Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 8 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om hulle aantekeninge te hersien van die kringbyeenkomsprogram vir die afgelope diensjaar, ter voorbereiding van volgende week se Diensvergadering. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou twee afsonderlike, realistiese demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 15 September en die Ontwaak! van 22 September aangebied kan word. In een aanbieding kan ’n leerling of ouer vir ’n skoolonderwyser getuig.
10 min: Brief van die takkantoor. ’n Bespreking tussen iemand wat al lank ’n verkondiger is, verkieslik ’n ouer man, en ’n jonger verkondiger. Die jonger verkondiger vra of die ervare verkondiger die brief van die takkantoor in Ons Koninkryksbediening gesien het. Die ervare verkondiger verduidelik dat ’n brief van die takkantoor gedurende die 1960’s en 1970’s gereeld in Ons Koninkryksbediening verskyn het. Dan bespreek hulle die brief op die eerste bladsy en beklemtoon die hoofgedagtes.
25 min: “Jongmense—Lê ’n goeie fondament vir die toekoms.”a Moet deur ’n ouer man behartig word, met behulp van die vrae wat voorsien is. Beklemtoon die vreugdes en seëninge van die voltydse bediening wanneer paragraaf 5 bespreek word.
Lied 170 en slotgebed.
Week wat begin met 15 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
10 min: “’n Studie van die Aanbid God-boek.” Toespraak deur ’n boekstudieopsiener. Vestig die aandag op die studierooster. Sluit kommentare in uit die Bedieningskool-boek, bladsy 28, paragraaf 1, en bladsy 70, wanneer paragraaf 4 bespreek word.
25 min: “Vertrou op Jehovah en doen wat goed is” (Ps. 37:3). Gehoorbespreking met behulp van die vrae hieronder, wat sleutelgedagtes van die kringbyeenkoms vir die afgelope diensjaar beklemtoon. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle sleutelgedagtes persoonlik of as gesinne kon toepas. Vestig die aandag op hierdie programdele: (1) “Openbaar vertroue op Jehovah.” Waarom is dit noodsaaklik om in alle aspekte van die lewe op Jehovah te vertrou? (it-2 bl. 521). Hoe kan die Watch Tower Publications Index ons help? (2) “Waak teen die nietighede van die lewe” (Pred. 2:4-8, 11). Teen watter nietige werke moet ons waak, en hoe kan ons dit doen? (3) “Vermy wat sleg is, doen wat goed is.” Waarom is dit belangrik dat ons by Jehovah se standaarde bly? (Jes. 5:20). Met watter goeie werke moet ons besig wees? (4) “Ons moet ons vertroue op Jehovah behou.” Wat sal ons help om standvastig te bly wanneer ons voor beproewinge en versoekings te staan kom? Waarom moet ons dalk party dinge in Jehovah se hande laat? (5) “Sal jy die Koninkryk van God waardig geag word?” (Kol. 1:10). Watter Bybelvoorbeelde spoor ons aan om te bly wandel op ’n wyse wat Jehovah waardig is? (6) “Vertrou op Jehovah se beloftes.” Hoe sal dit ons lewe raak?
Lied 58 en slotgebed.
Week wat begin met 22 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 en hou twee afsonderlike demonstrasies van hoe Die Wagtoring van 1 Oktober en die Ontwaak! van 8 Oktober aangebied kan word. Demonstreer hoe ’n ouer man en ’n verkondiger wat gesondheidsprobleme het, telefoongetuieniswerk doen. Bespreek finale reëlings vir ontoegekende gebied. Moedig almal aan om ’n volle deelname te hê, aangesien Oktober die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje is. As dit praktieser sal wees, kan gemeentes nog die naweek van 1 en 2 November in hulle ontoegekende gebied werk.
15 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Die diensopsiener hersien die hoogtepunte van die gemeenterapport vir die 2003-diensjaar. Prys die gemeente vir hulle goeie werk. Sluit gepaste punte uit die kringopsiener se jongste verslag in. Meld een of twee bereikbare doelwitte vir die komende jaar.
20 min: Is alle gelowe vir God aanneemlik? Gehoorbespreking gebaseer op die Redenering-boek. Bespreek hoe ons met iemand oor hierdie punt kan redeneer (rs-AF bl. 172). Noem ’n paar van die maniere waarop die regte geloof geïdentifiseer kan word (rs-AF bl. 178-9). Ons bediening help ander om die vorm van aanbidding te kies wat vir God aanneemlik is.—Kol. 1:9, 10.
Lied 39 en slotgebed.
Week wat begin met 29 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir September in te gee. Meld die lektuuraanbod vir Oktober. Demonstreer kortliks hoe om ’n Bybelstudie in die Vereis-brosjure te begin.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Beklee julle met nederigheid.”b Vra die gehoor se kommentare oor hoe die tekste van toepassing is.
Lied 224 en slotgebed.
Week wat begin met 6 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Hierdie maand wend ons ’n spesiale poging aan om Bybelstudies te begin. Hersien kortliks Ons Koninkryksbediening vir Mei 2002, bladsy 1, paragraaf 1 van die artikel “Gebruik jy die Vereis-brosjure om studies te begin?”
15 min: “Stel die belangrikste sake eerste!” Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op die artikel in Die Wagtoring van 1 September 1998, bladsye 19-21. Meld die datums van teokratiese bedrywighede wat vir die volgende paar maande beplan is, en spoor almal aan om hierdie datums op hulle kalender te merk. Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor wat hulle doen sodat hulle nie geestelike voorsienings misloop nie.
20 min: Weerstaan portuurdruk. Voer ’n onderhoud met ’n ouer man of ’n bedieningskneg wat in ’n Christenhuis grootgeword het. Verwys na gekose punte uit Die Wagtoring van 15 Februarie 2003. Voor watter druk het die broer op skool te staan gekom? (bl. 24 par. 3; bl. 25 par. 4-5). Het ander ’n negatiewe invloed op hom probeer uitoefen? (bl. 26 par. 4-6). Kom hy as ’n volwassene nog steeds voor portuurdruk te staan? Wat het hom gehelp om die druk te weerstaan? Sluit af met ’n kort toespraak waarin die voordele van heilsame assosiasie beklemtoon word, gebaseer op Die Wagtoring van 1 Augustus 1999, bladsye 24-5.
Lied 26 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.