Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/92 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir November

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir November
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 2 November
  • Week wat begin met 9 November
  • Week wat begin met 16 November
  • Week wat begin met 23 November
  • Week wat begin met 30 November
Ons Koninkryksbediening—1992
km 11/92 bl. 2

Diensvergaderinge vir November

Week wat begin met 2 November

Lied 49

10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Vestig aandag op die inligting in die venster oor die adresse van takkantore. Prys die verkondigers vir hulle deelname aan die Koninkrykspredikingswerk. Gee wenke vir gesprekspunte uit die jongste tydskrifte wat in die plaaslike gebied gebruik kan word.

15 min: “Die krag van God se Woord.” Vrae en antwoorde. Moedig almal aan om die traktaat Waarom jy die Bybel kan vertrou te lees en op verskillende redenasies en eenvoudige, kragtige argumente te let wat in die velddiens gebruik kan word.

20 min: “Lê die grondslag tydens jou eerste besoek.” Die broer wat hierdie deel behartig, lei vier demonstrasies in wat een van die twee inleidings in paragrawe 2 en 3 toelig en elkeen van die punte in paragrawe 4, 5 en 6 demonstreer. Die laaste demonstrasie moet toon hoe die Bybel sowel as die God se woord-boek tydens die eerste besoek aangebied kan word.

Lied 52 en slotgebed.

Week wat begin met 9 November

Lied 141

5 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus.

15 min: “Volg jy instruksies?” Toespraak deur presiderende opsiener wat gebaseer is op die artikel in Die Wagtoring van 1 Oktober 1990, bladsye 30-1. Pas plaaslik toe op spesifieke behoeftes: die rapportering van velddienstyd, die skoonmaak van die Koninkryksaal, om betyds te wees vir velddiensvergaderinge, die beheer van kinders in die Koninkryksaal, ensovoorts. Prys die broers waar dit gepas is en help almal om te sien hoe die hele gemeente daarby baat vind en die werk van aangestelde knegte vergemaklik word wanneer almal instruksies volg.

10 min: “Wees ’n hulppionier gedurende Desember.” Dek die materiaal op ’n hartlike en geesdriftige manier deur middel van vrae en antwoorde. Kondig die plaaslike reëlings vir velddiens aan asook die spesiale reëlings wat gedurende Desember vir groter groepe getref sal word.

15 min: “Waardeer jy ons lektuur?” Aanmoedigende toespraak.

Lied 27 en slotgebed.

Week wat begin met 16 November

Lied 179

15 min: Plaaslike aankondigings asook rekeningverslag en erkenning van bydraes. Prys die gemeente hartlik vir hulle geldelike ondersteuning van die plaaslike gemeente sowel as die Genootskap se Koninkryksaalfonds en die Genootskap se wêreldwye werk. Ouers moet skoolkinders veral op geskilpunte voorberei wat gedurende die feesgety kan ontstaan deur bladsye 17-21 van die Skool-brosjure te gebruik.

20 min: “Hoe om belangstelling aan te kweek.” Toespraak en demonstrasies wat deur die diensopsiener behartig moet word. Demonstreer die metodes in paragrawe 5 en 6. Hou demonstrasies eenvoudig en maklik om te volg.

10 min: “Kies gepaste gesprekspunte.” Bespreking tussen man en vrou terwyl hulle vir die velddiens voorberei.

Lied 198 en slotgebed.

Week wat begin met 23 November

Lied 54

10 min: Plaaslike aankondigings. Bied ’n demonstrasie aan wat toon hoe ’n gesprekspunt uit een van die jongste tydskrifte hierdie naweek gebruik kan word. Gebruik wenke wat gedurende verlede week se Diensvergadering gegee is.

20 min: “Vertrou op Jehovah in alles wat ons onderneem”—Deel 1. Bespreking van paragrawe 1 tot 13 van die bylae deur twee broers, verkieslik dié wat saam met die Streekboukomitee in die gebied werk. Plaaslike ondervindings kan ingesluit word. Moedig almal hartlik aan wat aan die vereistes voldoen om hulle dienste aan te bied.

15 min: Waarom ons nie verjaarsdae vier nie. Bespreking tussen ’n ouere man en ’n voorbeeldige vaderlose seun wat nog nie ’n tiener is nie. Die seun nader die ouere man om hulp sodat hy die druk kan weerstaan wat sy portuurs op hom uitoefen om ’n verjaarsdagpartytjie by te woon. Hy weet dit is verkeerd maar sal dit graag goed aan ander wil kan verduidelik. Die ouere man bespreek die inligting op bladsye 30-1 van Die Wagtoring van 1 September 1992 en bladsye 412-14 van die Redenering-boek vriendelik en in eenvoudige taal met die seun.

Lied 24 en slotgebed.

Week wat begin met 30 November

Lied 104

10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien punte uit die Genootskap se brief van 15 Augustus 1992 en moedig die verkondigers aan om hulle rapporte in die spesiale bussie vir rapporte by die Koninkryksaal te sit.

15 min: Gebruik die Grootste mens-boek om ons lig gedurende Desember te laat skyn. Toespraak met demonstrasie. Moedig almal aan om velddienspunte duidelik in gedagte te hê. Gee wenke vir gesprekspunte wat gebaseer is op die hoofstukke wat vroeër in die maand by die Gemeentelike Boekstudie bespreek is.

20 min: “Vertrou op Jehovah in alles wat ons onderneem”—Deel 2. Dekking van paragrawe 14 tot 25 van die bylae deur middel van vrae en antwoorde. Beklemtoon dat elke verkondiger ’n aandeel kan hê aan (1) vrywillige diens as hulle aan die vereistes voldoen en hulle omstandighede hulle toelaat, (2) geldelike bydraes aan die Genootskap se Koninkryksaalfonds en (3) die ondersteuning van gemeentelike bedrywighede wanneer ander weg is op ’n konstruksietoewysing.

Lied 4 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel