Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Levitikus 19:15
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 15 “‘Julle mag geen onreg doen in die regspraak nie. Jy mag die geringe nie partydig behandel nie,+ en jy mag ’n vername man nie bevoorreg nie.+ Met geregtigheid moet jy jou metgesel oordeel.

  • Deuteronomium 16:18
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 18 “Jy moet vir jou regters+ en beamptes+ aanstel in al jou poorte wat Jehovah jou God jou gee volgens jou stamme, en hulle moet die volk met regverdige regspraak oordeel.

  • Jesaja 1:17
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 17 Leer om goed te doen;+ soek geregtigheid;+ wys die verdrukker tereg;+ laat reg geskied aan die vaderlose seun;+ bepleit die regsaak van die weduwee.”+

  • Jeremia 21:12
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 12 O huis van Dawid,+ só het Jehovah gesê: “Vel elke oggend+ vonnis in geregtigheid,+ en verlos die beroofde uit die hand van die bedrieër,+ sodat my woede nie uitgaan soos ’n vuur+ en brand en daar niemand is om dit te blus nie, weens die slegtheid van julle handelinge.”’+

  • Esegiël 22:7
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 7 Vader en moeder het hulle in jou met veragting behandel.+ Teenoor die inwonende vreemdeling het hulle in jou met kullery opgetree.+ Vaderlose seun en weduwee het hulle in jou sleg behandel.”’”+

  • Esegiël 22:29
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 29 Die volk van die land het gekul+ en geroof+ en die geteisterde en die arme sleg behandel+ en die inwonende vreemdeling sonder geregtigheid te kort gedoen.’+

  • Miga 2:2
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 2 En hulle het velde begeer en daarop beslag gelê;+ ook huise, en dit geneem; en hulle het ’n man en sy huisgesin, ’n man en sy erfbesitting,+ te kort gedoen.+

  • Sagaria 7:9
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 9 “Só het Jehovah van die leërs gesê: ‘Lewer julle regspraak met ware geregtigheid;+ en bewys liefderyke goedhartigheid+ en barmhartighede+ aan mekaar;

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel