Diensvergaderinge vir Januarie
Week wat begin met 3 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings en Teokratiese nuus. Beklemtoon kortliks spesifieke punte in jongste tydskrifte wat by mense in die plaaslike gebied ingang sal vind.
15 min: Wat is die aarde se toekoms? Gebaseer op die Redenering-boek, bladsye 25-9. (5 min.) Toespraak wat punte dek onder die onderhofies op bladsye 25 en 26 tot by derde paragraaf op bladsy 26. (7 min.) ’n Nuwer verkondiger en ’n ryp, ervare verkondiger bespreek inligting op bladsye 26-9. Wêreldse familielede van nuwer verkondiger beweer die Bybel toon dat die aarde vernietig gaan word. Nuwer verkondiger vra hulp by meer ervare verkondiger om Bybeltekste oor die aarde te verstaan. (3 min.) Bespreek ten slotte die laaste vraag op bladsy 29: “Aan watter soort mense sal God die ewige lewe op aarde gee?” Moedig almal aan om hulle in te span om vir so ’n geseënde voorreg te kwalifiseer.
20 min: “Help ander om die waarde van die boek Die mensdom se soeke na God te besef.” Bespreek die artikel met die gemeente. Hou kort demonstrasies ná paragrawe 3 en 4.
Lied 116 en slotgebed.
Week wat begin met 10 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
20 min: “Herbesoeke om waardering op te bou.” Gehoorbespreking. Demonstreer ’n herbesoek op iemand wat die boek Die mensdom se soeke na God geneem het, en gebruik die wenke in paragrawe 3 en 4.
15 min: Berei jou kinders vir die nuwe skooljaar voor. Toespraak deur ouere man gebaseer op die Skool-brosjure, bladsye 3, 30 en 31. Help ouers besef hoe belangrik dit is om hulle kinders voor te berei vir die uitdagings wat hulle by die skool sal teëkom. Toon hoe belangrik dit is dat ouers hulle kinders se onderwysers leer ken. Blykbaar sien party ouers nie die nodigheid om vrystelling van godsdiensonderrigklasse te verkry nie, hoewel die wet hiervoor voorsiening maak. In hierdie opsig is dit belangrik om die hoof persoonlik te gaan spreek en ’n geskrewe versoek om vrystelling saam te neem. Hou ’n kort, goed voorbereide demonstrasie van ’n ouer wat bladsy 3 van die Skool-brosjure met ’n onderwyser bespreek. Die ouer sluit af deur die onderwyser ’n eksemplaar van die Skool-brosjure aan te bied.
Lied 154 en slotgebed.
Week wat begin met 17 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Sluit erkenning van bydraes in. Spreek waardering uit vir verkondigers se finansiële ondersteuning van die Genootskap se bedrywighede sowel as dié van die gemeente.
20 min: “Wanneer ons in gebied werk wat gereeld gedek word.” Vraag-en-antwoord-bespreking deur die diensopsiener. Hou, in gemeentes met gebied wat gereeld gedek word, ’n demonstrasie van een van die inleidings in die Redenering-boek waarna daar in paragrawe 4 en 5 verwys word, asook van ’n ander gepaste inleiding uit paragrawe 6 en 7 of een wat spesiaal vir die plaaslike gebied voorberei is. In gemeentes met gebied wat nie gereeld gedek word nie, moet ander gepaste inleidings uit die Redenering-boek gedemonstreer word. Demonstrasies moet goed voorberei word.
15 min: Is jy voorbereid op ’n mediese situasie wat jou geloof kan toets? ’n Roerende toespraak deur ’n bekwame ouere man om die broers die beskermende waarde van die “Advance Medical Directive/Release”-kaartjie te laat besef deur punte uit paragrawe 1-3 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1992 te gebruik. Laat nuwe kaartjies slegs aan gedoopte verkondigers uitgedeel word en bespreek dan die brief van 15 Oktober 1992 oor hoe die kaartjies ingevul moet word. Raai die broers aan om NIE die kaartjies vanaand in te vul nie, maar dit huis toe te neem, hulle behoefte biddend te oorweeg en dit dan in te vul. Maar MOET NIE die kaartjie dan TEKEN NIE. Bring die ingevulde kaartjie na die volgende Gemeentelike Boekstudie waar ouere manne sal help toesien dat kaartjies geteken word, dat getuies teken en dat die datum ingevul word. Die Gemeentelike Boekstudiehouer sal van ’n lys met almal se name gebruik maak om seker te maak dat almal in sy groep gehelp is. (Gedoopte ouers kan gehelp word om ’n “Identity Card” vir hulle kinders in te vul.) Enigeen wat nie by daardie Boekstudie is nie, kan steeds by die volgende Diensvergadering deur Boekstudiehouers/ouere manne gehelp word totdat alle gedoopte verkondigers hulle kaartjies reg ingevul en geteken het. Ouere manne moet ’n lys met die res se name hê en probeer toesien dat alle kaartjies so gou moontlik ingevul word.
Lied 176 en slotgebed.
Week wat begin met 24 Januarie
5 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om hierdie week aan die veldbediening deel te neem. Kondig gemeente se velddiensreëlings aan. Herinner almal wat nog nie hulle “Advance Medical Directive/Release”-kaartjie ingevul het nie om dit vanaand te doen deur na hulle Gemeentelike Boekstudiehouer of na een van die ouere manne te gaan.
15 min: Velddiensbedrywighede van die gemeente. Die diensopsiener en ’n ander ouere man hersien die gemeente se bedrywighede van die afgelope vier maande. Een derde van die diensjaar is verby (September-Desember). Hoe vaar die gemeente? Spreek opregte lof uit vir aspekte waarin die gemeente goed vaar. Meld ook aspekte waarin die gemeente kan verbeter en gee praktiese wenke. Sluit een of twee kort, bemoedigende velddiensondervindinge uit die eerste vier maande van die diensjaar in. Eindig op ’n positiewe, opbouende noot. Jesus het vreugde in die uitvoering van sy bediening ondervind. Ons sal ook groot vreugde ondervind as ons besig bly in die werk wat Jehovah ons gegee het.—Joh. 4:34; 1 Kor. 15:58.
25 min: Bespreking van artikel “Hebsug kan dodelik wees” in Die Wagtoring van 1 Julie 1984, bladsye 24-8. Met die slegte ekonomiese toestande in die land is daar die versoeking om by skemas betrokke te raak om gou ryk te word en ons Christenbroers daarby te betrek. Verwys na voorbeelde wat op bladsye 27 en 28 bespreek word met betrekking tot meervlakkige verkope, ondernemings en piramidale versekeringsondernemings. Hoewel baie van hierdie skemas dalk wettig is, moet ons ons afvra: Begin ons ’n sakeonderneming met die verwagting dat ons Christenbroers, wat vertroue in ons het, ons vernaamste bron van klandisie sal wees? Voorsien ons ’n noodsaaklike diens of produk deur harde werk, of maak ons vinnig geld ten koste van ons broers? (Sien Die Wagtoring van 1 Augustus 1993, bladsy 12, paragraaf 11.) Vermaan die broers op grond van die tekste wat gegee word om versigtig te wees om nie in hierdie verraderlike strik van hebsug na geld te trap nie.
Lied 179 en slotgebed.
Week wat begin met 31 Januarie
5 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om vroeg met hulle velddiens vir die maand te begin deur hierdie naweek daaraan deel te neem. Gee nuttige wenke oor hoe om die jongste tydskrifte aan te bied.
10 min: Bied Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe van huis tot huis aan. ’n Kort, geesdriftige toespraak oor hoe waardevol die boek al was om mense te help om Jehovah te leer ken en te aanbid. Demonstreer hoe ’n verkondiger wenke in hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening kan gebruik om voor te berei om hierdie boek in die velddiens te gebruik.
20 min: “Vergaderingbywoning—’n ernstige verantwoordelikheid.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Voer na aanleiding van paragraaf 2 ’n onderhoud met verkondigers wat struikelblokke oorkom het sodat hulle vergaderinge op ’n gereelde grondslag kon bywoon.
10 min: Plaaslike behoeftes. Of toespraak deur ’n ouere man oor “Ons moet die regte beskouing hê van God se genade” wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Oktober 1993, bladsye 22-5.
Lied 188 en slotgebed.