Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 8/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Narkolepsie—die slaapsiekte
    Ontwaak!—1991
  • Alopesie—Hoe ek haarverlies stilswyend verduur
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 8/8 bl. 30

Van ons lesers

Haarverlies Ek het lank gewag vir die artikel “Alopesie—Hoe ek haarverlies stilswyend verduur” (22 April 1991). Ek ly al etlike jare aan alopecia universalis en ek het al baie dokters geraadpleeg sonder enige sigbare resultate. Ek het probeer om meer omtrent alopesie te wete te kom, maar met min welslae. Die artikel het my gehelp om my situasie kalm te aanvaar en te wag vir die tyd wanneer niemand sal sê “ek is siek” nie.—Jesaja 33:24.

R. C., Italië

Nagklubs Die artikel “Jongmense vra . . . Wat van nagklubs?” (8 Februarie 1991) het my regtig diep getref. My lewe het agteruit begin gaan nadat ek op 15 ’n nagklub begin besoek het. Dit was aanvanklik onskuldige pret. Ek het met skoolmaats gedans. Nie-alkoholiese drankies is by ’n sodakroeg bedien. My Christenouers het nie geweet dat ek gegaan het nie—ek het stilletjies by my venster uitgeklim om allerhande klubs te besoek. Wel, die “onskuldige” dansery het tot drank gelei, toe tot dwelms en toe tot homoseksualiteit. Ek het my eindelik van die nagklubwêreld losgeskeur, maar ek dra nou die gevolge omdat ek ’n dubbele lewe gelei het. Ek wou net my ondervinding vertel in die hoop dat mense daar buite miskien nou twee keer sal dink voordat hulle nagklubs besoek.

L. E., Verenigde State

Rap of Rock? Ek is bly dat julle in julle artikel “Obseniteit in musiek” (8 Maart 1991) aandag geskenk het aan die obseniteitprobleem in gewilde musiek. Maar julle het ’n fout begaan toe julle die groep “2 Live Crew” ’n rockgroep genoem het. Hulle is eintlik ’n rap-groep, wat die lirieke resiteer pleks van sing.

D. L., Verenigde State

Dankie vir die opklaring. Party sal “rap” natuurlik bloot as nog ’n vorm van rockmusiek beskou. Desnieteenstaande moet Christene selektief in hulle keuse van musiek wees, ongeag wat dit genoem word.—RED.

Hospitaalverblyf Dankie vir die saaklike, grondige inligting in die reeks “Hospitale—Wat staan jou te doen?” (8 Maart 1991). Ek wil graag byvoeg dat ’n mens in ’n situasie wat nie ’n noodgeval is nie soveel as moontlik omtrent jou siekte en die behandeling daarvan moet uitvind nadat ’n korrekte diagnose gemaak is. Slegs wanneer ’n mens goed ingelig is, kan jy weldeurdagte besluite neem. Die plaaslike biblioteek of die hospitaalbiblioteek bevat dikwels heelwat nuttige inligting.

E. D., Verenigde State

Narkolepsie Ek skryf om my waardering vir die artikel “Narkolepsie—die slaapsiekte” (8 April 1991) uit te spreek. Julle het geen idee wat dit vir my beteken het om te sien dat hierdie siekte in ’n internasionale tydskrif erken word nie! Narkolepsie het my getref toe ek 15 was en op 77 het ek dit nog steeds!

M. S., Engeland

Ek was beïndruk met die juistheid van die skrywer se uiteensetting en die simpatie waarmee hy die onderwerp behandel het. Ek wens ons kon op alle tydskrifte staatmaak om só ’n benadering te volg. Julle het lyers ’n guns bewys, veral dié wat ’n gebrek aan simpatie vir hulle siekte teëkom.

P. J. H. S., Die Eresekretaris, Narkolepsievereniging [VK]

Kleurblindheid Ek het lank gewag vir ’n artikel soos die een met die titel “Kleurblindheid—’n eienaardige gebrek” (22 Februarie 1991). As iemand wat kleurblind is, het ek nog altyd ’n gelag en nuuskierigheid veroorsaak wanneer ek sê dat my bloed groen is of dat ’n reënboog net twee kleure het. Maar danksy julle artikel sal mense my beter verstaan. Ek vertrou op Jehovah dat ek eendag ’n reënboog in volkleur sal kan sien.

I. F. O., Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel