Diensvergaderinge vir November
Week wat begin met 1 November
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Prys die verkondigers vir hulle aandeel aan die Koninkrykspredikingswerk.
10 min: “Drome”, Redenering-boek, bladsye 117-19. Moet in die vorm van ’n bespreking met ’n Bybelstudent gehou word. Student vra hoe verstandig dit is om ons deur ons drome te laat lei. Bespreek gevaar hieraan verbonde en hoe dit daartoe kan lei dat ons die slagoffer van wêreldse redenasies en van demone word. Toon hoe belangrik dit is om deur die beginsels van God se Woord gelei te word.
10 min: Plaaslike behoeftes of “Kommunikasie—nie net praatjies nie”. Toespraak gegrond op artikels in Die Wagtoring van 1 Augustus 1993, bladsye 3-8.
15 min: “Die waarde van die Bybel in vandag se wêreld.” Bespreking tussen die diensopsiener en ’n verkondiger wat bekwamer in sy bediening van huis tot huis wil word. Ná paragraaf 3 bespreek is, vra die diensopsiener die verkondiger om die voorgestelde aanbieding met die diensopsiener as die huisbewoner op die proef te stel. Ná die bespreking van paragraaf 4 demonstreer die diensopsiener die voorgestelde aanbieding met die verkondiger as huisbewoner. Moedig gemeente aan om belangstellendes en Bybelstudente te help besef hoe nuttig die New World Translation is.
Lied 52 en slotgebed.
Week wat begin met 8 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Demonstreer hoe die jongste tydskrifte aangebied kan word deur na ’n artikel te verwys wat hierdie naweek in die velddiens gebruik kan word. Vestig die aandag op “’n Spesiale maand vir velddiens” in die byvoegsel, en nooi almal om dit ernstig te oorweeg om gedurende Desember meer velddiens te doen—as hulppioniers of deur saam met die pioniers te werk.
15 min: “Die Boek wat ware leiding bied.” Vraag-en-antwoord-bespreking van artikel. Demonstreer herbesoek wat in paragraaf 3 uiteengesit is. Moedig almal aan om geesdriftig te wees oor die praktiese waarde van die Bybel wanneer hulle tydens die huis-tot-huis-werk en herbesoeke met mense praat.
20 min: “Jongmense—Verbly Jehovah se hart.” Ouere man bespreek paragrawe 1-18 met twee of drie jong, gedoopte verkondigers. Beklemtoon van watter nut jongmense se goeie voorbeeld en die “Jongmense vra . . .”-artikels vir hulle is. Bespreek tekste na gelang van tyd.
Lied 80 en slotgebed.
Week wat begin met 15 November
10 min: Plaaslike aankondigings asook rekeningverslag en erkenning van bydraes. Prys die gemeente vir hulle geldelike ondersteuning van plaaslike gemeente asook van Genootskap-Koninkryksaalfonds en Genootskap se wêreldwye werk. Bespreek die velddiensreëlings vir die wêreld se komende vakansieseisoen.
15 min: “Sien om na die geestelike behoeftes van die dowes.” Vrae en antwoorde. As daar geen dowe gemeentelede is nie, moet julle beklemtoon dat ons nie die dowes in ons gebied moet oorsien nie.
20 min: “Jongmense—Verbly Jehovah se hart.” Vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 19-33 in die byvoegsel. Voer ’n onderhoud met een of twee jong verkondigers. Vra hulle hoe die gemeente hulle in hulle geestelike ontwikkeling gehelp het.
Lied 90 en slotgebed.
Week wat begin met 22 November
10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Moedig broers aan om die jongste tydskrifte hierdie naweek in die getuieniswerk te gebruik.
15 min: “Help Bybelstudente om vir hulle studie voor te berei.” Vrae en antwoorde. Lees die paragrawe na gelang van tyd.
20 min: “Redeneer jy uit die Skrif?” Vraag-en-antwoord-bespreking deur broer wat bekwaam is in die huis-tot-huis-werk en die doen van herbesoeke. Demonstreer ná die bespreking van paragraaf 4 hoe ’n verkondiger ’n teks kan parafraseer of uit die hoof kan aanhaal wanneer die huisbewoner besig is. Ná die demonstrasie moet daar beklemtoon word hoe nuttig dit is om hierdie wenk te volg terwyl ons daarna streef om ‘die woord te verkondig’ in gebied waar soveel mense altyd besig is of hulle gedagtes deur die alledaagse dinge in beslag geneem word (2 Tim. 4:2). Wanneer paragraaf 6 bespreek is, vra ’n verkondiger wat die Redenering-boek doeltreffend gebruik om te vertel hoe hy dit in die getuieniswerk gebruik.
Lied 108 en slotgebed.
Week wat begin met 29 November
10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig dié wat kan aan om gedurende Desember hulppionierdiens te doen.
15 min: “Die Bybel—’n praktiese gids vir die hedendaagse mens.” Toespraak deur ’n gesinshoof wat op die artikel in Die Wagtoring van 1 Mei 1993 gegrond is. Beklemtoon dat die toepassing van Bybelbeginsels ’n rustige, liefdevolle atmosfeer in die gesin kan bevorder. Vra een of twee voorbereide kommentare uit die gehoor wat toon hoe raad in God se Woord ’n gesin of individu gehelp het.
20 min: Gebruik die Grootste mens-boek om skaapgeaardes in Desember te help. Bespreking met gehoor. Stel vrae soos: Watter verslag oor Jesus se bediening of sy optrede teenoor ander het jou die meeste beïndruk? Waarom het hierdie verslag jou beïndruk? Hoe het jy al by hierdie publikasie baat gevind? Wat het jy oor Jehovah geleer deur dit te bestudeer? Watter gedagte(s) het jy beklemtoon toe jy dit aangebied het? Laat ’n ervare verkondiger demonstreer hoe die boek aangebied kan word. Moedig almal aan om Sondag velddiens te doen.
Lied 94 en slotgebed.