Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/94 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Februarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Februarie
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 7 Februarie
  • Week wat begin met 14 Februarie
  • Week wat begin met 21 Februarie
  • Week wat begin met 28 Februarie
Ons Koninkryksbediening—1994
km 2/94 bl. 2

Diensvergaderinge vir Februarie

Week wat begin met 7 Februarie

Lied 131

15 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Demonstreer ’n tydskrifaanbieding van die jongste nommers. Hersien die hoofpunte in die Vraebus.

18 min: “Wakker belangstelling aan in God se Koninkryk van vrede.” ’n Bespreking van die artikel met die gehoor. Twee demonstrasies. Bespreek paragraaf 2 en toon dan hoe om ’n traktaat vir ’n besige huisbewoner aan te bied. Laat verkondiger hoflik ’n vraag vra wat die grondslag vir ’n herbesoek sal lê. Demonstreer die aanbieding in paragraaf 3 waarin die huisbewoner belangstelling toon en die verkondiger die Paradys op aarde-boek gebruik. Lê weer eens die grondslag vir ’n herbesoek.

12 min: “Respekteer jy jou plek van aanbidding?” Toespraak deur ouere man wat op artikel in Die Wagtoring van 15 Junie 1993 gegrond is. Pas die inligting toe op plaaslike omstandighede. As ’n spesifieke probleem aangeroer moet word, moet taktvolle raad gegee word.

Lied 137 en slotgebed

Week wat begin met 14 Februarie

Lied 126

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Dra die Genootskap se waardering oor vir die bydraes wat hulle ontvang het, en prys die gemeente vir hulle lojale ondersteuning van die plaaslike behoeftes in die gemeente. Moedig almal aan om dié naweek aan die velddiensbedrywighede deel te neem. Kondig ook die reëlings aan vir die spesiale Tydskrifdag op 9 April en moedig die verkondigers aan om nou al voorbereidings te begin tref deur ekstra tydskrifte te bestel.

20 min: “Bevorder groei deur betekenisvolle herbesoeke.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Hou ’n demonstrasie van ’n herbesoek wat op die aanbieding in paragraaf 3 gegrond is. Beklemtoon dat dit nodig is om onderskeidingsvermoë aan die dag te lê deur nie te veel materiaal tydens ’n besoek te dek nie, en benadruk hoe belangrik dit is om belangstelling in ’n toekomstige besoek te wek.

15 min: “Julle sal deur al die nasies gehaat word.” Toespraak deur ervare ouere man.

Lied 122 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Februarie

Lied 198

5 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

15 min: “Loof Jehovah se Eersgeborene!” Vraag-en-antwoord-dekking van artikel. ’n Hartlike, entoesiastiese aanbieding deur ouere man wat almal aanmoedig om ’n lys op te stel van persone wat hulle na die Gedenkmaal en die volgende openbare toespraak wil nooi. Demonstreer die punte wat in paragraaf 7 uitgebring word. Laat ’n verkondiger iemand nader wat die Koninkryksaal binnekom en rondkyk. Verkondiger vind uit dat die man deur ’n familielid in ’n ander dorp aangemoedig is om die vergadering by te woon. Die verkondiger nooi die man om by hom en sy gesin te sit sodat hy sy Bybel en liedereboek met hom kan deel. Die verkondiger bied aan om enige vrae te beantwoord wat die man na afloop van die vergadering mag hê. Sluit die deel af deur aan te kondig hoe laat die gemeente hulle Gedenkmaal sal vier.

10 min: Die Bybel—ons beste bron van bemoediging. Redenering-boek, bladsye 65-8. Toespraak deur ouere man. Baie binne en buite die gemeente het bemoediging nodig. Toon hoe elke verkondiger in die gemeente God se Woord kan gebruik om ander te bemoedig.

15 min: “Hoe nuttig is dit tog om te vertel wat Jehovah gedoen het!” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 1-11 in hierdie artikel in die byvoegsel. Laat broers wat ’n persoonlike of gesinsrooster volg om die boek te lees twee voorbereide kommentare lewer. Vra hulle om iets te meld wat hulle waardeer het om te leer.

Lied 208 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Februarie

Lied 219

5 min: Plaaslike aankondigings. Meld die lektuuraanbod vir Maart.

15 min: “Hoe nuttig is dit tog om te vertel wat Jehovah gedoen het!” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 12-20 van die byvoegsel. Laat verkondigers twee voorbereide kommentare lewer oor hoe hulle daarby baat gevind het om die boek te lees.

15 min: “Ondersteun julle gemeente se program vir Openbare Vergaderinge ten volle.” ’n Toespraak, maar een of twee vrae kan tot die gehoor gerig word. Verduidelik hoe ons belangstellendes wat die Openbare Vergadering vir die eerste keer bywoon welkom kan laat voel. Laat een verkondiger ’n voorbereide kommentaar lewer oor hoe hy daarby baat gevind het om die Openbare Vergadering gereeld by te woon.

10 min: “Waak teen misplaaste goedhartigheid.” ’n Toespraak.

Lied 197 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel