Spreuke 10:8 Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif 8 Wie wys van hart is, sal gebooie aanneem,+ maar wie dwaas van lippe is, sal vertrap word.+ Spreuke 10:14 Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif 14 Die wyses bewaar kennis as ’n skat,+ maar die mond van die dwaas is naby ondergang.+ Spreuke 13:3 Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif 3 Wie sy mond bewaak, behou sy siel.+ Wie sy lippe wyd oopmaak—vir hom sal daar ondergang wees.+ Prediker 10:12 Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif 12 Die woorde uit die mond van die wyse beteken guns,+ maar die lippe van die sot verswelg hom.+