Diensvergaderinge vir Januarie
Week wat begin met 5 Januarie
8 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
17 min: “Put vreugde daaruit om ’n deeglike getuienis te gee.” Gehoorbespreking van artikel. Beklemtoon die vereistes van ’n doeltreffende aanbieding: (1) Groet vriendelik, (2) lewer kommentaar of vra ’n vraag oor ’n aktuele onderwerp, (3) verwys na ’n gepaste teks en (4) vestig die aandag op die publikasie wat aangebied word. Laat ’n bekwame verkondiger ’n voorgestelde aanbieding demonstreer met die eerste besoek en die ooreenstemmende herbesoek.
20 min: ’n Gesinstudie wat vreugde bring. Egpaar bespreek geestelike behoeftes van hulle gesin. Hulle is besorg oor die wêreldse invloede wat ’n negatiewe uitwerking op hulle kinders het en voel dat dit nodig is om hulle kinders se geestelikheid te versterk, maar erken dat hulle gesinstudie ongereeld en dikwels ondoeltreffend is. Hulle hersien saam wenke in Die Wagtoring van 1 Augustus 1997, bladsye 26-9, oor hoe om ’n sinvolle gesinstudie te hou. Albei is vasbeslote om die raad toe te pas en die geestelike welsyn van hulle kinders te beskerm.
Lied 142 en slotgebed.
Week wat begin met 12 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: “Maak goeie gebruik van strooibiljette.” Gehoorbespreking. Sluit ondervinding in uit Die Wagtoring van 1 Desember 1996, bladsy 13, paragraaf 15.
20 min: “Jehovah gee krag wat bo die normale is.” Vrae en antwoorde. (Sien w90-AF 7/15 19, paragrawe 15-16.) Reël dat ’n paar verkondigers aanmoedigende ondervindinge vertel wat toon hoe Jehovah hulle versterk het.
Lied 81 en slotgebed.
Week wat begin met 19 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Spreek waardering uit vir finansiële ondersteuning.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Berei nou voor om God se wet op bloed te onderhou. Bekwame ouer man bespreek hoe belangrik dit is om die “Advance Medical Directive/Release”-kaart in te vul. Die geïnspireerde riglyn in Psalm 19:8 toon dat Handelinge 15:28, 29 ’n uiting van God se volmaakte wet op bloed is. Lojale aanbidders strewe daarna om hierdie wet te onderhou. Hierdie dokumente maak bekend dat jy vasbeslote is om dit te doen en praat namens jou wanneer jy nie vir jouself kan praat nie. (Vergelyk Spreuke 22:3.) ’n Nuwe kaart voorsien ’n huidige verklaring dat jy weier om bloed te neem. Gedoopte Getuies wat ’n nuwe kaart wil hê, sal ná afloop van hierdie vergadering een gegee word, en diegene met ongedoopte minderjarige kinders sal ’n “Identity Card” vir elke kind kry. Hierdie kaarte moet nie vanaand ingevul word nie. Hulle moet noukeurig tuis ingevul word, maar NIE geteken word nie. Al die kaarte sal na afloop van die volgende Gemeentelike Boekstudie onder toesig van die boekstudiehouer deur die verkondigers en getuies geteken en gedateer word. Dit sal verseker dat almal wat in sy groep is en hierdie mediese dokument wil invul die nodige hulp sal hê. Diegene wat as getuies teken, moet persoonlik sien dat die kaarthouer die dokument teken. Enigiemand wat dan nie teenwoordig is nie en ’n kaart wil invul en teken, sal by die volgende Diensvergadering deur boekstudiehouers/ouer manne gehelp word totdat alle gedoopte verkondigers se kaarte behoorlik ingevul is. (Hersien brief van 15 Oktober 1991.) Ongedoopte verkondigers kan hulle eie dokument vir hulle en hulle kinders opstel deur die bewoording van hierdie kaart by hulle eie omstandighede en oortuiging aan te pas.
Lied 146 en slotgebed.
Week wat begin met 26 Januarie
12 min: Plaaslike aankondigings. Hersien lektuuraanbod vir Februarie. Meld een of twee punte uit die Openbaring-boek wat nuttig sal wees wanneer dit aangebied word.
15 min: “Toon respek vir Jehovah se plek van aanbidding.” Vrae en antwoorde. Moet deur ’n ouer man behartig word wat materiaal op taktvolle wyse plaaslik moet toepas.
18 min: Die rapportering van ons aandeel aan die wêreldwye getuieniswerk. (Gebaseer op Ons Bediening-boek, bladsye 100-2, 106-10.) Toespraak en bespreking wat deur die sekretaris behartig moet word. Nadat hy getoon het wat die skriftuurlike grondslag is om gereeld ons aktiwiteit te rapporteer, nooi hy twee bedieningsknegte om die onderhofie “Waarom ons ons velddiens rapporteer” te hersien. Die sekretaris beklemtoon vervolgens hoe belangrik dit is om akkuraat en stiptelik te rapporteer en moedig almal aan om hulle velddiensrapporte vir Januarie aan die einde van die maand in te gee. Hy meld redes waarom dit ons tot voordeel strek om persoonlike doelwitte te stel en lewer ten slotte opbouende kommentaar oor die seëninge wat diegene ontvang wat ’n volle aandeel aan die getuieniswerk het.
Lied 189 en slotgebed.