Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/90 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 2 APRIL
  • WEEK WAT BEGIN MET 9 APRIL
  • WEEK WAT BEGIN MET 16 APRIL
  • WEEK WAT BEGIN MET 23 APRIL
  • WEEK WAT BEGIN MET 30 APRIL
Ons Koninkryksbediening—1990
km 4/90 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 2 APRIL

Lied 87

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan dat Gedenkmaal Dinsdagaand, 10 April, sal wees. Meld tyd van viering, en skets plaaslike reëlings. Spoor almal aan om die naweek ’n spesiale poging aan te wend om belangstellendes uit te nooi. Demonstreer hoe ’n Bybelstudent na Gedenkmaal genooi word.

20 min: “Bied die goeie nuus aan—Deur intekeninge met vrymoedigheid aan te bied.” Vrae en antwoorde. Demonstreer nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’ nadat paragraaf 4 bespreek is. Beklemtoon gedagtes in die inleidende artikels oor vrede in Die Wagtoring. Die een wat aanbod doen, moet positief wees wanneer intekening aangebied word.

15 min: “Die Gedenkmaal—die Christelike viering.” Vrae en antwoorde. Nadat paragraaf 6 bespreek is, moet daar kortliks gedemonstreer word hoe iemand herinner word wat vantevore uitgenooi is, en vra die gemeente dan hoe hulle beplan om nuwelinge na die Gedenkmaal uit te nooi en te help dat hulle dit bywoon. Herinner die gemeente daaraan dat gedrukte uitnodigings beskikbaar is.

Lied 181 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 9 APRIL

Lied 148

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Demonstreer twee aanbiedings, 30 tot 60 sekondes lank, van jongste tydskrifte. Bespreek gemeente se velddiensrapport vir Maart. Prys hulle vir die goeie werk wat gedoen is.

18 min: “Eer Jesus Christus—die fondament van ons geloof.” Vraag-en-antwoordbespreking.

17 min: Die waarde van die goeie nuus in ons lewe. Toespraak. Gebaseer op inligting in Die Wagtoring van 1 Januarie 1990, bladsye 4-6. Reël dat party gemeentelede kommentare voorberei oor hoe die goeie nuus hulle gehelp het om hul lewe te verbeter.

Lied 193 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 16 APRIL

Lied 23

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

20 min: “Verkondig die goeie nuus met vrymoedigheid.” Vraag-en-antwoordbespreking van materiaal. Lees paragrawe na gelang van tyd.

15 min: Die Bybelse beskouing. Toespraak en demonstrasie. Sedert Ontwaak! van 8 Julie 1985 is “Die Bybelse beskouing” ’n interessante rubriek van die tydskrif. Die artikels aangaande die Bybel se standpunt oor die onderwerpe wat bespreek word, is vir weetgierige mense geskryf, hetsy hulle in die Bybel glo of nie. Die artikels het dikwels ’n nuwe benadering van onderwerpe wat vantevore verduidelik is. Gebruik ons hierdie artikels in die veldbediening? Die artikels is kort en saaklik, aangesien hulle twee bladsye beslaan. Hersien etlike van hierdie artikels wat in julle plaaslike gebied van toepassing is met die gehoor. Demonstreer hoe artikels in die bediening gebruik kan word.

Lied 92 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 23 APRIL

Lied 106

10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Spreker moet ook met gehoor bespreek wat hulle kan sê wanneer hulle Die Wagtoring van 1 Mei aanbied.’n Mens kan sê dat ware vrede slegs tot stand gebring kan word deur middel van ’n heerser wat sterk genoeg is om dit te waarborg. Psalm 72:7 sê dat God se Koninkryk onder Christus ’n oorvloed van vrede sal bring. As ’n regverdige heerser kan hy die goddeloses uitroei en selfs die opstanding van die dooies verseker (Ps. 37:10,  11). Wys op spesifieke gedagtes in die nommer van 1 Mei wat op tydskrifdag gebruik kan word of wanneer intekening aangebied word.

25 min: “Wees wys—Pas die dinge wat jy leer toe.” Ouere man bespreek materiaal met gehoor. Beklemtoon die nodigheid daarvan om die publikasies noukeurig te bestudeer sodat ons kan onthou en toepas wat ons geleer het. Vestig die aandag op praktiese gedagtes in onlangse publikasies wat plaaslik van toepassing is. Byvoorbeeld: hoe die jeug omstandighede by die skool die hoof kan bied; hoe probleme by die werk te bowe gekom kan word; hoe om probleme tussen broers of huweliksmaats op te los. Gebruik informasie wat die plaaslike gemeente die nuttigste sal vind.

10 min: Seëninge wanneer ons toepas wat ons leer. Laat goed voorbereide ondervindinge vertel word oor hoe dinge wat geleer is, toegepas is; ook oor die seëninge wat broers ontvang het wat dit toegepas het. Plaaslike ondervindinge is die beste, maar indien nodig kan party in die 1990 Yearbook gebruik word.—Sien bladsye 7-9, 43-5, 50-3, 57-8, 64.

Lied 75 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 30 APRIL

Lied 200

10 min: Plaaslike aankondigings. Meld hoeveel nuwe intekeninge deur gemeente verkry is, en vra diegene wat gedurende die maand hulppionierdiens doen om ondervindinge te vertel.

20 min: “Dra vrugte met volharding.” Toespraak gebaseer op bladsye 253-5 van die 1990 Yearbook. Prys die verkondigers hartlik vir die plaaslike gemeente se pogings om ondanks beproewinge en moeilike omstandighede vrymoedig te getuig en vrug te dra.

15 min: Plaaslike behoeftes, of toespraak en demonstrasie wat die waarde van ’n gereelde bespreking van dagteks en kommentaar beklemtoon. Stel voor hoe dit gedoen kan word. Baseer toespraak op informasie in voorwoord van Ondersoek die Skrif elke dag—1990.

Lied 72 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel