Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/99 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 6 Desember
  • Week wat begin met 13 Desember
  • Week wat begin met 20 Desember
  • Week wat begin met 27 Desember
  • Week wat begin met 3 Januarie
Ons Koninkryksbediening—1999
km 12/99 bl. 2

Diensvergaderingrooster

LET WEL: (1) In Ons Koninkryksbediening verskyn daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die streekbyeenkomstyd, asook ’n hersiening van 30 minute van die programglanspunte vir die week van 27 Desember. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak met die oog op die bywoning van die “God se profetiese woord”-streekbyeenkoms en dan die hersiening by die Diensvergadering die week daarna.

(2) Vanaf hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening sal die Diensvergaderingrooster ook die eerste Diensvergadering van die volgende maand insluit. Hierdie aanpassing word gemaak ter wille van moontlike vertragings in die versending van Ons Koninkryksbediening.

Week wat begin met 6 Desember

Lied 207

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan om asseblief vroeg in Desember aan die veldbediening deel te neem. Diegene wat weg gaan wees of ’n byeenkoms aan die einde van die maand gaan bywoon, moet hulle rapporte ingee voordat hulle vertrek. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat almal hulle rapporte vir Desember hierdie maand ingee.

15 min: “Volg Jehovah se onpartydigheid na.” Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Verduidelik die betekenis van onpartydigheid, hoe Jehovah dit openbaar en hoe ons dit in ons bediening aan die dag kan lê.—Sien Insight, Deel 1, bladsy 1192, paragrawe 4-7.

20 min: “Het ons dit nie al vantevore gehoor nie?” Toespraak en gehoorbespreking. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe herhaling hulle gehelp het om die waarheid beter te verstaan en te waardeer.—Sien Die Wagtoring, 15 Julie 1995, bladsye 21-2, en 15 Augustus 1993, bladsye 13-14, paragrawe 10-12.

Lied 218 en slotgebed.

Week wat begin met 13 Desember

Lied 168

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Gee wenke oor hoe om taktvol op feesgroete te reageer. As die gemeente van die Grootste mens- of Groot Onderwyser-boeke in voorraad het, kan jy wys hoe dit gedurende die Kersvakansie in die bediening gebruik kan word.

15 min: “Die Teokratiese Bedieningskool vir 2000.” ’n Toespraak deur die Teokratiese Bedieningskoolopsiener. Hersien die volgende veranderinge in die rooster vir die nuwe jaar. Toespraak nr. 3 sal gebaseer wees op “Bybelonderwerpe vir bespreking” in die Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte. Toespraak nr. 4 sal voortgaan om Bybelkarakters in Insight on the Scriptures te dek, en gedurende die laaste drie maande van die jaar sal dit op “Bybelonderwerpe vir bespreking” gebaseer wees. Waar die teken (#) langs hierdie toespraak verskyn, moet dit verkieslik deur ’n broer behartig word. Moedig almal aan om by te bly met hulle weeklikse Bybellees en om hulle toewysings op die skool pligsgetrou na te kom.

20 min: “Wat sal jy vir ’n ateïs sê?” Vrae en antwoorde. Bespreek verskeie redes waarom baie hulle geloof in God verloor het. Gee ’n paar wenke oor hoe ons hulle kan benader en kan help insien dat dit logies is om God se bestaan te erken. Hou een of twee kort demonstrasies. Sien die Redenering-boek, bladsye 160-66, en Die mensdom se soeke na God, hoofstuk 14, vir meer inligting.

Lied 220 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Desember

Lied 219

10 min: Plaaslike aankondigings. Laat verkondigers kort, toepaslike ondervindinge vertel wat hulle onlangs in die veldbediening gehad het.

15 min: Hoe om op potensiële gesprekdempers te reageer. Gehoorbespreking en demonstrasies. Lees die “Kommentaar” op bladsye 15-16 van die Redenering-boek. Kies twee of drie “gesprekdempers” op bladsye 16-21, of gebruik ander wat gereeld in julle gebied teëgekom word. Hersien ’n paar wenke oor hoe om hierop te reageer, en ontleed waarom hulle plaaslik doeltreffend kan wees. Demonstreer kortliks ’n paar van hulle. Nooi die gehoor om te vertel met watter antwoorde hulle goeie resultate gehad het.

20 min: Moet ek werk aanvaar waarby ’n godsdiensorganisasie betrokke is? Toespraak deur ’n ouer man, gebaseer op Die Wagtoring van 15 April 1999, bladsye 28-30. Sommige mense het sulke werk aanvaar en later uitgevind dat dit wat hulle doen nie in ooreenstemming met Bybelbeginsels is nie. Hersien die vrae wat ons ons moet afvra wanneer ons oor ’n sekulêre werk moet besluit wat die een of ander godsdienstige konnotasie het. Moedig almal aan om ’n weg te volg wat ’n goeie posisie voor Jehovah sal verseker.—2 Kor. 6:3, 4, 14-18.

Lied 109 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Desember

Lied 166

15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. As julle gemeente se vergaderingtye vir die nuwe jaar gaan verander, moet die broers vriendelik aangemoedig word om nog steeds gereeld saam met die gemeente op die nuwe tye te vergader. Stel Bybelstudente en ander belangstellendes in kennis van enige veranderinge, en begin om strooibiljette te gebruik wat die nuwe tye aandui. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Desember in te gee.

30 min: Hersiening van “God se profetiese woord”-streekbyeenkoms. Drie ouer manne wat vooraf in kennis gestel is, moet dit behartig. Hou ’n interessante en lewendige hersiening van die toegewese dag se glanspunte. Hierdie goed voorbereide hersiening sal die gemeente help om sleutelpunte te onthou wat hulle persoonlik kan toepas en in die veld kan gebruik. Enige kommentare van die gehoor en ondervindinge wat vertel word, moet kort en saaklik wees.

Lied 224 en slotgebed.

Week wat begin met 3 Januarie

Lied 10

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Desember in te gee.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: Weet hoe om ’n antwoord te gee (Kol. 4:6). Toespraak en gehoorbespreking. Die Redenering-boek is ’n wonderlike hulpmiddel om die weg te berei om Bybelwaarhede met ander te deel. Wanneer ’n huisbewoner ’n beswaar teen een van ons oortuigings opper, kan ons gebruik maak van die deel “As iemand sê—” aan die einde van die hoofstuk wat oor daardie oortuiging handel. Bespreek die opmerkings oor die Bybel op bladsye 81-4 en waarom die wenke oor hoe om daarop te reageer doeltreffend kan wees.

Lied 56 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel