NUMERI
1 En Jehovah het met Moses in die wildernis Siʹnai gepraat,+ in die tent van samekoms,+ op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar ná hulle uittog uit Egipte.+ Hy het gesê: 2 “Neem ’n sensus op+ van die hele gemeenskap van Israel. Tel al die mans een vir een, volgens hulle families, volgens hulle vaderhuise, volgens die getal van hulle name. 3 Jy en Aäron moet almal van 20 jaar en ouer+ wat in die leërmag van Israel kan dien, volgens afdelings* registreer.
4 “Neem een man van elke stam saam met jou. Elkeen moet ’n hoof van sy vaderhuis wees.+ 5 Dít is die name van die manne wat by julle sal staan: van Ruben: Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür; 6 van Siʹmeon: Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai; 7 van Juda: Nagson,+ die seun van Amminaʹdab; 8 van Isʹsaskar: Netaʹnel,+ die seun van Suar; 9 van Seʹbulon: Eliʹab,+ die seun van Helon; 10 van die seuns van Josef: van Eʹfraim:+ Elisaʹma, die seun van Ammiʹhud; van Manasʹse: Gamaʹliël, die seun van Pedaʹsur; 11 van Benjamin: Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni; 12 van Dan: Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai; 13 van Aser: Paʹgiël,+ die seun van Ogran; 14 van Gad: Eljaʹsaf,+ die seun van Deʹhuel; 15 van Nafʹtali: Ahiʹra,+ die seun van Enan. 16 Dit is die manne wat uit die gemeenskap van Israel gekies is. Hulle is die hoofmanne+ van die stamme van hulle vaders, die hoofde van die duisende van Israel.”+
17 Toe het Moses en Aäron hierdie manne geneem wat by naam aangewys is. 18 Hulle het die hele gemeenskap van Israel op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom, sodat die mans van 20 jaar en ouer een vir een by naam geregistreer kon word,+ volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis, 19 net soos Jehovah Moses beveel het. So het hy hulle in die wildernis Siʹnai geregistreer.+
20 Die seuns van Ruben, die nakomelinge van Israel se eersgeborene,+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 21 en die getal mans wat van die stam van Ruben geregistreer is, was 46 500.
22 Die nakomelinge van Siʹmeon+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 23 en die getal mans wat van die stam van Siʹmeon geregistreer is, was 59 300.
24 Die nakomelinge van Gad+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 25 en die getal mans wat van die stam van Gad geregistreer is, was 45 650.
26 Die nakomelinge van Juda+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 27 en die getal mans wat van die stam van Juda geregistreer is, was 74 600.
28 Die nakomelinge van Isʹsaskar+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 29 en die getal mans wat van die stam van Isʹsaskar geregistreer is, was 54 400.
30 Die nakomelinge van Seʹbulon+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 31 en die getal mans wat van die stam van Seʹbulon geregistreer is, was 57 400.
32 Die nakomelinge van Josef deur Eʹfraim+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 33 en die getal mans wat van die stam van Eʹfraim geregistreer is, was 40 500.
34 Die nakomelinge van Manasʹse+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 35 en die getal mans wat van die stam van Manasʹse geregistreer is, was 32 200.
36 Die nakomelinge van Benjamin+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 37 en die getal mans wat van die stam van Benjamin geregistreer is, was 35 400.
38 Die nakomelinge van Dan+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 39 en die getal mans wat van die stam van Dan geregistreer is, was 62 700.
40 Die nakomelinge van Aser+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 41 en die getal mans wat van die stam van Aser geregistreer is, was 41 500.
42 Die nakomelinge van Nafʹtali+ is by naam geregistreer, volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. Al die mans van 20 jaar en ouer wat in die leërmag kon dien, is getel, 43 en die getal mans wat van die stam van Nafʹtali geregistreer is, was 53 400.
44 Dit is die mans wat geregistreer is deur Moses, Aäron en die 12 hoofmanne van Israel. Elke hoofman het sy vaderhuis verteenwoordig. 45 Al die Israeliete van 20 jaar en ouer wat in die leërmag van Israel kon dien, is volgens hulle vaderhuis geregistreer, 46 en al die mans wat geregistreer is, was altesaam 603 550.+
47 Maar die Leviete+ is nie saam met hulle volgens die stam van hulle vaders geregistreer nie.+ 48 Jehovah het vir Moses gesê: 49 “Slegs die stam van Levi mag jy nie registreer nie, en jy mag nie die getal Leviete by die res van die Israeliete insluit nie.+ 50 Jy moet die Leviete oor die tabernakel van die Getuienis+ aanstel en oor al sy voorwerpe en oor alles wat daarby behoort.+ Hulle sal die tabernakel en al sy voorwerpe dra,+ en hulle sal daar dien+ en sal rondom die tabernakel kamp opslaan.+ 51 Wanneer die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit afbreek.+ En wanneer die tabernakel weer opgeslaan moet word, moet die Leviete dit doen. Enigiemand anders* wat nader kom, moet doodgemaak word.+
52 “Elke Israeliet moet sy tent opslaan in die kamp waar hy toegewys is, elke man volgens sy driestamgroep,*+ volgens hulle afdelings.* 53 Die Leviete moet rondom die tabernakel van die Getuienis kamp opslaan, sodat ek nie woedend word vir die gemeenskap van Israel nie.+ En dit is die Leviete se verantwoordelikheid om na die tabernakel van die Getuienis om te sien.”*+
54 Die volk Israel het gedoen volgens alles wat Jehovah Moses beveel het. Hulle het net so gedoen.
2 Jehovah het toe vir Moses en Aäron gesê: 2 “Die Israeliete moet kamp opslaan, elkeen op die plek wat vir sy driestamgroep+ gekies is, naby die banier* van sy vaderhuis. Hulle moet rondom die tent van samekoms kamp opslaan.
3 “Die driestamgroep van die kamp van Juda sal aan die oostekant, aan die kant waar die son opkom, volgens hulle afdelings* kamp opslaan. Die hoofman van die kinders van Juda is Nagson,+ die seun van Amminaʹdab. 4 Daar is 74 600 in sy leërmag geregistreer.+ 5 Die stam van Isʹsaskar sal langs hom kamp opslaan. Die hoofman van die kinders van Isʹsaskar is Netaʹnel,+ die seun van Suar. 6 Daar is 54 400 in sy leërmag geregistreer.+ 7 Seʹbulon is die volgende stam. Die hoofman van die kinders van Seʹbulon is Eliʹab,+ die seun van Helon. 8 Daar is 57 400 in sy leërmag geregistreer.+
9 “Daar is altesaam 186 400 in die leërmagte van die kamp van Juda geregistreer. Hulle moet eerste wegtrek.+
10 “Die driestamgroep van die kamp van Ruben+ volgens hulle afdelings* sal aan die suidekant wees. Die hoofman van die kinders van Ruben is Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür. 11 Daar is 46 500 in sy leërmag geregistreer.+ 12 Die stam van Siʹmeon sal langs hom kamp opslaan. Die hoofman van die kinders van Siʹmeon is Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai. 13 Daar is 59 300 in sy leërmag geregistreer.+ 14 Gad is die volgende stam. Die hoofman van die kinders van Gad is Eljaʹsaf,+ die seun van Reʹhuel. 15 Daar is 45 650 in sy leërmag geregistreer.+
16 “Daar is altesaam 151 450 in die leërmagte van die kamp van Ruben geregistreer, en hulle moet tweede wegtrek.+
17 “Wanneer die tent van samekoms verskuif word,+ moet die kamp van die Leviete in die middel van die ander kampe wees.
“Hulle moet in dieselfde volgorde reis as wat hulle kamp opslaan,+ elkeen op sy plek, volgens hulle driestamgroepe.
18 “Die driestamgroep van die kamp van Eʹfraim volgens hulle afdelings* sal aan die westekant wees. Die hoofman van die kinders van Eʹfraim is Elisaʹma,+ die seun van Ammiʹhud. 19 Daar is 40 500 in sy leërmag geregistreer.+ 20 Die stam van Manasʹse+ sal langs hom wees. Die hoofman van die kinders van Manasʹse is Gamaʹliël,+ die seun van Pedaʹsur. 21 Daar is 32 200 in sy leërmag geregistreer.+ 22 Benjamin is die volgende stam. Die hoofman van die kinders van Benjamin is Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni. 23 Daar is 35 400 in sy leërmag geregistreer.+
24 “Daar is altesaam 108 100 in die leërmagte van die kamp van Eʹfraim geregistreer, en hulle moet derde wegtrek.+
25 “Die driestamgroep van die kamp van Dan volgens hulle afdelings* sal aan die noordekant wees. Die hoofman van die kinders van Dan is Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai. 26 Daar is 62 700 in sy leërmag geregistreer.+ 27 Die stam van Aser sal langs hom kamp opslaan. Die hoofman van die kinders van Aser is Paʹgiël,+ die seun van Ogran. 28 Daar is 41 500 in sy leërmag geregistreer.+ 29 Nafʹtali is die volgende stam. Die hoofman van die kinders van Nafʹtali is Ahiʹra,+ die seun van Enan. 30 Daar is 53 400 in sy leërmag geregistreer.+
31 “Daar is altesaam 157 600 in die kamp van Dan geregistreer. Hulle moet laaste onder die driestamgroepe van Israel wegtrek.”+
32 Dit was die Israeliete wat volgens hulle vaderhuise geregistreer is. Daar was altesaam 603 550 in die kampe wat vir die leërmag geregistreer is.+ 33 Maar die Leviete is nie saam met die ander Israeliete geregistreer nie,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 34 Die Israeliete het alles gedoen wat Jehovah Moses beveel het. Dit is hoe hulle volgens hulle driestamgroepe kamp opgeslaan het+ en hoe hulle weggetrek het,+ elkeen volgens sy familie en volgens sy vaderhuis.
3 Dít is die nageslag* van Aäron en van Moses in die tyd toe Jehovah met Moses op die berg Siʹnai+ gepraat het. 2 Die name van Aäron se seuns was Nadab (die eersgeborene), Abiʹhu,+ Eleaʹsar+ en Iʹtamar.+ 3 Dit was die name van Aäron se seuns, die gesalfde priesters wat ingehuldig is* om as priesters te dien.+ 4 Nadab en Abiʹhu het egter voor Jehovah gesterf toe hulle in die wildernis Siʹnai onwettige vuur voor Jehovah geoffer het,+ en hulle het geen kinders gehad nie. Maar Eleaʹsar+ en Iʹtamar+ het voortgegaan om saam met hulle pa, Aäron, as priesters te dien.
5 Jehovah het toe vir Moses gesê: 6 “Laat die stam van Levi+ nader kom, en laat hulle voor die priester Aäron staan, en hulle moet voor hom dien.+ 7 Hulle moet hulle verantwoordelikhede teenoor hom en teenoor die hele gemeenskap van Israel voor die tent van samekoms nakom deur hulle diens in verband met die tabernakel te verrig. 8 Hulle moet na al die toerusting+ van die tent van samekoms omsien en hulle verantwoordelikhede teenoor die Israeliete nakom deur die dienste in verband met die tabernakel te verrig.+ 9 Jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee. Hulle word aan hom gegee as gawes onder die Israeliete.+ 10 Jy moet Aäron en sy seuns aanstel, en hulle moet hulle priesterlike pligte uitvoer.+ Enigiemand anders* wat nader kom, moet doodgemaak word.”+
11 Jehovah het verder vir Moses gesê: 12 “Kyk! Ek neem die Leviete onder die Israeliete uit in die plek van al die eersgeborenes* van die Israeliete,+ en die Leviete sal myne word. 13 Want elke eersgeborene is myne.+ Op die dag toe ek elke eersgeborene in Egipte getref het,+ het ek elke eersgeborene in Israel vir my geheilig, mens sowel as dier.+ Hulle moet myne word. Ek is Jehovah.”
14 Jehovah het verder vir Moses in die wildernis Siʹnai+ gesê: 15 “Registreer die seuns van Levi volgens hulle vaderhuis en volgens hulle familie. Jy moet elke manlike persoon van ’n maand en ouer registreer.”+ 16 Moses het hulle toe op bevel van Jehovah geregistreer, net soos hy beveel is. 17 Dít was die name van die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Meraʹri.+
18 En dít was die name van die seuns van Gerson volgens hulle families: Libni en Siʹmeï.+
19 Die seuns van Kehat volgens hulle families was Amram, Jishar, Heʹbron en Usʹsiël.+
20 Die seuns van Meraʹri volgens hulle families was Magli+ en Musi.+
Dit was die families van die Leviete volgens hulle vaderhuise.
21 Die afstammelinge van Gerson was die familie van die Libniete+ en die familie van die Simeïete. Dit was die families van die Gersoniete. 22 Die getal van al die manlike persone van ’n maand en ouer wat uit hierdie families geregistreer is, was 7 500.+ 23 Die families van die Gersoniete het agter die tabernakel,+ aan die westekant, kamp opgeslaan. 24 Die hoofman van die vaderhuis van die Gersoniete was Eljaʹsaf, die seun van Lael. 25 Die verantwoordelikheid van die seuns van Gerson+ in die tent van samekoms was om na die tabernakel om te sien, sowel as na die tent,+ sy bedekking,+ die skerm*+ vir die ingang van die tent van samekoms, 26 die hangende gordyne+ van die voorhof, die skerm*+ vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, sy tenttoue en al die dienste wat daarmee verband hou.
27 Die afstammelinge van Kehat was die familie van die Amramiete, die familie van die Jishariete, die familie van die Hebroniete en die familie van die Ussiëliete. Dit was die families van die Kehatiete.+ 28 Die getal van al die manlike persone van ’n maand en ouer was 8 600. Hulle het die verantwoordelikheid gehad om na die heiligdom om te sien.+ 29 Die families van die seuns van Kehat het aan die suidekant van die tabernakel kamp opgeslaan.+ 30 Die hoofman van die vaderhuis van die Kehatiete was Eliʹsafan, die seun van Usʹsiël.+ 31 Hulle verantwoordelikheid was om na die Ark+ om te sien, sowel as na die tafel,+ die lampstaander,+ die altare,+ die voorwerpe+ wat vir die diens in die heiligdom gebruik is, die skerm*+ en al die dienste wat daarmee verband hou.+
32 Die hoof van die hoofmanne van die Leviete was Eleaʹsar,+ die seun van die priester Aäron. Hy het toesig gehou oor dié wat verantwoordelikhede by die heiligdom gehad het.
33 Die afstammelinge van Meraʹri was die familie van die Magliete en die familie van die Musiete. Dit was die families van Meraʹri.+ 34 Die getal van al die manlike persone van ’n maand en ouer wat geregistreer is, was 6 200.+ 35 Die hoofman van die vaderhuis van Meraʹri was Suʹriël, die seun van Abiʹhail. Hulle het aan die noordekant van die tabernakel kamp opgeslaan.+ 36 Die seuns van Meraʹri was verantwoordelik vir die paneelrame+ van die tabernakel, sy stawe,+ sy pilare,+ sy voetstukke, al sy voorwerpe+ en al die dienste wat daarmee verband hou,+ 37 sowel as die pilare wat rondom die voorhof was en hulle voetstukke,+ hulle tentpenne en hulle tenttoue.
38 Moses, Aäron en die seuns van Aäron het kamp opgeslaan voor die tabernakel, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, aan die kant waar die son opkom. Hulle het die verantwoordelikheid gehad om na die heiligdom om te sien as hulle verpligting namens die Israeliete. Enigiemand anders* wat nader gekom het, sou doodgemaak word.+
39 Al die manlike Leviete van ’n maand en ouer wat Moses en Aäron op bevel van Jehovah volgens hulle families geregistreer het, was 22 000.
40 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Registreer al die manlike eersgeborenes van die Israeliete van ’n maand en ouer.+ Tel hulle en stel ’n lys op van hulle name. 41 Jy moet die Leviete vir my neem. Ek is Jehovah. Neem hulle in die plek van al die eersgeborenes van die Israeliete,+ en neem die vee van die Leviete in die plek van al die eersgebore vee van die Israeliete.”+ 42 Moses het toe al die eersgeborenes onder die Israeliete geregistreer, net soos Jehovah hom beveel het. 43 Die getal van al die manlike eersgeborenes van ’n maand en ouer wat by naam geregistreer is, was 22 273.
44 Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 45 “Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die Israeliete, en neem die Leviete se vee in die plek van die Israeliete se vee, en die Leviete moet myne word. Ek is Jehovah. 46 As ’n losprys+ vir die 273 eersgeborenes van die Israeliete wat meer is as die aantal Leviete,+ 47 moet jy vyf sikkels* per persoon neem,+ volgens die standaardsikkel van die heiligdom.* ’n Sikkel is 20 gera.*+ 48 Jy moet die geld vir Aäron en sy seuns gee as die losprys vir die Israeliete wat meer is as die aantal Leviete.” 49 Toe het Moses die geld van die loskoopprys geneem vir die Israeliete wat meer was as die aantal Leviete. 50 Hy het die geld geneem vir die eersgeborenes van die Israeliete, 1 365 sikkels, volgens die standaardsikkel van die heiligdom. 51 Toe het Moses die geld van die losprys vir Aäron en sy seuns gegee volgens die woord* van Jehovah, net soos Jehovah Moses beveel het.
4 Jehovah het toe vir Moses en Aäron gesê: 2 “’n Sensus moet opgeneem word van die seuns van Kehat,+ uit die seuns van Levi, volgens hulle families en volgens hulle vaderhuise, 3 almal wat tussen 30+ en 50 jaar oud is+ en wat in die groep is wat toegewys is om in die tent van samekoms te werk.+
4 “Dít is die diens van die seuns van Kehat in die tent van samekoms.+ Dit is iets besonder heiligs: 5 Aäron en sy seuns moet ingaan wanneer die kamp opbreek en die gordyn* wat as ’n skerm dien,+ afhaal en die ark+ van die Getuienis daarmee bedek. 6 Hulle moet ’n bedekking van robbevelle daaroor sit en ’n blou doek daaroor gooi en die pale waarmee dit gedra word,+ in posisie plaas.
7 “Hulle moet ook ’n blou doek gooi oor die tafel vir die offerbrode,+ en hulle moet die skottels, die bekers, die bakke en die kanne van die drankoffer daarop neersit.+ Die brode wat gereeld geoffer word,+ moet daarop bly. 8 Hulle moet ’n helderrooi doek daaroor gooi en ’n bedekking van robbevelle daaroor sit en die pale waarmee dit gedra word,+ in posisie plaas. 9 Dan moet hulle ’n blou doek neem en die lampstaander+ en sy lampe+ bedek, sowel as sy snuiters,* sy vuurbakkies+ en al die oliehouers wat vir die lampstaander gebruik word. 10 Hulle moet die lampstaander en al sy voorwerpe in ’n bedekking van robbevelle toedraai en dit op ’n draagbaar sit. 11 En hulle moet ’n blou doek oor die goue altaar+ gooi, ’n bedekking van robbevelle daaroor sit en die pale waarmee dit gedra word,+ in posisie plaas. 12 Hulle moet dan al die voorwerpe+ neem waarmee hulle gereeld in die heiligdom diens verrig en dit in ’n blou doek sit en met ’n bedekking van robbevelle bedek en dit op ’n draagbaar sit.
13 “Hulle moet die as* van die altaar+ verwyder en ’n doek van pers wol oor die altaar gooi. 14 Hulle moet al die voorwerpe daarop sit wat gebruik word wanneer hulle by die altaar dien: die vuurbakke, die vurke, die grawe en die bakke, al die voorwerpe van die altaar;+ en hulle moet ’n bedekking van robbevelle daaroor sit en die pale waarmee dit gedra word,+ in posisie plaas.
15 “Wanneer die kamp opbreek, moet Aäron en sy seuns die heiligdom en al die toerusting van die heiligdom bedek.+ Wanneer hulle klaar is, moet die seuns van Kehat inkom om dit te dra,+ maar hulle mag nie aan die heiligdom raak nie, anders sal hulle sterf.+ Hierdie dinge is die verantwoordelikheid* van die seuns van Kehat in verband met die tent van samekoms.
16 “Eleaʹsar,+ die seun van die priester Aäron, is verantwoordelik vir die olie vir die lampstaander,+ die geurige reukwerk,+ die gereelde graanoffer en die salfolie.+ Hy hou toesig oor die hele tabernakel en alles wat daarin is, insluitende die heiligdom en sy voorwerpe.”
17 Jehovah het verder met Moses en Aäron gepraat en gesê: 18 “Moenie toelaat dat die stam van die families van die Kehatiete+ onder die Leviete uitgeroei word nie. 19 Maar doen die volgende vir hulle, sodat hulle kan bly lewe en nie sterf omdat hulle naby die besonder heilige dinge kom nie:+ Aäron en sy seuns moet ingaan, en hulle moet elkeen wys wat hy moet doen en wat hy moet dra. 20 Die Kehatiete mag nie ingaan en die heilige dinge selfs net vir ’n oomblik sien nie, anders sal hulle sterf.”+
21 Toe het Jehovah vir Moses gesê: 22 “’n Sensus moet opgeneem word van die seuns van Gerson+ volgens hulle vaderhuise en volgens hulle families. 23 Jy moet almal registreer wat tussen 30 en 50 jaar oud is en wat in die groep is wat toegewys is om in die tent van samekoms te dien. 24 Die families van die Gersoniete is verantwoordelik vir die vervoer van die volgende dinge:+ 25 Hulle moet die tentdoeke van die tabernakel+ dra, sowel as die tent van samekoms, sy bedekking en die bedekking van robbevelle wat bo-oor kom,+ die skerm* vir die ingang van die tent van samekoms,+ 26 die hangende gordyne van die voorhof,+ die skerm* vir die ingang van die voorhof+ wat rondom die tabernakel en die altaar is, hulle tenttoue en al hulle voorwerpe en alles wat in die diens daar gebruik word. Dit is hulle toewysing. 27 Aäron en sy seuns moet toesig hou oor al die dienste en die vragte van die Gersoniete.+ Julle moet al hierdie vragte aan hulle toewys, en dit sal hulle verantwoordelikheid wees. 28 Dit is die diens wat die families van die Gersoniete in die tent van samekoms moet verrig,+ en hulle verantwoordelikhede val onder die toesig van Iʹtamar,+ die seun van die priester Aäron.
29 “Wat die seuns van Meraʹri+ betref, jy moet hulle registreer volgens hulle familie en volgens hulle vaderhuis. 30 Jy moet almal registreer wat tussen 30 en 50 jaar oud is en wat in die groep is wat toegewys is om die diens in verband met die tent van samekoms te verrig. 31 Hulle het die verantwoordelikheid om die volgende dinge in verband met hulle diens by die tent van samekoms te dra:+ die paneelrame+ van die tabernakel, sy stawe,+ sy pilare,+ sy voetstukke;+ 32 die pilare+ van die voorhof wat rondom die tabernakel is, hulle voetstukke,+ hulle tentpenne+ en hulle tenttoue met al die toerusting en alles wat gebruik word in die diens wat daarmee verband hou. Julle moet vir elkeen sê watter toerusting hy moet dra. 33 Dit is hoe die families van die seuns van Meraʹri+ by die tent van samekoms moet dien onder die toesig van Iʹtamar, die seun van die priester Aäron.”+
34 Moses, Aäron en die hoofmanne+ van die gemeenskap van Israel het die seuns van die Kehatiete+ toe geregistreer volgens hulle families en volgens hulle vaderhuis, 35 almal tussen 30 en 50 jaar oud wat in die groep was wat toegewys is om die diens in verband met die tent van samekoms te verrig.+ 36 Dié wat volgens hulle families geregistreer is, was altesaam 2 750.+ 37 Hulle is die geregistreerdes uit die families van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het. Moses en Aäron het hulle geregistreer volgens die bevel wat Jehovah deur middel van Moses gegee het.+
38 Die seuns van Gerson+ is geregistreer volgens hulle families en volgens hulle vaderhuis, 39 almal tussen 30 en 50 jaar oud wat in die groep was wat die toewysing gehad het om by die tent van samekoms te dien. 40 Dié wat volgens hulle families en volgens hulle vaderhuis geregistreer is, was altesaam 2 630.+ 41 Dit was die registrasie van die families van die seuns van Gerson, almal wat by die tent van samekoms gedien het. Moses en Aäron het hulle op bevel van Jehovah geregistreer.+
42 Die seuns van Meraʹri is geregistreer volgens hulle families en volgens hulle vaderhuis, 43 almal tussen 30 en 50 jaar oud wat in die groep was wat die toewysing gehad het om by die tent van samekoms te dien.+ 44 Dié wat volgens hulle families geregistreer is, was altesaam 3 200.+ 45 Dit was die registrasie van die families van die seuns van Meraʹri, wat Moses en Aäron geregistreer het volgens die bevel wat Jehovah deur middel van Moses gegee het.+
46 Moses en Aäron en die hoofmanne van Israel het al hierdie Leviete volgens hulle families en volgens hulle vaderhuise geregistreer. 47 Hulle was tussen 30 en 50 jaar oud, en almal is toegewys om diens te verrig en vragte te dra in verband met die tent van samekoms.+ 48 Dié wat geregistreer is, was altesaam 8 580.+ 49 Hulle is geregistreer volgens die bevel wat Jehovah deur middel van Moses gegee het, elkeen volgens sy toegewese diens en sy vrag. Hulle is geregistreer net soos Jehovah Moses beveel het.
5 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Beveel die Israeliete om elke melaatse+ en elkeen wat ’n afskeiding het+ en elkeen wat deur middel van ’n dooie persoon* onrein geword het,+ uit die kamp uit te stuur. 3 Hetsy ’n man of ’n vrou, julle moet hulle uitstuur. Julle moet hulle uit die kamp uitstuur, sodat hulle nie die kampe van die volk onder wie ek woon,+ besmet nie.”+ 4 Die Israeliete het dit dus gedoen en hulle uit die kamp uitgestuur. Net soos Jehovah vir Moses gesê het, so het die Israeliete gedoen.
5 Jehovah het verder vir Moses gesê: 6 “Sê vir die Israeliete: ‘As ’n man of ’n vrou enige sonde van die mensdom pleeg en ontrou is aan Jehovah, het dié persoon skuldig geword.+ 7 Hy moet die sonde wat hy gepleeg het, bely+ en die volle bedrag teruggee as vergoeding vir sy skuld, en hy moet ook ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg.+ Hy moet dit gee aan die een wat hy benadeel het. 8 Maar as die slagoffer nie ’n nabye familielid het wat die vergoeding kan ontvang nie,* moet dit aan Jehovah teruggegee word en sal dit die priester s’n word, saam met die skaapram waarmee die priester vir die persoon versoening sal doen.+
9 “‘Elke heilige bydrae+ van die Israeliete wat vir die priester aangebied word, moet syne word.+ 10 Die heilige dinge van elke persoon sal syne bly. Alles wat iemand aan die priester gee, sal aan die priester behoort.’”
11 Jehovah het verder vir Moses gesê: 12 “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: ‘Dít is die prosedure wat gevolg moet word as iemand se vrou ’n verkeerde weg inslaan en ontrou is aan hom 13 en ’n ander man seksuele omgang met haar het+ sonder dat haar man daarvan te wete kom en sonder dat enigiemand daarvan uitvind. Sy het haar onrein gemaak, maar daar is geen getuie teen haar nie, en sy is nie betrap nie. 14 As haar man jaloers word en oor sy vrou se getrouheid twyfel, hetsy sy haar onrein gemaak het of nie, 15 dan moet die man sy vrou na die priester toe bring, sowel as ’n offer vir haar, ’n tiende van ’n efa* garsmeel. Hy mag geen olie daarop gooi of wierook daarop sit nie, want dit is ’n graanoffer van jaloesie, ’n graanoffer wat oortreding in herinnering bring.
16 “‘Die priester moet haar laat nader kom en haar voor Jehovah laat staan.+ 17 Die priester moet heilige water in ’n kleihouer neem, en die priester moet van die stof neem wat op die vloer van die tabernakel is en dit in die water gooi. 18 En die priester moet die vrou voor Jehovah laat staan en die vrou se hare losmaak en die graanoffer wat as ’n herinnering dien, die graanoffer van jaloesie,+ in haar palms sit, en die priester moet die bitter water wat ’n vloek bring,+ in sy hand hou.
19 “‘Die priester moet haar dan laat sweer en vir die vrou sê: “As geen ander man seksuele omgang met jou gehad het terwyl jy onder jou man se gesag was+ en jy nie ’n verkeerde weg ingeslaan en jou onrein gemaak het nie, mag jy dan vry wees van die uitwerking van hierdie bitter water wat ’n vloek bring. 20 Maar as jy wel ’n verkeerde weg ingeslaan het terwyl jy onder jou man se gesag was deur jou onrein te maak en jy seksuele omgang met ’n ander man gehad het+ . . . ” 21 Die priester moet die vrou dan laat sweer met ’n eed wat ’n vloek insluit, en die priester moet vir die vrou sê: “Mag Jehovah jou dan ’n voorbeeld onder jou volk maak waarna mense in ’n vloek of ’n eed verwys deurdat Jehovah jou onvrugbaar maak* en jou maag laat opswel. 22 Hierdie water wat ’n vloek bring, sal in jou ingewande ingaan en jou maag laat opswel en jou onvrugbaar maak.”* Dan moet die vrou sê: “Amen! Amen!”*
23 “‘Daarna moet die priester hierdie vervloekinge in die boek skryf en hulle in die bitter water afwas. 24 Dan moet hy die vrou die bitter water wat ’n vloek bring, laat drink, en die water sal in haar ingaan en bitterheid voortbring. 25 En die priester moet die graanoffer van jaloesie+ uit die vrou se hand neem en die graanoffer heen en weer voor Jehovah beweeg, en hy moet dit na die altaar bring. 26 Die priester moet ’n hand vol van die graanoffer neem as ’n simbool van die hele offer en dit op die altaar laat rook,+ en daarna moet hy die vrou die water laat drink. 27 As sy haar onrein gemaak het en ’n daad van ontrouheid teen haar man gepleeg het, sal die water wat ’n vloek bring, in haar ingaan en iets bitters word wanneer hy haar dit laat drink, en haar maag sal opswel, en sy sal onvrugbaar word,* en die vrou sal ’n voorbeeld onder haar volk word waarna mense in ’n vloek of ’n eed verwys. 28 Maar as die vrou haar nie onrein gemaak het nie en rein is, sal sy vry wees van so ’n straf, en sy sal swanger kan word en kinders kan hê.
29 “‘Dit is die wet oor jaloesie,+ wanneer ’n vrou ’n verkeerde weg inslaan en haar onrein maak terwyl sy onder haar man se gesag is, 30 of in die geval van ’n man wat jaloers word en sy vrou van ontrouheid verdink. Hy moet sy vrou voor Jehovah laat staan, en die priester moet hierdie hele wet op haar toepas. 31 Die man sal vry van skuld wees, maar sy vrou sal verantwoordelik gehou word omdat sy skuldig is.’”
6 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘As ’n man of ’n vrou ’n spesiale gelofte maak om as ’n Nasireʹër*+ vir Jehovah te lewe, 3 moet hy van wyn en ander alkohol wegbly. Hy mag nie asyn drink wat van wyn of van enige ander alkohol gemaak is nie.+ Hy mag geen sap drink wat van druiwe gemaak is of druiwe eet, hetsy dit vars of gedroog is nie. 4 Al die dae van sy Nasireʹërskap mag hy niks eet wat van die wingerdstok gemaak word nie, nie eers die onryp druiwe of die doppe nie.
5 “‘Al die dae van die gelofte van sy Nasireʹërskap mag geen skeermes oor sy kop gaan nie.+ Hy moet heilig bly deur die hare van sy kop te laat groei totdat die dae dat hy vir Jehovah afgesonder is, voltooi is. 6 Hy mag nie naby ’n dooie persoon* kom gedurende al die dae dat hy vir Jehovah afgesonder is nie. 7 Selfs as sy pa of sy ma of sy broer of sy suster sterf, mag hy hom nie onrein maak nie,+ want die teken van sy Nasireʹërskap vir sy God is op sy kop.
8 “‘Al die dae van sy Nasireʹërskap is hy heilig vir Jehovah. 9 Maar as iemand skielik langs hom sterf+ en hy die hare wat ’n simbool van sy Nasireʹërskap is, onrein maak, moet hy sy kop skeer+ op die dag van sy reiniging. Hy moet dit op die sewende dag skeer. 10 En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee jong duiwe na die priester toe bring by die ingang van die tent van samekoms. 11 Die priester moet een as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer voorberei en vir hom versoening doen vir sy sonde+ in verband met die dooie persoon.* Dan moet hy sy kop op daardie dag heilig. 12 En hy moet hom weer vir Jehovah afsonder om ’n nuwe tydperk van Nasireʹërskap te begin, en hy moet ’n jong skaapram wat in sy eerste jaar is, as ’n skuldoffer bring. Maar die vorige dae sal nie tel nie, omdat hy sy Nasireʹërskap onrein gemaak het.
13 “‘En dít is die wet oor die Nasireʹër: Wanneer die dae van sy Nasireʹërskap verby is,+ moet hy na die ingang van die tent van samekoms gebring word. 14 Daar moet hy sy offer vir Jehovah aanbied: een jong skaapram sonder gebrek wat in sy eerste jaar is, as ’n brandoffer,+ een ooilam sonder gebrek wat in haar eerste jaar is, as ’n sonde-offer,+ een skaapram sonder gebrek as ’n vrede-offer,*+ 15 ’n mandjie ongesuurde ringvormige brode van fynmeel wat met olie gemeng is, ongesuurde platbrode wat met olie gesmeer is en die graanoffer+ en die drankoffers+ wat daarmee saamgaan. 16 Die priester moet dit vir Jehovah aanbied en die sonde-offer en die brandoffer offer. 17 Hy moet die skaapram as ’n vrede-offer* vir Jehovah offer, saam met die mandjie ongesuurde brode. En die priester moet die graanoffer+ en die drankoffer aanbied wat daarmee saamgaan.
18 “‘Die Nasireʹër moet dan die hare van sy kop*+ by die ingang van die tent van samekoms skeer, en hy moet die hare van sy kop wat gedurende sy Nasireʹërskap gegroei het op die vuur sit wat onder die vrede-offer* is. 19 En die priester moet ’n gekookte+ blad van die skaapram, een ongesuurde ringvormige brood uit die mandjie en een ongesuurde platbrood neem en dit op die palms van die Nasireʹër sit nadat hy die teken van sy Nasireʹërskap laat afskeer het. 20 En die priester moet dit as ’n beweegoffer heen en weer voor Jehovah beweeg.+ Dit is iets heiligs vir die priester, saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die bydrae.+ Daarna mag die Nasireʹër wyn drink.
21 “‘Dít is die wet oor die Nasireʹër+ wat ’n gelofte maak: As hy ’n gelofte maak en dit kan bekostig om meer aan Jehovah te offer as wat deur sy Nasireʹërskap vereis word, moet hy sy gelofte nakom uit respek vir die wet van sy Nasireʹërskap.’”
22 Toe het Jehovah vir Moses gesê: 23 “Sê vir Aäron en sy seuns: ‘So moet julle die volk Israel seën.+ Sê vir hulle:
24 “Mag Jehovah julle seën+ en julle beskerm.
25 Mag Jehovah julle sy goedkeuring gee,+ en mag hy goed wees vir julle.
26 Mag Jehovah met goedkeuring na julle kyk en aan julle vrede gee.”’+
27 En hulle moet my naam oor die volk Israel uitroep,+ sodat ek hulle kan seën.”+
7 Op die dag toe Moses die tabernakel klaar opgerig het,+ het hy dit gesalf+ en dit geheilig saam met al die toerusting, die altaar en al die voorwerpe.+ Nadat hy dit gesalf en geheilig het,+ 2 het die hoofmanne van Israel,+ die hoofde van die vaderhuise, ’n offer aangebied. Hierdie hoofmanne van die stamme wat die leiding in die registrasie geneem het, 3 het hulle offer voor Jehovah gebring: ses tentwaens en 12 bulle, ’n wa vir twee hoofmanne en ’n bul vir elkeen. En hulle het dit voor die tabernakel aangebied. 4 Jehovah het vir Moses gesê: 5 “Aanvaar hierdie dinge van hulle, aangesien dit vir die diens in verband met die tent van samekoms gebruik sal word, en jy moet dit aan die Leviete gee, aan elkeen volgens wat hy vir sy pligte nodig het.”
6 Toe het Moses die waens en die beeste aanvaar en dit aan die Leviete gegee. 7 Hy het twee waens en vier bulle aan die seuns van Gerson gegee volgens wat hulle vir hulle pligte nodig gehad het.+ 8 En hy het vier waens en agt bulle aan die seuns van Meraʹri gegee volgens wat hulle vir hulle pligte nodig gehad het. Iʹtamar, die seun van die priester Aäron, het hieroor toesig gehad.+ 9 Maar hy het niks aan die seuns van Kehat gegee nie, want hulle pligte het die diens in verband met die heiligdom ingesluit,+ en hulle het die heilige dinge op hulle skouers gedra.+
10 En die hoofmanne het hulle offer tydens die toewyding*+ van die altaar aangebied op die dag toe dit gesalf is. Toe die hoofmanne hulle offer voor die altaar aanbied, 11 het Jehovah vir Moses gesê: “Elke dag moet een van die hoofmanne hulle offer vir die toewyding van die altaar aanbied.”
12 Die een wat sy offer op die eerste dag aangebied het, was Nagson,+ die seun van Amminaʹdab, van die stam van Juda. 13 Sy offer was een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels* en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,*+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 14 een goue beker* met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 15 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 16 een boklam as ’n sonde-offer;+ 17 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Nagson, die seun van Amminaʹdab.+
18 Op die tweede dag het die hoofman van Isʹsaskar ’n offer aangebied. Hy was Netaʹnel,+ die seun van Suar. 19 Hy het as sy offer aangebied: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 20 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 21 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 22 een boklam as ’n sonde-offer;+ 23 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Netaʹnel, die seun van Suar.
24 Op die derde dag het die hoofman van die seuns van Seʹbulon sy offer aangebied. Hy was Eliʹab,+ die seun van Helon. 25 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 26 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 27 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 28 een boklam as ’n sonde-offer;+ 29 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Eliʹab,+ die seun van Helon.
30 Op die vierde dag het die hoofman van die seuns van Ruben sy offer aangebied. Hy was Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür. 31 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 32 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 33 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 34 een boklam as ’n sonde-offer;+ 35 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür.
36 Op die vyfde dag het die hoofman van die seuns van Siʹmeon sy offer aangebied. Hy was Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai. 37 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 38 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 39 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 40 een boklam as ’n sonde-offer;+ 41 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai.
42 Op die sesde dag het die hoofman van die seuns van Gad sy offer aangebied. Hy was Eljaʹsaf,+ die seun van Deʹhuel. 43 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 44 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 45 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 46 een boklam as ’n sonde-offer;+ 47 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Eljaʹsaf,+ die seun van Deʹhuel.
48 Op die sewende dag het die hoofman van die seuns van Eʹfraim sy offer aangebied. Hy was Elisaʹma,+ die seun van Ammiʹhud. 49 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 50 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 51 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 52 een boklam as ’n sonde-offer;+ 53 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Elisaʹma,+ die seun van Ammiʹhud.
54 Op die agtste dag het die hoofman van die seuns van Manasʹse sy offer aangebied. Hy was Gamaʹliël,+ die seun van Pedaʹsur. 55 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 56 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 57 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 58 een boklam as ’n sonde-offer;+ 59 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Gamaʹliël,+ die seun van Pedaʹsur.
60 Op die negende dag het die hoofman+ van die seuns van Benjamin sy offer aangebied. Hy was Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni. 61 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 62 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 63 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 64 een boklam as ’n sonde-offer;+ 65 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni.
66 Op die tiende dag het die hoofman van die seuns van Dan sy offer aangebied. Hy was Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai. 67 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 68 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 69 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 70 een boklam as ’n sonde-offer;+ 71 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai.
72 Op die 11de dag het die hoofman van die seuns van Aser sy offer aangebied. Hy was Paʹgiël,+ die seun van Ogran. 73 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 74 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 75 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 76 een boklam as ’n sonde-offer;+ 77 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Paʹgiël,+ die seun van Ogran.
78 Op die 12de dag het die hoofman van die seuns van Nafʹtali sy offer aangebied. Hy was Ahiʹra,+ die seun van Enan. 79 Sy offer was: een silwerskottel met ’n gewig van 130 sikkels en een silwerbak met ’n gewig van 70 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom,+ albei vol fynmeel wat met olie gemeng is, as ’n graanoffer;+ 80 een goue beker met ’n gewig van 10 sikkels, vol reukwerk; 81 een jong bul, een skaapram en een ramlam in sy eerste jaar, as ’n brandoffer;+ 82 een boklam as ’n sonde-offer;+ 83 en as ’n vrede-offer*+ twee beeste, vyf skaapramme, vyf bokramme en vyf ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die offer van Ahiʹra,+ die seun van Enan.
84 Dít was die toewydingsoffer+ van die altaar wat die hoofmanne van Israel gebring het op die dag toe dit gesalf is: 12 silwerskottels, 12 silwerbakke, 12 goue bekers.+ 85 (Elke silwerskottel het 130 sikkels geweeg, en elke silwerbak 70 sikkels, en die silwer van al die houers was 2 400 sikkels volgens die standaardsikkel van die heiligdom.+ 86 Die 12 goue bekers vol reukwerk het elk 10 sikkels geweeg volgens die standaardsikkel van die heiligdom, en die goud van al die bekers was 120 sikkels.) 87 Al die vee vir die brandoffer was 12 bulle, 12 skaapramme, 12 ramlammers wat elk ’n jaar oud was, en hulle graanoffers, en 12 boklammers as ’n sonde-offer. 88 En al die vee van die vrede-offer* was 24 bulle, 60 skaapramme, 60 bokramme en 60 ramlammers wat elk ’n jaar oud was. Dit was die toewydingsoffer+ van die altaar nadat dit gesalf is.+
89 Wanneer Moses in die tent van samekoms ingegaan het om met God te praat,+ het hy die stem met hom hoor praat van bokant die deksel+ wat op die ark van die Getuienis was, tussen die twee gerubs+ uit. En God het met hom gepraat.
8 Jehovah het vir Moses gesê: 2 “Sê vir Aäron: ‘Wanneer jy die lampe aansteek, moet die sewe lampe die ruimte voor die lampstaander verlig.’”+ 3 Aäron het toe so gemaak: Hy het die lampe aangesteek vir die ruimte voor die lampstaander,+ net soos Jehovah Moses beveel het. 4 Dít is hoe die lampstaander gemaak is: Dit is van goud gemaak en met ’n hamer gevorm. Van die steel tot by die bloeisels is dit met ’n hamer gevorm.+ Die lampstaander is gemaak volgens die visioen+ wat Jehovah Moses laat sien het.
5 Jehovah het weer met Moses gepraat en gesê: 6 “Sonder die Leviete van die Israeliete af en reinig hulle.+ 7 Dít is hoe jy hulle moet reinig: Spat reinigingswater* op hulle, en hulle moet hulle hele liggaam met ’n skeermes skeer, hulle klere was en hulle reinig.+ 8 Dan moet hulle ’n jong bul+ neem en die graanoffer+ wat daarmee saamgaan – fynmeel wat met olie gemeng is – en jy moet nog ’n jong bul as ’n sonde-offer+ neem. 9 En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms bring en die hele gemeenskap van Israel bymekaar laat kom.+ 10 Wanneer jy die Leviete voor Jehovah bring, moet die Israeliete hulle hande op die Leviete+ lê. 11 En Aäron moet die Leviete as ’n beweegoffer+ van die Israeliete voor Jehovah offer,* en hulle moet die diens van Jehovah verrig.+
12 “Dan moet die Leviete hulle hande op die koppe van die bulle sit.+ Daarna moet hulle die een as ’n sonde-offer en die ander as ’n brandoffer aan Jehovah offer om vir die Leviete versoening te doen.+ 13 En jy moet die Leviete voor Aäron en sy seuns laat staan en hulle as ’n beweegoffer aan Jehovah offer.* 14 Jy moet die Leviete van die Israeliete afsonder, en die Leviete sal myne word.+ 15 Daarna moet die Leviete ingaan om by die tent van samekoms te dien. Dit is hoe jy hulle moet reinig en hulle as ’n beweegoffer moet offer.* 16 Want hulle is aan my gegee as gawes uit die Israeliete. In die plek van al die eersgeborenes* van die Israeliete+ sal ek hulle vir my neem. 17 Want elke eersgeborene van die Israeliete is myne, mens sowel as dier.+ Ek het hulle vir my geheilig op die dag toe ek elke eersgeborene in Egipte doodgemaak het.+ 18 Ek sal die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes van die Israeliete. 19 Ek sal die Leviete aan Aäron en sy seuns gee as gawes uit die Israeliete om die diens namens die Israeliete by die tent van samekoms te verrig+ en om vir die Israeliete versoening te doen, sodat geen plaag onder die Israeliete+ ontstaan omdat hulle naby die heiligdom kom nie.”
20 Moses en Aäron en die hele gemeenskap van Israel het so met die Leviete gedoen. Die Israeliete het alles gedoen wat Jehovah Moses in verband met die Leviete beveel het. 21 Die Leviete het hulleself toe gereinig en hulle klere gewas,+ waarna Aäron hulle as ’n beweegoffer voor Jehovah geoffer* het.+ Toe het Aäron vir hulle versoening gedoen om hulle te reinig.+ 22 Daarna het die Leviete ingegaan om hulle diens by die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig. Alles wat Jehovah Moses in verband met die Leviete beveel het, is uitgevoer.
23 Jehovah het toe vir Moses gesê: 24 “Dít is van toepassing op die Leviete: As ’n man 25 jaar of ouer is, moet hy aansluit by die groep wat die diens in verband met die tent van samekoms verrig. 25 Maar op die ouderdom van 50 jaar moet hy uit die diensgroep uittree en nie meer dien nie. 26 Hy mag sy broers dien wat na die verantwoordelikhede by die tent van samekoms omsien, maar hy mag nie die diens daar verrig nie. Dit is wat jy moet doen in verband met die Leviete en hulle verantwoordelikhede.”+
9 Jehovah het met Moses gepraat in die wildernis Siʹnai in die eerste maand+ van die tweede jaar nadat hulle uit Egipte gekom het. Hy het gesê: 2 “Die Israeliete moet die Pasga-offer+ op die vasgestelde tyd voorberei.+ 3 Op die 14de dag van hierdie maand, wanneer dit skemer word,* moet julle dit op die vasgestelde tyd voorberei. Julle moet dit voorberei volgens al die wetsbepalings en al die prosedures wat daarvoor vasgestel is.”+
4 Moses het toe vir die Israeliete gesê dat hulle die Pasga-offer moet voorberei. 5 Toe het hulle die Pasga-offer in die eerste maand, op die 14de dag van die maand, toe dit skemer word,* in die wildernis Siʹnai voorberei. Die Israeliete het alles gedoen wat Jehovah Moses beveel het.
6 Maar daar was mans wat onrein geword het omdat hulle aan ’n dooie liggaam geraak het,+ en daarom kon hulle nie die Pasga-offer op daardie dag voorberei nie. Hulle het dus op daardie dag na Moses en Aäron toe gegaan+ 7 en vir Moses gesê: “Ons is onrein omdat ons aan ’n dooie liggaam geraak het. Maar hoekom moet dit ons keer om die offer vir Jehovah op die vasgestelde tyd saam met die res van die Israeliete aan te bied?”+ 8 Moses het vir hulle gesê: “Wag hier, en laat ek hoor wat Jehovah se bevel in verband met julle is.”+
9 Toe het Jehovah vir Moses gesê: 10 “Sê vir die Israeliete: ‘Al word iemand onder julle of onder julle toekomstige geslagte onrein omdat hy aan ’n dooie liggaam raak,+ of al is hy op ’n lang reis, moet hy nog steeds die Pasga-offer vir Jehovah voorberei. 11 Hulle moet dit in die tweede maand,+ op die 14de dag, wanneer dit skemer word,* voorberei. Hulle moet dit saam met ongesuurde brood en bitter kruie eet.+ 12 Hulle mag niks daarvan tot die oggend toe laat oorbly nie,+ en hulle mag geen been daarvan breek nie.+ Hulle moet dit volgens elke wetsbepaling in verband met die Pasga voorberei. 13 Maar as ’n man rein was of nie op reis was nie en hy nie die Pasga-offer voorberei het nie, moet hy doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word,+ want hy het nie die offer van Jehovah op die vasgestelde tyd aangebied nie. So ’n man moet die gevolge van sy sonde dra.
14 “‘En as ’n uitlander onder julle woon, moet hy ook die Pasga-offer vir Jehovah voorberei.+ Hy moet dit doen volgens die wetsbepaling in verband met die Pasga en die prosedure wat daarvoor vasgestel is.+ Daar moet een wetsbepaling vir julle wees, vir die uitlander wat onder julle woon sowel as vir die gebore Israeliet.’”+
15 En op die dag toe die tabernakel opgerig is,+ het die wolk die tabernakel, die tent van die Getuienis, bedek. Maar van die aand tot die oggend was daar iets wat soos vuur gelyk het oor die tabernakel.+ 16 Dít is wat altyd plaasgevind het: In die dag het die wolk dit bedek, en in die nag iets wat soos vuur gelyk het.+ 17 Elke keer wanneer die wolk van die tent af opgelig het, het die Israeliete onmiddellik weggetrek,+ en op die plek waar die wolk gaan staan het, het die Israeliete kamp opgeslaan.+ 18 Op bevel van Jehovah het die Israeliete weggetrek, en op bevel van Jehovah het hulle kamp opgeslaan.+ Solank die wolk oor die tabernakel gebly het, het hulle kamp daar gebly. 19 Wanneer die wolk baie dae lank oor die tabernakel gebly het, het die Israeliete Jehovah gehoorsaam en nie weggetrek nie.+ 20 Soms het die wolk net ’n paar dae oor die tabernakel gebly. Op bevel van Jehovah het hulle kamp daar gebly, en op bevel van Jehovah het hulle weggetrek. 21 Soms het die wolk net van die aand tot die oggend gebly, en wanneer die wolk in die oggend opgelig het, het hulle weggetrek. Wanneer die wolk opgelig het, het hulle weggetrek, hetsy dit dag of nag was.+ 22 Solank as wat die wolk oor die tabernakel gebly het, of dit nou twee dae, ’n maand of langer was, het die Israeliete se kamp daar gebly en het hulle nie weggetrek nie. Maar wanneer dit opgelig het, het hulle weggetrek. 23 Op bevel van Jehovah het hulle kamp opgeslaan, en op bevel van Jehovah het hulle weggetrek. Hulle het hulle verpligting teenoor Jehovah nagekom, volgens die bevel wat Jehovah deur middel van Moses gegee het.
10 Jehovah het toe vir Moses gesê: 2 “Maak vir jou twee trompette+ van silwer. Vorm dit met ’n hamer, en gebruik die trompette om die gemeenskap van Israel bymekaar te roep en om die kampe te laat opbreek. 3 Wanneer daar op albei geblaas word, moet die hele gemeenskap van Israel na jou toe kom by die ingang van die tent van samekoms.+ 4 As daar op net een geblaas word, moet slegs die hoofmanne, die hoofde van die duisende van Israel, na jou toe kom.+
5 “Wanneer julle ’n wisselende trompetsein gee, moet die kampe wat aan die oostekant is,+ vertrek. 6 Wanneer julle ’n tweede keer ’n wisselende trompetsein gee, moet die kampe wat aan die suidekant is,+ vertrek. Hulle moet so ’n trompetsein gee elke keer wanneer een van die groepe vertrek.
7 “En wanneer julle die gemeente bymekaarroep, moet julle op die trompette blaas,+ maar moenie ’n wisselende sein gee nie. 8 Aäron se seuns, die priesters, moet op die trompette blaas,+ en die gebruik van die trompette sal in al julle geslagte ’n permanente wetsbepaling vir julle wees.
9 “As julle in julle land oorlog maak teen ’n vyand wat julle onderdruk, moet julle ’n oorlogsein op die trompette blaas,+ en Jehovah julle God sal aan julle dink en julle van julle vyande red.
10 “En by julle vreugdevolle geleenthede+ – julle feeste+ en die begin van julle maande – moet julle op die trompette blaas wanneer julle brandoffers+ en vrede-offers*+ offer. Hulle sal vir julle dien as ’n herinnering voor julle God. Ek is Jehovah julle God.”+
11 En in die tweede jaar, in die tweede maand, op die 20ste dag van die maand,+ het die wolk opgelig van die tabernakel+ van die Getuienis af. 12 Toe het die Israeliete uit die wildernis Siʹnai begin vertrek in die volgorde wat vir hulle vasgestel is,+ en die wolk het in die wildernis Paran+ tot stilstand gekom. 13 Dit was die eerste keer dat hulle vertrek het volgens die bevel wat Jehovah deur middel van Moses gegee het.+
14 Die driestamgroep van die kamp van die kinders van Juda het dus eerste vertrek volgens hulle afdelings,* en Nagson,+ die seun van Amminaʹdab, was oor daardie driestamgroep. 15 Netaʹnel,+ die seun van Suar, was oor die afdeling van die stam van die kinders van Isʹsaskar. 16 Eliʹab,+ die seun van Helon, was oor die afdeling van die stam van die kinders van Seʹbulon.
17 Toe is die tabernakel afgebreek+ en het die seuns van Gerson+ en die seuns van Meraʹri,+ wat die tabernakel gedra het, vertrek.
18 Daarna het die driestamgroep van die kamp van Ruben volgens hulle afdelings* vertrek, en Eliʹsur,+ die seun van Sedeʹür, was oor daardie driestamgroep. 19 Seluʹmiël,+ die seun van Suriʹsaddai, was oor die afdeling van die stam van die kinders van Siʹmeon. 20 Eljaʹsaf,+ die seun van Deʹhuel, was oor die afdeling van die stam van die kinders van Gad.
21 Toe het die Kehatiete, wat die voorwerpe van die heiligdom gedra het,+ vertrek. Die tabernakel moes opgerig wees teen die tyd dat hulle by hulle bestemming aangekom het.
22 Toe het die driestamgroep van die kamp van die kinders van Eʹfraim volgens hulle afdelings* vertrek, en Elisaʹma,+ die seun van Ammiʹhud, was oor daardie driestamgroep. 23 Gamaʹliël,+ die seun van Pedaʹsur, was oor die afdeling van die stam van die kinders van Manasʹse. 24 Abiʹdan,+ die seun van Gideoʹni, was oor die afdeling van die stam van die kinders van Benjamin.
25 Toe het die driestamgroep van die kamp van die kinders van Dan volgens hulle afdelings* vertrek en die agterhoede* gevorm vir al die kampe, en Ahiëser,+ die seun van Ammiʹsaddai, was oor daardie driestamgroep. 26 Paʹgiël,+ die seun van Ogran, was oor die afdeling van die stam van die kinders van Aser. 27 Ahiʹra,+ die seun van Enan, was oor die afdeling van die stam van die kinders van Nafʹtali. 28 Dit was die volgorde waarin die Israeliete en hulle afdelings* vertrek het.+
29 Toe het Moses vir Hobab, die seun van Moses se skoonpa, Reʹhuel,*+ die Midianiet, gesê: “Ons vertrek na die plek waarvan Jehovah gesê het: ‘Ek sal dit aan julle gee.’+ Kom tog saam met ons,+ en ons sal jou goed behandel, want Jehovah het goeie dinge vir Israel belowe.”+ 30 Maar hy het vir hom gesê: “Ek sal nie saamgaan nie. Ek sal na my eie land en na my familie teruggaan.” 31 Toe het hy gesê: “Moet ons asseblief nie verlaat nie, want jy weet waar ons in die wildernis moet kamp opslaan, en jy kan ons gids* wees. 32 En as jy saam met ons kom,+ sal ons die goedheid wat Jehovah aan ons betoon, beslis ook aan jou betoon.”
33 Toe het hulle van die berg van Jehovah+ af vertrek en drie dae lank gereis. En gedurende hierdie reis van drie dae het die ark+ van Jehovah se verbond vooruitgegaan om vir hulle ’n rusplek uit te soek.+ 34 En Jehovah se wolk+ was gedurende die dag oor hulle wanneer hulle van die kampplek af vertrek het.
35 Elke keer wanneer die Ark verskuif is, het Moses gesê: “Staan op, o Jehovah,+ en laat u vyande verstrooi word, en laat dié wat u haat, voor u wegvlug.” 36 En wanneer dit gerus het, het hy gesê: “Keer tog terug, o Jehovah, na die tallose duisende van Israel.”+
11 En die volk het bitterlik begin kla voor Jehovah. Toe Jehovah dit hoor, het hy woedend geword. En Jehovah het vuur onder hulle ingestuur, en dit het party aan die rand van die kamp verteer. 2 Toe die volk na Moses begin roep het om hulle te help, het hy ’n smeekgebed tot Jehovah gedoen,+ en die vuur het doodgegaan. 3 Daarom is daardie plek Tabeʹra* genoem, omdat Jehovah vuur onder hulle ingestuur het.+
4 Die gemengde skare*+ wat onder hulle was, het toe selfsugtige begeertes+ uitgespreek, en die Israeliete het ook begin huil en gesê: “Wie sal vir ons vleis gee om te eet?+ 5 Ons verlang so na die vis wat ons verniet in Egipte geëet het, en na die komkommers, die waatlemoene, die preie, die uie en die knoffel!+ 6 Maar nou teer ons uit. Nou moet ons net in hierdie manna vaskyk.”+
7 Terloops, die manna+ was soos koljandersaad,+ en dit het soos balsemgom gelyk. 8 Die volk het uitgegaan en dit opgetel en dit in handmeule gemaal of in ’n vysel fyngestamp. Dan het hulle dit in kookpotte gekook of ronde brode daarvan gemaak,+ en dit het soos ’n soet oliekoek gesmaak. 9 Wanneer die dou in die nag op die kamp geval het, het die manna ook geval.+
10 Moses het die volk hoor huil, die een familie ná die ander, elke man by die ingang van sy tent. En Jehovah het baie kwaad geword,+ en Moses was ook baie ontsteld. 11 Toe het Moses vir Jehovah gesê: “Hoekom het u u kneg laat swaarkry? Hoekom geniet ek nie u goedkeuring nie? Hoekom het u die las van hierdie hele volk op my geplaas?+ 12 Het ek met hierdie hele volk swanger geword? Het ek aan hulle geboorte gegee, sodat u vir my sê: ‘Dra hulle in die voue van jou kleed, soos ’n oppasser ’n baba dra,’ na die land wat u aan hulle voorvaders met ’n eed belowe het?+ 13 Waar gaan ek vleis kry om vir hierdie hele volk te gee? Want hulle bly by my huil en sê: ‘Gee vir ons vleis om te eet!’ 14 Ek kan nie hierdie hele volk alleen dra nie. Dit is te veel vir my.+ 15 As u dit van my verwag, maak my sommer nou dadelik dood, asseblief.+ Wees genadig teenoor my en moet my nie nog meer rampspoed laat sien nie.”
16 Jehovah het Moses geantwoord: “Kry vir my 70 manne van die ouermanne van Israel bymekaar, manne wat jy weet ouermanne en beamptes van die volk+ is, en neem hulle na die tent van samekoms, en laat hulle daar by jou staan. 17 Ek sal neerdaal+ en daar met jou praat,+ en ek sal van die gees+ wat op jou is, wegneem en dit op hulle plaas, en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.+ 18 Jy moet vir die volk sê: ‘Heilig julle vir môre,+ want julle sal beslis vleis eet, want julle het in Jehovah se ore gehuil+ en gesê: “Wie gaan vir ons vleis gee om te eet? Dit was vir ons beter in Egipte.”+ Jehovah sal beslis vir julle vleis gee, en julle sal eet.+ 19 Julle sal eet, nie een dag of 2 dae of 5 dae of 10 dae of 20 dae nie, 20 maar ’n hele maand lank, totdat dit by julle ore* uitkom en julle siek en sat word daarvoor,+ want julle het Jehovah, wat by julle is, verwerp, en julle het voor hom gehuil en gesê: “Hoekom het ons Egipte verlaat?”’”+
21 Toe het Moses gesê: “Daar is 600 000 manne* onder hierdie volk,+ en tog het u gesê: ‘Ek sal vir hulle vleis gee, genoeg vir ’n hele maand’! 22 Sal dit vir hulle genoeg wees as hele kuddes en troppe geslag word? Of sal dit vir hulle genoeg wees as al die visse van die see vir hulle gevang word?”
23 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Is die hand van Jehovah te kort?+ Nou sal jy sien of wat ek sê, sal gebeur of nie.”
24 Daarna het Moses uitgegaan en Jehovah se woorde aan die volk oorgedra. En hy het 70 manne uit die ouermanne van die volk bymekaargeroep en hulle rondom die tent laat staan.+ 25 Toe het Jehovah in ’n wolk neergedaal+ en met hom gepraat+ en van die gees+ wat op hom was, weggeneem en dit op elkeen van die 70 ouermanne geplaas. En toe die gees op hulle kom, het hulle soos profete begin optree,*+ maar hulle het dit net hierdie een keer gedoen.
26 Twee van die manne was nog in die kamp. Hulle name was Eldad en Medad. En die gees het op hulle gekom omdat hulle onder dié was wie se name neergeskryf was, maar hulle het nie na die tent uitgegaan nie. Toe het hulle soos profete begin optree in die kamp. 27 En ’n jong man het gehardloop en vir Moses gesê: “Eldad en Medad tree op soos profete in die kamp!” 28 Toe het Josua,+ die seun van Nun, wat Moses van jongs af gedien het, geantwoord en gesê: “My heer Moses, keer hulle!”+ 29 Maar Moses het vir hom gesê: “Is jy jaloers ter wille van my? Nee, ek wens dat Jehovah se hele volk profete was en dat Jehovah sy gees op hulle sou plaas!” 30 Later het Moses saam met die ouermanne van Israel na die kamp teruggekeer.
31 Toe het ’n wind wat deur Jehovah gestuur is, opgekom en kwartels van die see af gewaai en hulle om die kamp op die grond laat val,+ ongeveer ’n dagreis ver in alle rigtings, reg rondom die kamp, ongeveer twee el* diep. 32 Toe het die volk daardie hele dag en hele nag en die hele volgende dag wakker gebly en kwartels bymekaargemaak. Elkeen het ten minste tien homer* bymekaargemaak, en hulle het dit rondom die kamp bly uitsprei. 33 Maar terwyl die vleis nog in hulle mond was, voordat dit gekou kon word, het Jehovah se woede teen die volk opgevlam, en Jehovah het die volk met ’n baie groot slagting getref.+
34 Hulle het daardie plek dus Kibʹrot-Hattaʹäwa*+ genoem, want daar het hulle die mense begrawe wat selfsugtige begeertes geopenbaar het.+ 35 Van Kibʹrot-Hattaʹäwa af het die volk weggetrek na Haʹserot, en hulle het in Haʹserot gebly.+
12 En Mirjam en Aäron het teen Moses begin praat weens die Kussitiese vrou met wie hy getrou het, want hy het ’n Kussitiese vrou geneem.+ 2 Hulle het gesê: “Het Jehovah net deur Moses gepraat? Het hy nie ook deur ons gepraat nie?”+ En Jehovah het geluister.+ 3 En Moses was verreweg die nederigste van al die mense*+ op die hele aarde.
4 Skielik het Jehovah vir Moses en Aäron en Mirjam gesê: “Julle drie, gaan uit na die tent van samekoms.” Toe het hulle drie uitgegaan. 5 En Jehovah het in die wolkkolom neergedaal+ en by die ingang van die tent gaan staan en Aäron en Mirjam geroep. Hulle het albei nader gegaan. 6 Hy het toe gesê: “Luister asseblief na my woorde. As daar ’n profeet van Jehovah onder julle is, sal ek my in ’n visioen aan hom bekend maak,+ en ek sal in ’n droom met hom praat.+ 7 Maar dit is nie die geval met my kneg Moses nie! My hele huis word aan hom toevertrou.*+ 8 Ek praat direk* met hom,+ openlik, nie deur raaisels nie, en hy sien die voorkoms van Jehovah. Hoekom was julle dan nie bang om teen my kneg, teen Moses, te praat nie?”
9 En Jehovah was woedend vir hulle, en hy het van hulle af weggegaan. 10 Die wolk het van die tent af weggetrek, en kyk! Mirjam is getref met melaatsheid, so wit soos sneeu.+ Toe het Aäron na Mirjam toe gedraai, en hy het gesien dat sy met melaatsheid getref is.+ 11 Onmiddellik het Aäron vir Moses gesê: “Ek smeek jou, my heer! Moet asseblief nie toelaat dat ons gestraf word vir hierdie sonde nie! Ons het onverstandig opgetree! 12 Moet haar asseblief nie so laat bly nie, soos iemand wat dood is, wie se vlees by geboorte half ontbind* is nie!” 13 En Moses het tot Jehovah begin roep en gesê: “O God, asseblief, genees haar! Asseblief!”+
14 Jehovah het Moses geantwoord: “Sê nou haar pa het in haar gesig gespoeg. Sou sy nie sewe dae lank verneder gewees het nie? Laat haar sewe dae lank buite die kamp onder kwarantyn geplaas word,+ en daarna mag sy teruggebring word.” 15 Mirjam is toe sewe dae lank buite die kamp onder kwarantyn geplaas,+ en die volk het nie weggetrek totdat Mirjam teruggebring is nie. 16 Daarna het die volk van Haʹserot af vertrek+ en in die wildernis Paran kamp opgeslaan.+
13 Jehovah het toe vir Moses gesê: 2 “Stuur manne uit om Kanaän te verken, die land wat ek aan die Israeliete gee. Julle moet een man van elke stam uitstuur, elkeen ’n hoofman+ onder hulle.”+
3 Toe het Moses hulle op bevel van Jehovah van die wildernis Paran+ af uitgestuur. Al die manne was hoofde van die Israeliete. 4 Dít is hulle name: van die stam van Ruben: Samʹmua, die seun van Sakkur; 5 van die stam van Siʹmeon: Safat, die seun van Hori; 6 van die stam van Juda: Kaleb,+ die seun van Jefunʹne; 7 van die stam van Isʹsaskar: Jigal, die seun van Josef; 8 van die stam van Eʹfraim: Hoseʹa,+ die seun van Nun; 9 van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu; 10 van die stam van Seʹbulon: Gadʹdiël, die seun van Sodi; 11 van die stam van Josef,+ vir die stam van Manasʹse:+ Gaddi, die seun van Susi; 12 van die stam van Dan: Ammiʹël, die seun van Gemalʹli; 13 van die stam van Aser: Setur, die seun van Miʹgael; 14 van die stam van Nafʹtali: Nagbi, die seun van Wofsi; 15 van die stam van Gad: Geʹhuel, die seun van Magi. 16 Dit is die name van die manne wat Moses gestuur het om die land te verken. En Moses het Hoseʹa, die seun van Nun, die naam Josua*+ gegee.
17 Toe Moses hulle stuur om die land Kanaän te verken, het hy vir hulle gesê: “Gaan in die Negeb in en dan op na die bergstreek.+ 18 Kyk watter soort land dit is+ en of die mense wat daarin woon, sterk of swak is, en of hulle min of baie is, 19 en of die land goed of sleg is, en of die stede waarin hulle woon, versterk is of nie. 20 En vind uit of die land ryk of arm is,+ en of daar bome is of nie. Julle moet moedig wees+ en van die vrugte van die land saambring.” Dit was toe die seisoen vir die eerste ryp druiwe.+
21 En hulle het gegaan en die land verken van die wildernis Zin+ af tot by Rehob,+ naby Lebo-Hamat.*+ 22 Hulle het in die Negeb ingegaan en by Heʹbron+ gekom, waar Ahiʹman, Sesai en Talmai,+ die Enakiete,+ gewoon het. Terloops, Heʹbron is sewe jaar voor Soan van Egipte gebou. 23 Toe hulle by die Eskol-vallei* kom,+ het hulle daar ’n tak met een tros druiwe afgesny, wat twee van die manne op ’n stok moes dra. Hulle het ook van die land se granate en vye geneem.+ 24 Hulle het daardie plek die Eskol-vallei*+ genoem as gevolg van die tros druiwe wat die Israeliete daar afgesny het.
25 Nadat hulle die land 40 dae+ lank verken het, het hulle teruggekeer. 26 Hulle het na Moses en Aäron en die hele gemeenskap van Israel in die wildernis Paran, by Kades, teruggekeer.+ Hulle het ’n verslag aan die hele gemeenskap van Israel gelewer en vir hulle die vrugte van die land gewys. 27 Dít is die verslag wat hulle aan Moses gelewer het: “Ons het in die land ingegaan waarheen u ons gestuur het, en dit loop beslis oor van melk en heuning,+ en hier is van die vrugte van die land.+ 28 Maar die mense wat in die land woon, is sterk, en die versterkte stede is baie groot. En ons het ook die Enakiete daar gesien.+ 29 Die Amalekiete+ woon in die land van die Negeb,+ en die Hetiete, die Jebusiete+ en die Amoriete+ woon in die bergstreek, en die Kanaäniete+ woon by die see+ en langs die Jordaanrivier.”
30 Toe het Kaleb die volk probeer kalmeer terwyl hulle voor Moses gestaan het. Hy het gesê: “Laat ons dadelik gaan, en ons sal dit vir seker in besit neem, want ons kan dit beslis verower.”+ 31 Maar die manne wat saam met hom gegaan het, het gesê: “Ons kan nie teen die mense gaan veg nie, want hulle is sterker as ons.”+ 32 En hulle het aangehou om die Israeliete negatiewe dinge te vertel+ oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is ’n land wat sy inwoners verslind, en al die mense wat ons daarin gesien het, is manne wat buitengewoon groot is.+ 33 En daar het ons die Nefilim gesien, die kinders van Enak,+ wat van die Nefilim afkomstig is, en in vergelyking met hulle was ons soos sprinkane, in ons oë en in hulle s’n.”
14 Toe het die hele gemeenskap van Israel hard begin uitroep en die hele nag lank gehuil.+ 2 Al die Israeliete het teen Moses en Aäron begin kla,+ en die hele gemeenskap van Israel het teen hulle gepraat en gesê: “As ons maar net in Egipte gesterf het, of as ons maar net in hierdie wildernis gesterf het! 3 Hoekom bring Jehovah ons na hierdie land om deur die swaard doodgemaak te word?+ Ons vyande sal ons vrouens en ons kinders wegvat.+ Is dit nie vir ons beter om na Egipte terug te gaan nie?”+ 4 Hulle het selfs vir mekaar gesê: “Kom ons stel ’n leier aan en gaan terug Egipte toe!”+
5 Toe het Moses en Aäron met hulle gesigte na die grond toe neergeval voor die hele gemeente van die Israeliete wat daar bymekaar was. 6 Josua,+ die seun van Nun, en Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, wat onder dié was wat die land verken het, het hulle klere geskeur, 7 en hulle het vir die hele gemeenskap van Israel gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is ’n baie, baie goeie land.+ 8 As ons Jehovah se goedkeuring het, sal hy ons beslis in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ 9 Maar julle moenie in opstand kom teen Jehovah nie, en julle moenie bang wees vir die mense van die land nie,+ want ons sal hulle verslind. Hulle beskerming is van hulle af weggeneem, en Jehovah is met ons.+ Moenie vir hulle bang wees nie.”
10 Maar die hele gemeenskap van Israel het gesê dat hulle hulle met klippe gaan doodgooi.+ Toe het Jehovah se heerlikheid bo die tent van samekoms aan die volk Israel verskyn.+
11 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Hoe lank gaan hierdie volk my sonder respek behandel,+ en hoe lank gaan hulle geen geloof in my stel nie, ten spyte van al die tekens wat ek onder hulle verrig het?+ 12 Laat ek hulle met ’n vreeslike siekte tref en hulle verdryf, en laat ek jou ’n groter en magtiger nasie as hulle maak.”+
13 Maar Moses het vir Jehovah gesê: “As u dit doen, sal die Egiptenare, uit wie se land u u volk deur u krag gebring het, daarvan hoor,+ 14 en hulle sal met die inwoners van hierdie land daaroor praat. Hulle het ook gehoor dat u, Jehovah, met hierdie volk is,+ en dat u persoonlik aan hulle verskyn het.+ U is Jehovah, en u wolk is oor hulle; in die dag gaan u voor hulle uit in die wolkkolom, en in die nag in die vuurkolom.+ 15 As u hierdie volk almal op een slag doodmaak, sal die nasies wat van u roem gehoor het, sê: 16 ‘Jehovah kon nie hierdie volk in die land inbring wat hy aan hulle met ’n eed belowe het nie, en daarom het hy hulle in die wildernis doodgemaak.’+ 17 Asseblief, Jehovah, laat u groot krag gesien word, net soos u belowe het toe u gesê het: 18 ‘Jehovah, wat nie gou kwaad word nie en vol lojale liefde* is,+ wat sondes en oortredings vergewe, maar wat die skuldiges beslis nie ongestraf laat bly nie, wat straf vir die oortreding van vaders oor kinders bring, oor die derde geslag en oor die vierde geslag.’+ 19 Vergewe asseblief die oortreding van hierdie volk in ooreenstemming met u groot lojale liefde, net soos u hierdie volk van Egipte af tot nou toe vergewe het.”+
20 Toe het Jehovah gesê: “Ek vergewe hulle volgens jou woord.+ 21 Maar so waar as wat ek lewe, die hele aarde sal met die heerlikheid van Jehovah gevul word.+ 22 Nie een van die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het+ wat ek in Egipte en in die wildernis verrig het, en wat my nogtans al tien keer getoets het+ en nie na my stem geluister het nie,+ 23 sal ooit die land sien wat ek aan hulle vaders met ’n eed belowe het nie. Nee, nie een van dié wat my sonder respek behandel, sal dit sien nie.+ 24 Maar omdat my kneg Kaleb+ ’n ander gees geopenbaar het en my heelhartig bly volg het, sal ek hom beslis in die land inbring waarheen hy gegaan het, en sy nageslag sal dit in besit neem.+ 25 Aangesien die Amalekiete en die Kanaäniete+ in die vallei woon, moet julle môre terugdraai en na die wildernis vertrek met die pad wat na die Rooisee gaan.”+
26 Jehovah het toe vir Moses en Aäron gesê: 27 “Hoe lank sal hierdie slegte volk aanhou om so teen my te kla?+ Ek het die Israeliete se klagtes teen my gehoor.+ 28 Sê vir hulle: ‘“So waar as wat ek lewe,” sê Jehovah, “ek sal aan julle doen presies wat ek julle hoor sê het!+ 29 In hierdie wildernis sal julle lyke val,+ ja, almal van julle wat 20 jaar en ouer is en wat geregistreer is, almal wat teen my gekla het.+ 30 Nie een van julle sal in die land ingaan wat ek met ’n eed aan julle belowe het* sodat julle daarin kan woon nie,+ behalwe Kaleb, die seun van Jefunʹne, en Josua, die seun van Nun.+
31 “‘“En wat julle kinders betref, wat julle gesê het deur julle vyande weggevat sal word,+ ek sal hulle inbring, en hulle sal die land leer ken wat julle verwerp het.+ 32 Maar julle eie lyke sal in hierdie wildernis val. 33 En julle kinders sal 40 jaar+ lank herders in die wildernis wees, en hulle sal die gevolge dra vir julle dade van ontrouheid,* totdat die laaste van julle lyke in die wildernis val.+ 34 Julle sal 40 jaar+ lank die gevolge dra van julle oortredings, volgens die getal dae dat julle die land verken het, 40 dae,+ ’n dag vir ’n jaar, ’n dag vir ’n jaar, want julle sal weet wat dit beteken om my teë te staan.*
35 “‘“Ek, Jehovah, het gepraat. Dit is wat ek aan hierdie slegte volk gaan doen, aan almal wat teen my bymekaargekom het: In hierdie wildernis sal hulle aan hulle einde kom, en hier sal hulle sterf.+ 36 Die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat die hele gemeenskap van Israel teen hom laat kla het toe hulle met ’n negatiewe verslag oor die land teruggekeer het,+ 37 ja, die manne wat die negatiewe verslag oor die land teruggebring het, sal gestraf word en voor Jehovah sterf.+ 38 Maar Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefunʹne, wat onder dié was wat die land gaan verken het, sal beslis bly lewe.”’”+
39 Toe Moses hierdie woorde aan al die Israeliete oorgedra het, was die volk baie hartseer. 40 En hulle het die oggend vroeg opgestaan en na die hoogtes van die bergstreek probeer opgaan en gesê: “Hier is ons, gereed om op te gaan na die plek waarvan Jehovah gepraat het, want ons het gesondig.”+ 41 Maar Moses het gesê: “Hoekom gaan julle teen die bevel van Jehovah? Julle sal nie suksesvol wees nie. 42 Moenie gaan veg nie, want Jehovah is nie met julle nie, en julle sal deur julle vyande verslaan word.+ 43 Want julle sal teen die Amalekiete en die Kanaäniete te staan kom,+ en julle sal deur die swaard doodgemaak word. Omdat julle opgehou het om Jehovah te volg, sal Jehovah nie met julle wees nie.”+
44 Maar hulle was vermetel* en het na die hoogtes van die bergstreek begin opgaan,+ maar die ark van Jehovah se verbond en Moses het nie die kamp verlaat nie.+ 45 Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in die bergstreek gewoon het, afgekom en hulle verslaan en hulle tot by Horma verstrooi.+
15 Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Sê vir die Israeliete: ‘Wanneer julle uiteindelik in die land kom wat ek aan julle gee om in te woon+ 3 en julle uit die beeste of uit die kleinvee ’n vuuroffer aan Jehovah bring – hetsy ’n brandoffer+ of ’n offerande om ’n spesiale gelofte te vervul of ’n vrywillige offer+ of ’n offer tydens julle seisoenfeeste+ om ’n aangename* geur vir Jehovah+ te laat opgaan – 4 dan moet die een wat sy offer aanbied, ook vir Jehovah ’n graanoffer van ’n tiende van ’n efa* fynmeel aanbied+ wat met ’n kwart hin* olie gemeng is. 5 Jy moet saam met die brandoffer of saam met elke ramlam wat geoffer word, ook ’n kwart hin wyn as ’n drankoffer bring.+ 6 Vir ’n skaapram moet jy ’n graanoffer van twee tiendes van ’n efa fynmeel bring wat met ’n derde van ’n hin olie gemeng is. 7 En jy moet ’n derde van ’n hin wyn as ’n drankoffer aanbied, as ’n aangename* geur vir Jehovah.
8 “‘Maar as jy ’n bul uit die kudde as ’n brandoffer+ of ’n offerande bring om ’n spesiale gelofte te vervul+ of as vrede-offers* aan Jehovah,+ 9 moet jy saam met die bul uit die kudde ’n graanoffer+ van drie tiendes van ’n efa fynmeel aanbied wat met ’n halwe hin olie gemeng is. 10 Jy moet ook ’n halwe hin wyn as ’n drankoffer+ aanbied, as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah. 11 Dit is wat gedoen moet word vir elke bul, elke skaapram, elke ramlam en elke bok. 12 Ongeag hoeveel diere julle offer, julle moet so doen vir elke dier wat julle offer. 13 Dit is hoe elke gebore Israeliet ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah moet aanbied.
14 “‘As ’n uitlander wat by julle woon of iemand wat reeds geslagte lank onder julle is, ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah bring, moet hy doen net soos julle doen.+ 15 Julle wat deel van die gemeente is sowel as die uitlander wat by julle woon, sal net een wetsbepaling hê. Dit moet ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag wees. Die uitlander sal soos julle wees in Jehovah se oë.+ 16 Daar moet net een wet en een regterlike bevel wees vir julle en vir die uitlander wat by julle woon.’”
17 Jehovah het verder vir Moses gesê: 18 “Sê vir die Israeliete: ‘Wanneer julle in die land kom waarheen ek julle bring 19 en julle van die opbrengs* van die land eet,+ moet julle ’n bydrae aan Jehovah gee. 20 Julle moet ’n bydrae van julle eerste growwe meel*+ in die vorm van ringvormige brode gee. Julle moet dit bydra net soos julle die bydrae van ’n dorsvloer gee. 21 In al julle geslagte moet julle ’n deel van julle eerste growwe meel* as ’n bydrae aan Jehovah gee.
22 “‘En as julle ’n fout maak en nie gehoorsaam is aan al hierdie gebooie wat Jehovah aan Moses gegee het nie 23 – alles wat Jehovah vir julle en julle nageslag deur middel van Moses beveel het van die dag af dat Jehovah dit beveel het – 24 en as dit onopsetlik gedoen is en sonder dat die gemeenskap van Israel dit besef, dan moet die hele gemeenskap een jong bul bring as ’n brandoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah sowel as die graanoffer en die drankoffer wat daarmee saamgaan, volgens die gewone prosedure,+ en een boklam as ’n sonde-offer.+ 25 Die priester sal vir die hele gemeenskap van Israel versoening doen, en hulle sal daarvoor vergewe word,+ want dit was ’n fout, en hulle het ’n vuuroffer aan Jehovah en ’n sonde-offer voor Jehovah vir hulle fout gebring. 26 Die hele gemeenskap van Israel sal vergewe word, asook die uitlander wat onder hulle woon, want dit was ’n fout wat die hele volk gemaak het.
27 “‘As enigiemand onopsetlik sondig, moet hy ’n bokooi in haar eerste jaar as ’n sonde-offer aanbied.+ 28 En die priester sal versoening doen vir die persoon wat ’n fout gemaak het en onopsetlik voor Jehovah gesondig het. Hy sal vir die fout versoening doen, en die persoon sal vergewe word.+ 29 Daar moet net een wet wees vir iemand wat onopsetlik sondig, vir die gebore Israeliet sowel as die uitlander wat onder hulle woon.+
30 “‘Maar die persoon wat opsetlik sondig,+ of hy nou ’n gebore Israeliet of ’n uitlander is, laster teen Jehovah en moet doodgemaak word en so uit sy volk verwyder word. 31 Omdat hy geen respek vir Jehovah se woord getoon het nie en sy gebod verbreek het, moet dié persoon beslis doodgemaak word.+ Hy sal verantwoordelik gehou word vir sy oortreding.’”+
32 Terwyl die Israeliete in die wildernis was, het hulle op die Sabbatdag ’n man gekry wat stukke hout bymekaarmaak.+ 33 Die mense wat hom gekry het terwyl hy die stukke hout bymekaargemaak het, het hom na Moses en Aäron en die hele gemeenskap van Israel gebring. 34 Hulle het hom in aanhouding geplaas+ omdat daar nog nie vasgestel is wat met hom gedoen moet word nie.
35 En Jehovah het vir Moses gesê: “Die man moet beslis doodgemaak word,+ en die hele gemeenskap van Israel moet hom buite die kamp met klippe doodgooi.”+ 36 Toe het die hele gemeenskap van Israel hom tot buite die kamp gebring en hom met klippe doodgegooi, net soos Jehovah Moses beveel het.
37 Jehovah het verder vir Moses gesê: 38 “Sê vir die Israeliete dat hulle in al hulle geslagte fraiingrande aan die some van hulle klere moet maak, en hulle moet ’n blou toutjie bo die fraiingrand van die soom aanbring.+ 39 ‘Julle moet hierdie fraiingrand hê sodat julle dit sal sien en aan al die gebooie van Jehovah sal dink en daaraan gehoorsaam sal wees.+ Julle mag nie julle hart en julle oë volg nie, want dit maak julle ontrou aan my.*+ 40 Dit sal julle help om aan al my gebooie te dink, en julle sal daaraan gehoorsaam wees en heilig wees vir julle God.+ 41 Ek is Jehovah julle God, wat julle uit Egipte uitgelei het om te bewys dat ek julle God is.+ Ek is Jehovah julle God.’”+
16 Toe het Korag,+ die seun van Jishar,+ die seun van Kehat,+ die seun van Levi,+ in opstand gekom saam met Datan en Abiʹram, die seuns van Eliʹab,+ en On, die seun van Pelet, uit die stam van Ruben.+ 2 Hulle het teen Moses in opstand gekom saam met 250 Israelitiese manne, hoofmanne van die gemeenskap, manne wat uit die gemeente uitgekies was, belangrike manne. 3 Toe het hulle bymekaargekom en vir Moses en Aäron gesê: “Ons het nou genoeg van julle gehad!+ Die hele gemeenskap van Israel, hulle almal, is heilig,+ en Jehovah is met hulle.+ Hoekom moet julle julle dan bo die gemeente van Jehovah stel?”
4 Toe Moses dit hoor, het hy onmiddellik met sy gesig na die grond toe neergebuig. 5 Toe het hy vir Korag en al sy ondersteuners gesê: “Môreoggend sal Jehovah bekend maak wie aan hom behoort+ en wie heilig is en wie hom moet nader,+ en wie hy ook al kies,+ sal hom nader. 6 Korag, jy en al jou ondersteuners+ moet die volgende doen: Neem vuurbakke+ 7 en sit môre vuur* daarin en sit reukwerk daarop voor Jehovah, en die man wat Jehovah sal kies,+ hy is die heilige. Kinders van Levi,+ julle het te ver gegaan!”
8 Moses het toe vir Korag gesê: “Luister asseblief, kinders van Levi. 9 Beteken dit vir julle so min dat die God van Israel julle uit die gemeenskap van Israel afgesonder het+ en julle toegelaat het om hom te nader om die diens in verband met Jehovah se tabernakel te verrig en voor die gemeenskap van Israel te staan om hulle te dien?+ 10 Beteken dit vir jou so min dat hy jou en al jou broers, die kinders van Levi, naby hom gebring het? Moet julle ook nog die priesterskap probeer verkry?+ 11 Jy en al jou ondersteuners wat bymekaargekom het, is dus teen Jehovah. En wie is Aäron dat julle teen hom sou kla?”+
12 Later het Moses vir Datan en Abiʹram,+ die seuns van Eliʹab, laat roep, maar hulle het gesê: “Ons sal nie kom nie! 13 Is dit nie erg genoeg dat jy ons uit ’n land gebring het wat oorloop van melk en heuning om ons in die wildernis te laat sterf nie?+ Nou wil jy ook nog oor ons baasspeel! 14 Die feit is: Jy het ons nie in ’n land ingebring wat oorloop van melk en heuning+ of vir ons landerye en wingerde as ’n erfdeel gegee nie. Wil jy hê dat hierdie manne jou blindelings moet volg?* Ons sal nie kom nie!”
15 Moses het toe baie kwaad geword en vir Jehovah gesê: “Moenie hulle graanoffer aanvaar nie. Ek het nie eers ’n donkie van hulle geneem nie, en ek het nie een van hulle sleg behandel nie.”+
16 Toe het Moses vir Korag gesê: “Jy en al jou ondersteuners moet môre voor Jehovah verskyn, jy en hulle en Aäron. 17 Elkeen moet sy vuurbak neem en reukwerk daarop sit, en elkeen sal sy vuurbak voor Jehovah aanbied, 250 vuurbakke, en jy en Aäron moet ook elkeen julle vuurbak neem.” 18 Elkeen het toe sy vuurbak geneem, en hulle het vuur* en reukwerk daarop gesit en by die ingang van die tent van samekoms saam met Moses en Aäron gaan staan. 19 Toe Korag sy ondersteuners+ teen hulle bymekaargebring het by die ingang van die tent van samekoms, het Jehovah se heerlikheid aan die hele gemeenskap van Israel verskyn.+
20 Jehovah het toe vir Moses en Aäron gesê: 21 “Skei julle af van hierdie groep, sodat ek hulle in ’n oomblik kan vernietig.”+ 22 Toe het hulle met hulle gesig na die grond toe neergebuig en gesê: “O God, die God wat aan alle mense lewe gee,*+ sal een man se sonde veroorsaak dat u vir die hele gemeenskap van Israel kwaad word?”+
23 Jehovah het toe vir Moses gesê: 24 “Sê vir die gemeenskap van Israel: ‘Maak dat julle wegkom rondom die tente van Korag, Datan en Abiʹram!’”+
25 Daarna het Moses opgestaan en na Datan en Abiʹram toe gegaan, en die ouermanne+ van Israel het saam met hom gegaan. 26 Hy het vir die gemeenskap van Israel gesê: “Beweeg asseblief weg van die tente van hierdie goddelose manne en moenie aan enigiets raak wat aan hulle behoort nie, sodat julle nie in al hulle sondes weggevee word nie.” 27 Hulle het onmiddellik wegbeweeg van die tente van Korag, Datan en Abiʹram. En Datan en Abiʹram het uitgekom en by die ingang van hulle tente gaan staan, saam met hulle vrouens, hulle seuns en hulle kindertjies.
28 Toe het Moses gesê: “So sal julle weet dat Jehovah my gestuur het om al hierdie dinge te doen en dat dit nie uit my eie hart is nie: 29 As hierdie mense ’n natuurlike dood sterf soos alle ander mense en as hulle straf dieselfde is as dié van die hele mensdom, dan het Jehovah my nie gestuur nie.+ 30 Maar as Jehovah iets buitengewoons aan hulle doen en die aarde oopgaan* en hulle insluk saam met alles wat aan hulle behoort en hulle lewend in die Graf* afgaan, dan sal julle beslis weet dat hierdie manne disrespekvol was teenoor Jehovah.”
31 Onmiddellik nadat hy al hierdie woorde gesê het, het die grond onder hulle oopgeskeur.+ 32 En die aarde het oopgegaan* en hulle ingesluk, saam met hulle huisgesinne en almal wat aan Korag behoort het+ en al hulle besittings. 33 Hulle en almal wat aan hulle behoort het, het lewend in die Graf* afgegaan, en die aarde het hulle bedek. So is hulle onder die gemeente uitgeroei.+ 34 Al die Israeliete wat om hulle was, het gevlug toe hulle hulle geskree hoor en het gesê: “Ons is bang dat die aarde ons gaan insluk!” 35 Toe het ’n vuur van Jehovah af gekom+ en die 250 manne verteer wat die reukwerk geoffer het.+
36 Jehovah het toe vir Moses gesê: 37 “Sê vir Eleaʹsar, die seun van die priester Aäron, dat hy die vuurbakke+ uit die vuur moet neem, want dit is heilig. Sê ook vir hom dat hy die vuur* ’n ent daarvandaan moet uitstrooi. 38 Dun metaalplate moet gemaak word van die vuurbakke van die manne wat hulle lewe verloor het omdat hulle gesondig het, en die altaar moet daarmee oorgetrek word,+ want hulle het die vuurbakke voor Jehovah aangebied, en dit het heilig geword. Dit moet vir die Israeliete as ’n teken dien.”+ 39 Toe het die priester Eleaʹsar die kopervuurbakke geneem wat aangebied is deur dié wat deur die vuur verteer is, en hy het dit plat geslaan om die altaar daarmee oor te trek, 40 net soos Jehovah vir hom deur middel van Moses gesê het. Dit was ’n herinnering vir die Israeliete dat geen persoon* wat nie uit die nageslag van Aäron is, mag nader kom om reukwerk voor Jehovah te brand nie+ en dat niemand soos Korag en sy ondersteuners moet word nie.+
41 En net die volgende dag het die hele gemeenskap van Israel teen Moses en Aäron begin kla+ en gesê: “Julle twee het Jehovah se volk doodgemaak.” 42 Toe hulle teen Moses en Aäron bymekaargekom het, het hulle na die tent van samekoms gedraai en gesien dat die wolk dit bedek het en dat Jehovah se heerlikheid begin verskyn het.+
43 Moses en Aäron het tot voor die tent van samekoms gekom,+ 44 en Jehovah het vir Moses gesê: 45 “Gaan weg van hierdie mense af, sodat ek hulle in ’n oomblik kan vernietig.”+ Toe het hulle met hulle gesig na die grond toe neergebuig.+ 46 En Moses het vir Aäron gesê: “Neem die vuurbak en sit vuur* van die altaar+ daarin en sit reukwerk daarop en gaan gou na die gemeenskap van Israel toe en doen versoening vir hulle,+ want Jehovah is woedend. Die plaag het begin!” 47 Aäron het dit dadelik geneem, net soos Moses gesê het, en tussen die gemeente in gehardloop, en hy het gesien dat die plaag onder die volk begin het. Toe het hy die reukwerk op die vuurbak gesit en vir die volk versoening begin doen. 48 Hy het tussen die dooies en die lewendes bly staan, en die plaag het uiteindelik opgehou. 49 Dié wat deur die plaag gesterf het, was 14 700, buiten dié wat weens Korag gesterf het. 50 Nadat die plaag opgehou het, het Aäron na Moses teruggekeer by die ingang van die tent van samekoms.
17 Jehovah het toe vir Moses gesê: 2 “Praat met die Israeliete en neem by hulle een staf vir elke vaderhuis, van die hoofmanne van elke vaderhuis,+ altesaam 12 stawwe. Skryf elkeen se naam op sy staf. 3 Jy moet Aäron se naam op Levi se staf skryf, want daar is een staf vir die hoof van elke vaderhuis. 4 Sit die stawwe neer in die tent van samekoms voor die Getuienis,+ waar ek gereeld aan julle verskyn.+ 5 En die staf van die man wat ek kies,+ sal bloeisels kry, en ek sal ’n einde maak aan die Israeliete se klagtes teen my+ en teen julle.”+
6 Toe het Moses met die Israeliete gepraat, en elke hoofman het vir hom ’n staf gegee – een staf vir die hoofman van elke vaderhuis, altesaam 12 stawwe – en Aäron se staf was tussen hulle stawwe. 7 Daarna het Moses die stawwe voor Jehovah in die tent van die Getuienis neergesit.
8 Die volgende dag het Moses in die tent van die Getuienis ingegaan, en kyk! Aäron se staf vir die huis van Levi het blomknoppies en bloeisels voortgebring en ryp amandels gedra. 9 Moses het toe al die stawwe wat voor Jehovah was, na al die Israeliete uitgebring. Hulle het daarna gekyk, en elke man het sy staf geneem.
10 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Sit Aäron se staf+ terug voor die Getuienis as iets wat bewaar moet word as ’n teken+ vir die kinders van opstandigheid,+ sodat hulle klagtes teen my kan ophou en sodat hulle nie sterf nie.” 11 Moses het dadelik gedoen net soos Jehovah hom beveel het. Hy het net so gedoen.
12 Die Israeliete het toe vir Moses gesê: “Nou gaan ons sterf! Dit is verby met ons. Ons gaan almal sterf! 13 Enigiemand wat selfs naby Jehovah se tabernakel kom, sal sterf!+ Is dit hoe ons tot ons einde gaan kom?”+
18 Jehovah het toe vir Aäron gesê: “Jy en jou seuns en jou vaderhuis sal verantwoordelik gehou word vir enige oortreding teen die heiligdom,+ en jy en jou seuns sal verantwoordelik gehou word vir enige oortreding teen julle priesterskap.+ 2 En laat jou broers van die stam van Levi, die stam van jou vaders, ook saam met jou nader kom, sodat hulle by jou kan aansluit en jou en jou seuns voor die tent van die Getuienis kan dien.+ 3 Hulle moet hulle verantwoordelikhede teenoor jou en teenoor die hele tent nakom.+ Maar hulle moenie naby die voorwerpe van die heiligdom en die altaar kom nie, sodat nie hulle of julle sal sterf nie.+ 4 Hulle moet by jou aansluit en hulle verantwoordelikhede in verband met die tent van samekoms nakom en al die dienste in verband met die tent verrig, en niemand behalwe hulle* mag naby julle kom nie.+ 5 Julle moet julle verantwoordelikheid teenoor die heiligdom+ en die altaar+ nakom, sodat my woede nie weer teen die Israeliete opvlam nie.+ 6 Ek het julle broers, die Leviete, onder die Israeliete uit geneem as ’n geskenk vir julle.+ Hulle word aan Jehovah gegee om die diens in verband met die tent van samekoms te verrig.+ 7 Jy en jou seuns is verantwoordelik vir julle priesterlike pligte in verband met die altaar en vir wat agter die gordyn* is,+ en julle moet hierdie diens verrig.+ Ek het die diens van die priesterskap as ’n geskenk aan julle gegee, en enige ander persoon* wat nader kom, moet doodgemaak word.”+
8 Jehovah het verder vir Aäron gesê: “Ek het jou aangestel oor die bydraes wat aan my gegee word.+ Ek het ’n deel van al die heilige dinge wat deur die Israeliete bygedra word, as ’n permanente voorsiening aan jou en jou seuns gegee.+ 9 Die volgende sal joune word uit die besonder heilige vuuroffers: elke offer wat hulle bring, insluitende hulle graanoffers+ en hulle sonde-offers+ en hulle skuldoffers+ wat hulle aan my bring. Dit is iets besonder heiligs vir jou en jou seuns. 10 Jy moet dit in ’n besonder heilige plek eet.+ Al die mans mag dit eet. Dit sal iets heiligs vir jou word.+ 11 Die volgende behoort ook aan jou: die gawes wat die Israeliete bydra+ en al hulle beweegoffers.+ Ek het dit aan jou en jou seuns en jou dogters as ’n permanente voorsiening gegee.+ Elkeen in jou huis wat rein is, mag dit eet.+
12 “Die beste van die olie en die beste van die nuwe wyn en die graan, die eerste opbrengs*+ wat hulle aan Jehovah gee, dít gee ek aan jou.+ 13 Die eerste opbrengs van alles op hulle land, wat hulle vir Jehovah sal bring, sal joune word.+ Elkeen in jou huis wat rein is, mag dit eet.
14 “Alles in Israel wat gewy is,* moet joune word.+
15 “Elke eersgeborene van alle lewende dinge+ wat hulle vir Jehovah sal aanbied, hetsy mens of dier, moet joune word. Maar jy moet die eersgeborene van die mense vir seker loskoop,+ en jy moet die eersgeborene van die onrein diere loskoop.+ 16 Jy moet dit loskoop met die loskoopprys wanneer dit ’n maand oud of ouer is, volgens die vasgestelde waarde van vyf sikkels* silwer,+ volgens die standaardsikkel van die heiligdom,* dit wil sê 20 gera.* 17 Maar die eersgebore bul en die eersgebore ramlam en die eersgebore bok moet jy nie loskoop nie.+ Hulle is iets heiligs. Jy moet hulle bloed op die altaar sprinkel+ en hulle vet laat rook as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.+ 18 En hulle vleis moet joune word. Soos die bors van die beweegoffer en soos die regterboud moet dit joune word.+ 19 Ek het al die heilige bydraes wat die Israeliete aan Jehovah sal bydra,+ as ’n permanente voorsiening aan jou en jou seuns en jou dogters gegee.+ Dit is ’n permanente soutverbond* voor Jehovah, vir jou en jou nageslag.”
20 Jehovah het verder vir Aäron gesê: “Jy sal nie ’n erfdeel in hulle land hê nie, en jy sal nie onder hulle ’n deel van die grond kry nie.+ Ek is jou deel en jou erfdeel onder die Israeliete.+
21 “Kyk, ek gee aan die kinders van Levi elke tiende deel+ in Israel as ’n erfdeel, as beloning vir die diens wat hulle verrig, die diens van die tent van samekoms. 22 Die Israeliete mag nie meer naby die tent van samekoms gaan nie, anders sal hulle skuldig wees aan sonde en sterf. 23 Die Leviete moet self die diens in verband met die tent van samekoms verrig, en hulle sal verantwoordelik gehou word vir die volk se oortreding.+ Dít is ’n permanente wetsbepaling vir julle en julle nageslag: Hulle mag geen erfdeel onder die Israeliete ontvang nie.+ 24 Want ek gee die tiende wat die Israeliete as ’n bydrae aan Jehovah sal gee, as ’n erfdeel aan die Leviete. Daarom het ek vir hulle gesê: ‘Hulle mag geen erfdeel onder die Israeliete ontvang nie.’”+
25 Toe het Jehovah vir Moses gesê: 26 “Jy moet vir die Leviete sê: ‘Julle sal die tiendes, wat ek vir julle as ’n erfdeel gee,+ van die Israeliete ontvang, en julle moet ’n tiende van daardie tiendes as ’n bydrae aan Jehovah gee.+ 27 En dit sal as julle bydrae beskou word, asof dit die graan van julle dorsvloer+ of die volle opbrengs van julle wynpers of oliepers is. 28 So moet julle ook ’n bydrae aan Jehovah uit al die tiendes gee wat julle van die Israeliete ontvang, en daarvan moet julle die bydrae vir Jehovah aan die priester Aäron gee. 29 Julle moet die allerbeste deel van elke geskenk wat julle ontvang as ’n bydrae aan Jehovah gee,+ as iets heiligs.’
30 “En jy moet vir die Leviete sê: ‘Wanneer julle die beste daarvan bydra, sal die res beskou word as julle opbrengs van julle dorsvloer en as die opbrengs van julle wynpers of oliepers. 31 Julle en julle huisgesin mag dit op enige plek eet, want dit is julle beloning vir julle diens by die tent van samekoms.+ 32 Julle sal nie in hierdie verband skuldig wees aan sonde solank julle die beste daarvan bydra nie, en julle mag nie die heilige dinge van die Israeliete ontheilig nie, anders sal julle sterf.’”+
19 Jehovah het weer met Moses en Aäron gepraat en gesê: 2 “Dít is ’n wetsbepaling wat Jehovah gegee het: ‘Sê vir die Israeliete dat hulle vir jou ’n gesonde rooi koei moet bring wat geen liggaamsgebrek het nie+ en wat nog nooit ’n juk gedra het nie. 3 Julle moet dit vir die priester Eleaʹsar gee, en hy moet dit uit die kamp uitlei, en dit moet voor hom geslag word. 4 Dan moet die priester Eleaʹsar van die bloed daarvan met sy vinger neem en die bloed sewe keer in die rigting van die voorkant van die tent van samekoms spat.+ 5 Die koei moet dan voor sy oë verbrand word. Die vel en die vleis en die bloed sowel as die mis moet verbrand word.+ 6 En die priester moet sederhout, hisop+ en helderrooi materiaal neem en dit in die vuur gooi waarop die koei verbrand word. 7 Die priester moet dan sy klere was en hy moet in water bad. Daarna mag die priester in die kamp inkom, maar hy sal tot die aand toe onrein wees.
8 “‘Die een wat die koei verbrand het, moet sy klere in water was en hy moet in water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
9 “‘’n Rein man moet die as van die koei bymekaarmaak+ en dit buite die kamp op ’n rein plek sit, en dit sal deur die gemeenskap van Israel gehou word om water voor te berei wat vir reiniging gebruik sal word.+ Dit is ’n sonde-offer. 10 Die een wat die as van die koei bymekaarmaak, moet sy klere was, en hy sal tot die aand toe onrein wees.
“‘Dit sal ’n permanente wetsbepaling wees vir die Israeliete en die uitlander wat onder hulle woon.+ 11 Enigiemand wat aan ’n lyk raak, sal sewe dae onrein wees.+ 12 So iemand moet hom op die derde dag met die water reinig, en op die sewende dag sal hy rein wees. Maar as hy hom nie op die derde dag reinig nie, sal hy nie op die sewende dag rein wees nie. 13 Elkeen wat aan ’n lyk raak en homself nie reinig nie, het Jehovah se tabernakel onrein gemaak,+ en hy moet doodgemaak word en so uit Israel verwyder word.+ Omdat die reinigingswater+ nie op hom gesprinkel is nie, bly hy onrein. Hy bly in sy onrein toestand.
14 “‘Dít is die wet wat van toepassing is as iemand in ’n tent sterf: Elkeen wat in die tent ingaan en elkeen wat reeds in die tent was, sal sewe dae onrein wees. 15 Elke oop houer waarop daar geen deksel vasgebind is nie, sal onrein wees.+ 16 Elkeen in die oop veld wat aan iemand raak wat met die swaard doodgemaak is of wat aan ’n lyk of die beendere van ’n mens of aan ’n graf raak, sal sewe dae onrein wees.+ 17 Hulle moet van die as van die sonde-offer wat verbrand is, vir die onrein persoon neem, dit in ’n houer sit en vars water daarop gooi. 18 Dan moet ’n rein man+ hisop+ neem en dit in die water doop en die water spat op die tent en op al die houers en op die mense wat daar was en op die persoon wat aan die beendere of aan die een wat doodgemaak is of aan die lyk of aan die graf geraak het. 19 Die rein persoon moet op die derde dag en op die sewende dag van die water op die onrein persoon spat, en hy moet hom op die sewende dag van sonde reinig.+ Dan moet die onrein persoon sy klere was en hy moet in water bad, en hy sal in die aand rein word.
20 “‘Maar iemand wat onrein is en wat hom nie reinig nie, moet doodgemaak word en so uit die gemeente verwyder word,+ want hy het Jehovah se heiligdom onrein gemaak. Die reinigingswater is nie op hom gesprinkel nie, en daarom is hy onrein.
21 “‘Dít sal ’n permanente wetsbepaling vir hulle wees: Die een wat die reinigingswater spat,+ moet sy klere was, en enigeen wat aan die reinigingswater raak, sal tot die aand toe onrein wees. 22 Enigiets waaraan die onrein persoon raak, sal onrein wees, en die persoon wat daaraan raak, sal tot die aand toe onrein wees.’”+
20 In die eerste maand het die hele gemeenskap van Israel in die wildernis Zin gekom, en die volk het in Kades begin woon.+ Dit is waar Mirjam+ gesterf het en begrawe is.
2 En daar was geen water vir die gemeenskap van Israel nie,+ en hulle het teen Moses en Aäron bymekaargekom. 3 Die volk het met Moses gestry+ en gesê: “As ons maar gesterf het toe ons broers voor Jehovah gesterf het! 4 Hoekom het julle Jehovah se gemeente na hierdie wildernis gebring om ons en ons vee hier te laat sterf?+ 5 En hoekom het julle ons uit Egipte uitgelei om ons na hierdie verskriklike plek te bring?+ Dit is nie ’n plek om saad te saai of ’n plek van vye en wingerdstokke en granate nie, en daar is geen water om te drink nie.”+ 6 Toe het Moses en Aäron van die gemeente af weggegaan na die ingang van die tent van samekoms en met hulle gesig na die grond toe neergebuig, en Jehovah se heerlikheid het aan hulle verskyn.+
7 Jehovah het vir Moses gesê: 8 “Jy en jou broer Aäron moet die staf neem en die gemeenskap van Israel bymekaarroep, en julle moet voor hulle oë met die groot rots praat sodat dit water kan gee, en jy moet vir hulle water uit die groot rots laat kom en hulle en hulle vee laat drink.”+
9 Toe het Moses die staf voor Jehovah geneem,+ net soos Hy hom beveel het. 10 Daarna het Moses en Aäron die gemeente voor die groot rots bymekaargeroep, en hy het vir hulle gesê: “Luister, julle opstandiges! Moet ons vir julle water uit hierdie groot rots laat kom?”+ 11 En Moses het sy hand opgelig en die groot rots twee keer met sy staf geslaan, en baie water het begin uitkom, en die gemeenskap van Israel en hulle vee het begin drink.+
12 Jehovah het later vir Moses en Aäron gesê: “Omdat julle nie geloof in my getoon het en my nie voor die oë van die Israeliete geheilig het nie, sal julle nie hierdie gemeente in die land inbring wat ek aan hulle sal gee nie.”+ 13 Dit is die waters van Meʹriba,*+ waar die Israeliete met Jehovah gestry het, en by daardie geleentheid is hy onder hulle geheilig.
14 Daarna het Moses boodskappers uit Kades na die koning van Edom gestuur:+ “So sê u broer Israel:+ ‘U weet goed hoe swaar ons gekry het. 15 Ons vaders het na Egipte gegaan,+ en ons het baie jare in Egipte gewoon,+ en die Egiptenare het ons en ons vaders sleg behandel.+ 16 Uiteindelik het ons tot Jehovah geroep,+ en hy het ons gehoor en ’n engel gestuur+ en ons uit Egipte uitgelei, en hier is ons in Kades, ’n stad op die grens van u gebied. 17 Laat ons asseblief deur u land trek. Ons sal nie deur enige landery of wingerd gaan nie, en ons sal nie water uit enige put drink nie. Ons sal op die Koningsweg bly sonder om regs of links af te draai, totdat ons deur u gebied getrek het.’”+
18 Maar Edom het vir hom gesê: “Jy mag nie deur ons gebied trek nie. As jy dit doen, sal ek na jou toe uitkom met die swaard.” 19 Toe het die Israeliete vir hom gesê: “Ons sal op die grootpad bly, en as ons en ons vee van u water drink, sal ons daarvoor betaal.+ Ons wil niks anders hê as om te voet deur die gebied te trek nie.”+ 20 Maar hy het gesê: “Julle mag nie deur die gebied trek nie.”+ En Edom het na hulle toe uitgekom met ’n groot en sterk leërmag.* 21 So het Edom geweier om Israel deur sy gebied te laat trek, en daarom het Israel van hom af weggedraai.+
22 Die hele gemeenskap van Israel het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom.+ 23 Toe het Jehovah op die berg Hor, aan die grens van die land Edom, vir Moses en Aäron gesê: 24 “Aäron sal tot sy volk versamel word.*+ Hy sal nie in die land ingaan wat ek aan die Israeliete sal gee nie, omdat julle albei in opstand gekom het teen my bevel in verband met die waters van Meʹriba.+ 25 Neem Aäron en sy seun Eleaʹsar en laat hulle teen die berg Hor opklim. 26 Trek Aäron se klere uit+ en trek dit vir sy seun Eleaʹsar+ aan, en Aäron sal daar sterf.”*
27 Moses het toe gedoen net soos Jehovah beveel het, en hulle het voor die oë van die hele gemeenskap van Israel teen die berg Hor opgeklim. 28 Toe het Moses Aäron se klere uitgetrek en dit vir Aäron se seun Eleaʹsar aangetrek. Daarna het Aäron daar op die top van die berg gesterf.+ En Moses en Eleaʹsar het van die berg afgekom. 29 Toe die hele gemeenskap van Israel sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel 30 dae lank oor Aäron getreur.+
21 Toe die Kanaänitiese koning van Arad,+ wat in die Negeb gewoon het, hoor dat Israel met die pad van Aʹtarim gekom het, het hy Israel aangeval en party van hulle as gevangenes weggeneem. 2 Israel het toe die volgende gelofte aan Jehovah gemaak: “As u hierdie volk in my hand gee, dan sal ek hulle stede beslis vernietig.” 3 Toe het Jehovah na Israel se stem geluister en die Kanaäniete aan hulle oorgegee, en hulle het hulle en hulle stede vernietig. Daarom het hulle die plek Horma*+ genoem.
4 Terwyl hulle van die berg Hor af verder getrek het+ met die pad wat na die Rooisee gaan, sodat hulle om die land Edom kon gaan,+ het die volk moeg geraak weens die reis. 5 En die volk het teen God en Moses bly praat+ en gesê: “Hoekom het julle ons uit Egipte gebring om in die wildernis te sterf? Daar is geen kos en geen water nie,+ en ons haat hierdie walglike brood.”+ 6 Toe het Jehovah giftige* slange onder die volk ingestuur, en hulle het die mense gebyt, en baie Israeliete het gesterf.+
7 Toe het die volk na Moses toe gekom en gesê: “Ons het gesondig omdat ons teen Jehovah en teen jou gepraat het.+ Bid tot Jehovah vir ons sodat hy die slange van ons sal wegvat.” En Moses het vir die volk gebid.+ 8 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Maak ’n afbeelding van ’n giftige* slang en sit dit op ’n paal. Wanneer iemand gepik is, sal hy daarna moet kyk om te bly lewe.” 9 Moses het dadelik ’n koperslang gemaak+ en dit op ’n paal gesit,+ en as ’n slang iemand gepik het en hy na die koperslang gekyk het, het hy bly lewe.+
10 Daarna het die Israeliete weggetrek en in Obot kamp opgeslaan.+ 11 Toe het hulle van Obot af weggetrek en in Ije-Abaʹrim kamp opgeslaan,+ in die wildernis wat oos van Moab is. 12 Hulle het daarvandaan weggetrek en kamp opgeslaan by die Sered-vallei.*+ 13 Hulle het daarvandaan weggetrek en kamp opgeslaan in die streek van die Arnon,+ wat in die wildernis is wat van die grens van die Amoriete af strek, want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die Amoriete. 14 Daarom praat die boek van die Oorloë van Jehovah van “Waheb in Sufa en die valleie* van die Arnon, 15 en die afdraand* van die valleie,* wat in die rigting van die stad Ar strek en langs die grens van Moab is”.
16 Toe het hulle na Beër gegaan. Dit is die put waarvan Jehovah vir Moses gesê het: “Bring die volk bymekaar, en laat ek vir hulle water gee.”
17 Israel het toe hierdie lied gesing:
“Borrel op, o put! – Sing vir die put!*
18 Die put wat leiers gegrawe het, wat die heersers van die volk gegrawe het,
met die staf van ’n bevelvoerder en met hulle eie stawwe.”
Daarna het hulle van die wildernis na Mattaʹna gegaan, 19 en van Mattaʹna na Nahaʹliël, en van Nahaʹliël na Bamot.+ 20 Hulle het van Bamot na die vallei in die gebied* van Moab gegaan,+ naby die berg Pisga,+ wat oor Jeʹsimon* uitkyk.+
21 Israel het toe boodskappers na Sihon, die koning van die Amoriete, gestuur en gesê:+ 22 “Laat ons deur u land trek. Ons sal nie na enige landery of wingerd afdraai nie. Ons sal nie water uit enige put drink nie. Ons sal op die Koningsweg bly totdat ons deur u gebied getrek het.”+ 23 Maar Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy gebied te trek nie. Sihon het eerder sy hele leërmag versamel en teen Israel in die wildernis opgetrek, en hy het by Jahas gekom en teen Israel begin veg.+ 24 Maar Israel het hom met die swaard oorwin+ en sy land in besit geneem+ van die Arnon+ af tot by die Jabbok,+ naby die Ammoniete, want Jaser+ grens aan die gebied van die Ammoniete.+
25 So het Israel al hierdie stede ingeneem, en hulle het in al die stede van die Amoriete+ begin woon, in Hesbon en al sy afhanklike* dorpe. 26 Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete, wat teen die koning van Moab geveg het en sy hele land tot by die Arnon van hom weggeneem het. 27 Dit is waar die spottende spreekwoord vandaan kom:
“Kom na Hesbon.
Laat die stad van Sihon gebou word en stewig gevestig word.
28 Want ’n vuur het uit Hesbon uitgegaan, ’n vlam uit die stad van Sihon.
Dit het Ar van Moab verteer, die meesters van die hoogtes van die Arnon.
29 Dit sal met jou sleg gaan, Moab! Jy sal vernietig word, o volk van Kamos!+
Hy maak sy seuns vlugtelinge en sy dogters gevangenes van Sihon, die koning van die Amoriete.
30 Laat ons op hulle skiet.
Hesbon sal vernietig word tot by Dibon,+
laat ons dit verwoes tot by Nofag.
Vuur sal so ver as Medeʹba+ versprei.”
31 En Israel het in die land van die Amoriete begin woon. 32 Moses het toe manne gestuur om Jaser+ te verken. Hulle het sy afhanklike* dorpe ingeneem en die Amoriete wat daar was, verdryf. 33 Daarna het hulle met die pad van Basan gegaan. En Og,+ die koning van Basan, het met sy hele leërmag uitgekom om by Edreʹï+ teen hulle te veg. 34 Jehovah het vir Moses gesê: “Moenie vir hom bang wees nie,+ want ek sal hom en sy hele volk en sy land in julle hand gee,+ en julle moet met hom doen net soos julle gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.”+ 35 Toe het hulle hom saam met sy seuns en sy hele volk verslaan. Daar was nie ’n enkele oorlewende nie,+ en hulle het sy land in besit geneem.+
22 Toe het die Israeliete weggetrek en op die woestynvlaktes van Moab kamp opgeslaan met Jeʹrigo aan die ander kant van die Jordaanrivier.+ 2 En Balak,+ die seun van Sippor, het alles gesien wat Israel aan die Amoriete gedoen het, 3 en Moab het baie bang geword vir die volk, omdat hulle so baie was. Ja, Moab was siek van vrees as gevolg van die Israeliete.+ 4 Moab het toe vir die ouermanne van Miʹdian+ gesê: “Nou sal hierdie gemeente alles om ons verslind, net soos ’n bul die gras in die veld verslind.”
Balak, die seun van Sippor, was in daardie tyd koning van Moab. 5 Hy het boodskappers gestuur na Biʹleam, die seun van Beor, in Petor,+ langs die Rivier* in sy geboorteland. Hy het hom laat roep en gesê: “Kyk! ’n Volk het uit Egipte gekom. Hulle het die oppervlak van die aarde* bedek,+ en hulle woon reg voor my. 6 Kom asseblief en vervloek hierdie volk vir my,+ want hulle is magtiger as ek. Miskien kan ek hulle verslaan en hulle uit die land verdryf, want ek weet goed dat die een wat jy seën, geseënd is en dat die een wat jy vervloek, vervloek is.”
7 Toe het die ouermanne van Moab en die ouermanne van Miʹdian met die betaling vir ’n waarsêer na Biʹleam+ gegaan en Balak se boodskap aan hom oorgedra. 8 Hy het vir hulle gesê: “Bly vannag hier oor, en ek sal vir julle sê wat Jehovah ook al vir my sê.” En die leiers van Moab het by Biʹleam gebly.
9 Toe het God na Biʹleam gekom en gesê:+ “Wie is hierdie manne by jou?” 10 Biʹleam het vir die ware God gesê: “Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, het ’n boodskap na my gestuur en gesê: 11 ‘Kyk! Die volk wat uit Egipte gekom het, bedek die oppervlak van die aarde.* Kom tog nou en vervloek hulle vir my.+ Miskien sal ek teen hulle kan veg en hulle kan verdryf.’” 12 Maar God het vir Biʹleam gesê: “Jy mag nie saam met hulle gaan nie. Jy mag nie die volk vervloek nie, want hulle is geseënd.”+
13 Biʹleam het in die oggend opgestaan en vir Balak se leiers gesê: “Gaan terug na julle land toe, want Jehovah het geweier om my saam met julle te laat gaan.” 14 Toe het die leiers van Moab vertrek en na Balak teruggekeer en gesê: “Biʹleam het geweier om saam met ons te kom.”
15 Maar Balak het weer leiers gestuur, ’n groter groep manne wat belangriker was as die eerste groep. 16 Hulle het na Biʹleam gekom en vir hom gesê: “So het Balak, die seun van Sippor, gesê: ‘Asseblief, moenie dat enigiets jou keer om na my toe te kom nie, 17 want ek sal jou grootliks eer, en ek sal enigiets doen wat jy vir my sê om te doen. Kom dus, asseblief, en vervloek hierdie volk vir my.’” 18 Maar Biʹleam het die knegte van Balak geantwoord: “Al gee Balak my sy eie huis vol silwer en goud, kan ek niks doen, hetsy klein of groot, wat in stryd is met die bevel van Jehovah my God nie.+ 19 Maar bly asseblief ook vannag hier, sodat ek kan hoor wat Jehovah nog vir my sal sê.”+
20 Toe het God in die nag na Biʹleam gekom en vir hom gesê: “As hierdie manne gekom het om jou te roep, gaan saam met hulle. Maar jy mag net sê wat ek vir jou sê.”+ 21 Biʹleam het toe in die oggend opgestaan en sy donkie* opgesaal en saam met die leiers van Moab gegaan.+
22 Maar God het woedend geword omdat hy gegaan het, en Jehovah se engel het in die pad gaan staan om hom teë te staan. En Biʹleam het op sy donkie gery, en twee van sy dienaars was by hom. 23 En toe die donkie Jehovah se engel in die pad sien staan met ’n swaard in sy hand, het die donkie van die pad af na die veld probeer draai. Maar Biʹleam het die donkie begin slaan om haar na die pad te laat terugdraai. 24 Jehovah se engel het toe op ’n smal pad tussen twee wingerde gaan staan, met klipmure aan albei kante. 25 Toe die donkie Jehovah se engel sien, het sy haarself teen die muur begin druk en Biʹleam se voet teen die muur vasgedruk, en Biʹleam het haar weer begin slaan.
26 Jehovah se engel het toe weer verbygegaan en in ’n nou plek gestaan waar daar geen ruimte was om regs of links te draai nie. 27 Toe die donkie Jehovah se engel sien, het sy onder Biʹleam gaan lê, en Biʹleam het woedend geword en die donkie met sy staf bly slaan. 28 Uiteindelik het Jehovah die donkie laat praat,+ en sy het vir Biʹleam gesê: “Wat het ek aan jou gedoen dat jy my al drie keer geslaan het?”+ 29 Biʹleam het die donkie geantwoord: “Jy het ’n gek van my gemaak. As ek net ’n swaard in my hand gehad het, sou ek jou doodgemaak het!” 30 Toe het die donkie vir Biʹleam gesê: “Is ek nie jou donkie waarop jy jou hele lewe lank tot vandag toe gery het nie? Het ek jou al ooit so behandel?” Hy het geantwoord: “Nee!” 31 Jehovah het toe Biʹleam se oë geopen,+ en hy het Jehovah se engel in die pad sien staan met ’n swaard in sy hand. Dadelik het hy op sy knieë gegaan en neergebuig met sy gesig na die grond toe.
32 Toe het Jehovah se engel vir hom gesê: “Hoekom het jy jou donkie nou al drie keer geslaan? Kyk! Ek het gekom om jou teë te staan, want jou weg is in stryd met my wil.+ 33 Die donkie het my gesien en het al drie keer van my probeer wegdraai.+ Sê nou sy het nie van my weggedraai nie? Dan sou ek jou nou al doodgemaak het en die donkie laat lewe het.” 34 Biʹleam het vir Jehovah se engel gesê: “Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat dit u is wat in die pad gestaan het om my te ontmoet nie. As dit dan sleg is in u oë, sal ek teruggaan.” 35 Maar Jehovah se engel het vir Biʹleam gesê: “Gaan saam met die manne, maar jy mag net sê wat ek vir jou sê.” Biʹleam het dus verder gegaan saam met Balak se leiers.
36 Toe Balak hoor dat Biʹleam gekom het, het hy dadelik uitgegaan om hom te ontmoet by die stad van Moab, wat aan die oewer van die Arnon lê op die grens van die gebied. 37 Balak het vir Biʹleam gevra: “Het ek jou nie laat roep nie? Hoekom het jy nie na my toe gekom nie? Glo jy nie dat ek jou groot eer kan gee nie?”+ 38 Biʹleam het Balak geantwoord: “Wel, hier is ek nou. Maar sal ek toegelaat word om enigiets te sê? Ek kan net sê wat God my laat sê.”+
39 Toe het Biʹleam saam met Balak gegaan, en hulle het by Kirjat-Husot gekom. 40 Balak het beeste en skape geoffer en daarvan gestuur aan Biʹleam en die leiers wat saam met hom was. 41 In die oggend het Balak vir Biʹleam na Bamot-Baäl opgeneem. Van daar af kon hy die hele volk sien.+
23 Toe het Biʹleam vir Balak gesê: “Bou sewe altare op hierdie plek+ en maak vir my sewe bulle en sewe ramme gereed.” 2 Balak het dadelik gedoen net soos Biʹleam gesê het. En Balak en Biʹleam het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.+ 3 Biʹleam het toe vir Balak gesê: “Bly hier by jou brandoffer, en ek sal gaan. Miskien sal Jehovah met my in aanraking kom. Wat hy ook al aan my openbaar, sal ek aan jou oordra.” Hy het toe na ’n heuwel gegaan.
4 Toe het God met Biʹleam in aanraking gekom,+ en Biʹleam het vir God gesê: “Ek het die sewe altare in rye geplaas, en ek het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.” 5 Jehovah het sy woorde in Biʹleam se mond gesit+ en vir hom gesê: “Keer terug na Balak, en dit is wat jy moet sê.” 6 En hy het teruggekeer en gesien dat Balak en al die leiers van Moab by sy brandoffer staan. 7 Toe het hy hierdie profetiese boodskap oorgedra:+
“Balak, die koning van Moab, het my van Aram+ laat kom,
van die berge van die ooste:
‘Kom tog om Jakob vir my te vervloek.
Ja, kom om Israel te veroordeel.’+
8 Hoe kan ek dié vervloek wat nie deur God vervloek is nie?
En hoe kan ek dié veroordeel wat nie deur Jehovah veroordeel is nie?+
9 Van die top van die rotse af sien ek hulle,
en van die heuwels af sien ek hulle.
As ’n volk woon hulle daar op hulle eie.+
Hulle beskou hulleself nie as deel van die nasies nie.+
Laat my* die dood van die regverdiges sterf,
en laat my einde soos hulle s’n wees.”
11 Balak het toe vir Biʹleam gesê: “Wat het jy aan my gedoen? Ek het jou laat kom om my vyande te vervloek, maar al wat jy gedoen het, was om hulle te seën.”+ 12 Hy het geantwoord: “Moet ek nie alles sê wat Jehovah in my mond sit nie?”+
13 Balak het vir hom gesê: “Kom asseblief saam met my na ’n ander plek van waar jy hulle kan sien. Jy sal net ’n deel van hulle sien, jy sal nie hulle almal sien nie. Vervloek hulle vir my van daar af.”+ 14 Toe het hy hom na die veld Sofim geneem, na die top van Pisga,+ en sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.+ 15 Biʹleam het toe vir Balak gesê: “Bly hier by jou brandoffer terwyl ek daar anderkant met Hom in aanraking kom.” 16 En Jehovah het met Biʹleam in aanraking gekom en Sy woorde in sy mond gesit en vir hom gesê:+ “Keer terug na Balak, en dit is wat jy moet sê.” 17 En hy het na hom toe gekom en gesien dat hy by sy brandoffer wag, en die leiers van Moab was by hom. Balak het hom gevra: “Wat het Jehovah gesê?” 18 Toe het hy hierdie profetiese boodskap oorgedra:+
“Staan op, Balak, en luister.
Hoor wat ek sê, o seun van Sippor.
19 God is nie ’n mens wat leuens vertel nie,+
of ’n mensekind wat van gedagte verander nie.*+
As hy iets sê, sal hy dit nie doen nie?
As hy praat, sal hy dit nie uitvoer nie?+
21 Hy duld geen towerkrag teen Jakob nie,
en hy laat geen moeilikheid teen Israel kom nie.
Jehovah sy God is met hulle,+
en Hy word as koning onder hulle uitgeroep.
22 God lei hulle uit Egipte uit.+
Hy is vir hulle soos die horings van ’n wilde bul.+
Nou kan daar van Jakob en Israel gesê word:
‘Kyk na wat God gedoen het!’
Hy sal nie gaan lê voordat hy prooi eet
en die bloed drink van dié wat doodgemaak is nie.”
25 Balak het toe vir Biʹleam gesê: “As jy hulle dan nie kan vervloek nie, moet jy hulle ook nie seën nie.” 26 Biʹleam het Balak geantwoord: “Het ek nie vir jou gesê: ‘Ek sal alles doen wat Jehovah sê’ nie?”+
27 Balak het vir Biʹleam gesê: “Kom asseblief en laat ek jou na nog ’n ander plek neem. Miskien sal dit reg wees in die oë van die ware God dat jy hulle van daar af vervloek vir my.”+ 28 Balak het toe vir Biʹleam na die top van Peor geneem, wat oor Jeʹsimon* uitkyk.+ 29 Toe het Biʹleam vir Balak gesê: “Bou sewe altare op hierdie plek en maak vir my sewe bulle en sewe ramme gereed.”+ 30 En Balak het gedoen net soos Biʹleam gesê het, en hy het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.
24 Toe Biʹleam sien dat Jehovah Israel graag wou seën, het hy nie weer weggegaan om na slegte tekens* te soek nie,+ maar hy het na die wildernis toe gedraai. 2 Toe Biʹleam kyk en Israel volgens sy stamme sien woon,+ het die gees van God oor hom gekom.+ 3 Hy het toe hierdie profetiese boodskap oorgedra:+
“Die boodskap van Biʹleam, die seun van Beor,
en die boodskap van ’n man wie se oë geopen is,
4 die boodskap van die een wat die woord van God hoor,
wat ’n visioen van die Almagtige gesien het,
wat met geopende oë neergeval het:+
6 Hulle is soos valleie* wat ver strek,+
soos tuine by die rivier,
soos aalwynplante wat Jehovah geplant het,
soos sederbome by die waters.
8 God lei hom uit Egipte uit.
Hy is vir hulle soos die horings van ’n wilde bul.
Hy sal die nasies, sy onderdrukkers, verslind,+
en hulle beendere sal hy kou, en hy sal hulle met sy pyle vernietig.
9 Hy het gelê, hy het soos die leeu gaan lê.
Hy is soos ’n leeu, en wie durf hom wakker maak?
Dié wat jou seën, is geseënd,
en dié wat jou vervloek, is vervloek.”+
10 Toe het Balak baie kwaad geword vir Biʹleam. Balak het sy hande woedend saamgeslaan en vir Biʹleam gesê: “Ek het jou geroep om my vyande te vervloek,+ maar al wat jy gedoen het, was om hulle drie keer te seën. 11 Gaan nou dadelik huis toe. Ek was van plan om jou groot eer te gee,+ maar Jehovah het jou nie toegelaat om die eer te kry nie.”
12 Biʹleam het Balak geantwoord: “Ek het mos vir die boodskappers wat jy gestuur het, gesê: 13 ‘Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, kan ek niks uit my eie wil* doen, hetsy goed of sleg, wat in stryd is met die bevel van Jehovah nie. Ek sal net sê wat Jehovah vir my sê.’+ 14 En nou gaan ek weg na my volk toe. Laat ek vir jou vertel wat hierdie volk in die toekoms* aan jou volk gaan doen.” 15 Toe het hy hierdie profetiese boodskap oorgedra:+
“Die boodskap van Biʹleam, die seun van Beor,
en die boodskap van ’n man wie se oë geopen is,+
16 die boodskap van die een wat die woord van God hoor,
en die een wat die kennis van die Allerhoogste het,
die een wat ’n visioen van die Almagtige gesien het
terwyl hy met geopende oë neergeval het:
17 Ek sal hom sien, maar nie nou nie.
Ek sal na hom kyk, maar nie binnekort nie.
18 En Edom sal ’n besitting word,+
ja, Seïr+ die besitting van sy vyande,+
terwyl Israel wys hoe moedig hy is.
20 Toe hy Aʹmalek sien, het hy sy profetiese boodskap voortgesit:
21 Toe hy die Keniete+ sien, het hy sy profetiese boodskap voortgesit:
“Veilig is jou woonplek, en op die krans is jou woning geplaas.
22 Maar iemand sal Kajin afbrand.
Hoe lank voordat Assiʹrië jou as ’n gevangene wegneem?”
23 En hy het sy profetiese boodskap voortgesit:
“Wie sal bly lewe wanneer God dit doen?
24 Skepe sal van die kus van Kittim+ af kom,
en hulle sal Assiʹrië+ laat swaarkry,
en hulle sal Eber laat ly.
Maar hy sal ook heeltemal vernietig word.”
25 Toe het Biʹleam+ opgestaan en weggegaan en na sy plek teruggekeer. Balak het ook weggegaan.
25 Terwyl Israel in Sittim+ gebly het, het die volk seksuele onsedelikheid met die dogters van Moab begin pleeg.+ 2 Die vrouens het die volk na die offerandes van hulle gode genooi,+ en die volk het begin eet en voor hulle gode neergebuig.+ 3 So het Israel die Baäl van Peor saam met hulle begin aanbid,*+ en Jehovah het woedend geword vir Israel. 4 Jehovah het vir Moses gesê: “Neem al die leiers* van hierdie volk en hang hulle in die openbaar* op voor Jehovah, sodat Jehovah se brandende woede teen Israel kan bedaar.” 5 Toe het Moses vir die regters van Israel+ gesê: “Elkeen van julle moet sy manne doodmaak wat die Baäl van Peor aanbid het.”*+
6 Maar net op daardie oomblik het een van die Israeliete ’n Midianitiese vrou in die kamp ingebring,+ voor die oë van Moses en die hele gemeenskap van Israel, terwyl hulle by die ingang van die tent van samekoms gehuil het. 7 Toe Piʹnehas,+ die seun van Eleaʹsar, die seun van die priester Aäron, dit sien, het hy dadelik tussen die mense opgestaan en ’n spies* in sy hand geneem. 8 Toe het hy die man van Israel tot in die tent gevolg en hulle albei deurboor, die man van Israel en die vrou, deur haar geslagsdele. Dit het die plaag onder die Israeliete laat ophou.+ 9 Dié wat as gevolg van die plaag gesterf het, was 24 000.+
10 Toe het Jehovah vir Moses gesê: 11 “Piʹnehas,+ die seun van Eleaʹsar, die seun van die priester Aäron, het my woede teen die Israeliete laat bedaar omdat hy geen ontrouheid aan my geduld het nie.+ Daarom het ek nie die Israeliete vernietig nie, hoewel ek uitsluitlike toegewydheid vereis.+ 12 Sê dus dat ek ’n vredesverbond met hom maak. 13 En dit sal vir hom en sy nageslag die verbond van ’n permanente priesterskap wees+ omdat hy geen ontrouheid aan sy God geduld het nie+ en vir die volk Israel versoening gedoen het.”
14 Terloops, die naam van die Israelitiese man wat saam met die Midianitiese vrou doodgemaak is, was Simri, die seun van Salu, ’n hoofman van ’n vaderhuis van die Simeoniete. 15 Die naam van die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, was Kosbi, die dogter van Sur.+ Hy was ’n leier van die familiegroepe van ’n vaderhuis in Miʹdian.+
16 Jehovah het later vir Moses gesê: 17 “Behandel die Midianiete as julle vyande en maak hulle dood,+ 18 want hulle was vyandig teenoor julle met hulle slinkse dade in verband met Peor+ en met Kosbi, die dogter van ’n hoofman van Miʹdian. Sy was hulle suster wat doodgemaak is+ op die dag van die plaag wat ontstaan het as gevolg van wat by Peor gebeur het.”+
26 Ná die plaag+ het Jehovah vir Moses en Eleaʹsar, die seun van die priester Aäron, gesê: 2 “Neem ’n sensus op van die hele gemeenskap van Israel, van almal wat 20 jaar en ouer is, volgens hulle vaderhuise, en tel almal wat in Israel se leërmag kan dien.”+ 3 Moses en die priester Eleaʹsar+ het toe op die woestynvlaktes van Moab+ by die Jordaanrivier oorkant Jeʹrigo+ vir hulle gesê: 4 “Neem ’n sensus op van almal wat 20 jaar en ouer is, net soos Jehovah Moses beveel het.”+
En die seuns van Israel wat uit Egipte uitgegaan het, was: 5 Ruben,+ Israel se eersgeborene; Ruben se seuns+ was: van Hanog, die familie van die Hanogiete; van Pallu, die familie van die Palluïete; 6 van Hesron, die familie van die Hesroniete; van Karmi, die familie van die Karmiete. 7 Dit was die families van die Rubeniete, en hulle geregistreerdes was 43 730.+
8 Die seun van Pallu was Eliʹab. 9 En die seuns van Eliʹab was Neʹmuel, Datan en Abiʹram. Hierdie Datan en Abiʹram was manne wat uit die gemeenskap van Israel uitgekies was, en hulle het in opstand gekom teen Moses+ en Aäron, saam met Korag se groep,+ wat teen Jehovah in opstand gekom het.+
10 Toe het die aarde oopgeskeur* en hulle ingesluk. Wat Korag betref, hy het saam met sy ondersteuners gesterf toe die vuur 250 manne verteer het.+ En hulle het ’n waarskuwende voorbeeld geword.+ 11 Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie.+
12 Die seuns van Siʹmeon+ volgens hulle families was: van Neʹmuel, die familie van die Nemueliete; van Jamin, die familie van die Jaminiete; van Jagin, die familie van die Jaginiete; 13 van Serag, die familie van die Seragiete; van Saul, die familie van die Sauliete. 14 Dit was die families van die Simeoniete: 22 200.+
15 Die seuns van Gad+ volgens hulle families was: van Sefon, die familie van die Sefoniete; van Haggi, die familie van die Haggiete; van Suni, die familie van die Suniete; 16 van Osni, die familie van die Osniete; van Eri, die familie van die Eriete; 17 van Arod, die familie van die Arodiete; van Areʹli, die familie van die Areliete. 18 Dit was die families van die seuns van Gad, en hulle geregistreerdes was 40 500.+
19 Die seuns van Juda+ was Er en Onan.+ Maar Er en Onan het in die land Kanaän gesterf.+ 20 En die seuns van Juda volgens hulle families was: van Sela,+ die familie van die Selaniete; van Peres,+ die familie van die Peresiete; van Serag,+ die familie van die Seragiete. 21 En die seuns van Peres was: van Hesron,+ die familie van die Hesroniete; van Hamul,+ die familie van die Hamuliete. 22 Dit was die families van Juda, en hulle geregistreerdes was 76 500.+
23 Die seuns van Isʹsaskar+ volgens hulle families was: van Tola,+ die familie van die Tolaïete; van Puwa, die familie van die Puniete; 24 van Jasub, die familie van die Jasubiete; van Simron, die familie van die Simroniete. 25 Dit was die families van Isʹsaskar, en hulle geregistreerdes was 64 300.+
26 Die seuns van Seʹbulon+ volgens hulle families was: van Sered, die familie van die Serediete; van Elon, die familie van die Eloniete; van Jagʹleël, die familie van die Jagleëliete. 27 Dit was die families van die Sebuloniete, en hulle geregistreerdes was 60 500.+
28 Die seuns van Josef+ volgens hulle families was: Manasʹse en Eʹfraim.+ 29 Die seuns van Manasʹse+ was: van Magir,+ die familie van die Magiriete; en Magir het die vader van Giʹlead geword;+ van Giʹlead, die familie van die Gileadiete. 30 Dít was die seuns van Giʹlead: van Jeser, die familie van die Jeseriete; van Helek, die familie van die Helekiete; 31 van Asʹriël, die familie van die Asriëliete; van Sigem, die familie van die Sigemiete; 32 van Semiʹda, die familie van die Semidaïete; van Hefer, die familie van die Heferiete. 33 En Selofʹhad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, net dogters,+ en die name van die dogters van Selofʹhad+ was Magla, Noa, Hogla, Milka en Tirsa. 34 Dit was die families van Manasʹse, en hulle geregistreerdes was 52 700.+
35 Dít was die seuns van Eʹfraim+ volgens hulle families: van Suteʹlag,+ die familie van die Sutelagiete; van Beger, die familie van die Begeriete; van Tahan, die familie van die Tahaniete. 36 En dít was die seuns van Suteʹlag: van Eran, die familie van die Eraniete. 37 Dit was die families van die seuns van Eʹfraim, en hulle geregistreerdes was 32 500.+ Dit was die seuns van Josef volgens hulle families.
38 Die seuns van Benjamin+ volgens hulle families was: van Bela,+ die familie van die Belaïete; van Asbel, die familie van die Asbeliete; van Ahiʹram, die familie van die Ahiramiete; 39 van Sefuʹfam, die familie van die Sufamiete; van Hufam, die familie van die Hufamiete. 40 Die seuns van Bela was Ard en Naäman:+ van Ard, die familie van die Ardiete; van Naäman, die familie van die Naämiete. 41 Dit was die seuns van Benjamin volgens hulle families, en hulle geregistreerdes was 45 600.+
42 Dít was die seuns van Dan+ volgens hulle families: van Suham, die familie van die Suhamiete. Dit was die families van Dan volgens hulle families. 43 Al die families van die Suhamiete, van hulle geregistreerdes, was 64 400.+
44 Die seuns van Aser+ volgens hulle families was: van Jimna, die familie van die Jimnaïete; van Jiswi, die familie van die Jiswiete; van Beriʹa, die familie van die Beriiete; 45 van die seuns van Beriʹa: van Heber, die familie van die Heberiete; van Malʹkiël, die familie van die Malkiëliete. 46 Die naam van Aser se dogter was Sera. 47 Dit was die families van die seuns van Aser, en hulle geregistreerdes was 53 400.+
48 Die seuns van Nafʹtali+ volgens hulle families was: van Jagʹseël, die familie van die Jagseëliete; van Guni, die familie van die Guniete; 49 van Jeser, die familie van die Jeseriete; van Sillem, die familie van die Sillemiete. 50 Dit was die families van Nafʹtali volgens hulle families, en hulle geregistreerdes was 45 400.+
51 Die aantal geregistreerdes van die Israeliete was altesaam 601 730.+
52 Daarna het Jehovah vir Moses gesê: 53 “Die land moet as ’n erfenis onder hulle verdeel word, volgens die aantal name op die lys.+ 54 Jy moet die erfdeel van die groter groepe groter maak en die erfdeel van die kleiner groepe kleiner maak.+ Elke groep se erfdeel moet in verhouding tot die aantal geregistreerdes gegee word. 55 Maar die land moet deur die lot verdeel word.+ Hulle moet hulle erfdeel ontvang volgens die name van die stamme van hulle vaders. 56 Elke erfdeel moet met die lot bepaal word en onder die groter en die kleiner groepe verdeel word.”
57 En dít was die geregistreerdes van die Leviete+ volgens hulle families: van Gerson, die familie van die Gersoniete; van Kehat,+ die familie van die Kehatiete; van Meraʹri, die familie van die Merariete. 58 Dít was die families van die Leviete: die familie van die Libniete,+ die familie van die Hebroniete,+ die familie van die Magliete,+ die familie van die Musiete,+ die familie van die Koragiete.+
Kehat het die vader van Amram geword.+ 59 En die naam van Amram se vrou was Joʹgebed,+ Levi se dogter, wat Levi en sy vrou in Egipte gehad het. En sy en Amram het Aäron en Moses en hulle suster Mirjam gehad.+ 60 Toe het Aäron die vader geword van Nadab, Abiʹhu, Eleaʹsar en Iʹtamar.+ 61 Maar Nadab en Abiʹhu het gesterf omdat hulle onwettige vuur voor Jehovah aangebied het.+
62 Die geregistreerdes, al die manlike persone van ’n maand en ouer, was altesaam 23 000.+ Want hulle is nie onder die Israeliete geregistreer nie,+ omdat geen erfdeel onder die Israeliete aan hulle gegee moes word nie.+
63 Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleaʹsar geregistreer is toe hulle die Israeliete op die woestynvlaktes van Moab by die Jordaanrivier oorkant Jeʹrigo geregistreer het. 64 Maar daar was niemand onder hulle wat deur Moses en die priester Aäron geregistreer is toe die sensus van die Israeliete voorheen in die wildernis Siʹnai opgeneem is nie.+ 65 Want Jehovah het van hulle gesê: “Hulle sal vir seker in die wildernis sterf.”+ Daar het dus geen man van daardie groep oorgebly nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefunʹne, en Josua, die seun van Nun.+
27 Toe het die dogters van Selofʹhad,+ die seun van Hefer, die seun van Giʹlead, die seun van Magir, die seun van Manasʹse, van die families van Manasʹse, die seun van Josef, nader gekom. Die name van sy dogters was Magla, Noa, Hogla, Milka en Tirsa. 2 Hulle het voor Moses, die priester Eleaʹsar, die hoofmanne+ en die hele gemeenskap van Israel by die ingang van die tent van samekoms gaan staan en gesê: 3 “Ons pa het in die wildernis gesterf, maar hy was nie een van die ondersteuners van Korag+ wat teen Jehovah in opstand gekom het nie. Hy het vir sy eie sonde gesterf, en hy het geen seuns gehad nie. 4 Hoekom moet die naam van ons pa uit sy familie verdwyn omdat hy nie ’n seun gehad het nie? Gee asseblief vir ons ’n besitting onder ons pa se broers.” 5 En Moses het hulle saak voor Jehovah gebring.+
6 Jehovah het toe vir Moses gesê: 7 “Die dogters van Selofʹhad is reg. Jy moet beslis vir hulle ’n besitting onder hulle pa se broers as ’n erfdeel gee, en jy moet hulle pa se erfdeel aan hulle oordra.+ 8 En sê vir die Israeliete: ‘As iemand sterf en hy nie ’n seun het nie, moet julle sy erfdeel aan sy dogter oordra. 9 En as hy nie ’n dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee. 10 En as hy nie broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy pa se broers gee. 11 En as sy pa nie broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy naaste familielid gee, en hy moet dit in besit neem. Hierdie regterlike bevel moet as ’n wetsbepaling vir die Israeliete dien, net soos Jehovah Moses beveel het.’”
12 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Gaan op teen die berg in Abaʹrim+ en kyk na die land wat ek aan die Israeliete sal gee.+ 13 Nadat jy dit gesien het, sal jy sterf,*+ net soos jou broer Aäron,+ 14 want toe die gemeenskap van Israel in die wildernis Zin met my gestry het, het jy in opstand gekom teen my bevel om my voor hulle te heilig deur middel van die waters.+ Dit is die waters van Meʹriba+ by Kades+ in die wildernis Zin.”+
15 Toe het Moses vir Jehovah gesê: 16 “Laat Jehovah, die God wat aan alle mense lewe gee, ’n man oor die gemeenskap van Israel aanstel 17 wat voor hulle sal uitgaan en sal inkom en wat hulle sal uitlei en hulle sal inlei, sodat Jehovah se volk nie word soos skape wat nie ’n herder het nie.” 18 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Neem Josua, die seun van Nun, ’n man in wie daar gees is, en lê jou hand op hom.+ 19 Laat hom dan voor die priester Eleaʹsar en voor die hele gemeenskap van Israel staan, en jy moet hom voor hulle oë as leier aanstel.+ 20 Jy moet van jou gesag* aan hom oordra,+ sodat die hele volk Israel na hom sal luister.+ 21 Hy moet voor die priester Eleaʹsar staan, wat Jehovah namens hom sal raadpleeg deur middel van die Urim.+ Op sy bevel moet hulle uitgaan en op sy bevel moet hulle inkom, hy en al die Israeliete saam met hom, die hele gemeenskap.”
22 Moses het dus gedoen net soos Jehovah hom beveel het. Hy het Josua geneem en hom voor die priester Eleaʹsar en voor die hele volk laat staan, 23 en hy het sy hande op hom gelê en hom as leier aangestel,+ net soos Jehovah deur middel van Moses gesê het.+
28 Jehovah het toe vir Moses gesê: 2 “Gee die Israeliete die volgende bevel: ‘Julle moet sorg dat julle my offer, my brood, aanbied. My vuuroffers, wat vir my ’n aangename* geur het, moet aangebied word op die tye wat daarvoor vasgestel is.’+
3 “En sê vir hulle: ‘Dít is die vuuroffer wat julle elke dag vir Jehovah moet aanbied: twee ramlammers van ’n jaar oud, sonder gebrek, as ’n gereelde brandoffer.+ 4 Die een ramlam moet jy in die oggend offer, en die ander ramlam moet jy offer wanneer dit skemer word,*+ 5 saam met ’n tiende van ’n efa* fynmeel wat gemeng is met ’n kwart hin* uitgestampte olie as ’n graanoffer.+ 6 Dit is ’n gereelde brandoffer,+ wat by die berg Siʹnai vasgestel is as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah. 7 Die drankoffer wat daarmee saamgaan, moet ’n kwart hin vir elke ramlam wees.+ Gooi die alkohol in die heiligdom uit as ’n drankoffer aan Jehovah. 8 En jy moet die ander ramlam offer wanneer dit skemer word.* Jy moet dit as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah aanbied, saam met dieselfde soort graanoffer en drankoffer wat in die oggend gemaak word.+
9 “‘Maar op die Sabbatdag+ moet die offer bestaan uit twee ramlammers van ’n jaar oud, sonder gebrek, en twee tiendes van ’n efa fynmeel wat met olie gemeng is as ’n graanoffer, asook die drankoffer wat daarmee saamgaan. 10 Dit is die brandoffer vir die Sabbat, saam met die gereelde brandoffer en die drankoffer wat daarmee saamgaan.+
11 “‘Aan die begin van elke maand moet julle die volgende as ’n brandoffer vir Jehovah aanbied: twee jong bulle, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, sonder gebrek,+ 12 drie tiendes van ’n maat fynmeel wat met olie gemeng is as ’n graanoffer+ vir elke bul, twee tiendes van ’n maat fynmeel wat met olie gemeng is as ’n graanoffer vir die een skaapram+ 13 en ’n tiende van ’n maat fynmeel wat met olie gemeng is as ’n graanoffer vir elke ramlam. Dit is ’n brandoffer met ’n aangename* geur,+ ’n vuuroffer aan Jehovah. 14 En hulle drankoffers moet soos volg wees: ’n halwe hin wyn vir ’n bul,+ ’n derde van ’n hin vir die skaapram+ en ’n kwart hin vir ’n ramlam.+ Dit is die maandelikse brandoffer vir elke maand, regdeur die jaar. 15 Een boklam moet ook as ’n sonde-offer aan Jehovah geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die drankoffer wat daarmee saamgaan.
16 “‘In die eerste maand, op die 14de dag van die maand, sal Jehovah se Pasga wees.+ 17 En op die 15de dag van daardie maand sal daar ’n fees wees. Ongesuurde brode moet sewe dae lank geëet word.+ 18 Op die eerste dag moet daar ’n heilige byeenkoms wees. Julle mag geen harde werk doen nie. 19 En julle moet as ’n brandoffer, ’n vuuroffer aan Jehovah, twee jong bulle, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, aanbied. Julle moet diere sonder gebrek offer.+ 20 Julle moet hulle offer saam met hulle graanoffers van fynmeel wat met olie gemeng is,+ drie tiendes van ’n maat vir ’n bul en twee tiendes vir die skaapram. 21 Jy moet ’n tiende van ’n maat vir elkeen van die sewe ramlammers offer, 22 sowel as een bok as ’n sonde-offer om vir julle versoening te doen. 23 Julle moet dit offer bo en behalwe die oggendbrandoffer, wat deel is van die gereelde brandoffer. 24 Julle moet dit op dieselfde manier op elkeen van die sewe dae as voedsel* offer, ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah. Dit moet geoffer word saam met die gereelde brandoffer en die drankoffer wat daarmee saamgaan. 25 Op die sewende dag moet julle ’n heilige byeenkoms hou.+ Julle mag geen harde werk doen nie.+
26 “‘Op die dag van die eerste opbrengs,+ gedurende julle fees van die weke,+ wanneer julle ’n nuwe graanoffer vir Jehovah aanbied,+ moet julle ’n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen harde werk doen nie.+ 27 Julle moet die volgende as ’n brandoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah aanbied: twee jong bulle, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is.+ 28 Die graanoffer wat daarmee saamgaan, moet soos volg wees: drie tiendes van ’n maat fynmeel wat met olie gemeng is vir elke bul, twee tiendes vir die een skaapram, 29 ’n tiende vir elkeen van die sewe ramlammers, 30 sowel as een boklam om vir julle versoening te doen.+ 31 Julle moet dit offer bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer wat daarmee saamgaan. Die diere moet sonder gebrek wees+ en moet saam met hulle drankoffers geoffer word.
29 “‘En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet julle ’n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen harde werk doen nie.+ Dit is ’n dag waarop julle op die trompet moet blaas.+ 2 Julle moet die volgende as ’n brandoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah offer: een jong bul, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek, 3 en drie tiendes van ’n efa fynmeel wat met olie gemeng is as die graanoffer vir die bul, twee tiendes vir die skaapram 4 en een tiende vir elkeen van die sewe ramlammers. 5 En een jong bokram moet as ’n sonde-offer geoffer word om vir julle versoening te doen. 6 Dit is bo en behalwe die maandelikse brandoffer en die graanoffer wat daarmee saamgaan+ en die gereelde brandoffer en die graanoffer wat daarmee saamgaan,+ saam met hulle drankoffers,+ volgens die gewone prosedure daarvoor, as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah.
7 “‘En op die tiende van die sewende maand moet julle ’n heilige byeenkoms hou,+ en julle moet julle verneder.* Julle mag geen werk doen nie.+ 8 En julle moet die volgende as ’n brandoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah offer: een jong bul, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 9 En as hulle graanoffer van fynmeel wat met olie gemeng is, drie tiendes van ’n maat vir die bul, twee tiendes vir die skaapram 10 en ’n tiende vir elkeen van die sewe ramlammers. 11 Julle moet ook een boklam as ’n sonde-offer bring, bo en behalwe die sonde-offer van versoening+ en die gereelde brandoffer en die graanoffer wat daarmee saamgaan, saam met hulle drankoffers.
12 “‘En op die 15de dag van die sewende maand moet julle ’n heilige byeenkoms hou. Julle mag geen harde werk doen nie, en julle moet sewe dae lank ’n fees vir Jehovah vier.+ 13 En julle moet die volgende as ’n brandoffer aanbied,+ as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah: 13 jong bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 14 En hulle graanoffer van fynmeel wat met olie gemeng is, moet drie tiendes van ’n maat vir elkeen van die 13 bulle wees, twee tiendes vir elkeen van die 2 skaapramme 15 en ’n tiende vir elkeen van die 14 ramlammers. 16 En een boklam moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer met die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+
17 “‘En op die tweede dag: 12 jong bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 18 Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 19 En een boklam moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer met die graanoffer en drankoffers wat daarmee saamgaan.+
20 “‘En op die derde dag: 11 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 21 Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 22 En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+
23 “‘En op die vierde dag: 10 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 24 Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 25 En een boklam moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+
26 “‘En op die vyfde dag: 9 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 27 Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 28 En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+
29 “‘En op die sesde dag: 8 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 30 Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 31 En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en die drankoffers wat daarmee saamgaan.+
32 “‘En op die sewende dag: 7 bulle, 2 skaapramme en 14 ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 33 Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bulle, die skaapramme en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 34 En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+
35 “‘Op die agtste dag moet julle ’n heilige vergadering hou. Julle mag geen harde werk doen nie.+ 36 Julle moet die volgende as ’n brandoffer aanbied, as ’n vuuroffer met ’n aangename* geur vir Jehovah: een bul, een skaapram en sewe ramlammers wat elk ’n jaar oud is, almal sonder gebrek.+ 37 Die ooreenstemmende aantal graanoffers en drankoffers moet saam met die bul, die skaapram en die ramlammers geoffer word, volgens die gewone prosedure. 38 En een bok moet as ’n sonde-offer geoffer word, bo en behalwe die gereelde brandoffer en die graanoffer en drankoffer wat daarmee saamgaan.+
39 “‘Julle moet dit op julle seisoenfeeste+ aan Jehovah offer, bo en behalwe julle gelofte-offers,+ julle vrywillige offers+ wat as brandoffers+ aangebied word, julle graanoffers,+ julle drankoffers+ en julle vrede-offers.’”*+ 40 Moses het vir die Israeliete alles vertel wat Jehovah hom beveel het.
30 Toe het Moses vir die stamhoofde+ van Israel gesê: “Dít is wat Jehovah beveel het: 2 As ’n man ’n gelofte aan Jehovah maak+ of ’n eed sweer+ waardeur hy ’n gelofte van onthouding maak, mag hy sy woord nie verbreek nie.+ Hy moet alles doen wat hy belowe het.+
3 “En as ’n vrou ’n gelofte aan Jehovah maak of ’n gelofte van onthouding aflê terwyl sy jonk is en in die huis van haar pa woon, 4 en haar pa haar gelofte of haar gelofte van onthouding hoor wat sy gemaak het en haar pa geen beswaar maak nie, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke gelofte van onthouding wat sy gemaak het, sal van krag wees. 5 Maar as haar pa haar verbied wanneer hy hoor dat sy ’n gelofte of ’n gelofte van onthouding gemaak het, sal dit nie van krag wees nie. Jehovah sal haar vergewe, want haar pa het haar verbied.+
6 “Maar as sy met ’n man trou terwyl haar gelofte of die oorhaastige belofte wat sy gemaak het, van krag is 7 en haar man daarvan hoor en geen beswaar maak op die dag dat hy daarvan hoor nie, dan sal haar geloftes of die geloftes van onthouding wat sy gemaak het, van krag wees. 8 Maar as haar man haar verbied op die dag dat hy daarvan hoor, mag hy die gelofte of die oorhaastige belofte wat sy gemaak het, ongeldig verklaar,+ en Jehovah sal haar vergewe.
9 “Maar as ’n weduwee of ’n geskeide vrou ’n gelofte maak, sal alles wat sy belowe het, van krag wees.
10 “As ’n vrou egter ’n gelofte of ’n gelofte van onthouding gemaak het terwyl sy in die huis van haar man is 11 en haar man dit gehoor het en geen beswaar daarteen gemaak het nie, sal al haar geloftes of enige gelofte van onthouding wat sy gemaak het, van krag wees. 12 Maar as haar man enige gelofte of gelofte van onthouding wat sy gemaak het, heeltemal ongeldig verklaar het op die dag dat hy dit gehoor het, sal dit nie van krag wees nie.+ Haar man het dit ongeldig verklaar, en Jehovah sal haar vergewe. 13 Enige gelofte of enige eed waarmee sy belowe om haarself iets te ontsê, moet deur haar man bevestig word of ongeldig verklaar word. 14 Maar as tyd verbygaan en haar man glad nie beswaar maak nie, bevestig hy al haar geloftes of al haar geloftes van onthouding. Hy bevestig dit omdat hy nie beswaar gemaak het op die dag toe hy gehoor het dat sy dit maak nie. 15 Maar as hy dit later, die een of ander tyd ná die dag toe hy dit gehoor het, ongeldig verklaar, sal hy die gevolge van haar fout dra.+
16 “Dit is die wetsvoorskrifte wat Jehovah Moses beveel het in verband met ’n man en sy vrou, en in verband met ’n pa en sy jong dogter wat in sy huis woon.”
31 Jehovah het toe vir Moses gesê: 2 “Neem wraak+ vir die Israeliete op die Midianiete.+ Daarna sal jy sterf.”*+
3 Toe het Moses vir die volk gesê: “Julle moet van die manne toerus om te veg* teen Miʹdian en om vir Jehovah wraak te neem op Miʹdian. 4 Julle moet 1 000 uit elke stam van al die stamme van Israel na die leërmag stuur.” 5 Uit die duisende van Israel+ is 1 000 toe uit elke stam aangewys, 12 000 toegerus vir die geveg.*
6 Toe het Moses 1 000 uit elke stam na die geveg uitgestuur, saam met Piʹnehas,+ die seun van die priester Eleaʹsar. Piʹnehas het saam met die leërmag gegaan, en hy het die heilige voorwerpe en die trompette om die seine te gee,+ in sy hand gehad. 7 Hulle het oorlog teen Miʹdian gemaak, net soos Jehovah Moses beveel het, en hulle het elke manlike persoon doodgemaak. 8 Onder dié wat doodgemaak is, was die konings van Miʹdian, naamlik Ewi, Rekem, Sur, Hur en Reba, die vyf konings van Miʹdian. Hulle het ook Biʹleam,+ die seun van Beor, met die swaard doodgemaak. 9 Maar die Israeliete het die vrouens en kinders van Miʹdian as gevangenes weggeneem. Hulle het ook al hulle beeste, skape, bokke en al hulle besittings geneem. 10 En hulle het al hulle stede waarin hulle gewoon het en al hulle kampe* met vuur verbrand. 11 En hulle het alles wat hulle kon, mense sowel as diere, saamgeneem. 12 Toe het hulle die gevangenes en alles wat hulle geneem het na Moses en die priester Eleaʹsar en die gemeenskap van Israel gebring, na die kamp op die woestynvlaktes van Moab+ naby die Jordaanrivier oorkant Jeʹrigo.
13 Toe het Moses en die priester Eleaʹsar en al die hoofmanne van die gemeenskap hulle buite die kamp gaan ontmoet. 14 Maar Moses het kwaad geword vir die manne wat oor die leërmag aangestel was, die hoofde oor 1 000 en die hoofde oor 100, wat van die geveg af gekom het. 15 Moses het vir hulle gesê: “Het julle al die vrouens laat lewe? 16 Dit is juis hulle wat, deur Biʹleam se woord, die Israeliete gekry het om ontrou aan Jehovah te wees+ by Peor,+ wat veroorsaak het dat die plaag oor die volk van Jehovah gekom het.+ 17 Nou moet julle al die manlike kinders en al die vrouens wat seksuele omgang met ’n man gehad het, doodmaak. 18 Maar julle mag al die jong meisies wat nie seksuele omgang met ’n man gehad het nie, laat lewe.+ 19 En julle moet sewe dae lank buite die kamp bly. Elkeen van julle wat iemand* doodgemaak het en elkeen van julle wat geraak het aan iemand wat doodgemaak is,+ moet hom op die derde dag en op die sewende dag reinig,+ julle en julle gevangenes. 20 En julle moet elke kleed, elke voorwerp van vel, alles wat van bokhaar gemaak is en elke houtvoorwerp reinig van sonde.”
21 Die priester Eleaʹsar het toe vir die manne van die leërmag wat gaan veg het, gesê: “Dít is die wetsbepaling wat Jehovah Moses gegee het: 22 ‘Net die goud, die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood, 23 alles wat vuurbestand is, moet julle deur die vuur laat gaan, en dit sal rein wees. Maar dit moet ook met die reinigingswater gewas word.+ Alles wat nie vuurbestand is nie, moet julle met die water was. 24 En julle moet julle klere op die sewende dag was en rein wees, en daarna mag julle in die kamp inkom.’”+
25 Jehovah het toe vir Moses gesê: 26 “Stel ’n lys op van alles wat geneem is, insluitende die gevangenes en die diere. Doen dit saam met die priester Eleaʹsar en die hoofde van die vaderhuise van die gemeenskap van Israel. 27 Verdeel alles wat geneem is in twee dele: een deel vir dié in die leërmag wat aan die geveg deelgeneem het, en die ander deel vir die res van die gemeenskap van Israel.+ 28 Neem by die soldate wat gaan veg het as belasting vir Jehovah een siel* uit elke 500 van die mense, die beeste, die donkies en die kleinvee. 29 Julle moet dit uit hulle helfte neem en dit vir die priester Eleaʹsar gee as Jehovah se bydrae.+ 30 Uit die helfte wat vir die Israeliete gegee is, moet jy een uit 50 neem van die mense, die beeste, die donkies, die kleinvee en van elke soort mak dier, en jy moet dit vir die Leviete gee,+ wat na die verantwoordelikhede in verband met Jehovah se tabernakel omsien.”+
31 Moses en die priester Eleaʹsar het toe gedoen net soos Jehovah Moses beveel het. 32 Die res van die diere wat deur die manne geneem is, was 675 000 kleinvee, 33 72 000 beeste 34 en 61 000 donkies. 35 Die aantal vrouens wat nie seksuele omgang met ’n man gehad het nie,+ was 32 000. 36 Dié wat gaan veg het, het die helfte ontvang as hulle deel, naamlik: 337 500 kleinvee. 37 Die belasting vir Jehovah uit die kleinvee was 675. 38 Hulle het ook 36 000 beeste ontvang, en die belasting daarop vir Jehovah was 72. 39 Hulle het 30 500 donkies ontvang, en die belasting daarop vir Jehovah was 61. 40 Hulle het 16 000 mense ontvang, en die belasting vir Jehovah was 32 mense. 41 Toe het Moses die belasting vir die priester Eleaʹsar gegee as die bydrae vir Jehovah,+ net soos Jehovah Moses beveel het.
42 Die helfte wat aan die Israeliete behoort het, wat Moses eenkant gesit het van die deel vir die manne wat oorlog gevoer het, 43 was 337 500 kleinvee, 44 36 000 beeste, 45 30 500 donkies 46 en 16 000 mense. 47 Toe het Moses uit die Israeliete se helfte een uit 50 geneem van die mense en van die diere en hulle vir die Leviete gegee,+ wat na die verantwoordelikhede van Jehovah se tabernakel omgesien het,+ net soos Jehovah Moses beveel het.
48 Toe het die manne wat oor die duisende van die leërmag aangestel was,+ die hoofde oor 1 000 en die hoofde oor 100, na Moses toe gekom, 49 en hulle het vir Moses gesê: “U knegte het die aantal soldate getel wat onder ons bevel is, en nie een van hulle word vermis nie.+ 50 Laat elkeen van ons dus wat hy gevind het, as ’n offer vir Jehovah aanbied: goue voorwerpe, enkelkettinkies, armbande, seëlringe, oorringe en ander juwele, om vir ons versoening te doen voor Jehovah.”
51 Moses en die priester Eleaʹsar het dus die goud, dit wil sê al die juwele, van hulle aanvaar. 52 Al die goud van die bydrae wat die hoofde oor 1 000 en die hoofde oor 100 vir Jehovah gegee het, was altesaam 16 750 sikkels.* 53 Elke man van die leërmag het vir hom oorlogsbuit geneem. 54 Moses en die priester Eleaʹsar het die goud van die hoofde oor 1 000 en oor 100 aanvaar en dit in die tent van samekoms ingebring as ’n herinnering vir die Israeliete voor Jehovah.
32 En die kinders van Ruben+ en die kinders van Gad+ het baie vee gehad, en hulle het gesien dat die land Jaser+ en die land Giʹlead ’n goeie streek vir vee is. 2 Die kinders van Gad en die kinders van Ruben het dus na Moses, die priester Eleaʹsar en die hoofmanne van die gemeenskap gegaan en gesê: 3 “Aʹtarot, Dibon, Jaser, Nimra, Hesbon,+ Eleaʹle, Sebam, Nebo+ en Beon,+ 4 die land wat Jehovah voor die gemeenskap van Israel verower het,+ is ’n goeie land vir vee, en u knegte het baie vee.”+ 5 Hulle het verder gesê: “As ons u goedkeuring het, laat dit die land wees wat aan u knegte as ’n besitting gegee word. Moet ons nie deur die Jordaanrivier laat trek nie.”
6 Toe het Moses vir die kinders van Gad en die kinders van Ruben gesê: “Moet julle broers gaan oorlog voer terwyl julle hier bly? 7 Hoekom wil julle die volk Israel se moed breek sodat hulle nie in die land sal wil ingaan wat Jehovah hulle beslis sal gee nie? 8 Dit is wat julle vaders gedoen het toe ek hulle van Kaʹdes-Barneʹa af gestuur het om te gaan kyk hoe die land lyk.+ 9 Toe hulle na die Eskol-vallei*+ gegaan het en die land gesien het, het hulle die Israeliete se moed gebreek sodat hulle nie in die land wou ingaan wat Jehovah aan hulle sou gee nie.+ 10 Jehovah het op daardie dag woedend geword, en hy het gesweer:+ 11 ‘Die manne van 20 jaar en ouer wat uit Egipte getrek het, sal nie die land sien+ wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed belowe het nie,+ want hulle het my nie heelhartig gevolg nie – 12 behalwe Kaleb,+ die seun van Jefunʹne, die Kenissiet, en Josua,+ die seun van Nun, want hulle het Jehovah heelhartig gevolg.’+ 13 Daarom het Jehovah woedend geword vir Israel, en hy het hulle 40 jaar+ lank in die wildernis laat rondswerf, totdat die hele geslag wat gedoen het wat sleg is in Jehovah se oë, aan hulle einde gekom het.+ 14 Nou het julle in die plek van julle vaders opgestaan as ’n spul sondige mense wat die brandende woede van Jehovah teen Israel laat vererger. 15 As julle ophou om hom te volg, sal hy hierdie hele volk beslis weer in die wildernis los, en julle sal vir hulle ondergang verantwoordelik wees.”
16 Hulle het later na hom toe gekom en gesê: “Laat ons hier klipkrale vir ons vee en stede vir ons kinders bou. 17 Maar ons sal gereed wees vir oorlog+ en sal voor die Israeliete uit gaan totdat ons hulle na hulle plek gebring het. Intussen sal ons kinders in die versterkte stede woon, waar hulle veilig sal wees teen die inwoners van die land. 18 Ons sal nie na ons huise terugkeer voordat elkeen van die Israeliete hulle grond as ’n erfdeel ontvang het nie.+ 19 Want ons sal nie ’n erfdeel saam met hulle aan die ander kant van die Jordaanrivier ontvang nie, want ons het ons erfdeel aan die oostekant van die Jordaanrivier ontvang.”+
20 Moses het hulle geantwoord: “As julle wapens opneem om voor Jehovah oorlog te voer+ 21 en elkeen van julle voor Jehovah deur die Jordaanrivier trek terwyl hy sy vyande voor hom uit verdryf+ 22 totdat die land voor Jehovah onderwerp is,+ kan julle daarna terugkeer+ en vry wees van skuld voor Jehovah en Israel. Dan sal hierdie land julle besitting word voor Jehovah.+ 23 Maar as julle dit nie doen nie, sondig julle teen Jehovah. Weet dan dat julle sonde julle sal inhaal. 24 Julle mag dus stede vir julle kinders en krale vir julle kleinvee bou,+ maar julle moet doen wat julle belowe het.”
25 Die kinders van Gad en die kinders van Ruben het toe vir Moses gesê: “U knegte sal doen net soos ons heer beveel. 26 Ons kinders, ons vrouens en al ons beeste, skape en bokke sal in die stede van Giʹlead bly,+ 27 maar u knegte, elke man wat gewapen is om oorlog te voer voor Jehovah, sal oorgaan,+ net soos ons heer sê.”
28 Toe het Moses instruksies in verband met hulle aan die priester Eleaʹsar, aan Josua, die seun van Nun, en aan die hoofde van die vaderhuise van die stamme van Israel gegee. 29 Moses het vir hulle gesê: “As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaanrivier trek, elke man gewapen vir die oorlog voor Jehovah, en die land voor julle onderwerp is, dan moet julle die land Giʹlead vir hulle as ’n besitting gee.+ 30 Maar as hulle nie wapens opneem en saam met julle oorgaan nie, sal hulle saam met julle in die land Kanaän gaan woon.”
31 Toe het die kinders van Gad en die kinders van Ruben geantwoord: “Ons sal doen wat Jehovah vir u knegte gesê het. 32 Ons sal wapens opneem en voor Jehovah oorgaan na die land Kanaän,+ maar die besitting wat ons sal erf, sal aan hierdie kant van die Jordaanrivier wees.” 33 Toe het Moses aan hulle – aan die kinders van Gad, die kinders van Ruben+ en aan die halwe stam van Manasʹse,+ die seun van Josef – die koninkryk van Sihon,+ die koning van die Amoriete, en die koninkryk van Og,+ die koning van Basan, gegee, sowel as die land wat aan die stede in daardie gebiede behoort en die stede van die omliggende gebied.
34 En die kinders van Gad het Dibon+ gebou,* sowel as Aʹtarot,+ Aʹroër,+ 35 Atrot-Sofan, Jaser,+ Jogʹbeha,+ 36 Bet-Nimra+ en Bet-Haran,+ versterkte stede, en hulle het klipkrale vir die kleinvee gebou. 37 En die kinders van Ruben het Hesbon+ gebou, sowel as Eleaʹle,+ Kirjataʹim,+ 38 Nebo+ en Baäl-Meon+ – hulle name is verander – en Sibma. Hulle het die name verander van die stede wat hulle herbou het.
39 Die seuns van Magir,+ die seun van Manasʹse, het teen Giʹlead opgetrek en dit ingeneem en die Amoriete verdryf wat daar was. 40 Toe het Moses Giʹlead aan die seuns van Magir, die seun van Manasʹse gegee, en hulle het daar begin woon.+ 41 En Jaïr, die seun van Manasʹse, het teen hulle opgetrek en hulle tentdorpe ingeneem, en hy het hulle Hawwot-Jaïr*+ genoem. 42 En Nobag het teen Kenat opgetrek en sy afhanklike* dorpe ingeneem, en hy het dit na sy eie naam, Nobag, vernoem.
33 Dít was die roete wat die Israeliete gevolg het toe hulle volgens hulle afdelings*+ onder die leiding van Moses en Aäron+ uit Egipte+ getrek het. 2 Moses het op bevel van Jehovah die vertrekplekke volgens hulle roete bly neerskryf, en dít was hulle roete van die een vertrekplek na die ander:+ 3 Hulle het op die 15de dag van die eerste maand+ van Ramses af weggetrek.+ Op die dag net ná die Pasga+ het die Israeliete vol vertroue* voor die oë van al die Egiptenare uitgegaan. 4 Intussen het die Egiptenare al hulle eersgeborenes begrawe wat Jehovah doodgemaak het,+ want Jehovah het hulle gode geoordeel en gestraf.+
5 En die Israeliete het van Ramses af weggetrek en in Sukkot kamp opgeslaan.+ 6 Toe het hulle van Sukkot af weggetrek en in Etam kamp opgeslaan,+ wat aan die rand van die wildernis is. 7 Daarna het hulle van Etam af weggetrek en teruggedraai na Pi-Hagirot, wat voor Baäl-Sefon is,+ en hulle het voor Migdol kamp opgeslaan.+ 8 Daarna het hulle van Pi-Hagirot af weggetrek en deur die see gegaan+ na die wildernis,+ en hulle het drie dagreise ver in die wildernis van Etam getrek+ en by Mara kamp opgeslaan.+
9 Toe het hulle van Mara af weggetrek en by Elim gekom. En in Elim was daar 12 waterfonteine en 70 palmbome, en daarom het hulle daar kamp opgeslaan.+ 10 Hulle het toe van Elim af weggetrek en by die Rooisee kamp opgeslaan. 11 Daarna het hulle van die Rooisee af weggetrek en in die wildernis Sin kamp opgeslaan.+ 12 Toe het hulle uit die wildernis Sin weggetrek en by Dofka kamp opgeslaan. 13 Later het hulle van Dofka af weggetrek en by Alus kamp opgeslaan. 14 Hulle het toe van Alus af weggetrek en in Reʹfidim kamp opgeslaan,+ waar daar geen water vir die volk was om te drink nie. 15 Daarna het hulle van Reʹfidim af weggetrek en in die wildernis Siʹnai kamp opgeslaan.+
16 Hulle het uit die wildernis Siʹnai weggetrek en by Kibʹrot-Hattaʹäwa kamp opgeslaan.+ 17 Toe het hulle van Kibʹrot-Hattaʹäwa af weggetrek en in Haʹserot kamp opgeslaan.+ 18 Daarna het hulle van Haʹserot af weggetrek en in Ritma kamp opgeslaan. 19 En hulle het van Ritma af weggetrek en in Rimmon-Peres kamp opgeslaan. 20 Toe het hulle van Rimmon-Peres af weggetrek en in Libna kamp opgeslaan. 21 Hulle het van Libna af weggetrek en in Rissa kamp opgeslaan. 22 Daarna het hulle van Rissa af weggetrek en in Kehelaʹta kamp opgeslaan. 23 Toe het hulle van Kehelaʹta af weggetrek en by die berg Sefer kamp opgeslaan.
24 Daarna het hulle van die berg Sefer af weggetrek en in Haʹrada kamp opgeslaan. 25 Toe het hulle van Haʹrada af weggetrek en in Makʹhelot kamp opgeslaan. 26 En hulle het van Makʹhelot af weggetrek+ en in Tahat kamp opgeslaan. 27 Daarna het hulle van Tahat af weggetrek en in Tera kamp opgeslaan. 28 Toe het hulle van Tera af weggetrek en in Mitka kamp opgeslaan. 29 Later het hulle van Mitka af weggetrek en in Hasmoʹna kamp opgeslaan. 30 En hulle het van Hasmoʹna af weggetrek en in Moʹserot kamp opgeslaan. 31 Toe het hulle van Moʹserot af weggetrek en in Beneʹ-Jaʹäkan kamp opgeslaan.+ 32 Daarna het hulle van Beneʹ-Jaʹäkan af weggetrek en in Hor-Hagʹgidgad kamp opgeslaan. 33 En hulle het van Hor-Hagʹgidgad af weggetrek en in Jotbaʹta kamp opgeslaan.+ 34 Later het hulle van Jotbaʹta af weggetrek en in Abroʹna kamp opgeslaan. 35 Toe het hulle van Abroʹna af weggetrek en in Eʹseon-Geʹber+ kamp opgeslaan. 36 Daarna het hulle van Eʹseon-Geʹber af weggetrek en in die wildernis Zin,+ dit wil sê Kades, kamp opgeslaan.
37 Later het hulle van Kades af weggetrek en by die berg Hor kamp opgeslaan,+ aan die grens van die land Edom. 38 En die priester Aäron het op bevel van Jehovah teen die berg Hor opgeklim, en hy het daar gesterf in die 40ste jaar nadat die Israeliete Egipte verlaat het, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.+ 39 Aäron was 123 jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.
40 En die koning van Arad,+ die Kanaäniet wat in die Negeb in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die Israeliete op pad is.
41 Ná verloop van tyd het hulle van die berg Hor af weggetrek+ en in Salʹmona kamp opgeslaan. 42 Daarna het hulle van Salʹmona af weggetrek en in Punon kamp opgeslaan. 43 En hulle het van Punon af weggetrek en in Obot kamp opgeslaan.+ 44 Toe het hulle van Obot af weggetrek en in Ije-Abaʹrim, aan die grens van Moab,+ kamp opgeslaan. 45 Later het hulle van Ijim af weggetrek en in Dibon-Gad+ kamp opgeslaan. 46 Daarna het hulle van Dibon-Gad af weggetrek en in Alʹmon-Diblataʹim kamp opgeslaan. 47 Toe het hulle van Alʹmon-Diblataʹim af weggetrek en in die Abaʹrim-berge,+ voor Nebo,+ kamp opgeslaan. 48 Laastens het hulle van die Abaʹrim-berge af weggetrek en op die woestynvlaktes van Moab by die Jordaanrivier oorkant Jeʹrigo kamp opgeslaan.+ 49 Hulle het kamp opgeslaan langs die Jordaanrivier, van Bet-Jeʹsimot af tot by Abel-Sittim,+ op die woestynvlaktes van Moab.
50 Jehovah het op die woestynvlaktes van Moab by die Jordaanrivier oorkant Jeʹrigo vir Moses gesê: 51 “Sê vir die Israeliete: ‘Julle gaan deur die Jordaanrivier trek in die land Kanaän in.+ 52 Julle moet al die inwoners van die land voor julle uit verdryf en al hulle klipfigure+ en al hulle metaalbeelde+ vernietig, en julle moet al hulle heilige offerhoogtes+ verwoes. 53 En julle sal die land in besit neem en daarin woon, want ek sal die land beslis as ’n besitting aan julle gee.+ 54 Julle moet die land deur die lot verdeel+ as ’n besitting onder julle families. Julle moet die erfdeel van die groter groepe groter maak en die erfdeel van die kleiner groepe kleiner maak.+ Elkeen se erfdeel sal wees waar die lot vir hom val. Julle sal julle eiendom as ’n erfdeel volgens die stamme van julle vaders ontvang.+
55 “‘Maar as julle nie die inwoners van die land voor julle uit verdryf nie,+ sal dié wat julle laat oorbly, soos iets word wat julle oë irriteer en soos dorings in julle sye, en hulle sal dit vir julle moeilik maak in die land waarin julle sal woon.+ 56 En ek sal aan julle doen wat ek aan hulle wou doen.’”+
34 En Jehovah het verder vir Moses gesê: 2 “Gee die Israeliete hierdie instruksies: ‘Wanneer julle in die land Kanaän ingaan,+ moet dít die grense wees van die land wat julle as ’n erfdeel sal ontvang:+
3 “‘Julle suidelike grens moet van die wildernis Zin af langs Edom strek, en aan die oostekant moet julle suidelike grens by die verste punt van die Soutsee* begin.+ 4 Julle grens moet van rigting verander en suid verby die opdraand van Akrabʹbim gaan+ en moet tot by Zin strek, en die eindpunt daarvan moet suid van Kaʹdes-Barneʹa+ wees. Dan moet dit tot by Hasar-Addar strek,+ en dan tot by Asmon. 5 Die grens moet by Asmon van rigting verander en moet tot by die Vallei* van Egipte strek, en die eindpunt daarvan moet by die See* wees.+
6 “‘Die Grootsee* en die kus moet julle westelike grens wees. Dit moet julle westelike grens word.+
7 “‘En dít moet julle noordelike grens wees: Julle grens moet van die Grootsee af tot by die berg Hor wees. 8 Van die berg Hor af moet die grens tot by Lebo-Hamat* gaan,+ en die eindpunt van die grens moet by Sedad wees.+ 9 En die grens moet tot by Sifron strek, en die eindpunt daarvan moet by Hasar-Enan wees.+ Dit moet julle noordelike grens word.
10 “‘Julle oostelike grens moet van Hasar-Enan tot by Sefam strek. 11 Die grens moet van Sefam tot by Ribla, oos van Ajin, strek, en die grens moet afloop deur die heuwels oos van die Kinneʹret-see.*+ 12 Die grens moet strek tot by die Jordaanrivier, en die eindpunt daarvan moet by die Soutsee wees.+ Dit sal julle land+ en die grense daarvan wees.’”
13 Toe het Moses vir die Israeliete gesê: “Dit is die land wat julle deur die lot as julle besitting moet verdeel,+ net soos Jehovah beveel het om aan die nege en ’n half stamme te gee. 14 Want die stam van die Rubeniete volgens hulle vaderhuis, die stam van die Gadiete volgens hulle vaderhuis en die halwe stam van Manasʹse het reeds hulle erfdeel geneem.+ 15 Die twee en ’n half stamme het reeds hulle erfdeel geneem oos van die Jordaanstreek oorkant Jeʹrigo, in die rigting van die sonsopkoms.”+
16 Jehovah het verder vir Moses gesê: 17 “Dít is die name van die manne wat die land vir julle as ’n besitting moet verdeel: die priester Eleaʹsar+ en Josua,+ die seun van Nun. 18 En julle moet uit elke stam een hoofman neem om die land as julle erfenis te verdeel.+ 19 Dít is die name van die manne: van die stam van Juda,+ Kaleb,+ die seun van Jefunʹne; 20 van die stam van die kinders van Siʹmeon,+ Seʹmuel, die seun van Ammiʹhud; 21 van die stam van Benjamin,+ Eliʹdad, die seun van Kislon; 22 van die stam van die kinders van Dan,+ ’n hoofman, Bukki, die seun van Jogli; 23 van die kinders van Josef,+ van die stam van die kinders van Manasʹse,+ ’n hoofman, Hanʹniël, die seun van Efod; 24 van die stam van die kinders van Eʹfraim,+ ’n hoofman, Keʹmuel, die seun van Siftan; 25 van die stam van die kinders van Seʹbulon,+ ’n hoofman, Eliʹsafan, die seun van Parnag; 26 van die stam van die kinders van Isʹsaskar,+ ’n hoofman, Palʹtiël, die seun van Assan; 27 van die stam van die kinders van Aser,+ ’n hoofman, Ahiʹhud, die seun van Seloʹmi; 28 van die stam van die kinders van Nafʹtali,+ ’n hoofman, Pedaʹel, die seun van Ammiʹhud.” 29 Dit is hulle aan wie Jehovah die bevel gegee het om die land Kanaän onder die Israeliete te verdeel.+
35 Jehovah het op die woestynvlaktes van Moab by die Jordaanrivier+ oorkant Jeʹrigo vir Moses gesê: 2 “Sê vir die Israeliete dat hulle stede uit hulle erfdeel aan die Leviete moet gee om in te woon,+ en hulle moet die weivelde rondom die stede aan die Leviete gee.+ 3 Hulle sal in die stede woon, en die weivelde sal vir hulle vee, hulle besittings en al hulle ander diere wees. 4 Die weivelde rondom die stede wat julle aan die Leviete moet gee, moet van die stadsmuur af buitentoe 1 000 el* wees. 5 Julle moet buite die stad 2 000 el aan die oostekant meet, 2 000 el aan die suidekant, 2 000 el aan die westekant en 2 000 el aan die noordekant, met die stad in die middel. Dit sal die weivelde van hulle stede wees.
6 “Julle moet 6 vrystede+ aan die Leviete gee, sodat ’n persoon wat iemand doodgemaak het, daarheen kan vlug,+ en julle moet vir hulle ook 42 ander stede gee. 7 Julle moet altesaam 48 stede aan die Leviete gee, saam met hulle weivelde.+ 8 Die stede wat julle aan hulle gee, moet uit die besitting van die Israeliete wees.+ Julle moet meer stede by die groter groepe neem, en minder stede by die kleiner groepe.+ Elke groep moet van sy stede aan die Leviete gee in verhouding tot die erfdeel wat hy ontvang.”
9 Jehovah het verder vir Moses gesê: 10 “Sê vir die Israeliete: ‘Julle gaan deur die Jordaanrivier trek na die land Kanaän.+ 11 Julle moet stede uitkies wat vir julle geskik is om as vrystede te dien, waarheen ’n persoon kan vlug as hy iemand* onopsetlik doodgemaak het.+ 12 Hierdie stede sal vir julle as ’n beskerming teen die bloedwreker dien,+ sodat die persoon wat iemand doodgemaak het, nie sterf voordat hy deur die gemeente verhoor word nie.+ 13 Dit sal die doel wees van die ses vrystede wat julle voorsien. 14 Julle moet drie stede aan hierdie kant van die Jordaanrivier voorsien+ om as vrystede te dien, en drie stede in die land Kanaän.+ 15 Hierdie ses stede sal as ’n beskerming dien vir die Israeliete, vir die uitlander wat onder julle woon+ en vir die tydelike inwoner, sodat die persoon wat iemand* onopsetlik doodmaak, daarheen kan vlug.+
16 “‘Maar as hy hom met ’n ystervoorwerp geslaan het en die persoon sterf, is hy ’n moordenaar. Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word.+ 17 En as hy hom geslaan het met ’n klip wat hom kan doodmaak, en die persoon sterf, is hy ’n moordenaar. Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word. 18 En as hy hom geslaan het met ’n houtvoorwerp wat hom kan doodmaak, en die persoon sterf, is hy ’n moordenaar. Die moordenaar moet vir seker doodgemaak word.
19 “‘Die bloedwreker is die een wat die moordenaar moet doodmaak. Wanneer hy op hom afkom, moet hy hom doodmaak. 20 As hy hom uit haat gestamp het of met slegte bedoelings* iets na hom gegooi het+ en die persoon sterf, 21 of as hy hom uit haat met sy hand geslaan het en die persoon sterf, moet die een wat hom geslaan het, vir seker doodgemaak word. Hy is ’n moordenaar. Die bloedwreker moet die moordenaar doodmaak wanneer hy op hom afkom.
22 “‘Maar as hy hom per ongeluk gestamp het en hom nie gehaat het nie, of as hy hom met ’n voorwerp gegooi het, maar nie slegte bedoelings gehad het nie,*+ 23 of as hy hom nie gesien het nie en ’n klip op hom laat val het en hy nie sy vyand was of hom wou seermaak nie en die persoon gesterf het, 24 dan moet die gemeente oordeel tussen die een wat hom geslaan het en die bloedwreker, in ooreenstemming met hierdie bevele.+ 25 Die regters van Israel moet dan die persoon wat iemand doodgemaak het, uit die hand van die bloedwreker red, en hulle moet hom laat terugkeer na sy vrystad waarheen hy gevlug het, en hy moet daarin woon tot die dood van die hoëpriester wat met die heilige olie gesalf is.+
26 “‘Maar as die persoon wat iemand doodgemaak het, buite die grens van sy vrystad gaan waarheen hy gevlug het, 27 en die bloedwreker hom buite die grens van sy vrystad vind, en die bloedwreker hom doodmaak, is hy nie bloedskuldig nie. 28 Want hy moet in sy vrystad woon totdat die hoëpriester sterf. Maar ná die hoëpriester se dood mag die persoon wat iemand doodgemaak het, terugkeer na die grond wat hy besit.+ 29 Hierdie dinge moet vir julle in al julle geslagte en in al julle woonplekke as ’n wetsbepaling dien wanneer daar geoordeel word.
30 “‘Enigiemand wat ’n persoon doodmaak, moet as ’n moordenaar doodgemaak word+ as die saak deur* getuies bevestig kan word,+ maar niemand moet doodgemaak word as daar net een persoon is wat teen hom getuig nie. 31 Julle mag geen losprys aanvaar vir die lewe van ’n moordenaar wat verdien om te sterf nie, want hy moet vir seker doodgemaak word.+ 32 En julle mag nie vir iemand wat na sy vrystad gevlug het, ’n losprys aanvaar en hom dan toelaat om weer op sy grond te gaan woon voordat die hoëpriester gesterf het nie.
33 “‘Julle mag nie die land waarin julle woon, besoedel nie, want bloed besoedel die land,+ en daar mag geen versoening wees vir die bloed wat in die land vergiet is nie, behalwe deur die bloed van die persoon wat dit vergiet het.+ 34 Julle mag nie die land waarin julle woon, en waarin ek woon, onrein maak nie, want ek, Jehovah, woon by die Israeliete.’”+
36 Die familiehoofde van die nakomelinge van Giʹlead, die seun van Magir,+ die seun van Manasʹse, van die families van die kinders van Josef, het na Moses en die hoofmanne, die familiehoofde van die Israeliete, gegaan 2 en gesê: “Jehovah het ons heer beveel om die land deur die lot te verdeel+ as ’n erfenis aan die Israeliete. En ons heer is deur Jehovah beveel om die erfdeel van ons broer Selofʹhad aan sy dogters te gee.+ 3 As hulle met mans van ’n ander Israelitiese stam trou, sal die vrouens se erfdeel nie meer deel wees van die erfdeel van ons vaders nie en sal dit by die erfdeel van die stam gevoeg word waaraan hulle dan sal behoort. Dit sal nie meer deel wees van ons erfdeel wat deur die lot toegewys is nie. 4 En as die Jubeljaar+ vir die Israeliete aanbreek, sal die vrouens se erfdeel by die erfdeel van die stam gevoeg word waaraan hulle dan sal behoort, sodat hulle erfdeel nie meer deel sal wees van die erfdeel van die stam van ons vaders nie.”
5 Toe het Moses op bevel van Jehovah vir die Israeliete gesê: “Wat die stam van die kinders van Josef sê, is reg. 6 Dít is die woord wat Jehovah aangaande die dogters van Selofʹhad beveel het: ‘Hulle mag trou met wie hulle ook al wil. Maar hulle moet met iemand uit ’n familie van die stam van hulle pa trou. 7 Geen erfdeel van die Israeliete mag van een stam na ’n ander stam oorgedra word nie, want die Israeliete moet die erfdeel van die stam van hulle voorvaders behou. 8 En elke dogter wat ’n erfdeel onder die stamme van Israel besit, moet die vrou word van ’n nakomeling van haar pa se stam,+ sodat die Israeliete die erfdeel van hulle voorvaders kan behou. 9 Geen erfdeel mag van een stam na ’n ander stam oorgedra word nie, want elke stam van Israel moet sy eie erfdeel behou.’”
10 Die dogters van Selofʹhad het gedoen net soos Jehovah Moses beveel het.+ 11 Gevolglik het Magla, Tirsa, Hogla, Milka en Noa, die dogters van Selofʹhad,+ met die seuns van hulle pa se broers getrou. 12 Hulle het die vrouens geword van mans uit die families van Manasʹse, die seun van Josef, sodat hulle erfdeel in die stam van hulle pa se familie kon bly.
13 Dit is die gebooie en die regterlike bevele wat Jehovah deur middel van Moses aan die Israeliete gegee het op die woestynvlaktes van Moab by die Jordaanrivier oorkant Jeʹrigo.+
Lett. “volgens hulle leërmagte”.
Lett. “Enige vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie ’n Leviet is nie.
Of “elke man by sy banier”.
Lett. “leërmagte”.
Of “om die tabernakel van die Getuienis te bewaak; om hulle diens by die tabernakel van die Getuienis te verrig”.
Of “teken”.
Lett. “leërmagte”.
Lett. “leërmagte”.
Lett. “leërmagte”.
Lett. “leërmagte”.
Lett. “die geslagte”.
Lett. “wie se hande gevul is”.
Lett. “Enige vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie deel is van Aäron se familie nie.
Lett. “van elke eersgeborene wat die baarmoeder open”.
Of “gordyn”.
Of “gordyn”.
Of “gordyn”.
Lett. “Enige vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie ’n Leviet is nie.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “volgens die heilige sikkel”.
’n Gera was gelyk aan 0,57 g. Sien Aanh. B14.
Lett. “mond”.
Of “voorhangsel”.
Of “tange”.
Of “vetterige as”, d.w.s. as wat met die vet van die offerandes deurdrenk is.
Lett. “vrag”.
Of “gordyn”.
Of “gordyn”.
Of “’n siel”.
Verwys blykbaar na ’n geval waar die slagoffer intussen gesterf het.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
Lett. “jou dy laat inval”. Die dy verwys hier blykbaar na die voortplantingsorgane.
Lett. “jou dy laat inval”. Die dy verwys hier blykbaar na die voortplantingsorgane.
Of “Laat dit so wees! Laat dit so wees!”
Lett. “haar dy sal inval”. Die dy verwys hier blykbaar na die voortplantingsorgane.
Hebreeus: na·zirʹ. Beteken “iemand wat afgesonder, afgeskeie is; gewyde”.
Of “siel”. Sien Woordelys.
Of “met ’n siel”. Sien Woordelys.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “die kop van sy Nasireërskap”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “inwyding”.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “volgens die heilige sikkel”.
Of “bakkie”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “gemeenskapsoffer”.
Of “water om sonde weg te neem”.
Lett. “beweeg”, d.w.s. heen en weer laat beweeg.
Lett. “beweeg”, d.w.s. heen en weer laat beweeg.
Lett. “beweeg”, d.w.s. heen en weer laat beweeg.
Of “al die eersgeborenes wat die baarmoeder open”.
Lett. “beweeg”, d.w.s. heen en weer laat beweeg.
Lett. “tussen die twee aande”.
Lett. “tussen die twee aande”.
Lett. “tussen die twee aande”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “leërmagte”.
Lett. “leërmagte”.
Lett. “leërmagte”.
Lett. “leërmagte”.
Die driestamgroep wat die nasie van agter beskerm het.
Lett. “leërmagte”.
D.w.s. Jetro.
Of “oë”.
Beteken “brand”, d.w.s. ’n verwoestende vuur.
Blykbaar die nie-Israeliete onder hulle.
Lett. “neusgate”.
Lett. “600 000 te voet”. Verwys blykbaar na manne wat kan veg.
Of “het hulle begin profeteer”.
’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
’n Homer was gelyk aan 220 l. Sien Aanh. B14.
Beteken “graf van die begeerte”.
Of “was baie nederig (sagmoedig), meer as enige ander mens”.
Lett. “In my hele huis toon hy dat hy getrou is”.
Lett. “mond tot mond”.
Lett. “weggevreet”.
Of “Jehosua”. Beteken “Jehovah is redding”.
Of “die ingang van Hamat”.
Of “wadi Eskol”. Sien Woordelys.
Of “wadi Eskol”. Sien Woordelys. Eskol beteken “druiwetros”.
Of “liefderyke goedhartigheid”.
Lett. “[waaroor] ek my hand opgelig het”.
Lett. “prostitusie”.
Of “om my as ’n vyand te hê”.
Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
’n Hin was gelyk aan 3,67 l. Sien Aanh. B14.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Lett. “brood”.
Of “van die eerstelinge van julle growwe meel”.
Of “van die eerstelinge van julle growwe meel”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “dat julle geestelike prostitusie pleeg”.
Verwys moontlik na brandende kole.
Lett. “Wil jy die oë van hierdie manne uitsteek?”
Verwys moontlik na brandende kole.
Lett. “die God van die geeste van elke soort vlees”.
Lett. “sy mond oopmaak”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Lett. “sy mond oopgemaak”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Verwys blykbaar na kole of as.
Lett. “geen vreemdeling”.
Verwys moontlik na brandende kole.
Lett. “geen vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie familie van Aäron is nie.
Of “voorhangsel”.
Lett. “geen vreemdeling”, d.w.s. iemand wat nie familie van Aäron is nie.
Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.
D.w.s. alles wat vir God geheilig is deurdat dit aan God gewy is en nie teruggeneem of teruggekoop kan word nie.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “volgens die heilige sikkel”.
’n Gera was gelyk aan 0,57 g. Sien Aanh. B14.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
D.w.s. ’n blywende en onveranderlike verbond.
Beteken “stryery”.
Lett. “hand”.
’n Poëtiese uitdrukking wat na die dood verwys.
Lett. “sal [tot sy volk] versamel word en daar sterf”.
Beteken “oorgegee aan vernietiging”.
Of “vurige”.
Of “vurige”.
Of “wadi Sered”. Sien Woordelys.
Of “wadi’s”. Sien Woordelys.
Lett. “mond”.
Of “wadi’s”. Sien Woordelys.
Of “Sing vir die put met beurtsang!”
Lett. “veld”.
Of moontlik “die woestyn; die wildernis”.
Of “omliggende”.
Of “omliggende”.
Blykbaar die Eufraatrivier.
Of “land”.
Of “land”.
Lett. “donkiemerrie”.
Of “my siel”.
Of “wat spyt voel nie”.
Of “onheilspellende voorteken”.
Of moontlik “die woestyn; die wildernis”.
Of “onheilspellende voortekens”.
Of “wadi’s”. Sien Woordelys.
Of “nageslag”.
Lett. “uit my hart”.
Of “aan die einde van die dae”.
Of “die slape van Moab se kop”.
Of “So het Israel hulle aan die Baäl van Peor verbind”.
Lett. “hoofde”.
Lett. “voor die son”.
Of “wat hulle aan die Baäl van Peor verbind het”.
Of “lans”.
Lett. “sy mond oopgemaak”.
Lett. “tot jou volk versamel word”.
Of “waardigheid”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Lett. “tussen die twee aande”.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
’n Hin was gelyk aan 3,67 l. Sien Aanh. B14.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Lett. “tussen die twee aande”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Lett. “brood”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Kan verwys na verskeie vorme van selfonthouding, insluitende die gebruik om te vas.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “tot jou volk versamel word”.
Of “vir die leërmag”.
Of “vir die leërmag”.
Of “ommuurde kampe”.
Of “’n siel”.
Sien Woordelys.
’n Sikkel was gelyk aan 11,4 g. Sien Aanh. B14.
Of “wadi Eskol”. Sien Woordelys.
Of “herbou”.
Beteken “tentdorpe van Jaïr”.
Of “omliggende”.
Lett. “leërmagte”.
Lett. “met ’n opgeligte hand”.
Die Dooie See.
Of “Wadi”. Sien Woordelys.
Die Grootsee, die Middellandse See.
Die Middellandse See.
Of “die ingang van Hamat”.
Die Meer van Gennesaret, of die See van Galilea.
’n El was gelyk aan 44,5 cm. Sien Aanh. B14.
Of “’n siel”.
Of “’n siel”.
Lett. “terwyl hy hom voorgelê het”.
Lett. “sonder dat hy hom voorgelê het”.
Of “uit die mond van”.