Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/98 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Maart

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Maart
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 2 Maart
  • Week wat begin met 9 Maart
  • Week wat begin met 16 Maart
  • Week wat begin met 23 Maart
  • Week wat begin met 30 Maart
Ons Koninkryksbediening—1998
km 3/98 bl. 2

Diensvergaderinge vir Maart

Week wat begin met 2 Maart

Lied 3

8 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Februarie stiptelik te rapporteer.

15 min: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen.” Toespraak deur ’n ouer man. Lewer kortliks kommentaar oor Ons bediening-boek, bladsye 80-1, en beklemtoon hoe belangrik dit is om die Gedenkmaal by te woon.

22 min: “Gee ander die hoop op die ewige lewe.” Gehoorbespreking van artikel. Verduidelik kortliks hoe vrae op doeltreffende wyse gebruik kan word om ’n gesprek voort te sit. Gee ’n paar voorbeelde van uitlokvrae sowel as beskouingsvrae wat in ’n aanbieding gebruik kan word. (Sien Skoolhandleiding, bladsye 51-2, paragrawe 10-12.) Laat ’n bekwame verkondiger een van die voorgestelde aanbiedings asook die herbesoek demonstreer en toon hoe ’n Bybelstudie begin kan word.

Lied 88 en slotgebed.

Week wat begin met 9 Maart

Lied 60

8 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: Vraebus. Vrae en antwoorde. Ouer man hersien materiaal in Ons bediening-boek, bladsy 130, paragraaf 3, tot bladsy 131, paragraaf 1.

22 min: “Gaan ons dit weer doen?” (Paragrawe 1-11) Vrae en antwoorde. Meld hoogtepunte van verlede jaar se hulppionierkampanje uit die verslag in die 1998 Yearbook, indien dit beskikbaar is. Meld hoeveel gedurende daardie tydperk plaaslik hulppionierdiens gedoen het. Bespreek die onmiddellike persoonlike voordele wat uit pionierdiens voortspruit, en toon hoe hierdie bykomende poging tot die gemeente se vooruitgang bydra. Sit velddiensreëlings uiteen wat plaaslik vir April en Mei beplan word om meer te help om pionierdiens te doen. Verkondigers kan na afloop van die vergadering aansoekvorms kry.

Lied 195 en slotgebed.

Week wat begin met 16 Maart

Lied 43

8 min: Plaaslike aankondigings. Nooi alle belangstellendes uit om op 29 Maart die spesiale openbare toespraak by te woon. Die tema van die toespraak is: “Waarom jy die Bybel kan vertrou.”

15 min: Plaaslike behoeftes.

22 min: “Gaan ons dit weer doen?” (Paragrawe 12-19) Vrae en antwoorde. Hersien vereistes wat in Ons bediening-boek, bladsye 113-14, uiteengesit word. Verduidelik hoe hulppionierdiens ’n mens vir gewone pionierdiens voorberei. Nooi ’n paar wat verlede jaar hulppionierdiens gedoen het om te vertel hoe hulle hulle rooster opgestel het om die vereiste 60 uur te bereik. Watter roostervoorbeeld op die laaste bladsy van die byvoegsel het vir hulle die beste gewerk? Vertel na gelang van die tyd ondervindinge uit die 1987 Yearbook, bladsye 48-9, 245-6. Moedig verkondigers aan om na afloop van die vergadering aansoekvorms te kry.

Lied 224 en slotgebed.

Week wat begin met 23 Maart

Lied 94

10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om belangstellendes na die Gedenkmaal, op 11 April, te begin nooi. Wys ’n eksemplaar van die uitnodiging en moedig almal aan om ’n voorraad te kry en dit hierdie week te begin versprei. Kondig die name aan van almal wat in April hulppionierdiens gaan doen. Verduidelik dat dit nie te laat is om ’n aansoekvorm in te gee nie. Sit die hele rooster uiteen vir velddiensvergaderinge wat vir April beplan word.

20 min: Berei nuwelinge vir velddiens voor. Toespraak en gehoorbespreking. Diegene wat ’n studie in die Kennis-boek hou, moet daaraan dink om hulle student vir velddiens voor te berei. Vestig die aandag op wat in die Kennis-boek gesê word op bladsye 105-6, paragraaf 14, en bladsy 179, paragraaf 20. Hersien prosedure in Die Wagtoring van 15 November 1988, bladsye 16-17, paragrawe 7-10, waarvolgens nuwelinge ongedoopte verkondigers word. Bespreek wenke in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996, paragraaf 19, om nuwe ongedoopte verkondigers te help om velddiens te begin doen.

15 min: Vind ten volle baat by die 1998 Yearbook. Vader bespreek bladsye 3-6, 31 met sy gesin en vestig die aandag op wat die afgelope jaar wêreldwyd op teokratiese gebied uitgerig is. Bespreek die voordele wat die gesin geniet het deur saam die dagteks en dele van die Yearbook by maaltye te lees en te bespreek, en wees vasbeslote om dit regdeur die jaar te bly doen. As julle die 1998 Yearbook nog nie ontvang het nie, moet julle plaaslike behoeftes bespreek.

Lied 47 en slotgebed.

Week wat begin met 30 Maart

Lied 29

12 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Maart in te gee. Wys huidige nommers van die tydskrifte, stel artikels voor wat beklemtoon kan word wanneer ons hulle aanbied en meld ’n paar spesifieke gesprekspunte. Hersien “Gedenkmaalherinneringe” en sit plaaslike Gedenkmaalreëlings uiteen. Almal moet finale reëlings tref om Bybelstudente en ander belangstellendes te help om teenwoordig te wees. Herinner almal daaraan om seker te maak dat hulle die Bybellees vir die Gedenkmaal doen wat vir 6-11 April gereël is, soos uiteengesit in Ondersoek die Skrif elke dag.

13 min: “Kinders—Julle is ons vreugde!” Vrae en antwoorde. Vertel ondervinding in Die Wagtoring van 1 Augustus 1987, bladsy 25.

20 min: Maniere om geestelike uitputting te bestry. Twee ouer manne bespreek die venster in Die Wagtoring van 15 Januarie 1986, bladsy 19. Verduidelik met behulp van die Skrif hoe ’n mens vir elk van die “Simptome van uitputting” by die ooreenstemmende “Hulpmiddels om te volhard” baat kan vind. Voer dan ’n onderhoud met twee verkondigers wat kommentaar lewer oor hoe die toepassing van hierdie punte hulle gehelp het om geestelik sterk te bly.

Lied 140 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel