Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • nwt Job 1:1-42:17
  • Job

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Job
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Job

JOB

1 Daar was ’n man met die naam Job*+ wat in die land Us gewoon het. Hy het ’n rein lewe gelei en was ’n man van integriteit.*+ Hy het God gevrees en het vermy wat sleg is.+ 2 Hy het sewe seuns en drie dogters gehad. 3 Hy het 7 000 skape, 3 000 kamele, 1 000 beeste, 500 donkies* en baie slawe gehad. Hy was die belangrikste man in die Ooste.

4 Sy seuns het die gewoonte gehad om ’n feesmaal te hou, elkeen op sy vasgestelde dag* by sy eie huis. Hulle het dan hulle drie susters genooi om saam met hulle te eet en te drink. 5 Ná elke reeks feesdae het Job hulle laat roep sodat hy hulle kon heilig. Dan het hy vroeg die oggend opgestaan en brandoffers+ vir elkeen van hulle geoffer. Want Job het gesê: “Miskien het my kinders gesondig en God in hulle hart vervloek.” Dit is wat Job elke keer gedoen het.+

6 En die dag het aangebreek waarop die seuns van die ware God*+ ingekom het om hulle plek voor Jehovah+ in te neem, en Satan+ het ook tussen hulle ingekom.+

7 Toe het Jehovah vir Satan gevra: “Waar kom jy vandaan?” Satan het Jehovah geantwoord: “Ek het op die aarde rondgeswerf en dit deursoek.”+ 8 En Jehovah het vir Satan gesê: “Het jy my kneg Job opgemerk?* Daar is niemand soos hy op die aarde nie. Hy lei ’n rein lewe en is ’n man van integriteit.*+ Hy vrees God en vermy wat sleg is.” 9 Toe het Satan Jehovah geantwoord: “Maar het Job nie goeie rede om God te vrees nie?+ 10 Het u nie ’n beskermende muur om hom, sy huis en alles wat hy het, geplaas nie?+ U seën alles wat hy doen,+ en sy vee het baie geword. 11 Maar raak net vir ’n verandering aan alles wat hy het, dan sal hy u beslis in u gesig vervloek.” 12 Toe het Jehovah vir Satan gesê: “Goed, jy kan doen wat jy wil met alles wat hy het. Maar aan die man self mag jy nie raak nie!” Toe het Satan van Jehovah af weggegaan.+

13 Op die dag toe sy seuns en sy dogters in die huis van hulle oudste broer geëet en wyn gedrink het,+ 14 het ’n boodskapper na Job toe gekom en gesê: “Die beeste was besig om te ploeg en die donkies het langs hulle gewei 15 toe die Sabeërs ons aangeval het en die diere gevat het, en hulle het die knegte met die swaard doodgemaak. Ek is die enigste een wat weggekom het om u daarvan te vertel.”

16 Terwyl hy nog gepraat het, het ’n ander boodskapper gekom en gesê: “Vuur van God het* uit die hemel gekom en die skape en die knegte verteer! Ek is die enigste een wat weggekom het om u daarvan te vertel.”

17 Terwyl hy nog gepraat het, het ’n ander boodskapper gekom en gesê: “Drie bendes van die Galdeërs+ het op die kamele afgestorm en hulle gevat, en hulle het die knegte met die swaard doodgemaak. Ek is die enigste een wat weggekom het om u daarvan te vertel.”

18 Terwyl hy nog gepraat het, het nog ’n boodskapper gekom en gesê: “U seuns en u dogters het in die huis van hulle oudste broer geëet en wyn gedrink. 19 Skielik het ’n sterk wind van die wildernis af gekom en die huis getref. Die huis het op die jongmense geval, en hulle het gesterf. Ek is die enigste een wat weggekom het om u daarvan te vertel.”

20 Toe het Job sy klere geskeur en sy hare afgeskeer. Hy het op sy knieë geval en neergebuig 21 en gesê:

“Met niks het ek in die wêreld gekom

en met niks sal ek daaruit gaan.+

Jehovah het gegee,+ en Jehovah het weggeneem.

Laat die naam van Jehovah altyd geloof word.”

22 Ten spyte van alles wat met Job gebeur het, het hy nie gesondig of God van iets verkeerds beskuldig nie.

2 Later het die dag aangebreek waarop die seuns van die ware God*+ ingekom het om hulle plek voor Jehovah in te neem,+ en Satan het ook tussen hulle ingekom om sy plek voor Jehovah in te neem.+

2 Toe het Jehovah vir Satan gevra: “Waar kom jy vandaan?” Satan het Jehovah geantwoord: “Ek het op die aarde rondgeswerf en dit deursoek.”+ 3 En Jehovah het vir Satan gesê: “Het jy my kneg Job opgemerk?* Daar is niemand soos hy op die aarde nie. Hy lei ’n rein lewe en is ’n man van integriteit.*+ Hy vrees God en vermy wat sleg is. Hy hou nog steeds vas aan sy integriteit,*+ selfs al probeer jy my oorreed om hom sonder rede te vernietig.”+ 4 Maar Satan het Jehovah geantwoord en gesê: “Vel vir vel. ’n Mens sal alles gee wat hy het in ruil vir sy lewe.* 5 Maar raak net vir ’n verandering aan sy liggaam, dan sal hy u beslis in u gesig vervloek.”+

6 Toe het Jehovah vir Satan gesê: “Goed, jy kan met hom doen wat jy wil. Jy mag hom net nie doodmaak nie!” 7 Toe het Satan van Jehovah af weggegaan en Job van kop tot tone met pynlike swere+ getref. 8 En Job het in die as gaan sit+ en hom met ’n potskerf gekrap.

9 Uiteindelik het sy vrou vir hom gesê: “Hou jy nog steeds vas aan jou integriteit?* Vervloek God en sterf!” 10 Maar hy het vir haar gesê: “Jy praat nou soos ’n vrou sonder verstand. Moet ons net die goeie dinge van die ware God aanvaar en nie ook die slegte dinge nie?”+ Ten spyte van alles wat met Job gebeur het, het hy nie met sy lippe gesondig nie.+

11 Drie van Job se vriende* – Eʹlifas,+ die Temaniet, en Bildad,+ die Suhiet,+ en Sofar,+ die Naämatiet – het gehoor van al die slegte dinge wat met hom gebeur het. Toe het hulle uit hulle verskillende gebiede vertrek omdat hulle besluit het om mekaar te ontmoet en na Job toe te gaan om met hom te simpatiseer en hom te vertroos. 12 Toe hulle hom van ver af sien, het hulle hom nie herken nie. En hulle het hard begin huil en hulle klere geskeur en stof in die lug en op hulle koppe gegooi.+ 13 Hulle het sewe dae en sewe nagte by hom op die grond gesit. Hulle het nie ’n woord vir hom gesê nie, want hulle het gesien dat hy baie pyn het.+

3 Toe het Job begin praat en die dag vervloek waarop hy gebore is.*+ 2 Job het gesê:

 3 “Die dag waarop ek gebore is,+ moes nooit aangebreek het nie,

ook nie die nag toe iemand gesê het: ‘’n Seuntjie is gebore!’ nie.

 4 Daardie dag moes donker gebly het.

God daar bo moes hom nie daaraan gesteur het nie.

Geen lig moes daarop geskyn het nie.

 5 Mag die diepste donkerte* dit terugeis.

Mag ’n reënwolk daaroor hang.

Mag ’n verskriklike donkerte daaroor kom.

 6 Mag donkerheid daardie nag wegneem.+

Mag dit nie onder die dae van die jaar getel word

en een van die dae van die maande wees nie.

 7 Ja! Mag daardie nag onvrugbaar word.

Mag geen vreugdevolle uitroep daarin gehoor word nie.

 8 Mag dit vervloek word deur mense wat dae vervloek,

deur mense wat die Leviaʹtan*+ wakker kan maak.

 9 Mag die sterre van sy skemer donker word.

Mag dit tevergeefs op die daglig wag

en nie die strale van die dagbreek sien nie.

10 Want dit het nie gekeer dat ek gebore word+

en dat ek swaarkry nie.

11 Hoekom het ek nie by geboorte gesterf nie?

Hoekom het ek nie gesterf toe ek uit die baarmoeder gekom het nie?+

12 Hoekom was daar knieë om my op neer te sit

en borste om my te voed?

13 Want anders sou ek in vrede gelê het+

en rustig geslaap het+

14 saam met konings van die aarde en hulle raadgewers,

wat vir hulle plekke gebou het wat nou verwoes is,*

15 of saam met prinse wat goud besit het,

wie se huise vol silwer was.

16 Of hoekom was ek nie soos ’n doodgebore baba nie,

soos kinders wat nooit die lig gesien het nie?

17 In die graf het selfs die goddeloses vrede,

en dié wat moeg is, vind daar rus.+

18 Daar geniet al die gevangenes vrede.

Hulle hoor nie die stem van die een wat hulle dwing om te werk nie.

19 Daar is klein en groot gelyk,+

en die slaaf het nie meer ’n meester nie.

20 Hoekom gee God lig aan die een wat ly,

en lewe aan mense wat bitter swaarkry?+

21 Hoekom kan mense wat smag na die dood, nie net doodgaan nie?+

Hulle soek daarna, meer as na versteekte skatte.

22 Hulle is vol vreugde

en is bly wanneer hulle die graf vind.

23 Hoekom gee God lig aan ’n man wat geen uitweg kan sien nie,

aan ’n man wat deur God vasgekeer is?+

24 Ek sug so baie, dit is soos my kos,+

en my gekreun+ is soos water wat aanhou loop.

25 Want wat ek gevrees het, het oor my gekom,

en die dinge waarvoor ek bang was, het my getref.

26 Ek het geen vrede, geen stilte, geen rus nie,

maar die probleme word net meer.”

4 Eʹlifas,+ die Temaniet, het toe gesê:

 2 “Sal jy ongeduldig raak as iemand met jou probeer praat?

Want hoe kan ek stilbly?

 3 Jy het baie mense reggehelp,

en jy het die swakkes versterk.

 4 As iemand gestruikel het, het jou woorde hom aangemoedig,

en jy het dié wat wou val,* versterk.

 5 Maar noudat dit met jou gebeur het, is dit vir jou te veel.*

Noudat dit jou raak, is jy moedeloos.

 6 Het jy dan nie vertroue weens jou diep respek vir God nie?

Het jy dan nie hoop omdat jy ’n weg van integriteit*+ volg nie?

 7 Dink asseblief hieraan: Het enigiemand wat onskuldig is, al ooit gesterf?

Is die regverdiges al ooit vernietig?

 8 Ek het gesien dat dié wat skadelike dinge plant*

en dié wat moeilikheid saai, dit ook sal oes.

 9 God blaas op hulle en hulle verdwyn,

en deur sy woede sterf hulle.

10 Die leeu brul, en die jong leeu grom,

maar selfs die tande van sterk leeus* word gebreek.

11 Sonder prooi gaan leeus dood,

en hulle kleintjies dwaal oral rond.

12 Iets is in die geheim vir my gesê,

en dit is in my oor gefluister.

13 In die tyd wanneer mense diep slaap,

wanneer visioene van die nag ’n mens ontstel,

14 het ek verskriklik bang geword,

my hele liggaam het gebewe.

15 ’n Gees het voor my verbygegaan.

My hare het regop gestaan.

16 Die gees het toe stilgestaan,

maar ek kon nie uitmaak wat dit was nie.

Ek het iets voor my gesien.

Daar was ’n kalmte, en toe het ek ’n stem gehoor:

17 ‘Kan ’n sterflike mens regverdiger wees as God?

Kan ’n man reiner wees as sy Maker?’

18 Hy het geen vertroue in sy knegte nie,

en hy vind fout met sy engele.*

19 Wat nog te sê van mense, wat soos huise van klei is,

en wie se fondament in die stof is,+

wat makliker doodgedruk word as ’n mot!

20 Hulle word van die oggend tot die aand doodgedruk.

Hulle verdwyn vir ewig sonder dat iemand dit eers agterkom.

21 Is hulle nie soos ’n tent waarvan die toue uitgeruk is nie?

Hulle sterf sonder wysheid.

5 “Roep asseblief! Is daar iemand wat jou antwoord?

Watter een van die engele* sal jy vir hulp vra?

 2 Want verbitterdheid sal ’n verstandelose doodmaak,

en jaloesie sal ’n onverstandige mens vernietig.

 3 Ek het gesien hoe die verstandelose sukses behaal,

maar skielik tref rampspoed sy huis.

 4 Sy kinders is nie veilig nie.

Hulle regte word vertrap in die stadspoort,+ en daar is niemand om hulle te red nie.

 5 Sy oes word geëet deur die een wat honger is.

Dit word selfs tussen die dorings uitgehaal,

en hulle besittings word afgevat.

 6 Want rampspoed kom nie uit die stof op nie,

en probleme groei nie uit die grond nie.

 7 Want die mens word gebore om swaar te kry,

so seker as wat vonke boontoe skiet.

 8 Maar ek sou God vir hulp vra,

en ek sou my saak aan God stel,

 9 aan die Een wat groot en onverklaarbare dinge doen,

wonderlike dinge wat nie getel kan word nie.

10 Hy laat dit reën op die aarde

en voorsien water aan die veld.

11 Hy verhoog die hulpeloses,

en hy gee redding aan die een wat mismoedig is.

12 Hy laat die planne van skelm mense misluk,

sodat hulle nie suksesvol is nie.

13 Hy vang die wyses met hulle eie slinkse planne,+

sodat die planne van slinkse mense misluk.

14 In die dag ondervind hulle duisternis.

In die middel van die dag tas hulle rond asof dit nag is.

15 Hy red mense van die swaard wat uit hulle mond kom.

Hy red die armes uit die mag van die sterkes,

16 sodat daar hoop is vir die hulpeloses.

Maar goddelose monde word stilgemaak.

17 Gelukkig is die mens wat deur God gedissiplineer word.

Moet dus nie die dissipline van die Almagtige verwerp nie!

18 Want hy veroorsaak pyn, maar hy verbind die wond.

Hy slaan stukkend, maar hy genees met sy eie hande.

19 Hy sal jou keer op keer van rampspoed red,

al tref dit jou ses of sewe keer.

20 In tye van hongersnood sal hy jou red van die dood,

en in tye van oorlog sal hy jou red van die swaard.

21 Jy sal beskerm word teen die skadelike tong,+

en jy sal nie bang wees wanneer verwoesting kom nie.

22 Jy sal nie bekommerd wees oor vernietiging en honger nie,

en jy sal nie bang wees vir die wilde diere van die aarde nie.

23 Want jou landerye sal nie vol klippe wees nie,

en die wilde diere van die veld sal jou nie pla nie.

24 Jy sal weet dat jou tent veilig* is,

en wanneer jy na jou weiveld toe gaan, sal nie een van jou diere vermis word nie.

25 Jy sal baie kinders hê,

en jou nakomelinge sal so baie wees soos die plante van die aarde.

26 Jy sal nog sterk wees wanneer jy doodgaan,

soos graanbondels wat in die oestyd ingebring word.

27 Ons het dit ondersoek, en dit is so.

Luister en aanvaar dit.”

6 Toe het Job geantwoord:

 2 “As my pyn+ maar net geweeg kon word

en saam met my rampspoed op die weegskaal gesit kon word!

 3 Want dit is swaarder as die sand van die see.

Daarom was my woorde wilde praatjies.*+

 4 Want die pyle van die Almagtige het my getref,

en ek is vol van die gif daarvan.+

God val my aan met vreesaanjaende dinge.

 5 Sal ’n wildedonkie+ balk as hy gras het,

of sal ’n bees bulk as hy voer het?

 6 Eet ’n mens smaaklose kos sonder sout,

of is daar smaak in die sap van ’n malva?

 7 Ek weier om daaraan te raak.

Dit is soos kos wat sleg geword het.

 8 Ag, as ek maar kon kry wat ek vra

en as God maar net my wens sou vervul!

 9 As God my maar wou uitwis,

sy hand wou uitsteek en my doodmaak!+

10 Selfs dít sou my vertroos.

Ek sou van vreugde spring ten spyte van die pyn,

want ek het nie die woorde van die Heilige verwerp nie.+

11 Het ek die krag om te bly wag?+

Wat lê vir my voor dat ek moet bly lewe?

12 Is ek so sterk soos klip?

Of is ek van koper gemaak?

13 Hoe kan ek myself help

as ek geen ondersteuning meer het nie?

14 Enigiemand wat nie liefde* aan sy medemens betoon nie,+

vrees die Almagtige nie meer nie.+

15 My vriende* is so onbetroubaar+ soos ’n winterstroom,

soos die water van winterstrome wat opdroog.

16 Hulle vloei sterk

weens ys en sneeu wat smelt.

17 Maar in die somerhitte verdwyn hulle.

Wanneer dit warm word, droog hulle water op.

18 Hulle kronkel deur die woestyn,

en dan verdwyn hulle.

19 Die karavane van Tema+ soek na hulle.

Die reisigers van Skeba*+ wag vir hulle.

20 Hulle is teleurgesteld, want hulle het gedink dat daar water sal wees.

Hulle kom daar aan, en daar is niks.

21 Want dit is hoe julle vir my is.+

Julle het gesien hoe sleg dit met my gaan, en julle is bang.+

22 Het ek julle vir iets gevra,

of het ek gevra dat julle namens my ’n geskenk aan iemand moet gee?

23 Het ek gevra om van ’n vyand gered te word

of om van onderdrukkers bevry* te word?

24 Help my om te verstaan, en ek sal stilbly.+

Vertel my wat ek verkeerd gedoen het.

25 Eerlike woorde maak nie seer nie!+

Maar hoe sal die dinge wat julle sê, my help?+

26 Probeer julle my woorde kritiseer,

’n desperate man se woorde,+ wat deur die wind weggewaai word?

27 Julle sal selfs oor ’n weeskind lootjies trek+

en julle eie vriend verkoop!+

28 Kyk nou na my,

want ek sal nie vir julle lieg nie.

29 Dink asseblief weer – moet my nie veroordeel nie –

ja, dink weer, want ek is onskuldig.*

30 Dink julle dat ek iets verkeerds gesê het?

Dink julle nie ek weet dat daar fout is nie?

7 “Is die lewe van ’n sterflike mens nie soos slawearbeid nie?

En is sy dae nie soos dié van ’n gehuurde werker nie?+

 2 Soos ’n slaaf smag hy na die skaduwee,

en soos ’n gehuurde werker wag hy vir sy loon.+

 3 So het ek maande van nutteloosheid

en nagte van swaarkry ontvang.+

 4 Wanneer ek gaan lê, vra ek: ‘Wanneer kan ek opstaan?’+

Maar die nag sleep stadig verby, en ek rol rond totdat dit oggend word.

 5 My liggaam is bedek met wurms en klonte grond.+

My vel is vol rowe, en etter loop daaruit.+

 6 My dae gaan vinniger verby as wat ’n spoel in ’n weefraam beweeg,+

en hulle eindig sonder hoop.+

 7 Onthou dat my lewe kort is,+

dat ek nooit weer geluk sal ondervind nie.*

 8 Die oog wat my nou sien, sal my nie meer sien nie.

U oë sal my soek, maar ek sal weg wees.+

 9 Soos ’n wolk wat verdwyn,

so sal die een wat na die Graf* gaan, nie terugkom nie.+

10 Hy sal nie na sy huis terugkeer nie,

en hy sal nie meer by sy plek onthou word nie.+

11 Daarom sal ek nie stilbly nie.

Ek sal praat weens die pyn in my hart.

Ek sal kla omdat ek bitterlik ly!+

12 Is ek die see of ’n seemonster,

dat u ’n wag oor my moet aanstel?

13 Wanneer ek sê: ‘My rusbank sal my vertroos.

My bed sal help om my lyding te verlig,’

14 dan maak u my bang met drome

en ontstel u my met visioene,

15 en daarom sal ek verkies om te versmoor.

Ja, ek sal die dood verkies bo hierdie liggaam van my.+

16 Ek haat my lewe;+ ek wil nie meer lewe nie.

Laat my in vrede, want my lewe gaan vinnig verby.*+

17 Wat is die mens dat u in hom belangstel

en dat u aandag aan hom skenk?+

18 Hoekom ondersoek u hom elke oggend

en toets u hom elke oomblik van die dag?+

19 Wil u nie wegkyk

en my vir ’n oomblik in vrede laat nie?+

20 As ek gesondig het, hoe benadeel dit u, die Een wat die mensdom dophou?+

Hoekom het u my u teiken gemaak?

Het ek vir u ’n las geword?

21 Hoekom vergewe u nie my sonde

en verskoon u nie my oortreding nie?

Want binnekort sal ek in die stof gaan lê.+

U sal my soek, maar ek sal weg wees.”

8 Bildad,+ die Suhiet,+ het toe gesê:

 2 “Hoe lank sal jy aanhou om sulke dinge te sê?+

Jou woorde is maar net soos ’n sterk wind!

 3 Sal God die reg verdraai,

of sal die Almagtige regverdigheid verdraai?

4 As jou kinders teen hom gesondig het,

het hy hulle gestraf vir hulle sonde.

 5 Maar as jy net op God sou vertrou+

en die Almagtige om genade sou smeek,

 6 en as jy regtig rein en regverdig is,+

dan sal hy aandag aan jou skenk

en jou weer die plek gee wat jy verdien.

 7 En al het jy met min begin,

sal jy baie in die toekoms hê.+

 8 Vra die vorige geslag, asseblief,

en skenk aandag aan die dinge wat hulle vaders geleer het.+

 9 Want ons is maar gister gebore, en ons weet niks,

want ons dae op die aarde gaan verby soos ’n skaduwee.

10 Sal hulle jou nie leer

en jou vertel wat hulle weet nie?

11 Sal ’n papirusplant hoog groei as daar nie ’n vlei is nie?

Sal ’n riet hoog groei as daar nie water is nie?

12 Dit sal verdroog terwyl dit nog jonk is en nog nie gepluk kan word nie.

Dit sal vinniger as enige ander plant verdroog.

13 Dit is wat gebeur met almal wat God vergeet,

want die hoop van die goddelose* sal verdwyn.

14 Sy vertroue is tevergeefs.

Die dinge waarop hy vertrou, is soos ’n spinnerak.

15 Hy sal teen sy huis leun, maar dit sal nie bly staan nie.

Hy sal daaraan probeer vashou, maar dit sal inmekaarval.

16 Hy is soos ’n groen plant in die son,

en sy takkies sprei uit in die tuin.+

17 Sy wortels is in ’n kliphoop ineengevleg.

Hy probeer hom tussen die klippe vestig.

18 Maar wanneer hy uitgeruk word,

sal die plek waar hy was, sê: ‘Ek het jou nog nooit gesien nie.’+

19 Ja, so sal hy verdwyn,+

en ander sal uit die grond opkom.

20 God sal dié wat hulle integriteit* behou, beslis nie verwerp nie,

en hy sal ook nie goddelose mense ondersteun* nie,

21 want hy sal jou weer laat lag,

en jy sal weer van vreugde uitroep.

22 Dié wat jou haat, sal met skande bedek word,

en die tent van die goddeloses sal nie meer bestaan nie.”

9 Job het geantwoord:

 2 “Ek weet dat dit so is.

Maar hoe kan ’n mens reg wees in ’n saak teen God?+

 3 As iemand met Hom wil stry,*+

sal daardie persoon nie eers een van Sy vrae kan beantwoord nie, selfs al vra Hy ’n duisend vrae.

 4 Hy is baie wys* en baie sterk.+

Wie kan hom teëstaan sonder om iets oor te kom?+

 5 Hy verskuif* berge sonder dat iemand daarvan weet.

Hy keer hulle om in sy woede.

 6 Hy skud die aarde uit sy plek,

sodat sy pilare sidder.+

 7 Hy sê vir die son om nie te skyn nie,

en hy keer dat die lig van die sterre deurkom.+

 8 Hy alleen sprei die hemel uit,+

en hy loop op die hoë golwe van die see.+

 9 Hy het die Asj-sterrebeeld,* die Kesil-sterrebeeld,* die Kima-sterrebeeld*+

en die sterrebeelde van die suidelike hemel* gemaak.

10 Hy doen groot en onverklaarbare dinge,+

wonderlike dinge wat te veel is om te tel.+

11 Hy gaan by my verby, en ek kan hom nie sien nie.

Hy gaan verder, maar ek kom dit nie agter nie.

12 Wie kan hom keer wanneer hy iets gryp?

Wie kan vir hom sê: ‘Wat doen u?’+

13 God sal sy woede nie terughou nie.+

Selfs die helpers van Rahab*+ sal voor hom neerbuig.

14 Hoe sal ek hom dan kan antwoord?

Ek sal my woorde baie versigtig moet kies!

15 Selfs as ek reg was, sou ek hom nie antwoord nie.+

Ek sou my regter* net om genade kon smeek.

16 Sal hy my antwoord as ek na hom roep?

Ek glo nie dat hy na my stem sal luister nie,

17 want hy tref my met ’n storm

en laat my wonde sonder rede meer word.+

18 Hy gee my nie kans om asem te skep nie.

Hy hou aan om my met bitter dinge te vul.

19 As dit gaan oor krag, is hy die sterkste.+

En as dit gaan oor geregtigheid, sê hy: ‘Wie kan ’n klag teen my inbring?’*

20 As ek reg was, sou my eie mond my veroordeel.

Selfs as ek onskuldig is,* sal hy my skuldig verklaar.

21 Selfs as ek onskuldig is,* weet ek nie wat met my gaan gebeur nie.

Ek haat my lewe.

22 Dit maak geen verskil nie. Daarom sê ek:

‘Hy vernietig die onskuldiges* sowel as die goddeloses.’

23 As mense skielik in ’n oorstroming doodgaan,

sal hy lag oor die hopelose toestand van die onskuldiges.

24 Hy het die aarde aan die goddeloses oorgegee.+

Hy sluit die oë van die regters.

As dit nie hy is nie, wie is dit dan?

25 My dae gaan vinniger verby as ’n hardloper.+

Hulle vlieg verby sonder om die goeie te sien.

26 Hulle gly verby soos ’n rietbootjie,

soos ’n arend wat neerskiet op sy prooi.

27 As ek sê: ‘Ek gaan ophou kla;

ek sal glimlag en vrolik wees,’

28 dan sal ek nog bang wees as gevolg van al my pyne,+

en ek weet dat u my nie onskuldig sal verklaar nie.

29 Ek sal skuldig* bevind word.

Ek kan maar net so wel tou opgooi.+

30 As ek my in sneeuwater was

en as ek my hande met seep* was,+

31 dan sal u my in ’n modderput gooi,

sodat selfs my klere my sal haat.

32 Want hy is nie ’n mens soos ek dat ek hom kan antwoord nie,

dat ons saam hof toe kan gaan nie.+

33 Daar is niemand wat tussen ons kan oordeel nie,

wat ons regter kan wees nie.

34 As hy ophou om my te slaan

en ophou om my so bang vir hom te maak,+

35 dan sal ek met hom praat sonder om te vrees,

want ek kan nie praat as ek bang is nie.

10 “Ek haat my lewe.+

Ek sal kla oor my probleme.

Ek sal praat omdat ek bitterlik ly!

 2 Ek sal vir God sê: ‘Moet my nie skuldig verklaar nie.

Sê vir my hoekom u teen my stry.

 3 Vind u daarby baat om my te onderdruk,

om die werk van u hande te haat,+

terwyl u die planne van die goddeloses goedkeur?

 4 Het u oë soos dié van ’n mens?

Of sien u soos ’n mens sien?

 5 Is u dae soos die dae van ’n mens,

of is u jare soos dié van ’n mens+

 6 dat u soek na wat ek verkeerd gedoen het

en dat u heeltyd na my sonde soek?+

 7 U weet dat ek nie skuldig is nie.+

En niemand kan my uit u hand red nie.+

 8 U het my met u eie hande gevorm en gemaak,+

maar nou wil u my heeltemal vernietig.

 9 Onthou asseblief dat u my uit klei gemaak het,+

maar nou laat u my tot stof terugkeer.+

10 Het u my nie in my ma geplaas

en my daar gevorm nie?*

11 Met vel en vlees het u my bedek

en met bene en senings het u my aanmekaargeweef.+

12 U het my lewe gegee en lojale liefde aan my betoon.

U het my lewe bewaar deur vir my te sorg.+

13 Maar u het in die geheim beplan om hierdie dinge te doen.

Ek weet dat hierdie dinge van u af kom.

14 As ek sou sondig, sou u my dophou,+

en u sou nie my oortreding vergewe nie.

15 As ek skuldig is, is daar geen hoop vir my nie!

En selfs as ek onskuldig is, kan ek nie my kop oplig nie,+

want my oneer en lyding is te groot.+

16 As ek my kop oplig, sal u my jag soos ’n leeu+

en weer u krag teen my gebruik.

17 U bring nuwe getuies teen my,

en u woede teen my raak groter,

terwyl die een probleem ná die ander oor my kom.

18 Hoekom het u toegelaat dat ek gebore word?*+

Ek moes gesterf het voordat enigiemand my kon sien.

19 Dit sou gewees het asof ek nooit bestaan het nie.

Ek sou reguit van die baarmoeder na die graf gegaan het.’

20 Het ek nie min dae oor nie?+ As hy my maar net in vrede wou laat

en van my wou wegkyk, sodat ek verligting kan vind*+

21 voordat ek weggaan – en ek sal nie terugkom nie+ –

na die land van diep donkerte,*+

22 na die land van digte duisternis,

’n land van diep skaduwee en wanorde,

waar selfs die lig soos die duisternis is.”

11 Sofar,+ die Naämatiet, het toe gesê:

 2 “Dink jy dat niemand jou sal antwoord ná alles wat jy gesê het nie?

Of bewys die feit dat iemand baie praat, dat hy onskuldig is?

 3 Sal jou leë praatjies mense laat stilbly?

Sal jy nie bestraf word vir jou spottende woorde nie?+

 4 Want jy sê: ‘My beskouing is reg,+

en ek is rein in God se oë.’+

 5 Maar as God net wou praat

en jou wou antwoord!+

 6 Dan sou hy jou vertel wat die geheime van wysheid is,

want praktiese wysheid het baie fasette.

Dan sou jy besef dat God party van jou oortredings oorgesien het.

 7 Kan jy die diep dinge van God ontdek

of alles omtrent die Almagtige uitvind?

 8 Dit is hoër as die hemel. Hoe kan jy dit bereik?

Dit is dieper as die Graf.* Hoe kan jy dit leer ken?

 9 Dit is groter as die aarde

en breër as die see.

10 As hy verbygaan en iemand gevange neem en hom hof toe vat,

wie kan hom dan keer?

11 Want hy weet wanneer mense bedrieglik is.

Sal hy nie aandag skenk as hy sien dat mense slegte dinge doen nie?

12 Maar net soos ’n wildedonkie nie aan ’n mens geboorte kan gee nie,*

sal ’n mens sonder verstand nie kan verstaan nie.

13 As jy maar net jou hart wou reinig

en jou hande in gebed na hom toe wou uitstrek.

14 As jy slegte dinge doen, moet jy ophou daarmee.

En moenie onregverdigheid in jou tente toelaat nie.

15 Want dan sal jy jou kop kan oplig sonder om skaam te voel.

Jy sal sterk wees en nie vrees nie.

16 Want dan sal jy jou probleme vergeet.

Dit sal vir jou wees soos waters wat verbygevloei het.

17 Jou lewe sal meer lig hê as wat daar in die middel van die dag is.

Selfs die donkerte sal soos die oggendlig wees.

18 Jy sal vol vertroue wees omdat jy hoop het.

Jy sal kyk of alles om jou in orde is en veilig kan slaap.

19 Jy sal gaan lê en vir niemand bang wees nie.

En baie mense sal jou goedkeuring wil hê.

20 Maar die goddeloses sal geen uitweg sien nie,

en hulle sal nêrens kan vlug nie.

Die dood sal hulle enigste hoop wees.”+

12 Toe het Job geantwoord:

 2 “Ja, julle weet mos alles,

en met julle sal die wysheid uitsterf!

 3 Maar ek het ook verstand.*

Julle is nie beter as ek nie.

Wie weet nie hierdie dinge nie?

 4 My vriende lag my uit,+

want ek smeek God om my te help.+

’n Regverdige en onskuldige man word uitgelag.

 5 Die een wat geen bekommernis het nie, sien neer op dié wat probleme ondervind.

Hulle dink dat probleme net dié tref wat nie stewig op hulle voete staan nie.

 6 Daar is vrede in die tente van rowers+

en veiligheid vir dié wat God kwaad maak,+

vir dié wat hulle god in hulle hande hou.

 7 Maar vra asseblief die diere, en hulle sal jou leer.

Vra ook die voëls van die hemel, en hulle sal jou vertel.

 8 Of luister na* die aarde, en dit sal jou leer.

En die visse van die see sal dit aan jou bekend maak.

 9 Wie van hulle weet nie

dat Jehovah se hand dit gedoen het nie?

10 In sy hand is die lewe van elke lewende ding

en die gees* van elke mens.+

11 Toets die oor nie woorde

soos die tong* kos proe nie?+

12 Word wysheid nie by die bejaardes gevind nie,+

en kom insig nie met die ouderdom nie?

13 By hom is wysheid en mag.+

Hy het raad en insig.+

14 As hy iets afbreek, kan niemand dit opbou nie.+

As hy iets sluit, kan niemand dit oopmaak nie.

15 As hy die water terughou, droog alles op.+

As hy dit uitstuur, word die aarde oorstroom.+

16 Hy het krag en praktiese wysheid.+

Aan hom behoort die een wat mislei en die een wat mislei word.

17 Hy laat raadgewers kaalvoet loop,*

en hy maak van regters dwase.+

18 Hy neem konings se gesag weg+

en laat hulle slawe word.

19 Hy laat priesters kaalvoet loop+

en verwyder magtiges uit hulle posisie.+

20 Hy maak betroubare raadgewers stil

en neem die wysheid van ou manne* weg.

21 Hy bring skande oor heersers,+

en hy maak magtiges swak.

22 Hy openbaar diep dinge wat in die donkerte is,+

en hy bring diep donkerte na die lig.

23 Hy laat nasies magtig word, sodat hy hulle kan vernietig.

Hy laat nasies groot word, sodat hy hulle in ballingskap kan laat gaan.

24 Hy neem die insig* van volksleiers weg

en laat hulle ronddwaal in ’n wildernis sonder paaie.+

25 Hulle tas in die duisternis rond,+ waar daar geen lig is nie.

Hy laat hulle ronddwaal soos dronk mense.+

13 “Ja, ek het dit alles gesien.

Ek het dit gehoor en verstaan.

 2 Wat julle weet, weet ek ook.

Julle is nie beter as ek nie.

 3 Ek sou eerder met die Almagtige self wou praat.

Ek wil my saak aan God stel.+

 4 Maar julle versprei leuens oor my.

Julle is almal nikswerd dokters.+

 5 As julle maar net wou stilbly!

Dit sou toon dat julle wys is.+

 6 Luister asseblief na my argumente,

en skenk aandag aan my smekinge.

 7 Sal julle onregverdige dinge in God se naam sê?

En sal julle bedrieglik praat in sy naam?

 8 Wil julle sy kant kies?*

Wil julle die ware God probeer verdedig?

 9 Wat sal van julle word as hy julle ondersoek?+

Sal julle hom kan flous soos julle ’n mens flous?

10 Hy sal julle beslis bestraf

as julle in die geheim probeer kant kies.+

11 Sal sy grootheid julle nie bang maak nie,

en sal vrees vir hom nie oor julle kom nie?

12 Julle wyse woorde is soos as.

Julle verdediging is so breekbaar soos klei.

13 Bly stil sodat ek kan praat.

Ek is bereid om die gevolge daarvan te dra!

14 Hoekom waag ek my lewe

en stel ek dit in gevaar?

15 Selfs al wil hy my doodmaak, sal ek op hom wag.+

Ek sal my saak aan hom stel.

16 Hy sal dan my redding word,+

want geen goddelose persoon* kan voor hom verskyn nie.+

17 Luister mooi na my woorde.

Skenk aandag aan wat ek sê.

18 Kyk, ek het my regsaak voorberei.

Ek weet dat ek reg is.

19 Wie kan met my stry?

Ek sal doodgaan as ek moet stilbly!*

20 Ek wil net twee dinge van u vra, o God,

sodat ek nie vir u hoef weg te kruip nie:

21 Neem u swaar hand ver van my af weg,

en moenie dat vrees vir u my verlam nie.+

22 Roep en ek sal antwoord,

of laat my praat, en antwoord my.

23 Watter oortredings en sondes het ek gepleeg?

Sê vir my wat ek verkeerd gedoen het en hoe ek gesondig het.

24 Hoekom draai u weg van my+

en beskou u my as u vyand?+

25 Wil u ’n blaar wat rondgewaai word, bang maak,

of ’n grasstoppel agternasit?

26 Want u hou aan om beskuldigings teen my op te skryf,

en u straf my vir die sondes van my jeug.

27 U het my voete in die blok gesit.

U ondersoek al my paaie,

en u kyk na elke tree wat ek gegee het.

28 Die mens* vergaan soos iets wat wegvrot,

soos ’n kleed wat deur motte gevreet word.

14 “Die lewe van ’n mens

is kort+ en vol probleme.+

 2 Hy verskyn soos ’n bloeisel, en dan verlep hy.*+

Hy vlug soos ’n skaduwee en verdwyn.+

 3 Ja, u hou hom dop,

en u bring hom* voor die hof.+

 4 Kan ’n sondige persoon geboorte gee aan iemand sonder sonde?+

Nee!

 5 Sy dae is vasgestel.

U het die getal van sy maande bepaal.

Hy kan nie verder gaan as die perk wat u vir hom gestel het nie.+

 6 U moet van hom af wegkyk sodat hy kan rus,

totdat hy sy dag se werk voltooi, soos ’n gehuurde werker.+

 7 Want selfs vir ’n boom is daar hoop.

As hy afgekap word, sal hy weer uitspruit,

en sy takkies sal aanhou groei.

 8 As sy wortel oud word in die grond

en sy stomp in die aarde sterf,

 9 sal hy uitspruit as hy water ruik,

en hy sal takke voortbring soos ’n nuwe plant.

10 Maar ’n man sterf en lê magteloos.

Wanneer ’n mens sy laaste asem uitblaas, waar is hy?+

11 Waters verdwyn uit die see,

en ’n rivier loop leeg en droog op.

12 So gaan lê die mens, en hy staan nie op nie.+

Solank as wat die hemel bestaan, sal hy nie wakker word nie,

en hy sal nie weer wakker gemaak word nie.+

13 Ag, as u my maar in die Graf* wou wegsteek+

en my daar wou hou totdat u nie meer kwaad is nie.

As u maar vir my ’n tyd wou vasstel en aan my wou dink!+

14 As ’n man sterf, kan hy weer lewe?+

Al die dae wat vir my vasgestel is,* sal ek wag,

totdat my verligting kom.+

15 U sal roep, en ek sal u antwoord.+

Na die werk van u hande sal u verlang.*

16 Maar nou hou u al my treë dop.

U kyk net na my sondes.

17 My oortredings is in ’n sak verseël,

en u verseël dit met gom.

18 Net soos ’n berg ineenstort en verbrokkel

en ’n rots verskuif word,

19 net soos water klippe verweer

en ’n sterk stroom die grond wegspoel,

so het u die hoop van die mens vernietig.

20 U oorweldig hom met u krag totdat hy doodgaan.+

U verander sy voorkoms en u stuur hom weg.

21 Sy seuns word geëer, maar hy weet dit nie.

Hulle word onbelangrik, maar hy besef dit nie.+

22 Slegs terwyl hy lewe, voel hy pyn.

Slegs terwyl hy lewe, treur hy.”

15 Eʹlifas,+ die Temaniet, het toe geantwoord:

 2 “Sal ’n wyse mens met leë argumente antwoord,

of sal hy sy maag met die oostewind vul?

 3 Teregwysing met woorde alleen is nutteloos,

en om net te praat, beteken niks nie.

 4 Want jy breek vrees vir God af,

en jy veroorsaak dat daar nie aan God gedink word nie.

 5 Dit is as gevolg van jou oortreding dat jy so praat,

en jy kies slinkse woorde.

 6 Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie.

Jou eie lippe getuig teen jou.+

 7 Is jy die eerste mens wat gebore is,

of is jy voor die heuwels gebore?

 8 Luister jy na die geheime raad van God,

of dink jy dat net jy wysheid het?

 9 Wat weet jy wat ons nie weet nie?+

Wat verstaan jy wat ons nie verstaan nie?

10 Dié met grys hare sowel as die bejaardes is by ons,+

manne wat baie ouer is as jou pa.

11 Is dit nie vir jou genoeg dat God jou vertroos nie,

of dat woorde op ’n mooi manier aan jou oorgedra word nie?

12 Hoekom werk jy jou so op,

en hoekom is jou oë so vol woede?

13 Jy word kwaad vir God,

en jy laat sulke woorde uit jou mond kom.

14 Hoe kan ’n blote mens rein wees?

En hoe kan iemand wat uit ’n vrou gebore is, regverdig wees?+

15 God het nie eers vertroue in sy engele* nie,

en selfs die hemele is nie rein in sy oë nie.+

16 Wat nog te sê ’n mens wat afskuwelik en sleg is,+

’n man wat slegtheid indrink soos water!

17 Ek sal jou iets leer. Luister na my!

Ek sal vertel wat ek gesien het.

18 Dinge wat wyse manne by hulle vaders gehoor het,+

dinge wat hulle nie weggesteek het nie.

19 Hulle was die enigste inwoners van die land,

en geen vreemdelinge het tussen hulle ingekom nie.

20 ’n Goddelose persoon ly solank as wat hy bestaan.

Ja, die onderdrukker ly solank as wat hy lewe.

21 Hy hoor geluide wat hom laat skrik.+

In ’n tyd van vrede val rowerbendes hom aan.

22 Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal kom nie.+

’n Swaard wag op hom.

23 Hy dwaal rond op soek na kos* – waar is dit?

Hy weet goed dat die dag van duisternis naby is.

24 Vrees en angstigheid oorweldig hom.

Dit storm op hom af soos ’n koning wat gereed is om aan te val.

25 Want hy lig sy hand teen God self,

en hy probeer die Almagtige uitdaag.

26 In sy hardkoppigheid storm hy op Hom af

met sy dik, sterk skild.

27 Sy gesig is vet,

en sy heupe is dik van die vet.

28 Hy woon in stede wat vernietig gaan word,

in huise waarin niemand sal woon nie,

huise wat kliphope sal word.

29 Hy sal nie ryk word nie, en sy rykdom sal nie meer word nie,

hy sal nie oral in die land besittings hê nie.

30 Hy sal nie uit die duisternis kom nie.

’n Vlam sal sy takkie* laat opdroog.

Hy sal sterf deur die geblaas van God se mond.+

31 Hy moenie afdwaal en op waardelose dinge vertrou nie,

want hy sal waardelose dinge in ruil daarvoor kry.

32 Dit sal gebeur voordat sy dag aanbreek,

en sy takke sal nooit goed groei nie.+

33 Hy sal soos ’n wingerdstok wees wat sy groen druiwe afgooi,

en soos ’n olyfboom wat sy bloeisels afgooi.

34 Want die vergadering van die goddeloses* lewer niks op nie,+

en die tente van dié wat omkoopgeskenke aanvaar, word deur vuur verteer.

35 Hulle beplan verkeerde dinge, en daarom doen hulle wat sleg is,

en hulle hart bring bedrog voort.”

16 Job het toe geantwoord:

 2 “Sulke dinge het ek al baie gehoor.

Julle is almal hopelose vertroosters!+

 3 Sal hierdie leë woorde ooit tot ’n einde kom?

Hoekom antwoord jy* my op hierdie manier?

 4 Ek sou ook soos julle kon praat.

As julle in my situasie was,*

sou ek julle kon kritiseer

en my kop vir julle kon skud.+

 5 Maar ek sou julle eerder versterk het met my woorde.

En ek sou julle vertroos het sodat julle verligting kon kry.+

 6 As ek praat, verlig dit nie my pyn nie,+

en as ek ophou praat, word my pyn ook nie minder nie.

 7 Maar nou het hy my moeg gemaak.+

Hy het my hele huisgesin* verwoes.

 8 U het my in u greep, en my toestand bewys dit.

Ek is so maer dat my toestand teen my getuig.

 9 Sy woede het my verskeur, en hy beskou my as ’n vyand.+

Hy is baie kwaad* vir my.

My vyand kyk my woedend aan.+

10 Mense het hulle monde wyd oopgemaak,+

en hulle het my gespot en geklap.

In groot getalle kom hulle teen my.+

11 God lewer my oor aan jong seuns,

en hy gooi my in die hande van die goddeloses.+

12 Ek het geen bekommernisse gehad nie, maar hy het my gebreek.+

Hy het my agter die nek gegryp en my stukkend geslaan.

Toe het hy my sy teiken gemaak.

13 Sy boogskutters omring my.+

Sy pyle veroorsaak diep wonde,*+ en hy voel nie jammer vir my nie.

Hy gooi my gal op die grond uit.

14 Ek is soos ’n muur waardeur hy herhaaldelik breek.

Hy storm op my af soos ’n soldaat.

15 Ek het saklinne aanmekaargewerk om my te bedek.+

En ek het my waardigheid* in die stof begrawe.+

16 My gesig is rooi gehuil,+

en daar is donker kringe* onder my oë,

17 al het ek niemand seergemaak nie

en al is my gebed opreg.

18 Mag die aarde nie my bloed bedek nie!+

Laat my bloed namens my uitroep!

19 Selfs nou is my getuie in die hemel.

Hy wat vir my kan getuig, is in die hoogtes.

20 My vriende bespot my+

terwyl ek voor God huil.*+

21 Laat iemand ’n middelaar wees tussen my en God,

soos in ’n saak tussen twee mense.+

22 Want daar is min jare vir my oor

voordat ek weggaan en nooit weer terugkeer nie.+

17 “My gees is gebreek, my dae is verby.

Die begraafplaas wag op my.+

 2 Spotters omring my,+

en ek sien hulle opstandigheid.

 3 Aanvaar asseblief wat ek as waarborg gee* en hou dit by u.

Wie anders sal my hand skud en vir my borg staan?+

 4 Want u het die harte van hierdie manne vir insig gesluit.+

Daarom verhoog u hulle nie.

 5 Iemand bied dalk aan om met sy vriende te deel,

terwyl hy nie genoeg het vir sy eie kinders nie.

 6 God het my ’n bespotting* onder die volke gemaak.+

Daar word in my gesig gespoeg.+

 7 My oë word dof van angs,+

en ek is net vel en been.

 8 Die opregtes staar verbaas na my.

Die onskuldiges is ontsteld oor die goddeloses.*

 9 Die regverdige bly op die regte weg,+

en die een met rein hande word sterker.+

10 Maar julle kan almal kom en weer begin stry,

want ek het niemand onder julle gevind wat wys is nie.+

11 My dae is verby.+

Van my planne, die begeertes van my hart, is daar niks oor nie.+

12 Hulle maak asof die nag dag is,

en hulle sê: ‘Die lig moet naby wees, want dit is donker.’

13 As ek ’n bietjie langer wag, sal die Graf* my huis word.+

Ek sal my lêplek in die duisternis maak.+

14 Ek sal vir die graf+ sê: ‘Jy is my pa!’

en vir die wurms: ‘My ma en my suster!’

15 Waar is my hoop dan?+

Kan enigiemand hoop vir my sien?

16 My hoop sal afdaal na die geslote poorte van die Graf*

wanneer ons almal saam in die stof afdaal.”+

18 Bildad,+ die Suhiet, het toe geantwoord:

 2 “Wanneer gaan jy ophou om so te praat?

Toon ’n bietjie insig en dan kan ons praat.

 3 Hoekom moet ons deur jou as diere+

en as dom* mense beskou word?

 4 Al verskeur jy jouself in jou woede,

die aarde sal nie ter wille van jou verlate word nie,

en ’n rots sal ook nie uit sy plek skuif nie.

 5 Ja, die lig van die goddeloses sal doodgaan,

en die vlam van sy vuur sal ophou brand.+

 6 Die lig in sy tent sal beslis donker word,

en die lamp wat op hom skyn, sal doodgaan.

 7 Sy vinnige treë sal al hoe stadiger word,

en sy eie planne sal hom laat val.+

 8 Want sy voete sal hom na ’n vangnet lei,

en hy sal daarin beland.

 9 Sy voet sal in ’n strik trap.

Hy sal daarin vasgevang word.+

10 ’n Vangtou lê waar hy dit nie kan sien nie,

en ’n strik lê op sy pad.

11 Gevaar dreig aan alle kante,+

en dit is kort op sy hakke.

12 Sy krag verdwyn,

en rampspoed+ sal hom onvas op sy voete maak.*

13 Sy vel word weggevreet.

Die dodelikste siekte verteer sy ledemate.

14 Hy word uit die veiligheid van sy tent weggeruk+

en na die koning van verskrikking gesleep.*

15 Vreemdelinge* sal in sy tent woon.

Swael sal oor sy huis gestrooi word.+

16 Onder hom sal sy wortels verdroog,

en bo hom sal sy takke verdroog.

17 Mense sal hom heeltemal vergeet,

en niemand op straat sal sy naam ken nie.

18 Hy sal van die lig na die duisternis gedryf word

en uit die wêreld weggejaag word.

19 Hy sal geen kinders of nageslag onder sy volk hê nie,

nie ’n enkele oorlewende in die plek waar hy woon nie.

20 Wanneer sy dag kom, sal die mense in die Weste geskok wees

en sal die mense in die Ooste vol vrees wees.

21 Dit is wat gebeur met die tente van ’n oortreder

en met die plek van iemand wat God nie ken nie.”

19 Job het toe geantwoord:

 2 “Hoe lank sal julle my siel* nog irriteer+

en my met woorde seermaak?+

 3 Julle het my al soveel keer beledig.*

Julle is nie eers skaam om my so sleg te behandel nie.+

 4 En as ek wel ’n fout gemaak het,

sal ek die gevolge daarvan dra.

 5 As julle aanhou om op my neer te sien

en om te sê dat ek verdien om so verneder te word,

 6 dan moet julle weet dat dit God is wat my onregverdig behandel het.

Hy het my in sy vangnet gevang.

 7 Ek roep heeltyd uit: ‘Dis onregverdig!’ maar ek kry geen antwoord nie.+

Ek roep heeltyd vir hulp, maar daar is geen geregtigheid nie.+

 8 Hy het my weg versper met ’n klipmuur, en ek kan nie verbykom nie.

Hy het my paaie bedek met duisternis.+

 9 Hy het my eer van my af weggeneem

en die kroon van my kop afgehaal.

10 Hy breek my aan alle kante af, totdat ek verdwyn.

My hoop ruk hy uit soos ’n boom.

11 Sy woede brand teen my,

en hy beskou my as sy vyand.+

12 Sy soldate kom bymekaar en omsingel my,

en hulle slaan kamp op rondom my tent.

13 Hy het my eie broers ver van my af weggedryf,

en dié wat my ken, het hulle rug op my gedraai.+

14 My goeie vriende* is weg,

en dié wat ek goed geken het, het my vergeet.+

15 Gaste in my huis+ en my slavinne beskou my as ’n vreemdeling.

Ek is ’n uitlander in hulle oë.

16 Ek roep my kneg, maar hy antwoord nie.

Ek smeek hom om medelye* te hê.

17 My asem het vir my vrou walglik geword,+

en ek ruik sleg vir my eie broers.

18 Selfs jong kinders sien neer op my.

Wanneer ek opstaan, begin hulle my spot.

19 Al my goeie vriende kan my nie verdra nie,+

en dié wat ek liefgehad het, het teen my gedraai.+

20 Ek is net vel en been,+

en my lewe hang aan ’n draadjie.*

21 Betoon genade aan my, my vriende, betoon genade,

want God se hand het my getref.+

22 Hoekom hou julle aan om my te vervolg, soos God my vervolg,+

en hoekom val julle my heeltyd aan?+

23 As my woorde maar net neergeskryf was!

As dit maar net in ’n boek neergeskryf kon word!

24 As dit maar net vir ewig in ’n rots uitgekap kon wees,

met ’n ysterpen en lood!

25 Want ek weet goed dat my verlosser*+ lewe.

Hy sal later kom en op die aarde staan.*

26 Nadat my vel weggeteer het,

en terwyl ek nog lewe, sal ek God sien.

27 Ek sal hom self sien.

Ek sal hom met my eie oë sien, nie met dié van iemand anders nie.+

Maar ek voel oorweldig deur my emosies!*

28 Want julle sê: ‘Hoe vervolg ons hom?’+

Julle dink dat die oorsaak van die probleem by my lê.

29 Júlle moet bang wees vir die swaard,+

want die swaard bring straf vir oortredings.

Julle moet weet dat daar ’n regter is.”+

20 Sofar,+ die Naämatiet, het toe geantwoord:

 2 “Ek kan my gevoelens nie meer inhou nie. Ek moet iets sê,

want ek is baie ontsteld.

 3 Ek het ’n teregwysing gehoor wat my beledig.

En weens die insig wat ek het, moet ek eenvoudig antwoord.

 4 Jy weet tog sekerlik:

Vandat die mens* op die aarde geplaas is,+

 5 het die blydskap van slegte mense nie lank gehou nie

en was die vreugde van die goddeloses* van korte duur.+

 6 Al styg sy grootheid tot in die hemel

en al raak sy kop aan die wolke,

 7 sal hy vir ewig vergaan soos sy eie ontlasting.

Dié wat hom gewoonlik gesien het, sal vra: ‘Waar is hy?’

 8 Hy sal wegvlieg soos ’n droom, en hulle sal hom nie vind nie.

Hy sal verdwyn soos ’n visioen in die nag.

 9 Die oog wat hom voorheen gesien het, sal hom nie weer sien nie,

en ook sy woonplek sal hom nie weer sien nie.+

10 Sy kinders sal die goedkeuring van die armes soek,

en met sy eie hande sal hy sy rykdom teruggee.+

11 Hy was vol jeugdige krag,

maar dit sal verdwyn wanneer hy in die stof gaan lê.

12 As slegte dinge soet smaak in sy mond

en hy dit onder sy tong wegsteek,

13 as hy die smaak daarvan geniet en dit nie uitspoeg nie,

maar dit in sy mond hou,

14 sal sy kos suur word in sy maag.

Dit sal soos die gif* van kobras in hom word.

15 Hy het rykdom ingesluk, maar hy sal dit opgooi.

God sal sorg dat hy dit opbring.

16 Die gif van kobras sal hy drink.

Die giftande* van ’n adder sal hom doodmaak.

17 Hy sal nooit strome water

en ’n oorvloed van heuning en botter geniet nie.

18 Hy sal sy besittings teruggee voordat hy dit kan gebruik.

Hy sal handel dryf, maar hy sal nie die rykdom wat hy verkry het, geniet nie.+

19 Want hy het die armes onderdruk en hulle nie gehelp nie.

Hy het ’n huis gevat wat hy nie gebou het nie.

20 Maar hy sal nie innerlike vrede hê nie.

Sy rykdom sal hom nie red nie.

21 Daar het niks oorgebly wat hy kan vat nie.

Daarom sal sy rykdom nie hou nie.

22 Wanneer hy baie rykdom het, sal angstigheid hom inhaal.

Die ergste probleme sal hom tref.

23 Terwyl hy eet,

sal God Sy brandende woede teen hom stuur

en dit soos reën op hom laat val.

24 Wanneer hy vir ysterwapens vlug,

sal pyle van ’n koperboog hom tref.

25 Hy trek ’n pyl uit sy rug,

’n glinsterende wapen uit sy ingewande,

en vrees oorval hom.+

26 Die duisternis wag op sy skatte.

’n Vuur wat niemand aangeblaas het nie, sal hom verteer.

Rampspoed wag op enige oorlewendes in sy tent.

27 Die hemel sal sy sonde blootlê.

Die aarde sal teen hom in opstand kom.

28 Vloedwater sal sy huis wegspoel.

Daar sal ’n stortvloed wees op die dag van God se woede.

29 Dit is die goddelose mens se deel wat van God af kom,

die erfdeel wat God hom gee.”

21 Job het toe geantwoord:

 2 “Luister mooi na wat ek sê.

Laat dít die troos wees wat julle my gee.

 3 Luister geduldig na my terwyl ek praat.

Daarna kan julle my maar spot.+

 4 As ek by ’n mens gekla het,

sou my geduld al opgeraak het.

 5 Kyk na my. Julle sal geskok wees

en julle hand oor julle mond sit.

 6 As ek daaraan dink, ontstel dit my,

en my hele liggaam bewe.

 7 Hoekom bly die goddeloses lewe?+

Hoekom word hulle oud en ryk?*+

 8 Hulle het altyd hulle kinders by hulle,

en hulle sien hulle nakomelinge.

 9 Hulle huise is veilig, en hulle hoef niks te vrees nie.+

God straf hulle nie.

10 Hulle bulle is altyd vrugbaar.

Hulle koeie het geen misgeboorte nie.

11 Hulle seuns hardloop buite rond soos ’n kudde,

en hulle kinders huppel rond.

12 Hulle sing terwyl daar op die tamboeryn en harp gespeel word,

en hulle is vrolik terwyl daar op die fluit gespeel word.+

13 Hulle het ’n gelukkige lewe,

en hulle gaan in vrede* na die Graf.*

14 Maar hulle sê vir die ware God: ‘Los ons uit!

Ons stel glad nie belang in u weë nie.+

15 Wie is die Almagtige, dat ons hom moet dien?+

Hoe sal ons daarby baat vind as ons hom leer ken?’+

16 Maar ek weet dat hulle geen beheer het oor hulle voorspoed nie.+

Ek dink glad nie soos die goddeloses nie.*+

17 Hoe dikwels word die lamp van die goddeloses uitgedoof?+

Hoe dikwels word hulle deur rampspoed getref?

Hoe dikwels vernietig God hulle in sy woede?

18 Word hulle ooit soos strooi in die wind

en soos kaf wat deur ’n stormwind weggewaai word?

19 God sal ’n man se kinders straf vir wat hy gedoen het.

Maar God moet hóm liewer straf sodat hy dit self kan voel.+

20 Mag sy eie oë sy ondergang sien,

en mag hy self die woede van die Almagtige drink.+

21 Want hy weet nie wat met sy kinders gebeur

as sy lewe verkort word nie.+

22 Kan enigiemand God iets leer?+

Hy is tog die een wat selfs die hoogste persone oordeel.+

23 Een man sterf terwyl hy nog baie krag het,+

terwyl hy geen bekommernisse het nie en rustig lewe,+

24 terwyl sy bobene fris is

en sy liggaam sterk is.*

25 Maar ’n ander man sterf terwyl hy baie bekommernisse het,

sonder dat hy goeie dinge ondervind het.

26 Hulle sal al twee in die stof gaan lê,+

en albei sal deur wurms geëet word.+

27 Kyk! Ek weet presies wat julle dink

en watter planne julle teen my beraam.*+

28 Want julle sê: ‘Waar is die huis van die belangrike man,

en waar is die tent waar die goddelose man gewoon het?’+

29 Het julle nog nie reisigers gevra nie?

Skenk julle nie aandag aan wat hulle sê nie?

30 Hulle sal vir julle sê dat ’n goddelose persoon gespaar word op die dag van rampspoed

en gered word op die dag van woede.

31 Wie sal hom bestraf oor sy slegte weg?

En wie sal hom terugbetaal vir wat hy gedoen het?

32 Wanneer hy na die begraafplaas gedra word,

sal daar wag gehou word oor sy graf.

33 Hy lê rustig in die grond van die vallei,*+

en die hele mensdom gaan agter hom aan,+

soos al die mense wat voor hom gesterf het.

34 Hoekom probeer julle my vertroos met woorde wat niks beteken nie?+

Julle woorde is bedrieglik!”

22 Eʹlifas,+ die Temaniet, het toe geantwoord:

 2 “Kan ’n mens vir God nuttig wees?

Kan selfs ’n wyse persoon van enige nut vir hom wees?+

 3 Gee die Almagtige om* dat jy regverdig is,

of vind hy daarby baat dat jy ’n weg van integriteit* volg?+

 4 Dink jy hy sal jou straf

en voor die hof bring omdat jy hom vrees?

 5 Is dit nie as gevolg van al jou goddeloosheid nie

en omdat daar nie ’n einde is aan jou sondes nie?+

 6 Sonder rede vat jy jou broers se besittings as sekuriteit,

en jy vat mense se klere en laat hulle kaal agter.*+

 7 Jy gee nie water aan die een wat moeg is nie,

en jy gee nie kos aan die een wat honger is nie.+

 8 Die land behoort aan mense met mag,+

en die bevoorregtes woon daarin.

 9 Maar jy het weduwees met leë hande weggestuur,

en jy het die arms van weeskinders* gebreek.

10 Daarom is daar strikke oral om jou+

en word jy deur verskriklike dinge oorval.

11 Daarom is dit so donker dat jy nie kan sien nie,

en daarom word jy deur vloedwaters bedek.

12 Is God nie in die hoogste hemele nie?

En kyk net hoe hoog is al die sterre.

13 Maar jy het gesê: ‘Wat weet God eintlik?

Kan hy deur digte, donker wolke sien om te oordeel?

14 Daar is wolke rondom hom, en hy kan nie daardeur sien

terwyl hy in die hoogste hemele* rondloop nie.’

15 Gaan jy die ou pad volg

wat goddelose mense gevolg het?

16 Hulle lewe is kortgeknip,

en hulle fondament is deur vloedwaters* weggespoel.+

17 Hulle het vir die ware God gesê: ‘Los ons uit!’

En hulle het gevra: ‘Wat kan die Almagtige aan ons doen?’

18 Tog is hy die Een wat hulle huise met goeie dinge gevul het.

(Ek stem glad nie saam met sulke goddelose gedagtes nie.)

19 Die regverdiges sal sien hoe hulle vernietig word,

en die onskuldiges sal hulle spot en sê:

20 ‘Ons vyande is vernietig,

en ’n vuur sal hulle heeltemal verteer.’

21 Jy moet God leer ken, en dan sal jy vrede hê,

en goeie dinge sal op jou pad kom.

22 Aanvaar die wet wat uit sy mond kom

en bewaar sy woorde in jou hart.+

23 As jy na die Almagtige terugkeer, sal dit weer met jou goed gaan.+

As jy goddeloosheid uit jou tent verwyder

24 en jou goud in die stof gooi

en jou suiwerste goud*+ tussen die rotse van die klowe,*

25 dan sal die Almagtige jou goud word,

en hy sal jou beste silwer wees.

26 Want dan sal jy vreugde vind in die Almagtige,

en jy sal nader aan God kan kom sonder om te vrees.

27 Jy sal hom aanroep, en hy sal na jou luister.

En jy sal jou geloftes betaal.

28 Alles wat jy besluit om te doen, sal suksesvol wees,

en lig sal op jou pad skyn.

29 Jy sal verneder word as jy hoogmoedig praat,

maar hy sal die nederiges red.

30 Hy sal dié red wat onskuldig is.

As jy onskuldig is, sal jy beslis gered word.”

23 Job het toe geantwoord:

 2 “Ek aanvaar dit nie. Ek gaan nog steeds kla.+

Ek is uitgeput van al die swaarkry.

 3 As ek net geweet het waar ek God kon vind!+

Dan sou ek na sy woonplek gaan.+

 4 Ek sou my saak aan hom stel,

en ek sou my verdedig.

 5 Ek sou sy antwoord hoor

en aandag skenk aan wat hy vir my sê.

 6 Sou hy sy groot krag teen my gebruik?

Nee, hy sou sekerlik na my luister.+

 7 Daar sal die opregtes sake met hom kan regstel,

en ek sou eens en vir altyd onskuldig verklaar word deur my Regter.

 8 Maar as ek na die ooste gaan, is hy nie daar nie.

En as ek na die weste gaan, kan ek hom ook nie vind nie.

 9 Wanneer hy aan die linkerkant werk, kan ek hom nie sien nie,

en wanneer hy regs draai, sien ek hom nog steeds nie.

10 Maar hy weet watter pad ek gekies het.+

Nadat hy my getoets het, sal ek soos suiwer goud wees.+

11 Ek het sy voetstappe noukeurig gevolg.

Ek het op sy weg gebly sonder om af te dwaal.+

12 Ek het alles gedoen wat hy gesê het.

Ek het sy woorde as ’n skat bewaar,+ selfs meer as wat van my vereis is.

13 Wie kan hom keer as hy vasbeslote is om iets te doen?+

Wanneer hy iets wil doen, dan doen hy dit.+

14 Hy sal alles doen wat hy oor my besluit het,

en hy het nog baie sulke dinge in gedagte.

15 Daarom voel ek angstig as gevolg van hom.

Wanneer ek aan hom dink, raak ek al hoe banger.

16 God het my moed gebreek.

Die Almagtige het my bang gemaak.

17 Maar ek is nog nie stilgemaak deur die duisternis nie,

en ook nie deur die donkerte wat my gesig bedek het nie.

24 “Hoekom stel die Almagtige nie ’n tyd vas wanneer hy mense gaan oordeel nie?+

Hoekom sien dié wat hom ken, nie sy dag nie?

 2 Mense verskuif grensmerkers.+

Hulle steel kuddes vir hulle eie weiveld.

 3 Hulle vat die weeskind se donkie af

en neem die weduwee se bul as sekuriteit vir ’n lening.+

 4 Hulle druk die armes van die pad af.

Die hulpeloses moet vir hulle wegkruip.+

 5 Die armes moet na kos soek soos wildedonkies+ in die wildernis.

Hulle soek in die woestyn na kos vir hulle kinders.

 6 Hulle moet in iemand anders se landery oes*

en pluk wat in die wingerd van die goddelose oorgebly het.

 7 Sonder klere moet hulle die nag deurbring.+

Hulle het niks om hulle mee te bedek wanneer dit koud is nie.

 8 Hulle word papnat van die reën in die berge.

Hulle klou aan die rotse vas omdat daar nie skuilplek is nie.

 9 Die vaderlose kind word van die bors af weggeruk.+

En die klere van die arme word afgevat as sekuriteit vir ’n lening.+

10 Hulle word dus gedwing om sonder klere rond te loop

en honger te ly terwyl hulle graanbondels dra.

11 In die skroeiende hitte werk hulle hard* op die terrasse.

Hulle trap druiwe in die wynperse, en tog ly hulle dors.+

12 Die sterwendes hou aan kreun in die stad.

Dié wat dodelik gewond is, roep om hulp,+

maar God steur hom nie daaraan nie.*

13 Party mense haat die lig.+

Hulle verwerp die weë van die lig

en volg nie die paaie daarvan nie.

14 Die moordenaar staan teen dagbreek op.

Hy maak die hulpeloses en die armes dood+

en in die nag steel hy.

15 Die egbreker wag vir die aand+

en sê: ‘Niemand gaan my sien nie!’+

En hy bedek sy gesig.

16 In die donkerte breek hulle by huise in.

In die dag sluit hulle hulleself toe.

Hulle ken nie die lig nie.+

17 Hulle vrees die oggend net soos ander mense die donkerte vrees.

Hulle is gewoond aan die gevare van die donkerte.

18 Maar hulle word vinnig deur die waters weggespoel.*

Hulle stuk grond sal vervloek wees.+

Hulle sal nie na hulle wingerde terugkeer nie.

19 Net soos droogte en hitte die sneeu laat verdwyn,

so laat die Graf* sondaars verdwyn!+

20 Hulle ma’s* sal hulle vergeet; die wurms sal hulle eet.

Niemand sal hulle onthou nie.+

Die goddeloses sal gebreek word net soos ’n boom.

21 Hulle buit onvrugbare vrouens uit

en mishandel weduwees.

22 God sal sy krag gebruik om ’n einde aan die magtiges te maak.

Al word hulle sterk, het hulle geen versekering dat hulle sal bly lewe nie.

23 God laat hulle dink dat hulle veilig is,+

maar hy sien alles raak wat hulle doen.+

24 Hulle is vir ’n kort rukkie belangrik, en dan verdwyn hulle.+

Hulle word verneder+ en sterf soos al die ander mense.

Hulle word soos koring afgesny.

25 Wie kan teen my stry

of my verkeerd bewys?”

25 Bildad,+ die Suhiet, het toe geantwoord:

 2 “God regeer en mense behoort sy mag te vrees.

Hy sorg dat daar vrede in die hemel is.

 3 Kan sy leërmag getel word?

En op wie skyn sy lig nie?

 4 Hoe kan ’n blote mens dan regverdig voor God wees?+

En hoe kan iemand wat uit ’n vrou gebore is, onskuldig* wees?+

 5 Selfs die maan is nie vir hom helder nie,

en die sterre is nie rein in sy oë nie.

 6 Wat nog te sê ’n mens, wat soos ’n wurm is,

en ’n mensekind, wat soos ’n maaier is!”

26 Job het toe geantwoord:

 2 “Hoe het jy nou die een gehelp wat nie krag het nie?

Hoe het jy die persoon gered wat swak is?+

 3 Watter wonderlike raad het jy tog gegee aan iemand wat nie wysheid het nie!+

En hoe vrygewig was jy tog met jou praktiese wysheid!

 4 Vir wie is jou woorde eintlik bedoel?

En waar kom jy aan hierdie dinge?*

 5 Dié wat magteloos is in die dood, bewe.

Hulle is selfs laer as die see en alles wat daarin woon.

 6 Die Graf* lê oop en bloot voor God,+

en die plek van vernietiging* is nie bedek nie.

 7 Hy strek die hemel* uit oor die leë ruimte*+

en laat die aarde hang aan niks.

 8 Hy vou die water in wolke toe,+

sodat die wolke nie oopbars van al die water nie.

 9 Hy maak sy troon onsigbaar

deur dit met wolke te bedek.+

10 Hy merk die horison* op die water af.+

Hy skei die lig van die duisternis.

11 Die pilare van die hemel skud.

Hulle bewe weens sy teregwysing.

12 Deur sy krag maak hy die see onstuimig,+

en deur middel van sy wysheid slaan hy die seemonster* stukkend.+

13 Met die wind* maak hy die lug skoon.

Hy vernietig die slang wat wegseil.

14 En dit is maar net ’n klein deeltjie van sy werke.+

Wat ons van hom gehoor het, is maar net ’n fluistering!

Wie kan dan sy magtige donderslae verstaan?”+

27 Job het verder gesê:

 2 “So waar as wat God lewe, wat my onregverdig behandel het,+

en so waar as wat die Almagtige lewe, wat my lewe bitter gemaak het;+

 3 solank as wat ek lewe

en solank as wat God my laat asemhaal,+

 4 sal goddelose dinge nie uit my mond kom nie

en sal ek niks bedriegliks sê nie!

 5 Ek sal nooit sê dat julle reg is nie!

Totdat ek sterf, sal ek nie my integriteit* prysgee nie!+

 6 Ek sal aanhou om my onskuld te verdedig. Ek sal nooit ophou nie.+

Solank as wat ek lewe, sal my hart* my nie veroordeel nie.

 7 Mag my vyande gestraf word soos die goddeloses,

en dié wat my aanval, soos slegte mense.

 8 Want watter hoop het die goddelose mens* wanneer hy vernietig word,+

wanneer God sy lewe neem?

 9 Sal God hom hoor wanneer hy om hulp roep,

wanneer hy in die moeilikheid is?+

10 Of sal hy bly wees oor sy verhouding met die Almagtige?

Sal hy te alle tye tot God bid?

11 Ek sal julle leer oor die krag* van God.

Ek sal niks omtrent die Almagtige wegsteek nie.

12 As julle almal visioene gesien het,

hoekom sê julle dan dinge wat niks beteken nie?

13 Dít is die deel wat die goddelose mens van God kry,+

die erfdeel wat die onderdrukker van die Almagtige ontvang:

14 Al het hy baie kinders, sal hulle deur die swaard doodgemaak word,+

en sy nakomelinge sal nie genoeg kos hê nie.

15 Ná sy dood sal sy nakomelinge weens ’n verskriklike siekte sterf,

en hulle weduwees sal nie oor hulle huil nie.

16 Al versamel hy baie silwer, so baie soos stof,

en al het hy hope klere, so baie soos klei,

17 al maak hy dit bymekaar,

sal die regverdiges dit dra,+

en die onskuldiges sal sy silwer onder hulle verdeel.

18 Die huis wat hy bou, is so swak soos ’n mot se kokon,

soos ’n tydelike skuiling+ wat deur ’n wag gemaak is.

19 Hy sal ryk wees wanneer hy gaan slaap,

maar wanneer hy sy oë oopmaak, sal hy niks hê nie.

20 Vrees oorweldig hom soos ’n vloed.

’n Storm sal hom in die nag wegruk.+

21 ’n Oostewind sal hom wegwaai, en hy sal verdwyn.

Dit sal hom van sy huis af wegwaai.+

22 Dit sal sonder genade teen hom kom+

terwyl hy desperaat probeer wegkom.+

23 Die wind* sal hande klap

en spottend vir hom fluit.+

28 “Daar is ’n plek waar silwer gemyn word

en ’n plek waar goud gesuiwer word.+

 2 Yster word uit die grond gehaal

en koper word uit klippe gesmelt.*+

 3 Die mens oorwin die donkerte.

Hy gaan tot in die verste donker dele van die aarde

op soek na metaal.*

 4 Hy sink ’n skag ver van waar mense woon,

in vergete plekke, ver van waar mense loop.

Party sak met toue af en hang daaraan terwyl hulle werk.

 5 Kos groei op die oppervlak van die aarde,

maar onder die grond is daar verwoesting soos deur vuur.*

 6 Daar bevat die klippe saffier,

en in die stof is daar goud.

 7 Geen roofvoël weet hoe om daar uit te kom nie,

en die oog van die valk het dit nie gesien nie.

 8 Groot diere het nie daar geloop nie,

en jong leeus het nie daar gejag nie.

 9 Die mens breek die harde klip.

Hy keer die dieptes van die berge om.

10 Hy sny waterkanale+ uit die rots.

Sy oë sien elke kosbare ding raak.

11 Hy dam die ondergrondse water op by hulle oorsprong,

en bring verborge dinge na die lig.

12 Maar wysheid – waar kan dit gevind word?+

En waar is die bron van insig?+

13 Mense weet nie hoe waardevol dit is nie,+

en dit kan nie in die land van die lewendes gevind word nie.

14 Die diep water sê: ‘Dit is nie in my nie!’

En die see sê: ‘Dit is nie by my nie!’+

15 Dit kan nie met suiwer goud gekoop word nie,

en silwer kan nie daarvoor afgeweeg word nie.+

16 Dit kan nie met goud van Ofir+ gekoop word nie,

en ook nie met kosbare oniksstene en saffiere nie.

17 Goud en glas kan nie daarmee vergelyk word nie,

en ’n voorwerp van suiwer goud kan nie in ruil daarvoor gegee word nie.+

18 Koraal en kristal kan nie daarmee vergelyk word nie,+

want ’n sak vol wysheid is meer werd as ’n sak vol pêrels.

19 Die topaas+ van Kus kan nie daarmee vergelyk word nie.

Dit kan nie eers met suiwer goud gekoop word nie.

20 Maar waar kom wysheid vandaan?

En waar is die bron van insig?+

21 Nie ’n enkele lewende ding kan dit sien nie.+

Dit is weggesteek vir die voëls van die hemel.

22 Vernietiging en die dood sê:

‘Ons het maar net daarvan gehoor.’

23 Maar God weet waar om dit te vind.

Hy is die enigste een wat weet waar dit woon,+

24 want hy sien tot aan die eindes van die aarde

en hy sien alles onder die hemel.+

25 Hy het die krag van die wind vasgestel+

en die waters afgemeet.+

26 Hy het wette gemaak vir die reën,+

en ’n weg vir die donderwolk.+

27 Op daardie tyd het hy wysheid gesien en verduidelik wat dit is.

Hy het dit stewig gevestig en dit ondersoek.

28 En hy het vir die mens gesê:

‘Vrees vir Jehovah – dit is wysheid.+

En om slegte dinge te vermy, is insig.’”+

29 Job het verder gesê:

 2 “Ag, as ek maar was soos ek voorheen was,

in die dae toe God my beskerm het,

 3 toe hy sy lig oor my laat skyn het,

toe hy my pad in die donkerte verlig het,+

 4 toe ek nog jonk en sterk was,

toe God ’n vriend in my tent was,+

 5 toe die Almagtige nog met my was,

toe my kinders* nog by my was,

 6 toe ek ’n oorvloed botter gehad het,*

en strome olie, asof dit uit die rotse gevloei het,+

 7 toe ek nog na die stadspoort gegaan het+

en op die openbare plein gaan sit het.+

 8 Die jong manne het padgegee* as ek aankom

en selfs die ou manne het opgestaan en bly staan.+

 9 Die leiers het stilgebly.

Hulle het hulle hand oor hulle mond gesit.

10 Die belangrike manne het opgehou praat.

Nie ’n woord het uit hulle mond gekom nie.*

11 Almal wat na my geluister het, het net goeie dinge van my gesê,

en almal wat my gesien het, het my geprys.

12 Want ek het die arme gered wat om hulp geroep het,+

asook die weeskind* en elkeen wat nie ’n helper gehad het nie.+

13 Dié wat naby die dood was, het goeie dinge van my gesê,+

en die weduwees was bly oor wat ek vir hulle gedoen het.+

14 Ek het altyd regverdig opgetree.

Met geregtigheid het ek besluite geneem.*

15 Ek was oë vir die blindes

en voete vir dié wat verlam is.

16 Ek was ’n pa vir die armes.+

Ek het gesorg dat vreemdelinge ’n regverdige verhoor kry.+

17 Ek het die kakebene van die goddelose gebreek,+

en die prooi uit sy tande weggeruk.

18 Ek het altyd gesê: ‘Ek sal in my eie huis sterf,+

en my dae sal so baie wees soos die sandkorrels.

19 Ek sal soos ’n boom wees waarvan die wortels tot by die water reik,

en die dou sal die hele nag lank op my takke wees.

20 Ek sal altyd ’n goeie reputasie hê,

en die boog in my hand sal bly skiet.’

21 Mense het aandagtig na my geluister.

Hulle het in stilte gewag vir my raad.+

22 Nadat ek gepraat het, het hulle niks meer gehad om te sê nie.

My woorde was sag op hulle ore.

23 Hulle het vir my gewag soos mense vir die reën wag.

Hulle het na my woorde uitgesien soos na die lentereën.+

24 Toe ek vir hulle geglimlag het, kon hulle dit skaars glo.

My vrolike gesig het hulle gerusgestel.*

25 Ek het vir hulle raad gegee, want ek was vir hulle ’n leier.

Ek was soos ’n koning tussen sy soldate,+

iemand wat die treurendes vertroos.+

30 “Nou lag hulle vir my+

– manne wat jonger is as ek.

En ek sou hulle pa’s nie eers toegelaat het

om saam met my honde skape op te pas nie.

 2 Van watter nut was hulle krag vir my?

Hulle energie het verdwyn.

 3 Hulle is uitgeteer van die honger.

Hulle eet enigiets wat hulle in die hande kry

in die droë, verlate woestyn.

 4 Hulle pluk die blare van soutbosse,

en hulle eet die wortels van besembosse.

 5 Hulle word uit die gemeenskap uitgedryf.+

Mense skree op hulle asof hulle diewe is.

 6 Hulle woon tussen die klowe,*

in gate in die grond en in die rotse.

 7 Hulle roep uit tussen die bosse

en soek skuiling tussen die doringbosse.

 8 Soos die seuns van verstandelose en nikswerd mense

is hulle uit die land uitgedryf.

 9 Maar nou spot hulle my selfs in hulle liedjies.+

Hulle sien neer op my.+

10 Hulle haat my, en hulle bly ver van my af weg.+

Hulle spoeg selfs in my gesig.+

11 God het my van my krag beroof* en my verneder,

en nou maak mense met my net wat hulle wil.

12 Aan my regterkant val hulle my aan soos ’n bende,

en ek het van hulle af weggevlug.

Hulle sit strikke op my pad om my te vernietig.

13 Hulle breek my paaie op

en hulle maak my probleme nog erger.+

Daar is niemand wat hulle keer* nie.

14 Soos vyande wat deur ’n wye gat in die muur inkom,

storm hulle op my af.

15 Vrees oorweldig my.

My waardigheid verdwyn soos die wind.

En my hoop op redding verdwyn soos ’n wolk.

16 Ek kom al hoe nader aan die dood.+

Elke dag is ’n dag van swaarkry.+

17 In die nag dring die pyn deur tot in my gebeente.+

Die knaende pyn hou nooit op nie.+

18 Met geweld word daar aan my kleed getrek.*

Dit wurg my soos ’n kraag wat te styf sit.

19 God het my in die modder gegooi.

Ek is nou maar net stof en as.

20 Ek roep tot u om hulp, maar u antwoord my nie.+

Ek kom voor u, maar u kyk my net aan.

21 U het my wreed behandel en teen my gedraai.+

U val my aan met al u krag.

22 U tel my op en laat die wind my wegwaai.

Dan gooi u my rond in die storm.*

23 Ek weet u gaan my na die dood stuur,

na die huis waar almal wat lewe, bymekaar sal kom.

24 Maar niemand sal ’n gebroke man* heeltemal vernietig+

terwyl hy om hulp roep in sy tyd van nood nie.

25 Het ek nie gehuil toe ander deur moeilike tye gegaan het nie?

Het ek nie getreur oor die armes nie?+

26 Ek het gehoop dat goeie dinge sal kom, maar toe het slegte dinge gekom.

Ek het die lig verwag, maar toe kom die donkerte.

27 Die angstigheid binne-in my het nie opgehou nie.

Elke dag is ’n dag van swaarkry.

28 Ek loop hartseer rond;+ daar is geen sonlig nie.

Ek staan in die gemeente op en roep om hulp.

29 Die jakkalse het my broers geword,

en die volstruise my vriende.+

30 My vel het swart geword en afgedop.+

My liggaam* brand van die hitte.*

31 My harp word net gebruik vir treurliedere,

en my fluit vir liedere van trane.

31 “Ek het ’n verbond met my oë gemaak+

dat ek nooit ongepaste aandag aan ’n jong meisie sal gee nie.+

 2 As ek dit sou doen, wat sou ek ontvang van God in die hemel?

Watter erfdeel sou ek ontvang van die Almagtige daar bo?

 3 Word die goddeloses nie deur rampspoed getref nie?

En sal dit nie sleg gaan met dié wat verkeerde dinge doen nie?+

 4 Sien God nie alles wat ek doen nie,+

en is hy nie bewus van elke tree wat ek gee nie?

 5 Was ek iemand wat leuens vertel het?*

Was ek iemand wat mense bedrieg het?+

  6 Laat God my met ’n akkurate weegskaal weeg.+

Dan sal hy sien dat ek my integriteit* behou het.+

 7 As ek van die regte pad afgedwaal het,+

of as my hart my oë gevolg het,+

of as my hande onrein geword het,

 8 laat iemand anders dan eet wat ek gesaai het,+

en laat alles wat ek geplant het,* uitgeruk word.

 9 As my hart deur ’n vrou verlei is+

en ek in die geheim naby my medemens se deur gewag het,+

10 laat my vrou dan vir ’n ander man graan maal,

en laat ander mans met haar seksuele omgang hê.*+

11 Want dit sou skandelike gedrag gewees het,

’n sonde wat straf van die regters verdien.+

12 Dit sou soos ’n verwoestende vuur gewees het,+

wat alles wat ek het, vernietig.

13 As ek gekeer het dat my slawe of slavinne geregtigheid kry

wanneer hulle ’n klagte* teen my gehad het,

14 wat sou ek dan kon doen wanneer God my daaroor konfronteer?

Wat sou ek vir hom kon sê wanneer hy my daaroor uitvra?+

15 Het die Een wat my in die baarmoeder gemaak het, hulle nie ook gemaak nie?+

Is ons nie voor ons geboorte* deur dieselfde Een gevorm nie?+

16 As ek geweier het om vir die armes te gee wat hulle wou hê+

en die weduwees teleurgestel het deur hulle nie te help nie,+

17 as ek my kos alleen geëet het

en dit nie met die weeskinders gedeel het nie,+

18 (want vandat ek jonk was, het ek die weeskinders grootgemaak en was ek soos ’n pa vir hulle,

en van jongs af het ek die weduwees gehelp)

19 as ek gesien het dat iemand verkluim omdat hy nie klere het nie

of dat ’n arm man niks het om hom mee te bedek nie,+

20 as ek nie vir hom wol van my skape gegee het

sodat hy kon warm bly en my kon seën nie,+

21 en as ek ’n weeskind gedreig het+

wanneer hy my in die stadspoort kom vra het om hom te help,*+

22 laat my arm dan van my skouer afval,

en laat my arm by die elmboog* gebreek word.

23 Maar ek sou nooit so iets gedoen het nie, want ek was bang vir die rampspoed wat God oor my sou bring,

en ek sou nie voor hom* kon staan nie.

24 As ek my hoop op goud gestel het,

of vir suiwer goud gesê het: ‘Ek vertrou op jou!’+

25 of as my rykdom en al die besittings wat ek bymekaargemaak het,+

my grootste vreugde in die lewe was,+

26 as ek die son sien skyn het

of die maan in sy prag verby sien gly het+

27 en my hart verlei is

om hulle te aanbid,*+

28 sou dit ’n sonde gewees het wat straf van die regters verdien,

want ek sou ontrou gewees het aan die ware God daar bo.

29 Was ek ooit bly toe my vyand vernietig is,+

of het ek lekker gekry toe iets slegs met hom gebeur het?

30 Ek het nie gesondig

deur hom dood te wens nie.+

31 Die manne van my tent sal getuig

dat almal van my kos* geëet het en versadig geword het.+

32 Ek het nie vreemdelinge buite laat slaap nie.+

My deur was altyd oop vir reisigers.

33 Het ek ooit soos ander mense my sondes probeer bedek+

deur dit in die sak van my kleed weg te steek?

34 Was ek bang vir wat mense sou sê

of dat ander sleg van my sou dink,

en het dit my laat stilbly en gekeer dat ek buitentoe gaan?

35 As iemand maar net na my sou luister!+

Ek sal my handtekening gee om te bevestig dat ek die waarheid praat.

Laat die Almagtige my antwoord!+

As my beskuldiger maar net sy klagtes in ’n dokument neergeskryf het!

36 Ek sou dit op my skouers gedra het

en soos ’n kroon op my kop gesit het.

37 Ek sou hom ’n verslag gegee het van alles wat ek gedoen het.

Soos ’n leier sou ek vol vertroue na hom toe gegaan het.

38 As my landerye my sou aankla

en die vore wat ek geploeg het, saam sou huil;

39 as ek die opbrengs daarvan geëet het sonder dat ek daarvoor betaal het,+

of as ek die eienaars daarvan moed laat verloor het,+

40 laat dorings dan vir my opkom in plaas van koring,

en stink onkruid in plaas van gars.”

Die woorde van Job eindig hier.

32 Toe het die drie manne opgehou om Job te probeer antwoord, want hy was oortuig dat hy onskuldig is.*+ 2 Maar Eliʹhu, die seun van Baraʹgel, die Busiet,+ uit die familie van Ram, het baie kwaad geword. Hy was woedend omdat Job probeer bewys het dat hý reg is eerder as God.+ 3 Hy was ook baie kwaad vir Job se drie vriende omdat hulle nie vir hom ’n goeie antwoord kon gee nie en God skuldig verklaar het.+ 4 Eliʹhu het gewag voordat hy Job geantwoord het, want die ander was ouer as hy.+ 5 Toe Eliʹhu sien dat die drie mans niks meer gehad het om te sê nie, het hy woedend geword. 6 Eliʹhu, die seun van Baraʹgel, die Busiet, het toe begin praat en gesê:

“Ek is jonk,

en julle is ouer as ek.+

Daarom het ek uit respek stilgebly+

en nie vir julle gesê wat ek weet nie.

 7 Ek het gedink: ‘Laat die ouer mense praat,

en laat die bejaardes wysheid bekend maak.’

 8 Maar dit is die gees in mense,

die asem van die Almagtige, wat hulle insig gee.+

 9 Mense is nie noodwendig wys net omdat hulle oud is nie,

en dit is nie net oumense wat weet wat reg is nie.+

10 Daarom sê ek: ‘Luister na my.

Ek sal vir julle sê wat ek weet.’

11 Ek het gewag dat julle klaar praat.

Ek het na julle redenasies bly luister+

terwyl julle gedink het aan nog dinge om te sê.+

12 Ek het aandagtig na julle geluister,

maar nie een van julle kon Job verkeerd bewys*

of ’n antwoord op sy argumente gee nie.

13 Moet dus nie sê: ‘Ons het wysheid gevind;

dit is God wat hom verkeerd bewys, nie ’n mens nie.’

14 Job het nie met my gepraat nie,

en daarom gaan ek hom nie antwoord met julle argumente nie.

15 Hierdie manne is ontsteld, hulle het nie meer antwoorde nie.

Hulle het niks meer om te sê nie.

16 Ek het gewag, maar hulle praat nie verder nie.

Hulle staan net daar, hulle het nie meer antwoorde nie.

17 Nou gaan ek praat.

Nou gaan ek sê wat ek weet.

18 Want ek het baie om te sê.

Ek kan dit nie meer inhou nie.*

19 My binneste is soos ’n wynsak vol wyn,

soos ’n nuwe wynsak wat wil oopbars.+

20 Laat my praat sodat ek verligting kan kry!

Ek sal my mond oopmaak en ’n antwoord gee.

21 Ek sal niemand se kant kies nie,+

en ek sal niemand vlei nie,

22 want ek weet nie hoe om te vlei nie.

As ek geweet het, sou my Maker vinnig ’n einde aan my gemaak het.

33 “Maar luister asseblief nou na my woorde, Job.

Luister na alles wat ek sê.

 2 Ek moet my mond oopmaak.

Ek* moet praat.

 3 My woorde kom uit my hart,+

en ek sê met opregtheid wat ek weet.

 4 Die gees van God het my gemaak,+

en die asem van die Almagtige het my lewend gemaak.+

 5 Antwoord my as jy kan.

Wees gereed om jou saak te stel.

 6 Kyk! Voor die ware God is ek net soos jy.

Ek is ook van klei gemaak.+

 7 Daarom hoef jy nie vir my bang te wees nie.

Ek gaan dit nie vir jou moeilik maak nie.

 8 Maar jy het voor my gesê,

ja, ek het hierdie woorde bly hoor:

 9 ‘Ek is suiwer, ek het nie gesondig nie.+

Ek is rein, ek het niks verkeerds gedoen nie.+

10 Maar God vind redes om my teë te staan.

Hy beskou my as sy vyand.+

11 Hy sit my voete in die blok.

Hy ondersoek al my paaie.’+

12 Maar wat jy sê, is nie reg nie, en daarom sal ek jou antwoord:

God is baie groter as ’n blote mens.+

13 Hoekom kla jy teen Hom?+

Is dit omdat hy jou nie geantwoord het op alles wat jy gesê het nie?+

14 Want God praat herhaaldelik,

maar niemand skenk aandag nie.

15 Hy doen dit in ’n droom, ’n visioen in die nag,+

wanneer mense diep slaap,

wanneer hulle vas slaap op hulle bed.

16 Dan maak hy hulle ore oop+

en beklemtoon hy* sy instruksies,

17 om ’n mens van verkeerde dade weg te hou+

en hom teen trots te beskerm.+

18 God red sy siel* van die dood+

en keer dat hy deur die swaard* doodgemaak word.

19 ’n Mens kan ook tereggewys word deur pyn op sy siekbed

en deur konstante pyn in sy liggaam.

20 Dit laat hom sy eetlus verloor,

en hy wil nie eers die lekkerste kos eet nie.+

21 Hy word so maer

dat sy bene begin uitsteek.

22 Sy siel* is op pad na die graf toe.

Sy lewe is op pad na dié wat die dood bring.

23 As daar ’n boodskapper* na hom toe kom,

een uit ’n duisend wat hom kan verdedig

en vir hom kan sê wat reg is,

24 dan betoon God genade aan hom en sê hy:

‘Red hom van die graf!+

Ek het ’n losprys gevind!+

25 Laat sy liggaam gesonder* word as toe hy jonk was.+

Laat hy die krag terugkry wat hy as ’n jongmens gehad het.’+

26 Hy sal God smeek.+ God sal hom aanvaar,

en hy sal met vreugde voor Hom verskyn.

God sal hom weer ’n regverdige posisie gee.

27 Daardie persoon sal vir mense sê:

‘Ek het gesondig;+ en ek het gedoen wat verkeerd is,

maar ek het nie ontvang wat ek verdien het nie.*

28 Hy het my siel* losgekoop en my gered van die graf,+

en ek sal die lig bly sien.’

29 Ja, God doen al hierdie dinge vir ’n mens,

selfs twee of drie keer,

30 om hom van die graf te red,

sodat hy die lewe kan geniet.+

31 Skenk aandag, Job! Luister na my!

Bly stil, en ek sal verder praat.

32 As jy iets wil sê, sê dit vir my.

Praat, want ek wil bewys dat jy reg is.

33 As jy niks het om te sê nie, luister dan na my.

Bly stil, en ek sal jou wysheid leer.”

34 Eliʹhu het verder gesê:

 2 “Luister na my woorde, julle wyse manne.

Hoor wat ek sê, julle wat baie kennis het.

 3 Want die oor toets woorde,

net soos die tong* kos proe.

 4 Laat ons vasstel wat reg is.

Laat ons besluit wat goed is.

 5 Want Job het gesê: ‘Ek is reg,+

maar God het gekeer dat ek geregtigheid kry.+

 6 Moet ek lieg en sê dat ek skuldig is?

My wond is ongeneeslik, al het ek nie gesondig nie.’+

 7 Is daar nog ’n man soos Job,

wat beledigings drink asof dit water is?

 8 Hy sit in die geselskap van mense wat slegte dinge doen,

en hy assosieer met goddelose mense.+

 9 Want hy het gesê: ‘Dit baat ’n man niks

as hy God probeer gelukkig maak nie.’+

10 Luister dus na my, julle wat insig* het:

Die ware God sal nooit goddeloos optree nie!+

Die Almagtige sal nooit verkeerd doen nie!+

11 Want hy sal ’n mens beloon volgens wat hy doen+

en sal hom die gevolge van sy dade laat dra.

12 God tree beslis nie goddeloos op nie.+

Die Almagtige is nooit onregverdig nie.+

13 Wie het hom beheer oor die aarde gegee?

En wie het hom oor die hele wêreld aangestel?

14 As hy teen die mensdom draai

en besluit om hulle gees en asem weg te neem,+

15 sal alle mense saam sterf

en tot die stof terugkeer.+

16 As jy dus insig het, luister tog hierna.

Luister mooi na wat ek sê.

17 Kan iemand regeer as hy geregtigheid haat?

Of sal jy ’n magtige persoon wat regverdig is, veroordeel?

18 Sal jy vir ’n koning sê: ‘Jy is niks werd nie’?

Of sal jy vir belangrike mense sê: ‘Julle is goddeloos’?+

19 God trek leiers nie voor nie

en hy gee nie die rykes meer aandag as die armes nie,+

want hulle almal is die werk van sy hande.+

20 Hulle kan skielik sterf,+ in die middel van die nag.+

Hulle bewe van vrees en sterf.

Selfs die magtiges word verwyder, maar nie deur mensehande nie.+

21 Want God sien alles wat ’n mens doen,+

en Hy sien elke tree wat hy gee.

22 Daar is geen duisternis of diep skaduwee

waar mense wat slegte dinge doen, kan wegkruip nie.+

23 Want God stel nie vir enige mens ’n tyd vas

om voor hom te verskyn om geoordeel te word nie.

24 Hy vernietig magtiges sonder dat hy ondersoek hoef in te stel,

en hy stel ander in hulle plek aan.+

25 Want hy weet wat hulle doen.+

In die nag bring hy hulle tot ’n val, en hulle word vernietig.+

26 Hy slaan hulle waar almal kan sien,+

want hulle is goddeloos

27 en hulle het opgehou om hom te volg.+

Hulle steur hulle glad nie aan wat hy wil hê nie.+

28 Hulle veroorsaak dat die armes hom smeek om hulle te help,

en hy hoor die geroep van die hulpeloses.+

29 Wie kan God veroordeel wanneer hy stilbly?

Wie kan hom sien wanneer hy hom verberg?

Hetsy vir ’n nasie of vir ’n mens, die resultaat is dieselfde:

30 ’n Goddelose mens* mag nie regeer+

of strikke stel vir die volk nie.

31 Want niemand sal tog vir God sê:

‘Ek is gestraf, hoewel ek niks verkeerds gedoen het nie.+

32 Wys my as daar iets is wat ek nie sien nie.

As ek iets verkeerds gedoen het, sal ek dit nie weer doen nie.’

33 Moet hy jou op jou voorwaardes vergoed, terwyl jy sy oordeel verwerp?

Jy moet besluit, nie ek nie.

Sê vir my wat jy weet.

34 Manne met insig* sal vir my sê,

enige wyse man wat my hoor, sal sê:

35 ‘Job weet nie waarvan hy praat nie.+

Hy praat sonder insig.’

36 Laat Job* tot die uiterste getoets word,

want hy antwoord soos goddelose mense sou antwoord!

37 Hy voeg opstandigheid ook nog by sy sondes.+

Hy klap sy hande

en sê baie dinge teen die ware God!”+

35 Eliʹhu het verder gesê:

 2 “Is jy so oortuig dat jy reg is dat jy sou sê:

‘Ek is regverdiger as God’?+

 3 Want jy sê: ‘Dit maak tog nie vir u* saak nie.

Is ek beter af omdat ek nie gesondig het nie?’+

 4 Ek sal vir jou

en jou vriende+ ’n antwoord gee.

 5 Kyk op na die hemel.

Kyk na die wolke,+ wat ver bo jou is.

 6 Hoe benadeel dit God as jy sondig?+

Wat doen dit aan hom as jy baie sondes pleeg?+

 7 Hoe help dit hom as jy doen wat reg is?

Wat ontvang hy van jou?+

 8 Net mense word deur jou sondes geraak,

en net mense word deur jou regverdigheid geraak.

 9 Mense roep uit wanneer hulle onderdruk word.

Hulle roep uit om bevry te word van die mag* van die sterkes.+

10 Maar niemand sê: ‘Waar is God, my Groot Skepper,+

wat mense liedere in die nag laat sing?’ nie.+

11 Hy gee meer kennis+ aan ons as aan die diere van die aarde,+

en hy maak ons wyser as die voëls van die hemel.

12 Mense roep uit, maar hy antwoord nie,+

as gevolg van die trots van die goddeloses.+

13 God hoor beslis nie ’n leë uitroep* nie.+

Die Almagtige skenk geen aandag daaraan nie.

14 Wat nog te sê as jy kla dat hy jou ignoreer!+

Jou regsaak is voor hom, en daarom moet jy op hom wag.+

15 Want hy het nie kwaad geword en jou gestraf nie.

En hy hou dit nie teen jou dat jy gepraat het sonder om te dink nie.+

16 Job maak sy mond verniet wyd oop.

Hy praat baie, maar sonder kennis.”+

36 Eliʹhu het verder gesê:

 2 “Wees nog ’n rukkie geduldig met my terwyl ek verduidelik,

want daar is nog dinge wat ek namens God moet sê.

 3 Ek sal alles sê wat ek weet,

en ek sal bewys dat my Maker+ regverdig is.

 4 Wat ek sê, is beslis nie ’n leuen nie.

Dit kom van Hom wat volmaakte kennis het.+

 5 Kyk! God is magtig+ en verwerp niemand nie.

Hy het baie insig.

 6 Hy sal nie goddelose mense se lewe spaar nie,+

maar hy sorg dat dié wat ly, geregtigheid kry.+

 7 Sy oë is altyd op die regverdiges.+

Hy laat hulle as konings op die troon sit,*+ en hulle word vir ewig geëer.

 8 Maar as hulle met kettings gebind word

en in toue van lyding vasgevang word,

 9 dan openbaar hy aan hulle wat hulle gedoen het,

hoe hulle oortree het weens hulle trots.

10 Hy maak hulle ore oop vir dissipline

en sê vir hulle om op te hou doen wat verkeerd is.+

11 As hulle gehoorsaam is en hom dien,

sal die res van hulle lewe voorspoedig wees,

en hulle jare sal aangenaam wees.+

12 Maar as hulle nie gehoorsaam is nie, sal hulle deur die swaard*+ sterf

en sonder kennis doodgaan.

13 Die goddeloses* sal kwaad word.

Selfs wanneer hy hulle straf, roep hulle nie om hulp nie.

14 Hulle sterf terwyl hulle nog jonk is,+

en bring hulle lewe deur* saam met manlike tempelprostitute.+

15 Maar in moeilike tye red God dié wat ly.

Hy maak hulle ore oop wanneer hulle verdruk word.

16 Hy lei jou uit rampspoed+

na ’n groot plek, waar daar vryheid is,+

en daar sal ryk kos op jou tafel wees om jou te vertroos.+

17 Dan sal jy tevrede wees met die oordeel wat die goddeloses ontvang,+

wanneer hulle geoordeel word en geregtigheid hulle inhaal.

18 Maar pasop dat woede jou nie gemeen laat word nie,+

en moenie dat ’n groot omkoopgeskenk jou mislei nie.

19 Sal jou geroep om hulp

of enige inspanning van jou kant keer dat jy ly?+

20 Moenie na die nag verlang,

wanneer mense uit hulle plek verdwyn nie.

21 Pasop dat jy nie verkeerde dinge begin doen

omdat jy nie langer wil swaarkry nie.+

22 Kyk! God het groot mag.

Watter onderrigter is soos hy?

23 Wie het vir hom gesê wat om te doen*+

of vir hom gesê: ‘Wat u gedoen het, is verkeerd’?+

24 Onthou om hom te loof vir sy dade,+

dade waaroor mense al gesing het.+

25 Die hele mensdom het dit gesien.

Mense kyk van ver af daarna.

26 Ja, ons kan nie begryp hoe groot God is nie.+

Ons kan nie verstaan hoe oud hy is nie.+

27 Hy trek die waterdruppels op,+

en dit kondenseer en vorm mis en reën.

28 Dit stroom uit die wolke,+

en reën val op die mensdom.

29 Kan enigiemand die wolklae verstaan,

die donderslae vanuit sy tent?+

30 Kyk hoe hy sy weerlig*+ daaroor uitsprei

en die dieptes van die see bedek.

31 So sorg hy vir* die volke.

Hy gee hulle kos in oorvloed.+

32 Hy hou die weerlig in sy hande,

en gooi dit af op sy teiken.+

33 Sy donderslae kondig hom aan.

Selfs die vee sê wie* op pad is.

37 “My hart gaan te kere.

Dit sit in my keel.

 2 Luister aandagtig na die gedreun van God se stem

en na die donderslae wat uit sy mond kom.

 3 Dit word oral onder die hemel gehoor.

Hy stuur sy weerlig+ tot aan die eindes van die aarde.

 4 Dan is daar ’n gebrul.

Sy magtige stem dreun,+

en hy hou die weerlig nie terug wanneer sy stem gehoor word nie.

 5 God se stem dreun+ op ’n wonderlike wyse.

Hy doen groot dinge wat ons nie kan verstaan nie.+

 6 Want hy sê vir die sneeu: ‘Val op die aarde,’+

en vir die stortreën: ‘Val hard op die grond!’+

 7 God laat al die bedrywighede van mense tot stilstand kom,*

sodat elke mens Sy werke kan ken.

 8 Die wilde diere gaan na hulle skuilplekke

en bly in hulle lêplekke.

 9 Die stormwind waai vanuit sy plek,+

en die noordewinde bring die koue.+

10 God se asem laat die water ys+

en laat die wye waters kliphard vries.+

11 Hy laat die wolke swaar word van vog.

Hy verstrooi sy weerlig+ in die wolke.

12 Hulle maal rond waar hy hulle beveel om te gaan.

Regoor die aarde voer hulle sy opdragte uit.+

13 Hy gebruik die wolke om te straf,+ om dit te laat reën

of om lojale liefde te betoon.+

14 Luister hierna, Job.

Staan stil en dink goed na oor die wonderlike werke van God.+

15 Weet jy hoe God die wolke beheer

en hoe hy weerlig vanuit sy wolk laat flits?

16 Weet jy hoe die wolke sweef?+

Dit is die wonderlike werke van die Een wat volmaakte kennis het.+

17 Hoekom word jou klere warm

wanneer die aarde stil word as gevolg van die suidewind?+

18 Kan jy die hemel saam met hom uitsprei*+

soos ’n harde metaalspieël?

19 Vertel ons wat ons vir hom moet sê.

Ons kan nie antwoord nie, want ons ken nie die antwoorde nie.

20 Moet daar vir hom gesê word dat ek wil praat?

Of het iemand iets gesê wat hy moet hoor?+

21 Hulle kan nie eers die son* sien nie,

hoewel dit helder in die lug skyn.

Die wind moet eers die wolke wegwaai.

22 Uit die noorde kom goue prag.

God se majesteit+ is ontsagwekkend.

23 Om die Almagtige te verstaan, is buite ons bereik.+

Sy mag is groot,+

en hy tree altyd met geregtigheid+ en regverdigheid op.+

24 Daarom moet mense hom vrees.+

Want mense wat dink dat hulle wys is, het nie sy goedkeuring nie.”+

38 Toe het Jehovah Job uit die windstorm geantwoord:+

 2 “Wie is dit wat die manier waarop ek dinge doen, bevraagteken

en wat sonder kennis praat?+

 3 Maak jou asseblief gereed, soos ’n man.

Ek gaan vir jou vrae vra, en jy moet my antwoord.

 4 Waar was jy toe ek die fondamente van die aarde gelê het?+

Vertel my, as jy dink dat jy insig het.

 5 Wie het sy afmetings bepaal? Weet jy miskien?

Of wie het dit met ’n maatlyn gemeet?

 6 Waarop staan sy voetstukke,

of wie het sy hoeksteen gelê?+

 7 Toe het die môresterre+ saam van vreugde uitgeroep,

en al die seuns van God*+ het begin juig.

 8 En wie het die see agter deure geplaas+

toe dit gebore is,

 9 toe ek dit met wolke geklee

en in digte donkerte toegedraai het,

10 toe ek met deure en grendels

perke daarvoor gestel het?+

11 Ek het toe gesê: ‘Tot hier mag jy kom, en nie verder nie.

Hier sal jou trotse golwe stop.’+

12 Het jy al ooit die oggend beveel om te kom

of vir die dagbreek gesê waar dit moet verskyn,+

13 sodat dit oor die aarde kan versprei

en die goddeloses kan verdryf?+

14 Dit verander soos klei onder ’n seël,

en alles daarop word sigbaar soos die versierings op ’n kledingstuk.

15 Maar die lig van die goddeloses word weggeneem,

en hulle hou op om geweld te pleeg.*

16 Het jy afgegaan na die bronne van die see,

of die diep waters verken?+

17 Is die poorte van die dood+ aan jou geopenbaar,

of het jy die poorte van diep duisternis*+ gesien?

18 Besef jy hoe groot die aarde is?+

Vertel my, as jy dit alles weet.

19 Waar kom die lig vandaan?+

En waar is die woonplek van die donkerte?

20 Kan jy dit na sy gebied neem?

En ken jy die paaie na sy huis?

21 Weet jy dit omdat jy reeds gebore was toe ek alles geskep het

en omdat jy baie oud is?

22 Het jy in die stoorkamers van die sneeu ingegaan+

of die stoorkamers van die hael gesien,+

23 wat ek gehou het vir die tyd van groot moeilikheid,

vir die dag van oorlog en vir die geveg?+

24 Van waar af word die lig* versprei

en van waar af waai die oostewind oor die aarde?+

25 Wie het ’n kanaal vir die vloedwaters gemaak,

en ’n pad vir die donderwolk,+

26 om dit te laat reën waar niemand woon nie,

in die wildernis waar daar geen mense is nie,+

27 om verwoeste wildernisse te versadig

en gras te laat groei?+

28 Het die reën ’n vader,+

of wie het die doudruppels+ in die wêreld gebring?

29 Wie het die ys voortgebring,

en wie het aan die ryp van die hemel+ geboorte gegee?

30 Wie laat die boonste laag van die waters so hard word soos klip

en die oppervlak van die diep waters kliphard vries?+

31 Kan jy die bande van die Kima-sterrebeeld* vasbind

of die toue van die Kesil-sterrebeeld* losmaak?+

32 Kan jy ’n sterrebeeld* op sy vasgestelde tyd uitbring

of die Asj-sterrebeeld* lei?

33 Ken jy die wette wat die hemele beheer,+

of kan jy hulle* gesag op die aarde laat geld?

34 Kan jy die wolke beveel

om stortreën op jou te laat val?+

35 Kan jy weerligstrale uitstuur?

Sal hulle vir jou kom sê: ‘Hier is ons’?

36 Wie het wysheid in die wolke* geplaas+

of verstand aan die wonderlike dinge in die hemel gegee?*+

37 Wie is wys genoeg om die wolke te tel,

of wie kan die waterkruike van die hemel omkeer?+

38 Wie laat die stof in modder verander

en die grondkluite aan mekaar vassit?

39 Kan jy vir ’n leeu sy prooi vang

of vir jong leeus genoeg gee om te eet+

40 wanneer hulle in hulle skuilplekke lê en wag

of in hulle wegkruipplekke gereedmaak om aan te val?

41 Wie gee vir die kraai kos+

wanneer sy kleintjies na God roep

en ronddwaal omdat daar niks is om te eet nie?

39 “Weet jy wanneer die bergbokke geboorte gee?+

Het jy gesien hoe takbokke aan hulle kleintjies geboorte gee?+

 2 Tel jy die maande af wat hulle dragtig is?

Weet jy wanneer hulle moet lam?

 3 Hulle hurk wanneer hulle geboorte gee,

en hulle geboortepyne kom tot ’n einde.

 4 Hulle kleintjies word sterk en word groot in die oop veld.

Hulle gaan weg en keer nie na hulle toe terug nie.

 5 Wie het die wildedonkie* vrygelaat,+

en wie het die toue van die wildedonkie losgemaak?

 6 Ek het hom die woestyn gegee om in te bly,

en die soutvlakte as sy woonplek.

 7 Die geraas van die stad raak hom nie.

Hy hoor nie die uitroepe van die drywer nie.

 8 Hy dwaal rond op die heuwels op soek na weiding.

Hy soek na elke groen plant.

 9 Sal die wilde bul jou dien?+

Sal hy in jou stal oornag?

10 Kan jy ’n wilde bul met toue vasmaak sodat hy vir jou sal ploeg,

of sal hy agter jou aanloop om in die vallei te ploeg?

11 Sal jy op sy groot krag vertrou

en hom jou swaar werk laat doen?

12 Sal jy op hom staatmaak om jou oes in te bring,

en sal hy dit na jou dorsvloer neem?

13 Die vlerke van die volstruis klap vrolik.

Maar kan haar vlerke en vere met die ooievaar s’n vergelyk word?+

14 Want sy laat haar eiers op die grond lê,

en sy hou hulle in die stof warm.

15 Sy vergeet dat ’n voet hulle kan breek

of dat ’n wilde dier op hulle kan trap.

16 Sy behandel haar kleintjies hard, asof hulle nie aan haar behoort nie.+

Sy is nie bang dat haar moeite dalk tevergeefs sal wees nie.

17 Want God het nie vir haar wysheid gegee nie,*

en hy het ook nie vir haar verstand gegee nie.

18 Maar wanneer sy haar vlerke klap en begin hardloop,

lag sy die perd en sy ruiter uit.

19 Het jy vir die perd sy krag gegee?+

Het jy sy nek met maanhare bedek?

20 Kan jy hom soos ’n sprinkaan laat spring?

Sy trotse gesnuif is skrikwekkend.+

21 In die vallei kap hy die grond met sy pote, en hy trippel rond.+

Hy storm in die geveg in.+

22 Hy weet nie wat dit is om bang te wees nie.+

Hy hardloop nie weg vir die swaard nie.

23 Hy hoor die geskud van die pyle in die pylkoker.

Die spies en die werpspies blink in die son.

24 Hy bewe van opgewondenheid en spring vorentoe.*

Hy kan nie stilstaan wanneer hy die geluid van die horing hoor nie.*

25 Sodra daar op die horing geblaas word, runnik hy.

Van ver af ruik hy die geveg

en hoor hy die oorlogskreet en die geskree van die bevelvoerders.+

26 Is dit deur jou insig dat die valk sweef,

dat hy sy vlerke na die suide toe uitsprei?

27 Of is dit op jou bevel dat ’n arend opvlieg+

en sy nes op ’n hoë plek bou,+

28 dat hy op ’n krans oornag

en in ’n veilige plek op ’n hoë krans woon?

29 Van daar af soek hy na kos.+

Sy oë kyk in die verte.

30 Sy kleintjies slurp bloed op,

en waar die lyke is, daar is hy.”+

40 Jehovah het verder vir Job gesê:

 2 “Moet ’n mens fout vind en stry met die Almagtige?+

Laat die een wat dink dat hy God kan teregwys, antwoord gee.”+

 3 Job het toe vir Jehovah gesê:

 4 “Ek is eintlik niks.+

Wat kan ek u antwoord?

Ek sit my hand oor my mond.+

 5 Ek het een keer gepraat, maar ek sal nie weer iets sê nie.

Ek het ’n tweede keer gepraat, maar ek sal niks meer sê nie.”

 6 Toe het Jehovah Job uit die windstorm geantwoord:+

 7 “Maak jou asseblief gereed, soos ’n man.

Ek gaan vir jou vrae vra, en jy moet my antwoord.+

 8 Bevraagteken jy my geregtigheid?

Veroordeel jy my sodat jy reg kan wees?+

 9 Is jy so magtig soos die ware God,+

of kan jou stem dreun soos syne?+

10 Versier jou asseblief met heerlikheid en majesteit.

Beklee jou met waardigheid en prag.

11 Stort jou woede uit.

Kyk na almal wat hoogmoedig is en verlaag hulle.

12 Kyk na almal wat hoogmoedig is en verneder hulle,

en vertrap die goddeloses daar waar hulle staan.

13 Begrawe hulle almal in die stof.

Bind hulle vas in die plek van duisternis.

14 Dan sal selfs ek teenoor jou erken*

dat jy jouself kan red.

15 Hier is die Behemot* wat ek gemaak het net soos ek jou gemaak het.

Hy eet gras net soos ’n bul.

16 Kyk na die krag in sy heupe

en na die krag in sy maagspiere!

17 Hy maak sy stert reguit soos ’n sederboom.

Die senings van sy bobene is ineengevleg.

18 Sy gebeente is soos koperpype.

Sy ledemate is soos stukke yster.

19 Hy is die eerste van sy soort onder* God se handewerk.

Net sy Maker kan met Sy swaard tot by hom kom.

20 Hy kry sy kos in die berge,

waar al die wilde diere speel.

21 Hy gaan lê onder die doringbosse.

Hy skuil tussen die riete in die vlei.

22 Die doringbosse gee vir hom skaduwee,

en die populiere van die vallei* is om hom.

23 As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie.

Hy is vol vertroue, al stroom die Jordaanrivier+ by sy kop verby.

24 Kan iemand voor hom staan en hom vang

of ’n haak* in sy neus sit?

41 “Kan jy die Leviaʹtan*+ met ’n vishoek vang

of sy tong met ’n tou afdruk?

 2 Kan jy ’n tou deur sy neusgate sit

of ’n haak deur sy kakebene steek?

 3 Sal hy jou om genade smeek,

of sal hy vriendelik met jou praat?

 4 Sal hy ’n ooreenkoms met jou maak

om vir die res van sy lewe jou slaaf te wees?

 5 Sal jy met hom speel soos met ’n voël

of hom met ’n tou vasbind vir jou dogtertjies?

 6 Sal handelaars hom wil koop?

Sal hulle hom onder hulle verdeel?

 7 Sal jy sy vel vol harpoene steek,+

of sy kop vol visspiese?

 8 Sit jou hand op hom.

Jy sal die geveg onthou en dit nooit weer doen nie!

 9 Moenie dink dat jy hom kan mak maak nie.

As jy hom sien, word jy lam van vrees.

10 Niemand sal dit waag om hom te terg nie.

Wie sal dan teen my kan opstaan?+

11 Wie het eerste vir my iets gegee, sodat ek hom moet terugbetaal?+

Alles onder die hemele is myne.+

12 Ek sal nie stilbly oor sy bene,

oor sy krag en goed gevormde lyf nie.

13 Wie kan sy dik vel verwyder?

Wie sal dit waag om naby sy oop kake te kom?

14 Wie kan sy kake oopforseer?

Sy tande is skrikwekkend.

15 Op sy rug is rye skubbe,*

wat styf inmekaar pas.

16 Hulle is so na aan mekaar

dat geen lug tussen hulle kan inkom nie.

17 Die een is vas aan die ander.

Hulle lê styf teen mekaar en kan nie geskei word nie.

18 Wanneer hy blaas, sien ’n mens vonke spat,

En sy oë is soos die strale van die dagbreek.

19 Weerligstrale kom uit sy bek,

vuurvonke skiet daaruit.

20 Rook kom by sy neusgate uit,

soos uit ’n oond wat met droë gras gestook word.

21 Sy asem laat kole aan die brand slaan,

en ’n vlam skiet uit sy bek.

22 Daar is groot krag in sy nek,

en dié wat hom teëkom, word baie bang.

23 Die lae van sy vel* is dig saamgepak.

Dit is hard en onbeweeglik, asof dit aan hom gegiet is.

24 Sy hart is so hard soos klip.

Ja, so hard soos ’n onderste meulsteen.

25 Wanneer hy hom oplig, word selfs die sterkes bang.

Paniek ontstaan wanneer hy in die water te kere gaan.

26 ’n Swaard kan niks aan hom doen nie,

ook nie ’n spies, pyl of ander wapen nie.+

27 Yster is vir hom soos strooi,

en koper soos verrotte hout.

28 ’n Pyl laat hom nie vlug nie.

Slingerklippe is soos grasstoppels teen hom.

29 ’n Knuppel is vir hom soos ’n grasstoppel,

en hy lag oor die geluid van ’n spies.

30 Sy onderkant is soos die skerwe van ’n kleipot.

Soos ’n dorsslee+ gly hy deur die modder.

31 Hy laat die diep water kook soos water in ’n pot.

Hy roer die see soos ’n pot salf.

32 Agter hom lê ’n blink streep op die water,

asof die diep water wit hare het.

33 Niks op die aarde kan met hom vergelyk word nie.

Hy is geskep om geen vrees te hê nie.

34 Hy kyk dreigend na al die trotse diere.

Hy is koning oor al die magtige wilde diere.”

42 Toe het Job Jehovah geantwoord:

 2 “Nou weet ek dat u enigiets kan doen

en dat niks wat u in gedagte het, vir u onmoontlik is nie.+

 3 U het gesê: ‘Wie is dit wat die manier waarop ek dinge doen, sonder kennis bevraagteken?’+

Ek het sonder insig gepraat

oor dinge wat te wonderlik is vir my om te verstaan.+

 4 U het gesê: ‘Luister asseblief, en ek sal praat.

Ek gaan vir jou vrae vra, en jy moet my antwoord.’+

 5 Tot nou toe het ek net van u gehoor,

maar nou sien ek u met my eie oë.

 6 Daarom trek ek my woorde terug+

en toon ek berou in stof en as.”+

7 Nadat Jehovah met Job gepraat het, het Jehovah vir Eʹlifas, die Temaniet, gesê:

“Ek is woedend vir jou en jou twee vriende,+ want julle het nie die waarheid oor my+ gepraat soos my kneg Job nie. 8 Neem dan nou sewe bulle en sewe ramme en gaan na my kneg Job toe en offer dit as ’n brandoffer vir julleself. En my kneg Job sal vir julle bid.+ Ek sal sy gebed aanvaar en julle nie vir julle dwaasheid straf nie. Julle het nie die waarheid oor my gepraat soos my kneg Job nie.”

9 Toe het Eʹlifas, die Temaniet, Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, gaan doen wat Jehovah vir hulle gesê het. En Jehovah het Job se gebed aanvaar.

10 Nadat Job vir sy vriende gebid het,+ het Jehovah Job se lyding weggeneem+ en hom weer voorspoedig gemaak. Jehovah het hom twee keer soveel gegee as wat hy voorheen gehad het.+ 11 Al sy broers en susters en al sy vriende van vroeër+ het gekom en ’n maaltyd saam met hom in sy huis geëet. Hulle het met hom gesimpatiseer en hom vertroos oor alles wat Jehovah toegelaat het om oor hom te kom. Elkeen het vir hom geld en ’n goue ring gegee.

12 Jehovah het die laaste deel van Job se lewe meer geseën as die begin,+ en Job het mettertyd 14 000 skape, 6 000 kamele, 2 000 beeste en 1 000 donkies* gehad.+ 13 En hy het weer sewe seuns en drie dogters gehad.+ 14 Hy het sy eerste dogter Jemiʹma genoem, die tweede Kesiʹa en die derde Keren-Happug. 15 Job se dogters was die mooiste vrouens in die hele land, en hulle pa het hulle ’n erfdeel saam met hulle broers gegee.

16 Job het nog 140 jaar gelewe, en hy het sy kinders en kleinkinders gesien, tot in die vierde geslag. 17 Uiteindelik het Job ná ’n lang en goeie lewe gesterf.

Beteken moontlik “iemand wat met vyandigheid behandel word”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Lett. “donkiemerries”.

Of “elkeen het ’n beurt gehad”.

’n Hebreeuse uitdrukking wat na die engele verwys.

Lett. “jou hart gerig op my kneg Job”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of moontlik “Weerlig het”.

’n Hebreeuse uitdrukking wat na die engele verwys.

Lett. “jou hart gerig op my kneg Job”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “siel”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “kennisse”, d.w.s. nie hegte vriende nie.

Lett. “sy dag vervloek”.

Of “donkerte en doodskaduwee”.

Verwys blykbaar na die krokodil of ’n ander groot, sterk waterdier.

Of moontlik “wat vir hulle verlate plekke gebou het”.

Lett. “wankelende knieë”.

Lett. “word jy moeg”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “uitdink”.

Of “van jong maanhaarleeus”.

Of “boodskappers”.

Lett. “heiliges”.

Lett. “vrede”.

Of “het ek oorhaastig gepraat, sonder om te dink”.

Of “lojale liefde”.

Lett. “broers”.

Of “Die reisgeselskap van Sabeërs”.

Lett. “losgekoop”.

Of “ek is nog steeds regverdig”.

Lett. “dat my oog nooit weer die goeie sal sien nie”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “my dae is soos ’n asem”.

Of “afvallige”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Lett. “by die hand vat”.

Of “Hom hof toe wil neem”.

Of “is wys van hart”.

Of “verwyder”.

Verwys moontlik na die Groot Beer-sterrebeeld (Ursa Major).

Verwys moontlik na die Orion-sterrebeeld.

Verwys moontlik na die Plejades-sterregroep in die Bul-sterrebeeld.

Lett. “die binnekamers van die suide”.

Moontlik ’n groot seemonster.

Of moontlik “my teenstander in ’n regsaak”.

Lett. “my dagvaar”.

Of “my integriteit behou”. Sien Woordelys.

Of “my integriteit behou”. Sien Woordelys.

Of “dié wat hulle integriteit behou”. Sien Woordelys.

Lett. “goddeloos”.

Of “loog”.

Lett. “Het u my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie”.

Of “u my uit die baarmoeder laat kom”.

Of “’n bietjie vreugde kan hê”.

Of “van donkerte en doodskaduwee”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “nie as ’n mens gebore kan word nie”.

Lett. “’n hart”.

Of moontlik “praat met”.

Of “asem”.

Lett. “verhemelte”.

Of “Hy stroop raadgewers van alles”.

Of “ouermanne”.

Lett. “hart”.

Of “Sal julle hom partydig behandel”.

Of “geen afvallige”.

Of moontlik “As iemand kan, sal ek stilbly en sterf”.

Lett. “Hy”, verwys moontlik na Job.

Of moontlik “en word afgesny”.

Lett. “my”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

D.w.s. in die graf.

Of “vurig verlang”.

Lett. “heiliges”.

Lett. “brood”.

D.w.s. enige hoop op herstel.

Of “afvalliges”.

D.w.s. Elifas.

Of “As julle siel in die plek van my siel was”.

Of “dié wat by my vergader”.

Lett. “kners op sy tande”.

Lett. “Hy deurboor my niere”.

Of “krag”. Lett. “horing”.

Of “doodskaduwee”.

Of moontlik “slapeloos na God kyk”.

Of “Aanvaar asseblief my pand”.

Lett. “’n spreekwoord”.

Of “afvalliges”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of moontlik “onrein”.

Of “mank laat loop”.

Of “sterf ’n verskriklike dood”.

Lett. “Iets wat nie syne is nie”.

Of “my”. Sien Woordelys.

Of “bestraf”.

Of “My familielede”.

Sien Woordelys.

Lett. “en ek ontkom met die vel van my tande”.

Of “terugkoper”.

Lett. “oor die stof opstaan”.

Of “Maar my niere het ingegee”.

Of “die mensdom; Adam”.

Of “afvalliges”.

Of “gal”.

Lett. “tong”.

Of “magtig”.

Of “in ’n oomblik”, d.w.s. ’n vinnige en pynlose dood.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “Die raad van die goddeloses is ver van my af”.

Lett. “die murg van sy bene vogtig is”.

Of moontlik “watter planne julle beraam om met geweld teen my op te tree”.

Of “wadi”. Sien Woordelys.

Of “Maak dit die Almagtige bly”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Lett. “jy trek die klere van kaal mense uit”.

Lett. “vaderlose seuns”.

Of “op die hemelkoepel”.

Lett. “’n rivier”.

Of “goud van Ofir”.

Of “wadi’s”. Sien Woordelys.

Of moontlik “Hulle moet voer in die landery oes”.

Of moontlik “Hulle pars olie”.

Of moontlik “maar God beskuldig niemand nie”.

Lett. “is vinnig op die oppervlak van die waters”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Lett. “Die baarmoeder”.

Of “rein”.

Lett. “wie se asem (gees) het uit jou uitgegaan?”

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “en Abaddon”.

Lett. “noorde”.

Lett. “oor leegheid”.

Lett. “’n sirkel”.

Lett. “Rahab”.

Lett. “Met sy asem”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “gewete”.

Of “die afvallige”.

Of moontlik “deur die hand”.

Of moontlik “Hulle”.

Lett. “gegiet”.

Of “erts”. Lett. “klip”.

Verwys blykbaar na mynbedrywighede.

Of “dienaars”.

Lett. “toe ek my voetstappe in botter gewas het”.

Lett. “weggekruip”.

Lett. “Hulle tong het aan hulle verhemelte vasgekleef”.

Lett. “vaderlose seun”.

Lett. “My geregtigheid was soos ’n kleed en ’n tulband”.

Of moontlik “Hulle het nie my vrolike gesig somber gemaak nie”.

Of “wadi’s”. Sien Woordelys.

Lett. “my boogsnaar losgemaak”.

Of moontlik “help”.

Of moontlik “My pyn is so erg dat dit my vermink”.

Of moontlik “Dan vernietig u my met ’n harde slag”.

Lett. “’n ruïne”.

Lett. “bene”.

Of moontlik “koors”.

Of moontlik “Het ek ooit met oneerlike mense geassosieer?”

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “laat my nakomelinge”.

Lett. “laat ander mans oor haar neerkniel”.

Of “regsaak”.

Lett. “in die baarmoeder”.

Of moontlik “wanneer ek gesien het dat ek ondersteuning in die stadspoort het”.

Of “uit sy potjie; van sy bo-armbeen af”.

Lett. “sy waardigheid”.

Lett. “en my hart in die geheim verlei is, en my mond my hand gesoen het”.

Lett. “vleis”.

Of “hy was regverdig in sy eie oë”.

Of “teregwys”.

Lett. “Die gees in my dwing my”.

Lett. “My tong saam met my verhemelte”.

Lett. “druk hy ’n seël op”.

Of “lewe”.

Of “met ’n wapen”.

Of “lewe”.

Of “engel”.

Lett. “vlees frisser”.

Of moontlik “en dit was nie tot my voordeel nie”.

Of “lewe”.

Lett. “verhemelte”.

Lett. “hart”.

Of “’n Afvallige”.

Lett. “hart”.

Of moontlik “My vader, laat Job”.

Verwys moontlik na God.

Lett. “arm”.

Of “’n leuen”.

Of moontlik “Hy plaas konings op die troon”.

Of “’n wapen (spies)”.

Of “afvalliges”.

Of moontlik “en hulle lewe eindig”.

Of moontlik “Wie het hom gekritiseer; rekenskap van hom geëis”.

Lett. “lig”.

Of moontlik “So verdedig hy”.

Of moontlik “wat”.

Lett. “plaas ’n seël op die hand van elke mens”.

Of “uitslaan”.

Lett. “lig”.

’n Hebreeuse uitdrukking wat na die engele verwys.

Lett. “die hoë arm word gebreek”.

Of “van doodskaduwee”.

Of moontlik “weerlig”.

Verwys moontlik na die Plejades-sterregroep in die Bul-sterrebeeld.

Verwys moontlik na die Orion-sterrebeeld.

Lett. “Massarot”. In 2Kn 23:5 verwys ’n verwante woord in die meervoud na die sterrebeelde van die diereriem.

Verwys moontlik na die Groot Beer-sterrebeeld (Ursa Major).

Of moontlik “Sy”.

Of moontlik “in die mens”.

Of moontlik “insig aan die verstand gegee”.

Of “onager”.

Lett. “het haar wysheid laat vergeet”.

Lett. “verslind die grond”.

Of moontlik “Hy glo nie die geluid van die horing nie”.

Of “ek jou prys”.

Verwys moontlik na die seekoei.

Lett. “die begin van”.

Of “wadi”. Sien Woordelys.

Of “vangtou”.

Verwys moontlik na die krokodil.

Of moontlik “Sy trots is sy rye skubbe”.

Lett. “vlees”.

Lett. “donkiemerries”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel