Diensvergaderinge vir Oktober
Week wat begin met 4 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Dit is die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje. Bespreek reëlings en moedig almal aan om ’n volle deelname te hê.
17 min: “Maak goed gebruik van ouer boeke.” Vrae en antwoorde. Meld ouer boeke wat plaaslik in voorraad is. Noem ’n paar interessante kenmerke daarvan en verduidelik hoe dit vir ander aangebied kan word. Moedig almal aan om hierdie boeke gedurende Oktober aan te bied in die ontoegekende gebied, die veldbediening en wanneer informeel getuig word. Sluit ’n demonstrasie van ’n kort, eenvoudige aanbieding in.
18 min: Wees tydskrifbewus! Meld hoeveel tydskrifte die gemeente verlede maand versprei het. Hoe vergelyk dit met die hoeveelheid tydskrifte wat van die Genootskap ontvang is? Wat moet gedoen word as daar ’n groot verskil is? Nooi die gehoor om oor die volgende kommentaar te lewer: (1) Elke verkondiger moet ’n voldoende maar realistiese hoeveelheid tydskrifte bestel. (2) Beskou elke Saterdag as ’n tydskrifdag. (3) Reël jou persoonlike velddiensrooster sodat dit elke maand tydskrifwerk insluit. (4) Beplan om meer informele getuieniswerk te doen deur tydskrifte te gebruik om gesprekke te begin. (5) Neem artikels oor ’n bepaalde onderwerp vir sake- en professionele mense wat waarskynlik daarin sal belangstel. (6) Hou ’n akkurate verslag van mense wat tydskrifte geneem het en bou ’n tydskrifroete op deur gereeld met die jongste tydskrifte terug te gaan. (7) Maak goed gebruik van ouer tydskrifte sodat hulle nie ophoop nie. Wys die jongste tydskrifte en meld artikels wat waarskynlik belangstelling sal wek. Laat ’n volwassene en ’n jong persoon elk ’n kort tydskrifaanbieding demonstreer.—Sien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir September 1995.
Lied 105 en slotgebed.
Week wat begin met 11 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
20 min: “Die ‘God se profetiese woord’-streekbyeenkomste vir 1999” (Paragrawe 1-15). Vrae en antwoorde. Lees paragrawe 6, 8, 11 en 15. Beklemtoon redes waarom ons die hele byeenkoms, ook Vrydag se sessies, moet bywoon. Beklemtoon hoe belangrik dit is om die Genootskap se riglyne te volg deur elke dag ons eie middagete na die byeenkoms toe te bring.
15 min: “Hoe om groter vreugde uit vergaderinge te put.” Vrae en antwoorde. Meld spesifieke voorbeelde van hoe ons by die vergaderinge bedagsaam en bemoedigend teenoor mekaar kan wees. Nooi gehoor om van hulle eie ondervindinge te vertel.
Lied 152 en slotgebed.
Week wat begin met 18 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings en velddiensondervindinge.
10 min: “Verhuis jy?” ’n Bemoedigende toespraak deur die sekretaris. Wanneer verkondigers na ’n ander gemeente moet verhuis, is dit belangrik dat hulle goed gevestig raak in hulle nuwe omgewing om enige geestelike terugslae te vermy. Beklemtoon hoe belangrik dit is om die ouer manne van sulke planne in kennis te stel en hulle hulp te vra om met die nuwe gemeente in aanraking te kom.
25 min: “Die ‘God se profetiese woord’-streekbyeenkomste vir 1999” (Paragrawe 16-23). Vrae en antwoorde. Lees paragrawe 17-20. Gebruik die tekste wat aangegee en aangehaal word om te beklemtoon waarom ons ernstig moet let op ons kleredrag, persoonsversorging en gedrag.
Lied 142 en slotgebed.
Week wat begin met 25 Oktober
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte in te gee. Help almal om voor te berei om die Vereis-brosjure of die Kennis-boek gedurende November aan te bied. Verduidelik hoe om ’n aanbieding voor te berei wat oor die vraag “Beantwoord God gebede?” handel. Gebruik punte uit les 7 in die brosjure of hoofstuk 16, paragrawe 12-14, in die boek. Demonstreer ’n eenvoudige aanbieding wat een teks insluit.
15 min: Hoe om antwoorde op Bybelvrae te vind. ’n Verkondiger het ’n belangstellende ontmoet wat ’n Bybelvraag het en vra ’n bedieningskneg se raad. Die bedieningskneg gee nie die antwoord nie, maar verduidelik eerder hoe om dit te kry. Eerstens hersien hy die wenke in die Skoolhandleiding, studie 7, paragrawe 8-9. Dan doen hulle saam navorsing oor ’n vraag wat dikwels in die plaaslike gebied gevra word. Hulle slaan spesifieke verwysings na wat oor die onderwerp handel en vind oortuigende punte wat die onderliggende rede vir die Bybel se antwoord verduidelik. Moedig die gehoor aan om hierdie soort lonende studie te doen om die antwoorde op Bybelvrae te vind.
15 min: “Wat sal jy vir ’n Joodse persoon sê?” Vrae en antwoorde. Verduidelik die verskil tussen Ortodokse, Hervormde en Konserwatiewe Judaïsme. (Sien Die mensdom se soeke na God, bladsye 226-7.) Meld gebiede waarop ons waarskynlik ’n gemeenskaplike grondslag met ’n Joodse persoon kan vind. Demonstreer ’n goed voorbereide aanbieding. Vir meer inligting oor Judaïsme, sien byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie 1998; Redenering-boek, bladsye 22-3, en Die mensdom se soeke na God, hoofstuk 9. As dit onwaarskynlik is dat die verkondigers ’n Jood in die bediening sal ontmoet, kan die bespreking by plaaslike omstandighede aangepas word en terselfdertyd die aanbod vir die maand beklemtoon.
Lied 151 en slotgebed.