Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 12/1 bl. 8
  • Jehovah voorsien sy volk van ’n rusplek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah voorsien sy volk van ’n rusplek
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Majas—Destyds en vandag
    Ontwaak!—2001
  • Ware vryheid vir die Majas
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Die merkwaardige Maja-kalender
    Ontwaak!—2005
  • Die Maja-ruïnes—verlate oorblyfsels uit ’n vervloë era
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 12/1 bl. 8

Koninkryksverkondigers berig

Jehovah voorsien sy volk van ’n rusplek

’N RUSPLEK in die skaduwee op ’n bergpaadjie is ’n baie welkome gesig vir ’n moeë reisiger. In Nepal word sulke rusplekke ’n chautara genoem. ’n Tipiese chautara kan langs ’n blaarryke baniaanboom gevind word, wat ’n plekkie in die koelte is om te sit en rus. Om ’n chautara op te rig, is ’n daad van goedhartigheid, en die meeste weldoeners bly anoniem.

Ondervindinge uit Nepal toon hoe Jehovah God vreugde en geestelike verkwikking verskaf het aan talle moeë “reisigers” in hierdie stelsel van dinge.—Psalm 23:2.

• Lil Kumari woon in die pragtige stad Pokhara, met ’n asemrowende uitsig op die sneeubedekte Himalajagebergte. Maar omdat Lil Kumari oor die gesin se finansies bekommerd was, het sy gevoel dat daar nie veel in die lewe was om na uit te sien nie. Toe een van Jehovah se Getuies haar besoek het, het die Bybel se duidelike hoop haar hart geraak en het sy onmiddellik ’n tuisbybelstudie gevra.

Hoewel Lil Kumari die studie geniet het, het sterk gesinsteenstand dit vir haar moeilik gemaak om daarmee vol te hou. Maar sy het nie moed opgegee nie. Sy het gereeld Christelike vergaderinge bygewoon en toegepas wat sy geleer het, veral oor die kwessie van die vrou se onderdanigheid. Gevolglik het haar man en haar moeder besef dat Lil Kumari se Bybelstudie die hele gesin gebaat het.

Haar man en ’n hele paar familielede studeer nou God se Woord. By ’n onlangse byeenkoms wat in Pokhara gehou is, het Lil Kumari die program saam met 15 van haar familielede geniet. Sy sê: “My huis het ’n rustige plek geword omdat ons gesin nou verenig is in ware aanbidding, en ek het ware gemoedsrus gevind.”

• Hoewel kastediskriminasie in Nepal onwettig is, het dit nog steeds ’n kragtige invloed op die mense se lewenswyse. Baie stel dus belang in wat die Bybel oor gelykheid en onpartydigheid sê. Toe Surya Maya leer dat “God nie partydig is nie”, het dit haar lewe en dié van haar familie grootliks verander.—Handelinge 10:34.

Surya Maya was ontsteld oor die onregverdigheid van kastediskriminasie en die las van diepgewortelde tradisies en gebruike. As ’n godsdienstige vrou het Surya Maya jare lank haar afgode om hulp gevra. Maar haar gebede is nie verhoor nie. Eendag, toe sy om hulp uitgeroep het, het haar sesjarige kleindogter, Babita, haar genader en gevra: “Waarom vra Ouma afgode wat niks kan doen nie om Ouma te help?”

Babita se moeder het die Bybel saam met een van Jehovah se Getuies gestudeer. Babita het haar ouma geesdriftig na ’n Christelike vergadering genooi. Toe Surya Maya dit bygewoon het, was sy verbaas om te sien hoe mense van verskillende kaste mekaar se geselskap geniet sonder enige vooroordeel. Sy het onmiddellik ’n tuisbybelstudie gevra. Hoewel dit tot gevolg gehad het dat haar bure haar verstoot het, is sy nie ontmoedig nie, en haar beperkte lees- en skryfvermoë het ook nie gekeer dat sy geestelik vooruitgang maak nie.

Agt jaar het verloop, en ses lede van haar familie, insluitende haar man en drie kinders, het Jehovah se Getuies geword. Surya Maya is nou ’n voltydse bedienaar, ’n gewone pionier, wat ander vreugdevol help om van hulle swaar laste ontslae te raak by die werklike rusplek wat net Jehovah kan voorsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel