Hersiening vir die teokratiese bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 4 Januarie tot 19 April 1999. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Jehovah het nie altyd dit wat in die Bybel opgeteken is woord vir woord gedikteer nie (2 Tim. 3:16). [w97-AF 6/15 bl. 5 par. 3]
2. Eenheid in die gesin en die geestelike ontwikkeling van kinders hang geheel en al van die ouers af (Spr. 22:6). [fy-AF bl. 85 par. 19]
3. Daar was geen manier waarop Kain ’n ernstige oortreding kon vermy nie, want sonde het “[gelê] en loer voor die deur” (Gen. 4:7). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w94-AF 6/15 bl. 14 par. 11.]
4. Namate ’n tiener ouer word, moet hy outomaties meer vryheid toegelaat word wat sy keuse van ontspanning betref. [fy-AF bl. 73 par. 20]
5. Die begeerte om ons Skepper te behaag, gee ons die beste beweegrede om te alle tye die waarheid te praat (Spr. 6:17). [g97-AF 2/22 bl. 19 par. 4]
6. As ons in gebed ‘die woorde van ons mond en die bepeinsing van ons hart aangenaam voor Jehovah’ wil maak, moet ons daarna streef om so hoogdrawend moontlik te wees (Ps. 19:14, NW). [w97-AF 7/1 bl. 29 par. 3-4]
7. Die gebooie, insettinge en wette van Jehovah wat in Genesis 26:5 gemeld word, verwys na dié van die Wetsverbond. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 7/1 bl. 10 par. 8.]
8. Toe Jesus gesê het: “Jou geloof het jou gesond gemaak”, soos opgeteken in Lukas 8:48, het hy bedoel dat die siek vrou haar geloof in hom as die Messias moes verklaar voordat sy genees kon word. [w97-AF 7/1 bl. 4 par. 2-4]
9. Genesis 11:1 is een van verskeie Bybeltekste wat die term “aarde” gebruik om na die mensdom oor die algemeen, of die mensegemeenskap, te verwys. [g97-AF 1/8 bl. 27 par. 3]
10. Al het Dina ook geensins ingewillig nie, was sy steeds in ’n mate daarvoor verantwoordelik dat sy haar maagdelikheid verloor het (Gen. 34:1, 2). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w85-AF 6/15 bl. 31 par. 4.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Wat het Satan te kenne gegee met die redenasie in Genesis 3:1-5? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 7/15 bl. 5 par. 2.]
12. Wat word in Openbaring 19:15 verteenwoordig deur die “skerp lang swaard” wat uit Jesus se mond kom? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 5/15 bl. 4 par. 4.]
13. Wat word beklemtoon deur die feit dat Moses spesifieke datums in verband met die Vloed van Noag se dag voorsien? [g97-AF 2/8 bl. 27 par. 1]
14. Hoe het Abraham ‘die naam van Jehovah aangeroep’? (Gen. 12:8, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 7/1 bl. 20 par. 9.]
15. Wat het Jehovah, in die konteks, bedoel toe hy vir Paulus gesê het: “My onverdiende goedhartigheid is voldoende vir jou”? (2 Kor. 12:9). [w97-AF 6/1 bl. 25 par. 3]
16. Wat het Lot se vrou blykbaar beweeg om terug te kyk sodat sy ’n soutpilaar geword het? (Gen. 19:26). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w90-AF 4/15 bl. 18 par. 10.]
17. Hoe beskou Christene die koop van gesteelde goedere? (Ex. 22:1; Jer. 17:11). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 6/15 bl. 30 par. 3; bl. 31 par. 1, 7.]
18. Hoe het Jakob volgens Genesis 33:18 getoon dat hy nie daarin belanggestel het om met die Kanaäniete om te gaan nie? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 9/15 bl. 21 par. 5.]
19. Hoe het Josef se optrede wat in Genesis 37:13 beskryf word met dié van Jesus ooreengestem? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87-AF 5/1 bl. 12 par. 12.]
20. Wat is die verskil tussen God en die mens in die manier waarop hulle aan toorn uiting gee? [g97-AF 6/8 bl. 19 par. 2-3]
Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
21. Om sonder ’n ․․․․․․․․ rede ․․․․․․․․ beweegredes aan ander toe te skryf, kom daarop neer dat ’n mens hulle oordeel. [w97-AF 5/15 bl. 26 par. 5]
22. Die egtheid van Genesis blyk uit sy interne ․․․․․․․․, sowel as uit sy volkome ․․․․․․․․ met die res van die geïnspireerde Skrif. [si-AF bl. 14 par. 8]
23. Die voorbeelde van Rehabeam en Eli kan ouers die gevolge help insien om te ․․․․․․․․ of te ․․․․․․․․ met die grootmaak van kinders te wees. [fy-AF bl. 80-1 par. 9-13]
24. Die inneem van ․․․․․․․․ is ’n belangrike stap om ’n godvrugtige ․․․․․․․․ aan te kweek. [w97-AF 8/1 bl. 4 par. 5]
25. Om oortreding aan te meld, is ’n daad van Christelike beginselvaste liefde vir ․․․․․․․․, vir die ․․․․․․․․ en vir die ․․․․․․․․. [w97-AF 8/15 bl. 30 par. 2]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. (Streng; Ligte; Behoorlike) dissipline is ’n bewys dat ’n ouer sy kind liefhet (Heb. 12:6, 11). [fy-AF bl. 72 par. 18]
27. Genesis 7:6, 11 wys na die jaar (2970; 2370; 2020) v.G.J. “toe die watervloed oor die aarde gekom het”. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien si-AF bl. 294 kaart.]
28. Die vryheid wat Jesus in Johannes 8:32 in gedagte gehad het, was vryheid van (Romeinse heerskappy; bygelowigheid; sonde en die dood). [w97-AF 2/1 bl. 5 par. 1]
29. In die laaste vervulling van Genesis 22:18 verwys die saad na (Isak; die Israeliete; Jesus en die 144 000). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w98-AF 2/1 bl. 14 par. 8.]
30. Dit was (gehoorsaamheid aan die Mosaïese Wet; die werklikheid van God en ’n heilsame vrees om hom te mishaag; vrees vir straf) wat Josef gehelp het om onsedelike versoekings met welslae te weerstaan (Gen. 39:9). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w81-AF 5/1 bl. 7 par. 2 (w81 2/15 bl. 7 par. 2).]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Spr. 5:3, 4; 15:22; 20:11; Ef. 5:19; 2 Tim. 3:16
31. Dit is lewensbelangrik vir ouers om seker te maak dat hulle kinders van harte glo dat dit belangrik is om ’n sedelike en rein lewe te lei. [fy-AF bl. 67 par. 8]
32. Vertroulike gesprekke tussen ouers en hulle tienderjarige kinders is noodsaaklik om die kommunikasiekanale oop te hou. [fy-AF bl. 65 par. 4]
33. Die sleutel tot verbeterde sang by gemeentelike vergaderinge is die regte hartstoestand. [w97-AF 2/1 bl. 27 par. 3]
34. ’n Begrip van die leringe van God se Woord, die Bybel, is ’n vereiste vir die ewige lewe. [w97-AF 8/15 bl. 6 par. 5]
35. As ons die versoeking van onsedelikheid wil vermy, moet ons besef dat dit verkeerd is en dat dit rampspoedige en bittere gevolge het. [fy-AF bl. 93 par. 9]