onderste deel van die regteroor smeer van die persoon wat homself reinig, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die bloed van die skuldoffer. 18 Die priester moet die olie wat in sy palm oor is, op die kop smeer van die persoon wat homself reinig, en die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah.+
19 “Die priester moet die sonde-offer bring+ en versoening doen vir die persoon wat homself van sy onreinheid reinig, en daarna moet hy die brandoffer slag. 20 En die priester moet die brandoffer en die graanoffer+ op die altaar offer, en die priester moet vir hom versoening doen,+ en hy sal rein wees.+
21 “Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, moet hy een jong skaapram as ’n skuldoffer neem en dit as ’n beweegoffer aanbied, om vir homself versoening te doen, sowel as ’n graanoffer van een tiende van ’n efa* fynmeel wat met olie gemeng is, ’n log olie 22 en twee tortelduiwe of twee jong duiwe, afhangende van wat hy kan bekostig. Die een moet dien as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer.+ 23 Op die agtste dag+ moet hy hulle na die priester by die ingang van die tent van samekoms bring om voor Jehovah rein verklaar te word.+
24 “Die priester moet die jong ram vir die skuldoffer+ en die log olie neem, en die priester moet dit as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg.+ 25 Hy moet dan die jong ram vir die skuldoffer slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit smeer aan die onderste deel van die regteroor van die persoon wat homself reinig en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.+ 26 Die priester moet van die olie in sy eie linkerpalm gooi,+ 27 en dan moet hy van die olie in sy linkerpalm sewe keer met sy regtervinger voor Jehovah spat. 28 En die priester moet van die olie in sy palm aan die onderste deel van die regteroor smeer van die persoon wat homself reinig, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, op dieselfde plekke waar hy die bloed van die skuldoffer gesmeer het. 29 Dan moet die priester die olie wat in sy palm oor is, op die kop smeer van die persoon wat homself reinig sodat hy vir hom versoening kan doen voor Jehovah.
30 “Hy moet twee tortelduiwe of twee jong duiwe offer, afhangende van wat hy kan bekostig.+ 31 Hy moet die een as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer offer,+ saam met die graanoffer. Die priester moet voor Jehovah versoening doen vir die persoon wat homself reinig.+
32 “Dit is die wet vir die persoon wat melaatsheid gehad het, maar nie die nodige middele vir sy reiniging het nie.”
33 Toe het Jehovah vir Moses en Aäron gesê: 34 “Wanneer julle in die land Kanaän+ kom, wat ek aan julle as ’n besitting gee,+ en ek melaatsheid in ’n huis in julle land laat ontstaan,+ 35 moet die eienaar van die huis vir die priester kom sê: ‘Daar is een of ander soort besmetting in my huis.’ 36 Die priester moet beveel dat alles uit die huis geneem moet word voordat hy kom om die besmetting te ondersoek, sodat hy nie alles wat in die huis is, onrein verklaar nie. Daarna moet die priester inkom om die huis te ondersoek. 37 Hy moet die besmette deel ondersoek, en as daar geelgroen of rooierige holtes in die mure van die huis is en dit lyk asof dit dieper as die muuroppervlak is, 38 dan moet die priester uit die huis uitgaan en die huis sewe dae onder kwarantyn plaas.+
39 “Dan moet die priester op die sewende dag terugkeer en ondersoek instel. As die besmetting op die mure van die huis versprei het, 40 moet die priester beveel dat die besmette stene uitgebreek en buite die stad op ’n onrein plek gegooi moet word. 41 Dan moet hy die binnekant van die huis deeglik laat afskraap, en die pleister en messelklei wat afgeskraap is, moet buite die stad op ’n onrein plek gegooi word. 42 Hulle moet dan die stene wat hulle uitgehaal het met ander stene vervang, en hy moet ander messelklei gebruik en die huis laat pleister.
43 “Maar as die besmetting terugkom en in die huis uitbreek nadat die stene verwyder is en die huis afgeskraap en weer gepleister is, 44 dan moet die priester ingaan en dit ondersoek. As die besmetting in die huis versprei het, is dit kwaadaardige melaatsheid+ in die huis. Die huis is onrein. 45 Hy moet dan die huis laat afbreek – die stene, die balke en al die pleister en messelklei van die huis – en dit buite die stad na ’n onrein plek laat uitdra.+ 46 Maar enigiemand wat in die huis inkom gedurende enige van die dae dat dit onder kwarantyn is,+ sal tot die aand toe onrein wees.+ 47 En enigiemand wat in die huis gaan lê of enigiemand wat in die huis eet, moet sy klere was.
48 “Maar as die priester kom en hy sien dat die besmetting nie in die huis versprei het nadat dit weer gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die besmetting het verdwyn. 49 Om die huis van onreinheid* te reinig, moet hy twee voëls, sederhout, helderrooi materiaal en hisop neem.+ 50 Hy moet die een voël doodmaak oor ’n kleihouer met vars water. 51 Dan moet hy die sederhout, die hisop, die helderrooi materiaal en die lewende voël neem en dit doop in die bloed van die voël wat doodgemaak is en in die vars water, en hy moet dit sewe keer in die rigting van die huis spat.+ 52 En hy moet die huis van onreinheid* reinig met die bloed van die voël, die vars water, die lewende voël, die sederhout, die hisop en die helderrooi materiaal. 53 Dan moet hy die lewende voël buite die stad in die oop veld vrylaat en vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.
54 “Dit is die wet oor enige geval van melaatsheid, infeksie van die kopvel of die baard,+ 55 melaatsheid aan kledingstukke+ of in ’n huis+ 56 en oor swelsels, rowe en vlekke,+ 57 om vas te stel wanneer iets onrein is en wanneer iets rein is.+ Dit is die wet oor melaatsheid.”+
15 Jehovah het verder met Moses en Aäron gepraat en gesê: 2 “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: ‘As ’n man ’n afskeiding uit sy geslagsorgaan* het, maak die afskeiding hom onrein.+ 3 Hy is onrein as gevolg van die afskeiding. Of die afskeiding nou uit sy geslagsorgaan vloei of weens ’n verstopping nie kan uitvloei nie, hy is nog steeds onrein.
4 “‘Enige bed waarop ’n persoon met ’n afskeiding lê, sal onrein wees, en enigiets waarop hy sit, sal onrein wees. 5 Enigiemand wat aan sy bed raak, moet sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.+ 6 Enigiemand wat op ’n voorwerp sit waarop ’n persoon met ’n afskeiding gesit het, moet sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 7 Enigiemand wat aan die liggaam* van ’n persoon met ’n afskeiding raak, moet sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 8 As ’n persoon met ’n afskeiding spoeg op iemand wat rein is, moet daardie persoon sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 9 Enige saal waarop ’n persoon met ’n afskeiding ry, sal onrein wees. 10 Enigiemand wat aan enigiets raak wat onder hom was, sal tot die aand toe onrein wees, en enigiemand wat hierdie voorwerpe dra, moet sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 11 As ’n persoon met ’n afskeiding+ nie sy hande in water gewas het nie en hy aan iemand raak, moet daardie persoon sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 12 ’n Kleihouer waaraan ’n persoon met ’n afskeiding raak, moet stukkend gebreek word, en enige houthouer moet met water gewas word.+
13 “‘Wanneer die afskeiding ophou en die persoon rein word, moet hy sewe dae vir sy reiniging tel, en hy moet sy klere was en in vars water bad, en hy sal rein wees.+ 14 Op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem+ en voor Jehovah kom by die ingang van die tent van samekoms en hulle vir die priester gee. 15 En die priester moet hulle offer, die een as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer, en die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah as gevolg van sy afskeiding.
16 “‘En as ’n man ’n saadstorting het, moet hy sy hele liggaam in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.+ 17 Hy moet enige kledingstuk en enige vel was wat saad daarop het, en dit sal tot die aand toe onrein wees.
18 “‘As ’n man by ’n vrou gaan lê en ’n saadstorting het, moet hulle in water bad, en hulle sal tot die aand toe onrein wees.+
19 “‘As ’n vrou ’n afskeiding van bloed het, sal sy sewe dae lank onrein wees omdat sy menstrueer.+ Enigiemand wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees.+ 20 Enigiets waarop sy gedurende haar menstruele onreinheid lê, sal onrein wees, en alles waarop sy sit, sal onrein wees.+ 21 Enigiemand wat aan haar bed raak, moet sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 22 Enigiemand wat aan enige voorwerp raak waarop sy gesit het, moet sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. 23 As sy op die bed of op ’n ander voorwerp gesit het, sal hy tot die aand toe onrein wees as hy daaraan raak.+ 24 En as ’n man seksuele omgang met haar het en haar menstruele onreinheid op hom kom,+ sal hy sewe dae lank onrein wees, en enige bed waarop hy lê, sal onrein wees.
25 “‘As ’n vrou se afskeiding van bloed baie dae lank vloei+ en dit nie die normale tyd van haar menstruasie is nie,+ of as haar vloeiing langer duur as haar gewone menstruasie, sal sy al die dae van haar afskeiding onrein wees, net soos in die dae van haar menstruele onreinheid. 26 Enige bed waarop sy gedurende die dae van haar afskeiding lê, sal soos die bed van haar menstruele onreinheid word,+ en enige voorwerp waarop sy sit, sal onrein word soos gedurende haar menstruele onreinheid. 27 Enigiemand wat aan hierdie dinge raak, sal onrein wees, en hy moet sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.+
28 “‘Maar wanneer haar afskeiding opgehou het, moet sy vir haar sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.+ 29 Op die agtste dag moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem,+ en sy moet hulle na die priester toe bring by die ingang van die tent van samekoms.+ 30 Die priester moet die een ’n sonde-offer en die ander ’n brandoffer maak, en die priester moet vir haar versoening doen voor Jehovah as gevolg van haar onrein afskeiding.+
31 “‘So moet julle die Israeliete afgesonderd hou van hulle onreinheid sodat hulle nie in hulle onreinheid sterf omdat hulle my tabernakel, wat by hulle is, onrein gemaak het nie.+
32 “‘Dit is die wet oor die man wat ’n afskeiding het, die man wat onrein is omdat hy ’n saadstorting het,+ 33 die vrou gedurende haar menstruele onreinheid,+ enige man of vrou uit wie se liggaam ’n afskeiding vloei+ en ’n man wat seksuele omgang met ’n onrein vrou het.’”
16 Jehovah het met Moses gepraat ná die dood van Aäron se twee seuns wat gesterf het omdat hulle nader gekom het voor Jehovah.+ 2 Jehovah het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron dat hy nie sommer enige tyd in die heiligdom,+ agter die gordyn,*+ tot voor die deksel op die Ark mag inkom nie, sodat hy nie sterf nie,+ want ek sal in ’n wolk+ bokant die deksel+ verskyn.
3 “Aäron moet die volgende bring wanneer hy in die heiligdom inkom: ’n jong bul as ’n sonde-offer+ en ’n skaapram as ’n brandoffer.+ 4 Hy moet die heilige kleed van linne+ aantrek, en die kortbroek* van linne+ moet sy kaal liggaam* bedek, en hy moet die lyfband van linne+ om sy middel sit en die tulband van linne+ om sy kop bind. Dit is heilige klere.+ Hy moet in water bad+ en dit aantrek.
5 “Hy moet van die gemeenskap van Israel+ twee jong bokramme as ’n sonde-offer en een skaapram as ’n brandoffer neem.
6 “Dan moet Aäron die bul as ’n sonde-offer vir homself aanbied, en hy moet vir hom+ en sy huis versoening doen.
7 “Hy moet dan die twee bokke neem en hulle voor Jehovah bring by die ingang van die tent van samekoms. 8 Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, die een lot vir Jehovah en die ander lot vir Asaʹsel.* 9 Aäron moet die bok aanbied wat deur middel van die lot+ vir Jehovah bestem is en dit ’n sonde-offer maak. 10 Maar die bok wat deur middel van die lot vir Asaʹsel bestem is, moet lewend voor Jehovah gebring word om versoening daarmee te doen, sodat dit vir Asaʹsel weggestuur kan word, die wildernis in.+
11 “Aäron moet die bul as ’n sonde-offer vir homself aanbied, en hy moet vir hom en sy huis versoening doen. Daarna moet hy die bul as ’n sonde-offer vir homself slag.+
12 “Hy moet dan die vuurbak+ vol brandende kole van die altaar+ voor Jehovah neem, sowel as twee hande vol fyn geurige reukwerk,+ en hy moet dit binne die gordyn* bring.+ 13 Hy moet ook die reukwerk op die vuur plaas voor Jehovah,+ en die rookwolk van die reukwerk moet die deksel van die Ark,+ wat op die Getuienis is,+ omhul, sodat hy nie sterf nie.
14 “Hy moet van die bul se bloed neem+ en dit met sy vinger voor die deksel spat, aan die oostekant, en hy moet van die bloed sewe keer met sy vinger voor die deksel spat.+
15 “Hy moet dan die bok slag wat ’n sonde-offer vir die volk is,+ en hy moet die bloed tot agter die gordyn* bring+ en met die bloed+ doen soos hy met die bul se bloed gedoen het. Hy moet dit in die rigting van die deksel en voor die deksel spat.
16 “Hy moet vir die heiligdom versoening doen as gevolg van die Israeliete se dade van onreinheid en as gevolg van hulle oortredings en hulle sondes,+ en dit is wat hy moet doen vir die tent van samekoms, wat by hulle is en wat deur hulle dade van onreinheid omring word.
17 “Geen ander mens mag in die tent van samekoms wees vandat hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie. Hy moet versoening doen vir hom en vir sy huis+ en vir die hele gemeente van Israel.+
18 “Hy moet dan uitgaan na die altaar,+ wat voor Jehovah is, en daarvoor versoening doen, en hy moet van die bul se bloed en van die bok se bloed neem en dit aan elkeen van die horings van die altaar smeer. 19 Hy moet ook van die bloed sewe keer met sy vinger daarop spat en dit reinig en dit heilig van die Israeliete se dade van onreinheid.
20 “Nadat hy versoening gedoen het+ vir die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar,+ moet hy ook die lewende bok aanbied.+ 21 Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewende bok sit en al die verkeerde dinge wat die Israeliete gedoen het en al hulle oortredings en al hulle sondes oor hom bely, en hy moet dit op die kop van die bok+ sit en hom wegstuur, die wildernis in, deur die hand van ’n man wat aangewys is om dit te doen.* 22 Die bok sal al hulle oortredings op hom dra+ na ’n verlate plek,+ en hy moet die bok wegstuur, die wildernis in.+
23 “Aäron sal dan in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en hy sal dit daar neersit. 24 Hy moet op ’n heilige plek in water bad*+ en sy klere aantrek.+ Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer+ en die volk se brandoffer+ bring en vir hom en vir die volk versoening doen.+ 25 Hy moet die vet van die sonde-offer op die altaar laat rook.
26 “Die man wat die bok vir Asaʹsel weggestuur het,+ moet sy klere was en in water bad, en daarna mag hy in die kamp inkom.
27 “En die bul vir die sonde-offer en die bok vir die sonde-offer, waarvan die bloed in die heiligdom ingebring is om versoening te doen, moet uit die kamp geneem word, en hulle vel en hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.+ 28 Die persoon wat hulle verbrand, moet sy klere was en in water bad, en daarna mag hy in die kamp inkom.
29 “Dít moet vir julle ’n permanente wetsbepaling wees: In die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle julle verneder,* en nie julle of die uitlanders wat onder julle woon, mag enige werk doen nie.+ 30 Op hierdie dag moet versoening+ vir julle gedoen word om julle rein te verklaar. Julle moet van al julle sondes rein wees voor Jehovah.+ 31 Dit is ’n sabbat, ’n spesiale rusdag vir julle, en julle moet julle verneder.+ Dit is ’n permanente wetsbepaling.
32 “Die priester wat gesalf is+ en ingehuldig is* om in die plek van sy pa+ as priester te dien,+ moet versoening doen en die linneklere,+ die heilige klere,+ aantrek. 33 Hy moet versoening doen vir die allerheiligste plek,+ die tent van samekoms+ en die altaar.+ En hy moet versoening doen vir die priesters en vir die hele volk van die gemeente.+ 34 Dit is vir julle ’n permanente wetsbepaling,+ om een keer per jaar vir die Israeliete versoening te doen vir al hulle sondes.”+
Hy het toe gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.
17 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Praat met Aäron en sy seuns en al die Israeliete en sê vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah beveel het:
3 “‘“As enigiemand van die huis van Israel ’n bul of ’n jong skaapram of ’n bok in die kamp slag of buite die kamp slag 4 in plaas daarvan om dit na die ingang van die tent van samekoms te bring om dit voor die tabernakel van Jehovah as ’n offer vir Jehovah aan te bied, sal hy as bloedskuldig beskou word. Hy is bloedskuldig, en dié man moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word. 5 Dit is sodat die Israeliete die offerandes, wat hulle nou in die oop veld offer, na Jehovah sal bring, na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe. Hulle moet dit as vrede-offers* aan Jehovah offer.+ 6 En die priester moet die bloed op Jehovah se altaar by die ingang van die tent van samekoms sprinkel en die vet as ’n aangename* geur vir Jehovah laat rook.+ 7 Hulle mag nie meer offerandes aan die bokagtige demone* offer,+ wat hulle aanbid* nie.+ Dit sal in al julle geslagte vir julle ’n permanente wetsbepaling wees.”’
8 “Jy moet vir hulle sê: ‘Enigiemand van die huis van Israel of enige uitlander wat onder julle woon wat ’n brandoffer of ’n offerande bring 9 en dit nie na die ingang van die tent van samekoms bring om dit aan Jehovah te offer nie, moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.+
10 “‘As enigiemand van die huis van Israel of enige uitlander wat onder julle woon, enige bloed eet,+ sal ek die persoon wat die bloed eet, beslis verwerp, en ek sal hom onder sy volk uitroei. 11 Want die lewe* van die vlees is in die bloed,+ en ek het dit vir julle gegee sodat julle vir julle versoening kan doen op die altaar,+ want dit is die bloed wat versoening doen+ deur die lewe* wat daarin is. 12 Daarom het ek vir die Israeliete gesê: “Nie een van julle mag bloed eet nie, en geen uitlander wat onder julle woon,+ mag bloed eet nie.”+
13 “‘As een van die Israeliete of ’n uitlander wat onder julle woon, gaan jag en ’n wilde dier of ’n voël vang wat geëet mag word, moet hy die bloed uitgooi+ en dit met stof bedek. 14 Want die lewe* van elke soort vlees is sy bloed, want die lewe* is daarin. Daarom het ek vir die Israeliete gesê: “Julle mag nie die bloed van enige soort vlees eet nie, want die lewe* van elke soort vlees is sy bloed. Enigiemand wat dit eet, moet doodgemaak word.”+ 15 As enigiemand, ’n gebore Israeliet of ’n uitlander, ’n dier eet wat dood gevind is of deur ’n wilde dier verskeur is,+ moet hy sy klere was en in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.+ Daarna sal hy rein wees. 16 Maar as hy nie sy klere was nie en nie bad nie,* sal hy die gevolge dra van sy oortreding.’”+
18 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘Ek is Jehovah julle God.+ 3 Julle mag nie optree soos die mense in Egipte, waar julle gewoon het nie, en julle mag nie die dinge doen wat die mense in die land Kanaän doen, waarheen ek julle bring nie.+ En julle mag nie hulle wetsbepalings volg nie. 4 Julle moet my regterlike bevele uitvoer, en julle moet my wetsbepalings onderhou en volg.+ Ek is Jehovah julle God. 5 Julle moet my wetsbepalings en my regterlike bevele onderhou. Enigiemand wat dit doen, sal daardeur lewe.+ Ek is Jehovah.
6 “‘Niemand van julle mag seksuele omgang hê met* ’n nabye familielid nie.+ Ek is Jehovah. 7 Jy mag nie seksuele omgang met jou pa hê nie, en jy mag nie seksuele omgang met jou ma hê nie. Sy is jou ma, en jy mag nie seksuele omgang met haar hê nie.
8 “‘Jy mag nie seksuele omgang met jou pa se vrou hê nie.+ Dit sal skande oor jou pa bring.*
9 “‘Jy mag nie seksuele omgang met jou suster hê nie, of sy nou die dogter van jou pa of die dogter van jou ma is en of sy nou in dieselfde huisgesin gebore is of nie.+
10 “‘Jy mag nie seksuele omgang met die dogter van jou seun of die dogter van jou dogter hê nie, want dit sal skande oor jou bring.
11 “‘Jy mag nie seksuele omgang met die dogter van jou pa se vrou, die dogter van jou pa, hê nie, want sy is jou suster.
12 “‘Jy mag nie seksuele omgang met jou pa se suster hê nie. Sy is jou pa se bloedfamilie.+
13 “‘Jy mag nie seksuele omgang met jou ma se suster hê nie, want sy is jou ma se bloedfamilie.
14 “‘Jy mag nie skande oor jou pa se broer bring* deur seksuele omgang met sy vrou te hê nie. Sy is jou tante.+
15 “‘Jy mag nie seksuele omgang met jou skoondogter hê nie.+ Sy is jou seun se vrou, en jy mag nie omgang met haar hê nie.
16 “‘Jy mag nie seksuele omgang met jou broer se vrou hê nie,+ want dit sal skande oor jou broer bring.*
17 “‘Jy mag nie seksuele omgang met ’n vrou en haar dogter hê nie.+ Jy mag nie die dogter van haar seun en die dogter van haar dogter neem om omgang met hulle te hê nie. Hulle is haar nabye familielede. Dit is ’n afstootlike daad.*
18 “‘Jy mag nie jou vrou se suster as ’n tweede vrou*+ neem en seksuele omgang met haar hê terwyl jou vrou nog lewe nie.
19 “‘Jy mag nie seksuele omgang met ’n vrou gedurende haar menstruele onreinheid hê nie.+
20 “‘Jy mag nie seksuele omgang met die vrou van jou medemens* hê en jou daardeur onrein maak nie.+
21 “‘Jy mag nie toelaat dat enigeen van jou nageslag aan Molog geoffer* word nie.+ Jy mag nie die naam van jou God op dié manier ontheilig nie.+ Ek is Jehovah.
22 “‘Jy mag nie seksuele omgang met ’n man hê, soos jy met ’n vrou sou hê nie.+ Dit is iets afskuweliks.
23 “‘’n Man mag nie seksuele omgang met ’n dier hê en daardeur onrein word nie. En ’n vrou mag haar nie vir ’n dier aanbied om gemeenskap daarmee te hê nie.+ Dit is ’n skending van wat natuurlik is.
24 “‘Moet julle nie deur enige van hierdie dinge onrein maak nie, want die nasies wat ek voor julle uit verdryf, het hulle deur middel van al hierdie dinge onrein gemaak.+ 25 Daarom is die land onrein, en ek sal straf daaroor bring vir sy oortreding, en die land sal sy inwoners uitbraak.+ 26 Maar julle, die gebore Israeliete en die uitlanders wat onder julle woon,+ moet my wetsbepalings en my regterlike bevele onderhou,+ en julle mag nie enige van hierdie afskuwelike dinge doen nie. 27 Want al hierdie afskuwelike dinge is wat die mense gedoen het wat voor julle in die land gewoon het,+ en nou is die land onrein. 28 As julle die land nie onrein maak nie, dan hoef die land julle nie uit te braak soos dit die nasies sal uitbraak wat voor julle daar was nie. 29 As enigiemand enige van hierdie afskuwelike dinge doen, moet hy wat dit doen, doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word. 30 Julle moet julle verpligting teenoor my nakom deur nie enige van die afskuwelike dinge te doen wat voor julle tyd gedoen is nie,+ sodat julle julle nie daardeur onrein maak nie. Ek is Jehovah julle God.’”
19 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir die hele gemeenskap van Israel: ‘Julle moet heilig wees, want ek, Jehovah julle God, is heilig.+
3 “‘Elkeen van julle moet sy ma en sy pa respekteer,*+ en julle moet my sabbatte hou.+ Ek is Jehovah julle God. 4 Moenie op waardelose gode vertrou+ of gode van gegote metaal vir julle maak nie.+ Ek is Jehovah julle God.
5 “‘En as julle ’n vrede-offer* aan Jehovah offer,+ moet julle dit op so ’n manier offer dat julle goedkeuring vir julleself verkry.+ 6 Dit moet op die dag van julle offerande en die volgende dag geëet word, maar wat tot die derde dag oorbly, moet met vuur verbrand word.+ 7 Maar as enige deel daarvan op die derde dag geëet word, is dit iets afstootliks wat nie aanvaar sal word nie. 8 Die persoon wat dit eet, sal die gevolge dra van sy oortreding, want hy het iets ontheilig wat vir Jehovah heilig is, en dié persoon* moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.
9 “‘Wanneer jy die oes van jou land insamel, moet jy nie die rand van jou landery heeltemal afoes nie en moet jy nie die oorblyfsels van jou oes optel nie.+ 10 Jy moet ook nie die oorblyfsels van jou wingerd insamel of die druiwe wat van jou wingerd afgeval het, optel nie. Jy moet dit los vir die arme*+ en die uitlander wat onder julle woon. Ek is Jehovah julle God.
11 “‘Julle mag nie steel nie,+ julle mag nie bedrieg nie+ en julle mag nie oneerlik met mekaar wees nie. 12 Julle mag nie valslik by my naam sweer+ en sodoende die naam van julle God ontheilig nie. Ek is Jehovah. 13 Jy mag nie bedrog teenoor jou medemens pleeg nie,+ en jy mag niemand beroof nie.+ Jy mag nie die loon van ’n gehuurde werker die hele nag tot die oggend toe terughou nie.+
14 “‘Jy mag nie ’n dowe persoon vervloek of iets voor ’n blinde persoon sit wat hom kan laat struikel nie,+ en jy moet jou God vrees.+ Ek is Jehovah.
15 “‘Jy mag nie onregverdig wees wanneer jy oordeel nie. Jy mag nie die armes begunstig of die rykes voortrek nie.+ Met geregtigheid moet jy jou medemens oordeel.
16 “‘Jy mag nie rondgaan en laster onder jou volk versprei nie.+ Jy mag nie jou medemens se lewe* in gevaar stel nie.*+ Ek is Jehovah.
17 “‘Jy mag nie jou broer in jou hart haat nie.+ Jy moet jou medemens beslis reghelp*+ sodat jy nie in sy sonde deel nie.
18 “‘Jy mag nie wraak neem+ of ’n wrok koester teen die kinders van jou volk nie, en jy moet jou medemens liefhê soos jouself.+ Ek is Jehovah.
19 “‘Julle moet my wetsbepalings onderhou: Jy mag nie twee soorte vee kruis nie. Jy mag nie twee soorte saad op jou landery saai nie,+ en jy mag nie ’n kleed dra van materiaal wat van ’n kombinasie van twee soorte garing gemaak is nie.+
20 “‘As ’n man by ’n vrou gaan lê en seksuele omgang met haar het en sy ’n slavin is wat vir ’n ander man belowe is, maar sy nog nie losgekoop is of haar vryheid gegee is nie, moet hulle gestraf word. Maar hulle moenie doodgemaak word nie, want sy was nog nie vrygelaat nie. 21 Hy moet sy skuldoffer vir Jehovah na die ingang van die tent van samekoms bring, ’n skaapram as ’n skuldoffer.+ 22 Die priester moet hiermee vir hom versoening doen voor Jehovah vir die sonde wat hy gepleeg het, en hy sal vergewe word vir die sonde wat hy gepleeg het.
23 “‘Wanneer julle in die land kom en julle enige vrugteboom plant, moet julle die vrugte daarvan as onrein en verbode* beskou. Drie jaar lank sal dit vir julle verbode* wees. Dit mag nie geëet word nie. 24 Maar in die vierde jaar sal al die vrugte daarvan heilig wees, en dit sal ’n tyd van vreugde wees voor Jehovah.+ 25 Dan, in die vyfde jaar, mag julle die vrugte daarvan eet, en dit sal vir julle ’n groot opbrengs lewer. Ek is Jehovah julle God.
26 “‘Julle mag niks eet wat bloed bevat nie.+
“‘Julle mag nie na tekens* soek of toorkuns beoefen nie.+
27 “‘Julle mag nie die hare aan die kant van julle kop* skeer* of die rand van julle baard so sny dat julle dit misvorm nie.+
28 “‘Julle mag geen snye in julle vlees maak vir ’n dooie persoon* nie,+ en julle mag geen tatoeëermerke op julle maak nie. Ek is Jehovah.
29 “‘Moenie jou dogter onteer deur haar ’n prostituut te maak nie,+ sodat die land nie prostitusie pleeg en met los sedes gevul word nie.+
30 “‘Julle moet my sabbatte hou,+ en julle moet diep respek* vir my heiligdom hê. Ek is Jehovah.
31 “‘Moenie hulp gaan soek by mense wat geeste oproep* nie,+ en moenie fortuinvertellers gaan sien+ en julle onrein maak deur middel van hulle nie. Ek is Jehovah julle God.
32 “‘Voor grys hare moet jy opstaan,+ en jy moet aan ’n ouer persoon eer betoon,+ en jy moet jou God vrees.+ Ek is Jehovah.
33 “‘As ’n uitlander by julle in julle land woon, mag julle hom nie mishandel nie.+ 34 Die uitlander wat by julle woon, moet vir julle soos ’n mede-Israeliet word.+ Julle moet hom liefhê soos julleself, want julle het as uitlanders in Egipte gewoon.+ Ek is Jehovah julle God.
35 “‘Julle mag nie oneerlik wees wanneer julle lengtes, gewigte of hoeveelhede meet nie.+ 36 Julle moet ’n akkurate weegskaal, akkurate gewigte, ’n akkurate droëmaat* en ’n akkurate vloeistofmaat* hê.+ Ek is Jehovah julle God wat julle uit Egipte uitgelei het. 37 Julle moet al my wetsbepalings en al my regterlike bevele onderhou, en julle moet dit volg.+ Ek is Jehovah.’”
20 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Enige Israelitiese man en enige uitlander wat in Israel woon wat enigeen van sy nageslag aan Molog gee, moet vir seker doodgemaak word.+ Die volk van die land moet hom met klippe doodgooi. 3 Ek sal so ’n man verwerp, en ek sal hom onder sy volk uitroei, want hy het van sy nageslag aan Molog gegee en my heiligdom onrein gemaak+ en my heilige naam ontheilig. 4 As die volk van die land hulle oë opsetlik sluit vir wat dié man doen wanneer hy sy nageslag aan Molog gee, en hulle hom nie doodmaak nie,+ 5 dan sal ek dié man en sy familie beslis verwerp.+ Ek sal hom onder sy volk uitroei, sowel as almal wat Molog saam met hom aanbid.*
6 “‘As iemand ontrou is aan my* deur hulp te gaan soek by mense wat geeste oproep*+ en by die fortuinvertellers,+ sal ek daardie persoon beslis verwerp en hom onder sy volk uitroei.+
7 “‘Julle moet julle heilig en heilig word,+ want ek is Jehovah julle God. 8 En julle moet my wetsbepalings onderhou en uitvoer.+ Ek is Jehovah, wat julle heilig.+
9 “‘As enigiemand sy pa of sy ma vervloek, moet hy vir seker doodgemaak word.+ Aangesien hy sy pa of sy ma vervloek het, is hy verantwoordelik vir sy eie dood.*
10 “‘En wat ’n man betref wat egbreuk pleeg met ’n ander man se vrou: Die man wat egbreuk pleeg met die vrou van sy medemens, moet vir seker doodgemaak word, die egbreker en die egbreekster.+ 11 ’n Man wat seksuele omgang met sy pa se vrou het, het skande oor sy pa gebring.*+ Hulle moet albei vir seker doodgemaak word. Hulle is verantwoordelik vir hulle eie dood.* 12 As ’n man seksuele omgang met sy skoondogter het, moet hulle albei vir seker doodgemaak word. Hulle het geskend wat natuurlik is. Hulle is verantwoordelik vir hulle eie dood.*+
13 “‘As ’n man seksuele omgang met ’n ander man het, soos hy met ’n vrou sou hê, het hulle albei iets afskuweliks gedoen.+ Hulle moet vir seker doodgemaak word. Hulle is verantwoordelik vir hulle eie dood.*
14 “‘As ’n man ’n vrou en haar ma neem, is dit ’n afstootlike daad.*+ Al drie moet met vuur verbrand word,+ sodat afstootlike gedrag nie onder julle bly bestaan nie.
15 “‘As ’n man seksuele omgang met ’n dier het, moet hy vir seker doodgemaak word, en julle moet die dier doodmaak.+ 16 As ’n vrou seksuele omgang met enige dier het,+ moet jy die vrou en die dier doodmaak. Hulle moet vir seker doodgemaak word. Hulle is verantwoordelik vir hulle eie dood.*
17 “‘As ’n man sy suster neem, die dogter van sy pa of die dogter van sy ma, en seksuele omgang met haar het, is dit ’n skande.+ Hulle moet voor die oë van hulle volk doodgemaak word. Hy het skande oor sy suster gebring.* Hy moet die gevolge dra van sy oortreding.
18 “‘As ’n man seksuele omgang het met ’n vrou wat menstrueer, het hy sowel as sy haar bloedvloeiing ontbloot.+ Hulle moet albei doodgemaak word en so uit hulle volk verwyder word.
19 “‘Jy mag nie seksuele omgang met jou ma se suster of met jou pa se suster hê nie, want dit sal skande bring oor een van jou bloedfamilielede.+ Albei moet die gevolge dra van hulle oortreding. 20 ’n Man wat seksuele omgang met sy oom se vrou het, het skande oor sy oom gebring.*+ Hulle moet verantwoordelik gehou word vir hulle sonde. Hulle moet kinderloos sterf. 21 As ’n man sy broer se vrou neem, is dit iets walgliks.+ Hy het skande oor sy broer gebring.* Hulle moet kinderloos sterf.
22 “‘Julle moet al my wetsbepalings en al my regterlike bevele onderhou+ en uitvoer,+ sodat die land waarheen ek julle bring om in te woon, julle nie uitbraak nie.+ 23 Julle mag nie die wetsbepalings volg van die nasies wat ek voor julle uit verdryf nie,+ want hulle het al hierdie dinge gedoen, en ek verafsku hulle.+ 24 Daarom het ek vir julle gesê: “Julle sal hulle land in besit neem, en ek sal dit aan julle as julle besitting gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ Ek is Jehovah julle God, wat julle van die volke afgesonder het.”+ 25 Julle moet ’n onderskeid maak tussen die rein dier en die onrein dier en tussen die onrein voël en die rein voël.+ Julle mag julle nie walglik maak deur middel van ’n dier of ’n voël of enigiets wat op die grond kruip, wat ek vir julle afgesonder het as iets wat julle as onrein moet beskou nie.+ 26 Julle moet vir my heilig wees, want ek, Jehovah, is heilig,+ en ek sonder julle van die volke af om myne te word.+
27 “‘Enige man of vrou wat geeste oproep* of wat ’n fortuinverteller is,* moet vir seker doodgemaak word.+ Die volk moet hulle met klippe doodgooi. Hulle het die doodstraf oor hulleself gebring.’”*
21 Jehovah het verder vir Moses gesê: “Sê vir die priesters, Aäron se seuns: ‘Niemand mag hom onrein maak vir ’n dooie persoon* onder sy volk nie.+ 2 Maar hy mag dit doen vir nabye bloedfamilie, vir sy ma, sy pa, sy seun, sy dogter, sy broer, 3 en hy mag hom onrein maak vir sy suster as sy ’n maagd was wat na aan hom was en nog nie getroud was nie. 4 Hy mag hom nie onrein maak en hom ontheilig vir ’n vrou wat aan ’n man van sy volk behoort nie. 5 Hulle mag nie hulle kop kaal skeer+ of die rand van hulle baard afskeer of snye in hulle liggaam maak nie.+ 6 Hulle moet heilig wees vir hulle God,+ en hulle moenie die naam van hulle God ontheilig nie,+ want hulle bied Jehovah se vuuroffers aan, die brood* van hulle God, en hulle moet heilig wees.+ 7 Hulle mag nie trou met ’n prostituut,+ ’n vrou wat onteer is of ’n vrou wat van haar man geskei is nie,+ want die priester is heilig vir sy God. 8 Jy moet hom heilig,+ want hy bied die brood van jou God aan. Hy moet vir jou heilig wees, want ek, Jehovah, wat julle heilig, is heilig.+
9 “‘En as die dogter van ’n priester haar ontheilig deur prostitusie te pleeg, ontheilig sy haar pa. Sy moet met vuur verbrand word.+
10 “‘Die hoëpriester onder sy broers, op wie se kop die salfolie uitgegooi+ is en wat ingehuldig is* om die priesterlike klere te dra,+ mag nie sy kop onversorg laat of sy klere skeur nie.+ 11 Hy mag nie naby enige dooie persoon* kom nie.+ Hy mag hom nie eers vir sy pa of sy ma onrein maak nie. 12 Hy mag nie uit die heiligdom uitgaan nie, en hy mag nie die heiligdom van sy God ontheilig nie,+ want die toewydingsteken, die salfolie van sy God,+ is op hom. Ek is Jehovah.
13 “‘Hy mag net trou met ’n vrou wat ’n maagd is.+ 14 Hy mag nie trou met ’n weduwee, ’n geskeide vrou, ’n vrou wat onteer is of ’n prostituut nie, maar hy moet ’n maagd uit sy volk as vrou neem. 15 Hy mag nie sy nageslag* onder sy volk ontheilig nie,+ want ek is Jehovah, wat hom heilig.’”
16 Jehovah het verder vir Moses gesê: 17 “Sê vir Aäron: ‘Geen man uit jou nageslag,* in al hulle geslagte, wat ’n gebrek het, mag nader kom om die brood van sy God aan te bied nie. 18 Geen man wat ’n gebrek het, mag nader kom nie: ’n man wat blind of kreupel is of ’n misvormde gesig het* of ’n liggaamsdeel het wat te lank is, 19 ’n man met ’n gebreekte voet of ’n gebreekte hand, 20 of wat ’n boggelrug het of wat ’n dwerg* is of ’n man met ’n oogdefek of ekseem of ringwurm of beskadigde testikels.+ 21 Geen man van die nageslag* van Aäron, die priester, wat ’n gebrek het, mag nader kom om Jehovah se vuuroffers aan te bied nie. Omdat hy ’n gebrek het, mag hy nie nader kom om die brood van sy God aan te bied nie. 22 Hy mag die brood van sy God eet uit die besonder heilige dinge+ en uit die heilige dinge.+ 23 Maar hy mag nie naby die gordyn* kom nie,+ en hy mag nie by die altaar kom nie,+ want hy het ’n gebrek. Hy mag nie my heiligdom ontheilig nie,+ want ek is Jehovah, wat hulle heilig.’”+
24 Moses het dit toe vir Aäron en sy seuns en al die Israeliete gesê.
22 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees wanneer hulle die heilige dinge van die Israeliete hanteer* en dat hulle nie my heilige naam moet ontheilig+ in verband met die dinge wat hulle vir my heilig nie.+ Ek is Jehovah. 3 Sê vir hulle: ‘Enige man uit julle nageslag, in al julle geslagte, wat in ’n onrein toestand naby die heilige dinge kom wat die Israeliete aan Jehovah heilig, moet doodgemaak word en so voor my verwyder word.+ Ek is Jehovah. 4 Geen man van Aäron se nageslag wat melaats+ is of ’n afskeiding+ het, mag van die heilige dinge eet totdat hy rein word nie.+ Dit geld ook vir die man wat aan iemand raak wat onrein geword het deur middel van ’n dooie persoon*+ en vir ’n man wat ’n saadstorting+ het 5 en vir ’n man wat aan ’n onrein kruipende diertjie raak+ of aan ’n mens raak wat om enige rede onrein is en wat hom onrein kan maak.+ 6 Die persoon wat aan so iets of so iemand raak, sal tot die aand toe onrein wees en mag niks van die heilige dinge eet nie, maar hy moet in water bad.+ 7 Wanneer die son ondergegaan het, sal hy rein wees, en daarna mag hy van die heilige dinge eet, want dit is sy kos.+ 8 Hy mag ook nie enige dier eet wat dood gevind is of enigiets wat deur wilde diere verskeur is en daardeur onrein word nie.+ Ek is Jehovah.
9 “‘Hulle moet hulle verpligting teenoor my nakom, sodat hulle nie as gevolg daarvan sondig en daarvoor moet sterf omdat hulle dit ontheilig het nie. Ek is Jehovah, wat hulle heilig.
10 “‘Geen ongemagtigde persoon,* mag enigiets heiligs eet nie.+ Geen uitlander wat by ’n priester bly of ’n gehuurde werker mag enigiets heiligs eet nie. 11 Maar as ’n priester iemand met sy eie geld koop, mag dié persoon daarvan eet. Slawe wat in sy huis gebore is, mag ook van sy kos eet.+ 12 As die dogter van ’n priester met iemand trou wat nie ’n priester is nie,* mag sy nie van die bydrae van die heilige dinge eet nie. 13 Maar as die dogter van ’n priester ’n weduwee word of geskei is en sy geen nageslag het nie en sy na haar pa se huis terugkeer soos toe sy jonger was, mag sy van haar pa se kos eet,+ maar geen ongemagtigde persoon* mag daarvan eet nie.
14 “‘En as iemand iets heiligs eet sonder dat hy dit besef, moet hy ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg en die heilige offer vir die priester gee.+ 15 Hulle moenie die heilige dinge van die Israeliete wat hulle vir Jehovah bydra,+ ontheilig 16 en sodoende straf oor hulle bring vir hulle skuld omdat hulle heilige dinge geëet het nie, want ek is Jehovah, wat hulle heilig.’”
17 Jehovah het verder vir Moses gesê: 18 “Sê vir Aäron en sy seuns en al die Israeliete: ‘As ’n Israelitiese man of ’n uitlander wat in Israel woon ’n brandoffer vir Jehovah aanbied+ om sy geloftes na te kom of om ’n vrywillige offer te gee,+ 19 moet hy ’n manlike dier sonder gebrek+ uit die beeste, uit die jong skaapramme of uit die bokke aanbied om goedkeuring te verkry. 20 Julle mag niks aanbied wat ’n gebrek het nie,+ want dit sal nie vir julle goedkeuring verkry nie.
21 “‘As ’n man ’n vrede-offer* vir Jehovah aanbied+ as ’n vrywillige offer of om ’n gelofte te betaal, sal hy slegs goedkeuring verkry as dit ’n dier sonder gebrek uit die beeste of die kleinvee is. Dit moet hoegenaamd geen gebrek hê nie. 22 Geen offer moet blind wees of iets hê wat gebreek is nie. Dit moet ook nie ’n sny, ’n vrat, skurfte of ringwurm hê nie. Jy mag nie so ’n dier vir Jehovah aanbied nie of so ’n offer op die altaar vir Jehovah bring nie. 23 Jy mag ’n bul of ’n skaap met ’n liggaamsdeel wat te lank of te kort is as ’n vrywillige offer aanbied, maar dit sal nie as ’n gelofte-offer aanvaar word nie. 24 Julle mag nie ’n dier vir Jehovah aanbied waarvan die testikels beskadig of stukkend gedruk of afgeruk of afgesny is nie, en julle mag nie sulke diere in julle land offer nie. 25 En julle mag nie so ’n dier uit die hand van ’n uitlander as die brood van julle God aanbied nie, want daar is fout met so ’n dier, hy het ’n gebrek. Dit sal nie aanvaar word en vir julle goedkeuring verkry nie.’”
26 Jehovah het verder vir Moses gesê: 27 “As ’n bul of ’n jong skaapram of ’n bok gebore word, moet hy sewe dae by sy ma bly,+ maar van die agtste dag af sal die dier aanvaar word as ’n offer, ’n vuuroffer aan Jehovah. 28 Julle mag nie ’n bul of ’n skaap saam met sy kleintjie op dieselfde dag slag nie.+
29 “As julle ’n dankoffer aan Jehovah offer,+ moet julle dit offer om vir julle goedkeuring te verkry. 30 Dit moet op dieselfde dag geëet word. Julle mag niks daarvan tot die oggend toe laat oorbly nie.+ Ek is Jehovah.
31 “Julle moet my gebooie gehoorsaam en uitvoer.+ Ek is Jehovah. 32 Julle mag my heilige naam nie ontheilig nie,+ en ek moet onder die Israeliete geheilig word.+ Ek is Jehovah, wat julle heilig,+ 33 die een wat julle uit Egipte uitgelei het sodat ek julle God kan wees.+ Ek is Jehovah.”
23 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘Die seisoenfeeste+ van Jehovah wat julle moet aankondig,+ is heilige byeenkomste. Dít is my seisoenfeeste:
3 “‘Ses dae lank mag werk gedoen word, maar die sewende dag is ’n sabbat, ’n spesiale rusdag,+ ’n heilige byeenkoms. Julle mag geen werk doen nie. Dit is ’n sabbat vir Jehovah waar julle ook al woon.+
4 “‘Dít is die seisoenfeeste van Jehovah, heilige byeenkomste, wat julle op hulle vasgestelde tye moet aankondig: 5 In die eerste maand, op die 14de dag van die maand,+ wanneer dit skemer word,* is die Pasga+ vir Jehovah.
6 “‘Op die 15de dag van daardie maand is die Fees van die Ongesuurde Brode vir Jehovah.+ Sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet.+ 7 Op die eerste dag moet julle ’n heilige byeenkoms hou.+ Julle mag geen harde werk doen nie. 8 Maar julle moet sewe dae lank ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Daar moet ’n heilige byeenkoms op die sewende dag wees. Julle mag geen harde werk doen nie.’”
9 Jehovah het verder vir Moses gesê: 10 “Sê vir die Israeliete: ‘Wanneer julle uiteindelik in die land kom wat ek aan julle gee en julle die oes daarvan ingesamel het, moet julle ’n graanbondel van die eerste opbrengs*+ van julle oes na die priester toe bring.+ 11 En hy moet die graanbondel heen en weer voor Jehovah beweeg om vir julle goedkeuring te verkry. Die priester moet dit op die dag ná die Sabbat heen en weer beweeg. 12 Op die dag dat julle die graanbondel heen en weer laat beweeg, moet julle ’n jong skaapram sonder gebrek, in sy eerste jaar, as ’n brandoffer aan Jehovah bring. 13 Die graanoffer wat daarmee saamgaan, moet twee tiendes van ’n efa* fynmeel wees wat met olie gemeng is, as ’n vuuroffer aan Jehovah met ’n aangename* geur. Die drankoffer wat daarmee saamgaan, moet ’n kwart hin* wyn wees. 14 Julle mag geen brood, geroosterde graan of nuwe graan tot op daardie dag eet, totdat julle die offer van julle God gebring het nie. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag waar julle ook al woon.
15 “‘Julle moet sewe sabbatte tel vanaf die dag ná die Sabbat, vanaf die dag dat julle die graanbondel van die beweegoffer bring.+ Dit moet volle weke wees. 16 Julle moet 50 dae tel,+ met ander woorde tot die dag ná die sewende Sabbat, en dan moet julle ’n nuwe graanoffer vir Jehovah aanbied.+ 17 Julle moet twee brode uit julle woonplekke as ’n beweegoffer bring. Dit moet van twee tiendes van ’n efa* fynmeel gemaak word. Dit moet met suurdeeg gemaak word,+ as die eerste opbrengs vir Jehovah.+ 18 En julle moet saam met die brode sewe ramlammers, elk ’n jaar oud en sonder gebrek, en een jong bul en twee skaapramme aanbied.+ Hulle sal ’n brandoffer aan Jehovah wees, saam met die graanoffer en die drankoffers wat daarmee saamgaan. Dit is ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah. 19 En julle moet een boklam as ’n sonde-offer bring+ en twee ramlammers, elk ’n jaar oud, as ’n vrede-offer.*+ 20 Die priester moet die twee ramlammers saam met die brode van die eerste opbrengs as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg. Dit moet die priester s’n word+ as iets heiligs vir Jehovah. 21 Julle moet op daardie dag aankondig+ dat daar vir julle ’n heilige byeenkoms sal wees. Julle mag geen harde werk doen nie. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag in al julle woonplekke.
22 “‘Wanneer julle die oes van julle land insamel, moet julle nie die rand van julle landery heeltemal afoes en die oorblyfsels van julle oes optel nie.+ Julle moet dit los vir die arme*+ en vir die uitlander wat onder julle woon.+ Ek is Jehovah julle God.’”
23 Jehovah het verder vir Moses gesê: 24 “Sê vir die Israeliete: ‘In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle ’n spesiale rusdag wees, ’n gedenkdag wat deur die blaas van trompette aangekondig word,+ ’n heilige byeenkoms. 25 Julle mag geen harde werk doen nie, en julle moet ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied.’”
26 Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 27 “Maar op die tiende van die sewende maand is die Versoendag.+ Julle moet ’n heilige byeenkoms hou, en julle moet julle verneder*+ en ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. 28 Julle mag geen werk op daardie spesifieke dag doen nie, want dit is ’n versoendag om vir julle versoening te doen+ voor Jehovah julle God. 29 Enigiemand wat homself nie op daardie dag verneder nie,* moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word.+ 30 En ek sal elkeen wat op daardie dag enige soort werk doen, onder sy volk uitroei. 31 Julle mag geen werk doen nie. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag waar julle ook al woon. 32 Dit is ’n sabbat, ’n spesiale rusdag vir julle, en julle moet julle verneder+ op die negende van die maand, in die aand. Julle moet julle sabbat van sononder tot sononder hou.”
33 Jehovah het verder vir Moses gesê: 34 “Sê vir die Israeliete: ‘Op die 15de dag van die sewende maand is die Huttefees* vir Jehovah, sewe dae lank.+ 35 Daar moet ’n heilige byeenkoms op die eerste dag wees, en julle moet geen harde werk doen nie. 36 Julle moet sewe dae lank ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Op die agtste dag moet julle ’n heilige byeenkoms hou,+ en julle moet ’n vuuroffer vir Jehovah aanbied. Dit is ’n heilige vergadering. Julle mag geen harde werk doen nie.
37 “‘Dit is die seisoenfeeste+ van Jehovah wat julle as heilige byeenkomste+ moet aankondig om ’n vuuroffer vir Jehovah aan te bied: die brandoffer+ en die graanoffer+ van die offerande en die drankoffers+ soos dit vir elke dag voorgeskryf is. 38 Dit is ekstra offers wat aangebied moet word bo en behalwe die offers op Jehovah se sabbatte,+ asook julle gawes,+ julle gelofte-offers+ en julle vrywillige offers+ wat julle aan Jehovah moet gee. 39 Maar op die 15de dag van die sewende maand, wanneer julle die opbrengs van die land ingesamel het, moet julle die fees van Jehovah sewe dae lank vier.+ Die eerste dag is ’n spesiale rusdag en die agtste dag is ’n spesiale rusdag.+ 40 Op die eerste dag moet julle vir julle die vrugte van pragtige bome neem, die blare van palmbome,+ die takke van bome met baie blare en populiere van die vallei,* en julle moet sewe dae lank+ voor Jehovah julle God vreugdevol wees.+ 41 Julle moet dit sewe dae in die jaar as ’n fees vir Jehovah vier.+ Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag: Julle moet dit in die sewende maand vier. 42 Julle moet sewe dae lank in die hutte woon.+ Al die gebore Israeliete moet in die hutte woon, 43 sodat julle toekomstige geslagte kan weet+ dat ek die Israeliete in die hutte laat woon het toe ek hulle uit Egipte uitgelei het.+ Ek is Jehovah julle God.’”
44 Moses het toe met die Israeliete oor die seisoenfeeste van Jehovah gepraat.
24 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Beveel die Israeliete om vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die ligte te bring, om die lampe voortdurend aan die brand te hou.+ 3 Aäron moet reël dat die lampe wat buite die gordyn* van die Getuienis in die tent van samekoms is, altyd voor Jehovah brand, van die aand tot die oggend toe. Dit is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag. 4 Hy moet sorg dat die lampe op die lampstaander+ van suiwer goud altyd in orde is voor Jehovah.
5 “Jy moet fynmeel neem en 12 ringvormige brode daarmee bak. Twee tiendes van ’n efa* moet vir elke brood gebruik word. 6 Jy moet hulle in twee stapels, ses in ’n stapel,+ op die tafel van suiwer goud voor Jehovah neersit.+ 7 Jy moet suiwer wierook op elke stapel sit, en dit sal ’n simbool van die brode+ wees, ’n vuuroffer aan Jehovah. 8 Hy moet dit gereeld, op elke Sabbatdag, voor Jehovah regsit.+ Dit is ’n permanente verbond met die Israeliete. 9 Dit moet Aäron en sy seuns s’n word,+ en hulle moet dit op ’n heilige plek eet,+ want dit is iets besonder heiligs vir hom uit Jehovah se vuuroffers, as ’n permanente wetsvoorskrif.”
10 Onder die Israeliete was daar ’n seun van ’n Israelitiese vrou en ’n Egiptiese man,+ en hy en ’n Israelitiese man het in die kamp met mekaar begin baklei. 11 Die seun van die Israelitiese vrou het die Naam* begin laster en vervloek.+ Daarom het hulle hom na Moses toe gebring.+ Terloops, sy ma was Seʹlomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan. 12 Hulle het hom in aanhouding geplaas totdat Jehovah se besluit aan hulle bekend gemaak is.+
13 Toe het Jehovah vir Moses gesê: 14 “Bring die persoon wat die vloek uitgespreek het, uit tot buite die kamp, en almal wat hom gehoor het, moet hulle hande op sy kop lê, en dan moet die hele gemeenskap van Israel hom met klippe doodgooi.+ 15 En jy moet vir die Israeliete sê: ‘As enigiemand sy God vervloek, moet hy verantwoordelik gehou word vir sy sonde. 16 Die persoon wat Jehovah se naam gelaster het, moet dus vir seker doodgemaak word.+ Die hele gemeenskap van Israel moet hom beslis met klippe doodgooi. Die uitlander wat onder julle woon sowel as die gebore Israeliet moet doodgemaak word as hy die Naam laster.
17 “‘As iemand ’n mens se lewe neem, moet hy vir seker doodgemaak word.+ 18 Enigiemand wat ’n mak dier doodslaan, moet daarvoor vergoed, lewe vir lewe. 19 As iemand sy medemens beseer, moet daar aan hom gedoen word net soos hy gedoen het.+ 20 Breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand – wat hy gedoen het, moet aan hom gedoen word.+ 21 Iemand wat ’n dier doodslaan, moet daarvoor vergoed,+ maar iemand wat ’n mens doodslaan, moet doodgemaak word.+
22 “‘Dieselfde regterlike bevel moet vir julle geld – vir ’n uitlander wat onder julle woon sowel as vir ’n gebore Israeliet,+ want ek is Jehovah julle God.’”
23 Moses het toe met die Israeliete gepraat, en hulle het die persoon wat die vloek uitgespreek het, uitgebring tot buite die kamp, en hulle het hom met klippe doodgegooi.+ So het die Israeliete gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.
25 Jehovah het verder vir Moses op die berg Siʹnai gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘Wanneer julle uiteindelik in die land kom wat ek aan julle gee,+ dan moet die land ’n sabbat hou vir Jehovah.+ 3 Ses jaar lank moet jy saad op jou landery saai en ses jaar lank moet jy jou wingerd snoei, en jy moet die land se oeste insamel.+ 4 Maar in die sewende jaar moet daar ’n sabbat wees, ’n spesiale jaar van rus vir die land, ’n sabbat vir Jehovah. Jy mag nie saad op jou landery saai of jou wingerd snoei nie. 5 Jy mag niks oes wat vanself opkom uit die graan wat ná die oes oorbly nie, en jy mag nie die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok insamel nie. Daar moet ’n spesiale jaar van rus vir die land wees. 6 Maar julle mag wel die kos eet wat gedurende die sabbat op die land groei – jy, jou slawe en slavinne, jou gehuurde werkers en die uitlanders wat by jou woon, 7 sowel as die mak en die wilde diere wat in jou land is. Alles wat die land voortbring, mag geëet word.
8 “‘Jy moet sewe sabbatsjare aftel, sewe maal sewe jaar, en die dae van die sewe sabbatsjare sal 49 jaar wees. 9 Jy moet dan die horing hard blaas in die sewende maand, op die tiende van die maand. Op die Versoendag+ moet julle die geluid van die horing in die hele land laat hoor. 10 Julle moet die 50ste jaar heilig en vrylating in die land aankondig vir al sy inwoners.+ Dit sal vir julle ’n Jubeljaar word, en elkeen van julle moet na sy eiendom terugkeer en elkeen van julle moet na sy familie terugkeer.+ 11 Daardie 50ste jaar sal vir julle ’n Jubeljaar word. Julle mag nie saad saai of enigiets oes wat vanself opgekom het uit die oorblywende graan nie, en julle mag nie die druiwe insamel van ongesnoeide wingerdstokke nie.+ 12 Want dit is ’n Jubeljaar. Dit moet vir julle iets heiligs wees. Julle mag net eet wat die land vanself voortgebring het.+
13 “‘In die Jubeljaar moet elkeen van julle na sy eiendom terugkeer.+ 14 As jy enigiets aan jou medemens verkoop of enigiets by hom koop, moet julle mekaar nie uitbuit nie.+ 15 Wanneer jy ’n stuk grond by jou medemens koop, moet jy die aantal jare ná die Jubeljaar in ag neem, en hy moet die verkoopprys vasstel deur die aantal oorblywende oesjare in ag te neem.+ 16 As daar baie jare oorbly, mag hy die koopprys vermeerder, en as daar min jare oorbly, moet hy die koopprys verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste wat gelewer kan word. 17 Niemand onder julle mag sy medemens uitbuit nie,+ en jy moet jou God vrees,+ want ek is Jehovah julle God.+ 18 As julle my wetsbepalings nakom en my regterlike bevele onderhou, sal julle in veiligheid in die land woon.+ 19 Die land sal sy vrug gee,+ en julle sal genoeg hê om te eet, en julle sal in veiligheid daar woon.+
20 “‘Maar dalk sê julle: “Wat gaan ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saad saai of ons oeste mag insamel nie?”+ 21 Wees gerus, want ek sal in die sesde jaar my seën oor julle uitstort, en die land sal ’n oes oplewer wat genoeg sal wees vir drie jaar.+ 22 Dan moet julle in die agtste jaar saad saai en tot die negende jaar toe van die vorige oes eet. Totdat die nuwe oes inkom, moet julle van die vorige oes eet.
23 “‘Die grond moenie permanent verkoop word nie+ omdat die land myne is.+ Want julle is uitlanders en tydelike inwoners vanuit my standpunt.+ 24 In die hele land wat julle besit, moet die oorspronklike eienaar die reg hê om sy grond terug te koop.
25 “‘As jou broer arm word en ’n deel van sy eiendom moet verkoop, moet ’n terugkoper wat ’n nabye familielid is, kom en terugkoop wat sy broer verkoop het.+ 26 As iemand geen terugkoper het nie, maar hy ryk word en genoeg vind om dit terug te koop, 27 dan moet hy die waarde daarvan uitwerk op grond van die aantal jare vandat hy dit verkoop het en die verskil terugbetaal aan die man aan wie hy dit verkoop het. Dan mag hy na sy eiendom terugkeer.+
28 “‘Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet wat hy verkoop het, die koper s’n bly tot die Jubeljaar+ toe. Dit moet weer syne word in die Jubeljaar, en hy mag na sy eiendom terugkeer.+
29 “‘En as ’n man ’n huis in ’n ommuurde stad verkoop, sal sy terugkoopreg geldig wees vir ’n jaar vanaf die tyd dat hy dit verkoop het. Sy terugkoopreg+ sal ’n volle jaar geldig wees. 30 Maar as dit nie teen die einde van een volle jaar teruggekoop word nie, moet die huis in die ommuurde stad die permanente eiendom van die koper word, vir hom en sy nageslag. Dit moenie in die Jubeljaar teruggegee word nie. 31 Maar ’n huis in ’n dorp wat nie ’n muur om het nie, moet beskou word as deel van die oop veld. Die terugkoopreg moet geldig bly, en dit moet in die Jubeljaar teruggegee word.
32 “‘Wat die huise in die stede van die Leviete+ betref – die Leviete sal die permanente reg hê om dit terug te koop. 33 As die eiendom van die Leviete nie teruggekoop word nie, moet die huis wat in hulle stad verkoop is, ook in die Jubeljaar teruggegee word,+ want die huise in die stede van die Leviete is hulle eiendom onder die Israeliete.+ 34 En die weiveld+ om hulle stede mag nie verkoop word nie, want dit is hulle permanente besitting.
35 “‘As jou broer wat naby jou woon, arm word en homself nie kan onderhou nie, moet jy hom help,+ net soos jy ’n uitlander en ’n tydelike inwoner sou help,+ sodat hy by jou aan die lewe kan bly. 36 Moenie rente van hom eis of wins uit hom maak nie.+ Jy moet jou God vrees,+ en jou broer sal by jou aan die lewe bly. 37 Jy mag nie vir hom rente vra wanneer jy vir hom geld leen nie,+ en jy mag nie jou kos teen ’n wins aan hom verkoop nie. 38 Ek is Jehovah julle God, wat julle uit Egipte uitgelei het+ om julle die land Kanaän te gee, om te bewys dat ek julle God is.+
39 “‘As jou broer wat naby jou woon, arm word en hy hom aan jou moet verkoop,+ mag jy hom nie dwing om as ’n slaaf te werk nie.+ 40 Hy moet soos ’n gehuurde werker behandel word,+ soos ’n tydelike inwoner. Hy moet jou dien tot die Jubeljaar toe. 41 Dan sal hy jou verlaat, hy en sy kinders* saam met hom, en na sy familie terugkeer. Hy moet na die eiendom van sy voorvaders terugkeer.+ 42 Want hulle is my slawe wat ek uit Egipte+ uitgelei het. Hulle mag hulleself nie verkoop soos ’n slaaf verkoop word nie. 43 Jy mag hom nie wreed behandel nie,+ en jy moet jou God vrees.+ 44 Jou slawe en slavinne moet kom uit die nasies om julle. Julle mag by hulle ’n slaaf of ’n slavin koop. 45 Julle mag ook slawe koop uit die kinders van die uitlandse inwoners wat onder julle woon+ – uit hulle en uit hulle families wat vir hulle in julle land gebore is – en hulle sal julle besitting word. 46 Julle mag hulle as ’n erfdeel, as ’n permanente besitting, aan julle kinders gee. Julle mag hulle as werkers gebruik, maar julle mag nie julle Israelitiese broers wreed behandel nie.+
47 “‘Maar as ’n uitlander wat onder julle woon of ’n tydelike inwoner ryk word en jou broer langs hom arm geword het en hy hom aan die uitlander of die tydelike inwoner moet verkoop, of aan ’n familielid van die uitlander, 48 sal hy die terugkoopreg behou nadat hy homself verkoop het. Een van sy broers kan hom terugkoop,+ 49 of sy oom of sy neef of enige nabye familielid* kan hom terugkoop.
“‘Of as hy ryk geword het, mag hy homself terugkoop.+ 50 Hy moet saam met sy koper die lengte van die tydperk uitwerk vandat hy homself verkoop het tot die Jubeljaar,+ en sy terugkoopprys moet met die aantal jare ooreenstem.+ Die waarde van sy werksdae vir hierdie tydperk moet teen die tarief van ’n gehuurde werker uitgewerk word.+ 51 As daar nog baie jare oorbly, moet hy sy terugkoopprys vasstel op grond van die aantal jare wat oor is. 52 Maar as daar net ’n paar jaar voor die Jubeljaar oorbly, moet hy vir homself ’n berekening doen en sy terugkoopprys betaal na gelang van die aantal jare wat oor is. 53 Hy moet aanhou om hom van jaar tot jaar as ’n gehuurde werker te dien, en jy moet sorg dat die koper hom nie wreed behandel nie.+ 54 Maar as hy homself nie op hierdie voorwaardes kan terugkoop nie, moet hy in die Jubeljaar vrygelaat word,+ hy en sy kinders* saam met hom.
55 “‘Want die Israeliete is my slawe. Hulle is my slawe wat ek uit Egipte uitgelei het.+ Ek is Jehovah julle God.
26 “‘Julle mag nie vir julle waardelose gode maak nie,+ en julle mag nie vir julle ’n beeld+ of ’n heilige pilaar oprig nie, en julle mag nie ’n klipfiguur+ in julle land sit om daarvoor neer te buig nie,+ want ek is Jehovah julle God. 2 Julle moet my sabbatte hou en diep respek vir my heiligdom hê.* Ek is Jehovah.
3 “‘As julle aanhou om my wetsbepalings te volg en my gebooie te gehoorsaam en julle dit uitvoer,+ 4 sal ek vir julle reën op die regte tyd gee,+ en die land sal sy opbrengs lewer,+ en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. 5 Julle sal graan dors totdat julle druiwe-oes begin, en julle sal druiwe oes totdat die saaityd begin. En julle sal genoeg brood hê om te eet, en julle sal in veiligheid in julle land woon.+ 6 Ek sal vir julle vrede gee in die land,+ en julle sal gaan lê sonder dat enigiemand julle bang maak,+ en ek sal die gevaarlike wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard van oorlog sal deur julle land trek nie. 7 Julle sal beslis julle vyande agternasit, en hulle sal deur die swaard voor julle val. 8 Vyf van julle sal 100 agternasit, en 100 van julle sal 10 000 agternasit, en julle vyande sal deur die swaard voor julle val.+
9 “‘Ek sal goedheid aan julle betoon en julle vrugbaar maak en julle laat vermeerder,+ en ek sal my verbond+ met julle hou. 10 Terwyl julle nog van die vorige jaar se oes eet, sal julle van die oorblyfsels ontslae moet raak om vir die nuwe oes plek te maak. 11 En ek sal my tabernakel tussen julle plaas,+ en ek sal julle nie verwerp nie. 12 Ek sal by julle wees,* en ek sal julle God wees,+ en julle sal my volk wees.+ 13 Ek is Jehovah julle God, wat julle uit Egipte uitgelei het, sodat julle nie meer hulle slawe sou wees nie, en ek het julle juk gebreek en julle regop laat loop.
14 “‘Maar as julle nie na my luister en al hierdie gebooie uitvoer nie,+ 15 en as julle my wetsbepalings verwerp,+ en as julle my regterlike bevele verafsku en gevolglik nie al my gebooie uitvoer nie en julle my verbond verbreek,+ 16 dan sal ek die volgende aan julle doen: Ek sal julle straf deur rampspoed oor julle te bring, deur tering en brandende koors oor julle te bring, deur julle oë te laat ingee en julle te laat wegteer. Julle sal julle saad verniet saai, want julle vyande sal dit opeet.+ 17 Ek sal julle verwerp, en julle sal deur julle vyande verslaan word.+ Julle sal vertrap word deur dié wat julle haat,+ en julle sal vlug sonder dat enigiemand julle agternasit.+
18 “‘As julle ten spyte hiervan nie na my luister nie, sal ek julle sewe keer meer vir julle sondes moet straf. 19 Ek sal julle hardkoppige trots verbreek en julle hemel soos yster+ en julle aarde soos koper maak. 20 Julle sal julle verniet uitput, want julle land sal nie sy opbrengs lewer nie,+ en die bome van die land sal nie vrugte dra nie.
21 “‘Maar as julle my bly teëstaan en weier om na my te luister, sal ek julle sewe keer meer moet slaan, volgens julle sondes. 22 Ek sal die wilde diere van die veld onder julle instuur,+ en hulle sal julle kinders+ en julle diere doodmaak en julle getalle verminder, en julle paaie sal verlate wees.+
23 “‘As julle ten spyte hiervan nie my dissipline aanvaar nie+ en daarop aandring om my teë te staan, 24 sal ek julle ook teëstaan, en ek sal julle sewe keer vir julle sondes slaan. 25 Ek sal ’n swaard van wraak oor julle bring omdat julle die verbond+ verbreek het. As julle na julle stede vlug, sal ek siekte onder julle instuur,+ en julle sal in die hand van ’n vyand gegee word.+ 26 Wanneer ek julle voedselvoorraad afsny,*+ sal tien vrouens julle brood in net een oond kan bak, en hulle sal julle brood dan volgens gewig uitdeel.+ Julle sal eet, maar julle sal nie versadig word nie.+
27 “‘As julle ten spyte hiervan nie na my luister nie en daarop aandring om ’n weg te volg wat in teenstand is teen my, 28 sal ek julle selfs meer teëstaan,+ en ek sal julle sewe keer vir julle sondes moet straf. 29 En julle sal die vlees van julle seuns moet eet, en julle sal die vlees van julle dogters eet.+ 30 Ek sal julle heilige offerhoogtes verwoes+ en julle reukwerkstaanders vernietig en julle lyke op die lyke van julle walglike afgode* ophoop,+ en ek sal julle verwerp omdat julle vir my walglik is.+ 31 Ek sal julle stede aan die swaard oorgee+ en julle heiligdomme verlate plekke maak, en ek sal nie die aangename* geure van julle offerandes ruik nie. 32 Ek sal die land ’n verlate plek maak,+ en julle vyande wat daarin sal woon, sal verbaas daarna staar.+ 33 En ek sal julle onder die nasies verstrooi,+ en ek sal ’n swaard uittrek en julle agternasit.+ Julle land sal ’n verlate plek gemaak word,+ en julle stede sal verwoes word.
34 “‘Gedurende daardie tyd sal die land sy sabbatte afbetaal, al die dae dat dit verlate is, terwyl julle in die land van julle vyande is. Dan sal die land rus,* aangesien dit sy sabbatte moet terugbetaal.+ 35 Al die dae dat dit verlate is, sal dit rus, want dit het nie gerus gedurende julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.
36 “‘Wat die oorlewendes+ betref, ek sal hulle so bang laat voel in die lande van hulle vyande dat die geluid van ’n blaar in die wind hulle sal laat vlug, en hulle sal vlug soos iemand wat van die swaard weghardloop, en hulle sal val sonder dat enigiemand hulle agternasit.+ 37 Hulle sal oor mekaar struikel soos dié wat van ’n swaard weghardloop, al sit niemand hulle agterna nie. Julle sal nie weerstand kan bied teen julle vyande nie.+ 38 Julle sal onder die nasies vergaan,+ en die land van julle vyande sal julle verslind. 39 Dié van julle wat oorbly, sal as gevolg van julle oortreding in die lande van julle vyande+ gelos word om daar te verrot. Ja, hulle sal verrot as gevolg van die oortredings van hulle vaders.+ 40 Dan sal hulle hulle eie oortreding bely+ sowel as die oortreding en ontrouheid van hulle vaders en erken dat hulle ontrou gehandel het toe hulle ’n weg gevolg het wat in teenstand is teen my.+ 41 Toe het ek hulle ook teëgestaan+ deur hulle in die land van hulle vyande te bring.+
“‘Dalk sal hulle ophou om hardkoppig te wees en nederig word,*+ en dan sal hulle hulle oortreding afbetaal. 42 En ek sal dink aan my verbond met Jakob+ en aan my verbond met Isak,+ en ek sal dink aan my verbond met Abraham,+ en ek sal dink aan die land. 43 Gedurende die tyd dat hulle nie in die land was nie, het dit sy sabbatte afbetaal+ en sonder hulle verlate gelê, en hulle het vir hulle oortreding betaal omdat hulle my regterlike bevele verwerp het en omdat hulle my wetsbepalings verafsku het.+ 44 Maar terwyl hulle in die land van hulle vyande is, sal ek hulle ten spyte van dit alles nie heeltemal verwerp+ of hulle in so ’n mate verstoot dat ek hulle vernietig nie, aangesien dit my verbond met hulle sal verbreek,+ want ek is Jehovah hulle God. 45 Ter wille van hulle sal ek dink aan die verbond wat ek gemaak het met hulle voorouers,+ wat ek voor die oë van die nasies+ uit Egipte uitgelei het om te bewys dat ek hulle God is. Ek is Jehovah.’”
46 Dit is die wetsvoorskrifte, die regterlike bevele en die wette wat Jehovah op die berg Siʹnai deur middel van Moses+ aan die Israeliete gegee het.
27 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘As ’n man ’n spesiale gelofte maak+ om die vasgestelde waarde van ’n persoon vir Jehovah aan te bied, 3 sal die vasgestelde waarde van ’n man tussen 20 en 60 jaar oud 50 sikkels* silwer wees volgens die standaardsikkel van die heiligdom.* 4 Maar as dit ’n vrou is, sal die vasgestelde waarde 30 sikkels wees. 5 As die persoon tussen 5 en 20 jaar oud is, sal die vasgestelde waarde 20 sikkels wees vir ’n seun, en 10 sikkels vir ’n meisie. 6 As die persoon tussen een maand en vyf jaar oud is, sal die vasgestelde waarde vyf sikkels silwer wees vir ’n seun, en drie sikkels silwer vir ’n meisie.
7 “‘As die persoon 60 jaar of ouer is, sal die vasgestelde waarde 15 sikkels wees vir ’n man, en 10 sikkels vir ’n vrou. 8 Maar as hy te arm is om die vasgestelde waarde te betaal,+ moet die persoon voor die priester staan, en die priester sal ’n bedrag vir die persoon vasstel. Die priester sal die bedrag vasstel volgens wat die persoon wat die gelofte gemaak het, kan bekostig.+
9 “‘As ’n gelofte gemaak word om ’n geskikte dier vir Jehovah te offer, sal wat ook al vir Jehovah gegee word, iets heiligs word. 10 Hy mag dit nie vervang of dit omruil, goed vir sleg of sleg vir goed nie. Maar as hy dit omruil, een dier vir ’n ander, sal die oorspronklike dier sowel as die een wat in ruil daarvoor gegee is, iets heiligs word. 11 As dit ’n onrein dier+ is wat nie as ’n offer vir Jehovah aangebied mag word nie, moet hy die dier voor die priester bring. 12 Die priester sal dan ’n waarde vasstel volgens die gehalte daarvan. Die waarde wat die priester vasstel, sal finaal wees. 13 Maar as hy dit ooit wil terugkoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg.+
14 “‘En as ’n man sy huis as iets heiligs vir Jehovah gee, sal die priester die waarde daarvan vasstel volgens die gehalte daarvan. Die waarde wat die priester vasstel, sal die prys daarvan wees.+ 15 Maar as die persoon sy huis as iets heiligs gee en dit weer wil terugkoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg, en dit sal syne word.
16 “‘As ’n man ’n deel van sy grond as iets heiligs vir Jehovah gee, sal die waarde bepaal word na gelang van die hoeveelheid saad wat daarop gesaai kan word: vir ’n homer* garssaad sal dit 50 sikkels silwer wees. 17 As hy sy stuk grond in die Jubeljaar+ as iets heiligs gee, sal die vasgestelde waarde daarvan onveranderd bly. 18 As hy sy stuk grond ná die Jubeljaar as iets heiligs gee, sal die priester vir hom die prys uitwerk na gelang van die aantal jare tot die volgende Jubeljaar, en dit moet van die vasgestelde waarde afgetrek word.+ 19 Maar as die persoon wat die stuk grond as iets heiligs gegee het, dit ooit terugkoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg, en dit sal syne bly. 20 En as hy nie die stuk grond terugkoop nie en dit aan ’n ander man verkoop word, mag dit nie meer teruggekoop word nie. 21 In die Jubeljaar sal die stuk grond iets heiligs vir Jehovah word, soos ’n stuk grond wat aan hom gewy is. Dit sal die priesters se eiendom word.+
22 “‘As ’n man ’n stuk grond wat hy gekoop het en wat nie deel is van sy erfbesitting nie,+ as iets heiligs vir Jehovah gee, 23 sal die priester vir hom die waarde uitwerk op grond van die aantal jare tot die Jubeljaar, en hy moet die vasgestelde waarde op daardie dag gee.+ Dit is iets heiligs vir Jehovah. 24 In die Jubeljaar moet die stuk grond teruggegee word aan die persoon by wie hy dit gekoop het, aan die persoon aan wie die stuk grond behoort.+
25 “‘Elke waardebepaling moet volgens die standaardsikkel van die heiligdom gedoen word. Die sikkel moet 20 gera* wees.
26 “‘Maar niemand moet die eersgeborene van die diere as iets heiligs gee nie, aangesien dit van geboorte af Jehovah s’n is.+ Of dit nou ’n bul of ’n skaap is, dit behoort reeds aan Jehovah.+ 27 As dit onder die onrein diere is en hy dit volgens die vasgestelde waarde loskoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg.+ As dit egter nie teruggekoop word nie, moet dit volgens die vasgestelde waarde verkoop word.
28 “‘Maar niks wat ’n man uit sy besittings onvoorwaardelik aan Jehovah wy,* mag verkoop of teruggekoop word nie, of dit nou ’n mens is of ’n dier of ’n stuk grond wat hy besit. Enigiets wat gewy is, is iets besonder heiligs vir Jehovah.+ 29 Wat meer is, niemand* wat tot die dood veroordeel is, mag losgekoop word nie.+ Hy moet vir seker doodgemaak word.+
30 “‘Elke tiende+ van die land behoort aan Jehovah, of dit nou van die opbrengs van die land of van die vrugte van die bome is. Dit is iets heiligs vir Jehovah. 31 As ’n man ooit enige deel van sy tiende wil terugkoop, moet hy die vasgestelde waarde gee en ’n vyfde daarvan byvoeg. 32 Wat al die tiendes van die beeste en kleinvee betref, alles wat onder die herder se staf deurgaan, die tiende dier* moet iets heiligs vir Jehovah word. 33 Hy mag nie ondersoek of dit goed of sleg is nie, en hy mag dit ook nie omruil nie. Maar as hy dit ooit probeer omruil, moet die oorspronklike dier sowel as die een wat in ruil daarvoor gegee is, iets heiligs word.+ Dit mag nie teruggekoop word nie.’”
34 Dit is die gebooie wat Jehovah op die berg Siʹnai aan Moses+ gegee het vir die Israeliete.
Verwys moontlik na brandende kole.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “vetterige as”, d.w.s. as wat met die vet van die offerandes deurdrenk is.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “groen are”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “aanhangsel”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “aanhangsel”.
Lett. “brood”, d.w.s. as God se deel van die vrede-offer.
Of “aanhangsel”.
Lett. “brood”, d.w.s. as God se deel van die vrede-offer.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “voorhangsel”.
Of “aanhangsel”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “vetterige as”, d.w.s. as wat met die vet van die offerandes deurdrenk is.
Of “voorhangsel”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Lett. “’n stem van ’n vloek (eed) gehoor het”. Waarskynlik ’n aankondiging in verband met ’n oortreding wat ingesluit het dat ’n vloek uitgespreek word oor die oortreder of oor die getuie wat nie getuig nie.
Daar word blykbaar geïmpliseer dat hy nie sy gelofte nakom nie.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “volgens die heilige sikkel”.
Of “onderklere”.
Lett. “vlees”.
Of “vetterige as”, d.w.s. as wat met die vet van die offerandes deurdrenk is.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “aan die offers”.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “aanhangsel”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “een van elke offer”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “die heilige hoofband”.
Of “om hulle kop gedraai”.
Of “aanhangsel”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “aanhangsel”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Lett. “om julle hand te vul”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “aanhangsel”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “aanhangsel”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Verwys moontlik na brandende kole.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “die landdiere”.
Of “diertjie”.
Of “diertjies”.
Lett. “met gelitte bene wat bo hulle pote is en waarmee hulle op die grond kan spring”.
Of “diertjies”.
Of “diertjie”.
Of “diertjie”.
Of “saad ontvang”.
Die Hebreeuse woord wat met “melaatsheid” vertaal word, het ’n breë betekenis. Sien Woordelys.
Of “die infeksie”.
Of “’n tweede keer”.
Of “nie-aansteeklik”.
Drie tiendes van ’n efa was gelyk aan 6,6 l. Sien Aanh. B14.
’n Log was gelyk aan 0,31 l. Sien Aanh. B14.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
Lett. “sonde”.
Lett. “sonde”.
Lett. “sy vlees”.
Lett. “vlees”.
Of “voorhangsel”.
Of “onderklere”.
Lett. “vlees”.
Beteken moontlik “bok wat verdwyn”.
Of “voorhangsel”.
Of “voorhangsel”.
Of “’n man wat gereed staan”.
Lett. “sy vlees in water was”.
Kan verwys na verskeie vorme van selfonthouding, insluitende die gebruik om te vas.
Lett. “wie se hand gevul sal word”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Lett. “die bokke”.
Of “waarmee hulle prostitusie pleeg”.
Of “siel”.
Of “siel”.
Of “siel”.
Of “siel”.
Of “siel”.
Lett. “en nie sy vlees was nie”.
Lett. “die naaktheid ontbloot van”. (Ook waar die uitdrukking verder voorkom.)
Lett. “Dit is jou pa se naaktheid”.
Lett. “die naaktheid van jou pa se broer ontbloot”.
Lett. “dit is jou broer se naaktheid”.
Of “skandelike gedrag; wellustigheid”.
Lett. “’n mededingster”.
Of “jou naaste; jou metgesel”.
Of “gewy”.
Lett. “vrees”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “siel”.
Of “geteisterde”.
Lett. “bloed”.
Of moontlik “Jy mag nie net staan en kyk as jou medemens se lewe in gevaar is nie”.
Of “teregwys”.
Lett. “as die voorhuid daarvan”.
Lett. “onbesnede”.
Of “voortekens”.
Of “sylokke”.
Of “knip; afsny”.
Of “vir ’n siel”. Die Hebreeuse woord neʹfesj verwys hier na ’n dooie persoon.
Of “ontsag”. Lett. “vrees”.
Of “by spiritistiese mediums”.
Lett. “’n akkurate efa”. Sien Aanh. B14.
Lett. “’n akkurate hin”. Sien Aanh. B14.
Of “wat saam met hom prostitusie pleeg deur Molog te aanbid”.
Of “geestelike prostitusie pleeg”.
Of “by spiritistiese mediums”.
Lett. “is sy bloed op hom”.
Lett. “sy pa se naaktheid ontbloot”.
Lett. “Hulle bloed is op hulle”.
Lett. “Hulle bloed is op hulle”.
Lett. “Hulle bloed is op hulle”.
Of “skandelike gedrag; wellustigheid”.
Lett. “Hulle bloed is op hulle”.
Lett. “sy suster se naaktheid ontbloot”.
Lett. “sy oom se naaktheid ontbloot”.
Lett. “sy broer se naaktheid ontbloot”.
Of “’n spiritistiese medium is”.
Of “’n voorspellende gees het”.
Lett. “Hulle bloed is op hulle”.
Of “vir ’n siel”.
Of “voedsel”, wat na offerandes verwys.
Lett. “wie se hand gevul is”.
Of “enige dooie siel”. Die Hebreeuse woord neʹfesj word hier verbind met ’n Hebreeuse woord wat “dood” beteken.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Lett. “of ’n gesplete neus het”.
Of moontlik “uitgeteer”.
Lett. “saad”.
Of “voorhangsel”.
Lett. “dat hulle hulle afgesonder moet hou van die heilige dinge van die kinders van Israel”.
Of “’n siel”.
Lett. “Geen vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie deel is van Aäron se familie nie.
Of “met ’n vreemdeling trou”.
Lett. “geen vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie deel is van Aäron se familie nie.
Of “gemeenskapsoffer”.
Lett. “tussen die twee aande”.
Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.
Twee tiendes van ’n efa was gelyk aan 4,4 l. Sien Aanh. B14.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
’n Hin was gelyk aan 3,67 l. Sien Aanh. B14.
Twee tiendes van ’n efa was gelyk aan 4,4 l. Sien Aanh. B14.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “geteisterde”.
Kan verwys na verskeie vorme van selfonthouding, insluitende die gebruik om te vas.
Of moontlik “wat op daardie dag nie vas nie”.
Of “Fees van Tydelike Skuilings”.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Of “voorhangsel”.
Twee tiendes van ’n efa was gelyk aan 4,4 l. Sien Aanh. B14.
D.w.s. die naam Jehovah, soos aangedui in vs. 15 en 16.
Lett. “seuns”.
Of “enige bloedverwant”.
Lett. “seuns”.
Of “ontsag vir my heiligdom hê”. Lett. “my heiligdom vrees”.
Of “onder julle wandel”.
Lett. “julle broodstok breek”. Moontlik ’n stok waaraan ringvormige brode gehang is vir bewaring.
Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “sabbat hou”.
Of “hulle onbesnede hart nederig word”.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “volgens die heilige sikkel”.
’n Homer was gelyk aan 220 l. Sien Aanh. B14.
’n Gera was gelyk aan 0,57 g. Sien Aanh. B14.
Of “uit sy besittings aan Jehovah wy om vernietig te word”.
Of “geen gewyde persoon”.
Of “kop”.