Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 11 April
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 April en die Ontwaak! van 22 April aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. In een van die demonstrasies moet die verkondiger straatwerk doen.
15 min: “Volhard in die predikingswerk.”a Nooi gehoor om na gelang van die tyd oor die teksverwysings kommentaar te lewer.
15 min: “Doen goed en wees mededeelsaam.”b Pas die inligting plaaslik toe en meld praktiese maniere waarop ons ander kan help.
Lied 47 en slotgebed.
Week wat begin met 18 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
20 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 8.”c Sluit ’n kort demonstrasie in waarin ’n verkondiger vir ’n nuwe Bybelstudent die brosjure Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? gee. Die verkondiger vestig die aandag op die prent op bladsy 20 van die brosjure en beskryf kortliks die Openbare Vergadering. Hy meld die titel van die volgende openbare toespraak en nooi die student om dit by te woon.
15 min: Plaaslike ondervindinge. Vertel ondervindinge wat verkondigers gehad het tydens die spesiale kampanje om die nuwe brosjure te versprei. Uitsonderlike ondervindinge kan gedemonstreer word. Vestig die aandag op wat bereik is, en prys almal vir hulle pogings. Ander wil dalk ondervindinge vertel wat hulle in verband met die Gedenkmaalviering en spesiale toespraak gehad het.
Lied 169 en slotgebed.
Week wat begin met 25 April
15 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir April in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Mei en die Ontwaak! van 8 Mei aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die gesprekdemper “Ek stel nie belang nie” oorkom kan word. (Sien Redenering-boek, bladsy 16.) Meld artikels wat moontlik by mense in die gebied byval sal vind.
10 min: “Help hulle om ’n verdere getuienis te ontvang.” Toespraak met ’n mate van gehoordeelname. Pas plaaslik toe. Spoor almal aan om, indien nodig, die “Volg asseblief op”-vorm (S-43) dadelik in te vul.
20 min: “Gebruik tydskrifte in jou bediening.”d Pas die inligting plaaslik toe wanneer paragrawe 3 en 4 bespreek word. Voer ’n kort onderhoud met een of twee verkondigers wat welslae behaal het met die verspreiding van tydskrifte by sakeondernemings, in straatwerk, in openbare plekke of tydens informele getuieniswerk. Vra hulle om te verduidelik hoe hulle in hierdie situasies tydskrifte aanbied. Reël dat ’n aanbieding of ’n ondervinding kortliks gedemonstreer word.
Lied 8 en slotgebed.
Week wat begin met 2 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien kortliks die artikel “Die studie van die Hou aan waak!-brosjure” op bladsy 6. Meld dat die rooster vir die bespreking van die brosjure in hierdie artikel verskyn. Spoor almal aan om elke week goed vir die studie, wat die week van 23 Mei begin, voor te berei en daaraan deel te neem.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Alle soorte mense sal gered word.”e Pas die inligting prakties op die plaaslike gebied toe.
Lied 112 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
e Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.