Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • nwt Jeremia 1:1-52:34
  • Jeremia

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jeremia
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Jeremia

JEREMIA

1 Dít is die woorde van Jeremia* die seun van Hilkiʹa, een van die priesters in Aʹnatot+ in die land van Benjamin. 2 Hy het boodskappe van Jehovah ontvang in die 13de jaar nadat Josiʹa+ die seun van Amon+ koning van Juda geword het. 3 Hy het ook boodskappe ontvang in die tyd van Jojaʹkim+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, tot aan die einde van die 11de jaar van Sedekiʹa+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, toe Jerusalem in die vyfde maand in ballingskap gegaan het.+

4 Jehovah het vir my gesê:

 5 “Voordat ek jou in die baarmoeder gevorm het, het ek jou geken,*+

en voordat jy gebore is,* het ek jou geheilig.*+

Ek het jou ’n profeet vir die nasies gemaak.”

 6 Maar ek het gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah!

Ek kan nie goed praat nie,+ want ek is maar net ’n seun.”*+

 7 Jehovah het toe vir my gesê:

“Moenie sê: ‘Ek is maar net ’n seun’ nie.

Want jy moet na almal gaan na wie ek jou stuur,

en jy moet alles sê wat ek jou beveel.+

 8 Moenie bang wees vir hoe hulle lyk nie,+

want ‘ek is met jou om jou te red,’+ sê Jehovah.”

9 Toe het Jehovah sy hand uitgesteek en aan my mond geraak.+ En Jehovah het vir my gesê: “Ek het my woorde in jou mond gesit.+ 10 Kyk, ek het jou vandag oor die nasies en oor die koninkryke aangestel, om uit te ruk en af te breek, om te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.”+

11 Jehovah het weer met my gepraat en gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Toe het ek gesê: “Ek sien die tak van ’n amandelboom.”*

12 Jehovah het vir my gesê: “Ja, jy het reg gesien, want ek is wawyd wakker sodat ek my woord kan uitvoer.”

13 Jehovah het ’n tweede keer met my gepraat en gevra: “Wat sien jy?” Toe het ek gesê: “Ek sien ’n pot wat kook,* en die opening van die pot is weg van die noorde af gedraai.” 14 Toe het Jehovah vir my gesê:

“Uit die noorde sal die rampspoed losbreek

teen al die inwoners van die land.+

15 Want ‘ek roep al die families van die koninkryke van die noorde,’ sê Jehovah,+

‘en hulle sal beslis kom, en elkeen sal sy troon opstel

by die ingang van die poorte van Jerusalem,+

en hulle sal die mure rondom die stad

en al die stede van Juda aanval.+

16 En ek sal my oordele teen hulle uitspreek weens al hulle goddeloosheid,

want hulle het my verlaat,+

en hulle maak offerrook vir ander gode,+

en hulle buig neer voor die werke van hulle eie hande.’+

17 Maar jy moet jou gereedmaak,*

en jy moet opstaan en vir hulle alles sê wat ek jou beveel.

Moenie vir hulle bang wees nie,+

sodat ek jou nie voor hulle rede gee om bang te wees nie.

18 Want ek het jou vandag ’n versterkte stad gemaak,

’n ysterpilaar en kopermure om weerstand te bied teen die hele land,+

teen die konings van Juda en sy leiers,

teen sy priesters en die volk van die land.+

19 En hulle sal beslis teen jou veg,

maar hulle sal nie die oorhand oor jou kry nie,*

want ‘ek is met jou,’+ sê Jehovah, ‘om jou te red.’”

2 Jehovah het vir my gesê: 2 “Gaan en verkondig aan die inwoners van* Jerusalem: ‘Dít is wat Jehovah sê:

“Ek onthou nog goed hoe toegewyd jy in jou jong dae was,*+

die liefde wat jy getoon het toe jy verloof was,+

hoe jy my in die wildernis gevolg het,

in ’n land waar geen saad gesaai is nie.+

 3 Israel was heilig vir Jehovah,+ die eerste opbrengs* van sy oes.”’

‘Enigiemand wat hom verslind, sal skuldig word.

Rampspoed sal hulle tref,’ sê Jehovah.”+

 4 Hoor die woord van Jehovah, o huis van Jakob,

en al die families van die huis van Israel.

 5 Dít is wat Jehovah sê:

“Watter fout het julle voorvaders by my gevind,+

dat hulle so ver van my af weggedwaal het

en agter waardelose afgode+ aangeloop het en self waardeloos geword het?+

 6 Hulle het nie gevra: ‘Waar is Jehovah,

die Een wat ons uit Egipte uitgelei het,+

wat ons deur die wildernis gelei het,

deur ’n land van woestyne+ en diep gate,

deur ’n dorre land+ van diep skaduwee,

deur ’n land waardeur geen mens reis

en waar geen mense woon nie?’

 7 Ek het julle toe na ’n land van vrugteboorde gebring,

om die vrugte en die goeie dinge daarvan te eet.+

Maar julle het ingekom en my land onrein gemaak.

Julle het my erfdeel in iets afskuweliks verander.+

 8 Die priesters het nie gevra: ‘Waar is Jehovah?’ nie.+

Dié wat die Wet hanteer, het my nie geken nie.

Die herders het teen my in opstand gekom.+

Die profete het deur Baäl geprofeteer,+

en hulle het dié gevolg wat niemand kan help nie.

 9 ‘Daarom sal ek aanhou om ’n saak teen julle te maak,’+ sê Jehovah,

‘en ek sal ’n saak teen julle nageslag maak.’

10 ‘Maar gaan oor na die kuslande* van die Kittiërs+ en kyk.

Ja, stuur iemand na Kedar+ en dink mooi hieroor na.

Kyk of iets soos die volgende al gebeur het:

11 Het ’n nasie al ooit sy gode verruil vir dié wat nie gode is nie?

Maar my eie volk het my heerlikheid verruil vir iets wat nutteloos is.+

12 Staar in verbasing hieroor, o hemele.

Bewe van absolute skok,’ sê Jehovah,

13 ‘want my volk het twee slegte dinge gedoen:

Hulle het my, die bron van lewende water, verlaat+

en vir hulle reënputte gegrawe,*

stukkende reënputte, wat nie water kan hou nie.’

14 ‘Is Israel ’n kneg of ’n slaaf wat in die huishouding gebore is?

Hoekom is hy dan oorgelewer om gevange geneem en beroof te word?

15 Jong leeus* brul teen hom.+

Hulle het hulle stem laat hoor.

Hulle het sy land iets skokkends gemaak.

Sy stede is aan die brand gesteek, sodat daar geen inwoner is nie.

16 Die mense van Nof*+ en Tagʹpanes+ maak die kroon van jou kop kaal.

17 Het jy dit nie oor jouself gebring

deur Jehovah jou God te verlaat+

terwyl hy jou op die weg gelei het nie?

18 Hoekom begeer jy dan nou die weg na Egipte+

om die waters van Sihor* te drink?

Hoekom begeer jy die weg na Assiʹrië+

om die waters van die Rivier* te drink?

19 Jy moet leer uit jou goddeloosheid,

en jou eie ontrouheid moet jou teregwys.

Jy moet leer en besef hoe sleg en bitter dit is+

om Jehovah jou God te verlaat.

Jy het my glad nie gevrees nie,’+ sê die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte.

20 ‘Want ek het jou juk lank gelede stukkend gebreek+

en jou boeie afgeruk.

Maar jy het gesê: “Ek sal u nie dien nie,”

want op elke hoë heuwel en onder elke groot boom+

het jy uitgestrek gelê en prostitusie gepleeg.+

21 Ek het jou geplant as ’n rooi wingerdstok van die beste gehalte,+ heeltemal gekweek uit suiwer saad.

Hoe het jy dan so agteruitgegaan en in die jong takkies van ’n vreemde wingerdstok verander?’+

22 ‘Maar al sou jy jou met soda* was en baie seep* gebruik,

sal jou skuld nog steeds ’n vlek voor my wees,’+ sê die Soewereine Heer Jehovah.

23 Hoe kan jy sê: ‘Ek het my nie onrein gemaak nie.

Ek het nie die Baäls gevolg nie’?

Kyk hoe jy jou gedra het in die vallei.

Let op wat jy gedoen het.

Jy is soos ’n vinnige, jong kameelkoei

wat doelloos heen en weer hardloop,

24 ’n wildedonkie wat gewoond is aan die wildernis,

wat die wind snuif op soek na seksuele bevrediging.

Wie kan haar keer wanneer sy op hitte is?

Niemand sal hulle moeg hoef te soek na haar nie.

In haar seisoen* sal hulle haar vind.

25 Moenie toelaat dat jou voete kaal word

en jou keel droog word nie.

Maar jy het gesê: ‘Nee, dit is hopeloos!+

Ek het verlief geraak op vreemdelinge,*+

en ek sal hulle volg.’+

26 Soos ’n dief verneder word wanneer hy gevang word,

so is die huis van Israel verneder,

hulle, hulle konings en hulle leiers,

hulle priesters en hulle profete.+

27 Hulle sê vir ’n boom: ‘U is my vader,’+

en vir ’n klip: ‘U het aan my geboorte gegee.’

Maar hulle het hulle rug op my gedraai, en nie hulle gesig nie.+

En in die tyd van hulle rampspoed sal hulle sê:

‘Staan op en red ons!’+

28 Waar is jou gode nou wat jy vir jou gemaak het?+

Laat hulle opstaan as hulle jou in die tyd van jou rampspoed kan red,

want jou gode het so baie soos jou stede geword, o Juda.+

29 ‘Hoekom hou julle aan om ’n saak teen my te maak?

Hoekom het julle almal teen my in opstand gekom?’+ vra Jehovah.

30 Ek het julle kinders geslaan, maar dit het nie gehelp nie.+

Hulle het geen dissipline aanvaar nie.+

Julle eie swaard het julle profete verslind,+

soos ’n leeu wat aanval.

31 O geslag, skenk aandag aan die woord van Jehovah.

Het ek soos ’n wildernis vir Israel geword

of ’n land van onderdrukkende duisternis?

Hoekom het my volk gesê: ‘Ons swerf vryelik rond.

Ons sal nie meer na u toe kom nie’?+

32 Kan ’n maagd haar juwele vergeet,

of ’n bruid haar borsbande?*

En tog het my eie volk my baie dae lank vergeet.+

33 Met hoeveel vaardigheid, o vrou, berei jy jou weg voor om liefde te soek!

Jy is geoefen in die weë van goddeloosheid.+

34 Selfs jou klere is bevlek met die bloed van die onskuldige armes,+

al was hulle nie besig om in te breek nie.

Hulle bloed is op al jou klere.+

35 Maar jy sê: ‘Ek is onskuldig.

Hy is tog seker nie meer kwaad vir my nie.’

Nou bring ek ’n oordeel teen jou

omdat jy sê: ‘Ek het nie gesondig nie.’

36 Hoekom dink jy niks daarvan om heeltyd te verander nie?

Jy sal ook oor Egipte skaam kry,+

net soos jy oor Assiʹrië skaam gekry het.+

37 Ook om hierdie rede sal jy met jou hande op jou kop in skaamte uitgaan,+

want Jehovah het dié verwerp in wie jy vertroue gestel het.

Hulle sal jou nie suksesvol maak nie.”

3 Mense vra: “As ’n man sy vrou wegstuur en sy hom verlaat en ’n ander man s’n word, mag hy dan nog na haar toe terugkeer?”

Is daardie land nie heeltemal besoedel nie?+

“Jy het met baie mans prostitusie gepleeg,+

en wil jy nou na my toe terugkeer?” sê Jehovah.

 2 “Kyk op na die kaal heuwels.

Waar is jy nie verkrag nie?

Jy het langs die paaie vir hulle gesit en wag,

soos ’n swerwer* in die wildernis.

Jy hou aan om die land te besoedel

met jou prostitusie en jou goddeloosheid.+

 3 Daarom word die reënbuie teruggehou+

en is daar geen reën in die lente nie.

Jy het die skaamtelose uitdrukking* van ’n getroude vrou wat prostitusie pleeg.

Jy weier om skaam te voel.+

 4 Maar nou roep jy na my toe uit:

‘My Vader, u is my vriend van jongs af!+

 5 Moet u vir ewig kwaad bly

of altyd ’n wrok koester?’

Dit is wat jy sê,

maar jy hou aan om soveel slegte dinge te doen as wat jy kan.”+

6 In koning Josiʹa+ se tyd het Jehovah vir my gesê: “‘Het jy gesien wat die ontroue Israel gedoen het? Sy het gegaan om op elke hoë berg en onder elke groot boom prostitusie te pleeg.+ 7 Selfs nadat sy al hierdie dinge gedoen het, het ek aanhoudend gesê dat sy na my toe moet terugkeer,+ maar sy het nie teruggekeer nie, en Juda het haar bedrieglike suster heeltyd dopgehou.+ 8 Toe ek dit sien, het ek die ontroue Israel met ’n skeibrief+ weggestuur omdat sy egbreuk gepleeg het.+ Maar haar ontroue suster, Juda, het nie bang geword nie. Sy het ook uitgegaan en prostitusie gepleeg.+ 9 Sy het haar prostitusie nie ernstig opgeneem nie, en sy het aangehou om die land te besoedel en om egbreuk te pleeg met klippe en met bome.+ 10 Ten spyte van alles het haar bedrieglike suster, Juda, nie met haar hele hart na my toe teruggekeer nie. Sy het net gemaak asof sy dit doen,’ sê Jehovah.”

11 Jehovah het toe vir my gesê: “Ontroue Israel het getoon dat sy regverdiger is as die bedrieglike Juda.+ 12 Gaan verkondig hierdie woorde aan die noorde:+

“‘“Keer terug, o ontroue Israel,” sê Jehovah.’+ ‘“Ek sal nie kwaad na julle kyk nie,+ want ek is lojaal,” sê Jehovah.’ ‘“Ek sal nie vir ewig kwaad bly nie. 13 Maar erken net jou skuld, want jy het teen Jehovah jou God in opstand gekom. Jy het aangehou om jou gunste* onder vreemdelinge* te verstrooi, onder elke groot boom, maar jy wou nie doen wat ek sê nie,” sê Jehovah.’”

14 “Keer terug, ontroue kinders,” sê Jehovah. “Want ek het julle ware meester* geword, en ek sal julle neem, een uit ’n stad en twee uit ’n familie, en ek sal julle na Sion bring.+ 15 Ek sal vir julle herders gee na my eie hart,+ en hulle sal julle met kennis en insig voed. 16 In daardie dae sal julle baie word en vrug dra in die land,” sê Jehovah.+ “Hulle sal nie meer sê: ‘Die ark van die verbond van Jehovah!’ nie. Dit sal nie in die hart opkom nie, en hulle sal ook nie daaraan dink of daarna verlang nie, en dit sal nie weer gemaak word nie. 17 In daardie tyd sal hulle Jerusalem die troon van Jehovah noem,+ en al die nasies sal in Jerusalem bymekaargebring word om die naam van Jehovah te loof,+ en hulle sal nie meer hardkoppig wees en hulle goddelose hart volg nie.”

18 “In daardie dae sal hulle saam loop, die huis van Juda langs die huis van Israel,+ en hulle sal saam uit die land van die noorde kom na die land wat ek as ’n erfdeel aan julle voorvaders gegee het.+ 19 En ek het gedink aan hoe ek jou ’n plek by die seuns gegee het en die begeerlike land aan jou gegee het, die pragtigste erfdeel onder die nasies!*+ Ek het ook gedink dat julle vir my sou sê: ‘My Vader!’ en dat julle nie sou ophou om my te volg nie. 20 ‘Maar net soos ’n ontroue vrou haar man* verlaat, so was julle, o huis van Israel, ook ontrou aan my,’+ sê Jehovah.”

21 Op die kaal heuwels word ’n geluid gehoor,

die gehuil en die gesmeek van die Israeliete,

want hulle het ’n verkeerde weg ingeslaan,

en hulle het Jehovah hulle God vergeet.+

22 “Keer terug, julle ontroue kinders.

Ek sal julle van julle ontrouheid genees.”+

“Hier is ons! Ons het na u toe gekom,

want u, o Jehovah, is ons God.+

23 Toe ons op die heuwels en op die berge ’n lawaai gemaak het, het ons onsself bedrieg.+

Ja, by Jehovah ons God is die redding van Israel.+

24 Maar die skandelike ding* het van ons jong dae af die harde werk van ons voorvaders verteer,+

hulle kleinvee en hulle beeste,

hulle seuns en hulle dogters.

25 Laat ons gaan lê in ons skaamte,

en laat ons skande ons bedek,

want ons het teen Jehovah ons God gesondig,+

ons en ons vaders, van ons jong dae af tot vandag toe,+

en ons het nie die stem van Jehovah ons God gehoorsaam nie.”

4 “As jy terugkeer, o Israel,” sê Jehovah,

“as jy na my toe terugkeer

en as jy jou walglike afgode voor my verwyder,

sal jy nie ’n vlugteling wees nie.+

 2 En as jy in waarheid, geregtigheid en regverdigheid sweer en sê:

‘So waar as wat Jehovah lewe!’

dan sal die nasies ’n seën vir hulleself deur hom verkry,

en hulle sal oor hom spog.”+

3 Want dít is wat Jehovah vir die manne van Juda en vir Jerusalem sê:

“Ploeg vir julle bewerkbare grond,

en moenie aanhou om tussen dorings te saai nie.+

 4 Besny julle vir Jehovah,

en verwyder die voorhuid van julle hart,+

o manne van Juda en inwoners van Jerusalem,

sodat my woede nie weens julle slegte dade

soos ’n vuur opvlam en brand

sonder dat enigiemand dit kan blus nie.”+

 5 Vertel dit in Juda en verkondig dit in Jerusalem.

Skree en blaas op ’n horing deur die hele land.+

Roep hard uit en sê: “Kom bymekaar

en laat ons na die versterkte stede vlug.+

 6 Rig ’n teken* op wat die rigting na Sion wys.

Soek skuiling, en moenie stilstaan nie,”

want ek bring rampspoed uit die noorde,+ ’n groot ineenstorting.

 7 Hy het soos ’n leeu uit sy bos verskyn.+

Die vernietiger van nasies is op pad.+

Hy het uit sy plek gekom om jou land iets skokkends te maak.

Jou stede sal verwoes word, sonder ’n enkele inwoner.+

 8 Trek dus saklinne aan,+

treur* en huil,

want die brandende woede van Jehovah is nog steeds teen ons.

 9 “Op daardie dag,” sê Jehovah, “sal die koning moed verloor,*+

en ook die leiers.*

Die priesters sal geskok wees, en die profete sal verbaas wees.”+

10 Toe het ek gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! U het hierdie volk en Jerusalem heeltemal bedrieg+ deur te sê: ‘Julle sal vrede hê,’ terwyl die swaard teen ons keel is.”+

11 In daardie tyd sal daar vir hierdie volk en vir Jerusalem gesê word:

“’n Verskroeiende wind van die dorre heuwels van die woestyn

sal teen die dogter van* my volk waai.

Dit kom nie om kaf weg te waai of om graan te suiwer nie.

12 Op my bevel waai die wind met al sy krag van hierdie plekke af.

Nou sal ek oordele teen hulle uitspreek.

13 Kyk! Hy sal soos reënwolke kom,

en sy strydwaens is soos ’n stormwind.+

Sy perde is vinniger as arende.+

Dit is verby met ons, want ons is verwoes!

14 Was jou hart skoon van goddeloosheid, o Jerusalem, sodat jy gered kan word.+

Hoe lank sal jy goddelose gedagtes bly dink?

15 Want ’n stem vertel die nuus uit Dan,+

en dit verkondig rampspoed uit die berge van Eʹfraim.

16 Vertel dit, ja, aan die nasies,

verkondig dit teen Jerusalem.”

“Wagte* kom uit ’n ver land,

en hulle sal hulle stem laat hoor teen die stede van Juda.

17 Hulle kom van alle kante teen haar soos wagte van die oop veld,+

omdat sy teen my in opstand gekom het,”+ sê Jehovah.

18 “Jy sal die gevolge dra van jou weë en dade.+

Hoe bitter is jou rampspoed,

want dit kom selfs tot by jou hart!”

19 O my angs,* my angs!

Ek voel groot pyn in my hart.*

My hart klop hewig binne-in my.

Ek kan nie stilbly nie,

want ek het die geluid van die horing gehoor,

die alarmsein van oorlog.*+

20 Berigte word ontvang van die een ramp ná die ander,

want die hele land is vernietig.

Skielik is my eie tente vernietig,

in ’n oomblik my tentdoeke.+

21 Hoe lank sal ek die teken* nog sien

en die geluid van die horing nog hoor?+

22 “Want my volk is dwaas.+

Hulle steur hulle nie aan my nie.

Hulle is dom kinders, sonder enige begrip.

Hulle is slim* genoeg om te doen wat sleg is,

maar hulle weet nie hoe om te doen wat goed is nie.”

23 Ek het na die land gekyk en gesien dat dit leeg en verlate is.+

Ek het na die hemel gekyk, en daar was nie meer lig nie.+

24 Ek het na die berge gekyk en gesien dat hulle bewe

en dat die heuwels skud.+

25 Ek het gekyk en gesien dat daar niemand is nie

en dat al die voëls van die hemel gevlug het.+

26 Ek het gekyk en gesien dat die vrugteboord ’n wildernis geword het

en dat al die stede daarvan afgebreek is.+

Dit was as gevolg van Jehovah,

as gevolg van sy brandende woede.

27 Want dít is wat Jehovah sê: “Die hele land sal verlate word,+

maar ek sal nie ’n algehele vernietiging veroorsaak nie.

28 Om hierdie rede sal die land treur+

en sal die hemel daar bo donker word.+

Dit is omdat ek gepraat het, omdat ek besluit het,

en ek sal nie van gedagte verander* of omdraai nie.+

29 Wanneer die perderuiters en die boogskutters gehoor word,

vlug die hele stad.+

Hulle gaan in die digte bosse in,

en hulle klim op die rotse.+

Elke stad is verlate,

en geen mens woon daarin nie.”

30 Wat sal jy doen noudat jy verwoes is?

Jy het altyd helderrooi klere gedra

en jou met goue juwele versier

en jou oë met swart verf* vergroot.

Maar jy het jou verniet mooi gemaak,+

want diegene wat jou vurig begeer het, het jou verwerp.

Hulle wil jou nou doodmaak.+

31 Want ek het die gekreun gehoor soos dié van ’n vrou wat in pyn is,*

die benoudheid soos dié van ’n vrou wat aan haar eerste kind geboorte gee,

die stem van die dogter van Sion wat na asem bly snak.

Terwyl sy haar palms uitstrek, sê sy:+

“Dit is verby met my, want ek is uitgeput as gevolg van die moordenaars!”

5 Gaan deur die strate van Jerusalem.

Kyk rond en let op.

Deursoek die openbare pleine om te sien

of julle iemand kan vind wat met geregtigheid optree,+

iemand wat probeer om getrou te wees,

en ek sal die stad vergewe.

 2 Selfs al sê hulle: “So waar as wat Jehovah lewe!”

sou hulle nog steeds sweer by wat vals is.+

 3 O Jehovah, soek u oë nie na getrouheid nie?+

U het hulle geslaan, maar dit het geen uitwerking op hulle gehad nie.*

U het hulle vernietig, maar hulle het geweier om dissipline te aanvaar.+

Hulle het hulle gesigte harder as ’n rots gemaak,+

en hulle het geweier om om te draai.+

 4 Maar ek het vir myself gesê: “Hulle is sekerlik eenvoudige mense.

Hulle tree dwaas op, want hulle ken nie die weg van Jehovah,

die wet van hulle God nie.

 5 Ek sal na die belangrike manne gaan en met hulle praat,

want hulle moes ag geslaan het op die weg van Jehovah,

die wet van hulle God.+

Maar hulle almal het die juk gebreek

en die bande stukkend geskeur.”

 6 Daarom val ’n leeu uit die woud hulle aan

en bly ’n wolf van die woestynvlaktes hulle verwoes

en lê ’n luiperd by hulle stede op die loer.

Almal wat daaruit gaan, word verskeur.

Want hulle oortredings is baie,

en so ook hulle dade van ontrouheid.+

 7 Hoe kan ek jou hiervoor vergewe?

Jou kinders het my verlaat,

en hulle sweer by iets wat nie God is nie.+

Ek het in hulle behoeftes voorsien,

maar hulle het aangehou om egbreuk te pleeg,

en hulle het na die huis van ’n prostituut gestroom.

 8 Hulle is soos gretige perde, vol seksuele begeerte,

wat elkeen na ’n ander man se vrou runnik.+

 9 “Moet ek hulle nie straf vir hierdie dinge nie?” sê Jehovah.

“Moet ek nie wraak neem op so ’n nasie nie?”+

10 “Kom op teen die terrasse van haar wingerd en verwoes dit,

maar moet dit nie heeltemal vernietig nie.+

Verwyder haar jong takkies wat uitsprei,

want hulle behoort nie aan Jehovah nie.

11 Want die huis van Israel en die huis van Juda

was uiters bedrieglik teenoor my,” sê Jehovah.+

12 “Hulle het geweier om Jehovah te erken, en hulle bly sê:

‘Hy sal niks doen nie.*+

Geen rampspoed sal oor ons kom nie.

Ons sal nie swaard of hongersnood sien nie.’+

13 Wat die profete sê, is soos wind,

en die woord* is nie in hulle nie.

Laat dit met hulle gebeur!”

14 Daarom sê Jehovah, die God van die leërmagte:

“Omdat hierdie manne dít sê,

maak ek my woorde ’n vuur in jou mond,+

en hierdie volk is die hout,

en dit sal hulle verteer.”+

15 “Kyk, ek bring teen julle ’n nasie van ver af, o huis van Israel,”+ sê Jehovah.

“Dit is ’n gevestigde nasie.

Dit is ’n nasie wat al lank bestaan,

’n nasie wie se taal julle nie ken nie

en wie se spraak julle nie kan verstaan nie.+

16 Hulle pylkoker is soos ’n oop graf.

Hulle is almal vegters.

17 Hulle sal julle brood en julle oes verslind.+

Hulle sal julle seuns en julle dogters verslind.

Hulle sal julle kleinvee en julle beeste verslind.

Hulle sal julle wingerdstokke en julle vyebome verslind.

Hulle sal julle versterkte stede waarop julle vertrou, met die swaard vernietig.”

18 “Maar selfs in daardie dae,” sê Jehovah, “sal ek julle nie heeltemal vernietig nie.+ 19 En wanneer hulle vra: ‘Hoekom het Jehovah ons God al hierdie dinge aan ons gedoen?’ moet jy hulle antwoord: ‘Net soos julle my verlaat het om ’n vreemde god in julle land te dien, so sal julle vreemdelinge dien in ’n land wat nie julle s’n is nie.’”+

20 Vertel die volgende in die huis van Jakob

en verkondig dit in Juda:

21 “Hoor hier, o dwase en onverstandige volk:*+

Hulle het oë, maar hulle kan nie sien nie.+

Hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie.+

22 ‘Vrees julle my nie?’ sê Jehovah.

‘Behoort julle nie voor my te bewe nie?

Dit is ek wat die sand as die grens vir die see gestel het,

’n permanente wetsvoorskrif waar die see nie kan verbygaan nie.

Al rol die golwe in, kan hulle nie die oorhand kry nie.

Al word hulle onstuimig, kan hulle nog steeds nie daar verbygaan nie.+

23 Maar hierdie volk is hardkoppig en het ’n opstandige hart.

Hulle het weggedraai en hulle eie weg ingeslaan.+

24 En hulle weier om in hulle hart te sê:

“Laat ons nou Jehovah ons God vrees,

die Een wat die reën in die regte seisoen gee,

die herfsreën sowel as die lentereën,

die Een wat die vasgestelde weke van die oes vir ons bewaar.”+

25 Julle eie oortredings het gekeer dat hierdie dinge gebeur.

Julle eie sondes het die goeie van julle af weggehou.+

26 Want onder my volk is daar goddelose mense.

Hulle bly loer, soos wanneer voëlvangers hurk.

Hulle stel ’n dodelike strik.

Hulle vang mense.

27 Soos ’n hok vol voëls,

so is hulle huise vol bedrog.+

Daarom het hulle magtig en ryk geword.

28 Hulle het vet en glad geword.

Hulle loop oor van wat sleg is.

Hulle ignoreer die regsaak van die weeskind,+

sodat hulle sukses kan behaal,

en hulle weier om die armes regverdig te behandel.’”+

29 “Moet ek hulle nie straf vir hierdie dinge nie?” sê Jehovah.

“Moet ek nie wraak neem op so ’n nasie nie?

30 Iets verskrikliks en iets aakligs het in die land gebeur:

31 Die profete se profesieë is leuens,+

en die priesters oorheers deur hulle eie gesag.

En my volk hou daarvan,+

maar wat sal julle doen wanneer die einde kom?”

6 Soek skuiling, o kinders van Benjamin, weg van Jerusalem af.

Blaas op die horing+ in Tekoʹa.+

Laat ’n vuursein oor Bet-Hakkeʹrem opgaan!

Want rampspoed dreig vanuit die noorde, ’n groot ramp.+

 2 Die dogter van Sion lyk soos ’n pragtige en delikate vrou.+

 3 Die herders en hulle kuddes sal kom.

Hulle sal hulle tente reg rondom haar opslaan,+

elkeen sal die kudde wat in sy sorg is, laat wei.+

 4 “Maak reg vir* oorlog teen haar!

Staan op, en laat ons haar in die middel van die dag aanval!”

“Hoe jammer, want die dag is al amper verby,

want die aandskaduwees word al hoe langer!”

 5 “Staan op, en laat ons in die nag aanval

en haar versterkte torings vernietig.”+

 6 Want dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:

“Kap hout en rig ’n beleëringswal teen Jerusalem op.+

Hierdie stad moet gestraf word.

Daar is niks anders as onderdrukking in haar nie.+

 7 ’n Reënput hou water koel,*

en net so hou sy haar goddeloosheid koel.*

Geweld en vernietiging word in haar gehoor.+

Daar is heeltyd siekte en plaag voor my.

 8 Slaan ag op die waarskuwing, o Jerusalem, of ek sal van jou af wegdraai omdat jy vir my walglik is.+

Ek sal jou verlate maak, ’n land sonder inwoners.”+

 9 Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:

“Hulle sal die oorblyfsel van Israel deeglik oes, soos die laaste druiwe op ’n wingerdstok.

Laat jou hand weer daaroor gaan, soos iemand wat druiwe van die wingerdstok afpluk.”

10 “Met wie moet ek praat en vir wie moet ek waarsku?

Wie sal luister?

Hulle ore is toe,* en daarom kan hulle nie aandag skenk nie.+

Hulle het die woord van Jehovah verwerp,+

en hulle vind geen vreugde daarin nie.

11 Daarom is ek vol van die woede van Jehovah,

en ek is moeg om dit in te hou.”+

“Gooi dit uit op die kind in die straat,+

op die groepe jong mans wat bymekaar is.

Hulle sal almal gevang word, ’n man saam met sy vrou,

die ou mans sowel as die bejaarde mans.*+

12 Hulle huise sal aan ander gegee word,

asook hulle landerye en hulle vrouens.+

Ek sal my hand uitsteek teen die inwoners van die land,” sê Jehovah.

13 “Want hulle almal maak oneerlike wins,+ van die kleinste tot die grootste.

Hulle almal pleeg bedrog, van die profeet tot die priester.+

14 Hulle probeer om die wonde* van my volk op ’n oppervlakkige manier te genees deur te sê:

‘Daar is vrede! Daar is vrede!’

terwyl daar geen vrede is nie.+

15 Kry hulle skaam oor die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het?

Hulle kry glad nie skaam nie!

Hulle weet nie eers hoe om verneder te voel nie!+

Daarom sal hulle val onder dié wat reeds geval het.

Wanneer ek hulle straf, sal hulle struikel,” sê Jehovah.

16 Dít is wat Jehovah sê:

“Staan by die kruispaaie en kyk.

Vra oor die paaie van lank gelede,

vra waar die goeie weg is, en volg dit,+

en vind rus vir julleself.”

Maar hulle sê: “Ons sal dit nie volg nie.”+

17 “En ek het wagte aangestel+ wat gesê het:

‘Skenk aandag aan die geluid van die horing!’”+

Maar hulle het gesê: “Ons sal nie aandag skenk nie.”+

18 “Hoor dus, o nasies!

En weet, o vergadering,

wat met hulle sal gebeur.

19 Luister, o aarde!

Ek bring rampspoed oor hierdie volk,+

en dit is die gevolg van hulle eie planne,

want hulle het geen aandag aan my woorde geskenk nie

en hulle het my wet* verwerp.”

20 “Wat maak dit vir my saak dat jy wierook uit Skeba bring

en geurige riete uit ’n ver land?

Julle heelbrandoffers is nie aanvaarbaar nie,

en julle offerandes is nie vir my aangenaam nie.”+

21 Daarom sê Jehovah:

“Kyk, ek sit struikelblokke voor hierdie volk,

en hulle sal daaroor struikel,

pa’s saam met seuns,

’n buurman en sy vriend,

en hulle sal almal sterf.”+

22 Dít is wat Jehovah sê:

“Kyk! ’n Volk kom uit die land van die noorde,

en ’n groot nasie sal opstaan uit die mees afgeleë dele van die aarde.+

23 Hulle sal die boog en die spies gryp.

Hulle is wreed en sal geen genade hê nie.

Hulle stem sal klink soos die gedruis van die see,

en hulle ry op perde.+

Hulle trek in gevegsformasie op teen jou soos ’n soldaat, o dogter van Sion.”

24 Ons het die berig daaroor gehoor.

Ons hande word slap,+

ons het paniekbevange geword,

en ons het pyn* soos ’n vrou wat geboorte gee.+

25 Moenie in die veld uitgaan nie,

en moenie op die pad loop nie,

want die vyand het ’n swaard.

Oral is daar vrees.

26 O dogter van my volk,

trek saklinne aan+ en rol in die as.

Treur asof jy jou enigste kind verloor het, met ’n bittere gehuil,+

want die vernietiger sal skielik teen ons kom.+

27 “Ek het jou* ’n metaaltoetser onder my volk gemaak,

iemand wat deeglik ondersoek instel.

Jy moet oplet en hulle weg ondersoek.

28 Hulle is almal die hardkoppigste mense,+

en hulle loop rond as lasteraars.+

Hulle is soos koper en yster.

Hulle is almal korrup.

29 Die blaasbalk is geskroei.

Uit die vuur daarvan kom lood.

Daar word heeltyd intensief gelouter, maar dit is verniet.+

En dié wat sleg is, is nie afgeskei nie.+

30 Mense sal hulle beslis weggooisilwer noem,

want Jehovah het hulle verwerp.”+

7 Dít is die boodskap wat Jeremia van Jehovah ontvang het: 2 “Staan in die poort van die huis van Jehovah en verkondig hierdie boodskap daar: ‘Hoor die woord van Jehovah, almal van Juda wat deur hierdie poorte ingaan om voor Jehovah neer te buig. 3 Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Verander julle weë en julle optrede, en ek sal julle toelaat om in hierdie plek te bly woon.+ 4 Moenie julle vertroue in bedrieglike woorde stel en sê: ‘Dit* is die tempel van Jehovah, die tempel van Jehovah, die tempel van Jehovah!’ nie.+ 5 Want as julle julle weë en julle optrede werklik verander, as julle regverdig oordeel in sake tussen ’n man en sy naaste,+ 6 as julle nie uitlanders, weeskinders* en weduwees onderdruk nie,+ as julle nie onskuldige mense in hierdie plek doodmaak nie,* en as julle nie agter ander gode aanloop tot julle eie nadeel nie,+ 7 dan sal ek julle toelaat om in hierdie plek te bly woon, in die land wat ek vir altyd* aan julle voorvaders gegee het.”’”

8 “Maar julle stel julle vertroue in bedrieglike woorde+ – dit sal hoegenaamd geen voordeel bring nie. 9 Kan julle steel,+ moord pleeg, egbreuk pleeg, valslik sweer,+ offerandes* vir Baäl+ bring en ander gode volg wat julle nie geken het nie, 10 en dan voor my kom staan in hierdie huis wat my naam dra en sê: ‘Ons sal gered word,’ hoewel julle al hierdie afskuwelike dinge doen? 11 Het hierdie huis wat my naam dra, ’n skuilplek vir rowers in julle oë geword?+ Ek het dit met my eie oë gesien,” sê Jehovah.

12 “‘Maar gaan nou na my plek in Silo,+ wat ek voorheen vir my naam uitgekies het,+ en gaan kyk wat ek daaraan gedoen het as gevolg van die slegtheid van my volk Israel.+ 13 Maar julle het al hierdie dinge bly doen,’ sê Jehovah, ‘en hoewel ek keer op keer* met julle gepraat het, het julle nie geluister nie.+ Ek het julle bly roep, maar julle het nie geantwoord nie.+ 14 Net soos ek aan Silo gedoen het,+ sal ek doen aan die huis wat my naam dra+ en waarop julle vertrou,+ en aan hierdie plek wat ek aan julle en julle voorvaders gegee het. 15 Ek sal julle voor my uitdryf, net soos ek al julle broers, al die nakomelinge van Eʹfraim, uitgedryf het.’+

16 “Wat jou betref, moenie vir hierdie volk bid nie. Moenie uitroep of ’n gebed doen of my smeek om hulle onthalwe nie,+ want ek sal nie na jou luister nie.+ 17 Sien jy nie wat hulle in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem doen nie? 18 Die kinders tel hout op, die vaders steek die vuur aan en die vrouens knie deeg om offerkoeke vir die Koningin van die Hemel*+ te maak, en hulle gooi drankoffers uit vir ander gode om my aanstoot te gee.+ 19 ‘Maar is dit vir my wat hulle seermaak?’* vra Jehovah. ‘Maak hulle nie hulleself seer nie en steek hulle nie hulleself in die skande nie?’+ 20 Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Kyk! My groot woede sal oor hierdie plek uitgestort word,+ oor mens en dier, oor die bome van die veld en die vrug van die grond, en dit sal brand en sal nie geblus word nie.’+

21 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Gaan voeg julle heelbrandoffers by julle ander offerandes, en eet self die vleis.+ 22 Want op die dag toe ek julle voorvaders uit Egipte uitgelei het, het ek nie met hulle gepraat of vir hulle ’n bevel gegee aangaande heelbrandoffers en offerandes nie.+ 23 Maar ek het hulle wel hierdie bevel gegee: “Gehoorsaam my stem, en ek sal julle God word, en julle sal my volk word.+ Julle moet die hele weg volg wat ek julle beveel, sodat dit met julle goed kan gaan.”’+ 24 Maar hulle het nie geluister of aandag geskenk nie.+ Hulle het eerder hulle eie planne* gevolg, en hulle was hardkoppig en het hulle eie goddelose hart gevolg,+ en hulle het agteruit gegaan, nie vooruit nie, 25 van die dag af dat julle voorvaders uit Egipte gekom het tot vandag toe.+ Daarom het ek al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur, elke dag, keer op keer.*+ 26 Maar hulle het geweier om na my te luister, en hulle het nie aandag geskenk nie.+ Hulle was eerder hardkoppig* en het erger opgetree as hulle voorvaders!

27 “Jy sal al hierdie woorde vir hulle sê,+ maar hulle sal nie na jou luister nie. Jy sal hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie. 28 En jy sal vir hulle sê: ‘Dit is die nasie wat nie gehoorsaam was aan die stem van Jehovah hulle God nie en wat geweier het om dissipline te aanvaar. Getrouheid het verdwyn en word nie eers onder hulle genoem nie.’*+

29 “Skeer jou ongeknipte* hare af en gooi dit weg, en sing ’n treurlied op die kaal heuwels, want Jehovah het hierdie geslag wat hom woedend gemaak het, verwerp, en hy sal hulle verlaat. 30 ‘Want die volk van Juda het gedoen wat sleg is in my oë,’ sê Jehovah. ‘Hulle het hulle walglike afgode opgerig in die huis wat my naam dra, om dit onrein te maak.+ 31 Hulle het die offerhoogtes van Tofet gebou, wat in die Vallei van die Seun van Hinnom*+ is, om hulle seuns en hulle dogters in die vuur te verbrand,+ iets wat ek nie beveel het nie en wat nooit eers in my hart opgekom het nie.’*+

32 “‘Daarom kom die dae,’ sê Jehovah, ‘wanneer dit nie meer Tofet of die Vallei van die Seun van Hinnom* genoem sal word nie, maar die Moordvallei. Hulle sal in Tofet begrawe totdat daar nie meer plek is nie.+ 33 En die lyke van hierdie volk sal kos word vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde, en niemand sal hulle wegjaag nie.+ 34 Ek sal ’n einde maak aan die uitroepe van vreugde en die geluid van blydskap, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid+ in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem, want die land sal verwoes word.’”+

8 “In daardie tyd,” sê Jehovah, “sal die beendere van die konings van Juda, die beendere van sy leiers, die beendere van die priesters, die beendere van die profete en die beendere van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte gehaal word. 2 Dit sal uitgesprei word voor die son en voor die maan en voor die hele leërmag van die hemel wat hulle liefgehad en gedien en gevolg en gesoek het en waarvoor hulle neergebuig het.+ Dit sal nie versamel of begrawe word nie. Dit sal soos mis op die oppervlak van die aarde word.”+

3 “En die oorblyfsel van hierdie goddelose familie sal die dood bo die lewe verkies in al die plekke waarheen ek hulle verstrooi,” sê Jehovah van die leërmagte.

4 “Jy moet vir hulle sê: ‘Dít is wat Jehovah sê:

“Sal hulle val en nie weer opstaan nie?

As een omdraai, sal die ander dan nie ook omdraai nie?

 5 Hoekom hou hierdie volk, Jerusalem, aan om ontrou te wees?

Hulle hou vas aan bedrog,

en hulle weier om om te draai.+

 6 Ek het aandag geskenk en bly luister, maar die manier waarop hulle gepraat het, was nie reg nie.

Niemand het berou gehad oor sy goddeloosheid of gevra: ‘Wat het ek gedoen?’ nie.+

Elkeen bly terugkeer tot die gewilde weg, soos ’n perd wat in die geveg instorm.

 7 Selfs die ooievaar in die lug ken sy seisoene,*

en die tortelduif en die windswael en die lyster* bly by die tyd van hulle terugkoms.*

Maar my eie volk verstaan nie die wet van Jehovah nie.”’+

 8 ‘Hoe kan julle sê: “Ons is wys, en ons het die wet* van Jehovah”?

Want die valse pen*+ van die sekretarisse is eintlik net vir leuens gebruik.

 9 Die wyses is verneder.+

Hulle het baie bang geword en sal gevang word.

Kyk! Hulle het die woord van Jehovah verwerp,

en watter wysheid het hulle?

10 Daarom sal ek hulle vrouens aan ander mans gee,

hulle landerye aan ander eienaars,+

want hulle almal maak oneerlike wins, van die kleinste tot die grootste,+

hulle almal pleeg bedrog, van die profeet tot die priester.+

11 Hulle probeer om die wonde* van die dogter van my volk op ’n oppervlakkige manier te genees deur te sê:

“Daar is vrede! Daar is vrede!”

terwyl daar geen vrede is nie.+

12 Kry hulle skaam oor die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het?

Hulle kry glad nie skaam nie!

Hulle weet nie eers hoe om verneder te voel nie!+

Daarom sal hulle val soos dié wat reeds geval het.

Wanneer ek hulle straf, sal hulle struikel,’+ sê Jehovah.

13 ‘Wanneer ek hulle insamel, sal ek hulle tot ’n einde bring,’ sê Jehovah.

‘Daar sal geen druiwe aan die wingerdstok oorbly nie, geen vye aan die vyeboom nie, en die blare sal verlep.

En hulle sal verloor wat ek aan hulle gegee het.’”

14 “Hoekom sit ons hier?

Laat ons bymekaarkom en in die versterkte stede ingaan+ en daar sterf.

Want Jehovah ons God sal ons vernietig,

en hy gee ons giftige water om te drink,+

want ons het teen Jehovah gesondig.

15 Daar was hoop op vrede, maar niks goeds het gekom nie,

op ’n tyd van genesing, maar daar is net vrees!+

16 Vanuit Dan word die gesnuif van sy perde gehoor.

Wanneer die geluid van die gerunnik van sy hingste gehoor word,

bewe die hele land.

Hulle kom in en verslind die land en alles daarin,

die stad en sy inwoners.”

17 “Want kyk, ek stuur slange onder julle in,

giftige slange wat nie beheer* kan word nie,

en hulle sal julle beslis pik,” sê Jehovah.

18 My hartseer is ongeneeslik.

My hart is siek.

19 Uit ’n ver land is daar ’n geroep om hulp

van die dogter van my volk:

“Is Jehovah nie in Sion nie?

Of is haar koning nie daar nie?”

“Hoekom het hulle my aanstoot gegee met hulle beelde,

met hulle waardelose vreemde gode?”

20 “Die oes is verby, die somer het geëindig,

maar ons is nie gered nie!”

21 Ek is verpletter oor die ineenstorting van die dogter van my volk.+

Ek is terneergedruk.

Ek is in skok.

22 Is daar geen balsem* in Giʹlead nie?+

Of is daar geen geneser daar nie?+

Hoekom is die dogter van my volk nie genees nie?+

9 Ag, ek wens my kop was ’n put vol water,

en my oë ’n fontein van trane!+

Dan sou ek dag en nag huil

oor dié van my volk wat doodgemaak is.

 2 Ag, as ek maar net ’n blyplek vir reisigers in die wildernis kon vind!

Dan sou ek my volk verlaat en van hulle af weggaan,

want hulle is almal egbrekers,+

’n klomp verraaiers.

 3 Hulle span hulle tong soos ’n boog.

Leuens heers in die land, nie getrouheid nie.+

“Hulle word slegter en slegter,

en hulle skenk geen aandag aan my nie,”+ sê Jehovah.

 4 “Pasop vir julle vriende,

en moenie eers julle broer vertrou nie.

Want elke broer is ’n verraaier,+

en elke vriend is ’n lasteraar.+

 5 Elkeen bedrieg sy vriend,

en niemand praat die waarheid nie.

Hulle het hulle tong geleer om leuens te praat.+

Hulle doen wat verkeerd is totdat hulle uitgeput is.

 6 Jy lewe tussen leuens.

Weens hulle bedrog het hulle geweier om my te ken,” sê Jehovah.

 7 Daarom sê Jehovah van die leërmagte:

“Ek sal hulle smelt en hulle toets,+

want wat anders kan ek doen met die dogter van my volk?

 8 Hulle tong is ’n dodelike pyl wat bedrieglik praat.

Met hulle mond praat hulle van vrede met hulle vriende,

maar in hulle hart beplan hulle hoe om skielik aan te val.”

 9 “Moet ek hulle nie straf vir hierdie dinge nie?” sê Jehovah.

“Moet ek nie wraak neem op so ’n nasie nie?+

10 Ek sal huil en treur oor die berge

en ’n treurlied sing oor die weivelde van die wildernis,

want hulle is verbrand, en niemand gaan daardeur nie,

en die geluid van vee word nie gehoor nie.

Die voëls van die hemel sowel as die diere het gevlug, en hulle is weg.+

11 Ek sal Jerusalem kliphope maak,+ die lêplek van jakkalse,+

en ek sal die stede van Juda verlate maak, sonder ’n enkele inwoner.+

12 Wie is wys genoeg om dit te verstaan?

Met wie het die mond van Jehovah gepraat, sodat hy dit kan vertel?

Hoekom is die land verwoes?

Hoekom is dit verskroei soos die wildernis

en gaan niemand daardeur nie?”

13 Jehovah het geantwoord: “Omdat hulle my wet* verwerp het wat ek aan hulle gegee het, en omdat hulle dit nie gevolg het nie en my stem nie gehoorsaam het nie. 14 Hulle was eerder hardkoppig en het hulle eie hart gevolg,+ en hulle het die Baäl-beelde gevolg, net soos hulle vaders hulle geleer het om te doen.+ 15 Daarom sê Jehovah van die leërmagte, die God van Israel: ‘Ek laat hierdie volk als* eet, en ek sal hulle giftige water laat drink.+ 16 Ek sal hulle verstrooi onder die nasies wat hulle en hulle vaders nie geken het nie,+ en ek sal ’n swaard agter hulle aan stuur totdat ek hulle uitgeroei het.’+

17 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:

‘Tree verstandig op.

Roep die vrouens wat treurliedere sing,+

en laat die vaardige vrouens geroep word,

18 sodat hulle gou kan maak en ’n treurlied vir ons kan begin sing,

sodat die trane uit ons oë kan stroom

en ons ooglede met water kan drup.+

19 Want die geluid van ’n treurlied is uit Sion gehoor:+

“Hoe is ons tog verwoes!

Hoe groot is ons skande tog!

Want ons het die land verlaat, en hulle het ons huise afgebreek.”+

20 Hoor die woord van Jehovah, o vroue.

Mag julle ore die woord van sy mond ontvang.

Leer julle dogters hierdie klaaglied,

en leer mekaar hierdie treurlied.+

21 Want die dood het deur ons vensters gekom.

Dit het in ons versterkte torings ingekom

om die kinders van die straat af weg te neem,

en die jong manne van die openbare pleine af.’+

22 Sê: ‘Dít is wat Jehovah sê:

“Die lyke van mense sal val soos mis op die oppervlak van die veld,

soos ’n ry pas gesnyde graan agter die een wat oes,

en niemand sal hulle bymekaarmaak nie.”’”+

23 Dít is wat Jehovah sê:

“Laat die wyse nie spog oor sy wysheid nie,+

laat die sterke nie spog oor sy krag nie,

en laat die ryke nie spog oor sy rykdom nie.”+

24 “Maar laat hy wat spog, hieroor spog:

Dat hy insig en kennis het van my,+

dat ek Jehovah is, die Een wat lojale liefde, geregtigheid en regverdigheid op die aarde openbaar,+

want dit is hierdie dinge wat vir my vreugde bring,”+ sê Jehovah.

25 “Die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek elkeen sal straf wat besny is en tog nie besny is nie,+ 26 van Egipte+ en Juda+ en Edom+ en die Ammoniete+ en Moab+ en almal wie se hare aan die kante van hulle kop geknip is en wat in die wildernis woon,+ want al die nasies is nie besny nie, en die hele huis van Israel is nie in hulle hart besny nie.”+

10 Hoor die woord wat Jehovah teen julle gespreek het, o huis van Israel. 2 Dít is wat Jehovah sê:

“Moenie die weg van die nasies leer nie,+

en moenie bang word as gevolg van die tekens van die hemel

net omdat die nasies baie bang is as gevolg daarvan nie.+

 3 Want die gebruike van die volke is nutteloos.*

Dit is net ’n boom van die woud wat afgekap is,

wat die ambagsman met sy hande en gereedskap* bewerk het.+

 4 Hulle versier dit met silwer en goud+

en slaan dit vas met ’n hamer en spykers sodat dit nie sal omval nie.+

 5 Soos ’n voëlverskrikker in ’n komkommerland kan hulle nie praat nie.+

Hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie.+

Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle kan niemand seermaak nie,

en hulle kan ook niks goeds doen nie.”+

 6 Niemand is soos u nie, o Jehovah.+

U is groot, en u naam is groot en magtig.

 7 Wie sal nie die Koning van die nasies vrees nie?+ Dit is gepas om dit te doen,

want onder al die wyses van die nasies en onder al hulle koninkryke

is daar hoegenaamd niemand soos u nie.+

 8 Hulle is almal onverstandig en dom.+

Die onderrigting van ’n boom is heeltemal nutteloos.+

 9 Silwerplate word van Tarsis+ ingevoer, en goud van Ufas,

die werk van ’n ambagsman, van die hande van ’n metaalwerker.

Die afgode se klere is van blou garing en pers wol.

Hulle word almal deur ambagsmanne gemaak.

10 Maar Jehovah is waarlik God.

Hy is die lewende God+ en die ewige Koning.+

As gevolg van sy woede sal die aarde bewe,+

en geen nasie sal sy veroordeling kan verduur nie.

11 * Dít is wat julle vir hulle moet sê:

“Die gode wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie

sal van die aarde af en van onder hierdie hemel verdwyn.”+

12 Hy is die Maker van die aarde deur sy krag,

die Een wat die vrugbare land gevestig het deur sy wysheid+

en wat die hemel uitgespan het deur sy verstand.+

13 Wanneer hy sy stem laat hoor,

is die water in die hemel onstuimig,+

en hy laat wolke* van die eindes van die aarde af opstyg.+

Hy maak weerlig* vir die reën,

en hy bring die wind uit sy stoorkamers uit.+

14 Elke mens tree onverstandig en sonder kennis op.

Elke metaalwerker sal verneder word as gevolg van sy beeld,+

want sy metaalbeeld is ’n leuen,

en daar is geen gees* in hulle nie.+

15 Hulle is nutteloos,* werke wat ’n bespotting is.+

Wanneer hulle dag van afrekening kom, sal hulle verdwyn.

16 Die Deel van Jakob is nie soos hierdie dinge nie,

want hy is die Een wat alles gemaak het,

en Israel is die staf van sy erfdeel.+

Jehovah van die leërmagte is sy naam.+

17 Tel jou bondel van die grond af op,

o vrou wat deur die vyand omring is.

18 Want dít is wat Jehovah sê:

“Kyk, ek gooi* die bewoners nou uit die land uit,+

en ek sal hulle laat swaarkry.”

19 Dit is verby met my as gevolg van my ineenstorting!*+

My wond is ongeneeslik.

Ek het gesê: “Dit is tog sekerlik my siekte, en ek moet dit verduur.

20 My tent is verniel, en al my tenttoue is stukkend geskeur.+

My kinders het my verlaat en is nie meer daar nie.+

Daar bly niemand oor wat my tent kan uitspan of my tentdoeke kan oprig nie.

21 Want die herders het sonder verstand opgetree,+

en hulle het Jehovah nie vir leiding gevra nie.+

Daarom het hulle nie met insig opgetree nie,

en al hulle kuddes is verstrooi.”+

22 Luister! ’n Berig! Dit kom!

’n Groot gedreun uit die land van die noorde,+

om die stede van Juda verlate te maak, ’n lêplek van jakkalse.+

23 Ek weet goed, o Jehovah, dat die mens se weg nie aan hom behoort nie.

Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie.+

24 Wys my tereg met geregtigheid, o Jehovah,

maar nie in u woede nie,+ sodat u my nie vernietig nie.+

25 Stort u woede uit oor die nasies wat u ignoreer+

en oor die families wat u naam nie aanroep nie.

Want hulle het Jakob verslind,+

ja, hulle het hom verslind totdat hy amper uitgewis is,+

en hulle het sy tuisland verwoes.+

11 Dít is die boodskap wat Jeremia van Jehovah ontvang het: 2 “Hoor die woorde van hierdie verbond, o volk!

“Dra dit oor* aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem 3 en sê vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: “Vervloek is die man wat weier om die woorde van hierdie verbond te gehoorsaam,+ 4 die verbond wat ek met julle voorvaders gemaak het op die dag toe ek hulle uit Egipte,+ uit die ystersmeltoond, uitgelei het.+ Ek het toe gesê: ‘Gehoorsaam my stem en doen alles wat ek julle beveel, en julle sal my volk word, en ek sal julle God word.+ 5 Dan sal ek die eed kan nakom wat ek aan julle voorvaders gesweer het om aan hulle die land te gee wat oorloop van melk en heuning,+ soos vandag die geval is.’”’”

En ek het geantwoord: “Amen,* o Jehovah.”

6 Jehovah het toe vir my gesê: “Verkondig al hierdie woorde in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem: ‘Hoor die woorde van hierdie verbond en voer dit uit. 7 Want ek het julle voorvaders ernstig gewaarsku vanaf die dag toe ek hulle uit Egipte uitgelei het tot vandag toe deur herhaaldelik vir hulle te sê:* “Gehoorsaam my stem.”+ 8 Maar hulle het nie geluister of aandag geskenk nie. Elkeen van hulle was eerder hardkoppig en het sy eie slegte hart bly volg.+ Daarom het ek al die woorde van hierdie verbond oor hulle gebring wat ek hulle beveel het om te doen en wat hulle geweier het om te gehoorsaam.’”

9 Jehovah het toe vir my gesê: “Daar is ’n sameswering onder die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem. 10 Hulle het hulle skuldig gemaak aan dieselfde oortredings as hulle voorvaders, wat geweier het om my woorde te gehoorsaam.+ Hulle het ook ander gode gevolg en hulle gedien.+ Die huis van Israel en die huis van Juda het my verbond verbreek wat ek met hulle voorvaders gemaak het.+ 11 Daarom sê Jehovah: ‘Kyk, ek bring rampspoed oor hulle+ waarvan hulle nie sal kan wegkom nie. Wanneer hulle tot my om hulp roep, sal ek nie na hulle luister nie.+ 12 Dan sal die stede van Juda en die inwoners van Jerusalem na die gode toe gaan vir wie hulle offerandes bring* en om hulp roep,+ maar hierdie gode sal hulle beslis nie in die tyd van hulle rampspoed red nie. 13 Want jou gode het net soveel soos jou stede geword, o Juda, en julle het net soveel altare vir die skandelike ding* opgerig as wat daar strate in Jerusalem is, altare om vir Baäl offerandes te bring.’+

14 “En jy* moenie vir hierdie volk bid nie. Moenie om hulle onthalwe uitroep of ’n gebed vir hulle doen nie,+ want ek sal nie luister wanneer hulle na my toe uitroep as gevolg van hulle rampspoed nie.

15 “Watter reg het my geliefde om in my huis te wees

wanneer so baie van die volk goddelose planne uitgevoer het?

Sal hulle met heilige vleis* die rampspoed kan keer wanneer dit oor jou kom?

Sal jy in daardie tyd bly wees?

16 Jehovah het jou eenkeer ’n gesonde olyfboom genoem,

mooi met goeie vrugte.

Maar daar was ’n harde geluid, en hy het haar aan die brand gesteek,

en hulle het haar takke gebreek.

17 “Jehovah van die leërmagte, wat jou geplant het,+ het gesê dat rampspoed oor jou sal kom as gevolg van die goddeloosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, wat my aanstoot gegee het deur offerandes vir Baäl te bring.”+

18 Jehovah het my ingelig sodat ek sal weet,

en toe het u my laat sien wat hulle besig is om te doen.

19 Ek was soos ’n mak lammetjie wat gelei word om geslag te word.

Ek het nie geweet dat hulle planne teen my beraam nie:+

“Laat ons die boom met sy vrugte vernietig,

en laat ons hom uit die land van die lewendes verwyder,

sodat sy naam nie meer onthou sal word nie.”

20 Maar Jehovah van die leërmagte oordeel met regverdigheid.

Hy ondersoek die diepste gedagtes* en die hart.+

Laat my sien hoe u op hulle wraak neem,

want ek het my regsaak aan u toevertrou.

21 Daarom is dít wat Jehovah sê teen die manne van Aʹnatot+ wat jou wil doodmaak en wat sê: “Jy moenie in die naam van Jehovah profeteer nie,+ of anders sal ons jou doodmaak” – 22 daarom is dít wat Jehovah van die leërmagte sê: “Kyk, ek gaan hulle straf. Die jong manne sal deur die swaard sterf,+ en hulle seuns en hulle dogters sal deur die hongersnood sterf.+ 23 Daar sal nie eers ’n oorblyfsel van hulle oorbly nie, want ek sal rampspoed oor die manne van Aʹnatot+ bring in die jaar dat hulle gestraf sal word.”

12 U is regverdig, o Jehovah,+ wanneer ek by u kla,

wanneer ek met u praat oor sake wat met geregtigheid te doen het.

Maar hoekom is die weg van die goddeloses suksesvol,+

en hoekom is dié wat ander verraai, nie bekommerd nie?

 2 U het hulle geplant, en hulle het wortelgeskiet.

Hulle het gegroei en vrug voortgebring.

U is op hulle lippe, maar ver van hulle diepste gedagtes.*+

 3 Maar u ken my goed, o Jehovah,+ u sien my.

U het my hart ondersoek en gevind dat dit in eenheid met u is.+

U moet hulle afsonder soos skape wat geslag gaan word

en hulle opsysit vir die dag van slagting.

 4 Hoe lank moet die land nog verdor

en die plante van elke veld nog verdroog?+

As gevolg van die goddeloosheid van die mense wat daarin woon,

is die diere en die voëls weggevee.

Want hulle het gesê: “Hy sien nie wat met ons gaan gebeur nie.”

 5 As jy moeg raak wanneer jy saam met mense hardloop,

hoe kan jy dan ’n wedloop teen perde hardloop?+

Jy is dalk vol vertroue in die land van vrede,

maar hoe sal jy vaar tussen die digte bosse langs die Jordaanrivier?

 6 Want selfs jou broers, die huisgesin van jou eie pa,

het jou verraai.+

Hulle roep met ’n harde stem teen jou uit.

Moenie geloof in hulle stel nie,

selfs al sê hulle goeie dinge vir jou.

 7 “Ek het my huis agtergelaat,+ ek het my erfdeel laat vaar.+

Ek het my geliefde dierbare in die hand van haar vyande gegee.+

 8 My erfdeel het vir my soos ’n leeu in die woud geword.

Sy het teen my gebrul.

Daarom haat ek haar.

 9 My erfdeel is vir my soos ’n bont* roofvoël.

Die ander roofvoëls omring haar en val haar aan.+

Kom bymekaar, al die diere van die veld,

kom eet.+

10 Baie herders het my wingerd verwoes.+

Hulle het my stuk grond vertrap.+

Hulle het my begeerlike stuk grond in ’n verlate wildernis verander.

11 Dit het ’n verlate plek geword.

Dit het verdroog,*

en dit lê woes voor my.+

Die hele land is verwoes,

maar niemand steur hulle daaraan* nie.+

12 Op al die uitgetrapte paaie deur die wildernis het die vernietigers gekom,

want die swaard van Jehovah verslind van die een end van die land tot die ander end.+

Daar is geen vrede vir enigiemand* nie.

13 Hulle het koring gesaai, maar hulle het dorings geoes.+

Hulle het hulle uitgeput, maar verniet.

Hulle sal skaam wees oor hulle opbrengste

as gevolg van die brandende woede van Jehovah.”

14 Dít is wat Jehovah sê: “Ek sal al my goddelose bure wat aan die erfdeel raak wat ek my volk Israel laat besit het,+ uit hulle land uitruk,+ en ek sal die huis van Juda onder hulle wegruk. 15 Maar nadat ek hulle weggeruk het, sal ek weer genade aan hulle betoon en elkeen van hulle na sy erfdeel en na sy land terugbring.”

16 “En as hulle seker maak dat hulle die weë van my volk leer en dat hulle by my naam sweer en sê: ‘So waar as wat Jehovah lewe!’ net soos hulle my volk geleer het om by Baäl te sweer, sal hulle dan onder my volk opgebou word. 17 Maar as hulle weier om gehoorsaam te wees, sal ek daardie nasie ook uitruk. Ek sal dit uitruk en vernietig,” sê Jehovah.+

13 Dít is wat Jehovah vir my gesê het: “Gaan koop vir jou ’n lyfband van linne en bind dit om jou middel, maar moet dit nie in water sit nie.” 2 Ek het dus die lyfband gekoop soos Jehovah gesê het en dit om my middel gebind. 3 En Jehovah het ’n tweede keer met my gepraat en gesê: 4 “Neem die lyfband wat jy gekoop het en wat jy om jou middel het, staan op, gaan na die Eufraatrivier en steek dit daar in ’n kloof van die krans weg.” 5 Toe het ek gegaan en dit by die Eufraatrivier weggesteek, net soos Jehovah my beveel het.

6 Maar baie dae later het Jehovah vir my gesê: “Staan op, gaan na die Eufraatrivier en gaan haal die lyfband wat ek jou beveel het om daar weg te steek.” 7 Toe het ek na die Eufraatrivier gegaan en die lyfband uitgegrawe en dit uitgehaal uit die plek waar ek dit weggesteek het, en ek het gesien dat die lyfband heeltemal verniel is en glad nie gebruik kan word nie.

8 Toe het Jehovah vir my gesê: 9 “Dít is wat Jehovah sê: ‘Net so sal ek die trots van Juda en die groot trots van Jerusalem vernietig.+ 10 Hierdie goddelose volk wat weier om my woorde te gehoorsaam,+ wat hardkoppig is en hulle eie hart volg+ en wat ander gode volg deur hulle te dien en voor hulle neer te buig, sal net soos hierdie lyfband word wat glad nie gebruik kan word nie.’ 11 ‘Want net soos ’n lyfband aan ’n man se middel kleef, so het ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan my laat kleef,’ sê Jehovah, ‘sodat julle my volk,+ my roem+ en my lof kon word, iets pragtigs. Maar hulle was nie gehoorsaam nie.’+

12 “En jy moet ook hierdie boodskap vir hulle gee: ‘Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: “Elke groot kruik moet met wyn gevul word.”’ En hulle sal jou antwoord: ‘Weet ons nie reeds dat elke groot kruik met wyn gevul moet word nie?’ 13 Sê dan vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Ek vul al die inwoners van hierdie land,+ die konings wat op die troon van Dawid sit, die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem met dronkenskap. 14 En ek sal hulle teen mekaar stukkend slaan, pa’s sowel as kinders,” sê Jehovah.+ “Ek sal nie medelye* hê of jammer voel of enige genade aan hulle betoon nie. Niks sal my keer om hulle te vernietig nie.”’+

15 Hoor en skenk aandag.

Moenie hoogmoedig wees nie, want Jehovah het gepraat.

16 Gee eer aan Jehovah julle God

voordat hy duisternis bring

en voordat julle voete in die skemer op die berge struikel.

Julle sal hoop dat daar lig sal wees,

maar hy sal diep skaduwee bring.

Hy sal dit in stikdonkerte verander.+

17 En as julle weier om te luister,

sal ek in die geheim huil weens julle trots.

Ek sal baie trane stort, en die trane sal uit my oë stroom,+

want die kudde van Jehovah+ is as gevangenes weggeneem.

18 Sê vir die koning en vir die koningin-moeder:*+ ‘Sit op ’n laer plek,

want julle pragtige kroon sal van julle kop afval.’

19 Die stede van die suide is toegemaak,* en daar is niemand om dit oop te maak nie.

Die hele Juda is in ballingskap weggeneem, geheel en al in ballingskap weggeneem.+

20 Kyk op en sien dié wat uit die noorde kom.+

Waar is die kudde wat aan jou gegee is, jou pragtige skape?+

21 Wat sal jy sê wanneer jy gestraf word

deur dié wat jy van die begin af as hegte vriende behandel het?+

Sal jy nie oorweldig word deur geboortepyne soos dié van ’n vrou wat geboorte gee nie?+

22 En wanneer jy in jou hart vra: ‘Hoekom het hierdie dinge met my gebeur?’+

moet jy weet dat dit as gevolg van jou groot oortreding is dat jou klere uitgetrek is+

en jou hakskene groot pyn ondervind het.

23 Kan ’n Kussiet* sy vel verander, of ’n luiperd sy kolle?+

Indien wel, sal julle kan doen wat goed is,

julle wat daaraan gewoond is om te doen wat sleg is.

24 Daarom sal ek hulle verstrooi soos strooi wat deur die woestynwind gewaai word.+

25 Dit is jou lot, die deel wat ek vir jou afgemeet het,” sê Jehovah,

“want jy het my vergeet,+ en jy vertrou op leuens.+

26 Daarom sal ek jou klere oor jou gesig oplig,

en jou naaktheid sal gesien word,+

27 jou dade van egbreuk+ en jou gerunnik op soek na seksuele bevrediging,

jou afstootlike* prostitusie.

Op die heuwels, in die veld

het ek jou walglike optrede gesien.+

Dit sal met jou sleg gaan, o Jerusalem!

Hoeveel langer sal jy onrein bly?”+

14 Dít is die boodskap van Jehovah wat Jeremia ontvang het oor die droogtes:+

 2 Juda treur,+ en sy poorte is verwaarloos.

Hulle sink terneergedruk na die grond toe,

en ’n uitroep gaan op van Jerusalem.

 3 En hulle meesters stuur hulle knegte* om water te gaan haal.

Hulle gaan na die watergate* en vind geen water nie.

Hulle keer terug met leë houers.

Hulle kry skaam en is teleurgesteld,

en hulle bedek hulle kop.

 4 Omdat die grond gekraak is

weens ’n gebrek aan reën op die land,+

is die boere ontsteld en bedek hulle hulle kop.

 5 Selfs die takbokooi in die veld verlaat haar pasgeborenes,

want daar is geen gras nie.

 6 Die wildedonkies staan op die kaal heuwels.

Hulle hyg na hulle asem soos jakkalse.

Hulle oë gee in omdat daar geen plantegroei is nie.+

 7 Hoewel ons eie oortredings teen ons getuig,

o Jehovah, tree op ter wille van u naam.+

Want ons dade van ontrouheid is baie,+

en dit is teen u dat ons gesondig het.

 8 O hoop van Israel, sy Redder+ in moeilike tye,

hoekom is u soos ’n vreemdeling in die land,

soos ’n reisiger wat net stop om te oornag?

 9 Hoekom is u soos ’n man wat verstom is,

soos ’n sterk man wat nie kan red nie?

Want u is by ons, o Jehovah,+

en u naam is oor ons uitgeroep.+

Moet ons nie verlaat nie.

10 Dít is wat Jehovah van hierdie volk sê: “Hulle is lief daarvoor om rond te dwaal,+ en hulle het nie hulle voete teruggehou nie.+ Daarom is Jehovah nie tevrede met hulle nie.+ Nou sal hy aan hulle oortreding dink en hulle straf vir hulle sondes.”+

11 Toe het Jehovah vir my gesê: “Moenie bid dat enigiets goeds met hierdie volk gebeur nie.+ 12 Wanneer hulle vas, luister ek nie na hulle smekinge nie,+ en wanneer hulle heelbrandoffers en graanoffers bring, is dit nie vir my aanvaarbaar nie.+ Want ek sal hulle vernietig deur die swaard, hongersnood en vreeslike siektes.”+

13 Toe het ek gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! Die profete sê vir hulle: ‘Julle sal nie die swaard sien nie, en hongersnood sal nie oor julle kom nie, maar ek sal julle ware vrede in hierdie plek gee.’”+

14 Jehovah het toe vir my gesê: “Die profete profeteer leuens in my naam.+ Ek het hulle nie gestuur of hulle beveel of met hulle gepraat nie.+ Hulle profeteer ’n valse visioen en nuttelose waarsêery en die bedrog van hulle eie hart aan julle.+ 15 Daarom is dít wat Jehovah sê: ‘Die profete wat in my naam profeteer hoewel ek hulle nie gestuur het nie en wat sê dat daar geen swaard of hongersnood in die land sal wees nie, sal deur die swaard en deur die hongersnood doodgaan.+ 16 En die mense vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Jerusalem uitgegooi word as gevolg van die hongersnood en die swaard, en daar sal niemand wees om hulle, hulle vrouens, hulle seuns of hulle dogters te begrawe nie,+ want ek sal die rampspoed wat hulle verdien, oor hulle uitstort.’+

17 “Jy moet hierdie boodskap vir hulle gee:

‘Laat trane dag en nag uit my oë stroom, en laat dit nie ophou nie,+

want die maagdelike dogter van my volk is heeltemal verpletter en gebreek,+

met ’n wond wat verskriklik erg is.

18 As ek in die veld uitgaan en kyk,

sien ek dié wat met die swaard doodgemaak is!+

En as ek in die stad inkom,

sien ek die siektes as gevolg van die hongersnood!+

Want die profeet en die priester het rondgetrek in ’n land wat hulle nie ken nie.’”+

19 Het u Juda heeltemal verwerp, of het u Sion gehaat?+

Hoekom het u ons geslaan, sodat daar geen genesing vir ons is nie?+

Daar was hoop op vrede, maar niks goeds het gekom nie,

op ’n tyd van genesing, maar daar is net vrees!+

20 Ons erken ons goddeloosheid, o Jehovah,

en die oortreding van ons voorvaders,

want ons het teen u gesondig.+

21 Ter wille van u naam moet u ons nie verwerp nie.+

Moenie u glorieryke troon verwerp nie.

Onthou tog, en moenie u verbond met ons verbreek nie.+

22 Kan enige van die waardelose afgode van die nasies reën gee,

of kan die hemel vanself reënbuie gee?

Is dit nie net u wat dit kan doen nie, o Jehovah ons God?+

En ons hoop op u,

want u alleen het al hierdie dinge gedoen.

15 Toe het Jehovah vir my gesê: “Al het Moses en Samuel voor my gestaan,+ sou hierdie volk nie my goedkeuring hê nie. Dryf hulle voor my uit. Laat hulle gaan. 2 En as hulle vir jou vra: ‘Waarheen moet ons gaan?’ dan moet jy vir hulle sê: ‘Dít is wat Jehovah sê:

“Almal wat deur die dodelike plaag moet sterf, na die dodelike plaag!

Almal wat deur die swaard doodgemaak moet word, na die swaard!+

Almal wat honger moet ly, na die hongersnood!

En almal wat gevange geneem moet word, na die gevangenskap!”’+

3 “‘Ek sal vier rampe* oor hulle laat kom,’+ sê Jehovah, ‘die swaard om dood te maak, die honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die diere van die aarde om te verslind en te vernietig.+ 4 En ek sal hulle iets skokkends maak vir al die koninkryke van die aarde+ as gevolg van Manasʹse, die seun van Hiskiʹa, die koning van Juda, weens wat hy in Jerusalem gedoen het.+

 5 Wie sal vir jou jammer voel, o Jerusalem,

wie sal met jou simpatiseer,

en wie sal stop en vra hoe dit met jou gaan?’

 6 ‘Jy het my verlaat,’ sê Jehovah.+

‘Jy bly jou rug op my draai.*+

Daarom sal ek my hand teen jou uitsteek en jou vernietig.+

Ek is moeg om vir jou jammer te voel.*

 7 En ek sal hulle in die poorte van die land soos kaf in die wind verstrooi.*

Ek sal hulle kinders van hulle af wegneem.+

Ek sal my volk vernietig,

aangesien hulle weier om hulle slegte weë te los.+

 8 Hulle weduwees sal voor my meer word as die sand van die seë.

Ek sal in die middel van die dag ’n vernietiger teen hulle bring, teen ma’s en teen jong mans.

Ek sal skielik verwarring oor hulle bring en hulle bang laat word.

 9 Die vrou wat aan sewe kinders geboorte gegee het, het swak geword.

Sy sukkel om asem te haal.

Haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was,

en dit het skande en vernedering veroorsaak.’*

‘En die paar van hulle wat oorbly,

sal ek voor hulle vyande aan die swaard gee,’ sê Jehovah.”+

10 Wat ’n jammerte is dit tog vir my, o my moeder, want u het aan my geboorte gegee,+

’n man wat gedurig betrokke is by stryery en onenigheid met die hele land.

Ek het niks uitgeleen of by ander geleen nie,

maar hulle almal vervloek my.

11 Jehovah het gesê: “Ek sal jou beslis help.

Ek sal beslis ter wille van jou ingryp teen die vyand

in die tyd van rampspoed, in die tyd van angs.

12 Kan enigiemand yster in stukke breek,

yster uit die noorde, en koper?

13 Ek sal jou rykdom en jou skatte aan jou vyande gee,+

nie teen ’n prys nie, maar as gevolg van al jou sondes regdeur al jou gebiede.

14 Ek sal hulle aan jou vyande gee

om na ’n land te neem wat jy nie ken nie.+

Want ’n vuur is aangesteek deur my woede,

en dit brand teen julle.”+

15 U weet, o Jehovah,

dink aan my en skenk aandag aan my.

Neem wraak op my vervolgers vir my.+

Moenie toelaat dat ek doodgaan* omdat u geduldig is met hulle nie.

Weet dat ek hierdie skande ter wille van u verduur.+

16 U woorde is gevind, en ek het dit geëet.+

En u woord het vir my die vreugde en die blydskap van my hart geword,

want u naam is oor my uitgeroep, o Jehovah, God van die leërmagte.

17 Ek sit nie in die geselskap van feesvierders nie, en ek is nie saam met hulle bly nie.+

Omdat u hand op my is, sit ek alleen,

want u het my met woede* gevul.+

18 Hoekom het ek aanhoudend pyn en hoekom is my wond ongeneeslik?

Dit wil nie gesond word nie.

Sal u vir my soos ’n bedrieglike waterbron word

waarop ’n mens nie kan staatmaak nie?

19 Daarom sê Jehovah:

“As jy terugkeer, sal ek jou herstel,

en jy sal voor my staan.

As jy dit wat kosbaar is, afskei van dit wat waardeloos is,

sal jy soos my eie mond word.*

Hulle sal na jou toe moet draai,

maar jy sal nie na hulle toe draai nie.”

20 “Ek maak jou ’n versterkte kopermuur vir hierdie volk.+

Hulle sal beslis teen jou veg,

maar hulle sal nie die oorhand oor jou kry nie,*+

want ek is met jou om jou te red en jou te verlos,” sê Jehovah.

21 “En ek sal jou red uit die hand van die goddeloses,

en jou bevry uit die palm van dié wat wreed is.”

16 Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 2 “Moenie vir jou ’n vrou neem nie, en moenie seuns en dogters in hierdie plek hê nie. 3 Want dít is wat Jehovah sê oor die seuns en dogters wat in hierdie plek gebore word en oor hulle ma’s wat aan hulle geboorte gee en oor hulle pa’s wat hulle geboorte in hierdie land veroorsaak: 4 ‘Hulle sal van dodelike siektes sterf,+ maar niemand sal oor hulle treur of hulle begrawe nie. Hulle sal soos mis op die oppervlak van die aarde word.+ Hulle sal deur die swaard en die hongersnood sterf,+ en hulle lyke sal kos wees vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.’

 5 “Want dít is wat Jehovah sê:

‘Moenie in ’n huis ingaan waar mense treur nie,

en moenie gaan om te huil of om te simpatiseer nie.’+

‘Want ek het my vrede van hierdie volk af weggeneem,’ sê Jehovah,

‘sowel as my lojale liefde en genade.+

 6 Groot en klein sal in hierdie land sterf.

Hulle sal nie begrawe word nie.

Niemand sal oor hulle treur nie,

en niemand sal hom stukkend sny of sy kop kaal skeer vir hulle nie.*

 7 Niemand sal kos voorsien aan dié wat treur

om hulle oor hulle dooies te troos nie,

en niemand sal die beker van vertroosting aan hulle gee

om te drink oor die verlies van hulle pa of ma nie.

 8 Moenie in ’n huis ingaan waar daar feesgevier word

om saam met hulle te sit en te eet en te drink nie.’

9 “Want dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Kyk, ek sal in hierdie plek, in julle dae en voor julle oë, ’n einde maak aan die geluid van vreugde en blydskap, aan die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.’+

10 “Wanneer jy hierdie boodskap aan hierdie volk oordra, sal hulle vir jou vra: ‘Hoekom het Jehovah van hierdie groot rampspoed teen ons gepraat? Watter oortreding en watter sonde het ons teen Jehovah ons God gepleeg?’+ 11 Jy moet hulle antwoord: ‘“Julle voorvaders het my verlaat,”+ sê Jehovah, “en hulle het aangehou om ander gode te volg en hulle te dien en voor hulle neer te buig.+ Hulle het my verlaat, en hulle het my wet nie gehoorsaam nie.+ 12 En julle het julle baie slegter gedra as julle voorvaders,+ en elkeen van julle was hardkoppig en het sy goddelose hart gevolg in plaas daarvan om my te gehoorsaam.+ 13 Daarom sal ek julle uit hierdie land uitdryf na ’n land wat nie julle of julle voorvaders geken het nie,+ en daar sal julle dag en nag ander gode moet dien,+ want ek sal geen genade vir julle hê nie.”’

14 “‘Maar die dae kom,’ sê Jehovah, ‘wanneer hulle nie meer sal sê: “So waar as wat Jehovah lewe, wat die Israeliete uit Egipte uitgelei het!” nie,+ 15 maar eerder: “So waar as wat Jehovah lewe, wat die Israeliete uitgelei het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen hy hulle verstrooi het!” en ek sal hulle terugbring na hulle land, wat ek aan hulle voorvaders gegee het.’+

16 ‘Kyk, ek laat baie vissermanne kom,’ sê Jehovah,

‘en hulle sal hulle vang.

Daarna sal ek baie jagters laat kom,

en hulle sal hulle jag op elke berg en elke heuwel

en uit die klowe van die kranse.

17 Want my oë sien alles wat hulle doen.*

Hulle is nie vir my weggesteek nie,

en hulle oortreding is ook nie vir my oë weggesteek nie.

18 Eers sal ek hulle ten volle terugbetaal vir hulle oortreding en hulle sonde,+

want hulle het my land ontheilig met die lewelose beelde* van hulle walglike afgode

en het my erfdeel met hulle afskuwelike dinge gevul.’”+

19 O Jehovah, my krag en my vesting,

die plek waarheen ek kan vlug in die dag van angs,+

die nasies sal van die eindes van die aarde af na u toe kom,

en hulle sal sê: “Ons voorvaders het absolute leuens geërf,

nutteloosheid en waardelose dinge wat geen voordeel inhou nie.”+

20 Kan ’n mens vir hom gode maak

wanneer hulle nie werklik gode is nie?+

21 “Daarom sal ek seker maak dat hulle weet,

hierdie keer sal ek hulle laat weet hoe sterk en magtig ek is,

en hulle sal moet weet dat my naam Jehovah is.”

17 “Die sonde van Juda is met ’n ysterpen neergeskryf.

Dit is met ’n diamantpunt gegraveer op* hulle hart

en op die horings van hulle altare,

 2 terwyl hulle kinders dink aan hulle altare en hulle heilige pale*+

langs ’n groot boom, op die hoë heuwels,+

 3 op die berge in die oop veld.

Ek sal jou rykdom, al jou skatte, aan jou vyande gee+

– ja, jou offerhoogtes, weens die sonde in al jou gebiede.+

 4 Uit jou eie sal jy jou erfdeel afstaan wat ek aan jou gegee het.+

En ek sal maak dat jy jou vyande dien in ’n land wat jy nie ken nie,+

want jy het my woede soos ’n vuur aangesteek.*+

Dit sal vir altyd brand.”

 5 Dít is wat Jehovah sê:

“Vervloek is die man* wat op mense vertrou,+

wat op die krag van mense staatmaak*+

en wie se hart van Jehovah af wegdraai.

 6 Hy sal soos ’n eensame boom in die woestyn word.

Hy sal nie sien wanneer die goeie kom nie,

maar hy sal in dorre plekke in die wildernis woon,

in ’n soutland waar niemand kan woon nie.

 7 Geseënd is die man* wat op Jehovah vertrou,

wie se vertroue in Jehovah is.+

 8 Hy sal soos ’n boom word wat by die water geplant is,

wat sy wortels na die stroom uitstoot.

Hy sal nie opmerk wanneer daar hitte kom nie,

maar sy blare sal altyd floreer.+

En in die jaar van droogte sal hy nie angstig wees nie,

en hy sal ook nie ophou om vrugte voort te bring nie.

 9 Die hart is bedriegliker* as enigiets anders en is desperaat.*+

Wie kan dit ken?

10 Ek, Jehovah, deursoek die hart+

en ondersoek die diepste gedagtes*

om aan elkeen te gee volgens sy dade,

volgens die vrug van sy werke.+

11 Soos ’n patrys wat bymekaarmaak wat sy nie gelê het nie,

so is hy wat rykdom verkry deur oneerlik te wees.*+

Dit sal hom verlaat wanneer hy middeljarig is,

en op die ou end sal hy verstandeloos wees.”

12 ’n Glorieryke troon, wat van die begin af verheerlik is,

is die plek van ons heiligdom.+

13 O Jehovah, die hoop van Israel,

almal wat u verlaat, sal verneder word.

Dié wat van u* afvallig word, sal in die stof geskryf word,+

want hulle het Jehovah, die bron van lewende water, verlaat.+

14 Maak my gesond, o Jehovah, en ek sal gesond wees.

Red my, en ek sal gered wees,+

want u is die een wat ek loof.

15 Kyk! Daar is dié wat vir my sê:

“Waar is die woord van Jehovah?+

Laat dit asseblief kom!”

16 Maar wat my betref, ek het nie opgehou om ’n herder te wees wat u volg nie,

en ek het ook nie gesmag na die dag van rampspoed nie.

U weet goed wat my lippe alles gesê het.

Dit het alles voor u plaasgevind!

17 Moenie vir my iets skrikwekkends word nie.

U is my skuilplek in die dag van rampspoed.

18 Laat my vervolgers verneder word,+

maar moenie toelaat dat ek verneder word nie.

Laat hulle baie bang word,

maar moenie toelaat dat ek baie bang word nie.

Bring die dag van rampspoed oor hulle,+

en verpletter hulle en vernietig hulle heeltemal.*

19 Dít is wat Jehovah vir my gesê het: “Gaan staan in die poort van die kinders van die volk waardeur die konings van Juda in- en uitgaan en in al die poorte van Jerusalem.+ 20 Jy moet vir hulle sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, o konings van Juda, die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem, wat deur hierdie poorte ingaan. 21 Dít is wat Jehovah sê: “Sorg dat julle nie op die Sabbatdag enige vrag dra of dit deur die poorte van Jerusalem inbring nie.+ 22 Julle mag geen vrag op die Sabbatdag uit julle huise bring nie, en julle mag geen werk doen nie.+ Hou die Sabbatdag sodat dit heilig sal wees, net soos ek julle voorvaders beveel het.+ 23 Maar hulle het nie geluister of aandag geskenk nie, en hulle was hardkoppig en het geweier* om gehoorsaam te wees of om dissipline te aanvaar.”’+

24 “‘“Maar as julle my streng gehoorsaam,” sê Jehovah, “moet julle nie enige vrag deur die poorte van hierdie stad op die Sabbatdag inbring nie en moet julle die Sabbatdag hou sodat dit heilig sal wees deur nie werk daarop te doen nie.+ 25 Dan sal konings en leiers wat op die troon van Dawid sit,+ deur die poorte van hierdie stad inkom. Hulle en hulle leiers, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem sal in strydwaens en op perde ry,+ en hierdie stad sal vir altyd bewoon word. 26 Mense sal uit die stede van Juda, uit die plekke om Jerusalem, uit die land van Benjamin,+ uit die laagland,+ uit die bergstreek en uit die Negeb* kom en heelbrandoffers,+ offerandes,+ graanoffers,+ wierook en dankoffers na die huis van Jehovah bring.+

27 “‘“Maar as julle my nie gehoorsaam nie en nie die Sabbatdag hou sodat dit heilig kan wees nie en julle op die Sabbatdag vragte dra en dit deur die poorte van Jerusalem inbring, dan sal ek haar poorte aan die brand steek, en die vuur sal die versterkte torings van Jerusalem beslis verteer,+ en dit sal nie geblus word nie.”’”+

18 Dít is die boodskap wat Jeremia van Jehovah ontvang het: 2 “Staan op en gaan na die huis van die pottebakker,+ en daar sal ek jou my woorde laat hoor.”

3 Ek het toe na die huis van die pottebakker gegaan, en hy was besig om werk op die pottebakkerswiele te doen. 4 Maar die houer wat die pottebakker besig was om met die klei te maak, is in sy hand bederf. Daarom het die pottebakker weer begin en ’n ander houer daarvan gemaak, net soos hy goedgedink het.*

5 Toe het Jehovah met my gepraat en gesê: 6 “‘Kan ek nie met julle maak net soos hierdie pottebakker gemaak het nie, o huis van Israel?’ sê Jehovah. ‘Kyk! Soos die klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel.+ 7 As ek ooit sê dat ek ’n nasie of ’n koninkryk wil uitruk en afbreek en vernietig+ 8 en daardie nasie hulle goddeloosheid waarvan ek gepraat het, laat vaar, sal ek van gedagte verander aangaande* die rampspoed wat ek oor hulle wou bring.+ 9 Maar as ek ooit sê dat ek ’n nasie of ’n koninkryk wil opbou en plant 10 en hulle doen wat sleg is in my oë en nie my stem gehoorsaam nie, dan sal ek van gedagte verander aangaande* die goeie wat ek vir hulle wou doen.’

11 “Sê nou asseblief vir die manne van Juda en vir die inwoners van Jerusalem: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Kyk, ek is besig om rampspoed voor te berei* en iets slegs teen julle uit te dink. Hou asseblief op om slegte dinge te doen, en verander julle weë en julle gebruike.”’”+

12 Maar hulle het gesê: “Dit is hopeloos!+ Want ons sal ons eie gedagtes volg, en ons elkeen sal optree volgens die hardkoppigheid van sy goddelose hart.”+

13 Daarom sê Jehovah:

“Vra asseblief self onder die nasies.

Wie het al ooit van so iets gehoor?

Die maagd van Israel het ’n baie slegte ding gedoen.+

14 Verdwyn die sneeu op die rotse van die berghange van die Liʹbanon?

Of sal koel waters wat van ver af vloei, opdroog?

15 Maar my volk het my vergeet.+

Want hulle bring offerandes* aan iets waardeloos,+

en hulle laat mense struikel op hulle weë, die paaie van lank gelede,+

om te loop op agterpaaie wat nie gelyk is nie,*

16 om hulle land iets skokkends te maak+

en iets waaroor daar vir ewig gefluit sal word.+

Elkeen wat daar verbygaan, sal geskok staar en sy kop skud.+

17 Soos die oostewind, sal ek hulle voor die vyand verstrooi.

In die dag van hulle rampspoed sal ek hulle my rug laat sien, en nie my gesig nie.”+

18 En hulle het gesê: “Kom, laat ons ’n plan beraam teen Jeremia,+ want die wet* van ons priesters en die raad van die wyse manne en die woord van die profete sal nie verdwyn nie. Kom en laat ons teen hom praat* en geen aandag skenk aan wat hy sê nie.”

19 Skenk tog aandag aan my, o Jehovah,

en luister na wat my teenstanders sê.

20 Moet die goeie met slegtheid terugbetaal word?

Want hulle het ’n vanggat vir my lewe* gegrawe.+

Onthou hoe ek voor u gestaan het om goed van hulle te praat,

om u woede teen hulle te laat bedaar.

21 Tref hulle kinders dus met hongersnood,

en lewer hulle oor aan die mag van die swaard.+

Mag hulle vrouens hulle kinders verloor en weduwees word.+

Mag hulle manne sterf as gevolg van ’n dodelike plaag,

mag hulle jong manne deur die swaard doodgemaak word in die geveg.+

22 Laat ’n geskreeu uit hulle huise gehoor word

wanneer u skielik rowers teen hulle bring.

Want hulle het ’n gat gegrawe om my te vang

en het strikke gestel vir my voete.+

23 Maar u, o Jehovah,

is deeglik bewus van al hulle planne teen my om my dood te maak.+

Moenie hulle oortreding bedek nie,

en moenie hulle sonde voor u uitwis nie.

Laat hulle voor u struikel+

wanneer u in u woede teen hulle optree.+

19 Dít is wat Jehovah gesê het: “Gaan koop ’n kleifles by ’n pottebakker.+ Neem van die ouermanne van die volk en van die ouermanne van die priesters saam, 2 en gaan uit na die Vallei van die Seun van Hinnom,+ by die ingang van die Potskerwepoort. En verkondig daar die woorde wat ek vir jou sê. 3 Jy moet sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem. Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê:

“‘“Ek staan op die punt om rampspoed oor hierdie plek te bring, en enigiemand wat hiervan hoor, sal sy ore nie kan glo nie.* 4 Dit is omdat hulle my verlaat het+ en hierdie plek onherkenbaar gemaak het.+ Hier bring hulle offerandes aan ander gode, wat hulle en hulle voorvaders en die konings van Juda nie geken het nie, en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van die onskuldiges.+ 5 Hulle het die offerhoogtes van Baäl gebou om hulle seuns in die vuur te verbrand as heelbrandoffers aan Baäl,+ iets wat ek nie beveel het of van gepraat het nie en wat nooit eers in my hart opgekom het nie.”’*+

6 “‘“Daarom kom die dae,” sê Jehovah, “wanneer hierdie plek nie meer Tofet of die Vallei van die Seun van Hinnom genoem sal word nie, maar die Moordvallei.+ 7 Ek sal die planne van Juda en Jerusalem in hierdie plek laat misluk, en ek sal hulle deur die swaard voor hulle vyande laat val en deur die hand van dié wat hulle wil doodmaak. En ek sal hulle lyke gee as kos vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.+ 8 Ek sal hierdie stad iets skokkends maak en iets om oor te fluit. Elkeen wat daar verbygaan, sal geskok staar en oor al sy plae fluit.+ 9 Ek sal hulle die vlees van hulle seuns en hulle dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy medemens eet as gevolg van die beleëring en hulle desperaatheid wanneer hulle vasgekeer is deur hulle vyande en dié wat hulle wil doodmaak.”’+

10 “Breek dan die fles voor die oë van die manne wat saam met jou gaan 11 en sê vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Dít is hoe ek hierdie volk en hierdie stad sal breek, soos iemand wat ’n pottebakker se houer breek sodat dit nooit weer heelgemaak kan word nie, en hulle sal die dooies in Tofet begrawe totdat daar nie meer plek is om hulle te begrawe nie.”’+

12 “‘Dít is wat ek aan hierdie plek sal doen,’ sê Jehovah, ‘en aan die inwoners daarvan, om hierdie stad soos Tofet te maak. 13 En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal onrein word soos hierdie plek, Tofet,+ ja, al die huise waar hulle op die dakke offerandes vir die hele leërmag van die hemel gebring het+ en drankoffers vir ander gode uitgegooi het.’”+

14 Toe Jeremia van Tofet teruggekeer het, waarheen Jehovah hom gestuur het om te profeteer, het hy in die voorhof van die huis van Jehovah gestaan en vir die hele volk gesê: 15 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Ek bring oor hierdie stad en oor al sy dorpe al die rampspoed wat ek daarteen gespreek het, omdat hulle hardkoppig geweier het* om my woorde te gehoorsaam.’”+

20 En Pasgur, die seun van Immer, die priester, wat ook die hoofopsigter in die huis van Jehovah was, het geluister toe Jeremia hierdie dinge geprofeteer het. 2 Toe het Pasgur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit by+ die Boonste Benjamin-poort, wat in die huis van Jehovah was. 3 Maar die volgende dag toe Pasgur Jeremia uit die blok vrygelaat het, het Jeremia vir hom gesê:

“Jehovah het jou nie Pasgur genoem nie, maar Vrees Reg Rondom.+ 4 Want dít is wat Jehovah sê: ‘Ek sal jou en al jou vriende vol vrees laat word, en hulle sal deur die swaard van hulle vyande val, en jou eie oë sal dit sien,+ en ek sal die hele Juda in die hand van die koning van Babilon gee, en hy sal hulle in ballingskap na Babilon wegneem en hulle met die swaard doodmaak.+ 5 En ek sal al die rykdom van hierdie stad, al sy middele, al sy kosbare dinge en al die skatte van die konings van Juda in die hand van hulle vyande gee.+ En hulle sal hulle stroop en hulle gevange neem en hulle na Babilon bring.+ 6 En jy, Pasgur, en almal wat in jou huis woon, julle sal in gevangenskap gaan. Jy sal na Babilon gaan en daar sterf, en daar sal jy saam met jou vriende begrawe word omdat jy leuens vir hulle geprofeteer het.’”+

 7 U het my geflous, o Jehovah, en ek is geflous.

U het u krag teen my gebruik, en u het die oorhand oor my gekry.+

Ek het die hele dag ’n bespotting geword.

Almal bespot my.+

 8 Want elke keer as ek praat, moet ek uitroep en verkondig:

“Geweld en vernietiging!”

Die woord van Jehovah het veroorsaak dat ek die hele dag lank beledig en bespot word.+

 9 Daarom het ek gesê: “Ek sal nie oor hom praat nie,

en ek sal nie meer in sy naam iets sê nie.”+

Maar in my hart was dit soos ’n brandende vuur, opgesluit in my gebeente,

en ek het moeg geword om dit in te hou.

Ek kon dit nie langer verduur nie.+

10 Want ek het talle slegte gerugte gehoor.

Vrees het my omring.+

“Beskuldig hom. Laat ons hom beskuldig!”

Elke mens wat my vrede toewens, het gewag vir my ondergang:+

“Miskien sal hy ’n dom fout maak,

en dan kan ons die oorhand oor hom kry en op hom wraak neem.”

11 Maar Jehovah was met my soos ’n skrikwekkende vegter.+

Daarom sal my vervolgers struikel en nie die oorhand kry nie.+

Hulle sal erg verneder word, want hulle sal nie suksesvol wees nie.

Hulle ewige vernedering sal nie vergeet word nie.+

12 Maar u, o Jehovah van die leërmagte, ondersoek die regverdige.

U sien die diepste gedagtes* en die hart.+

Laat my sien hoe u op hulle wraak neem,+

want ek het my regsaak aan u toevertrou.+

13 Sing vir Jehovah! Loof Jehovah!

Want hy het die arme uit die hand van slegte mense gered.

14 Mag die dag waarop ek gebore is, vervloek wees!

Mag die dag waarop my ma aan my geboorte gegee het, nie geseënd wees nie!+

15 Mag die man vervloek wees wat vir my pa goeie nuus gebring het

en hom baie bly gemaak het deur te sê:

“’n Seun is vir jou gebore!”

16 Mag daardie man soos stede word wat Jehovah verwoes het sonder om spyt te voel.

Mag hy ’n geskree in die oggend en ’n alarmsein in die middag hoor.

17 Hoekom het hy my nie in die baarmoeder doodgemaak,

sodat my ma my graf sou word

en haar baarmoeder altyd swanger sou bly nie?+

18 Hoekom moes ek uit die baarmoeder kom

om moeilikheid en hartseer te sien,

om my dae in skande te eindig?+

21 Jeremia het ’n boodskap van Jehovah ontvang toe koning Sedekiʹa+ vir Pasgur,+ die seun van Malkiʹa, en Sefanʹja,+ die seun van Maäseʹja, die priester, na hom toe gestuur het om te vra: 2 “Vra Jehovah asseblief vir leiding namens ons, want koning Nebukadneʹsar* van Babilon voer oorlog teen ons.+ Miskien sal Jehovah een van sy wonderlike werke ter wille van ons verrig, sodat hy van ons af sal wegtrek.”+

3 Jeremia het vir hulle gesê: “Dít is wat julle vir Sedekiʹa moet sê: 4 ‘Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: “Kyk, ek draai die oorlogswapens teen julle* wat in julle hande is en waarmee julle veg teen die koning van Babilon+ en teen die Galdeërs wat buite die muur is en julle beleër. En ek sal dit* in die middel van hierdie stad versamel. 5 Ek sal teen julle veg+ met ’n uitgestrekte hand en ’n magtige arm, met groot woede en groot verontwaardiging.+ 6 Ek sal die inwoners van hierdie stad met ’n vreeslike siekte tref, mens sowel as dier, en hulle sal as gevolg daarvan sterf.”’+

7 “‘“En daarna,” sê Jehovah, “sal ek koning Sedekiʹa van Juda en sy knegte en die volk van hierdie stad – dié wat die vreeslike siektes, die swaard en die hongersnood oorleef – in die hand gee van koning Nebukadneʹsar* van Babilon, in die hand van hulle vyande en in die hand van dié wat hulle wil doodmaak.+ Hy sal hulle met die swaard doodmaak. Hy sal hulle nie jammer kry nie, en hy sal ook nie medelye* hê of enige genade betoon nie.”’+

8 “En jy moet vir hierdie volk sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Kyk, ek gee julle die keuse tussen die weg van die lewe en die weg van die dood. 9 Dié wat in hierdie stad bly, sal deur die swaard, deur hongersnood en deur vreeslike siektes sterf. Maar almal wat uitgaan en hulle oorgee aan die Galdeërs deur wie julle beleër word, sal bly lewe, en hulle lewe sal gespaar word.”’+

10 “‘“Want ek het teen hierdie stad gedraai om rampspoed daaroor te bring in plaas van iets goeds,”+ sê Jehovah. “Dit sal in die hand van die koning van Babilon gegee word,+ en hy sal dit met vuur verbrand.”+

11 “‘Aan die huisgesin van die koning van Juda: Hoor die woord van Jehovah. 12 O huis van Dawid, dít is wat Jehovah sê:

“Sorg dat daar elke oggend geregtigheid is,

en red die een wat beroof word uit die hand van die bedrieër,+

sodat my woede nie as gevolg van julle slegte dade+

soos ’n vuur opvlam+ en brand

sonder dat enigiemand dit blus nie.”’

13 ‘Kyk, ek is teen jou, o inwoner van die vallei,

o rots van die vlakte,’ sê Jehovah.

‘En julle wat sê: “Wie sal teen ons afkom?

En wie sal ons woonplekke binnedring?”

14 Ek sal julle straf

vir wat julle gedoen het,’+ sê Jehovah.

‘En ek sal haar woud aan die brand steek,

en die vuur sal alles om haar verteer.’”+

22 Dít is wat Jehovah sê: “Gaan na die paleis* van die koning van Juda, en dra hierdie boodskap oor. 2 Jy moet sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, o koning van Juda wat op die troon van Dawid sit, u en u knegte en u volk, dié wat deur hierdie poorte inkom. 3 Dít is wat Jehovah sê: “Sorg dat daar geregtigheid en regverdigheid is. Red die een wat beroof word uit die hand van die bedrieër. Moenie enige uitlander sleg behandel nie, en moet niks slegs aan enige weeskind* of weduwee doen nie.+ En moenie enige onskuldige mense in hierdie plek doodmaak nie.*+ 4 Want as julle sorg dat julle hierdie woord gehoorsaam, sal die konings wat op die troon van Dawid sit,+ deur die poorte van hierdie huis inkom en in strydwaens en op perde ry, hulle saam met hulle knegte en hulle volk.”’+

5 “‘Maar as julle nie hierdie woorde gehoorsaam nie, dan sweer ek by myself,’ sê Jehovah, ‘dat hierdie huis ’n verwoeste plek sal word.’+

6 “Want dít is wat Jehovah oor die huis van die koning van Juda sê:

‘Jy is vir my soos Giʹlead,

soos die spits van die Liʹbanon-berge.

Maar ek sal jou ’n wildernis maak.

Nie een van jou stede sal bewoon word nie.+

 7 En ek sal vernietigers teen jou aanstel,*

elkeen met sy wapens.+

Hulle sal jou beste sederbome afkap

en hulle in die vuur laat val.+

8 “‘En baie nasies sal by hierdie stad verbygaan en vir mekaar vra: “Hoekom het Jehovah dit aan hierdie groot stad gedoen?”+ 9 Hulle sal antwoord: “Omdat hulle die verbond van Jehovah hulle God verlaat het en voor ander gode neergebuig het en hulle gedien het.”’+

10 Moenie huil oor die een wat dood is nie,

en moenie oor hom treur nie.

Huil eerder bitterlik oor die een wat weggaan,

want hy sal nie weer terugkeer om die land van sy geboorte te sien nie.

11 “Want dít is wat Jehovah sê oor Sallum,*+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda wat in die plek van sy pa, Josiʹa,+ regeer en wat uit hierdie plek uitgegaan het: ‘Hy sal nie weer hierheen terugkeer nie. 12 Want hy sal sterf in die plek waarheen hulle hom in ballingskap weggeneem het, en hy sal hierdie land nie meer sien nie.’+

13 Dit sal sleg gaan met die een wat sy huis bou met onregverdigheid,

en sy bo-kamers met oneerlikheid,

wat sy medemens verniet vir hom laat werk

en weier om sy loon te betaal.+

14 Die een wat sê: ‘Ek gaan vir my ’n groot huis bou

met groot bo-kamers.

Ek sal vensters daarin sit,

en panele van sederhout, en ek sal dit rooi* verf.’

15 Sal jy bly regeer omdat jy meer sederhout as ander gebruik?

Jou pa het ook geëet en gedrink,

maar hy het geregtigheid en regverdigheid uitgeoefen,+

en dit het goed gegaan met hom.

16 Hy het die wettige eis van die hulpelose en die arme verdedig,

en daarom het dit goed gegaan.

‘Is dít nie wat dit beteken om my te ken nie?’ sê Jehovah.

17 ‘Maar jou oë en jou hart is net daarop gerig om oneerlike wins te maak,

om onskuldige mense dood te maak*

en om te bedrieg en af te pers.’

18 “Daarom sê Jehovah oor Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda:

‘Hulle sal nie oor hom treur en sê:

“Ag, my broer! Ag, my suster!” nie.

Hulle sal nie oor hom treur en sê:

“Ag, o heer! Ag, sy majesteit!” nie.

19 Met die begrafnis van ’n donkie sal hy begrawe word,+

rondgesleep en weggegooi

buite die poorte van Jerusalem.’+

20 Klim op die Liʹbanon-berge en skree,

laat jou stem in Basan gehoor word,

en skree van Abaʹrim+ af,

want almal wat jou intens liefgehad het, is verpletter.+

21 Ek het met jou gepraat toe jy veilig gevoel het.

Maar jy het gesê: ‘Ek sal nie gehoorsaam wees nie.’+

Dit was jou weg van jou jong dae af,

want jy het nie my stem gehoorsaam nie.+

22 ’n Wind sal die herder van al jou herders wees,+

en dié wat jou intens liefhet, sal gevange geneem word.

Dan sal jy skaam kry en verneder word weens al jou rampspoed.

23 O jy wat op die Liʹbanon-berge+ woon,

veilig tussen die sederbome,+

hoe sal jy tog kreun wanneer skerp pyne oor jou kom,

pyn* soos dié van ’n vrou wat geboorte gee!”+

24 “‘So waar as wat ek lewe,’ sê Jehovah, ‘al was Gonja,*+ die seun van Jojaʹkim,+ die koning van Juda, die seëlring aan my regterhand, sou ek jou daarvan afruk! 25 Ek sal jou in die hand gee van dié wat jou wil doodmaak, in die hand van dié vir wie jy bang is, in die hand van koning Nebukadneʹsar* van Babilon en in die hand van die Galdeërs.+ 26 En ek sal jou en jou ma, wat aan jou geboorte gegee het, uitdryf na ’n ander land wat nie julle geboorteland is nie, en daar sal julle sterf. 27 Hulle sal nooit weer terugkeer na die land waarna hulle smag* nie.+

28 Is hierdie man, Gonja, net ’n verwerpte, gebreekte pot,

’n houer wat niemand wil hê nie?

Hoekom is hy en sy nakomelinge neergegooi

en uitgedryf na ’n land wat hulle nie ken nie?’+

29 O aarde,* aarde, aarde, hoor die woord van Jehovah.

30 Dít is wat Jehovah sê:

‘Skryf neer dat hierdie man kinderloos is,

’n man wat geen sukses in sy leeftyd* sal behaal nie,

want nie een van sy nakomelinge sal daarin slaag

om op die troon van Dawid te sit en weer in Juda te regeer nie.’”+

23 “Dit sal sleg gaan met die herders wat die skape van my weiveld vernietig en verstrooi!” sê Jehovah.+

2 Daarom sê Jehovah, die God van Israel, die volgende teen die herders wat my volk lei: “Julle het my skape verstrooi. Julle het hulle bly uitmekaardryf, en julle het nie aan hulle aandag geskenk nie.”+

“Daarom sal ek my aandag op julle rig as gevolg van julle slegte dade,” sê Jehovah.

3 “Dan sal ek die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,+ en ek sal hulle terugbring na hulle weiveld,+ en hulle sal vrugbaar wees en baie word.+ 4 Ek sal herders oor hulle aanstel wat werklik herders sal wees vir hulle.+ Hulle sal nie meer bang wees of vrees nie, en nie een sal vermis word nie,” sê Jehovah.

5 “Die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek vir Dawid ’n regverdige spruit*+ sal voortbring. En ’n koning sal regeer+ en insig toon en sal sorg dat daar geregtigheid en regverdigheid in die land is.+ 6 In sy dae sal Juda gered word,+ en Israel sal in veiligheid woon.+ En dít is die naam wat hy genoem sal word: Jehovah Is Ons Regverdigheid.”+

7 “Maar die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer hulle nie meer sal sê: ‘So waar as wat Jehovah lewe, wat die Israeliete uit Egipte uitgelei het!’ nie,+ 8 maar eerder: ‘So waar as wat Jehovah lewe, wat die nakomelinge van die huis van Israel uitgelei het en teruggebring het uit die land van die noorde en uit al die lande waarheen ek hulle verstrooi het,’ en hulle sal in hulle eie land woon.”+

9 Wat die profete betref:

My hart is gebreek binne-in my.

Al my bene bewe.

Ek is soos ’n man wat dronk is,

en soos ’n man wat deur wyn oorweldig is,

as gevolg van Jehovah en as gevolg van sy heilige woorde.

10 Want die land is vol egbrekers.+

As gevolg van die vloek het die land begin treur+

en het die weivelde van die wildernis opgedroog.+

Hulle weg is goddeloos, en hulle misbruik hulle mag.

11 “Die profeet sowel as die priester het onrein* geword.+

Selfs in my eie huis het ek hulle goddeloosheid gevind,”+ sê Jehovah.

12 “Daarom sal hulle weg glibberig en donker word.+

Hulle sal gestamp word en val.

Want ek sal rampspoed oor hulle bring

in die jaar van afrekening,” sê Jehovah.

13 “En by die profete van Samariʹa+ het ek iets walgliks gesien.

Hulle profesieë kom van Baäl af,

en hulle mislei my volk Israel.

14 En by die profete van Jerusalem het ek aaklige dinge gesien.

Hulle pleeg egbreuk,+ en hulle lewe is vol leuens.+

Hulle spoor slegte mense aan,*

en hulle draai nie weg van hulle goddeloosheid nie.

Hulle almal is vir my soos Sodom,+

en haar inwoners is soos Gomorʹra.”+

15 Daarom is dít wat Jehovah van die leërmagte teen die profete sê:

“Ek laat hulle als* eet,

en ek gee hulle giftige water om te drink.+

Want die profete van Jerusalem het afvalligheid oor die hele land versprei.”

16 Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:

“Moenie luister na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie.+

Hulle mislei julle.*

Die visioen wat hulle vertel, kom uit hulle eie hart,+

nie uit die mond van Jehovah nie.+

17 Hulle sê keer op keer vir dié wat my nie respekteer nie:

‘Jehovah het gesê: “Julle sal vrede geniet.”’+

En hulle sê vir elkeen wat hardkoppig is en sy eie hart volg:

‘Geen rampspoed sal oor julle kom nie.’+

18 Want wie is deel van die intieme vriendekring van Jehovah

om sy woord te sien en te hoor?

Wie het aan sy woord aandag geskenk om dit te hoor?

19 Die windstorm van Jehovah sal met woede losbars.

Dit sal soos ’n stormagtige warrelwind oor die goddeloses kom.+

20 Die woede van Jehovah sal nie terugdraai

totdat hy uitgevoer en gedoen het wat hy hom in sy hart voorgeneem het nie.

Aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.

21 Ek het nie die profete gestuur nie, en tog het hulle gehardloop.

Ek het nie met hulle gepraat nie, en tog het hulle geprofeteer.+

22 Maar as hulle deel was van my intieme vriendekring,

sou hulle my volk my woorde laat hoor het,

en sou hulle gesorg het dat hulle hulle slegte weë en goddelose dade los.”+

23 “Is ek net ’n God wat naby is,” sê Jehovah, “en nie ook ’n God van ver af nie?”

24 “Kan enige mens in ’n skuilplek wegkruip waar ek hom nie kan sien nie?”+ sê Jehovah.

“Vul ek nie die hemel en die aarde nie?”+ sê Jehovah.

25 “Ek het gehoor hoe die profete wat in my naam leuens profeteer, sê: ‘Ek het ’n droom gehad! Ek het ’n droom gehad!’+ 26 Hoe lank sal dit in die hart van die profete wees om leuens te profeteer? Hulle is profete van die bedrog van hulle eie hart.+ 27 Hulle wil my volk laat vergeet van my naam deur middel van die drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle vaders my naam as gevolg van Baäl+ vergeet het. 28 Laat die profeet wat ’n droom het, die droom vertel, maar die een wat my woord het, moet my woord getrou oordra.”

“Wat het die strooi met die graan in gemeen?” sê Jehovah.

29 “Is my woord nie soos ’n vuur nie,”+ sê Jehovah, “en soos ’n hamer* wat die groot rots stukkend slaan nie?”+

30 “Daarom is ek teen die profete,” sê Jehovah, “wat my woorde by mekaar steel.”+

31 “Ek is teen die profete,” sê Jehovah, “wat hulle tong gebruik om te sê: ‘Hy sê!’”+

32 “Ek is teen die profete van valse drome,” sê Jehovah. “Hulle vertel dit oor en mislei my volk met hulle leuens en hulle grootpratery.”+

“Maar ek het hulle nie gestuur of vir hulle ’n opdrag gegee nie. Hulle sal hierdie volk dus glad nie bevoordeel nie,”+ sê Jehovah.

33 “En wanneer hierdie volk of ’n profeet of ’n priester vir jou vra: ‘Wat is die las* van Jehovah?’ dan moet jy vir hulle sê: ‘“Julle is die las! En ek sal julle verwerp,”+ sê Jehovah.’ 34 As ’n profeet of ’n priester of die volk sê: ‘Dít is die las* van Jehovah!’ sal ek my aandag op daardie man en sy huisgesin rig. 35 Dít is wat elkeen vir sy naaste en vir sy broer vra: ‘Wat het Jehovah geantwoord? En wat het Jehovah gesê?’ 36 Maar julle moenie meer van die las* van Jehovah praat nie, want die las* is elkeen se eie woord, en julle het die woorde van die lewende God, Jehovah van die leërmagte, ons God, verander.

37 “Dít is wat jy vir die profeet moet vra: ‘Watter antwoord het Jehovah jou gegee? En wat het Jehovah gesê? 38 En as julle bly sê: “Die las* van Jehovah!” dan is dít wat Jehovah sê: “Omdat julle sê: ‘Hierdie woord is die las* van Jehovah’ nadat ek vir julle gesê het: ‘Moenie sê: “Die las* van Jehovah!” nie,’ 39 daarom sal ek julle oplig en ver van my af weggooi, julle sowel as die stad wat ek aan julle en julle voorvaders gegee het. 40 En ek sal ewige skande en ewige vernedering oor julle bring, wat nie vergeet sal word nie.”’”+

24 Toe het Jehovah vir my twee mandjies vye gewys wat voor die tempel van Jehovah neergesit is. Hy het dit gedoen nadat koning Nebukadneʹsar* van Babilon Jegonʹja*+ die seun van Jojaʹkim,+ die koning van Juda, in ballingskap weggeneem het saam met die leiers van Juda, die ambagsmanne en die metaalwerkers.* Hy het hulle uit Jerusalem geneem en na Babilon gebring.+ 2 In die een mandjie was daar baie goeie vye, soos vroeë vye, maar in die ander mandjie was daar baie slegte vye, so sleg dat hulle nie geëet kon word nie.

3 Jehovah het toe vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Toe het ek gesê: “Vye. Die goeie vye is baie goed, maar die slegtes is baie sleg, te sleg om te eet.”+

4 Toe het Jehovah met my gepraat en gesê: 5 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Soos hierdie goeie vye, sal ek die ballinge* van Juda, wat ek uit hierdie plek na die land van die Galdeërs weggestuur het, as goed beskou. 6 Ek sal my oog op hulle hou sodat dit goed sal gaan met hulle, en ek sal hulle na hierdie land laat terugkeer.+ Ek sal hulle opbou, en ek sal nie afbreek nie. Ek sal hulle plant, en ek sal nie uitruk nie.+ 7 En ek sal hulle ’n hart gee om my te ken, dat ek Jehovah is.+ Hulle sal my volk word, en ek sal hulle God word,+ want hulle sal met hulle hele hart na my toe terugkeer.+

8 “‘Maar dít is wat Jehovah sê van die slegte vye wat te sleg is om te eet:+ “Dit is hoe ek koning Sedekiʹa+ van Juda sal beskou, sowel as sy hoë amptenare, die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorbly en dié wat in Egipte woon.+ 9 Ek sal hulle iets skokkends maak vir al die koninkryke van die aarde+ as gevolg van die rampspoed wat ek oor hulle sal bring. Hulle sal ’n voorwerp van beledigings, bespotting en vervloeking+ en ’n voorbeeld* word in al die plekke waarheen ek hulle sal verstrooi.+ 10 En ek sal die swaard,+ hongersnood en vreeslike siektes+ teen hulle stuur totdat hulle uitgeroei is uit die land wat ek aan hulle en aan hulle voorvaders gegee het.”’”

25 In die vierde jaar van Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, dit wil sê die eerste jaar van Nebukadneʹsar,* die koning van Babilon, het Jeremia ’n boodskap ontvang oor die hele volk van Juda. 2 Dít is wat die profeet Jeremia oor* die hele volk van Juda en al die inwoners van Jerusalem gesê het:

3 “Vanaf die 13de jaar van Josiʹa+ die seun van Amon, die koning van Juda, tot vandag toe, gedurende hierdie 23 jaar, het Jehovah met my gepraat, en ek het keer op keer* met julle gepraat, maar julle het nie geluister nie.+ 4 En Jehovah het keer op keer* al sy knegte, die profete, na julle toe gestuur, maar julle het nie geluister of aandag geskenk nie.+ 5 Hulle het gesê: ‘Keer asseblief terug, elkeen van julle van julle goddelose weë en julle goddelose dade.+ Dan sal julle lank woon in die land wat Jehovah lank gelede aan julle en julle voorvaders gegee het. 6 Moenie ander gode volg en hulle dien en voor hulle neerbuig nie, want dan beledig julle my met die werk van julle hande en dan sal ek rampspoed oor julle bring.’

7 “‘Maar julle wou nie na my luister nie,’ sê Jehovah. ‘Julle het my eerder beledig met die werk van julle hande, en daarom het julle rampspoed ondervind.’+

8 “Daarom sê Jehovah van die leërmagte: ‘“Omdat julle nie my woorde gehoorsaam het nie, 9 laat ek al die families van die noorde roep,”+ sê Jehovah, “sowel as koning Nebukadneʹsar* van Babilon, my kneg,+ en ek sal hulle bring teen hierdie land+ en teen sy inwoners en teen al hierdie omliggende nasies.+ Ek sal hulle vernietig en hulle iets skokkends maak, iets om oor te fluit en iets wat vir ewig verwoes sal wees. 10 Ek sal ’n einde maak aan die uitroepe van vreugde en die geluid van hulle blydskap,+ die stem van die bruidegom en die stem van die bruid,+ die geluid van die handmeul en die lig van die lamp. 11 En hierdie hele land sal verwoes en iets skokkends word, en hierdie nasies sal die koning van Babilon 70 jaar lank moet dien.”’+

12 “‘Maar wanneer 70 jaar verby is,+ sal ek die koning van Babilon en daardie nasie straf vir hulle oortreding,’+ sê Jehovah, ‘en ek sal die land van die Galdeërs vir altyd ’n verlate en verwoeste plek maak.+ 13 Ek sal oor daardie land al my woorde bring wat ek daarteen gesê het, alles wat in hierdie boek geskryf is wat Jeremia teen al die nasies geprofeteer het. 14 Want baie nasies en groot konings+ sal slawe van hulle maak,+ en ek sal hulle terugbetaal volgens hulle dade en die werk van hulle hande.’”+

15 Want dít is wat Jehovah, die God van Israel, vir my gesê het: “Neem hierdie beker van die wyn van woede uit my hand, en laat al die nasies na wie ek jou stuur, dit drink. 16 En hulle sal drink en slinger en soos mal mense optree as gevolg van die swaard wat ek onder hulle instuur.”+

17 Ek het dus die beker uit die hand van Jehovah geneem en al die nasies na wie Jehovah my gestuur het, laat drink.+ 18 Ek het begin met Jerusalem en die stede van Juda,+ haar konings en haar leiers om hulle ’n wildernis te maak, iets skokkends, iets om oor te fluit en ’n vloek,+ soos vandag die geval is. 19 Toe het ek gegaan na Farao die koning van Egipte, sy knegte, sy hoë amptenare en sy hele volk+ 20 en al hulle gemengde bevolkings, al die konings van die land Us, al die konings van die land van die Filistyne,+ Asʹkelon,+ Gasa, Ekron en dié wat in Asdod oorgebly het, 21 Edom,+ Moab+ en die Ammoniete,+ 22 al die konings van Tirus, al die konings van Sidon+ en die konings van die eiland in die see, 23 Dedan,+ Tema, Bus en almal wie se hare aan die kante van hulle kop geknip is,+ 24 al die konings van die Arabiere+ en al die konings van die gemengde bevolkings wat in die wildernis woon, 25 al die konings van Simri, al die konings van Elam+ en al die konings van die Mede,+ 26 en al die konings van die noorde wat naby en ver is, die een ná die ander, en al die ander koninkryke van die aarde wat op die oppervlak van die aarde is. En die koning van Sesag*+ sal ná hulle drink.

27 “En jy moet vir hulle sê: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Drink en word dronk en gooi op en val sodat julle nie kan opstaan nie+ as gevolg van die swaard wat ek onder julle instuur.”’ 28 En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Julle moet dit drink! 29 Want as die rampspoed wat ek bring met die stad begin wat my naam dra,+ sal julle ongestraf bly?”’+

“‘Julle sal nie ongestraf bly nie, want ek roep ’n swaard teen al die inwoners van die aarde,’ sê Jehovah van die leërmagte.

30 “En jy moet al hierdie woorde vir hulle profeteer en vir hulle sê:

‘Uit die hoogte sal Jehovah brul,

en uit sy heilige woonplek sal hy sy stem laat hoor.

Hy sal hard brul teen sy woonplek.

Hy sal uitroep soos dié wat die wynpers trap

en ’n oorwinningslied sing teen al die inwoners van die aarde.’

31 ‘’n Geraas sal tot aan die eindes van die aarde weerklink,

want Jehovah het ’n geskil met die nasies.

Hy sal alle mense persoonlik oordeel.+

En hy sal die goddeloses aan die swaard oorlewer,’ sê Jehovah.

32 Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:

‘Rampspoed versprei van een nasie na die ander,+

en ’n groot storm sal uit die mees afgeleë dele van die aarde losbars.+

33 “‘En dié wat op daardie dag deur Jehovah doodgemaak is, sal van die een einde van die aarde tot aan die ander einde van die aarde lê. Daar sal nie oor hulle getreur word nie, en hulle sal ook nie versamel of begrawe word nie. Hulle sal soos mis op die oppervlak van die aarde word.’

34 “Huil, o herders, en skree!

Rol rond in die stof, o magtiges van die kudde,

want die tyd vir julle om geslag en verstrooi te word, het gekom,

en julle sal soos ’n kosbare houer val!

35 Die herders het geen plek waarheen hulle kan vlug nie,

en die magtiges van die kudde kan nie ontsnap nie.

36 Luister! Die geskree van die herders

en die getreur van die magtiges van die kudde,

want Jehovah verwoes hulle weivelde.

37 En die vreedsame woonplekke is leweloos gemaak

as gevolg van die brandende woede van Jehovah.

38 Hy het sy skuilplek verlaat net soos ’n jong leeu,*+

want hulle land het iets skokkends geword

as gevolg van die wrede swaard

en as gevolg van sy brandende woede.”

26 Kort nadat Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, koning van Juda geword het, het hierdie boodskap van Jehovah gekom: 2 “Dít is wat Jehovah sê: ‘Gaan staan in die voorhof van die huis van Jehovah en praat met* al die inwoners van die stede van Juda wat kom om by die huis van Jehovah te aanbid.* Sê vir hulle alles wat ek jou beveel. Moenie ’n enkele woord wegneem nie. 3 Miskien sal hulle luister en sal elkeen van hulle hulle goddelose weë los, en ek sal van gedagte verander* oor die rampspoed wat ek oor hulle wil bring as gevolg van hulle goddelose dade.+ 4 Sê vir hulle: “Dít is wat Jehovah sê: ‘As julle ongehoorsaam is aan my deur nie my wet* te volg wat ek aan julle gegee het nie 5 en deur nie te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat ek keer op keer na julle toe gestuur het,* maar na wie julle nie geluister het nie,+ 6 dan sal ek hierdie huis soos Silo maak,+ en ek sal hierdie stad ’n voorbeeld maak wat al die nasies van die aarde sal gebruik wanneer hulle ’n vloek uitspreek.’”’”+

7 En die priesters en die profete en die hele volk het gehoor hoe Jeremia hierdie woorde in die huis van Jehovah sê.+ 8 En nadat Jeremia alles gesê het wat Jehovah hom beveel het om vir die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: “Jy sal beslis sterf. 9 Hoekom het jy in die naam van Jehovah geprofeteer en gesê: ‘Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word en sal sonder ’n enkele inwoner wees’?” En die hele volk het om Jeremia saamgedrom in die huis van Jehovah.

10 Toe die leiers van Juda hierdie woorde hoor, het hulle van die paleis* van die koning af opgegaan na die huis van Jehovah en by die ingang van die nuwe poort van Jehovah gaan sit.+ 11 Die priesters en die profete het vir die leiers en die hele volk gesê: “Hierdie man verdien die doodstraf,+ want hy het teen hierdie stad geprofeteer, net soos julle met julle eie ore gehoor het.”+

12 Jeremia het toe vir al die leiers en die hele volk gesê: “Dit was Jehovah wat my gestuur het om al die woorde wat julle gehoor het, teen hierdie huis en hierdie stad te profeteer.+ 13 Verander dus nou julle weë en julle optrede en gehoorsaam die stem van Jehovah julle God, en Jehovah sal van gedagte verander* oor die rampspoed wat hy teen julle voorspel het.+ 14 Maar ek is in julle hand. Doen met my wat ook al goed en reg is in julle oë. 15 Maar julle moet vir seker weet dat julle onskuldige bloed oor julle en oor hierdie stad en oor die inwoners daarvan sal bring as julle my doodmaak, want Jehovah het my wel na julle toe gestuur om al hierdie woorde in julle teenwoordigheid te sê.”

16 Toe het die leiers en die hele volk vir die priesters en die profete gesê: “Hierdie man verdien nie die doodstraf nie, want hy het in die naam van Jehovah ons God met ons gepraat.”

17 Verder het party van die ouermanne van die land opgestaan en vir die hele volk wat daar bymekaar was, gesê: 18 “Miga+ van Moreʹset het in die tyd van koning Hiskiʹa+ van Juda geprofeteer, en hy het vir die hele volk van Juda gesê: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:

“Sion sal soos ’n landery omgeploeg word,

Jerusalem sal verwoes* word,+

en die Tempelberg sal soos die hoogtes in ’n woud* word.”’+

19 “Het koning Hiskiʹa van Juda en die hele Juda hom toe doodgemaak? Nee, hy het Jehovah gevrees en Jehovah gesmeek om genadig te wees,* sodat Jehovah van gedagte verander het* oor die rampspoed wat hy teen hulle voorspel het.+ Ons staan dus op die punt om groot rampspoed oor onsself te bring.

20 “En daar was ’n ander man wat in die naam van Jehovah geprofeteer het, naamlik Uriʹa, die seun van Semaʹja, uit Kirʹjat-Jeaʹrim,+ wat teen hierdie stad en hierdie land geprofeteer het met woorde soos dié van Jeremia. 21 Koning Jojaʹkim+ en al sy sterk manne en al die leiers het sy woorde gehoor, en die koning het hom probeer doodmaak.+ Toe Uriʹa daarvan hoor, het hy dadelik bang geword en na Egipte gevlug. 22 Toe het koning Jojaʹkim vir Elʹnatan,+ die seun van Agbor, na Egipte gestuur, en hy het ander manne saam met hom gestuur. 23 Hulle het Uriʹa uit Egipte gebring en hom na koning Jojaʹkim geneem, wat hom toe met die swaard doodgemaak het+ en sy lyk in die begraafplaas van die gewone mense gegooi het.”

24 Maar Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ het Jeremia bygestaan, en daarom is hy nie aan die volk oorgelewer om doodgemaak te word nie.+

27 Kort nadat Jojaʹkim, die seun van koning Josiʹa, van Juda koning geword het, het Jeremia hierdie boodskap van Jehovah ontvang: 2 “Dít is wat Jehovah vir my gesê het: ‘Maak vir jou rieme en jukke, en sit dit op jou nek. 3 Stuur dit dan aan die koning van Edom,+ die koning van Moab,+ die koning van die Ammoniete,+ die koning van Tirus+ en die koning van Sidon.+ Gee dit vir die boodskappers wat na Jerusalem, na koning Sedekiʹa van Juda, gekom het. 4 Gee hulle hierdie bevel vir hulle meesters:

“‘“Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê, en dít is wat julle vir julle meesters moet sê: 5 ‘Ek het die aarde, die mense en die diere op die oppervlak van die aarde deur my groot krag en deur my uitgestrekte arm gemaak, en ek gee dit aan wie ek ook al wil.*+ 6 En nou het ek al hierdie lande in die hand van my kneg, koning Nebukadneʹsar+ van Babilon, gegee. Ek het selfs die wilde diere van die veld aan hom gegee om hom te dien. 7 Al die nasies sal hom en sy seun en sy kleinseun dien totdat die tyd vir sy eie land kom,+ wanneer baie nasies en groot konings hom hulle slaaf sal maak.’+

8 “‘“‘As enige nasie of koninkryk weier om koning Nebukadneʹsar van Babilon te dien en weier om hulle nek onder die juk van die koning van Babilon te sit, sal ek daardie nasie met die swaard,+ hongersnood en vreeslike siektes straf,’ sê Jehovah, ‘totdat ek deur sy hand ’n einde aan hulle gemaak het.’

9 “‘“‘Moet dus nie na julle profete, julle waarsêers, julle dromers en julle towenaars luister nie. Hulle sê vir julle: “Julle sal nie die koning van Babilon dien nie.” 10 Want hulle profeteer leuens vir julle, en as gevolg daarvan sal julle ver van julle land weggeneem word, en ek sal julle verstrooi, en julle sal vergaan.

11 “‘“‘Maar ek sal die nasie wat sy nek onder die juk van die koning van Babilon bring en wat hom dien, toelaat om in sy land te bly,’* sê Jehovah, ‘om dit te bewerk en daarin te woon.’”’”

12 En vir koning Sedekiʹa+ van Juda het ek dieselfde boodskap gegee en gesê: “Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babilon en dien hom en sy volk, en julle sal bly lewe.+ 13 Hoekom moet u en u volk deur die swaard,+ deur die hongersnood+ en deur vreeslike siektes+ sterf, soos Jehovah gesê het omtrent die nasie wat nie die koning van Babilon wil dien nie? 14 Moenie luister na die woorde van die profete wat vir julle sê: ‘Julle sal nie die koning van Babilon dien nie,’+ want hulle profeteer leuens vir julle.+

15 “‘Want ek het hulle nie gestuur nie,’ sê Jehovah. ‘Hulle profeteer leuens in my naam, en as gevolg daarvan sal ek julle verstrooi, en julle sal vergaan, julle en die profete wat vir julle profeteer.’”+

16 Ek het vir die priesters en vir hierdie hele volk gesê: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Moenie luister na die woorde van julle profete nie. Want hulle profeteer leuens vir julle+ en sê: “Die voorwerpe van die huis van Jehovah sal nou binnekort uit Babilon teruggebring word!”+ 17 Moenie na hulle luister nie. Dien die koning van Babilon, en julle sal bly lewe.+ Hoekom moet hierdie stad ’n verwoeste plek word? 18 Maar as hulle wel profete is en as die woord van Jehovah wel by hulle is, laat hulle asseblief Jehovah van die leërmagte smeek dat die oorblywende voorwerpe in die huis van Jehovah, in die paleis* van die koning van Juda en in Jerusalem nie na Babilon weggeneem word nie.’

19 “Want dít is wat Jehovah van die leërmagte sê oor die pilare,+ die See,*+ die waentjies+ en die res van die voorwerpe wat in hierdie stad oorbly, 20 wat koning Nebukadneʹsar van Babilon laat agterbly het toe hy Jegonʹja, die seun van Jojaʹkim, die koning van Juda, van Jerusalem na Babilon geneem het, saam met al die heersers van Juda en Jerusalem.+ 21 Ja, dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê oor die voorwerpe wat in die huis van Jehovah, in die paleis* van die koning van Juda en in Jerusalem oorbly: 22 ‘“Dit sal na Babilon gebring word+ en dit sal daar bly tot die dag dat ek daaraan aandag skenk,” sê Jehovah. “Dan sal ek dit terugbring na hierdie plek.”’”+

28 In daardie selfde jaar, in die vierde jaar nadat koning Sedekiʹa+ van Juda koning geword het, in die vyfde maand, het die profeet Hananʹja, die seun van Assur, uit Giʹbeon,+ in die huis van Jehovah in die teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk vir my gesê: 2 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Ek sal die juk van die koning van Babilon breek.+ 3 Binne twee jaar* sal ek al die voorwerpe van die huis van Jehovah wat koning Nebukadneʹsar van Babilon uit hierdie plek geneem het en na Babilon gebring het, na hierdie plek terugbring.’”+ 4 “‘En ek sal Jegonʹja,+ die seun van Jojaʹkim,+ die koning van Juda, en al die ballinge* van Juda wat na Babilon gegaan het,+ na hierdie plek terugbring,’ sê Jehovah, ‘want ek sal die juk van die koning van Babilon breek.’”

5 Toe het die profeet Jeremia met die profeet Hananʹja gepraat in die teenwoordigheid van die priesters en die hele volk wat in die huis van Jehovah gestaan het. 6 Die profeet Jeremia het gesê: “Amen!* Mag Jehovah dit doen! Mag Jehovah jou woorde wat jy geprofeteer het, vervul deur die voorwerpe van die huis van Jehovah en al die ballinge uit Babilon na hierdie plek terug te bring! 7 Maar hoor asseblief hierdie boodskap wat ek in jou teenwoordigheid en in die teenwoordigheid van die hele volk oordra. 8 Lank gelede het die profete wat voor my en voor jou was, oor baie lande en groot koninkryke geprofeteer en gesê dat daar oorlog, rampspoed en vreeslike siektes sal wees. 9 As ’n profeet van vrede profeteer en die woord van daardie profeet waar word, dan sal dit bekend word dat Jehovah waarlik daardie profeet gestuur het.”

10 Toe het die profeet Hananʹja die juk van die profeet Jeremia se nek afgehaal en dit gebreek.+ 11 Hananʹja het toe in die teenwoordigheid van die hele volk gesê: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Net so sal ek binne twee jaar die juk van koning Nebukadneʹsar van Babilon breek, wat op die nek van al die nasies is.’”+ Die profeet Jeremia is toe daar weg.

12 Nadat die profeet Hananʹja die juk van die profeet Jeremia se nek afgehaal en gebreek het, het Jeremia hierdie boodskap van Jehovah ontvang: 13 “Gaan sê vir Hananʹja: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Jy het jukke van hout gebreek,+ maar in die plek daarvan sal jy jukke van yster maak.” 14 Want dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Ek sal ’n juk van yster op die nek van al hierdie nasies sit, om koning Nebukadneʹsar van Babilon te dien, en hulle sal hom moet dien.+ Ek sal selfs die wilde diere van die veld aan hom gee.”’”+

15 Die profeet Jeremia het toe vir die profeet Hananʹja+ gesê: “Luister asseblief, o Hananʹja! Jehovah het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie volk op ’n leuen laat vertrou.+ 16 Daarom sê Jehovah: ‘Ek verwyder jou van die oppervlak van die aarde. In hierdie jaar sal jy sterf, want jy het opstandigheid teen Jehovah aangehits.’”+

17 En die profeet Hananʹja het in daardie jaar, in die sewende maand, gesterf.

29 Dít is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia van Jerusalem af gestuur het aan die res van die ouermanne onder die ballinge,* die priesters, die profete en die hele volk wat Nebukadneʹsar uit Jerusalem in ballingskap na Babilon geneem het. 2 Dit was nadat koning Jegonʹja,+ die koningin-moeder,*+ die hofbeamptes, die leiers van Juda en Jerusalem, die ambagsmanne en die metaalwerkers* uit Jerusalem weg is.+ 3 Hy het die brief gestuur deur die hand van Elaʹsa, die seun van Safan,+ en Gemarʹja, die seun van Hilkiʹa, wat koning Sedekiʹa+ van Juda na Babilon, na koning Nebukadneʹsar van Babilon, gestuur het. Dit het gesê:

4 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê vir al die ballinge wat ek uit Jerusalem in ballingskap na Babilon laat gaan het: 5 ‘Julle moet huise bou en daarin woon. Julle moet tuine plant en die vrugte daarvan eet. 6 Julle moet vrouens neem en seuns en dogters hê. Julle moet vrouens neem vir julle seuns, en julle moet julle dogters in die huwelik gee, sodat hulle ook seuns en dogters kan hê. Word baie daar, en moenie minder word nie. 7 En soek die vrede van die stad waarheen ek julle in ballingskap laat gaan het, en bid daarvoor tot Jehovah, want as daar vrede daar is, sal julle vrede hê.+ 8 Want dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Moenie toelaat dat die profete en die waarsêers onder julle julle bedrieg nie,+ en moenie luister na die drome wat hulle droom nie. 9 Want ‘hulle profeteer leuens vir julle in my naam. Ek het hulle nie gestuur nie,’+ sê Jehovah.”’”

10 “Want dít is wat Jehovah sê: ‘Wanneer 70 jaar in Babilon vervul is, sal ek aan julle aandag skenk,+ en ek sal my belofte nakom deur julle na hierdie plek terug te bring.’+

11 “‘Want ek weet goed wat ek vir julle in gedagte het,’ sê Jehovah. ‘Ek wil julle vrede gee, nie rampspoed nie.+ Ek wil julle ’n toekoms en ’n hoop gee.+ 12 En julle sal my aanroep en tot my kom bid, en ek sal na julle luister.’+

13 “‘Julle sal my soek en my vind,+ want julle sal my met julle hele hart soek.+ 14 En ek sal toelaat dat julle my vind,’+ sê Jehovah. ‘Ek sal julle gevangenes versamel en julle bymekaarmaak uit al die nasies en plekke waarheen ek julle verstrooi het,’+ sê Jehovah. ‘Ek sal julle terugbring na die plek waarvandaan ek julle in ballingskap laat gaan het.’+

15 “Maar julle het gesê: ‘Jehovah het vir ons profete in Babilon gegee.’

16 “Dít is wat Jehovah sê vir die koning wat op die troon van Dawid sit+ en vir die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap gegaan het nie: 17 ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Ek stuur die swaard, die hongersnood en die vreeslike siektes+ teen hulle, en ek sal hulle soos vrot* vye maak wat so sleg is dat dit nie geëet kan word nie.”’+

18 “‘Ek sal hulle met die swaard,+ hongersnood en vreeslike siektes agternasit, en ek sal hulle iets skokkends maak vir al die koninkryke van die aarde+ en ’n vloek en iets om oor verstom te wees, iets om oor te fluit+ en ’n bespotting onder al die nasies waarheen ek hulle sal verstrooi.+ 19 Ek sal dit doen omdat hulle nie na my woorde geluister het wat ek deur middel van my knegte, die profete, aan hulle gestuur het nie,’ sê Jehovah, ‘ja, wat ek keer op keer gestuur het.’*+

“‘Maar julle het nie geluister nie,’+ sê Jehovah.

20 “Hoor dus die woord van Jehovah, julle ballinge wat ek uit Jerusalem na Babilon weggestuur het. 21 Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê oor Agab, die seun van Kolaʹja, en oor Sedekiʹa, die seun van Maäseʹja, wat vir julle leuens profeteer in my naam:+ ‘Ek gee hulle in die hand van koning Nebukadneʹsar* van Babilon, en hy sal hulle voor julle oë doodmaak. 22 En wat met hulle gebeur, sal deur al die ballinge van Juda in Babilon as ’n vloek gebruik word: “Mag Jehovah jou soos Sedekiʹa en soos Agab maak, wat die koning van Babilon in die vuur gebraai het!” 23 Want hulle het hulle skandelik gedra in Israel+ deur egbreuk te pleeg met die vrouens van hulle naaste en deur valse woorde in my naam te sê wat ek hulle nie beveel het om te sê nie.+

“‘“Ek is die Een wat weet, en ek is ’n getuie,”+ sê Jehovah.’”

24 “Jy moet vir Semaʹja+ van Neheʹlam sê: 25 ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Omdat jy in jou naam briewe gestuur het aan die hele volk wat in Jerusalem is, aan Sefanʹja,+ die seun van Maäseʹja, die priester, en aan al die priesters, waarin jy gesê het: 26 ‘Jehovah het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jojaʹda om die opsiener van die huis van Jehovah te word, om toesig te hou oor enige mal man wat hom soos ’n profeet gedra en om hom in die blok en in die nekboei* te sit.+ 27 Hoekom het jy dan nou nie vir Jeremia van Aʹnatot+ bestraf, wat hom soos ’n profeet vir julle gedra nie?+ 28 Want hy het selfs vir ons in Babilon ’n boodskap gestuur en gesê: “Dit gaan lank wees! Julle moet huise bou en daarin woon. Julle moet tuine plant en die vrugte daarvan eet+ . . . ”’”’”

29 Toe die priester Sefanʹja+ hierdie brief voor die profeet Jeremia gelees het, 30 het Jeremia die volgende boodskap van Jehovah ontvang: 31 “Stuur die volgende boodskap aan al die ballinge: ‘Dít is wat Jehovah oor Semaʹja van Neheʹlam sê: “Omdat Semaʹja vir julle geprofeteer het, hoewel ek hom nie gestuur het nie, en hy julle probeer kry het om op leuens te vertrou,+ 32 sê Jehovah: ‘Ek rig my aandag op Semaʹja van Neheʹlam en op sy nakomelinge. Nie een van sy familielede sal onder hierdie volk oorleef nie, en hy sal nie die goeie sien wat ek vir my volk sal doen nie,’ sê Jehovah, ‘want hy het opstandigheid teen Jehovah aangehits.’”’”

30 Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah ontvang: 2 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Skryf in ’n boek al die woorde wat ek vir jou sê. 3 Want “die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek die gevangenes van my volk, Israel en Juda,+ sal versamel,” sê Jehovah, “en ek sal hulle terugbring na die land wat ek aan hulle voorvaders gegee het, en hulle sal dit weer besit.”’”+

4 Dít is die woorde wat Jehovah vir Israel en Juda gesê het.

 5 Dít is wat Jehovah sê:

“Ons het uitroepe van paniek gehoor.

Daar is vrees, en geen vrede nie.

 6 Vra asseblief of ’n man geboorte kan gee.

Hoekom sien ek dan elke sterk man met sy hande op sy maag*

soos ’n vrou wat geboorte gee?+

Hoekom het elke gesig bleek geword?

 7 Hoe verskriklik! Want daardie dag is ’n verskriklike* dag.+

Geen ander dag kan daarmee vergelyk word nie,

’n tyd van angs vir Jakob.

Maar hy sal daaruit gered word.”

8 “En in daardie dag,” sê Jehovah van die leërmagte, “sal ek die juk breek wat op jou nek is en jou rieme* in twee skeur, en vreemdelinge* sal nie meer ’n slaaf van hom* maak nie. 9 Hulle sal Jehovah hulle God dien, sowel as Dawid hulle koning, wat ek vir hulle sal gee.”+

10 “En jy, my kneg Jakob, moenie bang wees nie,” sê Jehovah,

“en moenie vrees nie, o Israel.+

Want ek sal jou van ver af red,

en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap.+

Jakob sal terugkeer en rus en vrede hê,

en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.”+

11 “Want ek is met jou,” sê Jehovah, “om jou te red.

Ek sal al die nasies vernietig waarheen ek jou verstrooi het,+

maar ek sal jou nie vernietig nie.+

Ek sal jou in die regte mate dissiplineer,*

en ek sal jou beslis nie ongestraf laat bly nie.”+

12 Want dít is wat Jehovah sê:

“Daar is geen genesing vir jou ineenstorting nie.+

Jou wond is ongeneeslik.

13 Daar is niemand om jou saak te verdedig nie.

Daar is geen genesing vir jou sweer nie.

Daar is geen geneesmiddel vir jou nie.

14 Almal wat jou intens liefgehad het, het jou vergeet.+

Hulle kom soek jou nie meer nie.

Want met die slag van ’n vyand het ek jou geslaan,+

met ’n wrede straf,

as gevolg van jou groot skuld en al jou sondes.+

15 Hoekom skree jy weens jou ineenstorting?

Jou pyn is ongeneeslik!

As gevolg van jou groot skuld en al jou sondes+

het ek dit aan jou gedoen.

16 Daarom sal almal wat jou verslind, verslind word,+

en al jou vyande sal ook in gevangenskap gaan.+

Dié wat jou stroop, sal gestroop word,

en ek sal toelaat dat almal wat jou beroof, beroof word.”+

17 “Maar ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,”+ sê Jehovah,

“al het hulle jou beskryf as iemand wat uitgegooi is:

‘Sion, na wie niemand soek nie.’”+

18 Dít is wat Jehovah sê:

“Ek versamel die gevangenes van die tente van Jakob,+

en ek sal jammer voel vir sy wonings.

Die stad sal op sy heuwel herbou word,+

en die versterkte toring sal op sy regmatige plek staan.

19 En uit hulle sal danksegging kom, en uitroepe van vreugde.+

Ek sal hulle vermeerder, en hulle sal nie min wees nie.+

Ek sal hulle baie* maak,

en hulle sal nie onbelangrik wees nie.+

20 Sy seuns sal word soos in die verlede,

en sy vergadering sal stewig gevestig word voor my.+

Ek sal met al sy onderdrukkers afreken.+

21 Sy glorieryke leier sal een van sy eie mense wees,

en uit sy midde sal sy heerser verskyn.

Ek sal hom laat nader kom, en hy sal na my toe kom.”

“Want wie sou dit andersins durf* om my te nader?” sê Jehovah.

22 “En julle sal my volk word,+ en ek sal julle God wees.”+

23 ’n Windstorm van Jehovah sal met woede losbars,+

’n verwoestende warrelwind wat oor die goddeloses kom.

24 Die brandende woede van Jehovah sal nie terugdraai

totdat hy uitgevoer en gedoen het wat hy hom in sy hart voorgeneem het nie.+

Aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.+

31 “In daardie tyd,” sê Jehovah, “sal ek God word vir al die families van Israel, en hulle sal my volk word.”+

 2 Dít is wat Jehovah sê:

“Die volk wat die swaard oorleef het, het genade ontvang in die wildernis

toe Israel na sy rusplek geloop het.”

 3 Van ver af het Jehovah aan my verskyn en gesê:

“Ek het jou met ’n ewige liefde liefgehad.

Daarom het ek jou met lojale liefde na my toe getrek.*+

 4 Ek sal jou weer herbou, en jy sal herbou word.+

O maagd van Israel, jy sal weer jou tamboeryne neem

en uitgaan terwyl jy vreugdevol dans.*+

 5 Jy sal weer wingerde plant op die berge van Samariʹa.+

Die planters sal plant en die vrugte geniet.+

 6 Want die dag kom wanneer die wagte in die berge van Eʹfraim sal uitroep:

‘Staan op, laat ons opgaan na Sion, na Jehovah, ons God.’”+

 7 Want dít is wat Jehovah sê:

“Roep uit na Jakob met blydskap.

Roep uit van vreugde, want jy is oor die nasies.+

Verkondig dit. Bring lof en sê:

‘O Jehovah, red u volk, die oorblyfsel van Israel.’+

 8 Ek bring hulle terug uit die land van die noorde.+

Ek sal hulle bymekaarmaak uit die mees afgeleë dele van die aarde.+

Die blindes en die kreupeles sal onder hulle wees,+

die swanger vrou en die een wat geboorte gee, almal saam.

As ’n groot gemeente sal hulle hierheen terugkeer.+

 9 Hulle sal huil terwyl hulle terugkom.+

Ek sal hulle lei terwyl hulle om goedkeuring smeek.

Ek sal hulle na waterstrome* lei,+

op ’n pad wat gelyk is en hulle nie sal laat struikel nie.

Want ek is ’n Vader vir Israel, en Eʹfraim is my eersgeborene.”+

10 Hoor die woord van Jehovah, o nasies,

en vertel dit op die eilande ver weg:+

“Die Een wat Israel verstrooi het, sal hom bymekaarmaak.

Hy sal hom oppas soos ’n herder sy kudde oppas.+

11 Want Jehovah sal Jakob loskoop+

en hom red* uit die hand van die een wat sterker is as hy.+

12 Hulle sal kom en van vreugde uitroep op die hoogte van Sion+

en straal oor die goedheid van* Jehovah,

oor die graan en die nuwe wyn+ en die olie

en oor die lammers van die kleinvee en die kalwers van die beeste.+

Hulle sal word soos ’n tuin wat baie water kry,+

en hulle* sal nooit weer swak word nie.”+

13 “In daardie tyd sal die maagd vreugdevol dans,

en ook die jong manne en die ou manne, almal saam.+

Ek sal hulle getreur in blydskap verander.+

Ek sal hulle vertroos en hulle hartseer in vreugde verander.+

14 Ek sal die priesters* versadig met ’n oorvloed,*

en my volk sal versadig word met my goedheid,”+ sê Jehovah.

15 “Dít is wat Jehovah sê:

‘’n Stem word in Rama gehoor,+ ’n getreur en ’n bittere gehuil:

Ragel huil oor haar seuns.*+

Sy het geweier om haar te laat troos oor haar seuns,

want hulle is nie meer daar nie.’”+

16 Dít is wat Jehovah sê:

“‘Hou op huil en vee jou trane af,

want daar is ’n beloning vir jou werk,’ sê Jehovah.

‘Hulle sal uit die land van die vyand terugkeer.’+

17 ‘En daar is ’n hoop vir jou toekoms,’+ sê Jehovah.

‘Jou kinders sal na hulle eie gebied terugkeer.’”+

18 “Ek het Eʹfraim se gekla duidelik gehoor:

‘U het my gedissiplineer, en ek is gedissiplineer,

soos ’n kalf wat nie geleer is nie.

Bring my terug, en ek sal graag terugkeer,

want u is Jehovah my God.

19 Want nadat ek teruggekeer het, het ek spyt gevoel.+

Nadat ek gehelp is om te verstaan, het ek op my bobeen geslaan in droefheid.

Ek het skaam en verneder gevoel,+

want ek het die skande van my jong dae gedra.’”

20 “Is Eʹfraim nie vir my ’n dierbare seun, ’n geliefde kind nie?+

Want hoe meer ek teen hom praat, hoe meer dink ek aan hom.

Daarom raak my emosies* onstuimig as gevolg van hom.+

En ek sal hom beslis jammer kry,” sê Jehovah.+

21 “Rig vir jou padmerkers op,

en rig padwysers op.+

Skenk aandag aan die grootpad, die pad waarop jy sal moet gaan.+

Keer terug, o maagd van Israel, keer terug na hierdie stede van jou.

22 Hoe lank sal jy besluiteloos wees, o ontroue dogter?

Want Jehovah het iets nuuts op die aarde geskep:

’n Vrou sal gretig agter ’n man aanloop.”

23 Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Hulle sal weer hierdie woorde in die land van Juda en in sy stede sê wanneer ek hulle gevangenes terugbring: ‘Mag Jehovah jou seën, o regverdige woonplek,+ o heilige berg.’+ 24 En Juda en al sy stede, die boere en dié wat die kuddes lei, sal almal saam daarin woon.+ 25 Want die een* wat moeg is, sal ek nuwe krag gee, en elkeen* wat swak is van die honger, sal ek vul.”+

26 Toe het ek wakker geword en my oë oopgemaak, en ek het goed geslaap.

27 “Die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek die saad* van mense en die saad van vee in die huis van Israel en in die huis van Juda sal saai.”+

28 “En net soos ek oor hulle gewaak het om uit te ruk, af te breek, te verwoes, te vernietig en skade aan te rig,+ so sal ek oor hulle waak om op te bou en te plant,”+ sê Jehovah. 29 “In daardie dae sal hulle nie meer sê: ‘Die pa’s het suur druiwe geëet, maar die kinders het die suur smaak in hulle mond gehad’* nie.+ 30 Maar dan sal elkeen vir sy eie oortreding sterf. Enigiemand wat suur druiwe eet, sal die suur smaak in sy eie mond hê.”

31 “Kyk! Die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek met die huis van Israel en met die huis van Juda ’n nuwe verbond sal maak.+ 32 Dit sal nie wees soos die verbond wat ek met hulle voorvaders gemaak het op die dag toe ek hulle hand gevat het om hulle uit Egipte uit te lei nie,+ ‘my verbond wat hulle verbreek het,+ hoewel ek hulle ware meester* was,’ sê Jehovah.”

33 “Want dít is die verbond wat ek ná daardie dae met die huis van Israel sal maak,” sê Jehovah. “Ek sal my wet in hulle binneste sit,+ en ek sal dit in hulle hart skryf.+ En ek sal hulle God word, en hulle sal my volk word.”+

34 “Hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: ‘Ken Jehovah!’ nie,+ want hulle almal sal my ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle,”+ sê Jehovah. “Want ek sal hulle oortreding vergewe, en ek sal nie meer aan hulle sonde dink nie.”+

35 Dít is wat Jehovah sê,

wat die son gee as lig in die dag,

die wette* van die maan en die sterre as lig in die nag,

wat die see en sy golwe onstuimig maak,

wie se naam Jehovah van die leërmagte is:+

36 “‘As hierdie wette ooit sou verdwyn,’ sê Jehovah,

‘slegs dan sou die nageslag van Israel ophou om vir altyd ’n nasie voor my te wees.’”+

37 Dít is wat Jehovah sê: “‘As die hemel daar bo gemeet kon word en die fondamente van die aarde daar onder verken kon word, slegs dan sou ek die hele nageslag van Israel kon verwerp weens alles wat hulle gedoen het,’ verklaar Jehovah.”+

38 “Die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer die stad vir Jehovah gebou sal word,+ van die Hanaʹnel-toring+ af tot by die Hoekpoort.+ 39 En die maatlyn sal uitgestrek word,+ reguit tot by die heuwel Gareb, en dit sal dan in die rigting van Goa gaan. 40 En die hele vallei van die lyke en van die as* en al die terrasse tot by die Kidron-vallei,+ tot by die hoek van die Perdepoort+ in die ooste, sal iets heiligs vir Jehovah wees.+ Dit sal nooit weer uitgeruk of afgebreek word nie.”

32 Jeremia het ’n boodskap van Jehovah ontvang in die 10de jaar van koning Sedekiʹa van Juda, dit wil sê die 18de jaar van Nebukadneʹsar.*+ 2 In daardie tyd het die leërmagte van die koning van Babilon Jerusalem beleër, en die profeet Jeremia was opgesluit in die Voorhof van die Wagte+ in die paleis* van die koning van Juda. 3 Want koning Sedekiʹa van Juda het hom opgesluit+ en gesê: “Hoekom profeteer jy hierdie dinge? Jy sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Ek gaan hierdie stad in die hand van die koning van Babilon gee, en hy sal dit inneem,+ 4 en koning Sedekiʹa van Juda sal nie van die Galdeërs wegkom nie, want hy sal vir seker in die hand van die koning van Babilon gegee word, en hy sal direk met hom praat, en hulle sal mekaar in die oë kyk.”’+ 5 ‘Hy sal Sedekiʹa na Babilon neem, en daar sal hy bly totdat ek my aandag op hom rig,’ sê Jehovah. ‘Hoewel julle aanhou om teen die Galdeërs te veg, sal julle nie suksesvol wees nie.’”+

6 Jeremia het gesê: “Jehovah het met my gepraat en gesê: 7 ‘Hanaʹmel, die seun van jou oom* Sallum, sal na jou toe kom en sê: “Koop vir jou my stuk grond in Aʹnatot,+ want jy het die reg om dit eerste terug te koop.”’”+

8 Hanaʹmel, die seun van my oom, het na my toe gekom, net soos Jehovah gesê het, in die Voorhof van die Wagte, en hy het vir my gesê: “Koop asseblief my stuk grond in Aʹnatot, in die land van Benjamin, want jy het die reg om dit in besit te neem en om dit terug te koop. Koop dit vir jou.” Toe het ek geweet dat dit deur die woord van Jehovah was.

9 Toe het ek die stuk grond in Aʹnatot by Hanaʹmel, die seun van my oom, gekoop. Ek het die geld vir hom afgeweeg:+ sewe sikkels* en tien silwerstukke. 10 Daarna het ek dit in ’n kontrak neergeskryf,+ die seël daarop gedruk, getuies ingeroep+ en die geld op die weegskaal geweeg. 11 Ek het die koopkontrak geneem, die een wat verseël is volgens die gebod en die wetlike vereistes sowel as die een wat nie verseël is nie, 12 en ek het die koopkontrak vir Barug,+ die seun van Neriʹa,+ die seun van Magseʹja, gegee in die teenwoordigheid van Hanaʹmel, die seun van my oom, en in die teenwoordigheid van die getuies wat in die koopkontrak geskryf het en al die Jode wat in die Voorhof van die Wagte gesit het.+

13 Ek het Barug toe in hulle teenwoordigheid beveel en gesê: 14 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Neem hierdie kontrakte, die verseëlde koopkontrak en die ander kontrak wat nie verseël is nie, en sit hulle in ’n kleihouer, sodat hulle ’n lang tyd gehou kan word.’ 15 Want dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Huise en grond en wingerde sal weer in hierdie land gekoop word.’”+

16 Toe, nadat ek die koopkontrak vir Barug, die seun van Neriʹa, gegee het, het ek tot Jehovah gebid en gesê: 17 “O Soewereine Heer Jehovah! U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot krag+ en deur u uitgestrekte arm. Niks is onmoontlik vir u nie, 18 die Een wat lojale liefde aan duisende betoon, maar wat die oortreding van die vaders aan* hulle kinders terugbetaal,+ die ware God, die Een wat groot en magtig is, wie se naam Jehovah van die leërmagte is. 19 U voorneme is groot* en u dade is magtig,+ u wie se oë al die weë van die mense sien,+ om aan elkeen te gee volgens sy weë en volgens wat hy doen.+ 20 U het tekens en wonderwerke in Egipte verrig, wat tot vandag toe bekend is, en so het u in Israel en onder die mensdom ’n naam vir u gemaak,+ soos vandag die geval is. 21 En u het u volk Israel uit Egipte uitgelei, met tekens, met wonderwerke, met ’n sterk hand, met ’n uitgestrekte arm en met skrikwekkende dade.+

22 “Mettertyd het u hierdie land aan hulle gegee wat u met ’n eed aan hulle voorvaders belowe het,+ ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ 23 En hulle het ingegaan en dit in besit geneem, maar hulle het nie u stem gehoorsaam of u wet gevolg nie. Hulle het niks gedoen wat u hulle beveel het om te doen nie, en daarom het u al hierdie rampspoed oor hulle laat kom.+ 24 Mense het gekom met toerusting* om die stad te beleër en in te neem,+ en weens die swaard,+ die hongersnood en die vreeslike siektes+ sal die stad beslis in die hand gegee word van die Galdeërs wat daarteen veg. Wat u gesê het, het alles gebeur, soos u nou sien. 25 Maar u, o Soewereine Heer Jehovah, het vir my gesê: ‘Koop vir jou die stuk grond met geld en roep getuies in,’ hoewel die stad beslis in die hand van die Galdeërs gegee sal word.”

26 Toe het Jehovah met Jeremia gepraat en gesê: 27 “Hier is ek, Jehovah, die God van die hele mensdom.* Is enigiets onmoontlik vir my? 28 Daarom sê Jehovah: ‘Ek gee hierdie stad in die hand van die Galdeërs en in die hand van koning Nebukadneʹsar* van Babilon, en hy sal dit inneem.+ 29 En die Galdeërs wat teen hierdie stad veg, sal inkom en hierdie stad aan die brand steek en dit afbrand,+ saam met die huise waar die volk op die dakke offerandes vir Baäl gebring het en drankoffers vir ander gode uitgegooi het om my aanstoot te gee.’+

30 “‘Want Israel en Juda het van jongs af net gedoen wat sleg is in my oë.+ Die Israeliete hou aan om my aanstoot te gee met die werk van hulle hande,’ sê Jehovah. 31 ‘Want hierdie stad was vanaf die dag dat hulle dit gebou het tot vandag toe niks anders as ’n oorsaak van groot woede vir my nie,+ en daarom moet dit voor my verwyder word+ 32 weens al die goddeloosheid wat Israel en Juda gedoen het om my aanstoot te gee – hulle, hulle konings,+ hulle leiers,+ hulle priesters, hulle profete+ en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem. 33 Hulle het aangehou om hulle rug op my te draai, en nie hulle gesig nie,+ al het ek hulle keer op keer probeer leer,* het nie een van hulle geluister om dissipline te aanvaar nie.+ 34 En hulle het hulle walglike afgode in die huis gesit wat my naam dra, om dit onrein te maak.+ 35 Verder het hulle die offerhoogtes van Baäl in die Vallei van die Seun van Hinnom*+ gebou om hulle seuns en hulle dogters vir Molog+ as offerandes in die vuur te verbrand,* iets wat ek hulle nie beveel het nie.+ Dit het nooit in my hart opgekom* om hulle so ’n afskuwelike ding te laat doen wat Juda sou laat sondig nie.’

36 “Daarom is dít wat Jehovah, die God van Israel, sê oor hierdie stad wat volgens julle deur die swaard, die hongersnood en die vreeslike siektes in die hand van die koning van Babilon gegee sal word: 37 ‘Ek sal hulle bymekaarmaak uit al die lande waarheen ek hulle in my groot woede en groot verontwaardiging+ verstrooi het, en ek sal hulle na hierdie plek terugbring en hulle in veiligheid laat woon.+ 38 En hulle sal my volk wees, en ek sal hulle God wees.+ 39 Ek sal hulle een hart+ en een weg gee sodat hulle my altyd sal vrees, en dan sal dit goed gaan met hulle en hulle kinders.+ 40 Ek sal ’n ewige verbond met hulle maak,+ dat ek nie sal ophou om goeie dinge vir hulle te doen nie,+ en ek sal die vrees vir my in hulle hart sit, sodat hulle nie van my sal wegdraai nie.+ 41 Ek sal bly wees om goeie dinge vir hulle te doen,+ en ek sal hulle met my hele hart en met my hele siel* stewig in hierdie land plant.’”+

42 “Want dít is wat Jehovah sê: ‘Net soos ek hierdie groot rampspoed oor hierdie volk gebring het, so sal ek al die goeie dinge wat ek hulle belowe, oor hulle bring.+ 43 Grond sal weer in hierdie land gekoop word,+ al sê julle: “Dit is ’n verlate plek, sonder mens of dier, en dit is in die hand van die Galdeërs gegee.”’

44 “‘Grond sal met geld gekoop word, koopkontrakte sal uitgeskryf en verseël word en getuies sal geroep word in die land van Benjamin,+ in die gebiede om Jerusalem, in die stede van Juda,+ in die stede van die bergstreek, in die stede van die laagland+ en in die stede van die suide, want ek sal hulle gevangenes terugbring,’+ sê Jehovah.”

33 Terwyl Jeremia nog in die Voorhof van die Wagte opgesluit was,+ het hy vir ’n tweede keer ’n boodskap van Jehovah ontvang: 2 “Dít is wat Jehovah sê, die Maker van die aarde, Jehovah, wat dit gevorm en stewig gevestig het. Jehovah is sy naam: 3 ‘Roep na my, en ek sal jou antwoord en jou met graagte van groot en onbegryplike dinge vertel wat jy nie geweet het nie.’”+

4 “Want dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê oor die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Juda wat afgebreek is om as ’n verdediging te dien teen die toerusting* wat gebruik word om die stad te beleër en teen die swaard.+ 5 En dit is wat hy sê oor dié wat kom om teen die Galdeërs te veg en wat hierdie plekke vul met die lyke van dié wat ek in my groot woede doodgemaak het, dié wie se goddeloosheid veroorsaak het dat ek my gesig weggedraai het van hierdie stad af: 6 ‘Ek bring ’n genesing en gesondheid vir haar,+ en ek sal hulle gesond maak en ’n oorvloed van vrede en waarheid vir hulle gee.+ 7 Ek sal die gevangenes van Juda en die gevangenes van Israel terugbring,+ en ek sal hulle opbou net soos ek aan die begin gedoen het.+ 8 Ek sal hulle reinig van al die skuld van hulle sondes teen my,+ en ek sal al die skuld van hulle sondes en hulle oortredings teen my vergewe.+ 9 Die stad sal my roem, my vreugde, my lof en my heerlikheid word voor al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie dinge wat ek vir hulle gedoen het.+ En hulle sal baie bang wees en sal bewe+ as gevolg van al die goeie dinge en die vrede wat ek vir haar sal gee.’”+

10 “Dít is wat Jehovah sê: ‘In hierdie plek wat julle sal sê ’n wildernis sonder mens of vee is, dit wil sê in die stede van Juda en in die strate van Jerusalem wat verlate en sonder mens of inwoner of vee is, sal die volgende weer gehoor word: 11 die uitroepe van vreugde en die geluid van blydskap,+ die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van dié wat sê: “Dank Jehovah van die leërmagte, want Jehovah is goed.+ Sy lojale liefde duur vir ewig!”’+

“‘Hulle sal dankoffers na die huis van Jehovah bring,+ want ek sal die gevangenes van die land terugbring, soos aan die begin,’ sê Jehovah.”

12 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘In hierdie wildernis sonder mens of vee en in al sy stede sal daar weer weivelde vir die herders wees waar hulle hulle kuddes kan laat rus.’+

13 “‘In die stede van die bergstreek, in die stede van die laagland, in die stede van die suide, in die land van Benjamin, in die gebiede om Jerusalem+ en in die stede van Juda+ sal kuddes weer deurgaan onder die hande van die een wat hulle tel,’ sê Jehovah.”

14 “‘Kyk! Die dae kom,’ sê Jehovah, ‘wanneer ek die goeie belofte sal nakom wat ek gemaak het in verband met die huis van Israel en die huis van Juda.+ 15 In daardie dae en in daardie tyd sal ek vir Dawid ’n regverdige spruit*+ laat uitspruit, en hy sal sorg dat daar geregtigheid en regverdigheid in die land is.+ 16 In daardie dae sal Juda gered word+ en sal Jerusalem in veiligheid woon.+ En dít is wat sy genoem sal word: Jehovah Is Ons Regverdigheid.’”+

17 “Want dít is wat Jehovah sê: ‘Daar sal altyd ’n man van Dawid se geslagslyn wees wat op die troon van die huis van Israel sit,+ 18 en die Levitiese priesters sal altyd ’n man hê wat voor my staan om heelbrandoffers te offer, graanoffers te verbrand en offerandes te bring.’”

19 Jehovah het weer met Jeremia gepraat en gesê: 20 “Dít is wat Jehovah sê: ‘As julle my verbond van die dag en my verbond van die nag kon verbreek om te keer dat dag en nag op die regte tyd kom,+ 21 slegs dan sou my verbond met my kneg Dawid verbreek kon word,+ sodat hy nie ’n seun sou hê wat as koning op sy troon regeer nie.+ Dieselfde geld vir my verbond met die Levitiese priesters, my dienaars.+ 22 Net soos die leërmag van die hemel nie getel kan word nie en die sand van die see nie gemeet kan word nie, so sal ek die nageslag* vermeerder van my kneg Dawid en die Leviete wat voor my dien.’”

23 Jehovah het weer met Jeremia gepraat en gesê: 24 “Het jy nie gehoor wat hierdie volk sê nie? Hulle sê: ‘Jehovah sal die twee families wat hy uitgekies het, verwerp.’ En hulle behandel my volk sonder respek, en hulle beskou hulle nie meer as ’n nasie nie.

25 “Dít is wat Jehovah sê: ‘Net soos ek my verbond van die dag en die nag,+ die wette* van hemel en aarde,+ gemaak het, 26 so sal ek ook nooit die nageslag* van Jakob en van my kneg Dawid verwerp nie. Ek sal altyd heersers van sy nageslag* neem om oor die nakomelinge* van Abraham, Isak en Jakob te regeer. Want ek sal hulle gevangenes terugbring+ en vir hulle jammer voel.’”+

34 Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah ontvang toe koning Nebukadneʹsar* van Babilon en sy hele leërmag en al die koninkryke van die aarde oor wie hy regeer het en al die volke teen Jerusalem en al haar stede geveg het:+

2 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Gaan praat met koning Sedekiʹa+ van Juda en sê vir hom: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babilon, en hy sal dit met vuur verbrand.+ 3 En jy sal nie uit sy hand ontsnap nie, want jy sal beslis gevang word en aan hom oorgelewer word.+ En jy sal die koning van Babilon in die oë kyk, en hy sal direk met jou praat, en jy sal na Babilon gaan.’+ 4 Maar hoor die woord van Jehovah, o koning Sedekiʹa van Juda: ‘Dít is wat Jehovah oor jou sê: “Jy sal nie deur die swaard sterf nie. 5 Jy sal in vrede sterf,+ en hulle sal vir jou ’n seremonie hou waartydens hulle wierook sal brand, net soos hulle gedoen het vir jou vaders, die vorige konings wat voor jou was, en hulle sal oor jou treur en sê: ‘Ag, o heer!’ Want ‘ek het die woord gespreek,’ sê Jehovah.”’”’”

6 Die profeet Jeremia het toe al hierdie woorde vir koning Sedekiʹa van Juda in Jerusalem gesê 7 toe die leërmagte van die koning van Babilon teen Jerusalem, teen al die stede van Juda wat oorgebly het,+ teen Lagis+ en teen Aseʹka+ geveg het, want hulle was die enigste versterkte stede wat oorgebly het van die stede van Juda.

8 Jeremia het ’n boodskap van Jehovah ontvang nadat koning Sedekiʹa ’n verbond met die hele volk in Jerusalem gemaak het om vryheid aan hulle te verkondig.+ 9 Elkeen moes sy Hebreeuse slawe en slavinne bevry, sodat niemand ’n mede-Jood as sy slaaf sou aanhou nie. 10 En al die leiers en die hele volk was gehoorsaam. Elkeen van hulle het ’n verbond gemaak om sy slaaf en slavin vry te laat en hulle nie langer as slawe aan te hou nie. Hulle was gehoorsaam en het hulle vrygelaat. 11 Maar later het hulle die slawe en slavinne wat hulle vrygelaat het, teruggebring en hulle gedwing om weer slawe te word. 12 Toe het Jeremia ’n boodskap van Jehovah ontvang, en Jehovah het gesê:

13 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Ek het ’n verbond met julle voorvaders gemaak+ op die dag toe ek hulle uit Egipte, uit die huis van slawerny, gebring het,+ en ek het gesê: 14 “Aan die einde van sewe jaar moet elkeen van julle die Hebreeuse broer wat aan jou verkoop is en jou ses jaar lank gedien het, vrylaat, en jy moet hom bevry.”+ Maar julle voorvaders het nie geluister of aandag geskenk aan my nie. 15 En onlangs* het julle omgedraai en gedoen wat reg is in my oë deur vryheid aan julle medemens te verkondig, en julle het ’n verbond voor my gemaak in die huis wat my naam dra. 16 Maar toe het julle omgedraai en my naam ontheilig+ deur julle slawe en slavinne terug te bring wat julle vrygelaat het volgens hulle wens, en julle het hulle gedwing om weer slawe te word.’

17 “Daarom sê Jehovah: ‘Julle het my nie gehoorsaam deur elkeen aan sy broer en aan sy medemens vryheid te verkondig nie.+ Daarom sal ek nou aan julle vryheid verkondig,’ sê Jehovah, ‘vryheid om deur die swaard, deur vreeslike siektes en deur die hongersnood te sterf,+ en ek sal julle iets skokkends maak vir al die koninkryke van die aarde.+ 18 En dít is wat sal gebeur met die manne wat my verbond verbreek het deur nie die woorde uit te voer van die verbond wat hulle voor my gemaak het toe hulle die kalf in twee gesny het en tussen die helftes deurgegaan het nie,+ 19 naamlik die leiers van Juda, die leiers van Jerusalem, die hofbeamptes, die priesters en die hele volk van die land wat tussen die helftes van die kalf deurgegaan het: 20 Ek sal hulle in die hand gee van hulle vyande en van dié wat hulle lewe wil neem, en hulle lyke sal kos word vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.+ 21 En ek sal koning Sedekiʹa van Juda en sy hoë amptenare gee in die hand van hulle vyande en in die hand van dié wat hulle wil doodmaak en in die hand van die leërmagte van die koning van Babilon,+ wat van julle af wegtrek.’+

22 “‘Ek sal die bevel gee,’ sê Jehovah, ‘en ek sal hulle na hierdie stad terugbring, en hulle sal daarteen veg en dit inneem en dit met vuur verbrand.+ Ek sal die stede van Juda ’n verwoeste plek maak, sonder ’n enkele inwoner.’”+

35 Jeremia het in die tyd van Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, die volgende boodskap van Jehovah ontvang: 2 “Gaan na die huis van die Regabiete+ en praat met hulle en bring hulle na die huis van Jehovah, na een van die eetkamers. Bied dan vir hulle wyn aan om te drink.”

3 Toe het ek Jaäsanʹja, die seun van Jeremia, die seun van Habassinʹja, sowel as sy broers, al sy seuns en die hele huis van die Regabiete 4 in die huis van Jehovah ingebring. Ek het hulle gebring na die eetkamer van die seuns van Hanan, die seun van Jigdalʹja, ’n man van die ware God. Daardie eetkamer was langs die eetkamer van die leiers, wat bo die eetkamer van Maäseʹja, die seun van Sallum, die deurwagter, was. 5 Toe het ek koppies en bekers vol wyn voor die manne van die huis van die Regabiete gesit en vir hulle gesê: “Drink wyn.”

6 Maar hulle het gesê: “Ons sal nie wyn drink nie, want Joʹnadab,+ die seun van Regab, ons voorvader, het ons die volgende bevel gegee: ‘Nie julle of julle kinders mag ooit wyn drink nie. 7 En julle mag nie ’n huis bou, saad saai, plant of ’n wingerd verkry nie. Julle moet eerder altyd in tente woon, sodat julle lank kan lewe in die land waar julle as uitlanders woon.’ 8 Ons bly dus gehoorsaam aan die stem van Joʹnadab, die seun van ons voorvader Regab, in alles wat hy ons beveel het deur nooit enige wyn te drink nie – nie ons, ons vrouens, ons seuns of ons dogters nie. 9 En ons bou nie huise om in te woon nie, en ons het ook nie wingerde of landerye of saad nie. 10 Ons hou aan om in tente te woon, en ons bly gehoorsaam aan alles wat Joʹnadab, ons voorvader, ons beveel het. 11 Maar toe koning Nebukadneʹsar* van Babilon teen die land opgetrek het,+ het ons gesê: ‘Kom, laat ons in Jerusalem ingaan om van die leërmag van die Galdeërs en van die Siriërs af weg te kom.’ En nou woon ons in Jerusalem.”

12 En Jehovah het met Jeremia gepraat en gesê: 13 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Gaan en sê vir die manne van Juda en vir die inwoners van Jerusalem: “Was julle nie heeltyd aangespoor om my woorde te gehoorsaam nie?”+ sê Jehovah. 14 “Joʹnadab, die seun van Regab, het sy nakomelinge beveel om nie wyn te drink nie, en hulle het gedoen wat hy gesê het deur tot vandag toe geen wyn te drink nie. Op hierdie manier het hulle die bevel van hulle voorvader gehoorsaam.+ Maar ek het keer op keer met julle gepraat,* en tog het julle my nie gehoorsaam nie.+ 15 En ek het al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur. Ek het hulle keer op keer gestuur*+ en gesê: ‘Keer asseblief terug van julle goddelose weë,+ elkeen van julle, en doen wat reg is! Moenie agter ander gode aanloop en hulle dien nie. Dan sal julle bly woon in die land wat ek aan julle en aan julle voorvaders gegee het.’+ Maar julle het nie aandag geskenk of na my geluister nie. 16 Die nakomelinge van Joʹnadab, die seun van Regab, was gehoorsaam aan die bevel wat hulle voorvader hulle gegee het,+ maar hierdie volk het nie na my geluister nie.”’”

17 “Daarom is dít wat Jehovah, die God van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Ek bring al die rampspoed oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem waarteen ek hulle gewaarsku het,+ want ek het met hulle gepraat, maar hulle het nie geluister nie, en ek het hulle bly roep, maar hulle het nie geantwoord nie.’”+

18 En Jeremia het vir die huis van die Regabiete gesê: “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Julle het die bevel van julle voorvader Joʹnadab gehoorsaam, en julle hou aan om al sy bevele te gehoorsaam en doen presies wat hy julle beveel het, en daarom 19 sê Jehovah van die leërmagte, die God van Israel: “Daar sal altyd ’n nakomeling van Joʹnadab, die seun van Regab, wees wat in my teenwoordigheid dien.”’”

36 In die vierde jaar van Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, het Jeremia die volgende boodskap van Jehovah ontvang: 2 “Neem ’n boekrol en skryf al die woorde daarin wat ek teen Israel en Juda+ en teen al die nasies vir jou gesê het,+ van die eerste dag dat ek met jou in Josiʹa se tyd gepraat het tot vandag toe.+ 3 Miskien, wanneer dié van die huis van Juda hoor van al die rampspoed wat ek oor hulle wil bring, sal hulle hulle goddelose weë los, sodat ek hulle oortreding en hulle sonde kan vergewe.”+

4 Jeremia het toe vir Barug,+ die seun van Neriʹa, geroep, en Jeremia het al die woorde wat Jehovah vir hom gesê het, gedikteer, en Barug het dit in die boekrol geskryf.+ 5 Toe het Jeremia vir Barug gesê: “Ek kan nie in die huis van Jehovah ingaan nie. 6 Daarom sal jý moet ingaan en die woorde van Jehovah hardop uit die boekrol moet lees wat jy geskryf het en wat ek gedikteer het. Lees dit in die huis van Jehovah in die teenwoordigheid van die volk op ’n dag wanneer almal vas. Dan sal jy dit kan lees vir die hele volk van Juda wat uit hulle stede kom. 7 Miskien sal Jehovah hulle versoek om genade hoor en sal elkeen van sy goddelose weë terugkeer, want Jehovah het groot woede teen hierdie volk verkondig.”

8 Barug, die seun van Neriʹa, het dus alles gedoen wat die profeet Jeremia hom beveel het. Hy het die woorde van Jehovah in die huis van Jehovah hardop uit die boekrol gelees.+

9 En in die vyfde jaar van Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, in die negende maand, het almal in Jerusalem en almal wat uit die stede van Juda na Jerusalem gekom het, ’n vas voor Jehovah afgekondig.+ 10 Barug het toe die woorde van Jeremia hardop uit die boekrol gelees. Hy het dit in die teenwoordigheid van die hele volk gedoen by die huis van Jehovah, in die eetkamer van Gemarʹja,+ die seun van Safan,+ die kopiis,* in die boonste voorhof, by die ingang van die nuwe poort van die huis van Jehovah.+

11 Toe Migaʹja, die seun van Gemarʹja, die seun van Safan, al die woorde van Jehovah in die boekrol gehoor het, 12 het hy afgegaan na die paleis* van die koning, na die sekretaris se kantoor. Al die leiers* het daar gesit: die sekretaris Elisaʹma,+ Delaʹja, die seun van Semaʹja, Elʹnatan,+ die seun van Agbor,+ Gemarʹja, die seun van Safan, Sedekiʹa, die seun van Hananʹja, en al die ander leiers. 13 Migaʹja het hulle al die woorde vertel wat hy gehoor het toe Barug in die teenwoordigheid van die volk uit die boekrol gelees het.

14 Toe het al die leiers Jehuʹdi, die seun van Netanʹja, die seun van Selemʹja, die seun van Kusi, na Barug toe gestuur om te sê: “Kom, en bring die boekrol saam met jou waaruit jy in die teenwoordigheid van die volk gelees het.” Barug, die seun van Neriʹa, het die boekrol in sy hand geneem en na hulle toe gegaan. 15 Hulle het vir hom gesê: “Sit asseblief en lees dit hardop vir ons.” Toe het Barug dit vir hulle gelees.

16 En toe hulle al die woorde hoor, het hulle bang na mekaar gekyk en vir Barug gesê: “Ons moet beslis al hierdie woorde vir die koning vertel.” 17 En hulle het vir Barug gesê: “Vertel ons asseblief hoe jy al hierdie woorde neergeskryf het. Het hy dit aan jou gedikteer?” 18 Barug het hulle geantwoord: “Hy het al hierdie woorde aan my gedikteer, en ek het dit met ink in hierdie boekrol neergeskryf.” 19 Die leiers het vir Barug gesê: “Gaan kruip weg, jy en Jeremia, en moenie dat enigiemand uitvind waar julle is nie.”+

20 Toe het hulle na die koning gegaan, na die voorhof, en hulle het die boekrol in die kantoor van die sekretaris Elisaʹma neergesit, en hulle het die koning alles vertel wat hulle gehoor het.

21 Toe het die koning Jehuʹdi+ gestuur om die boekrol te gaan haal, en hy het dit uit die kantoor van die sekretaris Elisaʹma gebring. Jehuʹdi het dit begin lees in die teenwoordigheid van die koning en al die leiers wat by die koning gestaan het. 22 Die koning het in die winterhuis gesit, in die negende maand,* met ’n vuur wat in die kolebak voor hom gebrand het. 23 Nadat Jehuʹdi drie of vier kolomme gelees het, het die koning daardie stuk met die sekretaris se mes afgesny en dit in die vuur gegooi wat in die kolebak gebrand het, totdat die hele boekrol in die vuur beland het wat in die kolebak was. 24 En hulle was nie bang nie. Nie die koning of enige van sy knegte wat al hierdie woorde gehoor het, het hulle klere geskeur nie. 25 Al het Elʹnatan,+ Delaʹja+ en Gemarʹja+ die koning gesmeek om nie die boekrol te verbrand nie, het hy nie na hulle geluister nie. 26 Verder het die koning Jeragʹmeël, die seun van die koning, Seraʹja, die seun van Asʹriël, en Selemʹja, die seun van Abʹdeël, beveel om die sekretaris Barug en die profeet Jeremia te gaan haal, maar Jehovah het hulle weggesteek.+

27 Nadat die koning die boekrol verbrand het waarin die woorde was wat Jeremia aan Barug gedikteer het, het Jeremia weer ’n boodskap van Jehovah ontvang,+ wat gesê het: 28 “Neem ’n ander boekrol, en skryf daarin al die woorde wat in die eerste boekrol was, wat koning Jojaʹkim van Juda verbrand het.+ 29 En jy moet teen koning Jojaʹkim van Juda sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Jy het hierdie boekrol verbrand en gesê: ‘Hoekom het jy daarin geskryf: “Die koning van Babilon sal beslis kom en hierdie land vernietig en mens en dier daaruit verwyder”?’+ 30 Daarom is dít wat Jehovah teen koning Jojaʹkim van Juda sê: ‘Hy sal niemand hê wat op die troon van Dawid sit nie,+ en sy lyk sal in die dag oop lê in die hitte en in die nag oop lê in die ryp.+ 31 Ek sal hom en sy nakomelinge* en sy knegte straf vir hulle oortreding, en ek sal oor hulle en oor die inwoners van Jerusalem en oor die manne van Juda al die rampspoed bring wat ek teen hulle gespreek het,+ want hulle het nie geluister nie.’”’”+

32 Jeremia het toe ’n ander boekrol geneem en dit vir die sekretaris Barug,+ die seun van Neriʹa, gegee, en Jeremia het vir Barug gedikteer, en hy het al die woorde van die boekrol wat koning Jojaʹkim van Juda in die vuur verbrand het, daarin geskryf.+ En nog baie soortgelyke woorde is bygevoeg.

37 En koning Sedekiʹa,+ die seun van Josiʹa, het begin regeer in die plek van Gonja,*+ die seun van Jojaʹkim, want koning Nebukadneʹsar* van Babilon het hom koning gemaak in die land van Juda.+ 2 Maar hy en sy knegte en die volk van die land het nie na die woorde van Jehovah geluister wat hy deur middel van die profeet Jeremia gesê het nie.

3 En koning Sedekiʹa het Jehuʹgal,+ die seun van Selemʹja, en Sefanʹja,+ die seun van die priester Maäseʹja, na die profeet Jeremia toe gestuur om te sê: “Bid asseblief vir ons tot Jehovah ons God.” 4 Jeremia het vryelik onder die volk rondbeweeg, want hulle het hom nog nie in die tronk gesit nie.+ 5 Intussen het Farao se leërmag uit Egipte vertrek,+ en die Galdeërs wat Jerusalem beleër het, het die berig oor hulle gehoor. Daarom het hulle van Jerusalem af weggetrek.+ 6 Toe het die profeet Jeremia die volgende boodskap van Jehovah ontvang: 7 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Dít is wat julle vir die koning van Juda moet sê, wat julle na my toe gestuur het om my vir leiding te vra: “Die leërmag van Farao wat julle kom help, sal na hulle land, Egipte, moet teruggaan.+ 8 En die Galdeërs sal terugkom en teen hierdie stad veg en dit inneem en dit met vuur verbrand.”+ 9 Dít is wat Jehovah sê: “Moenie julleself bedrieg deur te sê: ‘Die Galdeërs sal beslis van ons af weggaan’ nie, want hulle sal nie weggaan nie. 10 Selfs al sou julle die hele leërmag van die Galdeërs wat teen julle veg, verslaan, en selfs al bly net hulle gewonde manne oor, sou hulle nog steeds in hulle tente opstaan en hierdie stad met vuur verbrand.”’”+

11 Toe die leërmag van die Galdeërs weens Farao se leërmag van Jerusalem weggetrek het,+ 12 het Jeremia van Jerusalem na die land van Benjamin+ gegaan om sy deel daar onder sy volk te ontvang. 13 Maar toe hy die Benjamin-poort bereik het, het die beampte wat oor die wagte toesig gehou het en wie se naam Jiriʹa was, die seun van Selemʹja, die seun van Hananʹja, die profeet Jeremia gegryp en gesê: “Jy loop oor na die Galdeërs!” 14 Maar Jeremia het gesê: “Dit is nie waar nie! Ek loop nie oor na die Galdeërs nie.” Maar hy het nie na hom geluister nie. Jiriʹa het Jeremia dus in hegtenis geneem en hom na die leiers toe gebring. 15 Die leiers was baie kwaad vir Jeremia,+ en hulle het hom geslaan en hom in die tronk* gesit,+ in die sekretaris Joʹnatan se huis, wat in ’n tronk omskep is. 16 Jeremia is in een van die ondergrondse selle* gesit, en hy het baie dae daar gebly.

17 Toe het koning Sedekiʹa hom laat haal, en die koning het hom in die geheim in sy paleis* ondervra.+ Hy het gevra: “Is daar enige boodskap van Jehovah?” Jeremia het gesê: “Daar is!” en hy het verder gesê: “U sal in die hand van die koning van Babilon gegee word!”+

18 Jeremia het ook vir koning Sedekiʹa gevra: “Watter sonde het ek teen u en teen u knegte en teen hierdie volk gepleeg dat julle my in die tronk gesit het? 19 Waar is julle profete nou wat vir julle geprofeteer en gesê het: ‘Die koning van Babilon sal nie teen julle en teen hierdie land kom nie’?+ 20 Luister nou asseblief, o my heer die koning. Luister asseblief na my versoek om genade. Moet my nie terugstuur na die huis van die sekretaris Joʹnatan+ nie, anders sal ek daar sterf.”+ 21 Toe het koning Sedekiʹa beveel dat Jeremia in die Voorhof van die Wagte+ onder bewaking geplaas word, en daar is daagliks vir hom ’n ronde brood uit die straat van die bakkers gegee,+ totdat al die brood in die stad op was.+ En Jeremia het in die Voorhof van die Wagte gebly.

38 En Sefatʹja, die seun van Mattan, Gedalʹja, die seun van Pasgur, Jugal,+ die seun van Selemʹja, en Pasgur,+ die seun van Malkiʹa, het gehoor toe Jeremia vir die hele volk sê: 2 “Dít is wat Jehovah sê: ‘Die mense wat in hierdie stad bly, sal deur die swaard, hongersnood en vreeslike siektes+ sterf. Maar die lewens van die mense wat hulle aan die Galdeërs oorgee,* sal gespaar word, en hulle sal bly lewe.’+ 3 Dít is wat Jehovah sê: ‘Hierdie stad sal beslis aan die leërmag van die koning van Babilon oorgelewer word, en hy sal dit inneem.’”+

4 Die leiers het vir die koning gesê: “Laat hierdie man asseblief doodgemaak word,+ want met hierdie woorde verswak hy die moed* van die soldate wat in hierdie stad oorbly sowel as die moed van die hele volk. Want hierdie man wil nie vrede vir hierdie volk hê nie, maar rampspoed.” 5 Koning Sedekiʹa het geantwoord: “Hy is in julle hande, want die koning kan niks doen om julle te keer nie.”

6 Hulle het Jeremia toe geneem en hom gegooi in die reënput van Malkiʹa, die seun van die koning, wat in die Voorhof van die Wagte was.+ Hulle het Jeremia met toue laat afsak. Daar was geen water in die reënput nie, net modder, en Jeremia het in die modder begin wegsink.

7 Ebed-Meleg,+ die Etiopiër, ’n eunug* in die koning se paleis,* het gehoor dat hulle Jeremia in die reënput gesit het. Die koning het in die Benjamin-poort gesit,+ 8 en daarom het Ebed-Meleg uit die koning se paleis* gegaan en met die koning gaan praat en gesê: 9 “O my heer die koning, hierdie manne het ’n baie slegte ding aan Jeremia die profeet gedoen! Hulle het hom in die reënput gegooi, en hy sal daar sterf weens die hongersnood, want daar is nie meer brood in die stad oor nie.”+

10 Toe het die koning Ebed-Meleg, die Etiopiër, beveel en gesê: “Neem hiervandaan 30 manne saam met jou, en trek Jeremia die profeet uit die reënput op voordat hy sterf.” 11 Ebed-Meleg het dus die manne saam met hom geneem en in die koning se paleis* ingegaan, na ’n plek onder die skatkamer,+ en hulle het daar ’n paar ou lappe en ou stukke materiaal geneem en dit met toue na Jeremia in die reënput laat afsak. 12 Toe het Ebed-Meleg, die Etiopiër, vir Jeremia gesê: “Sit asseblief die lappe en die stukke materiaal tussen jou armholtes en die toue.” Jeremia het dit gedoen, 13 en hulle het Jeremia met die toue opgetrek en hom uit die reënput uitgehaal. En Jeremia het in die Voorhof van die Wagte gebly.+

14 Koning Sedekiʹa het Jeremia die profeet na hom toe laat kom by die derde ingang, wat in die huis van Jehovah is, en die koning het vir Jeremia gesê: “Ek wil jou iets vra. Moet niks vir my wegsteek nie.” 15 Jeremia het toe vir Sedekiʹa gesê: “As ek u vertel, sal u my beslis doodmaak. En as ek vir u raad gee, sal u nie na my luister nie.” 16 Toe het koning Sedekiʹa in die geheim vir Jeremia gesweer en gesê: “So waar as wat Jehovah lewe, wat vir ons lewe gegee het, ek sal jou nie doodmaak nie, en ek sal jou nie oorlewer aan hierdie manne wat jou wil doodmaak nie.”

17 Jeremia het toe vir Sedekiʹa gesê: “Dít is wat Jehovah, die God van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘As jy jou oorgee aan* die bevelvoerders van die koning van Babilon, sal jou lewe gespaar word en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie, en jy en jou huisgesin sal gespaar word.+ 18 Maar as jy jou nie oorgee aan* die bevelvoerders van die koning van Babilon nie, dan sal hierdie stad aan die Galdeërs oorgelewer word, en hulle sal dit met vuur verbrand,+ en jy sal nie uit hulle hand ontsnap nie.’”+

19 Toe het koning Sedekiʹa vir Jeremia gesê: “Ek is bang vir die Jode wat na die Galdeërs oorgeloop het, want as ek aan hulle oorgelewer word, sal hulle my dalk wreed behandel.” 20 Maar Jeremia het gesê: “U sal nie aan hulle oorgelewer word nie. Gehoorsaam asseblief die stem van Jehovah deur te doen wat ek vir u sê, en dit sal met u goed gaan, en u sal bly lewe. 21 Maar Jehovah het aan my geopenbaar wat sal gebeur as u weier om u oor te gee:* 22 Al die vrouens wat in die paleis* van die koning van Juda oorbly, word na die bevelvoerders van die koning van Babilon uitgelei,+ en hulle sê:

‘Die manne wat u vertrou het,* het u bedrieg en die oorhand oor u gekry.+

Hulle het u voet in die modder laat sink.

Nou het hulle weggedraai en teruggetrek.’

23 En hulle lei al u vrouens en al u kinders uit na die Galdeërs, en u sal nie uit hulle hand ontsnap nie, maar u sal deur die koning van Babilon gevange geneem word,+ en as gevolg van u sal hierdie stad met vuur verbrand word.”+

24 Sedekiʹa het toe vir Jeremia gesê: “Moenie dat enigiemand van hierdie dinge uitvind nie, anders gaan jy doodgemaak word. 25 En as die leiers hoor dat ek met jou gepraat het en hulle vir jou kom sê: ‘Sê asseblief vir ons wat jy vir die koning gesê het. Moet vir ons niks wegsteek nie, dan sal ons jou nie doodmaak nie.+ Wat het die koning vir jou gesê?’ 26 Dan moet jy vir hulle sê: ‘Ek het die koning versoek om my nie na die huis van Joʹnatan terug te stuur om daar te sterf nie.’”+

27 Later het al die leiers na Jeremia toe gekom en hom ondervra. Hy het vir hulle alles gesê wat die koning hom beveel het om te sê. Toe het hulle vir hom niks verder gesê nie, want niemand het die gesprek gehoor nie. 28 Jeremia het in die Voorhof van die Wagte gebly+ tot die dag dat Jerusalem ingeneem is. Hy was nog steeds daar toe Jerusalem ingeneem is.+

39 In die negende jaar van koning Sedekiʹa van Juda, in die tiende maand, het koning Nebukadneʹsar* van Babilon en sy hele leërmag na Jerusalem toe gekom en dit beleër.+

2 In die 11de jaar van Sedekiʹa, in die vierde maand, op die negende dag van die maand, het hulle deur die stad se muur gebreek.+ 3 En al die bevelvoerders van die koning van Babilon het ingegaan en in die Middelpoort+ gaan sit, naamlik Nerʹgal-Sareʹser, die Samgar, Nebo-Sarʹsegim, die Rabʹsaris,* Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag,* en die res van die bevelvoerders van die koning van Babilon.

4 Toe koning Sedekiʹa van Juda en al die soldate hulle sien, het hulle gevlug+ en in die nag deur die koning se tuin gegaan en deur die poort tussen die twee mure uit die stad uitgegaan, en hulle het gebly op die pad van die Aʹraba.+ 5 Maar die leërmag van die Galdeërs het hulle agternagesit, en hulle het Sedekiʹa in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal.+ Hulle het hom gevang en hom gebring na koning Nebukadneʹsar* van Babilon, in Ribla,+ in die land Hamat,+ waar hy hom gevonnis het. 6 Die koning van Babilon het die seuns van Sedekiʹa voor sy oë daar in Ribla laat doodmaak, en die koning van Babilon het al die belangrike mense van Juda laat doodmaak.+ 7 Toe het hy Sedekiʹa se oë verblind, en daarna het hy sy voete in koperboeie gesit om hom na Babilon te neem.+

8 Die Galdeërs het toe die koning se paleis* en die huise van die volk afgebrand,+ en hulle het die mure van Jerusalem afgebreek.+ 9 Nebusaraʹdan,+ die hoof van die wagte, het die res van die volk wat in die stad oorgebly het, die mense wat na hom oorgeloop het en almal wat agtergebly het, in ballingskap na Babilon weggeneem.

10 Maar Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het van die armste mense, dié wat niks gehad het nie, in die land van Juda agtergelaat. Op daardie dag het hy ook vir hulle wingerde en landerye gegee om te bewerk.*+

11 Koning Nebukadneʹsar* van Babilon het toe vir Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, hierdie bevele in verband met Jeremia gegee: 12 “Neem hom en sorg vir hom. Moet hom geen kwaad aandoen nie, en gee vir hom wat hy ook al van jou vra.”+

13 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, Nebusasʹban, die Rabʹsaris,* Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag,* en al die belangrikste manne van die koning van Babilon het 14 Jeremia uit die Voorhof van die Wagte+ laat haal en hom in die sorg geplaas van Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ om na Gedalʹja se huis geneem te word. Hy het dus onder die volk gewoon.

15 Terwyl Jeremia in die Voorhof van die Wagte opgesluit was,+ het Jehovah met hom gepraat en gesê: 16 “Gaan sê vir Ebed-Meleg,+ die Etiopiër: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Ek laat my woorde teen hierdie stad waar word, sodat rampspoed sal kom in plaas van iets goeds, en op daardie dag sal jy dit sien gebeur.”’

17 “‘Maar ek sal jou op daardie dag red,’ sê Jehovah, ‘en jy sal nie oorgelewer word aan die manne vir wie jy bang is nie.’

18 “‘Want ek sal jou beslis laat wegkom, en jy sal nie deur die swaard val nie. Jou lewe sal gespaar word+ omdat jy op my vertrou het,’+ sê Jehovah.”

40 Jeremia het ’n boodskap van Jehovah ontvang nadat Nebusaraʹdan,+ die hoof van die wagte, hom uit Rama+ vrygelaat het. Jeremia is in handboeie deur Nebusaraʹdan soontoe geneem, en hy was onder al die ballinge* van Jerusalem en van Juda wat na Babilon gedeporteer sou word. 2 Toe het die hoof van die wagte Jeremia geneem en vir hom gesê: “Jehovah jou God het hierdie rampspoed teen hierdie plek voorspel, 3 en Jehovah het dit laat gebeur net soos hy gesê het, omdat julle teen Jehovah gesondig het en sy stem nie gehoorsaam het nie. Daarom het dit met julle gebeur.+ 4 Vandag haal ek die boeie van jou hande af. As dit goed is in jou oë om saam met my na Babilon te kom, kom, en ek sal vir jou sorg. Maar as jy nie saam met my na Babilon wil kom nie, moenie kom nie. Die hele land is voor jou. Gaan net waar jy wil.”+

5 En voordat Jeremia teruggedraai het, het Nebusaraʹdan gesê: “Gaan terug na Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ wat die koning van Babilon oor die stede van Juda aangestel het, en bly by hom onder die volk, of gaan net waar jy wil.”

Die hoof van die wagte het toe vir hom kos en ’n geskenk gegee en hom laat gaan. 6 Toe het Jeremia na Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, in Mispa+ gegaan en by hom gaan bly onder die volk wat in die land oorgebly het.

7 Met verloop van tyd het al die hoofde van die leërmag wat saam met hulle manne in die veld was, gehoor dat die koning van Babilon Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, oor die land aangestel het en dat hy hom aangestel het oor die arm mense van die land, die mans, vrouens en kinders wat nie na Babilon gedeporteer is nie.+ 8 Toe het hulle na Gedalʹja toe gegaan in Mispa.+ Hulle name was Isʹmael,+ die seun van Netanʹja, Johaʹnan+ en Joʹnatan, die seuns van Kareʹag, Seraʹja, die seun van Tanʹhumet, die seuns van Efai, die Netofatiet, en Jesanʹja,+ die seun van die Maägatiet. Hulle het saam met hulle manne daar aangekom. 9 Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, het hulle en hulle manne met ’n eed verseker: “Moenie bang wees om die Galdeërs te dien nie. Woon in die land en dien die koning van Babilon, en dit sal goed gaan met julle.+ 10 Ek sal in Mispa bly om julle te verteenwoordig* voor die Galdeërs wat na ons toe kom. Maar julle moet wyn, somervrugte en olie bymekaarmaak en dit in julle houers bêre, en julle moet in die stede woon wat julle oorgeneem het.”+

11 En al die Jode wat in Moab, Ammon en Edom was, sowel as dié wat in al die ander lande was, het ook gehoor dat die koning van Babilon ’n oorblyfsel in Juda laat agterbly het en dat hy Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, oor hulle aangestel het. 12 Al die Jode het dus begin terugkeer uit al die plekke waarheen hulle verstrooi was, en hulle het na die land van Juda gekom, na Gedalʹja in Mispa. En hulle het ’n baie groot hoeveelheid wyn en somervrugte bymekaargemaak.

13 Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag wat in die veld was, het na Gedalʹja toe gekom in Mispa. 14 Hulle het vir hom gevra: “Weet u nie dat Baʹälis, die koning van die Ammoniete,+ Isʹmael, die seun van Netanʹja, gestuur het om u dood te maak nie?”+ Maar Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, het hulle nie geglo nie.

15 Toe het Johaʹnan, die seun van Kareʹag, in die geheim vir Gedalʹja in Mispa gesê: “Ek wil Isʹmael, die seun van Netanʹja, gaan doodmaak, en niemand sal daarvan weet nie. Hoekom moet hy u doodmaak? Hoekom moet almal in Juda wat by u bymekaargekom het, verstrooi word, en hoekom moet die oorblyfsel van Juda verdwyn?” 16 Maar Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam, het vir Johaʹnan, die seun van Kareʹag, gesê: “Moet dit nie doen nie, want wat jy oor Isʹmael sê, is ’n leuen.”

41 In die sewende maand het Isʹmael,+ die seun van Netanʹja, die seun van Elisaʹma, wat van die koninklike geslagslyn* was en een van die belangrikste manne van die koning was, saam met tien manne na Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, in Mispa gegaan.+ Terwyl hulle in Mispa saam geëet het, 2 het Isʹmael, die seun van Netanʹja, en die tien manne wat by hom was, opgestaan en Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, die seun van Safan, met die swaard doodgemaak. Hy het dus die een doodgemaak wat die koning van Babilon oor die land aangestel het. 3 Isʹmael het ook al die Jode wat by Gedalʹja in Mispa was, sowel as die Galdese soldate wat daar was, doodgemaak.

4 Op die tweede dag nadat Gedalʹja doodgemaak is, nog voordat enigiemand daarvan geweet het, 5 het daar 80 manne uit Sigem,+ uit Silo+ en uit Samariʹa+ gekom. Hulle baarde was afgeskeer, hulle klere was stukkend geskeur, hulle het hulle stukkend gesny,+ en hulle het graanoffers en wierook+ in hulle hande gehad om na die huis van Jehovah te bring. 6 Toe het Isʹmael, die seun van Netanʹja, uit Mispa gegaan om hulle te ontmoet, en hy het gehuil terwyl hy geloop het. Toe hy by hulle kom, het hy vir hulle gesê: “Kom na Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam.” 7 Maar toe hulle in die stad kom, het Isʹmael, die seun van Netanʹja, en sy manne hulle doodgemaak en hulle in die reënput gegooi.

8 Maar daar was tien manne onder hulle wat vir Isʹmael gesê het: “Moet ons nie doodmaak nie, want ons het baie koring, gars, olie en heuning wat in die veld weggesteek is.” Toe het hy hulle nie saam met hulle broers doodgemaak nie. 9 En Isʹmael het al die lyke van die manne wat hy doodgemaak het, in ’n groot reënput gegooi, die een wat koning Asa gemaak het toe koning Baäsa van Israel hom gedreig het.+ Dít was die reënput wat Isʹmael, die seun van Netanʹja, gevul het met die manne wat doodgemaak is.

10 Isʹmael het toe die res van die mense in Mispa+ gevange geneem, insluitende die dogters van die koning en al die mense wat in Mispa oorgebly het, wat Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, aan Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam, toevertrou het. Isʹmael, die seun van Netanʹja, het hulle gevange geneem en vertrek om na die Ammoniete+ oor te gaan.

11 Toe Johaʹnan,+ die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag wat by hom was, gehoor het van al die goddelose dinge wat Isʹmael, die seun van Netanʹja, gedoen het, 12 het hulle al die manne geneem en gegaan om teen Isʹmael, die seun van Netanʹja, te veg, en hulle het hom by die groot waters* in Giʹbeon gevind.

13 Al die mense wat by Isʹmael was, het baie bly geword toe hulle Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag by hom sien. 14 Toe het al die mense wat Isʹmael in Mispa+ gevange geneem het, omgedraai en saam met Johaʹnan, die seun van Kareʹag, teruggegaan. 15 Maar Isʹmael, die seun van Netanʹja, en agt van sy manne het van Johaʹnan weggekom en na die Ammoniete gegaan.

16 Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag wat by hom was, het toe die res van die mense van Mispa saam met hulle geneem, dié wat hulle van Isʹmael, die seun van Netanʹja, gered het nadat hy Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam, doodgemaak het. Hulle het die manne, die soldate, die vrouens, die kinders en die hofbeamptes uit Giʹbeon teruggebring. 17 Toe het hulle in die verblyfplek van Kimham, langs Betlehem,+ gaan bly omdat hulle Egipte toe wou gaan+ 18 as gevolg van die Galdeërs. Want hulle het vir hulle bang geword omdat Isʹmael, die seun van Netanʹja, vir Gedalʹja, die seun van Ahiʹkam, wat die koning van Babilon oor die land aangestel het, doodgemaak het.+

42 Toe het al die hoofde van die leërmag en Johaʹnan,+ die seun van Kareʹag, Jesanʹja, die seun van Hosaʹja, en die hele volk, van die kleinste tot die grootste, nader gekom 2 en vir die profeet Jeremia gesê: “Hoor asseblief ons versoek, en bid vir ons tot Jehovah u God vir die hele groep mense wat oorgebly het, want soos u kan sien, het daar van die baie mense min oorgebly.+ 3 Mag Jehovah u God vir ons sê watter weg ons moet volg en wat ons moet doen.”

4 Die profeet Jeremia het vir hulle gesê: “Goed so. Ek sal tot Jehovah julle God bid net soos julle gevra het, en elke woord wat Jehovah julle antwoord, sal ek julle vertel. Ek sal nie ’n enkele woord vir julle wegsteek nie.”

5 Hulle het toe vir Jeremia gesê: “Mag Jehovah ’n betroubare en getroue getuie teen ons wees as ons nie presies doen wat Jehovah u God ons deur middel van u beveel nie. 6 Of dit nou goed of sleg is, ons sal die stem van Jehovah ons God, na wie toe ons u stuur, gehoorsaam, sodat dit met ons goed kan gaan omdat ons die stem van Jehovah ons God gehoorsaam.”

7 Tien dae later het Jeremia ’n boodskap van Jehovah ontvang. 8 Toe het hy Johaʹnan, die seun van Kareʹag, laat roep, sowel as al die hoofde van die leërmag wat by hom was en die hele volk, van die kleinste tot die grootste.+ 9 Hy het vir hulle gesê: “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê, na wie julle my gestuur het sodat ek hom namens julle kan vra om genade aan julle te betoon: 10 ‘As julle in hierdie land bly, sal ek julle opbou en nie afbreek nie, en ek sal julle plant en nie uitruk nie, want ek sal spyt* voel oor die rampspoed wat ek oor julle gebring het.+ 11 Moenie bang wees vir die koning van Babilon, vir wie julle so bang is nie.’+

“‘Moenie vir hom bang wees nie,’ sê Jehovah, ‘want ek is met julle, om julle te red en om julle uit sy hand te bevry. 12 En ek sal genade aan julle betoon,+ en hy sal genade aan julle betoon, en hy sal julle na julle eie land terugbring.

13 “‘Maar as julle sê: “Nee, ons sal nie in hierdie land bly nie!” en as julle ongehoorsaam is aan die stem van Jehovah julle God 14 en sê: “Nee, ons sal eerder na Egipte gaan,+ waar ons nie oorlog sal sien of die geluid van die horing sal hoor of honger sal ly nie, en ons sal daar woon,” 15 hoor dan die woord van Jehovah, o oorblyfsel van Juda. Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “As julle vasbeslote is om na Egipte toe te gaan, en as julle daar gaan woon,* 16 dan sal die einste swaard waarvoor julle bang is, julle daar in Egipte inhaal, en die einste hongersnood waarvoor julle bang is, sal julle na Egipte agtervolg, en daar sal julle sterf.+ 17 En al die manne wat vasbeslote is om Egipte toe te gaan om daar te gaan woon, sal deur die swaard, hongersnood en vreeslike siektes sterf. Nie een van hulle sal bly lewe of wegkom van die rampspoed wat ek oor hulle sal bring nie.”’

18 “Want dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Net soos my groot woede oor die inwoners van Jerusalem uitgestort is,+ so sal my woede oor julle uitgestort word as julle Egipte toe gaan, en julle sal ’n vloek, iets skokkends, ’n vervloeking en ’n bespotting word,+ en julle sal hierdie plek nooit weer sien nie.’

19 “Jehovah het teen julle gespreek, o oorblyfsel van Juda. Moenie Egipte toe gaan nie. Julle moet vir seker weet dat ek julle vandag gewaarsku het 20 dat julle sal sterf as gevolg van julle oortreding. Want julle het my na Jehovah julle God toe gestuur en gesê: ‘Bid vir ons tot Jehovah ons God en sê vir ons alles wat Jehovah ons God sê, en ons sal dit doen.’+ 21 En ek het julle vandag alles vertel, maar julle sal nie gehoorsaam wees aan die stem van Jehovah julle God of aan enigiets wat hy my gestuur het om vir julle te sê nie.+ 22 Daarom kan julle seker wees dat julle deur die swaard, hongersnood en vreeslike siektes sal sterf in die plek waar julle wil gaan woon.”+

43 Nadat Jeremia vir die hele volk al hierdie woorde van Jehovah hulle God gesê het, elke liewe woord wat Jehovah hulle God hom gestuur het om vir hulle te sê, 2 het Asarʹja, die seun van Hosaʹja, Johaʹnan,+ die seun van Kareʹag, en al die vermetele* manne vir Jeremia gesê: “Jy lieg! Jehovah ons God het jou nie gestuur om te sê: ‘Moenie na Egipte toe gaan om daar te gaan woon nie.’ 3 Maar Barug,+ die seun van Neriʹa, steek jou teen ons op sodat ons aan die Galdeërs oorgelewer kan word en doodgemaak of in ballingskap na Babilon weggeneem kan word.”+

4 Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag en die hele volk het dus nie Jehovah se bevel gehoorsaam om in die land van Juda te bly nie. 5 Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag het eerder die hele oorblyfsel van Juda saam met hulle geneem, dit wil sê die oorblyfsel wat weer in die land van Juda kom woon het nadat hulle teruggekeer het uit al die nasies waarheen hulle verstrooi is.+ 6 Hulle het die manne, die vroue, die kinders en die dogters van die koning geneem, en almal wat Nebusaraʹdan,+ die hoof van die wagte, laat agterbly het by Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ sowel as die profeet Jeremia en Barug, die seun van Neriʹa. 7 Hulle het na Egipte gegaan, want hulle het nie die stem van Jehovah gehoorsaam nie, en hulle het tot by Tagpanʹhes+ gegaan.

8 Toe het Jehovah in Tagpanʹhes met Jeremia gepraat en gesê: 9 “Neem groot klippe in jou hand, en steek dit weg in die messelklei in die baksteenterras by die ingang van die huis van Farao in Tagpanʹhes, terwyl die Joodse manne sien wat jy doen. 10 Sê dan vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Ek sal my kneg+ Nebukadneʹsar,* die koning van Babilon, laat kom, en ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat ek weggesteek het, en hy sal sy koninklike tent daaroor uitsprei.+ 11 En hy sal kom en Egipte aanval.+ Almal wat deur die dodelike plaag moet sterf, sal deur die dodelike plaag sterf, en almal wat in gevangenskap moet gaan, sal in gevangenskap gaan, en almal wat deur die swaard moet sterf, sal deur die swaard sterf.+ 12 Ek sal die tempels van die gode van Egipte aan die brand steek,+ en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegneem. Hy sal Egipte om hom draai net soos ’n herder hom in sy kleed toedraai, en hy sal in vrede* daarvandaan weggaan. 13 En hy sal die pilare* van Bet-Semes* in Egipte in stukke breek, en hy sal die tempels van die gode van Egipte verbrand.”’”

44 Jeremia het die volgende boodskap ontvang vir al die Jode wat in Egipte woon,+ naamlik dié wat in Migdol,+ Tagpanʹhes,+ Nof*+ en die land Patros+ woon: 2 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Julle het al die rampspoed gesien wat ek oor Jerusalem+ en oor al die stede van Juda gebring het, en vandag is hulle verwoes, sonder ’n enkele inwoner.+ 3 Dit is as gevolg van die goddelose dinge wat hulle gedoen het om my aanstoot te gee deur offerandes te bring+ en deur ander gode te dien wat hulle nie geken het nie, nie julle of julle voorvaders nie.+ 4 Ek het al my knegte, die profete, na julle toe bly stuur. Ek het hulle keer op keer gestuur* en gesê: “Moet asseblief nie hierdie afskuwelike ding doen wat ek haat nie.”+ 5 Maar hulle het nie geluister nie en het geweier om hulle goddelose weë te los en het aangehou om offerandes aan ander gode te bring.+ 6 Daarom is my groot woede uitgestort en het dit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gebrand, en hulle is verwoes en het ’n verlate plek geword, soos vandag die geval is.’+

7 “En nou sê Jehovah, die God van die leërmagte, die God van Israel: ‘Hoekom bring julle groot rampspoed oor julleself, wat elke man en vrou, kind en baba uit Juda sal uitroei en wat julle sonder ’n oorblyfsel sal agterlaat? 8 Hoekom gee julle my aanstoot met die werke van julle hande deur aan ander gode offerandes te bring in Egipte waar julle gaan woon het? Julle sal uitgeroei word en sal ’n vloek en ’n bespotting onder al die nasies van die aarde word.+ 9 Het julle die goddelose dade van julle voorvaders, die goddelose dade van die konings van Juda+ en die goddelose dade van hulle vrouens+ vergeet, sowel as julle eie goddelose dade en die goddelose dade van julle vrouens,+ die dade wat in die land van Juda en op die strate van Jerusalem gedoen is? 10 Tot vandag toe het hulle hulle nie verneder nie,* en hulle het nie bang geword nie,+ en hulle het ook nie my wet en my wetsbepalings gevolg wat ek vir julle en julle voorvaders gegee het nie.’+

11 “Daarom sê Jehovah van die leërmagte, die God van Israel: ‘Ek is vasbeslote om rampspoed oor julle te bring, om die hele Juda te vernietig. 12 En ek sal die oorblyfsel van Juda neem wat vasbeslote was om in Egipte te gaan woon, en hulle sal almal in Egipte+ aan hulle einde kom. Hulle sal met die swaard doodgemaak word en deur die hongersnood sterf, van die kleinste tot die grootste. Ja, hulle sal met die swaard doodgemaak word en deur die hongersnood sterf. En hulle sal ’n vloek word, iets skokkends, ’n vervloeking en ’n bespotting.+ 13 Ek sal dié straf wat in Egipte woon, net soos ek Jerusalem met die swaard, hongersnood en vreeslike siektes gestraf het.+ 14 En die oorblyfsel van Juda wat in Egipte gaan woon het, sal nie ontsnap of bly lewe om na die land van Juda terug te gaan nie. Hulle sal ’n sterk begeerte hê om terug te gaan en daar te woon, maar hulle sal nie teruggaan nie, behalwe ’n paar wat sal ontsnap.’”

15 Al die manne wat geweet het dat hulle vrouens offerandes aan ander gode gebring het en al die vrouens wat daar gestaan het, wat ’n groot groep uitgemaak het, en die hele volk wat in Egipte,+ in Patros,+ gewoon het, het Jeremia geantwoord en gesê: 16 “Ons sal nie luister na wat jy in die naam van Jehovah vir ons gesê het nie. 17 Nee, ons sal beslis elke woord uitvoer wat ons* gesê het: Ons sal offerandes aan die Koningin van die Hemel* bring en drankoffers vir haar uitgooi,+ net soos ons voorvaders, ons konings en ons leiers in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gedoen het, toe ons met brood versadig was en dit met ons goed gegaan het, toe ons geen rampspoed gesien het nie. 18 Vandat ons opgehou het om offerandes aan die Koningin van die Hemel* te bring en vir haar drankoffers uit te gooi, het ons alles kortgekom en het ons deur die swaard en die hongersnood gesterf.”

19 Die vrouens het bygevoeg: “En toe ons offerandes aan die Koningin van die Hemel* gebring het en vir haar drankoffers uitgegooi het, het ons mos ons mans se toestemming gehad om offerkoeke in die vorm van haar beeld te maak en drankoffers vir haar uit te gooi.”

20 Toe het Jeremia vir die hele volk, vir die manne en hulle vrouens en vir die hele volk wat met hom gepraat het, gesê: 21 “Jehovah het gedink aan die offerandes wat julle, julle voorvaders, julle konings, julle leiers en die volk van die land in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem gebring het,+ en dit het in sy hart opgekom! 22 Uiteindelik kon Jehovah julle goddelose gewoontes en die afskuwelike dinge wat julle gedoen het, nie meer verdra nie, en julle land het ’n verwoeste plek geword, iets skokkends en ’n vloek, sonder ’n enkele inwoner, soos vandag die geval is.+ 23 Hierdie rampspoed het oor julle gekom, soos vandag gesien kan word, omdat julle hierdie offerandes gebring het en omdat julle teen Jehovah gesondig het deur nie die stem van Jehovah te gehoorsaam en sy wette, sy wetsbepalings en sy herinneringe te volg nie.”+

24 Jeremia het verder vir die hele volk en vir al die vrouens gesê: “Hoor die woord van Jehovah, julle almal wat van Juda kom en wat in Egipte is. 25 Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Wat julle en julle vrouens met julle mond gesê het, het julle met julle hande uitgevoer, want julle het gesê: “Ons sal beslis ons geloftes nakom om vir die Koningin van die Hemel* offerandes te bring en vir haar drankoffers uit te gooi.”+ Vrouens, julle sal julle geloftes beslis vervul en dit nakom.’

26 “Daarom, hoor die woord van Jehovah, almal van julle wat van Juda kom en wat in Egipte woon: ‘“Ek sweer by my eie groot naam,” sê Jehovah, “dat my naam nie meer in ’n eed gebruik sal word deur enige man van Juda+ in die hele Egipte wat sê: ‘So waar as wat die Soewereine Heer Jehovah lewe!’ nie.+ 27 Nou waak ek oor hulle om rampspoed te bring in plaas van iets goeds.+ Al die manne van Juda wat in Egipte is, sal sterf deur die swaard en deur hongersnood, totdat hulle ophou bestaan.+ 28 Net ’n paar sal van die swaard ontsnap en uit Egipte na die land van Juda terugkeer.+ Dan sal die hele oorblyfsel van Juda wat in Egipte kom woon het, weet wie se woord waar geword het, myne of hulle s’n!”’”

29 “‘En ek gee julle die volgende teken,’ sê Jehovah, ‘dat ek julle in hierdie plek sal straf, sodat julle kan weet dat my belofte van rampspoed teen julle beslis waar sal word. 30 Dít is wat Jehovah sê: “Ek gee farao Hofra, die koning van Egipte, in die hand van sy vyande en van dié wat hom wil doodmaak, net soos ek koning Sedekiʹa van Juda in die hand van koning Nebukadneʹsar* van Babilon gegee het, wat sy vyand was en wat hom wou doodmaak.”’”+

45 Die profeet Jeremia het die volgende boodskap vir Barug,+ die seun van Neriʹa, gegee toe hy hierdie woorde in ’n boek geskryf het wat Jeremia+ gedikteer het in die vierde jaar van Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda:

2 “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, oor jou sê, Barug: 3 ‘Jy het gesê: “Dit gaan sleg met my, want Jehovah het hartseer by my pyn gevoeg! Ek is moeg as gevolg van my gekreun, en ek het geen rusplek gevind nie.”’

4 “Jy moet vir hom sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Wat ek opgebou het, breek ek af, en wat ek geplant het, ruk ek uit – die hele land.+ 5 Maar jy soek* groot dinge vir jouself. Hou op om hierdie dinge te soek.”’

“‘Want ek gaan binnekort rampspoed oor alle mense* bring,’+ sê Jehovah, ‘en waar jy ook al gaan, sal ek jou lewe spaar.’”+

46 Die profeet Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah ontvang oor die nasies:+ 2 Aan Egipte,+ in verband met die leërmag van farao Nego,+ die koning van Egipte, wat in die vierde jaar van Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda, langs die Eufraatrivier by Karʹkemis deur koning Nebukadneʹsar* van Babilon verslaan is:

 3 “Berei julle klein skilde* en julle groot skilde voor,

en gaan uit na die geveg.

 4 Span die perde in en klim op, o ruiters.

Neem julle posisies in en sit julle helms op.

Vryf die spiese blink en trek julle pantsers* aan.

 5 ‘Hoekom lyk hulle vir my so bang?

Hulle trek terug, hulle vegters word verslaan.

Hulle het paniekbevange gevlug, hulle vegters het nie omgedraai nie.

Oral is daar vrees,’ sê Jehovah.

 6 ‘Die vinniges kan nie vlug nie, en die vegters kan nie ontsnap nie.

In die noorde, by die oewer van die Eufraatrivier,

het hulle gestruikel en geval.’+

 7 Wie is dit wat soos die Nylrivier opkom,

soos die onstuimige water van riviere?

 8 Egipte kom op net soos die Nylrivier,+

soos die onstuimige water van riviere,

en sê: ‘Ek sal uitgaan en die aarde bedek.

Ek sal die stad en sy inwoners vernietig.’

 9 Trek op, o perde!

Jaag, o strydwaens!

Laat die vegters uitgaan,

Kus en Put, wat die skild hanteer,+

en die Ludiete,+ wat die boog hanteer en span.*+

10 “Daardie dag behoort aan die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte, die dag van wraak, waarop hy wraak sal neem op sy vyande. En die swaard sal verslind en hom versadig en hom vol drink aan hulle bloed, want die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte, het ’n offerande* in die land van die noorde by die Eufraatrivier.+

11 Gaan op na Giʹlead om balsem te gaan haal,+

o maagdelike dogter van Egipte.

Jy het verniet baie geneesmiddels bymekaargemaak,

want daar is geen genesing vir jou nie.+

12 Die nasies het van jou skande gehoor,+

en jou geskree het die land gevul.

Want die een vegter struikel oor die ander,

en hulle al twee val saam neer.”

13 Die profeet Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah ontvang oor die koms van koning Nebukadneʹsar* van Babilon, om Egipte te verslaan:+

14 “Vertel dit in Egipte, verkondig dit in Migdol.+

Verkondig dit in Nof* en in Tagpanʹhes.+

Sê: ‘Neem julle posisies in en berei julle voor,

want ’n swaard sal reg rondom julle verslind.

15 Hoekom is jou magtige manne weggespoel?

Hulle het nie vasgestaan nie,

want Jehovah het hulle omgestoot.

16 Hulle struikel en val in groot getalle.

Hulle sê vir mekaar:

“Staan op! Laat ons terugkeer na ons volk en na ons tuisland

as gevolg van die wrede swaard.”’

17 Daar het hulle uitgeroep:

‘Farao die koning van Egipte is net ’n grootprater

wat die geleentheid* deur sy vingers laat glip het.’+

18 ‘So waar as wat ek lewe,’ sê die Koning, wie se naam Jehovah van die leërmagte is,

‘hy* sal inkom soos Tabor+ onder die berge

en soos Karmel+ by die see.

19 Kry vir jou goed bymekaar vir ballingskap,

o dogter wat in Egipte woon.

Want Nof* sal iets skokkends word.

Dit sal aan die brand gesteek word* en sal sonder ’n enkele inwoner wees.+

20 Egipte is soos ’n mooi jong koei,

maar steekvlieë sal uit die noorde teen haar kom.

21 Selfs haar huursoldate is soos vetgemaakte kalwers,

maar hulle het ook teruggedraai en saam gevlug.

Hulle kon nie vasstaan nie,+

want die dag van hulle rampspoed het oor hulle gekom,

hulle tyd van afrekening.’

22 ‘Die geluid wat sy maak, is soos dié van ’n seilende slang,

want hulle kom met mag en mening agter haar aan, met byle,

soos manne wat bome afkap.*

23 Hulle sal haar woud afkap,’ sê Jehovah, ‘al lyk dit ondeurdringbaar.

Want daar is meer van hulle as sprinkane, en hulle kan nie getel word nie.

24 Die dogter van Egipte sal verneder word.

Sy sal aan die volk van die noorde oorgelewer word.’+

25 “Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Nou rig ek my aandag op Amon+ uit No,*+ op Farao, op Egipte, op haar gode+ en op haar konings – ja, op Farao en op almal wat op hom vertrou.’+

26 “‘Ek sal hulle oorlewer aan dié wat hulle wil doodmaak, aan koning Nebukadneʹsar* van Babilon+ en sy knegte. Maar daarna sal sy bewoon word soos in die verlede,’ sê Jehovah.+

27 ‘En jy, my kneg Jakob, moenie bang wees nie,

en moenie vrees nie, o Israel.+

Want ek sal jou van ver af red,

en jou nageslag* uit die land van hulle gevangenskap.+

Jakob sal terugkeer en rus en vrede hê,

en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.+

28 Moet dus nie bang wees nie, my kneg Jakob,’ sê Jehovah, ‘want ek is met jou.

Ek sal al die nasies vernietig waarheen ek jou verstrooi het,+

maar ek sal jou nie vernietig nie.+

Ek sal jou in die regte mate dissiplineer,*+

en ek sal jou beslis nie ongestraf laat bly nie.’”

47 Die profeet Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah oor die Filistyne+ ontvang voordat Gasa deur Farao verslaan is. 2 Dít is wat Jehovah sê:

“Water kom uit die noorde.

Dit sal ’n stroom vloedwaters word.

En dit sal die land en alles daarin oorstroom,

die stad en dié wat daarin woon.

Die mense sal skree,

en almal wat in die land woon, sal huil.

 3 Wanneer die pa’s die gestamp van sy hingste se hoewe hoor,

en die geratel van sy strydwaens,

en die gedreun van sy wiele,

sal hulle nie eers vir hulle kinders omdraai nie,

want hulle hande sal swak word

 4 omdat die dag wat kom, al die Filistyne sal vernietig.+

Dit sal elke oorblywende bondgenoot in Tirus+ en Sidon+ vernietig.

Want Jehovah sal die Filistyne vernietig,

wat die oorblywendes van die eiland Kaftor*+ is.

 5 Gasa sal bles word.*

Asʹkelon is stilgemaak.+

O oorblyfsel van hulle valleivlakte,

hoe lank sal jy jou bly stukkend sny?+

 6 A! Die swaard van Jehovah!+

Wanneer gaan jy ophou?

Gaan terug in jou skede.

Kom tot rus en wees stil.

 7 Hoe kan dit ophou

wanneer Jehovah dit ’n bevel gegee het?

Teen Asʹkelon en die seekus+

het hy dit aangestel.”

48 Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, vir Moab+ sê:

“Dit is verby met Nebo,+ want sy is vernietig!

Kirjataʹim+ is verneder en is ingeneem.

Die veilige skuilplek* is verneder en verwoes.+

 2 Hulle prys Moab nie meer nie.

In Hesbon+ het hulle haar ondergang beplan:

‘Kom, laat ons ’n einde maak aan haar as ’n nasie.’

O Madmen, jy moet ook stilbly,

want die swaard agtervolg jou.

 3 Daar is die geluid van ’n geskree uit Horonaʹim,+

van vernietiging en ’n groot ineenstorting.

 4 Moab is afgebreek.

Haar kindertjies skree.

 5 Mense huil onophoudelik terwyl hulle na Luhit opklim.

En op die pad af na Horonaʹim hoor hulle uitroepe van angs as gevolg van die ramp.+

 6 Vlug vir julle lewe!

Julle moet soos ’n jenewerboom in die wildernis word.

 7 Omdat jy op jou werke en op jou skatte vertrou,

sal jy ook ingeneem word.

En Kamos+ sal in ballingskap gaan,

saam met sy priesters en sy amptenare.

 8 Die vernietiger sal in elke stad inkom,

en geen stad sal gespaar word nie.+

Die vallei sal verwoes word,

en die vlakte* sal vernietig word, net soos Jehovah gesê het.

 9 Rig vir Moab ’n merker op,

want sy sal vlug terwyl sy verwoes word,

en haar stede sal iets skokkends word,

sonder ’n enkele inwoner.+

10 Vervloek is die een wat traag is om die opdrag van Jehovah uit te voer!

Vervloek is die een wat nie met sy swaard doodmaak nie!

11 Die Moabiete was van jongs af rustig,

soos wyn wat op die afsaksels rus.

Hulle is nie van een houer in ’n ander oorgegooi nie,

en hulle het nooit in ballingskap gegaan nie.

Daarom het hulle smaak dieselfde gebly

en het hulle geur nie verander nie.

12 “‘Daarom kom die dae,’ sê Jehovah, ‘wanneer ek manne sal stuur om hulle om te keer. Hulle sal hulle omkeer en hulle houers leegmaak, en hulle sal hulle groot kruike stukkend slaan. 13 En die Moabiete sal hulle skaam vir Kamos, net soos die huis van Israel hulle skaam vir Bet-El, waarop hulle vertrou het.+

14 Hoe durf julle sê: “Ons is magtige vegters wat reg is vir die oorlog”?’+

15 ‘Moab is vernietig,

haar stede is binnegeval,+

en hulle beste jong manne is doodgemaak,’+

sê die Koning, wie se naam Jehovah van die leërmagte is.+

16 Die rampspoed oor die Moabiete kom binnekort,

en hulle ondergang kom vinnig nader.+

17 Almal om hulle sal met hulle moet simpatiseer,

almal wat hulle naam ken.

Sê vir hulle: ‘Kyk hoe is die magtige stok, die pragtige staf, gebreek!’

18 Klim af van jou posisie van heerlikheid

en gaan sit terwyl jy dors is,* o dogter wat in Dibon woon,+

want die vernietiger van Moab het teen jou opgekom,

en hy sal jou versterkte plekke verwoes.+

19 Gaan staan langs die pad en kyk, inwoner van Aʹroër.+

Vra vir die man wat vlug en vir die vrou wat wegkom: ‘Wat het gebeur?’

20 Moab is verneder en is baie bang.

Huil en skree.

Verkondig in Arnon+ dat Moab vernietig is.

21 “Oordeel het gekom oor die vlakte,*+ oor Holon, Jahas+ en Mefaʹät,+ 22 oor Dibon,+ Nebo+ en Bet-Diblataʹim, 23 oor Kirjataʹim,+ Bet-Gamul en Bet-Meon,+ 24 oor Keʹrijot+ en Bosra, en oor al die stede van die land Moab, dié wat ver en dié wat naby is.

25 ‘Die krag* van Moab is afgekap,

en sy arm is gebreek,’ sê Jehovah.

26 ‘Maak hom dronk,+ want hy het hom groot gehou teen Jehovah.+

Moab rol rond in sy uitbraaksel,

en hy is ’n bespotting.

27 Was Israel nie vir jou ’n bespotting nie?+

Is hy onder diewe gevind,

sodat jy jou kop moet skud en teen hom moet praat?

28 Verlaat die stede en woon op die krans, inwoners van Moab,

en word soos ’n duif wat sy nes teen die kante van die kloof maak.’”

29 “Ons het gehoor van Moab se trots – hy is baie hoogmoedig –

van sy hooghartigheid, sy trots, sy hoogmoed en die verwaandheid van sy hart.”+

30 “‘Ek ken sy woede,’ sê Jehovah,

‘maar sy leë praatjies sal op niks uitloop nie.

Dit sal alles verniet wees.

31 Daarom sal ek oor Moab treur.

Ek sal as gevolg van die hele Moab skree,

en ek sal vir die manne van Kir-Heres+ huil.

32 Ek sal meer vir jou huil

as wat daar vir Jaser+ gehuil is, o wingerdstok van Sibma.+

Jou florerende jong takkies het oor die see gegaan.

Tot by die see, tot by Jaser, het hulle gestrek.

Op jou somervrugte en jou druiwe-oes

het die vernietiger toegesak.+

33 Blydskap en vreugde is uit die vrugteboord verwyder,

asook uit die land Moab.+

Ek het die wyn laat ophou vloei uit die wynpers.

Niemand sal met uitroepe van vreugde trap nie.

Dit sal ’n ander soort uitroep wees.’”+

34 “‘Daar is ’n geskree van Hesbon+ tot by Eleaʹle.+

Hulle stem word gehoor tot by Jahas,+

van Soar tot by Horonaʹim,+ tot by Egʹlat-Selisiʹa.

Selfs die water van Nimrim sal leegloop.+

35 Ek sal in Moab ’n einde maak,’ sê Jehovah,

‘aan die een wat ’n offer op die offerhoogte bring

en die een wat vir sy god offerandes bring.

36 Daarom sal my hart treur* oor Moab, soos ’n fluit,*+

en my hart sal treur* oor die manne van Kir-Heres, soos ’n fluit.*

Want die rykdom wat hy voortgebring het, sal verdwyn.

37 Want elke kop is kaal geskeer,+

en elke baard is afgeskeer.

Daar is snye op al die hande,+

en daar is saklinne om hulle heupe!’”+

38 “‘Op al die dakke van Moab

en op al haar openbare pleine

is daar niks behalwe ’n gehuil nie.

Want ek het Moab gebreek

soos ’n houer wat weggegooi is,’ sê Jehovah.

39 ‘Kyk hoe bang is sy! Huil!

Hoe het Moab tog sy rug in skaamte gedraai!

Moab het ’n bespotting geword,

iets skrikwekkends vir almal om hom.’”

40 “Want dít is wat Jehovah sê:

‘Net soos ’n arend wat afduik,+

sal hy sy vlerke oor Moab uitsprei.+

41 Die stede sal ingeneem word,

en haar vestings sal verower word.

Op daardie dag sal die hart van Moab se vegters

soos die hart van ’n vrou wees wat geboorte gee.’”

42 “‘En Moab sal vernietig word en sal nie meer ’n volk wees nie,+

want dit is teen Jehovah dat hy hom groot gehou het.+

43 Verskrikking en die vanggat en die strik is voor jou,

o inwoner van Moab,’ sê Jehovah.

44 ‘Elkeen wat vir die verskrikking vlug, sal in die vanggat val,

en elkeen wat uit die vanggat klim, sal in die strik gevang word.’

‘Want ek sal oor Moab die jaar van hulle straf bring,’ sê Jehovah.

45 ‘In die skaduwee van Hesbon staan die vlugtelinge kragteloos.

Want ’n vuur sal uit Hesbon kom,

en ’n vlam vanuit Sihon.+

Dit sal die voorkop van Moab verteer,

en die skedel van die gewelddadige vegters.’+

46 ‘Dit is verby met jou, o Moab!

Die volk van Kamos+ is vernietig.

Want jou seuns is gevange geneem,

en jou dogters het in ballingskap gegaan.+

47 Maar ek sal die gevangenes van Moab aan die einde van die dae versamel,’ sê Jehovah.

‘Hier eindig die oordeel oor Moab.’”+

49 Dít is wat Jehovah vir die Ammoniete+ sê:

“Het Israel geen kinders nie?

Het hy nie ’n erfgenaam nie?

Hoekom het Malkam+ Gad in besit geneem?+

En hoekom woon sy volk in Israel se stede?”

 2 “‘Daarom kom die dae,’ sê Jehovah,

‘wanneer ek die alarmsein van oorlog* teen Rabba+ van die Ammoniete+ sal laat hoor.

Sy sal ’n verlate heuwel word,

en haar afhanklike* dorpe sal aan die brand gesteek word.

En Israel sal dié wat hom in besit geneem het, in besit neem,’+ sê Jehovah.

 3 ‘Huil, o Hesbon, want Ai is vernietig!

Skree, o afhanklike dorpe van Rabba.

Trek saklinne aan.

Huil en swerf rond tussen die klipkrale,*

want Malkam sal in ballingskap gaan,

saam met sy priesters en sy amptenare.+

 4 Hoekom spog jy oor die valleie,

oor jou vrugbare* vlakte, o ontroue dogter,

wat op haar skatte vertrou

en wat sê: “Wie sal teen my kom?”’”

 5 “‘Ek bring iets verskrikliks oor jou,’ sê die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte.

‘Dit sal kom van almal om jou.

Julle sal in elke rigting verstrooi word,

en niemand sal die vlugtelinge bymekaarmaak nie.’”

 6 “‘Maar daarna sal ek die gevangenes van die Ammoniete bymekaarmaak,’ sê Jehovah.”

7 Dít is wat Jehovah van die leërmagte vir Edom sê:

“Is daar nie meer enige wysheid in Teman+ nie?

Het goeie raad verdwyn onder dié wat begrip het?

Het hulle wysheid verrot?

 8 Vlug, draai terug!

Gaan woon in die dieptes, o inwoners van Dedan!+

Want ek sal rampspoed oor Esau bring

wanneer die tyd kom om my aandag op hom te rig.

 9 As druiweplukkers na jou toe kom,

sal hulle nie van die oesoorblyfsels agterlaat nie?

As diewe in die nag kom,

sal hulle slegs beskadig wat hulle wil.+

10 Maar ek sal Esau kaalstroop.

Ek sal sy skuilplekke openbaar maak,

sodat hy nie kan wegkruip nie.

Sy kinders en sy broers en sy bure sal almal vernietig word,+

en hy sal nie meer daar wees nie.+

11 Verlaat jou weeskinders,

en ek sal hulle lewens bewaar,

en jou weduwees sal op my vertrou.”

12 Dít is wat Jehovah sê: “As mense wat nie gevonnis is om die beker te drink nie, dit wel moet drink, hoeveel te meer moet jy gestraf word! Jy sal nie ongestraf bly nie, want jy moet dit drink.”+

13 “Want ek het by myself gesweer,” sê Jehovah, “dat Bosra iets skokkends,+ ’n bespotting, ’n verwoesting en ’n vloek sal word, en al haar stede sal vir ewig verwoes lê.”+

14 Ek het ’n berig van Jehovah gehoor.

’n Boodskapper is onder die nasies uitgestuur om te sê:

“Kom bymekaar en gaan teen haar op,

en maak gereed vir oorlog.”+

15 “Ek het jou klein gemaak onder die nasies.

Mense sien op jou neer.+

16 Die vrees wat jy veroorsaak het

en jou trotse hart het jou bedrieg,

o jy wat in die skuilplekke van die krans woon,

wat op die hoogste heuwel bly.

Al bou jy jou nes hoog soos ’n arend,

sal ek jou daarvandaan afbring,” sê Jehovah.

17 “En Edom sal iets skokkends word.+ Elkeen wat daar verbygaan, sal geskok staar en fluit as gevolg van al haar plae. 18 Net soos toe Sodom en Gomorʹra en hulle naburige dorpe vernietig is,”+ sê Jehovah, “sal niemand daar bly nie en sal geen mens daar gaan woon nie.+

19 “Iemand sal soos ’n leeu+ uit die digte bosse langs die Jordaanrivier opkom teen die veilige weivelde, maar ek sal hom skielik van haar af laat vlug. En ek sal die een wat uitgekies is, oor haar aanstel. Want wie is soos ek, en wie sal my uitdaag? Watter herder kan voor my staande bly?+ 20 Hoor dus, o manne, wat Jehovah teen Edom besluit het en wat hy teen die inwoners van Teman+ uitgedink het:

Die kleintjies van die kudde sal beslis weggesleep word.

Hy sal hulle woonplek verlate laat word as gevolg van hulle.+

21 Wanneer hulle val, sal daar so ’n geraas wees dat die aarde sal bewe.

Daar is ’n geskree!

Die geluid daarvan is tot by die Rooisee+ gehoor.

22 Soos ’n arend sal hy opstyg en afduik,+

en hy sal sy vlerke oor Bosra uitsprei.+

Op daardie dag sal die hart van die vegters van Edom

soos die hart van ’n vrou word wat geboorte gee.”

23 ’n Boodskap vir Damaskus:+

“Hamat+ en Arpad is verneder,

want hulle het ’n slegte berig gehoor.

Hulle smelt van vrees.

Daar is onstuimigheid in die see wat nie gekalmeer kan word nie.

24 Damaskus het moed verloor.

Sy het omgedraai om te vlug, maar sy het paniekbevange geword.

Angs en pyn het haar oorweldig,

soos ’n vrou wat geboorte gee.

25 Hoe is dit dat die stad van lof nie verlate is nie,

die stad van vreugde?

26 Want haar jong manne sal op haar openbare pleine val,

en al die soldate sal op daardie dag sterf,” sê Jehovah van die leërmagte.

27 “Ek sal die muur van Damaskus aan die brand steek,

en dit sal die versterkte torings van Ben-Hadad verteer.”+

28 Jehovah sê die volgende oor Kedar+ en die koninkryke van Hasor, wat deur koning Nebukadneʹsar* van Babilon verslaan is:

“Staan op, gaan na Kedar,

en vernietig die kinders van die Ooste.

29 Hulle tente en hulle kleinvee sal weggeneem word,

hulle tentdoeke en al hulle besittings.

Hulle kamele sal weggeneem word,

en mense sal vir hulle skree: ‘Daar is oral vrees!’”

30 “Vlug, gaan ver weg!

Gaan woon in die dieptes, o inwoners van Hasor,” sê Jehovah.

“Want koning Nebukadneʹsar* van Babilon het ’n strategie teen julle uitgedink,

en hy het ’n plan teen julle beraam.”

31 “Staan op, gaan op teen die nasie wat vrede geniet,

wat in veiligheid woon!” sê Jehovah.

“Dit het geen deure of grendels nie. Hulle woon afgesonderd.

32 Hulle kamele sal afgevat word,

sowel as hulle baie vee.

Ek sal hulle in alle windrigtings verstrooi,

dié wat hulle hare aan die kante van hulle kop knip.+

En ek sal hulle rampspoed uit alle rigtings bring,” sê Jehovah.

33 “En Hasor sal ’n lêplek van jakkalse word,

’n plek wat vir ewig verlate sal wees.

Niemand sal daar bly nie,

en geen mens sal in haar gaan woon nie.”

34 Kort nadat koning Sedekiʹa+ van Juda koning geword het, het die profeet Jeremia die volgende boodskap oor Elam+ van Jehovah ontvang: 35 “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘Ek breek die boog van Elam,+ die bron* van hulle mag. 36 Ek sal die vier winde uit die vier uithoeke van die hemel oor Elam bring, en ek sal sy inwoners in al hierdie windrigtings verstrooi. Daar sal geen nasie wees waarheen die Elamiete nie verstrooi sal word nie.’”

37 “Ek sal die Elamiete baie bang laat word vir hulle vyande en vir dié wat hulle wil doodmaak, en ek sal rampspoed oor hulle bring, my brandende woede,” sê Jehovah. “En ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat ek hulle vernietig het.”

38 “Ek sal my troon in Elam+ plaas, en ek sal die koning en die leiers daaruit vernietig,” sê Jehovah.

39 “Maar aan die einde van die dae sal ek die gevangenes van Elam bymekaarmaak,” sê Jehovah.

50 Jehovah het die volgende boodskap oor Babilon,+ oor die land van die Galdeërs, deur middel van die profeet Jeremia gegee:

 2 “Vertel dit onder die nasies en verkondig dit.

Rig ’n teken* op en verkondig dit.

Moet niks wegsteek nie!

Sê: ‘Babilon is ingeneem.+

Bel is verneder.+

Meroʹdag het baie bang geword.

Babilon se beelde is verneder.

Haar walglike afgode* het baie bang geword.’

 3 Want ’n nasie het uit die noorde teen haar gekom.+

Dit maak haar land iets skokkends.

Niemand woon in haar nie.

Mens sowel as dier het gevlug,

en hulle het weggegaan.”

4 “In daardie dae en in daardie tyd,” sê Jehovah, “sal die Israeliete en die volk van Juda bymekaarkom.+ Hulle sal huil terwyl hulle loop,+ en saam sal hulle die leiding soek van Jehovah hulle God.+ 5 Hulle sal vra hoe om by Sion uit te kom, met hulle gesigte in daardie rigting gedraai,+ en hulle sal sê: ‘Kom ons verbind ons aan Jehovah in ’n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.’+ 6 My volk het ’n kudde verlore skape geword.+ Hulle herders het hulle laat afdwaal.+ Hulle het hulle na die berge weggelei en hulle oor die berge en oor die heuwels laat rondswerf. Hulle het hulle rusplek vergeet. 7 Almal wat hulle gevind het, het hulle verslind,+ en hulle vyande het gesê: ‘Ons is nie skuldig nie, want hulle het teen Jehovah gesondig, teen Jehovah, die woonplek van regverdigheid en die hoop van hulle voorvaders.’”

 8 “Vlug uit Babilon uit,

gaan uit die land van die Galdeërs uit,+

en wees soos die diere wat voor die kudde loop en wat hulle lei.

 9 Want ek versamel en bring teen Babilon

’n groep groot nasies uit die land van die noorde.+

Hulle sal in gevegsformasie teen haar uitgaan.

Van daar af sal sy ingeneem word.

Hulle pyle is soos dié van ’n vegter

wat ouers van hulle kinders beroof.+

Dit kom nie terug sonder resultate nie.

10 Galdeʹa sal gestroop word.+

Almal wat haar stroop, sal heeltemal versadig word,”+ sê Jehovah.

11 “Want julle was heeltyd vrolik+ en bly

toe julle my erfdeel gestroop het.+

Want julle het bly huppel soos ’n jong koei in die gras,

en julle het soos hingste bly runnik.

12 Julle ma is verneder.+

Sy wat aan julle geboorte gegee het, is teleurgestel.

Sy is die onbelangrikste van die nasies,

’n waterlose wildernis en ’n woestyn.+

13 As gevolg van die woede van Jehovah sal sy nie bewoon word nie.+

Sy sal heeltemal verlate word.+

Elkeen wat by Babilon verbygaan, sal geskok staar

en fluit as gevolg van al haar plae.+

14 Kom aan alle kante in gevegsformasie teen Babilon op,

julle almal wat die boog span.*

Skiet na haar, moet geen pyl spaar nie,+

want dit is teen Jehovah dat sy gesondig het.+

15 Roep aan alle kante ’n oorlogskreet teen haar uit.

Sy het oorgegee.*

Haar pilare het geval, haar mure is afgebreek,+

want dit is die wraak van Jehovah.+

Neem wraak op haar.

Doen aan haar net soos sy gedoen het.+

16 Roei die saaier uit Babilon uit,

en die een wat die sekel in die oestyd hanteer.+

As gevolg van die wrede swaard sal elkeen na sy eie volk terugkeer.

Elkeen sal na sy eie land vlug.+

17 “Die Israeliete is skape wat verstrooi is.+ Leeus het hulle uitmekaargejaag.+ Eers het die koning van Assiʹrië hulle verslind,+ en toe het koning Nebukadneʹsar* van Babilon aan hulle beendere geknaag.+ 18 Daarom sê Jehovah van die leërmagte, die God van Israel: ‘Ek sal met die koning van Babilon en sy land afreken net soos ek met die koning van Assiʹrië afgereken het.+ 19 En ek sal Israel na sy weiveld terugbring,+ en hy sal in Karmel en in Basan wei,+ en op die berge van Eʹfraim+ en van Giʹlead+ sal hy versadig word.’”

20 “In daardie dae en in daardie tyd,” sê Jehovah,

“sal daar na Israel se oortreding gesoek word,

maar dit sal nie daar wees nie,

en die sondes van Juda sal nie gevind word nie,

want ek sal dié vergewe wat ek laat oorbly.”+

21 “Gaan op teen die land Merataʹim en teen die inwoners van Pekod.+

Laat hulle uitgemoor en heeltemal vernietig word,”* sê Jehovah.

“Doen alles wat ek jou beveel het.

22 Daar is die geluid van oorlog in die land,

’n groot ramp.

23 Kyk hoe is die hamer* van die hele aarde afgekap en gebreek!+

En kyk hoe Babilon iets skokkends onder die nasies geword het!+

24 Ek het vir jou ’n strik gestel, en jy is gevang, o Babilon,

en jy het dit nie geweet nie.

Jy is gevind en gevang,+

want dit is Jehovah wat jy teëgestaan het.

25 Jehovah het sy stoorkamer oopgemaak,

en hy bring die wapens van sy woede uit.+

Want die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte, het ’n werk

in die land van die Galdeërs.

26 Kom teen haar op vanuit afgeleë plekke.+

Maak haar graanskure oop.+

Stapel haar op soos hope graan.

Vernietig haar heeltemal.*+

Mag sy niemand oorhê nie.

27 Slag al haar jong bulle.+

Laat hulle afgaan om geslag te word.

Dit is verby met hulle, want hulle dag het gekom,

hulle tyd van afrekening!

28 Daar is die geluid van dié wat vlug,

dié wat ontsnap uit die land van Babilon

om in Sion die wraak van Jehovah ons God aan te kondig,

die wraak vir sy tempel.+

29 Roep boogskutters teen Babilon,

almal wat die boog span.*+

Slaan rondom haar kamp op. Laat niemand ontsnap nie.

Betaal haar terug vir haar dade.+

Doen aan haar net soos sy gedoen het.+

Want sy het hoogmoedig teen Jehovah opgetree,

teen die Heilige van Israel.+

30 Daarom sal haar jong manne op haar openbare pleine val,+

en al haar soldate sal op daardie dag sterf,”* sê Jehovah.

31 “Ek is teen jou,+ jy wat so uitdagend is,”+ sê die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte,

“want jou dag sal kom, die tyd dat ek jou sal straf.

32 Jy, jy wat so uitdagend is, sal struikel en val,

met niemand om jou op te help nie.+

En ek sal jou stede aan die brand steek,

en die vuur sal alles om jou verteer.”

33 Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:

“Israel en Juda word onderdruk,

en almal wat hulle gevange geneem het, het hulle vasgehou.+

Hulle het geweier om hulle te laat gaan.+

34 Maar hulle Terugkoper is sterk.+

Jehovah van die leërmagte is sy naam.+

Hy sal hulle regsaak beslis verdedig,+

om die land rus te gee+

en om ontsteltenis oor die inwoners van Babilon te bring.”+

35 “Daar is ’n swaard teen die Galdeërs,” sê Jehovah,

“teen die inwoners van Babilon en teen haar leiers en teen haar wyses.+

36 Daar is ’n swaard teen die valse profete,* en hulle sal soos dwase mense optree.

Daar is ’n swaard teen haar vegters, en hulle sal baie bang word.+

37 Daar is ’n swaard teen hulle perde en hulle strydwaens

en teen al die gemengde bevolkings wat in haar is,

en hulle sal soos vrouens word.+

Daar is ’n swaard teen haar skatte, en dit sal weggeneem word.+

38 Daar is ’n verwoesting oor haar waters, en dit sal opgedroog word.+

Want dit is ’n land van afgodsbeelde,+

en as gevolg van hulle skrikwekkende visioene bly hulle soos mal mense optree.

39 Daarom sal die woestyndiere saam met die huilende diere bly,

en die volstruise sal in haar bly.+

Sy sal nooit weer bewoon word nie,

en sy sal in alle geslagte nie ’n woonplek wees nie.”+

40 “Net soos toe God Sodom en Gomorʹra+ en hulle naburige dorpe vernietig het,”+ sê Jehovah, “sal niemand daar bly nie en sal geen mens daar gaan woon nie.+

41 Daar kom ’n volk uit die noorde.

’n Groot nasie en groot konings+ sal kom

uit die mees afgeleë dele van die aarde.+

42 Hulle hanteer die boog en die spies.+

Hulle is wreed en sal geen genade betoon nie.+

Hulle geluid is soos die gedruis van die see,+

terwyl hulle op hulle perde ry.

Soos een man kom hulle in gevegsformasie teen jou, o dogter van Babilon.+

43 Die koning van Babilon het die berig oor hulle gehoor,+

en sy hande word slap.+

Angs oorweldig hom,

pyn soos dié van ’n vrou wat geboorte gee.

44 “Iemand sal soos ’n leeu uit die digte bosse langs die Jordaanrivier opkom teen die veilige weivelde, maar ek sal hulle skielik van haar af laat vlug. En ek sal die een wat uitgekies is, oor haar aanstel.+ Want wie is soos ek, en wie sal my uitdaag? Watter herder kan voor my staande bly?+ 45 Hoor dus, o manne, wat Jehovah teen Babilon besluit het+ en wat hy teen die land van die Galdeërs uitgedink het:

Die kleintjies van die kudde sal beslis weggesleep word.

Hy sal hulle woonplek verlate laat word as gevolg van hulle.+

46 Wanneer Babilon ingeneem word, sal daar so ’n geraas wees dat die aarde sal bewe,

en ’n geskree sal onder die nasies gehoor word.”+

51 Dít is wat Jehovah sê:

“Ek laat ’n verwoestende wind opkom

teen Babilon+ en die inwoners van Leb-Kamai.*

 2 Ek sal mense na Babilon stuur,

en hulle sal haar soos kaf in die wind verstrooi en haar land leegmaak.

In die dag van rampspoed sal hulle van alle kante teen haar opkom.+

 3 Laat die boogskutter nie sy boog span* nie.

En laat niemand opstaan terwyl hy sy pantser* dra nie.

Moenie enige genade aan haar jong manne betoon nie.+

Vernietig haar hele leërmag.

 4 En hulle sal dood neerval in die land van die Galdeërs,

deurboor op haar strate.+

 5 Want Jehovah van die leërmagte het Israel en Juda nie verlaat nie.+ Hulle is nie weduwees nie.

Maar hulle land* is vol skuld vanuit die standpunt van die Heilige van Israel.

 6 Vlug uit Babilon uit!

Vlug vir julle lewe!+

Moenie sterf as gevolg van haar oortreding nie.

Want dit is die tyd vir Jehovah se wraak.

Hy betaal haar terug vir wat sy gedoen het.+

 7 Babilon was ’n goue beker in die hand van Jehovah.

Sy het die hele aarde dronk gemaak.

Die nasies het van haar wyn gedrink,+

en daarom het die nasies mal geword.+

 8 Skielik het Babilon geval en is sy gebreek.+

Huil oor haar!+

Gaan haal balsem vir haar pyn. Miskien kan sy genees word.”

 9 “Ons het Babilon probeer genees, maar sy kon nie genees word nie.

Verlaat haar en laat ons gaan, elkeen na sy eie land.+

Want haar oordeel het tot aan die hemel gereik.

Dit is so hoog soos die wolke.+

10 Jehovah het vir ons geregtigheid gebring.+

Kom en laat ons in Sion die werk van Jehovah ons God verkondig.”+

11 “Maak die pyle skerp,+ en neem die ronde skilde.*

Jehovah het die gees van die konings van die Mede opgewek+

omdat hy Babilon wil vernietig.

Want dit is die wraak van Jehovah, die wraak vir sy tempel.

12 Rig ’n teken* op+ teen die mure van Babilon.

Versterk die wag, sit die wagte op hulle poste.

Maak gereed om skielik aan te val.

Want Jehovah het die strategie uitgedink,

en hy sal doen wat hy teen die inwoners van Babilon belowe het.”+

13 “O vrou wat op baie waters woon,+

met ’n oorvloed skatte,+

jy en jou winsmakery* het tot ’n einde gekom.+

14 Jehovah van die leërmagte het by homself gesweer:

‘Ek sal jou met manne vul, so baie soos sprinkane,

en hulle sal uitroep as gevolg van hulle oorwinning oor jou.’+

15 Hy is die Maker van die aarde deur sy krag,

die Een wat die vrugbare land gevestig het deur sy wysheid+

en wat die hemel uitgespan het deur sy verstand.+

16 Wanneer hy sy stem laat hoor,

is die water in die hemel onstuimig,

en hy laat wolke* van die eindes van die aarde af opstyg.

Hy maak weerlig* vir die reën,

en hy bring die wind uit sy stoorkamers uit.+

17 Elke mens tree onverstandig en sonder kennis op.

Elke metaalwerker sal verneder word as gevolg van sy beeld,+

want sy metaalbeeld is ’n leuen,

en daar is geen gees* in hulle nie.+

18 Hulle is nutteloos,*+ werke wat ’n bespotting is.

Wanneer hulle dag van afrekening kom, sal hulle verdwyn.

19 Die Deel van Jakob is nie soos hierdie dinge nie,

want hy is die Een wat alles gemaak het,

selfs die staf van sy erfdeel.+

Jehovah van die leërmagte is sy naam.”+

20 “Jy is ’n oorlogsknuppel vir my, ’n wapen vir die geveg,

want met jou sal ek nasies stukkend slaan.

Met jou sal ek koninkryke verwoes.

21 Met jou sal ek die perd en sy ruiter stukkend slaan.

Met jou sal ek die strydwa en sy ruiter stukkend slaan.

22 Met jou sal ek man en vrou stukkend slaan.

Met jou sal ek ou man en seun stukkend slaan.

Met jou sal ek jong man en jong vrou stukkend slaan.

23 Met jou sal ek die herder en sy kudde stukkend slaan.

Met jou sal ek die boer en sy span diere stukkend slaan.

Met jou sal ek goewerneurs en amptenare stukkend slaan.

24 En ek sal Babilon en al die inwoners van Galdeʹa terugbetaal

vir al die goddeloosheid wat hulle in Sion voor julle oë gedoen het,”+ sê Jehovah.

25 “Ek is teen jou,+ o verwoestende berg,” sê Jehovah,

“jy wat die hele aarde vernietig.+

Ek sal my hand teen jou uitsteek en jou van die kranse afrol

en jou ’n uitgebrande berg maak.”

26 “Mense sal nie ’n hoeksteen of ’n fondamentsteen uit jou neem nie,

want jy sal vir ewig verlate wees,”+ sê Jehovah.

27 “Rig ’n teken* in die land op.+

Blaas ’n horing onder die nasies.

Stel die nasies teen haar aan.*

Roep die koninkryke van Aʹrarat,+ Minni en Asʹkenas+ om teen haar te kom.

Stel ’n offisier teen haar aan om meer soldate te kry.

Laat die perde soos stekelrige sprinkane opkom.

28 Stel die nasies teen haar aan,*

die konings, die goewerneurs en al die amptenare van Medië+

en al die lande waaroor hulle regeer.

29 Die aarde sal skud en bewe,

want Jehovah se gedagtes teen Babilon sal uitgevoer word

om die land van Babilon iets skokkends te maak, sonder ’n enkele inwoner.+

30 Die vegters van Babilon het ophou veg.

Hulle sit in hulle vestings.

Hulle het nie meer krag nie.+

Hulle het soos vrouens geword.+

Haar huise is aan die brand gesteek.

Haar grendels is gebreek.+

31 Die een hardloper hardloop om die ander hardloper te ontmoet,

en die een boodskapper om die ander boodskapper te ontmoet,

om vir die koning van Babilon te vertel dat sy stad aan alle kante ingeneem is,+

32 dat die driwwe beset is,+

dat die papirusbote met vuur verbrand is

en dat die soldate baie bang is.”

33 Want dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê:

“Die dogter van Babilon is soos ’n dorsvloer.

Dit is die tyd om haar vas te stamp.

Binnekort sal die oestyd vir haar kom.”

34 “Koning Nebukadneʹsar* van Babilon het my verslind,+

en hy het my verwar.

Hy het my soos ’n leë houer neergesit.

Hy het my ingesluk, soos ’n groot slang.+

Hy het sy maag met my kosbare dinge gevul.

Hy het my weggespoel.

35 ‘Mag die geweld wat aan my en my liggaam gedoen is, oor Babilon kom!’ sê die inwoner van Sion.+

‘En mag my bloed oor die inwoners van Galdeʹa kom!’ sê Jerusalem.”

36 Daarom sê Jehovah:

“Ek verdedig jou regsaak,+

en ek sal vir jou wraak neem.+

Ek sal haar see opdroog, en ek sal haar putte sonder water laat.+

37 En Babilon sal kliphope word,+

’n lêplek van jakkalse,+

iets skokkends en iets om oor te fluit,

sonder ’n enkele inwoner.+

38 Hulle sal almal saam soos jong leeus* brul.

Hulle sal soos leeuwelpies grom.”

39 “Wanneer hulle begeertes sterk is, sal ek vir hulle ’n feesmaal voorberei en hulle dronk maak,

sodat hulle bly kan wees.+

Dan sal hulle permanent slaap,

en hulle sal nie wakker word nie,”+ sê Jehovah.

40 “Ek sal hulle soos lammers afbring om geslag te word,

soos skaapramme en bokke.”

41 “Kyk hoe is Sesag* ingeneem,+

hoe die Lof van die hele aarde verower is!+

Kyk hoe Babilon iets skokkends onder die nasies geword het!

42 Die see het oor Babilon opgekom.

Sy is deur baie golwe van die see bedek.

43 Haar stede het iets skokkends geword, ’n waterlose land en ’n woestyn.

’n Land waar niemand sal woon nie en waardeur geen mens sal trek nie.+

44 Ek sal my aandag rig op Bel+ in Babilon,

en ek sal uit sy mond haal wat hy ingesluk het.+

Nasies sal nie meer na hom toe stroom nie,

en die muur van Babilon sal val.+

45 Gaan uit haar uit, my volk!+

Vlug vir julle lewe,+ weg van die brandende woede van Jehovah!+

46 Moenie moed verloor of bang word as gevolg van die berig wat in die land gehoor sal word nie.

In een jaar sal die berig kom,

en in die volgende jaar nog ’n berig,

van geweld in die land en van heerser teen heerser.

47 Daarom kom die dae

wanneer ek my aandag op die afgodsbeelde van Babilon sal rig.

Haar hele land sal verneder word,

en almal wat in haar doodgemaak is, sal in haar lê.+

48 Die hemel en die aarde en alles wat in hulle is,

sal van vreugde uitroep oor Babilon,+

want die vernietigers sal uit die noorde na haar toe kom,”+ sê Jehovah.

49 “Babilon het nie net dié wat in Israel doodgemaak is, in haar laat lê nie,+

maar almal wat op die aarde doodgemaak is, het ook in Babilon gelê.

50 Julle wat van die swaard ontsnap het, hou aan vlug, moenie stilstaan nie!+

Dink van ver af aan Jehovah,

en laat Jerusalem in julle hart opkom.”+

51 “Ons is verneder, want ons het gehoor hoe daar gespot word.

Vernedering het ons gesigte bedek,

want uitlanders* het teen die heilige plekke van die huis van Jehovah gekom.”+

52 “Daarom kom die dae,” sê Jehovah,

“wanneer ek my aandag op haar afgodsbeelde sal rig,

en in haar hele land sal die gewondes kreun.”+

53 “Al sou Babilon na die hemel opgaan,+

selfs al sou sy haar toringhoë vestings versterk,

sal haar vernietigers van my af kom,”+ sê Jehovah.

54 “Luister! Daar is ’n geskree uit Babilon,+

die geluid van ’n groot ramp uit die land van die Galdeërs,+

55 Want Jehovah vernietig Babilon.

Hy sal haar harde stem stilmaak,

en hulle golwe sal druis soos baie water.

Die geluid van hulle stem sal gehoor word.

56 Want die vernietiger sal oor Babilon kom.+

Haar vegters sal gevange geneem word,+

en hulle boog sal stukkend geslaan word,

want Jehovah is ’n God van straf.+

Hy sal beslis terugbetaal.+

57 Ek sal haar leiers en haar wyse manne dronk maak,+

haar goewerneurs en haar amptenare en haar vegters.

Hulle sal permanent slaap,

en hulle sal nie wakker word nie,”+ sê die Koning, wie se naam Jehovah van die leërmagte is.

58 Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê:

“Al is die muur van Babilon breed, sal dit heeltemal afgebreek word,+

en al is haar poorte hoog, sal dit aan die brand gesteek word.

Die volke sal verniet hard werk.

Die nasies sal hulle uitput, maar net om brandstof op die vuur te sit.”+

59 Die profeet Jeremia het vir Seraʹja, die seun van Neriʹa,+ die seun van Magseʹja, die volgende bevel gegee toe hy saam met koning Sedekiʹa van Juda na Babilon gegaan het. Dit was in die vierde jaar nadat koning Sedekiʹa koning geword het. Seraʹja was toe die kwartiermeester. 60 Jeremia het in een boek al die rampspoed geskryf wat oor Babilon sou kom, al hierdie woorde wat teen Babilon geskryf is. 61 Verder het Jeremia vir Seraʹja gesê: “Wanneer jy by Babilon kom en dit sien, moet jy al hierdie woorde hardop lees. 62 Sê dan: ‘O Jehovah, u het teen hierdie plek gepraat en gesê dat dit vernietig sal word en sonder ’n enkele inwoner – mens of dier – sal wees, en dat dit vir ewig verlate sal wees.’+ 63 En wanneer jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ’n klip daaraan vasbind en dit in die Eufraatrivier gooi. 64 Sê dan: ‘So sal Babilon sink en nooit weer opkom nie+ as gevolg van die rampspoed wat ek oor haar bring, en hulle sal moeg word.’”+

Hier eindig die woorde van Jeremia.

52 Sedekiʹa+ was 21 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 11 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Hamuʹtal,+ die dogter van Jeremia, uit Libna. 2 Hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë, net soos Jojaʹkim gedoen het.+ 3 Dit was as gevolg van Jehovah se woede dat hierdie dinge in Jerusalem en in Juda gebeur het, en hy het hulle uiteindelik heeltemal verwerp.+ En Sedekiʹa het teen die koning van Babilon in opstand gekom.+ 4 In die negende jaar nadat Sedekiʹa koning geword het, in die tiende maand, op die tiende dag van die maand, het koning Nebukadneʹsar* van Babilon met sy hele leërmag teen Jerusalem opgetrek. Hulle het daar kamp opgeslaan en ’n beleëringsmuur reg rondom die stad gebou.+ 5 En die stad is tot die 11de jaar van koning Sedekiʹa beleër.

6 In die vierde maand, op die negende dag van die maand,+ toe die hongersnood in die stad baie erg was en daar geen kos was vir die volk van die land nie,+ 7 is daar uiteindelik deur die stad se muur gebreek. Terwyl die Galdeërs die stad omsingel het, het al die soldate in die nag deur die poort tussen die twee mure naby die koning se tuin uit die stad gevlug, en hulle het gebly op die pad van die Aʹraba.+ 8 Maar die leërmag van die Galdeërs het die koning agternagesit, en hulle het Sedekiʹa+ in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal, en al sy soldate wat saam met hom was, is verstrooi. 9 Toe het hulle die koning gevang en hom na die koning van Babilon geneem, in Ribla, in die land Hamat, en hy het hom gevonnis. 10 En die koning van Babilon het Sedekiʹa se seuns voor sy oë doodgemaak, en hy het ook al die leiers van Juda daar in Ribla doodgemaak. 11 Toe het die koning van Babilon Sedekiʹa se oë verblind,+ sy voete in koperboeie gesit, hom na Babilon geneem en hom tot die dag van sy dood gevange gehou.

12 In die vyfde maand, op die tiende dag van die maand, dit wil sê in die 19de jaar van koning Nebukadneʹsar,* die koning van Babilon, het Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, wat ’n dienaar van die koning van Babilon was, na Jerusalem gekom.+ 13 Hy het die huis van Jehovah, die koning se paleis en al die huise van Jerusalem afgebrand.+ Hy het ook elke groot huis afgebrand. 14 En die hele Galdese leërmag wat saam met die hoof van die wagte was, het die mure om Jerusalem afgebreek.+

15 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het van die arm mense van die volk en die res van die volk wat in die stad oorgebly het, in ballingskap weggeneem. Hy het ook die mense geneem wat na die koning van Babilon oorgeloop het, sowel as die res van die vaardige ambagsmanne.+ 16 Maar Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het van die armste mense van die land agtergelaat om wingerde te bewerk en om as slawe te werk.+

17 Die Galdeërs het die koperpilare+ van die huis van Jehovah en die waentjies+ en die Kopersee+ wat in die huis van Jehovah was, in stukke gebreek, en hulle het al die koper na Babilon weggedra.+ 18 Hulle het ook die kanne geneem, sowel as die grawe, die blussers, die bakke,+ die bekers+ en al die voorwerpe van koper wat in die diens by die tempel gebruik is. 19 Die hoof van die wagte het die komme,+ die vuurbakke, die bakke, die kanne, die lampstaanders,+ die bekers en die bakke wat van egte goud en silwer was, geneem.+ 20 Die koper van die twee pilare, die See, die 12 koperbulle+ onder die See en die waentjies wat koning Salomo vir die huis van Jehovah gemaak het, was te veel om geweeg te word.

21 Elkeen van die pilare was 18 el* hoog, en ’n maatlyn van 12 el kon daarom gespan word.+ Dit was vier vingerbreedtes* dik, en dit was hol. 22 En die kopstuk daarop was van koper. Die een kopstuk was vyf el hoog,+ en die netwerk en die granate reg rondom die kopstuk was alles van koper gemaak. Die tweede pilaar was presies dieselfde, en ook die granate. 23 Daar was 96 granate aan die kante, en daar was altesaam 100 granate reg rondom die netwerk.+

24 Die hoof van die wagte het ook die hoofpriester Seraʹja,+ die tweede priester Sefanʹja+ en die drie deurwagters saamgeneem.+ 25 Hy het ook een hofbeampte wat oor die soldate aangestel was, uit die stad geneem, sowel as sewe van die koning se raadgewers wat in die stad was, die sekretaris van die hoof van die leërmag, wat die volk van die land opgeroep het, en 60 manne van die gewone mense van die land wat nog in die stad was. 26 Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het hulle na die koning van Babilon in Ribla geneem. 27 Die koning van Babilon het hulle doodgemaak in Ribla,+ in die land Hamat. So het Juda uit sy land in ballingskap gegaan.+

28 Die aantal mense wat Nebukadneʹsar* in die sewende jaar in ballingskap weggeneem het, was 3 023 Jode.+

29 In die 18de jaar van Nebukadneʹsar*+ is 832 mense uit Jerusalem geneem.

30 In die 23ste jaar van Nebukadneʹsar* het Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, Jode in ballingskap weggeneem: 745 mense.+

Altesaam is 4 600 mense in ballingskap weggeneem.

31 Toe, in die 37ste jaar van die ballingskap van koning Jojaʹgin+ van Juda, in die 12de maand, op die 25ste dag van die maand, in die jaar toe koning Eʹwil-Meroʹdag van Babilon koning geword het, het hy koning Jojaʹgin van Juda vrygelaat* en hom uit die tronk uitgebring.+ 32 Hy het hom goed behandel en hom meer geëer as die ander konings* wat saam met hom in Babilon was. 33 Jojaʹgin het sy gevangenisklere uitgetrek, en hy het vir die res van sy lewe aan die koning se tafel geëet. 34 Hy het dag ná dag, tot die dag van sy dood, al die dae van sy lewe, kos van die koning van Babilon ontvang.

Beteken moontlik “Jehovah verhef”.

Of “gekies”.

Lett. “voordat jy uit die baarmoeder voortgekom het”.

Of “afgesonder”.

Of “jongmens”.

Lett. “van een wat wakker word”.

Lett. “wat aangeblaas word”. Dit dui op ’n vuur onder die pot wat aangeblaas word.

Lett. “jou heupe omgord”.

Of “jou nie verslaan nie”.

Of “in die ore van”.

Of “die lojale liefde van jou jeug”.

Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.

Of “eilande”.

Of “uitgekap”, waarskynlik uit rots.

Of “Jong maanhaarleeus”.

Of “Memfis”.

’n Sytak van die Nylrivier.

Die Eufraatrivier.

Of “alkali”.

Of “loog”.

Lett. “haar maand”.

Of “vreemde gode”.

Of “haar trouserp”.

Lett. “Arabier”.

Lett. “die voorkop”.

Lett. “weë”.

Of “vreemde gode”.

Of moontlik “julle man”.

Lett. “van die leërmagte van die nasies”.

Lett. “metgesel”.

Of “die skandelike god”.

Of “seinpaal”.

Of “slaan op julle bors”.

Lett. “sal die koning se hart ingee”.

Lett. “en die hart van die leiers”.

Digterlike verpersoonliking, moontlik om jammerte of simpatie uit te druk.

D.w.s. dié wat die stad dophou om vas te stel wanneer om aan te val.

Lett. “my ingewande”.

Lett. “in die wande van my hart”.

Of moontlik “die geluid van die oorlogskreet”.

Of “seinpaal”.

Of “wys”.

Of “spyt voel”.

Of “oogskadu”.

Of moontlik “’n siek vrou”.

Lett. “hulle het nie swak geword nie”.

Of moontlik “Hy bestaan nie”.

D.w.s. God se woord.

Lett. “dwase volk sonder hart”.

Lett. “Heilig”.

Of “vars”.

Of “vars”.

Lett. “nie besny nie”.

Lett. “dié wat vol van dae is”.

Of “breuk”.

Of “onderrigting”.

Lett. “geboortepyne”.

D.w.s. Jeremia.

Lett. “Hulle”. Verwys na al die geboue van die tempel.

Lett. “vaderlose seuns”.

Of “onskuldige bloed . . . vergiet nie”.

Of “van ewigheid tot ewigheid”.

Of “offerrook”.

Lett. “vroeg opgestaan en”.

Die titel van ’n godin wat deur afvallige Israeliete aanbid is, moontlik ’n vrugbaarheidsgodin.

Of “aanstoot gee; kwaad maak”.

Of “raad”.

Lett. “daagliks vroeg opgestaan en gestuur”.

Lett. “Maar hulle het hulle nek verhard”.

Lett. “is afgesny van hulle mond”.

Of “toegewyde”.

Sien Woordelys, “Gehenna”.

Of “waaraan ek nooit eers gedink het nie”.

Sien Woordelys, “Gehenna”.

Of “vasgestelde tye”.

Of moontlik “kraanvoël”.

Of “migrasie”.

Of “onderrigting”.

Of “stif”.

Of “breuk”.

Of “besweer”.

Of “strelende salf”.

Of “onderrigting”.

’n Soort bitter plant.

Of “’n bedrogspul”.

Of “kapmes”.

Vs. 11 is oorspronklik in Aramees geskryf.

Of “dampe”.

Of moontlik “sluise”.

Of “asem”.

Of “’n bedrogspul”.

Of “slinger”.

Of “breuk”.

Blykbaar aan Jeremia gerig.

Of “Laat dit so wees”.

Lett. “deur vroeg op te staan en te vermaan”.

Of “offerrook laat opgaan”.

Of “die skandelike god”.

D.w.s. Jeremia.

D.w.s. offerandes wat in die tempel geoffer is.

Of “diepste emosies”. Lett. “niere”.

Of “diepste emosies”. Lett. “niere”.

Of “gespikkelde”.

Of moontlik “Dit treur”.

Of “neem dit ter harte”.

Lett. “enige vlees”.

Sien Woordelys.

Of “die dame”.

Of “beleër”.

Of “Etiopiër”.

Of “skandelike”.

Of “hulle geringes”.

Of “die waterslote; die reënputte”.

Of moontlik “vier soorte oordele”. Lett. “vier families”.

Of moontlik “Jy hou aan om agteruit te loop”.

Of “om spyt te voel”.

Of “met ’n vurk uitwan”.

Of moontlik “en dit het beskaamd gestaan en verleë gevoel”.

Lett. “Moet my nie wegneem”.

Of “’n boodskap van veroordeling”.

Of “sal jy my woordvoerder word”.

Of “jou nie verslaan nie”.

Heidense rougebruike wat blykbaar in afvallige Israel beoefen is.

Lett. “is op al hulle weë”.

Lett. “die lyke”.

Of “op die tafel van”.

Sien Woordelys.

Of moontlik “want soos ’n vuur is jy in my woede aangesteek”.

Of “sterk man”.

Lett. “wat vlees sy arm maak”.

Of “sterk man”.

Of “verraderliker”.

Of moontlik “ongeneeslik”.

Of “diepste emosies”. Lett. “niere”.

Of “wat rykdom verkry, maar nie deur geregtigheid nie”.

Lett. “van my”. Verwys blykbaar na Jehovah.

Of “vernietig hulle twee keer”.

Lett. “hulle het hulle nek verhard”.

Of “suide”.

Lett. “soos dit reg was in die oë van die pottebakker om te maak”.

Of “spyt voel oor”.

Of “spyt voel oor”.

Lett. “te vorm”.

Of “offerrook”.

Of “wat nie opgevul is nie”.

Of “onderrigting”.

Lett. “hom met die tong slaan”.

Of “siel”.

Lett. “se ore sal tuit”.

Of “waaraan ek nooit eers gedink het nie”.

Lett. “hulle nek verhard het”.

Of “diepste emosies”. Lett. “niere”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “ek keer die oorlogswapens om”.

Of “hulle”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Sien Woordelys.

Lett. “huis”.

Lett. “vaderlose seun”.

Of “onskuldige bloed . . . vergiet nie”.

Lett. “heilig”.

Ook Joahas genoem.

Lett. “met vermiljoen”.

Of “onskuldige bloed te vergiet”.

Lett. “geboortepyne”.

Ook Jojagin en Jegonja genoem.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “waarna hulle siel verlang”.

Of “land”.

Lett. “dae”.

Of “erfgenaam”.

Of “afvallig”.

Lett. “Hulle versterk die hande van kwaaddoeners”.

’n Soort bitter plant.

Of “Hulle gee julle leë hoop”.

Of “smeehamer”.

Of “boodskap wat ’n swaar las is”. Die Hebreeuse woord het ’n dubbele betekenis: “’n gewigtige verklaring van God” of “iets wat ’n las is”.

Of “boodskap wat ’n swaar las is”.

Of “boodskap wat ’n swaar las is”.

Of “boodskap wat ’n swaar las is”.

Of “boodskap wat ’n swaar las is”.

Of “boodskap wat ’n swaar las is”.

Of “boodskap wat ’n swaar las is”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Ook Jojagin en Gonja genoem.

Of moontlik “bouers van verskansings”.

D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.

Lett. “’n spreekwoord”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “aan”.

Lett. “het vroeg opgestaan en”.

Lett. “het vroeg opgestaan en”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Blykbaar ’n kriptografiese naam vir Babel (Babilon).

Of “jong maanhaarleeu”.

Of “aangaande”.

Of “neer te buig”.

Of “spyt voel”.

Of “onderrigting”.

Lett. “vroeg opgestaan en gestuur het”.

Lett. “huis”.

Of “spyt voel”.

Of “’n ruïne”.

Of “soos ’n beboste heuwel”.

Of “en die aangesig van Jehovah probeer versag”.

Of “spyt gevoel het”.

Lett. “aan wie dit reg is in my oë”.

Lett. “rus”.

Lett. “huis”.

D.w.s. die Kopersee van die tempel.

Lett. “huis”.

Lett. “jare van dae”.

D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.

Of “Laat dit so wees!”

D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.

Of “die dame”.

Of moontlik “bouers van verskansings”.

Of moontlik “oopgebarste”.

Lett. “vroeg opgestaan en gestuur het”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “skandpaal”.

Of “lendene”.

Lett. “groot”.

Lett. “bande”.

Of “uitlanders”.

Of “hulle”.

Of “teregwys”.

Of moontlik “geëerd”.

Lett. “sy hart as pand gee”.

Of “aangehou om lojale liefde aan jou te betoon”.

Of “uitgaan in die dans van dié wat lag”.

Of “wadi’s”. Sien Woordelys.

Of “terugeis”.

Of “die goeie dinge van”.

Of “hulle siele”.

Of “die siele van die priesters”.

Lett. “met vettigheid”.

Of “kinders”.

Lett. “ingewande”.

Of “siel”.

Of “elke siel”.

Of “nageslag”.

Lett. “die seuns se tande het stomp geword”.

Of moontlik “hulle man”.

Of “wetsbepalings”.

Of “vetterige as”, d.w.s. as wat met die vet van die offerandes deurdrenk is.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “huis”.

D.w.s. sy oom aan sy pa se kant.

’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.

Lett. “in die boesem van”.

Lett. “U is groot in raad”.

Lett. “skanse”.

Lett. “alle vlees”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “vroeg opgestaan en [hulle] onderrig”.

Sien Woordelys, “Gehenna”.

Of “deur die vuur te laat gaan”.

Of “Ek het nooit eers daaraan gedink”.

Sien Woordelys.

Lett. “skanse”.

Of “erfgenaam”.

Lett. “saad”.

Of “wetsbepalings”.

Lett. “saad”.

Lett. “saad”.

Lett. “saad”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “vandag”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “vroeg opgestaan en gepraat”.

Lett. “vroeg opgestaan en gestuur”.

Of “oorskrywer”.

Lett. “huis”.

Of “hofbeamptes”.

Die laaste helfte van November en die eerste helfte van Desember. Sien Aanh. B15.

Lett. “saad”.

Ook Jojagin en Jegonja genoem.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “die huis van die boeie”.

Lett. “die huis van die reënput, in die gewelfde kamers”.

Lett. “huis”.

Lett. “wat na die Galdeërs uitgaan”.

Lett. “hande”.

Of “hofbeampte”.

Lett. “huis”.

Lett. “huis”.

Lett. “huis”.

Lett. “jy uitgaan na”.

Lett. “jy nie uitgaan na”.

Lett. “om uit te gaan”.

Lett. “huis”.

Lett. “Die manne van u vrede”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of, volgens ’n ander woordverdeling van die Hebreeuse teks: “Nergal-Sareser, Samgar-Nebo, Sarsegim, Rabsaris”.

Of “die hooftowenaar (hoofsterrevoorspeller)”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “huis”.

Of moontlik “wingerde gegee en verpligte diens opgelê”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “die hoofhofbeampte”.

Of “die hooftowenaar (hoofsterrevoorspeller)”.

D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.

Lett. “om te staan”.

Lett. “die saad van die koninkryk”.

Of moontlik “groot poel”.

Of “bedroef”.

Of “’n tyd lank daar gaan woon”.

Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “sonder dat hy seergekry het”.

Of “obeliske”.

Of “huis (tempel) van die son”, d.w.s. Heliopolis.

Of “Memfis”.

Lett. “vroeg opgestaan en gestuur”.

Of “het hulle nie verpletter gevoel nie”.

Lett. “ons mond”.

Die titel van ’n godin wat deur afvallige Israeliete aanbid is, moontlik ’n vrugbaarheidsgodin.

Die titel van ’n godin wat deur afvallige Israeliete aanbid is, moontlik ’n vrugbaarheidsgodin.

Die titel van ’n godin wat deur afvallige Israeliete aanbid is, moontlik ’n vrugbaarheidsgodin.

Die titel van ’n godin wat deur afvallige Israeliete aanbid is, moontlik ’n vrugbaarheidsgodin.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “verwag”.

Lett. “vlees”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.

’n Pantser is ’n beskermende kledingstuk wat deur ’n vegter gedra is.

Lett. “trap”.

Of “slagting”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “Memfis”.

Lett. “vasgestelde tyd”.

D.w.s. Egipte se oorwinnaar.

Of “Memfis”.

Of moontlik “Dit sal ’n wildernis word”.

Of “hout bymekaarmaak”.

D.w.s. Tebe.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “saad”.

Of “teregwys”.

D.w.s. Kreta.

D.w.s., hulle sal hulle koppe skeer omdat hulle treur en skaam kry.

Of “veilige hoogte”.

Of “hoogvlakte”.

Of moontlik “op die droë grond”.

Of “hoogvlakte”.

Lett. “horing”.

Of “onstuimig wees”.

D.w.s. ’n fluit waarmee ’n treurlied by ’n begrafnis gespeel word.

Of “onstuimig wees”.

D.w.s. ’n fluit waarmee ’n treurlied by ’n begrafnis gespeel word.

Of moontlik “die geluid van die oorlogskreet”.

Of “omliggende”.

Of “skaapkrale”.

Lett. “vloeiende”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “begin”.

Of “seinpaal”.

Die Hebreeuse uitdrukking vir “walglike afgode” is moontlik verwant aan ’n woord vir “ontlasting” en word gebruik om veragting aan te dui.

Lett. “trap”.

Lett. “haar hand gegee”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “aan vernietiging oorgegee word”.

Of “smeehamer”.

Of “Gee haar aan vernietiging oor”.

Lett. “trap”.

Lett. “stilgemaak word”.

Of “dié wat leë praatjies maak”.

Blykbaar ’n kriptografiese naam vir Galdea.

Lett. “trap”.

’n Beskermende kledingstuk wat deur ’n vegter gedra is.

D.w.s. die land van die Galdeërs.

Of moontlik “maak die kokers vol”.

Of “seinpaal”.

Lett. “die maat van jou winsmakery”.

Of “dampe”.

Of moontlik “sluise”.

Of “asem”.

Of “’n bedrogspul”.

Of “seinpaal”.

Lett. “Heilig die nasies teen haar”.

Lett. “Heilig die nasies teen haar”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Of “jong maanhaarleeus”.

Blykbaar ’n kriptografiese naam vir Babel (Babilon).

Of “vreemdelinge”.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.

’n Vingerbreedte was gelyk aan 1,85 cm. Sien Aanh. B14.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.

Lett. “die kop van koning Jojagin van Juda opgelig”.

Lett. “hom ’n troon gegee bo die trone van die konings”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel