3 Maar sy vader en sy moeder het vir hom gesê: “Is daar nie onder die dogters van jou broers en onder my hele volk ’n vrou nie,+ sodat jy uit die onbesnede Filistyne ’n vrou gaan neem?”+ Nogtans het Simson vir sy vader gesê: “Neem háár vir my, want sy is net reg in my oë.”
26 En Dawid het vir die manne wat naby hom gestaan het, begin sê: “Wat sal gedoen word met die man wat daardie Filistyn daar oorkant doodmaak+ en die smaad van Israel afwend?+ Want wie is hierdie onbesnede+ Filistyn dat hy die gevegslinies van die lewende God+ moet uittart?”+
36 U kneg het die leeu sowel as die beer doodgemaak; en hierdie onbesnede Filistyn+ sal soos een van hulle word, want hy het die gevegslinies+ van die lewende God+ uitgetart.”+
11 En die knegte van Agis het vir hom begin sê: “Is dit nie Dawid, die koning+ van die land nie? Was dit nie vir hom wat hulle met danse+ in wisselsang bly sê het nie:
14 Verder het Dawid boodskappers na Is-Boset,+ Saul se seun, gestuur en gesê: “Gee tog my vrou Migal, aan wie ek my verloof het vir honderd voorhuide+ van die Filistyne.”