Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/95 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Februarie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Februarie
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 6 Februarie
  • Week wat begin met 13 Februarie
  • Week wat begin met 20 Februarie
  • Week wat begin met 27 Februarie
Ons Koninkryksbediening—1995
km 2/95 bl. 2

Diensvergaderinge vir Februarie

Week wat begin met 6 Februarie

Lied 73

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Demonstreer hoe artikels in die jongste tydskrifte in die werk van deur tot deur gebruik kan word.

17 min: “Die predikingswerk—’n eervolle voorreg.” Vrae en antwoorde. Maak verdere opmerkings wat op Die Wagtoring van 15Julie 1990, bladsy 19, paragrawe 13-16, gebaseeris.

18 min: “Lei die Paradys op aarde-boek doeltreffend in.” Hersien die hoofpunte met die gehoor en sluit kommentare in uit die Skoolhandleiding, bladsye 46-7, paragrawe 9-12. Bespreek watter tipe inleiding in julle gebied doeltreffend kan wees. Reël dat een of twee aanbiedings gedemonstreer word.

Lied 82 en slotgebed.

Week wat begin met 13 Februarie

Lied103

5 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Meld die Genootskap se erkennings van bydraes wat moontlik ontvangis.

10 min: Plaaslike behoeftes. Of ’n toespraak oor die artikel “Waarom oor God praat?” in die Ontwaak! van 22 September 1994, bladsye 13-15.

15 min: “Die woord van die Koninkryk—Begryp die sin daarvan.” Vrae en antwoorde. Laat twee of drie persone vertel hoe en wanneer hulle hulle persoonlike studie doen of die dagteks bespreek.

15 min: “Neem ander in ag—Deel 2.” Toespraak en bespreking deur ’n ouere man. Vestig die aandag op enige probleme wat plaaslik waargeneem is en gee gepaste vermaning.

Lied 109 en slotgebed.

Week wat begin met 20 Februarie

Lied 134

12 min: Plaaslike aankondigings. Vestig die aandag op artikels in die jongste tydskrifte wat vir die plaaslike gebied gepas is. Demonstreer aanbiedings.

15 min: “Die Gewer van ‘elke goeie gawe’.” Toespraak deur ouere man wat op Die Wagtoring van 1 Desember 1993, bladsye 28-31, gebaseeris.

18 min: “Kweek die belangstelling wat jy gevind het.” Bespreek met gehoor. Meld kommentare van persone wat waardering vir die Paradys op aarde-boek uitgespreek het. (Sien Die Wagtoring van 15 Mei 1986, bladsy 32, en Die Wagtoring van 1 Maart 1987, bladsy 32.) Reël een of twee kort demonstrasies wat toon hoe voorgestelde aanbiedings gebruik kan word. Moedig almal aan om studies met belangstellendes te probeer begin.

Lied 147 en slotgebed.

Week wat begin met 27 Februarie

Lied 184

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner die verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Februarie stiptelik te rapporteer. Boekstudiehouers moet in verbinding tree met al die verkondigers op die lys wat hulle van die sekretaris kry om hulle aan te moedig om enige rapporte wat laat is in te gee.

20 min: “Siekebesoeke—Hoe jy kan help.” Toespraak wat op die materiaal in die Ontwaak! van 8 Maart 1991 gebaseer is. Sit die gemeente se reëlings uiteen om diegene te help wat bejaard, sieklik of huisgebonde is. Beklemtoon die gedagte op bladsy 11, paragraaf 4, oor die voordeel daarvan om behoorlik geklee te wees.

15 min: Bied die Openbaring-boek gedurende Maart aan. Moedig almal aan om entoesiasties oor die aanbieding hiervan te wees. Hersien die redes waarom dit uitgegee is, soos op bladsy 8 van die boek verduidelik word. Meld kommentare wat waardering vir die boek toon. (Sien Die Wagtoring van 15 Maart 1989, bladsy 32, en Die Wagtoring van 15 April 1989, bladsy 32.) Hersien en demonstreer kortliks ’n aanbieding. (Sien Ons Koninkryksbediening vir Maart 1992, bladsy 4.) Herinner die gehoor daaraan om boeke by die lektuurtoonbank te kry om hierdie week in die velddiens te gebruik.

Lied 207 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel