Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Samuel 16:7
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 7 Maar Jehovah het vir Samuel gesê: “Moenie na sy voorkoms en na sy hoë gestalte kyk nie,+ want ek het hom verwerp. Want God sien nie soos die mens sien nie,+ want die mens sien wat vir die oë sigbaar is;+ maar Jehovah sien wat die hart+ is.”

  • 1 Kronieke 28:9
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 9 “En jy, my seun Salomo, ken+ die God van jou vader en dien+ hom met ’n volkome hart+ en met ’n gewillige siel;+ want Jehovah deursoek alle harte,+ en hy onderskei elke neiging van die gedagtes.+ As jy hom soek, sal hy hom deur jou laat vind;+ maar as jy hom verlaat,+ sal hy jou vir ewig verstoot.+

  • Psalm 7:9
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    •  9 Laat die slegtheid van die goddeloses tog asseblief tot ’n einde kom,+

      En mag u die regverdige bevestig;+

      En God, wat regverdig is,+ toets die hart+ en niere.+

  • Spreuke 11:20
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 20 Dié wat verdorwe van hart is, is vir Jehovah verfoeilik,+ maar in dié wat onberispelik in hulle weg is, het hy behae.+

  • Jeremia 17:10
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 10 Ek, Jehovah, deursoek die hart,+ ondersoek die niere,+ ja, om aan elkeen te gee volgens sy weë,+ volgens die vrug van sy handelinge.+

  • Jeremia 20:12
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 12 Maar u, o Jehovah van die leërs, ondersoek die regverdige;+ u sien die niere en die hart.+ Laat my u wraak op hulle sien,+ want aan u het ek my regsaak geopenbaar.+

  • Openbaring 2:23
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 23 En haar kinders sal ek met dodelike plae doodmaak, sodat al die gemeentes sal weet dat dit ek is wat die niere en harte deursoek, en ek sal aan elkeen van julle gee volgens julle dade.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel