Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/96 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir September

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir September
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 2 September
  • Week wat begin met 9 September
  • Week wat begin met 16 September
  • Week wat begin met 23 September
  • Week wat begin met 30 September
Ons Koninkryksbediening—1996
km 9/96 bl. 2

Diensvergaderinge vir September

Week wat begin met 2 September

Lied 98

12 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan, en veral die Gemeentelike Boekstudiehouers, om die artikel “’n Studie van Die grootste mens wat nog geleef het” in Ons Koninkryksbediening vir September 1992 te hersien. Beklemtoon die hoofpunte van die artikel. Herinner verkondigers om hulle velddiens vir Augustus stiptelik te rapporteer. Aangesien Augustus die laaste maand van die diensjaar was, moet die sekretaris en boekstudiehouers seker maak dat alle velddiensrapporte vir vorige maande wat uitstaande is, ingegee word. Ons wil graag ’n nuwe verkondigerhoogtepunt vir Augustus probeer bereik.

15 min: “Wandel deur geloof.” Vrae en antwoorde.

18 min: “Bied die goeie nuus met ’n positiewe gesindheid aan.” Maak inleidende kommentare wat op paragraaf 1 gebaseer is. Verduidelik dat in die plek van die Skepping-boek hulle die Paradys op aarde-boek of die Gesinslewe-boek kan aanbied as die gemeente daarvan in voorraad het. Bespreek dan slegs paragrawe 2-5 van die artikel. Demonstreer goed voorbereide aanbiedings wat die broers wys hoe om die Skepping-boek aan te bied, ’n herbesoek te doen en ’n studie in die Kennis-boek te begin.

Lied 48 en slotgebed.

Week wat begin met 9 September

Lied 18

12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Bespreek “Verkondig die Koninkryk”.

18 min: “Wees ’n voorbeeld in woord en in gedrag.” Vrae en antwoorde.

15 min: “Bied die goeie nuus met ’n positiewe gesindheid aan.” Hersien slegs paragrawe 6-8 en demonstreer hoe om die eerste besoek sowel as die herbesoek te doen wanneer ons van winkel tot winkel werk. (Sien bykomende wenke in Ons Koninkryksbediening vir September 1989, bladsy 8.) Moedig almal aan om hulle herbesoeke stiptelik te doen.

Lied 123 en slotgebed.

Week wat begin met 16 September

Lied 10

12 min: Plaaslike aankondigings. Meld die goeie resultate wat behaal is deur die video Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name te gebruik om belangstellendes na die organisasie te rig. Vertel kortliks een of twee ondervindinge uit Die Wagtoring van 1 Oktober 1992, bladsye 30-1.

18 min: Hersien die gemeente se rapport vir die 1996-diensjaar. Opbouende, geesdriftige toespraak deur diensopsiener. (Sien Ons bediening-boek, bladsye 100-102.) Lig uit waarin die gemeente goed gevaar het en gee lof. Toon hoe die gewone en hulppioniers se bedrywighede baie gehelp het om die werk plaaslik te bevorder. Meld syfers vir vergaderingbywoning en beklemtoon hoe belangrik gereelde bywoning is. Sit praktiese doelwitte uiteen wat die gemeente in die komende jaar kan probeer bereik. Die getal hulppioniers het gedurende die laaste paar jaar afgeneem. Kan meer aan hierdie aspek van die bediening deelneem, veral gedurende Maart en April? Kan elke verkondiger elke week ’n gereelde deelname aan die bediening hê en aan die einde van elke maand sy bedrywigheid rapporteer? Ten slotte, kan elke verkondiger probeer om ’n Bybelstudie te hou?

15 min: Christelike gedrag by die skool. Vader praat met sy seun of dogter om ernstige slaggate in skoolmilieu uit te lig; hy beklemtoon hoe belangrik dit is om op omgang te let en twyfelagtige bedrywighede te vermy. Hy hersien venster op bladsy 24 in Opvoeding-brosjure en verduidelik waarom ’n Getuie ’n goeie voorbeeld moet stel. Vader noem ’n paar versoekings wat kan ontstaan met betrekking tot dwelms, hofmakery, die bywoning van gesellighede of die deelname aan sport; hulle bespreek hoe om probleme te vermy. Bespreek ook die gevare verbonde aan die Matriekafskeid en -dans. (Verwys na die Ontwaak! van 8 Maart 1993, bladsye 20-2.) Vader moedig jong persoon aan om hom sonder versuim in sy of haar vertroue te neem wanneer daar probleme is—hy wil weet en hy wil help.

Lied 32 en slotgebed.

Week wat begin met 23 September

Lied 21

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Plaaslike behoeftes. Of ’n toespraak oor “Kyk verder as die dinge wat jy kan sien!” in Die Wagtoring van 15 Februarie 1996, bladsye 27-9.

20 min: “Verkondig die goeie nuus oral.” Vrae en antwoorde. Bespreek slegs paragrawe 1-15. Lees paragrawe 3 en 5. Sluit plaaslike ondervindinge in van diegene wat sukses behaal het in getuieniswerk op straat of op openbare vervoer.

Lied 215 en slotgebed.

Week wat begin met 30 September

Lied 171

12 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek Vraebus. Herinner almal daaraan om hulle velddiens- en Bybelstudierapporte vir September in te gee.

20 min: “Verkondig die goeie nuus oral.” Vrae en antwoorde. Bespreek paragrawe 16-35. Toon hoe die wenke plaaslik toegepas kan word. Demonstreer paragrawe 23-5. Lees paragrawe 34-5.

13 min: Hersien lektuuraanbod vir Oktober. Ons sal die aandag op Die Wagtoring en Ontwaak! vestig en ’n intekening op albei tydskrifte aanbied. Bespreek verskeie punte, soos: (1) Doel waarmee die tydskrifte gepubliseer word, soos in die eerste bladsye verduidelik word. (2) Hulle word in baie tale gepubliseer en stel dus wêreldwyd Bybelkennis beskikbaar. (3) Die Wagtoring is saamgestel vir persoonlike, gesins- en groepstudie. (4) Mense van talle verskillende godsdienste lees hulle. (5) Hulle is spesifiek bedoel vir besige mense. (6) Die Wagtoring word sedert 1879 uitgegee; Ontwaak! sedert 1919. (7) Ons sal die jongste nommers persoonlik aflewer by enigeen wat hulle werklik wil lees, maar nie ’n intekening kan bekostig nie. Sluit af met kommentare wat deur ’n waarderende leser gemaak is.—Sien Die Wagtoring van 15 April 1986, bladsy 32.

Lied 3 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel