Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Psalm 16:10
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 10 Want u sal my siel nie in Sjeool laat nie.+

      U sal nie toelaat dat hy wat teenoor u lojaal is, die kuil sien nie.+

  • Psalm 22:opskrif-31
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • Vir die musiekleier, op die “Takbokooi van die dagbreek”. ’n Melodie van Dawid.

      22 My God, my God, waarom het u my verlaat?+

      Waarom is u ver daarvan om my te red,+

      Ver van die woorde van my gebrul?+

       2 O my God, bedags bly ek roep, en u antwoord nie;+

      En snags, en daar is geen stilswye van my kant nie.+

       3 Maar u is heilig+

      En woon onder die lofliedere van Israel.+

       4 Op u het ons vaders vertrou;+

      Hulle het vertrou, en u het voortdurend aan hulle ontkoming verskaf.+

       5 Tot u het hulle geroep,+ en hulle het veilig weggekom;+

      Op u het hulle vertrou, en hulle het nie beskaamd gestaan nie.+

       6 Maar ek is ’n wurm+ en geen man nie,

      ’n Smaad vir die mense en veragtelik vir die volk.+

       7 Wat almal betref wat my sien, hulle bespot my;+

      Hulle bly hulle mond wyd oopmaak, hulle bly hulle kop skud:+

       8 “Hy het hom aan Jehovah toevertrou.+ Laat Hy aan hom ontkoming verskaf!+

      Laat hy hom verlos, aangesien hy behae in hom het!”+

       9 Want u was die Een wat my uit die moederskoot uitgetrek het,+

      Die Een wat my laat vertrou het terwyl ek aan die borste van my moeder gelê het.+

      10 Ek is van die moederskoot af op u gewerp;+

      Van die skoot van my moeder af is u my God.+

      11 Moenie ver van my af bly nie, want benoudheid is naby,+

      Want daar is geen ander helper nie.+

      12 Talle jong bulle het my omsingel;+

      Die sterkes van Basan het my omring.+

      13 Hulle het hulle mond teen my oopgemaak,+

      Soos ’n leeu wat verskeur en brul.+

      14 Soos water is ek uitgestort,+

      En al my beendere is van mekaar geskei.+

      My hart het soos was geword;+

      Dit het gesmelt diep in my ingewande.+

      15 My krag het verdroog net soos ’n erdeskerf,+

      En my tong kleef aan my tandvleis;+

      En in die stof van die dood lê u my neer.+

      16 Want honde het my omsingel;+

      Die vergadering van kwaaddoeners het my omsluit.+

      Soos ’n leeu is hulle aan my hande en my voete.+

      17 Ek kan al my beendere tel.+

      Hulle kyk, hulle staar my aan.+

      18 Hulle verdeel my kledingstukke onder mekaar,+

      En oor my klere werp hulle die lot.+

      19 Maar u, o Jehovah, moet tog nie ver weg bly nie.+

      O my sterkte,+ snel my tog te hulp.+

      20 Verlos tog my siel van die swaard,+

      My enigste uit die poot van die hond;+

      21 Red my uit die bek van die leeu,+

      En van die horings van wilde bulle moet u my antwoord en red.+

      22 Ek sal u naam aan my broers+ bekend maak;+

      In die midde van die gemeente sal ek u loof.+

      23 Julle wat Jehovah vrees, loof hom!+

      Almal wat die saad van Jakob is, verheerlik hom!+

      En vrees hom, julle almal wat die saad van Israel is.+

      24 Want hy het die ellende van die geteisterde+

      Nie verag+ of verafsku nie;

      En hy het sy aangesig nie vir hom verberg nie,+

      En wanneer hy tot hom om hulp geroep het, het hy gehoor.+

      25 Van u sal my lof in die groot gemeente kom;+

      My geloftes sal ek betaal voor dié wat hom vrees.+

      26 Die sagmoediges sal eet en versadig word;+

      Dié wat Jehovah soek, sal hom loof.+

      Mag julle hart vir ewig lewe.+

      27 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en tot Jehovah terugkeer.+

      En al die families van die nasies sal hulle voor u neerbuig.+

      28 Want die koningskap behoort aan Jehovah,+

      En hy heers oor die nasies.+

      29 Al die vettes van die aarde sal eet en hulle neerbuig;+

      Voor hom sal almal buig wat in die stof neerdaal,+

      En niemand sal ooit sy eie siel in die lewe hou nie.+

      30 ’n Saad sal hom dien;+

      Die geslag sal van Jehovah vertel word.+

      31 Hulle sal kom en sy regverdigheid+ verkondig

      Aan die volk wat gebore sal word, dat hy dit gedoen het.+

  • Psalm 34:20
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 20 Hy bewaar al sy bene;

      Nie een daarvan is gebreek nie.+

  • Psalm 41:9
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    •  9 Ook die man wat in vrede met my gelewe het, op wie ek vertrou het,+

      Wat my brood geëet het,+ het sy hakskeen teen my groot gemaak.+

  • Psalm 69:21
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 21 Maar as voedsel het hulle vir my ’n gifplant gegee,+

      En vir my dors wou hulle my asyn laat drink.+

  • Jesaja 53:1-12
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 53 Wie het geloof gestel in wat ons gehoor het?+ En wat die arm van Jehovah+ betref, aan wie is dit geopenbaar?+ 2 En hy sal soos ’n takkie+ voor iemand opkom, en soos ’n wortel uit ’n waterlose land. Hy het nie ’n statige gestalte of enige prag nie;+ en wanneer ons hom sal sien, is die voorkoms nie sodanig dat ons hom sou begeer nie.+

      3 Hy is verag en deur die mense vermy,+ ’n man bestem vir pyn en om met siekte bekend te wees.+ En dit was asof sy gesig vir ons verberg is.+ Hy is verag, en ons het hom van geen belang geag nie.+ 4 Waarlik, ons siektes het hy gedra;+ en wat ons pyn betref, hy het dit op hom geneem.+ Maar ons het hom beskou as een wat met ’n plaag getref is,+ deur God geslaan+ en geteister+ is. 5 Maar hy is vir ons oortreding+ deurboor;+ hy is vir ons ongeregtighede verbrysel.+ Die tugtiging wat vir ons vrede bedoel was, was op hom,+ en weens sy wonde+ was daar vir ons genesing.+ 6 Soos skape het ons almal rondgedwaal;+ ons het elkeen sy eie weg ingeslaan; en Jehovah het ons almal se oortreding op hom laat neerkom.+ 7 Hy was onder groot druk,+ en hy het hom laat teister;+ tog het hy nie sy mond oopgemaak nie. Hy is net soos ’n skaap na die slagplek gelei;+ en soos ’n ooi wat voor haar skeerders stom geword het, het hy ook nie sy mond oopgemaak nie.+

      8 Weens bedwang en strafgerig is hy weggeneem;+ en wie sal die besonderhede van sy geslag oordink?+ Want hy is uit die land van die lewendes+ afgesny.+ Weens die oortreding+ van my volk is hy die slag toegedien.+ 9 En hy sal sy graf by die goddeloses maak,+ en by die ryk klas in sy dood,+ ten spyte daarvan dat hy geen geweld gepleeg het+ en daar geen bedrog in sy mond was nie.+

      10 Maar dit het Jehovah behaag om hom te verbrysel;+ hy het hom siek gemaak.+ As u sy siel ’n skuldoffer maak,+ sal hy sy nageslag sien,+ sal hy sy dae verleng+ en sal die welbehae+ van Jehovah in sy hand slaag.+ 11 Weens die moeite van sy siel sal hy sien;+ hy sal versadig word.+ Deur middel van sy kennis sal die regverdige, my kneg,+ baie in ’n regverdige posisie bring;+ en hulle oortredings sal hy dra.+ 12 Daarom sal ek hom ’n deel onder die menigte gee,+ en saam met die magtiges sal hy die buit verdeel,+ omdat hy sy siel in die dood uitgestort het+ en saam met die oortreders getel is;+ en hy het die sonde van baie gedra,+ en vir die oortreders het hy tussenbeide getree.+

  • Miga 5:1
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 5 “Nou sny jy jou stukkend,+ o dogter van ’n inval; ’n beleëringswal het hy teen ons opgewerp.+ Met die stok sal hulle die regter van Israel op die wang slaan.+

  • Sagaria 9:9
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 9 “Wees baie bly, o dogter van Sion.+ Roep triomfantlik uit,+ o dogter van Jerusalem. Kyk! Jou koning+ kom na jou toe.+ Hy is regverdig, ja, gered;+ nederig,+ en hy ry op ’n esel, ja, op ’n volgroeide dier, die hingsvul van ’n eselin.+

  • Sagaria 11:12
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 12 Toe het ek vir hulle gesê: “As dit goed is in julle oë,+ gee my my loon; maar so nie, laat dit dan staan.” En hulle het my loon betaal: dertig silwerstukke.+

  • Sagaria 13:7
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 7 “O swaard, ontwaak teen my herder,+ ja, teen die man wat my metgesel is”,+ is die woord van Jehovah van die leërs. “Slaan die herder,+ en laat die skape van die kudde verstrooi word;+ en ek sal beslis my hand laat terugkeer oor dié wat onbeduidend is.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel