Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/02 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 14 Oktober
  • Week wat begin met 21 Oktober
  • Week wat begin met 28 Oktober
  • Week wat begin met 4 November
Ons Koninkryksbediening—2002
km 10/02 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 14 Oktober

Lied 103

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan om na die video Our Whole Association of Brothers te kyk ter voorbereiding vir die bespreking by die Diensvergadering gedurende die week van 28 Oktober. Op die platteland moet die ouer manne hierdie video vir gesinne probeer wys wat nie videotoerusting het nie. Gebruik die wenke op bladsy 12 en hou twee demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 Oktober en die Ontwaak! van 22 Oktober aangebied kan word. In elke demonstrasie moet ’n ander metode gebruik word om die gesprekdemper “Ek is reeds goed vertroud met julle werk” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bladsy 20.

20 min: “Sal jy daar wees?” Toespraak en ondervindinge wat deur ’n ouer man behartig word. Groot samekomste speel al sedert Bybeltye en tot in ons dag ’n groot rol daarin om God se volk te versterk. (Sien Verkondigers-boek, bladsy 254, paragrawe 1-3, en Insight, Deel 1, bladsy 821, paragraaf 5.) Moedig almal aan om nou al te begin reëlings tref om al drie dae van vanjaar se streekbyeenkoms by te woon. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel wat toon dat hulle ywerige pogings om teenwoordig te wees en hulle selfopoffering in die verlede geestelike seëninge meegebring het.

15 min: “Spesiale wedersydse aanmoediging.” ’n Toespraak. Bou waardering op sodat almal die streekbyeenkoms sal bywoon. Spoor almal aan om elke sessie, van die Vrydagoggend tot die Sondagmiddag, by te woon.

Lied 65 en slotgebed.

Week wat begin met 21 Oktober

Lied 206

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

20 min: “Hoe Gemeentelike Boekstudieopsieners persoonlike belangstelling toon.” Vraag-en-antwoord-bespreking wat deur ’n Gemeentelike Boekstudieopsiener behartig moet word. Verduidelik kortliks in die inleiding hoe die boekstudiereëling begin het (jv-AF 237, par. 4). Reël vooraf dat twee of drie verkondigers kommentaar lewer oor hoe hulle baat gevind het by persoonlike belangstelling wat by die Gemeentelike Boekstudie in hulle getoon is.

15 min: “Streef altyd na wat goed is.”a Beklemtoon hoe belangrik dit is om te bly by die huisvestingreëlings wat tot ons voordeel getref is. Vestig die aandag op die drie herinneringe in paragraaf 2. Verduidelik waarom dit noodsaaklik is dat almal hulle goed gedra.

Lied 194 en slotgebed.

Week wat begin met 28 Oktober

Lied 110

8 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om hulle aantekeninge van die laaste spesiale byeenkomsdag te hersien ter voorbereiding vir die bespreking by volgende week se Diensvergadering. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Oktober in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 12 en laat ’n suster demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 November aangebied kan word en laat ’n broer wys hoe om die Ontwaak! van 8 November aan te bied. Beklemtoon kortliks ná elke demonstrasie ’n positiewe aspek van die aanbieding.

12 min: “Bevredig jou geestelike behoefte.” Toespraak en gehoorbespreking. Bespreek die redes waarom almal aandagtig na die byeenkomsprogram moet luister. Beklemtoon die belangrikheid daarvan om toe te pas wat ons leer en om nie net te hoor nie.

25 min: “Waarom ons die hele gemeenskap van ons broers liefhet.” Begin onmiddellik met ’n gehoorbespreking van die Whole Association-video deur die vrae te gebruik wat voorsien word.

Lied 41 en slotgebed.

Week wat begin met 4 November

Lied 66

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek “Waardering vir Koninkryksaalbouwerk”.

13 min: “Beskeidenheid in kleredrag en persoonsversorging.”b Moet deur ’n ouer man behartig word, wat gekose paragrawe sal lees nadat dit bespreek is. Help almal om te besef waarom dit belangrik is om op ons persoonlike voorkoms te let wanneer ons in die openbaar is.

22 min: Onderwerp julle aan God—Staan die Duiwel teë (Jak. 4:7). ’n Ouer man gebruik die vrae wat hier voorsien word en hou ’n lewendige gehoorbespreking van die program vir die spesiale byeenkomsdag wat gedurende die afgelope diensjaar gehou is. Nooi gemeente om te vertel hoe hulle al kon toepas wat hulle geleer het. (Dele kan vooraf toegewys word.) Vestig die aandag op die volgende programdele: (1) “Onderdanigheid aan God in ’n wêreld wat in slawerny is.” Waarom moet ons wakker wees om wêreldse strikke te vermy? (2) “Openbaar godvrugtige onderdanigheid as gesinslede.” Waarom is dit dringend dat gesinsbande versterk word in Jehovah se organisasie? Hoe kan ons dit doen? (3) “Help nuwe dissipels om ferm standpunt in te neem aan Jehovah se kant.” Hoe kan ons nuwelinge help om struikelblokke te oorkom wat hulle geloof beproef? (4) “Wat dit beteken om die Duiwel teë te staan.” Wat is die sleutel om die Duiwel suksesvol te weerstaan? Hoe kan die geestelike wapenrusting wat in Efesiërs 6:11-18 beskryf word, ons beskerm? (w92-AF 5/15 21-3). (5) “Jongmense wat die bose met welslae teëstaan” en “Jongmense wat by godvrugtige onderdanigheid baat vind”. Wat is van Satan se sette waarteen jongmense moet waak? Hoe word jongmense geseën omdat hulle hulle aan Jehovah onderwerp? (w90-AF 8/1 13-14, par. 15-17). (6) “Die voordele van godvrugtige onderdanigheid.” Verduidelik hoe Christene toon dat hulle onderdanig is aan regeringsowerhede, aan werkgewers, in die gesinskring en in die Christengemeente. Watter eienskappe sal ons help om dit te doen?

Lied 185 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel