Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • nwt Psalm 1:1-150:6
  • Psalms

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Psalms
  • Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Psalms

PSALMS

BOEK EEN

(Psalm 1-41)

1 Gelukkig is die man wat nie die raad van die goddeloses volg nie

en nie op die weg van sondaars staan nie+

en nie by spotters sit nie.+

 2 Maar hy vind vreugde in die wet van Jehovah,+

en dag en nag lees hy Sy wet en dink hy daaroor na.*+

 3 Hy sal soos ’n boom wees wat by waterstrome geplant is,

’n boom wat vrugte op die regte tyd gee,

waarvan die blare nie verlep nie.

Alles wat hy doen, sal suksesvol wees.+

 4 Die goddeloses is nie so nie.

Hulle is soos die kaf wat deur die wind weggewaai word.

 5 Daarom sal die goddeloses nie in die oordeel bly staan nie,+

en sondaars sal ook nie in die vergadering van die regverdiges bly staan nie.+

 6 Want Jehovah is bewus van die weg van die regverdiges,+

maar die weg van die goddeloses sal tot ’n einde kom.+

2 Hoekom is die nasies so onrustig

en beraam die volke nuttelose planne?*+

 2 Die konings van die aarde neem stelling in,

en hoë amptenare span saam* soos een man+

teen Jehovah en teen sy gesalfde.*+

 3 Hulle sê: “Laat ons hulle kettings afruk

en hulle toue van ons af weggooi!”

 4 Die Een wat op sy troon in die hemel sit, sal lag.

Jehovah sal hulle bespot.

 5 Dan sal hy in sy woede met hulle praat

en hulle met sy brandende woede laat bang word.

 6 Hy sal sê: “Ek het self my koning ingehuldig+

op Sion,+ my heilige berg.”

 7 Laat ek die besluit van Jehovah verkondig.

Hy het vir my gesê: “Jy is my seun.+

Vandag het ek jou vader geword.+

 8 Vra my, en ek sal nasies as jou erfdeel gee,

en die eindes van die aarde as jou besitting.+

 9 Jy sal hulle met ’n ystersepter breek,+

en jy sal hulle soos ’n kleipot stukkend slaan.”+

10 En nou, o konings, toon insig.

Aanvaar dissipline,* o regters van die aarde.

11 Dien Jehovah met vrees,

en wees bly met diep respek.

12 Eer* die seun,+ anders sal God* kwaad word

en sal julle van die weg verwyder word,+

want Sy woede vlam vinnig op.

Gelukkig is almal wat by Hom beskerming soek.

’n Melodie van Dawid toe hy vir sy seun Absalom gevlug het.+

3 O Jehovah, hoekom het my vyande so baie geword?+

Hoekom is daar so baie wat teen my opstaan?+

 2 Baie sê van my:*

“God sal hom nie red nie.”+ (Sela)*

 3 Maar u, o Jehovah, is ’n skild rondom my.+

U is my heerlikheid+ en die Een wat my kop oplig.+

 4 Ek sal hardop tot Jehovah roep,

en hy sal my antwoord van sy heilige berg af.+ (Sela)

 5 Ek sal gaan lê en slaap,

en ek sal in veiligheid wakker word,

want Jehovah hou aan om my te ondersteun.+

 6 Ek is nie bang vir die tienduisende

wat my van alle kante af omsingel nie.+

 7 Staan op, o Jehovah! Red my,+ o my God!

Want u sal al my vyande op die kakebeen slaan.

U sal die tande van die goddeloses breek.+

 8 Redding behoort aan Jehovah.+

U seën rus op u volk. (Sela)

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. ’n Melodie van Dawid.

4 Antwoord my wanneer ek roep, o my regverdige God.+

Gee my ’n uitweg* wanneer ek deur moeilike tye gaan.

Betoon genade aan my en hoor my gebed.

 2 Mense, hoe lank sal julle my eer in vernedering verander?

Hoe lank sal julle lief wees vir wat waardeloos is en soek na wat vals is? (Sela)

 3 Weet dat Jehovah sy lojale kneg op ’n spesiale manier sal behandel.*

Jehovah sal hoor wanneer ek tot hom roep.

 4 Wees kwaad, maar moenie sondig nie.+

Sê wat julle te sê het in julle hart, op julle bed, en bly stil. (Sela)

 5 Offer die offerandes van regverdigheid,

en vertrou op Jehovah.+

 6 Daar is baie wat vra: “Wie sal ons iets goeds laat sien?”

Betoon goedheid aan ons, o Jehovah.+

 7 U het my hart gevul met groter vreugde

as dié wat ’n oorvloedige oes van graan en nuwe wyn het.

 8 Ek sal in vrede gaan lê en slaap,+

want u alleen, o Jehovah, laat my in veiligheid woon.+

Vir die musiekleier: Vir Nehilot.* ’n Melodie van Dawid.

5 Luister na my woorde, o Jehovah,+

skenk aandag aan my wanneer ek sug.

 2 Skenk aandag aan my geroep om hulp,

o my Koning en my God, want ek bid tot u.

 3 O Jehovah, u sal my stem in die oggend hoor.+

In die oggend sal ek u vertel wat my bekommer,+ en ek sal hoopvol wag.

 4 Want u is nie ’n God wat bly is oor goddeloosheid nie.+

Niemand wat sleg is, mag by u bly nie.+

 5 Niemand wat hoogmoedig is, mag in u teenwoordigheid staan nie.

U haat almal wat goddeloos optree.+

 6 U sal dié vernietig wat leuens vertel.+

Jehovah haat mense wat gewelddadig en bedrieglik is.*+

 7 Maar danksy u groot lojale liefde+ sal ek in u huis ingaan,+

en ek sal uit eerbiedige vrees vir u in die rigting van u heilige tempel* neerbuig.+

 8 Lei my in u regverdigheid, o Jehovah, as gevolg van my vyande,

maak u weg gelyk voor my.+

 9 Want niks wat hulle sê, kan vertrou word nie.

Daar is niks behalwe vyandigheid in hulle nie.

Hulle keel is ’n oop graf,

en hulle vlei met hulle tong.*+

10 Maar God sal hulle skuldig verklaar.

Hulle eie planne sal hulle ondergang veroorsaak.+

Mag hulle verdryf word as gevolg van hulle baie oortredings,

want hulle het teen u in opstand gekom.

11 Maar almal wat beskerming by u kom soek, sal bly wees.+

Hulle sal altyd van vreugde uitroep.

U sal hulle beskerm,*

en dié wat u naam liefhet, sal bly wees as gevolg van u.

12 Want u sal almal seën wat regverdig is, o Jehovah,

u sal hulle met goedkeuring omring soos met ’n groot skild.+

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word wat op Sjeminit* ingestem is. ’n Melodie van Dawid.

6 O Jehovah, moet my nie in u woede teregwys nie,

en moet my nie in u woede dissiplineer nie.+

 2 Betoon genade aan my, o Jehovah, want ek word al hoe swakker.

Genees my, o Jehovah,+ want ek* bewe.

 3 Ja, ek is baie ontsteld,+

en ek vra u, o Jehovah: Hoe lank sal dit wees?+

 4 Kom terug, o Jehovah, en red my.+

Red my ter wille van u lojale liefde.+

 5 Want in die dood praat niemand oor u nie.*

Wie sal u in die Graf* loof?+

 6 Ek het moeg geword omdat ek so baie sug.+

Die hele nag laat ek my bed swem in die trane.

My rusbank is oorstroom deur my gehuil.+

 7 My oog het swak geword as gevolg van my hartseer.+

Dit het dof* geword weens al my vyande.

 8 Gaan weg van my af, almal van julle wat goddeloos optree,

want Jehovah sal hoor hoe ek huil.+

 9 Jehovah sal my smeekgebed hoor.+

Jehovah sal my gebed aanvaar.

10 Al my vyande sal verneder word en moedeloos word,

en hulle sal skielik in skande terugtrek.+

’n Treurlied van Dawid wat hy vir Jehovah gesing het oor die woorde van Kus, die Benjaminiet.

7 O Jehovah my God, ek het by u beskerming kom soek.+

Red my van almal wat my vervolg.+

 2 Anders sal hulle my verskeur soos ’n leeu+

en my wegdra met niemand om my te red nie.

 3 O Jehovah my God, as ek enigiets verkeerds gedoen het,

as ek onregverdig opgetree het,

 4 as ek die een wat goed is vir my, ’n onreg aangedoen het,+

of as ek my vyand sonder rede beroof het,*

 5 laat ’n vyand my dan agternasit en inhaal.

Laat hy my lewe in die grond intrap

en my heerlikheid in die stof laat verdwyn. (Sela)

 6 Staan op in u woede, o Jehovah.

Staan op teen die woede van my vyande.+

Staan op om my te help en beveel dat geregtigheid uitgevoer word.+

 7 Laat die nasies u omsingel,

en u sal vanuit die hoogte teen hulle optree.

 8 Jehovah sal die volke vonnis.+

Oordeel my, o Jehovah, volgens my regverdigheid

en volgens my integriteit.*+

 9 Maak asseblief ’n einde aan die slegte dade van die goddeloses.

Maar maak die regverdige standvastig,+

want u is die regverdige God+ wat die hart+ en die diepste emosies ondersoek.*+

10 God is my skild,+ die Redder van die opregtes van hart.+

11 God is ’n regverdige Regter,+

en God verkondig sy oordele* elke dag.

12 As iemand nie berou toon nie,+ maak Hy sy swaard skerp,+

hy span sy boog en maak dit gereed.+

13 Hy berei sy dodelike wapens voor.

Hy maak sy vlammende pyle gereed.+

14 Kyk na die een wat swanger is met goddeloosheid.

Hy is swanger met moeilikheid en gee geboorte aan leuens.+

15 Hy grawe ’n gat en maak dit diep,

maar hy val in die einste gat wat hy gegrawe het.+

16 Die moeilikheid wat hy veroorsaak, sal op sy eie kop terugkom.+

Sy geweld sal op die kroon van sy kop neerkom.

17 Ek sal Jehovah loof vir sy geregtigheid.+

Ek sal liedere sing* om die naam van Jehovah, die Allerhoogste,+ te loof.+

Vir die musiekleier: Op die Gittit.* ’n Melodie van Dawid.

8 O Jehovah ons Here, hoe groot is u naam tog regoor die aarde,

u het u heerlikheid selfs hoër as die hemel gestel!*+

 2 Uit die mond van kinders en kleuters+ het u u krag gevestig

as gevolg van u teenstanders,

om die vyand en die een wat wraak neem, stil te maak.

 3 Wanneer ek u hemel sien, die werke van u vingers,

die maan en die sterre wat u gemaak het,+

 4 wat is die sterflike mens dat u aan hom dink,

en ’n mensekind dat u vir hom sorg?+

 5 U het hom ’n bietjie laer as goddelike wesens* gemaak,

en u het hom met heerlikheid en prag gekroon.

 6 U laat hom oor die werke van u hande regeer.+

U het alles onder sy voete geplaas:

 7 Al die kuddes en beeste,

sowel as die wilde diere,*+

 8 die voëls van die hemel en die visse van die see,

enigiets wat deur die paaie van die seë gaan.

 9 O Jehovah ons Here, hoe groot is u naam tog regoor die aarde!

Vir die musiekleier: Op Mut-Labben.* ’n Melodie van Dawid.

א [Alef]

9 Ek sal u loof, o Jehovah, met my hele hart,

ek sal van al u wonderlike werke praat.+

 2 Ek sal bly wees en van vreugde uitroep as gevolg van u.

Ek sal liedere sing* om u naam te loof, o Allerhoogste.+

ב [Bet]

 3 Wanneer my vyande terugtrek,+

sal hulle struikel en voor u vernietig word.

 4 Want u verdedig my regsaak met geregtigheid.

U sit op u troon en oordeel met regverdigheid.+

ג [Gimel]

 5 U het nasies bestraf+ en die goddeloses vernietig

en hulle naam vir ewig en altyd uitgewis.

 6 Die vyand is vir ewig verwoes.

U het hulle stede weggevee,

en daar sal nooit weer aan hulle gedink word nie.+

ה [He]

 7 Maar Jehovah sit vir ewig op sy troon,+

en hy het sy troon stewig gevestig vir geregtigheid.+

 8 Hy sal die bewoonde aarde* in regverdigheid oordeel.+

Hy sal regverdige regsbesluite vir die nasies neem.+

ו [Waw]

 9 Jehovah sal ’n veilige skuilplek* word vir dié wat onderdruk word,+

’n veilige skuilplek in moeilike tye.+

10 Dié wat u naam ken, sal op u vertrou.+

U sal nooit dié verlaat wat u dien* nie, o Jehovah.+

ז [Zajin]

11 Sing lofliedere vir Jehovah, wat in Sion woon,

maak sy dade bekend onder die volke.+

12 Want die Een wat hulle bloed wreek, onthou hulle.+

Hy sal nie die geroep vergeet van dié wat swaarkry nie.+

ח [Get]

13 Wees genadig teenoor my, o Jehovah, kyk hoe ek swaarkry as gevolg van dié wat my haat,

u wat my oplig uit die poorte van die dood,+

14 sodat ek u lofwaardige dade bekend kan maak in die poorte van die dogter van Sion,+

en sodat ek bly kan wees oor u dade van redding.+

ט [Tet]

15 Die nasies het weggesink in die vanggat wat hulle gegrawe het.

Hulle eie voet is gevang in die net wat hulle weggesteek het.+

16 Jehovah word geken aan die oordeel wat hy voltrek.+

Die goddelose is verstrik in die werk van sy eie hande.+

Higgajon.* (Sela)

י [Jod]

17 Die goddeloses sal terugtrek na die Graf,*

al die nasies wat God vergeet.

18 Maar die armes sal nie vir altyd vergeet word nie,+

en die hoop van die nederiges sal ook nooit verdwyn nie.+

כ [Kaf ]

19 Staan op, o Jehovah! Moenie toelaat dat die sterflike mens oorwin nie.

Mag die nasies in u teenwoordigheid geoordeel word.+

20 Laat hulle baie bang word, o Jehovah,+

laat die nasies weet dat hulle maar net sterflike mense is. (Sela)

ל [Lamed]

10 Hoekom, o Jehovah, staan u op ’n afstand?

Hoekom verberg u uself in moeilike tye?+

 2 In sy hoogmoed sit die goddelose die hulpelose agterna,+

maar hy sal gevang word in die planne wat hy uitdink.+

 3 Want die goddelose spog oor sy selfsugtige begeertes,+

en hy seën die gierige persoon.*

נ [Noen]

Hy het geen respek vir Jehovah nie.

 4 Omdat die goddelose hoogmoedig is, stel hy geen ondersoek in nie,

en hy dink altyd: “Daar is geen God nie.”+

 5 Hy is suksesvol in wat hy doen,+

maar hy kan u oordele nie verstaan nie.+

Hy bespot* al sy vyande.

 6 Hy sê in sy hart: “Ek sal altyd staande bly.*

Van geslag tot geslag

sal ek nooit rampspoed sien nie.”+

פ [Pe]

 7 Sy mond is vol vloeke, leuens en dreigemente.+

Onder sy tong is moeilikheid en skadelike dinge.+

 8 Hy lê en wag naby die dorpies.

Uit sy wegkruipplek maak hy ’n onskuldige persoon dood.+

ע [Ajin]

Sy oë is op die uitkyk na ’n slagoffer.+

 9 Hy wag in sy wegkruipplek soos ’n leeu in sy lêplek.*+

Hy wag om die hulpelose te vang,

en hy vang hom wanneer hy sy net toetrek.+

10 Die slagoffer word verpletter en neergegooi,

en die ongelukkiges beland in sy sterk kloue.

11 Hy sê in sy hart: “God het vergeet.+

Hy het sy gesig weggedraai.

Hy let nooit op nie.”+

ק [Kof]

12 Staan op, o Jehovah.+ O God, lig u hand op.+

Moenie die hulpeloses vergeet nie.+

13 Hoekom het die goddelose geen respek vir God nie?

Hy sê in sy hart: “U sal my nie verantwoordelik hou nie.”

ר [Resj]

14 Maar u sien wel wanneer daar moeilikheid en lyding is.

U kyk en u doen iets daaromtrent.+

Die slagoffer kom na u toe.+

U is die helper van die weeskind.*+

ש [Sjin]

15 Breek die arm van die goddelose en slegte mens,+

sodat u sy goddeloosheid nie meer sal vind

wanneer u daarna soek nie.

16 Jehovah is Koning vir ewig en altyd.+

Die nasies het van die aarde af verdwyn.+

ת [Tau]

17 Maar u sal die versoek van die nederiges hoor, o Jehovah.+

U sal hulle hart versterk+ en noukeurig aan hulle aandag skenk.+

18 U sal geregtigheid gee aan die weeskinders en dié wat verpletter is,+

sodat die sterflike mens van die aarde hulle nie meer sal bang maak nie.+

Vir die musiekleier. Van Dawid.

11 By Jehovah het ek beskerming gesoek.+

Hoe kan jy dan vir my sê:

“Vlug soos ’n voël na die berg!

 2 Kyk hoe die goddeloses die boog span.

Hulle sit hulle pyl teen die boogsnaar

om die opregtes van hart vanuit die donker te skiet.

 3 Wat kan die regverdige doen

wanneer die fondamente* afgebreek word?”

 4 Jehovah is in sy heilige tempel.+

Jehovah se troon is in die hemel.+

Sy oë sien, sy oplettende* oë ondersoek die mense.+

 5 Jehovah ondersoek die regverdige sowel as die goddelose.+

Hy* haat elkeen wat geweld liefhet.+

 6 Hy sal vangnette* op die goddeloses laat reën.

Vuur en swael+ en ’n verskroeiende wind is die deel wat hulle sal ontvang.*

 7 Want Jehovah is regverdig,+ en hy is lief vir regverdige dade.+

Die opregtes van hart sal sy goedkeuring geniet.*+

Vir die musiekleier: Op die Sjeminit* ingestem. ’n Melodie van Dawid.

12 Red my, o Jehovah, want die lojales het verdwyn.

Daar is nie meer getroue persone onder die mense nie.

 2 Hulle lieg vir mekaar,

en hulle vlei met hulle lippe* en praat met bedrieglike harte.*+

 3 Jehovah sal alle vleiende lippe afsny,

sowel as die tong wat grootpraat,+

 4 dié wat sê: “Met ons tong sal ons oorwin.

Ons gebruik ons lippe soos ons wil.

Niemand sal ons meester wees nie.”+

 5 “As gevolg van dié wat swaarkry en onderdruk word,

as gevolg van die armes wat sug,+

sal ek opstaan en optree,” sê Jehovah.

“Ek sal hulle red van die mense wat hulle bespot.”

 6 Die woorde van Jehovah is suiwer.+

Dit is soos silwer wat in ’n kleioond* gesuiwer is, sewe keer gereinig.

 7 U sal oor hulle waak, o Jehovah.+

U sal elkeen van hulle vir ewig teen hierdie geslag beskerm.

 8 Die goddeloses loop vryelik rond,

want die mense bevorder goddeloosheid.+

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.

13 Hoe lank, o Jehovah, sal u my vergeet? Vir ewig?

Hoe lank sal u u gesig van my af wegdraai?+

 2 Hoe lank moet ek angstig en bekommerd wees,

met droefheid in my hart elke dag?

Hoe lank sal my vyand die oorhand hê?+

 3 Sien my raak en antwoord my, o Jehovah my God.

Gee lig vir my oë, sodat ek nie in die dood gaan slaap nie,

 4 sodat my vyand nie sal sê: “Ek het hom oorwin!” nie.

Moenie toelaat dat my teenstanders bly word oor my ondergang nie.+

 5 Ek vertrou op u lojale liefde.+

My hart sal bly wees oor u dade van redding.+

 6 Ek sal vir Jehovah sing, want hy het my ryklik beloon.+

Vir die musiekleier. Van Dawid.

14 Die dwaas sê in sy hart:

“Daar is geen Jehovah nie.”+

Hulle dade is korrup en hulle optrede is afskuwelik.

Nie een van hulle doen wat goed is nie.+

 2 Maar Jehovah kyk vanuit die hemel na die mense

om te sien of enigiemand insig het en of enigiemand Jehovah se leiding soek.+

 3 Hulle het almal afgedwaal,+

en hulle is almal goddeloos.

Niemand doen wat goed is nie,

nie eers een nie.

 4 Is daar nie eers een oortreder wat verstaan nie?

Hulle verslind my volk asof hulle brood eet.

Hulle roep Jehovah nie aan nie.

 5 Maar hulle sal met groot vrees vervul word,+

want Jehovah is met die geslag van die regverdiges.

 6 Julle, die oortreders, probeer om die planne van die hulpelose te laat misluk,

maar Jehovah is sy skuilplek.+

 7 O mag Israel se redding uit Sion kom!+

Wanneer Jehovah sy gevange volk weer terugbring,

laat Jakob bly wees, laat Israel vreugdevol wees.

’n Melodie van Dawid.

15 O Jehovah, wie mag ’n gas in u tent wees?

Wie mag op u heilige berg woon?+

 2 Die een wat ’n rein lewe lei,*+

wat doen wat reg is+

en wat in sy hart die waarheid praat.+

 3 Hy laster nie met sy tong nie,+

hy doen niks slegs aan sy naaste nie+

en hy praat nie sleg van sy vriende nie.+

 4 Hy verwerp enigiemand wat afstootlik is,+

maar hy eer dié wat Jehovah vrees.

Hy hou sy belofte,* selfs al is dit sleg vir hom.+

 5 Hy leen nie sy geld teen rente uit nie,+

en hy aanvaar nie ’n omkoopgeskenk teen die onskuldige nie.+

Die een wat hierdie dinge doen, sal altyd standvastig wees.*+

’n Miktam* van Dawid.

16 Beskerm my, o God, want ek het by u beskerming kom soek.+

 2 Ek het vir Jehovah gesê: “U is Jehovah, my Bron van goeie dinge.

 3 Die heiliges op die aarde,

die magtiges, bring vir my groot vreugde.”+

 4 Die mense wat ander gode volg, sal baie droefheid ondervind.+

Ek sal nooit hulle drankoffers van bloed uitgooi nie,

en my lippe sal ook nie hulle name noem nie.+

 5 Jehovah is my toegewese deel+ en my beker.+

U bewaar my erfdeel.

 6 Aangename plekke is vir my uitgemeet.

Ja, ek is baie tevrede met my erfdeel.+

 7 Ek sal Jehovah loof, wat vir my raad gegee het.+

Selfs in die nag wys my diepste gedagtes* my tereg.+

 8 Ek hou Jehovah heeltyd voor my.+

Omdat hy aan my regterhand is, sal ek altyd standvastig wees.*+

 9 Daarom is my hart bly en is my hele wese* vreugdevol.

En ek* woon in veiligheid.

10 Want u sal my* nie in die Graf* los nie.+

U sal nie toelaat dat u lojale kneg in die graf bly nie.*+

11 U maak die pad van die lewe aan my bekend.+

In u teenwoordigheid* is daar oorvloedige vreugde.+

Daar is geluk* aan u regterhand, vir ewig.

’n Gebed van Dawid.

17 Hoor my smeking om geregtigheid, o Jehovah.

Skenk aandag aan my geroep om hulp.

Luister na my gebed, wat in opregtheid gesê is.+

 2 Oordeel my asseblief in regverdigheid,+

en mag u oë sien wat reg is.

 3 U het my hart ondersoek, u het my in die nag ondersoek,+

u het my gesuiwer.+

U sal vind dat ek geen slegte planne beraam het nie,

en my mond het nie oortree nie.

 4 Maak nie saak wat mense doen nie,

ek bly by die woord van u lippe en vermy die paaie van die rower.+

 5 Laat my voetstappe op u spore bly,

sodat my voete nie sal struikel nie.+

 6 Ek roep u aan, want u sal my antwoord,+ o God.

Skenk aandag aan* my. Hoor my woorde.+

 7 Toon u lojale liefde op ’n wonderlike wyse,+

o Redder van dié wat by u regterhand beskerming soek

teen dié wat teen u in opstand kom.

 8 Bewaar my soos die appel van u oog.+

Steek my weg in die skaduwee van u vlerke.+

 9 Beskerm my teen die goddeloses wat my aanval,

teen my vyande wat my omsingel en my wil doodmaak.+

10 Hulle het ongevoelig geword,

en met hulle mond praat hulle hoogmoedig.

11 Nou omsingel hulle ons,+

en hulle wag vir ’n kans om ons ondergang te veroorsaak.*

12 Hy is soos ’n leeu wat gretig is om sy prooi te verskeur,

soos ’n jong leeu wat wegkruip en wag vir sy kans.

13 Staan op, o Jehovah, om hom teë te staan+ en hom op sy knieë te bring.

Red my van die goddelose met u swaard.

14 Red my met u hand, o Jehovah,

van mense van hierdie wêreld,* wie se deel in hierdie lewe is,+

dié wat u vul met die goeie dinge wat u voorsien+

en wat ’n erfdeel vir hulle baie kinders agterlaat.

15 Maar in regverdigheid sal ek u gesig sien.

Ek is tevrede om wakker te word in u teenwoordigheid.*+

Vir die musiekleier. Deur Jehovah se kneg Dawid, wat die woorde van hierdie lied aan Jehovah gerig het nadat Jehovah hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul. Hy het gesê:+

18 Ek is lief vir u, o Jehovah, my sterkte.+

 2 Jehovah is my groot rots en my vesting en die Een wat my red.+

My God is my rots,+ by wie ek beskerming soek,

my skild en my horing* van redding,* my veilige skuilplek.*+

 3 Ek roep Jehovah aan, wat verdien om geloof te word,

en ek sal van my vyande gered word.+

 4 Die toue van die dood was om my.+

Stortvloede van nikswerd mense het my baie bang gemaak.+

 5 Die toue van die Graf* was om my.

Ek het voor die strikke van die dood te staan gekom.+

 6 In my angstigheid het ek tot Jehovah geroep.

Ek het tot my God om hulp bly roep.

Vanuit sy tempel het hy my stem gehoor,+

en my geroep om hulp het sy ore bereik.+

 7 Toe het die aarde begin skud en bewe,+

en die fondamente van die berge het gebewe

en heen en weer geskud omdat hy woedend gemaak is.+

 8 Rook het uit sy neusgate gekom,

en ’n verterende vuur het by sy mond uitgekom.+

Gloeiende kole het uit hom voortgekom.

 9 Hy het die hemel laat buig terwyl hy neergedaal het,+

en daar was digte, donker wolke onder sy voete.+

10 Hy het op ’n gerub gery en aangevlieg gekom.+

Hy het afgevlieg op die vlerke van ’n gees.*+

11 Toe het hy homself met donkerte bedek,+

reg rondom hom as ’n skuiling,

donker waters en digte wolke.+

12 Uit die helderheid voor hom

het hael en brandende kole deur die wolke gebreek.

13 Toe het Jehovah se stem soos donderslae in die hemel gedreun.+

Die Allerhoogste het sy stem laat hoor+

met haelstene en brandende kole.

14 Hy het sy pyle geskiet en my vyande verstrooi.+

Hy het sy weerligstrale gegooi en hulle verwar.+

15 Die stroombeddings* het sigbaar geword.+

Die fondamente van die land is deur u straf blootgelê, o Jehovah,

deur die geblaas van die asem van u neusgate.+

16 Hy het sy hand vanuit die hoogte uitgestrek.

Hy het my gegryp en my uit diep waters getrek.+

17 Hy het my van my sterk vyand gered,+

van dié wat my haat, wat sterker was as ek.+

18 Hulle het my teëgestaan op die dag van my rampspoed,+

maar Jehovah het my ondersteun.

19 Hy het my na ’n veilige plek* uitgebring.

Hy het my gered omdat ek sy goedkeuring geniet.+

20 Jehovah beloon my volgens my regverdigheid.+

Hy vergoed my volgens die onskuld* van my hande.+

21 Want ek het die weë van Jehovah gevolg,

en ek het nie goddeloos opgetree deur my God te verlaat nie.

22 Al sy oordele is voor my.

Ek sal sy wetsbepalings nie ignoreer nie.

23 Ek sal ’n rein lewe voor hom lei,*+

en ek sal oortreding vermy.+

24 Mag Jehovah my beloon volgens my regverdigheid,+

volgens die onskuld van my hande voor hom.+

25 Aan iemand wat lojaal is, is u lojaal.+

Aan iemand wat getrou* is, is u getrou.*+

26 Vir die een wat rein is, toon u dat u rein is,+

maar deur die een wat bedrieglik is, word u nie bedrieg nie.+

27 En u red die nederiges,*+

maar u verneder die hoogmoediges.*+

28 O Jehovah, u is die Een wat my lamp aansteek,

my God wat my duisternis lig maak.+

29 Met u hulp kan ek ’n rowerbende bestorm,+

en deur God se krag kan ek teen ’n muur opklim.+

30 Die weg van die ware God is volmaak,+

en die woord van Jehovah is suiwer.+

Hy is ’n skild vir almal wat beskerming by hom kom soek.+

31 Want wie is God buiten Jehovah?+

En wie is ’n rots behalwe ons God?+

32 Die ware God is die Een wat my krag gee,+

en hy sal sorg dat my weg volmaak is.+

33 Hy maak my voete soos dié van ’n takbok.

Hy laat my op hoë plekke staan.+

34 Hy leer my hande om oorlog te voer,

en my arms kan ’n boog van koper span.

35 U gee my u skild van redding,+

u regterhand ondersteun my,

en u nederigheid maak my groot.+

36 U maak die pad vir my voetstappe breër,

en my voete* sal nie gly nie.+

37 Ek sal my vyande agternasit en hulle inhaal.

Ek sal nie terugkeer totdat hulle vernietig is nie.

38 Ek sal hulle verpletter sodat hulle nie kan opstaan nie,+

en hulle sal onder my voete val.

39 U sal my krag gee vir die geveg,

en u sal my vyande onder my laat inmekaarsak.+

40 U sal my vyande van my af laat terugtrek,*

en ek sal ’n einde maak aan dié wat my haat.*+

41 Hulle roep om hulp, maar daar is niemand om hulle te red nie.

Hulle roep selfs tot Jehovah, maar hy antwoord hulle nie.

42 Ek sal hulle so fyn stamp soos stof in die wind.

Ek sal hulle uitgooi soos modder in die strate.

43 U sal my red van die foutvindery van die volk.+

U sal my as hoof van nasies aanstel.+

’n Volk wat ek nie geken het nie, sal my dien.+

44 Weens ’n blote berig sal hulle aan my gehoorsaam wees,

en uitlanders sal voor my kruip.+

45 Uitlanders sal moed verloor,*

en hulle sal bewend uit hulle vestings kom.

46 Jehovah lewe! Mag my Rots geloof word!+

Laat die God van my redding verheerlik word.+

47 Die ware God neem wraak vir my.+

Hy onderwerp die volke onder my.

48 Hy red my van my woedende vyande.

U lig my hoog bo dié wat my aanval,+

en u red my van die man van geweld.

49 Daarom sal ek u verheerlik onder die nasies, o Jehovah,+

en ek sal liedere sing* om u naam te loof.+

50 Hy verrig groot reddingsdade* vir sy koning.+

Hy betoon lojale liefde aan sy gesalfde,+

aan Dawid en sy nageslag,* vir ewig.+

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.

19 Die hemele maak die heerlikheid van God bekend.+

Die hemelruim* verkondig die werk van sy hande.+

 2 Dag ná dag borrel hulle spraak uit,

en nag ná nag openbaar hulle kennis.

 3 Daar is geen spraak en daar is geen woorde nie.

Hulle stem word nie gehoor nie.

 4 Maar hulle geluid* het oor die hele aarde uitgegaan,

en hulle boodskap tot aan die eindes van die aarde.*+

In die hemel het hy ’n tent vir die son opgeslaan.

 5 Dit is soos ’n bruidegom wat uit die bruidskamer kom.

Dit is vol vreugde, soos ’n sterk man wat in ’n wedloop hardloop.

 6 Dit kom op aan die een einde van die hemel

en dit gaan oor na die ander einde daarvan,+

en niks kan die hitte daarvan ontsnap nie.

 7 Die wet van Jehovah is volmaak.+ Dit gee nuwe krag.*+

Die herinnering van Jehovah is betroubaar.+ Dit maak die onervarene wys.+

 8 Die bevele van Jehovah is regverdig. Dit maak die hart bly.+

Die gebod van Jehovah is rein. Dit laat die oë straal.+

 9 Die vrees vir Jehovah+ is suiwer. Dit bly vir ewig.

Die oordele van Jehovah is waar. Dit is heeltemal regverdig.+

10 Dit is begeerliker as goud,

as ’n groot hoeveelheid suiwer* goud,+

en soeter as heuning+ wat uit die heuningkoeke drup.

11 U kneg is daardeur gewaarsku.+

Wanneer ’n mens dit gehoorsaam, is daar ’n groot beloning.+

12 Wie kan sy eie foute raaksien?+

Verklaar my onskuldig van sondes waarvan ek nie bewus is nie.

13 En hou u kneg terug van vermetele* dade.+

Moenie toelaat dat dit my oorheers nie.+

Dan sal ek volkome wees+

en nie aan ernstige sondes* skuldig wees nie.

14 Mag die woorde van my mond en die bepeinsing van my hart

aangenaam wees vir u,+ o Jehovah, my Rots+ en my Verlosser.+

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.

20 Mag Jehovah jou antwoord in die dag van angs.

Mag die naam van die God van Jakob jou beskerm.+

 2 Mag hy vir jou hulp stuur uit die heiligdom+

en jou ondersteun vanuit Sion.+

 3 Mag hy al jou offergawes onthou.

Mag hy jou brandoffer goedkeur en aanvaar.* (Sela)

 4 Mag hy jou die begeertes van jou hart gee+

en al jou planne* suksesvol maak.

 5 Ons sal van vreugde uitroep as gevolg van u reddingsdade.+

Ons sal ons baniere in die naam van ons God hoog hou.+

Mag Jehovah al jou versoeke vervul.

 6 Nou weet ek dat Jehovah sy gesalfde red.+

Hy antwoord hom vanuit sy heilige hemel

met groot reddingsdade* deur sy regterhand.+

 7 Party vertrou op strydwaens en ander op perde,+

maar ons roep die naam van Jehovah ons God aan.+

 8 Hulle het inmekaargestort en geval,

maar ons het opgestaan en is herstel.+

 9 O Jehovah, red tog die koning!+

Hy sal ons antwoord op die dag dat ons om hulp roep.+

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.

21 O Jehovah, die koning is bly as gevolg van u krag.+

Hoe bly is hy tog oor u reddingsdade!+

 2 U het hom die begeerte van sy hart gegee,+

en u het nie die versoek van sy lippe geweier nie. (Sela)

 3 Want u kom hom tegemoet met ryk seëninge.

U sit ’n kroon van suiwer* goud op sy kop.+

 4 Hy het u vir lewe gevra, en u het dit vir hom gegee,+

’n lang lewe,* vir ewig en altyd.

 5 U reddingsdade bring vir hom groot heerlikheid.+

Waardigheid en prag gee u vir hom.

 6 U maak hom vir ewig geseënd.+

U maak hom bly met die vreugde van u teenwoordigheid.+

 7 Want die koning vertrou op Jehovah.+

As gevolg van die lojale liefde van die Allerhoogste sal hy altyd standvastig wees.*+

 8 U hand sal al u vyande vind.

U regterhand sal u haters vind.

 9 U sal hulle soos ’n vuuroond maak op die vasgestelde tyd wanneer u u aandag op hulle rig.

Jehovah sal hulle in sy woede vernietig, en vuur sal hulle verteer.+

10 U sal hulle nakomelinge* van die aarde af vernietig,

en hulle nageslag onder die mense uit.

11 Want hulle wou aan u doen wat sleg is.+

Hulle het planne beraam wat nie suksesvol sal wees nie.+

12 Want u sal hulle laat terugtrek+

deur u boog* op hulle te mik.

13 Staan op, o Jehovah, in u krag.

Ons sal lofliedere sing* tot die eer van u mag.

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die takbokooi van die dagbreek”.* ’n Melodie van Dawid.

22 My God, my God, waarom het u my verlaat?+

Waarom is u ver weg wanneer ek redding nodig het,

ver weg wanneer ek in pyn uitroep?+

 2 My God, ek bly roep deur die dag, en u antwoord nie,+

en in die nag bly ek nie stil nie.

 3 Maar u is heilig,+

omring deur* die lofliedere van Israel.

 4 Op u het ons vaders vertrou.+

Hulle het vertrou, en u het hulle bly red.+

 5 Hulle het tot u geroep, en hulle is gered.

Hulle het op u vertrou, en hulle is nie teleurgestel nie.+

 6 Maar ek is ’n wurm en nie ’n man nie,

iemand wat deur mense bespot word* en op wie die volk neersien.+

 7 Almal wat my sien, spot my.+

Hulle skud hulle kop terwyl hulle met my spot en sê:+

 8 “Hy het hom aan Jehovah toevertrou. Laat Hy hom verlos!

Laat Hy hom red as Hy so lief is vir hom!”+

 9 U was die Een wat my uit die baarmoeder gebring het,+

die Een wat my veilig laat voel het aan die borste van my moeder.

10 Ek is van geboorte af in u sorg geplaas,*

van die baarmoeder af is u my God.

11 Moenie ver van my af bly nie, want moeilikheid is naby,+

en ek het geen ander helper nie.+

12 Baie jong bulle omsingel my.+

Kragtige bulle van Basan omring my.+

13 Hulle maak hulle mond wyd oop teen my,+

soos ’n brullende leeu wat sy prooi verskeur.+

14 Ek is uitgegooi soos water,

en al my bene is uit lit uit.

My hart het soos was geword,+

en dit smelt diep binne-in my.+

15 My krag het opgedroog soos ’n gebreekte kleipot.+

My tong sit aan my verhemelte vas.+

U bring my af tot in die stof van die dood.+

16 Want honde omsingel my.+

Hulle omring my soos ’n groep misdadigers.+

Soos ’n leeu byt hulle my hande en voete.+

17 Ek kan al my bene tel.+

Hulle kyk en staar na my.

18 Hulle verdeel my klere onder mekaar,

en hulle werp die lot oor my klere.+

19 Maar u, o Jehovah, moenie ver weg bly nie.+

U is my sterkte. Kom tog gou en help my.+

20 Red my van die swaard,

my kosbare lewe* uit die pote* van honde.+

21 Red my uit die bek van die leeu+ en van die horings van wilde bulle.

Antwoord my en red my.

22 Ek sal u naam aan my broers bekend maak.+

Ek sal u in die gemeente loof.+

23 Julle wat Jehovah vrees, loof hom!

Julle almal van die nageslag* van Jakob, verheerlik hom!+

Wees vervul met ontsag vir hom, julle almal van die nageslag* van Israel.

24 Want hy het nie die lyding van die onderdrukte geïgnoreer of sy oë daarvoor toegemaak nie.+

Hy het nie sy gesig van hom af weggedraai nie.+

Toe hy tot hom om hulp geroep het, het hy gehoor.+

25 Ek sal u loof in die groot gemeente.+

Ek sal my geloftes betaal voor dié wat hom vrees.

26 Die nederiges sal eet en versadig word.+

Dié wat Jehovah dien,* sal hom loof.+

Mag julle* vir ewig lewe.

27 Die hele aarde sal Jehovah onthou en na hom terugkeer.

Al die families van die nasies sal voor u neerbuig.+

28 Want die koningskap behoort aan Jehovah.+

Hy regeer oor die nasies.

29 Al die voorspoediges* van die aarde sal eet en neerbuig.

Almal wat na die stof afgaan, sal voor hom kniel.

Nie een van hulle kan hulle lewe red nie.

30 Hulle nakomelinge* sal hom dien.

Die geslag wat kom, sal van Jehovah vertel word.

31 Hulle sal kom en van sy regverdigheid praat.

Hulle sal die mense wat nog gebore moet word, vertel wat hy gedoen het.

’n Melodie van Dawid.

23 Jehovah is my Herder.+

Ek sal niks kortkom nie.+

 2 In groen weivelde laat hy my neerlê.

Na rusplekke waar daar baie water is,* lei hy my.+

 3 Hy gee my nuwe krag.+

Hy lei my op die paaie* van regverdigheid ter wille van sy naam.+

 4 Al loop ek in die vallei van diep skaduwee,+

is ek nie bang vir enige gevaar nie,+

want u is met my.+

U stok en u staf stel my gerus.*

 5 U dek vir my ’n tafel voor my vyande.+

U verfris* my kop met olie.+

My beker is heeltemal vol.+

 6 Goedheid en lojale liefde sal my beslis al die dae van my lewe volg,+

en ek sal my hele lewe lank in die huis van Jehovah woon.+

Van Dawid. ’n Melodie.

24 Aan Jehovah behoort die aarde en alles daarop,+

die vrugbare land en dié wat daarop woon.

 2 Want hy het dit gegrondves op die seë+

en dit stewig gevestig op die riviere.

 3 Wie mag na die berg van Jehovah opgaan,+

en wie mag in sy heiligdom opstaan?

 4 Enigiemand met onskuldige hande en ’n suiwer hart,+

wat nie by My lewe* ’n valse eed afgelê het

of ’n eed afgelê het met die doel om te bedrieg nie.+

 5 Hy sal seëninge van Jehovah ontvang,+

en regverdigheid* van sy God van redding.+

 6 Dit is die geslag van dié wat hom dien,*

van dié wat u goedkeuring soek, o God van Jakob. (Sela)

 7 Lig op julle koppe, o poorte.+

Maak oop, o eeue oue ingange,

sodat die glorieryke Koning kan ingaan!+

 8 Wie is hierdie glorieryke Koning?

Jehovah, sterk en magtig,+

Jehovah, magtig in die geveg.+

 9 Lig op julle koppe, o poorte.+

Maak oop, o eeue oue ingange,

sodat die glorieryke Koning kan ingaan!

10 Wie is hy, hierdie glorieryke Koning?

Jehovah van die leërmagte – hy is die glorieryke Koning.+ (Sela)

Van Dawid.

א [Alef]

25 O Jehovah, ek rig my tot u.

ב [Bet]

 2 My God, ek vertrou op u.+

Moenie toelaat dat ek verneder word nie.+

Moenie toelaat dat my vyande lekker kry as gevolg van my rampspoed nie.+

ג [Gimel]

 3 Niemand wat op u hoop, sal ooit verneder word nie.+

Maar skande wag op dié wat sonder rede bedrieglik is.+

ד [Dalet]

 4 Maak u weë aan my bekend, o Jehovah.+

Leer my u paaie.+

ה [He]

 5 Laat my u weg van waarheid volg en leer my,+

want u is my God van redding.

ו [Waw]

Op u hoop ek die hele dag.

ז [Zajin]

 6 Onthou u genade, o Jehovah, en u lojale liefde,+

wat u nog altyd betoon het.*+

ח [Get]

 7 Moenie die sondes van my jong dae en my oortredings onthou nie.

Onthou my in ooreenstemming met u lojale liefde,+

ter wille van u goedheid, o Jehovah.+

ט [Tet]

 8 Jehovah is goed en regverdig.+

Daarom leer hy sondaars hoe om te lewe.+

י [Jod]

 9 Hy sal die nederiges lei in wat reg is,*+

en hy sal die nederiges sy weg leer.+

כ [Kaf]

10 Al die paaie van Jehovah is lojale liefde en getrouheid

vir dié wat sy verbond hou+ en sy herinneringe gehoorsaam.+

ל [Lamed]

11 Ter wille van u naam, o Jehovah,+

vergewe tog my oortreding, al is dit groot.

מ [Mem]

12 Wie is die man wat Jehovah vrees?+

Hy sal hom leer watter weg hy moet kies.+

נ [Noen]

13 Hy sal ondervind wat goed is,+

en sy nakomelinge* sal die aarde in besit neem.+

ס [Samek]

14 Hegte vriendskap met Jehovah behoort aan dié wat hom vrees,+

en hy maak sy verbond aan hulle bekend.+

ע [Ajin]

15 My oë is altyd op Jehovah,+

want hy sal my voete uit die net bevry.+

פ [Pe]

16 Draai u gesig na my toe en wees genadig teenoor my,

want ek is alleen en hulpeloos.

צ [Tsade]

17 Die angs in my hart het erger geword.+

Bevry my van my angs.

ר [Resj]

18 Sien hoe ek swaarkry en watter probleme ek ondervind,+

en vergewe al my sondes.+

19 Kyk hoe baie vyande het ek

en hoe intens hulle my haat.

ש [Sjin]

20 Bewaar my lewe en red my.+

Moenie toelaat dat ek verneder word nie, want ek het beskerming by u kom soek.

ת [Taw]

21 Laat integriteit* en getrouheid my bewaar,+

want ek hoop op u.+

22 O God, red* Israel uit al sy moeilikhede.

Van Dawid.

26 Oordeel my, o Jehovah, want ek het ’n weg van integriteit* gevolg.+

Ek het op Jehovah vertrou sonder om te twyfel.+

 2 Ondersoek my, o Jehovah, en toets my.

Suiwer my diepste gedagtes* en my hart.+

 3 Want u lojale liefde is altyd voor my,

en ek volg die weg van u waarheid.+

 4 Ek assosieer nie met* bedrieglike mense nie,+

en ek vermy mense wat wegsteek wat hulle is.*

 5 Ek haat die geselskap van slegte mense,+

en ek weier om te assosieer met* die goddeloses.+

 6 Ek sal my hande in onskuld was,

en ek sal om u altaar loop, o Jehovah,

 7 om die geluid van danksegging te laat hoor,+

en om al u wonderlike werke bekend te maak.

 8 Jehovah, ek is lief vir die huis waar u woon,+

die plek waar u heerlikheid is.+

 9 Moet my nie saam met sondaars wegvee+

of my lewe wegneem saam met gewelddadige* mense nie.

10 Hulle hande doen skandelike dinge,

en hulle regterhand is vol omkoopgeskenke.

11 Maar wat my betref, ek sal ’n weg van integriteit* volg.

Red* my en wees genadig teenoor my.

12 My voet staan op vaste grond.+

In die groot gemeente* sal ek Jehovah loof.+

Van Dawid.

27 Jehovah is my lig+ en my redding.

Vir wie moet ek bang wees?+

Jehovah is die vesting van my lewe.+

Wie moet ek vrees?

 2 Toe goddelose mense my aangeval het om my vlees te verslind,+

was dit my teenstanders en my vyande wat gestruikel en geval het.

 3 Al slaan ’n leërmag kamp op rondom my,

sal my hart nie vrees nie.+

Al breek oorlog teen my uit,

sal ek selfs dan vol vertroue bly.

 4 Een ding het ek van Jehovah gevra

– dit is wat ek graag wil hê –

dat ek al die dae van my lewe in die huis van Jehovah mag woon,+

om die lieflikheid van Jehovah te sien

en met waardering na sy tempel te kyk.*+

 5 Want hy sal my in die dag van rampspoed in sy skuilplek wegsteek.+

Hy sal my wegsteek in die geheime plek van sy tent.+

Hoog op ’n rots sal hy my plaas.+

 6 Nou is my kop hoog bo my vyande wat my omsingel.

Ek sal in sy tent offerandes bring en van vreugde uitroep.

Ek sal lofliedere sing* vir Jehovah.

 7 Hoor my, o Jehovah, wanneer ek roep.+

Wees genadig teenoor my en antwoord my.+

 8 My hart het namens u gepraat en gesê:

“Soek my goedkeuring.”

U goedkeuring, o Jehovah, sal ek soek.+

 9 Moenie u gesig van my af wegdraai nie.+

Moenie u kneg in u woede wegwys nie.

U is my helper.+

Moenie my verstoot of verlaat nie, my God van redding.

10 Selfs al verlaat my eie pa en ma my,+

sal Jehovah my inneem.+

11 Onderrig my in u weg, o Jehovah.+

Lei my op die pad van regverdigheid as gevolg van my vyande.

12 Moenie my oorlewer aan my vyande nie,+

want valse getuies het teen my opgestaan,+

en hulle dreig my met geweld.

13 Waar sou ek wees as ek nie geloof gehad het

dat ek Jehovah se goedheid in die land van die lewendes sal sien nie?*+

14 Hoop op Jehovah.+

Wees moedig en sterk van hart.+

Ja, hoop op Jehovah.

Van Dawid.

28 Ek bly tot u roep, o Jehovah my Rots.+

Luister tog na my.

As u my nie antwoord nie,

sal ek word soos dié wat na die graf afgaan.+

 2 Hoor my smekinge wanneer ek tot u om hulp roep

en my hande oplig na die binneste vertrek van u heiligdom.+

 3 Moenie my wegsleep saam met die goddeloses, saam met dié wat skadelike dinge beoefen nie,+

dié wat op ’n vreedsame manier met hulle medemens praat terwyl daar goddeloosheid in hulle hart is.+

 4 Betaal hulle terug vir hulle dade,+

volgens hulle goddelose gewoontes.

Betaal hulle terug vir die werk van hulle hande,

volgens wat hulle gedoen het.+

 5 Want hulle skenk geen aandag aan die bedrywighede van Jehovah+

of aan die werk van sy hande nie.+

Hy sal hulle afbreek en hulle nie opbou nie.

 6 Mag Jehovah geloof word,

want hy het my smekinge om hulp gehoor.

 7 Jehovah is my sterkte+ en my skild.+

My hart vertrou op hom.+

Ek het sy hulp ontvang, en my hart is baie bly.

Daarom sal ek hom loof met my lied.

 8 Jehovah is ’n sterkte vir sy volk.

Hy is ’n vesting wat groot reddingsdade vir sy gesalfde verrig.+

 9 Red u volk, en seën u erfdeel.+

Wees vir hulle ’n herder en dra hulle vir ewig in u arms.+

’n Melodie van Dawid.

29 Gee Jehovah wat hy verdien, o seuns van die magtiges,

gee Jehovah wat hy verdien weens sy heerlikheid en krag.+

 2 Gee Jehovah die eer wat sy naam verdien.

Buig voor Jehovah neer* in heilige klere.*

 3 Die stem van Jehovah word oor die waters gehoor.

Die stem van die glorieryke God dreun soos donderslae.+

Jehovah is oor baie waters.+

 4 Die stem van Jehovah is kragtig.+

Die stem van Jehovah is glorieryk.

 5 Die stem van Jehovah breek die sederbome.

Ja, Jehovah vernietig die sederbome van die Liʹbanon.+

 6 Hy laat die Liʹbanon-berge rondhuppel soos ’n kalf,

en Sirjon+ soos ’n jong wilde bul.

 7 Die stem van Jehovah laat vuurvlamme uitskiet.+

 8 Die stem van Jehovah laat die wildernis bewe.+

Jehovah laat die wildernis van Kades+ sidder.

 9 Die stem van Jehovah laat die takbokke bewe en geboorte gee,

en dit stroop die woude kaal.+

En almal in sy tempel sê: “Heerlikheid aan God!”

10 Jehovah sit op sy troon bo die vloedwaters.*+

Jehovah sit vir ewig as Koning op sy troon.+

11 Jehovah sal vir sy volk krag gee.+

Jehovah sal sy volk met vrede seën.+

’n Melodie. ’n Lied vir die inwyding van die huis. Van Dawid.

30 Ek sal u verheerlik, o Jehovah, want u het my opgelig.*

U het my vyande nie toegelaat om oor my bly te wees nie.+

 2 O Jehovah my God, ek het tot u om hulp geroep, en u het my gesond gemaak.+

 3 O Jehovah, u het my uit die Graf* opgelig.+

U het my aan die lewe gehou. U het gekeer dat ek na die graf afgaan.+

 4 Sing lofliedere* vir Jehovah, o julle wat lojaal is aan hom,+

loof sy heilige naam.*+

 5 Want sy woede is net vir ’n oomblik,+

maar sy goedkeuring is lewenslank.+

Dalk word daar in die aand gehuil, maar in die oggend is daar ’n uitroep van vreugde.+

 6 Toe ek nie sorge gehad het nie, het ek gesê:

“Ek sal altyd standvastig wees.”*

 7 O Jehovah, toe ek u goedkeuring geniet het, het u my so sterk soos ’n berg gemaak.+

Maar toe u u gesig weggedraai het, het ek baie bang geword.+

 8 Ek het tot u bly roep, o Jehovah,+

en ek het Jehovah bly smeek om my sy goedkeuring te gee.

 9 Watter voordeel is daar as ek doodgaan,* as ek na die graf afgaan?+

Sal die stof u loof?+ Sal dit van u getrouheid praat?+

10 Hoor, o Jehovah, en wees genadig teenoor my.+

O Jehovah, word my helper.+

11 U het my getreur in gedans verander.

U het my saklinne uitgetrek en my met blydskap beklee,

12 sodat ek* kan sing om u te loof en nie sal stilbly nie.

O Jehovah my God, ek sal u vir ewig loof.

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.

31 By u, o Jehovah, het ek beskerming kom soek.+

Mag ek nooit verneder word nie.+

Red my weens u regverdigheid.+

 2 Skenk aandag aan* my.

Kom gou en red my.+

Word vir my ’n bergvesting,

’n versterkte plek om my te red.+

 3 Want u is my groot rots en my vesting,+

en u sal my lei en my rig ter wille van u naam.+

 4 U sal my bevry uit die net wat hulle in die geheim vir my gestel het,+

want u is my vesting.+

 5 In u hand gee ek my gees oor.+

U het my verlos, o Jehovah, die God van waarheid.*+

 6 Ek haat dié wat waardelose, nuttelose afgode vereer,

maar wat my betref, ek vertrou op Jehovah.

 7 Ek sal vreugdevol wees oor u lojale liefde,

want u het gesien hoe ek swaarkry.+

U is bewus van my groot angs.

 8 U het my nie aan die vyand oorgelewer nie,

maar u laat my op ’n veilige plek* staan.

 9 Wees genadig teenoor my, o Jehovah, want ek is in groot moeilikheid.

My angs het my oë sowel as my hele liggaam* swak laat word.+

10 My lewe word deur droefheid verslind,+

en my jare deur ’n gekreun.+

My krag word al hoe minder as gevolg van my oortreding,

en al my bene word swak.+

11 Al my vyande bespot my,+

veral my bure.

Mense wat my ken, is bang vir my.

Wanneer hulle my in die openbaar sien, vlug hulle weg van my af.+

12 Ek is nie meer in hulle hart* nie, en hulle het van my vergeet, asof ek dood is.

Ek is soos ’n stukkende houer.

13 Ek het talle slegte gerugte gehoor,

en vrees omring my.+

Wanneer hulle soos een man teen my saamspan,

beraam hulle planne om my dood te maak.+

14 Maar ek vertrou op u, o Jehovah.+

Ek sê: “U is my God.”+

15 My dae* is in u hand.

Red my uit die hand van my vyande en van dié wat my vervolg.+

16 Betoon goedheid aan u kneg.+

Red my deur u lojale liefde.

17 O Jehovah, moenie toelaat dat ek verneder word wanneer ek tot u roep nie.+

Laat die goddeloses verneder word.+

Laat hulle in die Graf* stilgemaak word.+

18 Laat valse lippe stom word,+

lippe wat hoogmoedig teen die regverdiges praat en hulle bespot.

19 Hoe oorvloedig is u goedheid tog!+

U het dit as ’n skat bewaar vir dié wat u vrees,+

en u het dit voor alle mense getoon ter wille van dié wat beskerming by u kom soek.+

20 U sal hulle beskerm in die geheime plek van u teenwoordigheid+

teen die slinkse planne van mense.

U sal hulle in u skuilplek wegsteek

om hulle te beskerm wanneer hulle met woorde aangeval word.*+

21 Mag Jehovah geloof word,

want hy het op ’n wonderlike wyse sy lojale liefde aan my betoon+ in ’n stad wat omsingel is.+

22 Ek het paniekerig geraak en gesê:

“Ek sal voor u sterf.”+

Maar u het my smekinge om hulp gehoor toe ek tot u geroep het.+

23 Wees lief vir Jehovah, almal van julle wat lojaal is aan hom!+

Jehovah beskerm die getroues,+

maar enigiemand wat hoogmoedig is, straf hy swaar.+

24 Wees moedig, en mag julle hart sterk wees,+

julle almal wat op Jehovah wag.+

Van Dawid. Maskil.*

32 Gelukkig is die een wie se oortreding vergewe word, wie se sonde bedek* word.+

 2 Gelukkig is die mens wat nie deur Jehovah verantwoordelik gehou word vir sy skuld nie+

en wat nie bedrieglik is nie.

 3 Toe ek stilgebly het, het al my bene weggeteer as gevolg van my gekreun die hele dag lank.+

 4 Want dag en nag was u hand swaar op my.*+

My krag het opgedroog* soos water in die droë somerhitte. (Sela)

 5 Uiteindelik het ek my sonde aan u bely.

Ek het my oortreding nie weggesteek nie.+

Ek het gesê: “Ek sal my oortreding aan Jehovah bely.”+

En u het die oortreding van my sondes vergewe.+ (Sela)

 6 Daarom sal elke lojale persoon tot u bid+

terwyl u nog gevind kan word.+

Dan sal selfs die vloedwaters hom nie bereik nie.

 7 U is ’n skuilplek vir my.

U sal my beskerm teen groot moeilikheid.+

U sal my omring met vreugdevolle uitroepe van redding.+ (Sela)

 8 “Ek sal jou insig gee en jou die weg wys wat jy moet volg.+

Ek sal jou raad gee met my oog op jou.+

 9 Moenie soos ’n perd of ’n muil sonder verstand word nie,+

wie se vurigheid met ’n toom of ’n halter beheer moet word

voordat hy naby jou sal kom nie.”

10 Die goddelose het baie pyne,

maar die een wat op Jehovah vertrou, word deur Sy lojale liefde omring.+

11 Vind vreugde in Jehovah en wees bly, o regverdiges.

Roep uit van vreugde, julle almal wat opreg van hart is.

33 Roep uit van vreugde, o regverdiges, as gevolg van Jehovah.+

Dit is gepas dat dié wat reg lewe, hom loof.

 2 Loof Jehovah met die harp.

Sing lofliedere* vir hom met ’n tiensnarige instrument.

 3 Sing vir hom ’n nuwe lied.+

Speel met vaardigheid op die snaarinstrumente en roep uit van vreugde.

 4 Want die woord van Jehovah is reg,+

en alles wat hy doen, is betroubaar.

 5 Hy is lief vir regverdigheid en geregtigheid.+

Die aarde is gevul met Jehovah se lojale liefde.+

 6 Deur die woord van Jehovah is die hemel gemaak,+

en alles daarin* deur die gees* van sy mond.

 7 Hy maak die seewaters soos ’n dam bymekaar.+

Hy sit die onstuimige waters in stoorkamers.

 8 Laat die hele aarde Jehovah vrees.+

Laat die inwoners van die vrugbare land ontsag vir hom hê.

 9 Want hy het gepraat, en dit was so.+

Hy het die bevel gegee, en dit het stewig gestaan.+

10 Jehovah het die planne* van die nasies op niks laat uitloop.+

Hy het die planne* van die volke laat misluk.+

11 Maar die besluite* van Jehovah sal vir ewig bly staan.+

Die gedagtes van sy hart is van geslag tot geslag.

12 Gelukkig is die nasie wie se God Jehovah is,+

die volk wat hy as sy eie besitting gekies het.+

13 Jehovah kyk af vanuit die hemel.

Hy sien al die mense.+

14 Vanuit sy woonplek

kyk hy aandagtig na die inwoners van die aarde.

15 Hy is die Een wat almal se harte vorm.

Hy ondersoek al hulle werke.+

16 Geen koning word deur ’n groot leërmag gered nie.+

’n Magtige man word nie deur sy groot krag gered nie.+

17 Die perd is ’n valse hoop op redding,*+

en sy groot krag verseker nie dat ’n mens sal wegkom nie.

18 Kyk! Die oog van Jehovah waak oor dié wat hom vrees,+

dié wat op sy lojale liefde wag,

19 om hulle van die dood te red,

en om hulle tydens hongersnood aan die lewe te hou.+

20 Ons wag op Jehovah.

Hy is ons helper en ons skild.+

21 Ons harte is bly danksy hom,

want ons vertrou op sy heilige naam.+

22 Mag u lojale liefde op ons rus, o Jehovah,+

terwyl ons vir u bly wag.+

Van Dawid, toe hy voor Abimeʹleg gemaak het asof hy mal is+ en toe weggegaan het nadat Abimeʹleg hom weggejaag het.

א [Alef]

34 Ek sal Jehovah altyd loof.

Sy lof sal heeltyd op my lippe wees.

ב [Bet]

 2 Ek sal spog oor Jehovah.+

Die nederiges sal hoor en sal bly wees.

ג [Gimel]

 3 Verheerlik Jehovah saam met my.+

Laat ons sy naam saam verheerlik.

ד [Dalet]

 4 Ek het Jehovah vir leiding gevra, en hy het my geantwoord.+

Hy het my van al my vrese gered.+

ה [He]

 5 Die gesigte van dié wat op hom vertrou het, het gestraal van vreugde.

Hulle kan nie teleurgestel word nie.

ז [Zajin]

 6 Hierdie hulpelose man het geroep, en Jehovah het gehoor.

Hy het hom gered uit al sy moeilikhede.+

ח [Get]

 7 Die engel van Jehovah slaan kamp op rondom dié wat Hom vrees,+

en hy red hulle.+

ט [Tet]

 8 Kom ondervind* en sien self dat Jehovah goed is.+

Gelukkig is die man wat by hom beskerming soek.

י [Jod]

 9 Vrees Jehovah, al sy heiliges,

want dié wat hom vrees, kom niks kort nie.+

כ [Kaf]

10 Selfs sterk jong leeus* het begin honger ly,

maar dié wat Jehovah dien,* sal niks goeds kortkom nie.+

ל [Lamed]

11 Kom, my seuns, luister na my.

Ek sal julle die vrees vir Jehovah leer.+

מ [Mem]

12 Wie van julle is lief vir die lewe

en wil graag baie dae hê om goeie dinge te geniet?+

נ [Noen]

13 Hou dan jou tong weg van wat sleg is,+

en jou lippe van bedrog.+

ס [Samek]

14 Draai weg van wat sleg is en doen wat goed is.+

Soek vrede en streef dit na.+

ע [Ajin]

15 Die oë van Jehovah is op die regverdiges,+

en sy ore luister na hulle geroep om hulp.+

פ [Pe]

16 Maar Jehovah* is teen dié wat slegte dinge doen,

om alle herinnering van hulle van die aarde af uit te wis.+

צ [Tsade]

17 Hulle het geroep, en Jehovah het gehoor.+

Hy het hulle uit al hulle moeilikhede gered.+

ק [Kof]

18 Jehovah is naby dié wie se hart gebreek is.+

Hy red dié wat mismoedig is.*+

ר [Resj]

19 Die regverdige het baie probleme,*+

maar Jehovah red hom van dit alles.+

ש [Sjin]

20 Hy bewaar al sy bene,

en nie een van hulle is gebreek nie.+

ת [Taw]

21 Rampspoed sal die goddelose doodmaak.

Dié wat die regverdige haat, sal skuldig bevind word.

22 Jehovah red die lewe van sy knegte.

Nie een van dié wat beskerming by hom soek, sal skuldig bevind word nie.+

Van Dawid.

35 O Jehovah, verdedig my saak teen my vyande.+

Veg teen dié wat teen my veg.+

 2 Neem u klein skild* en u groot skild,+

en staan op om my te verdedig.+

 3 Lig u spies en oorlogsbyl* op teen dié wat my agternasit.+

Sê vir my: “Ek is jou redding.”+

 4 Mag dié wat my wil doodmaak, skaam kry en verneder word.+

Mag dié wat planne beraam om my te vernietig, in skande terugtrek.

 5 Mag hulle soos kaf in die wind word.

Mag Jehovah se engel hulle wegdryf.+

 6 Mag hulle pad donker en glibberig wees

terwyl Jehovah se engel hulle agternasit.

 7 Want sonder rede het hulle ’n net gestel om my te vang.

Sonder rede het hulle ’n put vir my gegrawe.

 8 Mag rampspoed onverwags oor hom kom.

Mag hy gevang word in die net wat hy gespan het.

Mag hy daarin val en vernietig word.+

 9 Maar ek sal vreugdevol wees as gevolg van Jehovah.

Ek sal bly wees oor sy reddingsdade.

10 My hele wese sal sê:

“O Jehovah, wie is soos u?

U red die hulpeloses van dié wat sterker is as hulle,+

die hulpeloses en die armes van dié wat hulle beroof.”+

11 Getuies met slegte bedoelings kom na vore,+

en hulle vra my dinge waarvan ek niks weet nie.

12 Hulle betaal my terug met slegtheid vir die goeie wat ek doen,+

en dit laat my baie hartseer voel.

13 Maar toe hulle siek was, het ek saklinne aangetrek.

Ek het my verneder deur te vas,

en wanneer my gebed nie beantwoord is nie,*

14 het ek rondgeloop en getreur soos vir ’n vriend of ’n broer.

Ek het hartseer neergebuig, soos iemand wat oor sy moeder treur.

15 Maar toe ek gestruikel het, was hulle bly en het hulle bymekaargekom.

Hulle het bymekaargekom om my onverwags neer te slaan.

Hulle het my verskeur en nie stilgebly nie.

16 Die goddeloses beledig en bespot my,*

hulle kners hulle tande vir my.+

17 O Jehovah, hoe lank sal u net bly toekyk?+

Red my van hulle aanvalle,+

my kosbare lewe* van die jong leeus.*+

18 Dan sal ek u in die groot gemeente dank.+

Ek sal u onder ’n skare mense loof.

19 Moenie toelaat dat dié wat sonder rede my vyande is, lekker kry as gevolg van my rampspoed nie.

Moenie toelaat dat dié wat my sonder rede haat,+ hulle oë met slegte bedoelings knip nie.+

20 Want hulle praat nie van vrede nie,

maar is bedrieglik en beraam planne teen die vreedsame mense van die land.+

21 Hulle maak hulle mond wyd oop om my te beskuldig,

en hulle sê: “Aha! Aha! Ons het dit met ons eie oë gesien.”

22 U het dit gesien, o Jehovah. Moenie stilbly nie.+

O Jehovah, moenie ver van my af bly nie.+

23 Word wakker en staan op om my te verdedig,

my God, Jehovah, verdedig my in my regsaak.

24 Oordeel my volgens u regverdigheid,+ o Jehovah my God.

Moenie toelaat dat hulle lekker kry as gevolg van my rampspoed nie.

25 Mag hulle nooit sê: “Aha! Ons het gekry wat ons wou hê” nie.

Mag hulle nooit sê: “Ons het hom ingesluk” nie.+

26 Laat skande en oneer oor hulle almal kom,

dié wat lekker kry as gevolg van my rampspoed.

Laat dié wat op my neersien, skaam kry en verneder word.

27 Maar laat dié wat bly is oor my regverdigheid, van vreugde uitroep.

Mag hulle heeltyd sê:

“Mag Jehovah verheerlik word, die Een wat bly is dat sy kneg vrede geniet.”+

28 Dan sal my tong u regverdigheid verkondig*+

en u die hele dag loof.+

Vir die musiekleier. Van Jehovah se kneg Dawid.

36 Oortreding praat met die goddelose diep in sy hart.

Daar is geen vrees vir God voor sy oë nie.+

 2 Want hy vlei homself te veel in sy eie oë

om bewus te word van sy oortreding en dit te haat.+

 3 Die woorde van sy mond is skadelik en bedrieglik.

Hy het geen insig om te doen wat goed is nie.

 4 Selfs op sy bed beraam hy skadelike planne.

Hy volg ’n weg wat nie goed is nie.

Hy verwerp nie wat sleg is nie.

 5 O Jehovah, u lojale liefde strek tot by die hemel,+

u getrouheid tot aan die wolke.

 6 U regverdigheid is soos hoë berge.*+

U oordele is soos groot, diep waters.+

U bewaar* mens en dier, o Jehovah.+

 7 Hoe kosbaar is u lojale liefde tog, o God!+

In die skaduwee van u vlerke kom soek mense beskerming.+

 8 Hulle drink van die ryk oorvloed* van u huis totdat hulle versadig is,+

en u laat hulle drink van die stroom van u goeie dinge.+

 9 By u is die bron van lewe.+

Deur u lig kan ons lig sien.+

10 Hou aan om u lojale liefde te betoon aan dié wat u ken,+

en u regverdigheid aan die opregtes van hart.+

11 Moenie toelaat dat die voet van die hoogmoediges op my trap

of dat die hand van die goddeloses my wegjaag nie.

12 Daar het die oortreders geval.

Hulle is omgestamp en kan nie opstaan nie.+

Van Dawid.

א [Alef]

37 Moenie ontsteld wees as gevolg van goddelose mense

of jaloers wees op dié wat slegte dinge doen nie.+

 2 Hulle sal vinnig verlep, soos gras,+

en uitdroog soos groen, nuwe gras.

ב [Bet]

 3 Vertrou op Jehovah en doen wat goed is.+

Woon op die aarde* en tree met getrouheid op.+

 4 Vind jou grootste vreugde* in Jehovah,

en hy sal jou die begeertes van jou hart gee.

ג [Gimel]

 5 Laat jou weg aan Jehovah oor.*+

Vertrou op hom, en hy sal vir jou optree.+

 6 Hy sal jou regverdigheid laat skyn soos die dagbreek,

en jou geregtigheid soos die middagson.

ד [Dalet]

 7 Bly stil voor Jehovah+

en wag hoopvol* op hom.

Moenie ontsteld wees oor die man

wat sy slinkse planne suksesvol uitvoer nie.+

ה [He]

 8 Hou op om kwaad te wees en laat vaar die woede.+

Moenie ontsteld word en begin doen wat sleg is nie.*

 9 Want goddelose mense sal vernietig word,+

maar dié wat op Jehovah hoop, sal die aarde besit.+

ו [Waw]

10 Nog net ’n klein rukkie en die goddeloses sal nie meer bestaan nie.+

Jy sal kyk na die plek waar hulle was,

en hulle sal nie daar wees nie.+

11 Maar die nederiges sal die aarde besit,+

en hulle sal groot vreugde vind in die oorvloed van vrede.+

ז [Zajin]

12 Die goddelose beraam slinkse planne teen die regverdige.+

Hy kners sy tande vir hom.

13 Maar Jehovah sal vir hom lag,

want Hy weet dat sy dag sal kom.+

ח [Get]

14 Die goddeloses trek hulle swaard uit en span* hulle boog

om die onderdruktes en armes te laat val,

om dié wat reg lewe, dood te maak.

15 Maar hulle swaard sal hulle eie hart deurboor.+

Hulle boog sal gebreek word.

ט [Tet]

16 Die bietjie van die regverdige is beter

as die oorvloed van baie goddeloses.+

17 Want die arms van die goddeloses sal gebreek word,

maar Jehovah sal die regverdiges ondersteun.

י [Jod]

18 Jehovah is bewus van wat die getroues deurmaak,*

en hulle erfdeel sal vir ewig bestaan.+

19 Hulle sal nie verneder word in die tyd van rampspoed nie.

In die tyd van hongersnood sal hulle baie hê.

כ [Kaf]

20 Maar die goddeloses sal aan hulle einde kom.+

Die vyande van Jehovah sal soos pragtige weivelde verdwyn.

Hulle sal soos rook verdwyn.

ל [Lamed]

21 Die goddelose leen en betaal nie terug nie,

maar die regverdige is vrygewig* en hou daarvan om te gee.+

22 Dié wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit,

maar dié wat deur Hom vervloek word, sal vernietig word.+

מ [Mem]

23 Jehovah rig* die voetstappe van ’n man+

wanneer Hy tevrede is met die weg wat hy volg.+

24 Al val hy, sal hy nie neergegooi word nie,+

want Jehovah hou sy hand vas.*+

נ [Noen]

25 Ek was eens jonk en nou is ek oud,

maar ek het nog nooit gesien dat ’n regverdige verlaat word+

of dat sy kinders na brood* soek nie.+

26 Hy leen altyd vryelik uit,+

en sy kinders sal geseën word.

ס [Samek]

27 Draai weg van wat sleg is en doen wat goed is,+

en jy sal vir ewig bestaan.

28 Want Jehovah is lief vir geregtigheid,

en hy sal nie sy lojales verlaat nie.+

ע [Ajin]

Hulle sal altyd bewaar word,+

maar die nakomelinge van die goddeloses sal vernietig word.+

29 Die regverdiges sal die aarde besit,+

en hulle sal vir ewig daarop lewe.+

פ [Pe]

30 Die mond van die regverdige dra wysheid oor,*

en sy tong praat van geregtigheid.+

31 Die wet van sy God is in sy hart.+

Sy voetstappe sal altyd stewig gevestig wees.+

צ [Tsade]

32 Die goddelose hou die regverdige dop,

op soek na ’n geleentheid om hom dood te maak.

33 Maar Jehovah sal hom nie in die hand van daardie een laat beland+

of hom skuldig bevind wanneer hy geoordeel word nie.+

ק [Kof]

34 Hoop op Jehovah en volg sy weg,

en hy sal jou die voorreg gee om die aarde in besit te neem.

Wanneer die goddeloses vernietig word,+ sal jy dit sien.+

ר [Resj]

35 Ek het gesien hoe die wrede, goddelose man

uitsprei soos ’n groot, groen boom wat in die regte grond groei.+

36 Maar hy het skielik verdwyn, en hy was weg.+

Ek het hom bly soek, en hy kon nie gevind word nie.+

ש [Sjin]

37 Let op die een wat ’n rein lewe lei,*

en kyk na die regverdige,+

want die toekoms van so ’n man sal vreedsaam wees.+

38 Maar al die oortreders sal vernietig word.

Goddelose mense het geen toekoms nie.+

ת [Taw]

39 Die redding van die regverdiges kom van Jehovah.+

Hy is hulle vesting in moeilike tye.+

40 Jehovah sal hulle help en hulle red.+

Hy sal hulle van die goddeloses red en hulle verlos

omdat hulle beskerming by hom kom soek.+

’n Melodie van Dawid, om as ’n herinnering te dien.

38 O Jehovah, moet my nie in u woede teregwys

of my in u woede dissiplineer nie.+

 2 Want u pyle het diep in my ingegaan,

en u hand druk swaar op my.+

 3 My hele liggaam is siek* as gevolg van u woede.

Daar is geen vrede in enige van my bene as gevolg van my sonde nie.+

 4 Want my oortredings hang oor my kop,+

soos ’n swaar vrag is hulle te veel vir my om te dra.

 5 My wonde stink en sweer

as gevolg van my dwaasheid.

 6 Ek is angstig en baie mismoedig.

Ek loop die hele dag lank hartseer rond.

 7 Dit brand binne-in my.*

My hele liggaam is siek.+

 8 Ek het alle gevoel verloor en heeltemal verpletter geword.

My angstige hart laat my hardop kreun.*

 9 O Jehovah, al my begeertes is voor u,

en wanneer ek sug, is dit nie vir u weggesteek nie.

10 My hart klop hewig, my krag is weg,

en die lig van my oë het my verlaat.+

11 My vriende en my geliefdes vermy my as gevolg van my plaag,

en dié wat na aan my is, bly weg van my af.

12 Dié wat my wil doodmaak, stel strikke.

Dié wat iets slegs aan my probeer doen, praat van vernietiging.+

Hulle mompel die hele dag lank bedrieglike dinge.

13 Maar soos iemand wat doof is, het ek nie geluister nie.+

Soos iemand wat stom is, het ek nie my mond oopgemaak nie.+

14 Ek het geword soos ’n man wat nie kan hoor nie,

wie se mond niks het om as verdediging te sê nie.

15 Want op u, o Jehovah, het ek gewag,+

en u het my geantwoord, o Jehovah my God.+

16 Want ek het gesê: “Laat hulle nie lekker kry as gevolg van my rampspoed

of op my neersien as my voet gly nie.”

17 Want ek was op die punt om inmekaar te sak,

en ek was altyd in pyn.+

18 Ek het my oortreding bely.+

My sonde het my gepla.+

19 Maar my vyande is vol lewe* en magtig,*

dié wat my sonder rede haat, het baie geword.

20 Hulle het my terugbetaal met slegtheid vir die goeie wat ek doen.

Hulle het my teëgestaan omdat ek probeer doen wat goed is.

21 Moet my nie verlaat nie, o Jehovah.

O God, moenie ver van my af bly nie.+

22 Kom tog gou en help my,

o Jehovah, my redding.+

Vir die musiekleier: Van Jeduʹtun.*+ ’n Melodie van Dawid.

39 Ek het gesê: “Ek sal my voetstappe bewaar

om nie met my tong te sondig nie.+

Ek sal my mond met ’n muilband toemaak+

solank daar enigiemand in my teenwoordigheid is wat goddeloos is.”

 2 Ek was stom en het niks gesê nie;+

ek het selfs stilgebly oor wat goed is,

maar my pyn was intens.*

 3 My hart het vuurwarm binne-in my geword.

Terwyl ek gepeins* het, het die vuur bly brand.

Toe het my tong gepraat:

 4 “O Jehovah, help my om te weet wat my einde sal wees,

en die getal van my dae,+

sodat ek kan weet hoe kort my lewe is.*

 5 Ja, u het my dae maar min* gemaak,+

en my lewensduur is soos niks voor u.+

Ja, elke mens, al lyk hy veilig, is maar net soos asem.+ (Sela)

 6 Elke mens loop rond soos ’n skaduwee.

Hy hardloop rond* vir niks.

Hy maak rykdom bymekaar, maar hy weet nie wie dit sal geniet nie.+

 7 Waarvoor kan ek dan hoop, o Jehovah?

U is my enigste hoop.

 8 Red my van al my oortredings.+

Moenie toelaat dat die verstandelose persoon ’n bespotting van my maak nie.

 9 Ek het stom gebly;

ek kon nie my mond oopmaak nie,+

want u het dit laat gebeur.+

10 Neem u plaag van my af weg.

Ek is uitgeput omdat u hand my slaan.

11 U dissiplineer die mens deur hom te straf vir sy oortreding.+

Soos ’n mot verteer u die dinge wat vir hom waardevol is.

Elke mens is maar net soos asem.+ (Sela)

12 Hoor my gebed, o Jehovah,

luister na my geroep om hulp.+

Moenie my trane ignoreer nie.

Want ek is maar net ’n uitlander vir u,+

’n reisiger wat tydelik hier is,* net soos al my voorvaders.+

13 Hou op om woedend na my te kyk, sodat ek vrolik kan word

voordat ek sterf en nie meer daar is nie.”

Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.

40 Ek het vurig gehoop op* Jehovah,

en hy het afgebuk om na my te luister en my geroep om hulp gehoor.+

 2 Hy het my uit ’n bruisende put opgetrek,

uit die slymerige modder.

En hy het my voete op ’n groot rots laat staan.

Hy het my op vaste grond laat loop.

 3 Toe het hy ’n nuwe lied in my mond gesit,+

’n loflied aan ons God.

Baie sal met ontsag toekyk

en op Jehovah vertrou.

 4 Gelukkig is die man wat op Jehovah vertrou

en nie op opstandiges of leuenaars* nie.

 5 Hoeveel dinge het u tog gedoen,

o Jehovah my God,

u wonderlike werke en u gedagtes teenoor ons.+

Niemand kan met u vergelyk word nie.+

As ek sou probeer om dit te vertel en om daarvan te praat,

sou dit te veel wees om op te noem!+

 6 U wou nie ’n offerande of ’n offergawe hê nie,*+

maar u het my ore geopen om te kan hoor.+

U het nie brandoffers en sonde-offers gevra nie.+

 7 Toe het ek gesê: “Kyk, ek het gekom.

In die boekrol is daar oor my geskryf.+

 8 Dit is vir my ’n vreugde,* o my God, om u wil te doen,+

en u wet is diep binne-in my.+

 9 Ek verkondig die goeie nuus van regverdigheid in die groot gemeente.+

Kyk! Ek bly nie stil nie,+

soos u goed weet, o Jehovah.

10 Ek bedek nie u regverdigheid in my hart nie.

Ek maak u getrouheid en redding bekend.

In die groot gemeente steek ek nie u lojale liefde en u waarheid weg nie.”+

11 O Jehovah, moenie u genade van my terughou nie.

Mag u lojale liefde en u waarheid my heeltyd bewaar.+

12 Die rampe wat my omring, is te veel om te tel.+

Ek word oorweldig deur soveel van my sondes dat ek nie kan sien waar ek gaan nie.+

Dit is meer as die hare op my kop,

en ek het moed verloor.

13 O Jehovah, wees asseblief bereid om my te red.+

O Jehovah, kom tog gou en help my.+

14 Mag almal wat my wil doodmaak,

skaam kry en verneder word.

Mag dié wat bly is oor my rampspoed,

in skande terugtrek.

15 Mag dié wat vir my sê: “Aha! Aha!”

ontsteld wees as gevolg van hulle eie skande.

16 Maar laat dié wat u dien,*+

van vreugde uitroep en bly wees as gevolg van u.+

Mag almal wat lief is vir u reddingsdade, altyd sê:

“Mag Jehovah verheerlik word.”+

17 Maar ek is hulpeloos en arm.

Mag Jehovah aan my aandag skenk.

U is my helper en my redder.+

My God, moenie te lank wag voordat u kom nie.+

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.

41 Gelukkig is elkeen wat aandag gee aan die hulpelose.+

Jehovah sal hom in die dag van rampspoed red.

 2 Jehovah sal hom beskerm en sy lewe bewaar.

Hy sal gelukkig genoem word op die aarde.+

U sal hom nooit oorlewer aan sy vyande* nie.+

 3 Jehovah sal hom op sy siekbed ondersteun.+

Gedurende sy siekte sal u sy bed heeltemal verander.

 4 Want ek het gesê: “O Jehovah, wees genadig teenoor my.+

Genees my,+ want ek het teen u gesondig.”+

 5 Maar my vyande praat sleg van my:

“Wanneer sal hy doodgaan en sal sy naam verdwyn?”

 6 As een van hulle my kom sien, vertel sy hart leuens.

Hy kry iets skadeliks om te sê,

en dan gaan hy uit en versprei dit oral.

 7 Almal wat my haat, fluister vir mekaar

en beplan slegte dinge teen my:

 8 “Hy het iets verskrikliks oorgekom.

Noudat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.”+

 9 Selfs die man wat in vrede met my gelewe het, die een wat ek vertrou het,+

wat my brood geëet het, het sy hakskeen teen my opgelig.*+

10 Maar u, o Jehovah, wees genadig teenoor my en help my op,

sodat ek hulle kan terugbetaal.

11 Hieraan sal ek weet dat ek u goedkeuring geniet:

Wanneer my vyand nie kan uitroep omdat hy my oorwin het nie.+

12 U ondersteun my weens my integriteit.*+

U sal my vir ewig in u teenwoordigheid hou.+

13 Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word

tot in alle ewigheid.*+

Amen en Amen.

BOEK TWEE

(Psalm 42-72)

Vir die musiekleier. Maskil* van die seuns van Korag.+

42 Soos ’n takbok wat na waterstrome verlang,

so verlang ek na u, o God.

 2 Ek dors na God, na die lewende God.+

Wanneer kan ek kom en voor God verskyn?+

 3 Dag en nag is my trane my voedsel.

Die hele dag lank spot mense my en sê hulle: “Waar is jou God?”+

 4 Ek onthou hierdie dinge, en ek stort my siel* uit,

want ek het voorheen saam met die skare geloop.

Ek het stadig voor hulle na die huis van God geloop,

met die geluide van vreugde en danksegging,

van ’n skare wat ’n fees vier.+

 5 Hoekom het ek alle moed verloor?+

Hoekom is hierdie onrustigheid binne-in my?

Wag op God,+

want ek sal hom nog loof as my Groot Redder.+

 6 My God, ek het alle moed verloor.+

Daarom dink ek aan u,+

van die land van die Jordaanrivier en die pieke van Hermon af,

van die berg Misar* af.

 7 Diep waters roep na diep waters

by die geluid van u watervalle.

Al u onstuimige golwe het my oorweldig.+

 8 Deur die dag sal Jehovah my sy lojale liefde gee,

en deur die nag sal sy lied by my wees – ’n gebed tot die God van my lewe.+

 9 Ek sal vir God, my groot rots, vra:

“Hoekom het u my vergeet?+

Hoekom moet ek hartseer rondloop omdat my vyand my onderdruk?”+

10 My vyande spot my met moorddadige vyandigheid.*

Die hele dag lank spot hulle my en sê hulle: “Waar is jou God?”+

11 Hoekom het ek alle moed verloor?

Hoekom is hierdie onrustigheid binne-in my?

Wag op God,+

want ek sal hom nog loof as my Groot Redder en my God.+

43 Oordeel my, o God,+

verdedig my regsaak+ teen ’n nasie wat dislojaal is.

Red my van die man van bedrog en onregverdigheid.

 2 Want u is my God, my vesting.+

Hoekom het u my verwerp?

Hoekom moet ek hartseer rondloop omdat my vyand my onderdruk?+

 3 Stuur u lig en u waarheid uit.+

Laat dit my lei.+

Laat dit my na u heilige berg en na u groot tabernakel lei.+

 4 Dan sal ek na die altaar van God gaan,+

na God, my groot vreugde.

En ek sal u met die harp loof,+ o God, my God.

 5 Hoekom het ek alle moed verloor?

Hoekom is hierdie onrustigheid binne-in my?

Wag op God,+

want ek sal hom nog loof as my Groot Redder en my God.+

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ Maskil.*

44 O God, ons het met ons eie ore gehoor,

ons voorvaders het vir ons vertel,+

wat u in hulle tyd gedoen het,

in die tyd van lank gelede.

 2 Met u hand het u nasies verdryf+

en ons voorvaders daar laat woon.+

U het nasies verslaan en hulle uitgedryf.+

 3 Dit was nie deur hulle eie swaard dat hulle die land in besit geneem het nie,+

en dit was nie hulle eie arm wat hulle laat oorwin het nie.+

Dit was eerder u regterhand en u arm+ en u goedheid,

want u was lief vir hulle.+

 4 U is my Koning, o God.+

Gee* vir Jakob ’n algehele oorwinning.*

 5 Deur u krag sal ons ons vyande terugdryf.+

In u naam sal ons dié vertrap wat teen ons opstaan.+

 6 Want ek vertrou nie op my boog nie,

en my swaard kan my nie red nie.+

 7 Dit was u wat ons van ons vyande gered het,+

u wat die mense wat ons haat, verneder het.

 8 O God, ons sal u die hele dag lank loof,

en ons sal u naam vir ewig prys. (Sela)

 9 Maar nou het u ons verwerp en ons verneder,

en u gaan nie saam met ons leërmagte uit nie.

10 U laat ons heeltyd terugtrek voor ons vyand.+

Dié wat ons haat, neem wat hulle ook al wil.

11 U lewer ons oor om soos skape verslind te word.

U het ons onder die nasies verstrooi.+

12 U verkoop u volk vir byna niks.+

U maak geen wins uit die verkoopprys nie.

13 U maak ons ’n bespotting vir ons bure.

Almal om ons spot met ons en lag ons uit.

14 U maak ons ’n bespotting* onder die nasies,+

iets waarvoor die volke hulle koppe skud.

15 Ek voel die hele dag lank vernederd,

en ek is oorweldig deur my skande,

16 as gevolg van die geluid van hulle bespotting en beledigings,

as gevolg van ons vyand wat wraak neem.

17 Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons u nie vergeet nie,

en ons het u verbond nie verbreek nie.+

18 Ons hart het nie afgewyk nie.

Ons voetstappe dwaal nie van u pad af nie.

19 Maar u het ons verpletter op die plek waar die jakkalse woon.

U het ons met diep skaduwee bedek.

20 As ons die naam van ons God vergeet het,

of as ons ons hande in ’n gebed aan ’n vreemde god uitgestrek het,

21 sal God dit nie uitvind nie?

Hy is bewus van die geheime van die hart.+

22 Omdat ons u volk is, word ons die hele dag lank doodgemaak.

Ons word beskou as skape wat geslag moet word.+

23 Staan tog op. Hoekom bly u slaap, o Jehovah?+

Word tog wakker! Moet ons nie vir ewig verwerp nie.+

24 Hoekom draai u u gesig weg?

Hoekom vergeet u dat ons swaarkry en onderdruk word?

25 Want ons is na die stof afgebring.

Ons liggame is teen die grond vasgedruk.+

26 Staan tog op as ons helper!+

Red* ons as gevolg van u lojale liefde.+

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelies”. Van die seuns van Korag.+ Maskil.* ’n Liefdeslied.

45 My hart is geroer deur iets goeds.

Ek sê: “My lied* is oor ’n koning.”+

Mag my tong die pen*+ van ’n vaardige kopiis* wees.+

 2 U is die aantreklikste van al die mense.

Aangename woorde vloei oor u lippe.+

Daarom het God u vir ewig geseën.+

 3 Maak u swaard+ aan u sy vas, o magtige,+

in u waardigheid en u prag.+

 4 Gaan in u prag voort tot oorwinning.*+

Ry ter wille van waarheid en nederigheid en regverdigheid.+

U regterhand sal ontsagwekkende dinge doen.*

 5 U pyle is skerp en laat die volke voor u val.+

Hulle deurboor die harte van die koning se vyande.+

 6 God is u troon vir ewig en altyd.+

Die septer van u koninkryk is ’n septer van geregtigheid.+

 7 U was lief vir regverdigheid+ en het goddeloosheid gehaat.+

Daarom het God, u God, u met die olie van vreugde+ gesalf,+ meer as u metgeselle.

 8 Al u klere is gegeur met mirre en aalwynhout en kassia.

Vanuit die groot ivoorpaleis maak snaarinstrumente u bly.

 9 Die dogters van konings is onder u geëerde vrouens.

Die koningin het aan u regterhand gaan staan, geklee in goud van Ofir.+

10 Luister, o dogter, skenk aandag en luister.

Vergeet van jou volk en jou vader se huis.

11 En die koning sal na jou skoonheid verlang,

want hy is jou heer.

Buig dus voor hom neer.

12 Die dogter van Tirus sal met ’n geskenk kom.

Die rykste mense sal jou goedkeuring soek.*

13 In die paleis* is die koning se dogter absoluut pragtig.

Haar klere is met goud versier.*

14 Sy sal na die koning gebring word in klere wat pragtig geweef is.*

Die maagde* wat haar volg, word voor u gebring.

15 Hulle sal met blydskap en vreugde gebring word.

Hulle sal in die koning se paleis ingaan.

16 U seuns sal die plek van u voorvaders inneem.

U sal hulle as hoofde regoor die aarde aanstel.+

17 Ek sal u naam in alle toekomstige geslagte bekend maak.+

Daarom sal volke u vir ewig en altyd loof.

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ Volgens die Alamot-styl.* ’n Lied.

46 God is ons skuilplek en sterkte,+

’n hulp wat maklik gevind kan word in moeilike tye.+

 2 Daarom sal ons nie bang wees nie, al ondergaan die aarde veranderinge,

al stort die berge in die dieptes van die see,+

 3 al druis en skuim sy waters,+

al skud die berge as gevolg van sy onstuimigheid. (Sela)

 4 Daar is ’n rivier waarvan die strome die stad van God vreugdevol maak,+

die heilige, groot tabernakel van die Allerhoogste.

 5 God is in die stad.+ Dit kan nie vernietig word nie.

God sal dit kom red wanneer die oggend aanbreek.+

 6 Die nasies was in beroering, die koninkryke is verslaan.

Hy het sy stem verhef, en die aarde het gesmelt.+

 7 Jehovah van die leërmagte is met ons.+

Die God van Jakob is ons veilige skuilplek.* (Sela)

 8 Kom sien die dade van Jehovah,

hoe hy verstommende dinge op die aarde gedoen het.

 9 Hy maak regoor die aarde ’n einde aan oorloë.+

Hy breek die boog en vernietig die spies.

Hy verbrand die militêre waens* met vuur.

10 “Onderwerp julle en weet dat ek God is.

Ek sal verheerlik word onder die nasies.+

Ek sal verheerlik word op die aarde.”+

11 Jehovah van die leërmagte is met ons.+

Die God van Jakob is ’n veilige skuilplek vir ons.+ (Sela)

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie.

47 Alle volke, klap julle hande.

Loof God, roep van vreugde uit.

 2 Want Jehovah, die Allerhoogste, is ontsagwekkend.+

Hy is die groot Koning oor die hele aarde.+

 3 Hy onderwerp volke onder ons.

Hy plaas nasies onder ons voete.+

 4 Hy kies ons erfdeel uit vir ons,+

die trots van Jakob, vir wie hy lief is.+ (Sela)

 5 God het opgegaan terwyl daar ’n gejuig was.

Jehovah het opgegaan terwyl die geluid van die horing* gehoor is.

 6 Sing lofliedere* vir God, sing lofliedere.

Sing lofliedere vir ons Koning, sing lofliedere.

 7 Want God is Koning oor die hele aarde.+

Sing lofliedere en toon insig.

 8 God het Koning geword oor die nasies.+

God sit op sy heilige troon.

 9 Die leiers van die volke het bymekaargekom

saam met die volk van die God van Abraham.

Want die heersers* van die aarde behoort aan God.

Hy is hoog bo almal.+

’n Lied. ’n Melodie van die seuns van Korag.+

48 Jehovah is groot en verdien beslis om geloof te word

in die stad van ons God, op sy heilige berg.

 2 Die berg Sion in die verre noorde+

is pragtig as gevolg van haar hoë posisie, die vreugde van die hele aarde,

die stad van die Groot Koning.+

 3 In haar versterkte torings

het God bekend gemaak dat hy ’n veilige skuilplek* is.+

 4 Kyk! Konings het bymekaargekom.*

Saam het hulle uitgegaan.

 5 Toe hulle dit sien, was hulle verbaas.

Hulle het bang geword en in vrees gevlug.

 6 Daar het hulle erg begin bewe

en pyn gehad soos dié van ’n vrou wat geboorte gee.

 7 Met ’n oostewind vernietig u die skepe van Tarsis.

 8 Waarvan ons gehoor het, het ons nou self gesien

in die stad van Jehovah van die leërmagte, in die stad van ons God.

God sal dit vir ewig stewig vestig.+ (Sela)

 9 Ons peins oor u lojale liefde, o God,+

in u tempel.

10 Soos u naam, o God, strek u lof

tot aan die eindes van die aarde.+

U regterhand is vol regverdigheid.+

11 Laat die berg Sion+ bly wees,

laat die dorpe* van Juda bly wees as gevolg van u oordele.+

12 Loop om Sion en gaan reg rondom haar.

Tel die torings.+

13 Vestig julle aandag op die versterkte mure.*+

Ondersoek die versterkte torings,

sodat julle toekomstige geslagte daarvan kan vertel.

14 Want hierdie God is vir ewig en altyd ons God.+

Hy sal ons vir ewig lei.*+

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie.

49 Luister hierna, alle volke.

Skenk aandag, alle inwoners van die wêreld,*

 2 klein sowel as groot,*

ryk sowel as arm.

 3 Wyse woorde sal uit my mond kom,

en die bepeinsing van my hart+ sal toon dat ek begrip het.

 4 Ek sal aandag gee aan ’n spreekwoord.

Ek sal my raaisel verduidelik terwyl ek op die harp speel.

 5 Hoekom moet ek bang wees in moeilike tye,+

wanneer ek omring is deur die goddeloosheid* van dié wat my wil verslaan?

 6 Daar is dié wat op hulle rykdom vertrou+

en wat oor hulle groot rykdom spog.+

 7 Maar nie een van hulle kan ooit ’n broer loskoop

of ’n losprys aan God vir hom gee nie,+

 8 (die losprys vir hulle lewe is so kosbaar

dat dit altyd buite hulle bereik sal wees)

 9 sodat hy vir ewig sal lewe en nie die graf sal sien nie.+

10 Hy sien dat selfs wyse mense sterf.

Dom en dwase mense sterf almal,+

en hulle moet hulle rykdom vir ander los.+

11 Hulle innerlike wens is dat hulle huise vir ewig sal bly staan,

hulle tente van geslag tot geslag.

Hulle het hulle eiendom na hulleself vernoem.

12 Maar die mens, al word hy geëer, sal nie bly lewe nie.+

Hy is niks beter as die diere wat doodgaan nie.+

13 Dit is die weg van die dwase+

en van dié wat hulle volg, wat van hulle leë woorde hou. (Sela)

14 Hulle word soos skape na die Graf* gestuur.

Die dood sal hulle herder wees.

Die regverdiges sal in die oggend oor hulle regeer.+

Elke spoor van hulle sal verdwyn.+

Hulle sal in die Graf*+ woon eerder as in ’n paleis.+

15 Maar God sal my uit die mag* van die Graf* loskoop,+

want hy sal my daaruit neem. (Sela)

16 Moenie bang wees omdat ’n man ryk word,

omdat die prag van sy huis toeneem nie,

17 want wanneer hy sterf, kan hy niks saam met hom neem nie.+

Sy heerlikheid sal nie saam met hom afgaan nie.+

18 Want gedurende sy leeftyd wens hy homself geluk.+

(Mense prys jou wanneer jy voorspoedig is.)+

19 Maar uiteindelik sluit hy by die geslag van sy voorvaders aan.

Hulle sal nooit weer die lig sien nie.

20 ’n Mens wat dit nie verstaan nie, al word hy geëer,+

is niks beter as die diere wat doodgaan nie.

’n Melodie van Asaf.+

50 Die God van gode, Jehovah,*+ het gepraat.

Hy roep die aarde op

van waar die son opkom tot waar dit ondergaan.*

 2 God skyn vanuit Sion, die plek van volmaakte skoonheid.+

 3 Ons God sal kom en kan nie stilbly nie.+

Voor hom is ’n verterende vuur,+

en ’n groot storm woed al om hom.+

 4 Hy roep die hemel daar bo en die aarde,+

sodat hy sy volk kan oordeel:+

 5 “Versamel my lojales by my,

dié wat deur middel van ’n offerande ’n verbond met my maak.”+

 6 Die hemel verkondig sy regverdigheid,

want God is Regter.+ (Sela)

 7 “Luister, o my volk, en ek sal praat.

Israel, ek sal teen jou getuig.+

Ek is God, jou God.+

 8 Ek wys jou nie tereg as gevolg van jou offerandes nie,

ook nie as gevolg van jou heelbrandoffers wat die hele tyd voor my is nie.+

 9 Ek hoef nie ’n bul uit jou huis te neem nie,

of bokke* uit jou krale nie.+

10 Want al die wilde diere van die woud is myne,+

selfs die diere op ’n duisend berge.

11 Ek ken elke voël van die berge.+

Die tallose diere van die veld is myne.

12 As ek honger was, sou ek nie vir jou sê nie,

want die vrugbare land en alles daarin is myne.+

13 Sal ek die vleis van bulle eet

en die bloed van bokke drink?+

14 Bring dankbaarheid as jou offerande aan God,+

en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.+

15 Roep my aan in moeilike tye.+

Ek sal jou red, en jy sal my verheerlik.”+

16 Maar God sal vir die goddelose sê:

“Watter reg het jy om my wetsvoorskrifte op te noem+

of om oor my verbond te praat?+

17 Want jy haat dissipline,*

en jy bly jou rug op my woorde draai.*+

18 Wanneer jy ’n dief sien, keur jy goed wat hy doen,*+

en jy assosieer met egbrekers.

19 Jy gebruik jou mond om slegte dinge te versprei,

en bedrog sit vas aan jou tong.+

20 Jy sit en praat teen jou eie broer.+

Jy openbaar die foute van* jou eie ma se seun.

21 Toe jy hierdie dinge gedoen het, het ek stilgebly,

en daarom het jy gedink dat ek net soos jy sou wees.

Maar nou gaan ek jou teregwys,

en ek sal my saak teen jou stel.+

22 Dink asseblief hieraan, julle wat God vergeet,+

anders sal ek julle verskeur, en daar sal niemand wees om julle te red nie.

23 Die een wat dankbaarheid as sy offerande bring, verheerlik my,+

en wat die een betref wat ’n vaste weg volg,

ek sal hom redding deur God laat sien.”+

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid, toe die profeet Natan na hom toe gekom het nadat Dawid seksuele omgang met Batseʹba gehad het.+

51 Betoon genade aan my, o God, in ooreenstemming met u lojale liefde.+

Wis my oortredings uit in ooreenstemming met u groot genade.+

 2 Was my skoon van my oortreding,+

en reinig my van my sonde.+

 3 Want ek is deeglik bewus van my oortredings,

en ek dink heeltyd aan my sonde.*+

 4 Teen u – veral u* – het ek gesondig.+

Ek het gedoen wat sleg is in u oë.+

U is dus regverdig wanneer u praat

en reg wanneer u oordeel.+

 5 Ek is skuldig van geboorte af,

en ek is sondig vandat my ma swanger geraak het met my.*+

 6 Ek weet dat dit u bly maak wanneer daar waarheid in iemand se hart is.+

Leer my hart* ware wysheid.

 7 Reinig my van my sonde met hisop, sodat ek rein kan wees.+

Was my, sodat ek witter as sneeu kan wees.+

 8 Laat my geluide van vreugde en blydskap hoor,

sodat al my bene wat u vergruis het, bly kan wees.+

 9 Draai u gesig weg van my sondes af,+

en vee al my oortredings uit.+

10 Skep ’n suiwer hart in my, o God,+

en plaas ’n nuwe, standvastige gees in my.+

11 Moet my nie van u af wegstoot nie,

en moenie u heilige gees van my af wegneem nie.

12 Gee my weer die vreugde van u redding.+

Gee my ’n begeerte om u te gehoorsaam.*

13 Ek sal oortreders u weë leer,+

sodat sondaars tot u kan terugkeer.

14 Red my van bloedskuld,+ o God, die God van my redding,+

sodat my tong u regverdigheid met vreugde kan verkondig.+

15 O Jehovah, maak my mond oop,

sodat dit u lof kan verkondig.+

16 Want u wil nie ’n offerande hê nie – anders sou ek dit gee.+

’n Heelbrandoffer gee u geen vreugde nie.+

17 Die offerande wat vir God aangenaam is, is ’n gebroke gees.

O God, u sal nie ’n gebroke en verpletterde hart verwerp* nie.+

18 Doen wat goed is vir Sion, volgens u wil.

Bou die mure van Jerusalem op.

19 Dan sal u die offerandes van regverdigheid aanvaar,

die brandoffers en die heeloffers.

Dan sal bulle op u altaar geoffer word.+

Vir die musiekleier. Maskil.* Van Dawid, toe die Edomiet Doëg vir Saul kom sê het dat Dawid na die huis van Ahimeʹleg gekom het.+

52 Hoekom spog jy oor jou slegte dade, o magtige?+

Die lojale liefde van God duur die hele dag.+

 2 Jou tong, wat so skerp soos ’n skeermes is,+

beraam skadelike planne en is bedrieglik.+

 3 Jy het goddeloosheid meer lief as die goeie,

en jy lieg meer as wat jy die waarheid praat. (Sela)

 4 Jy is lief vir elke skadelike woord,

o bedrieglike tong!

 5 Daarom sal God jou eens en vir altyd afruk.+

Hy sal jou gryp en jou wegruk uit jou tent.+

Hy sal jou uit die land van die lewendes uitruk.+ (Sela)

 6 Die regverdiges sal dit sien en met ontsag vervul word,+

en hulle sal vir hom lag.+

 7 “Hier is ’n man wat nie beskerming by God gaan soek het nie,*+

maar hy het op sy groot rykdom vertrou+

en staatgemaak op* sy eie goddelose planne.”*

 8 Maar ek sal soos ’n gesonde olyfboom in God se huis wees.

Ek vertrou op God se lojale liefde,+ vir ewig en altyd.

 9 Ek sal u vir ewig loof, want u het opgetree.+

In die teenwoordigheid van u lojales

sal ek op u naam hoop,+ want dit is goed.

Vir die musiekleier: In die styl van Mahalat.* Maskil.* Van Dawid.

53 Die dwaas* sê in sy hart:

“Daar is geen Jehovah nie.”+

Hulle onregverdige dade is korrup en afskuwelik.

Nie een van hulle doen wat goed is nie.+

 2 Maar God kyk vanuit die hemel na die mense+

om te sien of enigiemand insig het en of enigiemand Jehovah se leiding soek.+

 3 Hulle het almal afgedwaal,

en hulle is almal goddeloos.

Niemand doen wat goed is nie,

nie eers een nie.+

 4 Is daar nie eers een oortreder wat verstaan nie?

Hulle verslind my volk asof hulle brood eet.

Hulle roep Jehovah nie aan nie.+

 5 Maar hulle sal met groot vrees vervul word,

’n vrees wat hulle nog nooit ondervind het nie,*

want God sal al die beendere verstrooi van dié wat jou aanval.*

Jy sal hulle verneder, want Jehovah het hulle verwerp.

 6 O mag Israel se redding uit Sion+ kom!

Wanneer Jehovah sy gevange volk weer terugbring,

laat Jakob bly wees, laat Israel vreugdevol wees.

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. Maskil.* Van Dawid, toe die Sifiete gekom het en vir Saul gesê het: “Dawid kruip tussen ons weg.”+

54 O God, red my deur u naam,+

en verdedig my*+ met u krag.

 2 O God, hoor my gebed,+

en skenk aandag aan die woorde van my mond.

 3 Want vreemdelinge staan op teen my,

en wrede manne wil my doodmaak.+

Hulle het geen respek vir God nie.*+ (Sela)

 4 Kyk! God is my helper.+

Jehovah is met dié wat my ondersteun.

 5 Hy sal my vyande terugbetaal+ met hulle eie goddeloosheid.

Maak ’n einde aan hulle* weens u getrouheid.+

 6 Ek sal gewillig offerandes aan u bring.+

Ek sal u naam loof, o Jehovah, want dit is goed.+

 7 Want hy red my van alle moeilikhede,+

en ek sal sien hoe my vyande val.+

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. Maskil.* Van Dawid.

55 Luister na my gebed, o God,+

en moenie my versoek om genade ignoreer nie.*+

 2 Skenk tog aandag aan my en antwoord my.+

My besorgdheid maak my rusteloos,+

en ek is baie angstig

 3 as gevolg van wat die vyand sê

en weens die druk van die goddelose.

Want hulle oorlaai my met probleme,

en in hulle woede is hulle vyandig teenoor my.+

 4 My hart pyn binne-in my,+

en die angs van die dood oorweldig my.+

 5 Vrees kom oor my, en ek begin bewe,

en rillings gaan deur my hele liggaam.

 6 Ek bly sê: “As ek maar net vlerke soos ’n duif gehad het!

Ek sou wegvlieg en in veiligheid gaan woon.

 7 Kyk! Ek sou ver weg vlug.+

Ek sou in die wildernis bly.+ (Sela)

 8 Ek sou vinnig na ’n skuilplek gaan,

weg van die sterk wind, weg van die storm.”

 9 Verwar hulle, o Jehovah, en laat hulle planne misluk,*+

want ek het geweld en konflik in die stad gesien.

10 Dag en nag loop hulle rond op sy mure.

Daar is haat en moeilikheid in die stad.+

11 Vernietiging is daarbinne.

Daar is altyd onderdrukking en bedrog op sy openbare plein.+

12 Want dit is nie ’n vyand wat my uittart nie.+

Anders sou ek dit kon verdra.

Dit is nie ’n vyand wat teen my opgekom het nie.

Anders sou ek vir hom kon wegkruip.

13 Maar dit is jy, ’n mens soos ek,*+

my eie vriend wat ek goed ken.+

14 Ons het ’n hegte vriendskap geniet.

Ons het saam met die menigte na die huis van God geloop.

15 Laat vernietiging hulle inhaal!+

Laat hulle lewend in die Graf* afgaan,

want goddeloosheid woon tussen hulle en in hulle.

16 Maar ek sal tot God roep,

en Jehovah sal my red.+

17 In die aand, in die oggend en in die middag voel ek angstig en kreun ek,+

en hy hoor my stem.+

18 Hy sal my vrede gee en my red* van dié wat teen my veg,

want baie mense kom teen my op.+

19 God sal hoor en hulle antwoord,+

die Een wat van die ou tyd af op die troon sit.+ (Sela)

Hulle sal weier om te verander,

hulle wat God nie gevrees het nie.+

20 Hy* het dié aangeval wat in vrede met hom gelewe het.+

Hy het sy verbond verbreek.+

21 Sy woorde is gladder as botter,+

maar daar is konflik in sy hart.

Sy woorde is sagter as olie,

maar hulle is swaarde wat reg is om te steek.+

22 Gee jou las vir Jehovah,+

en hy sal jou ondersteun.+

Hy sal die regverdige nooit laat val* nie.+

23 Maar u, o God, sal hulle in die diepste put laat afgaan.+

Daardie bloedskuldige en bedrieglike mense sal nie die helfte van hulle dae uitleef nie.+

Maar wat my betref, ek sal op u vertrou.

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die stille duif in die verte”. Van Dawid. Miktam.* Toe die Filistyne hom in Gat gevange geneem het.+

56 Wees genadig teenoor my, o God, want die sterflike mens val my aan.*

Die hele dag lank veg hulle teen my en onderdruk hulle my.

 2 Die hele dag lank val my vyande my aan.

Baie mense veg vol selfvertroue teen my.

 3 Wanneer ek bang is,+ stel ek my vertroue in u.+

 4 In God – wie se woord ek loof –

in God stel ek my vertroue, en ek is nie bang nie.

Wat kan ’n mens* aan my doen?+

 5 Die hele dag lank maak hulle moeilikheid vir my.

Al waaraan hulle dink, is om my kwaad aan te doen.+

 6 Hulle kruip weg sodat hulle my kan aanval.

Hulle hou al my voetstappe dop+

in die hoop om my dood te maak.+

 7 Verwerp hulle as gevolg van hulle goddeloosheid.

Verslaan die nasies in u woede, o God.+

 8 U hou rekord van hoe ek swaarkry as ’n vlugteling.+

Bewaar tog my trane in u leersak.+

Is hulle nie in u boek opgeteken nie?+

 9 My vyande sal terugtrek op die dag dat ek om hulp roep.+

Ek is vol vertroue dat God aan my kant is.+

10 In God – wie se woord ek loof –

in Jehovah – wie se woord ek loof –

11 in God stel ek my vertroue, en ek is nie bang nie.+

Wat kan ’n mens aan my doen?+

12 Ek is gebind deur my geloftes aan u, o God.+

Ek sal woorde van dank aan u offer.+

13 Want u het my van die dood gered+

en gekeer dat my voete struikel,+

sodat ek voor God in die lig van die lewendes kan loop.+

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.* Toe hy vir Saul gevlug het, in die grot in.+

57 Wees genadig teenoor my, o God, wees genadig teenoor my,

want ek kom soek beskerming by u,+

en in die skaduwee van u vlerke kom soek ek beskerming totdat die rampspoed verbygegaan het.+

 2 Ek roep tot God, die Allerhoogste,

tot die ware God, wat ’n einde aan hulle maak vir my.

 3 Hy sal hulp uit die hemel stuur en my red.+

Hy sal die een wat my aanval, laat misluk. (Sela)

God sal sy lojale liefde en sy getrouheid stuur.+

 4 Ek is omring deur leeus.+

Ek moet gaan lê tussen mense wat my wil verslind.

Hulle tande is spiese en pyle,

en hulle tong is ’n skerp swaard.+

 5 Mag u hoog bo die hemel wees, o God.

Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+

 6 Hulle het ’n net gespan om my voete te verstrik.+

Ek gaan gebuk onder sorge.+

Hulle het ’n put voor my gegrawe,

maar hulle het self daarin geval.+ (Sela)

 7 My hart is standvastig, o God,+

my hart is standvastig.

Ek sal sing en musiek maak.

 8 Word wakker, o my hele wese.*

Word wakker, o snaarinstrument, en jy ook, o harp.

Ek sal die dagbreek wakker maak.+

 9 Ek sal u prys onder die volke, o Jehovah.+

Ek sal onder die nasies vir u lofliedere sing.*+

10 Want u lojale liefde is groot, so hoog soos die hemel,+

en u getrouheid strek tot aan die wolke.

11 Mag u hoog bo die hemel wees, o God.

Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.*

58 Kan julle van regverdigheid praat wanneer julle stilbly?+

Kan julle in geregtigheid oordeel, o mensekinders?+

 2 Julle beplan eerder onregverdigheid in julle hart,+

en julle hande versprei geweld in die land.+

 3 Die goddeloses slaan van geboorte af* ’n verkeerde weg in.

Hulle het afgedwaal en is leuenaars vandat hulle gebore is.

 4 Hulle gif is soos die gif van slange.+

Hulle is doof soos die kobra wat sy oor toestop

 5 en wat nie na die stem van slangbesweerders luister nie,

ongeag hoe vaardig hulle met hulle towerspreuke is.

 6 O God, slaan die tande uit hulle mond!

Breek die kakebene van hierdie leeus,* o Jehovah!

 7 Mag hulle verdwyn soos water wat wegloop.

Mag Hy sy boog span en hulle met sy pyle laat val.

 8 Mag hulle soos ’n slak wees wat wegsmelt terwyl dit seil.

Soos ’n vrou se doodgebore kind wat nooit die son sien nie.

 9 Voordat julle kookpotte die hitte van die doringstruik voel,

sal Hy die groen takkie en die brandende takkie wegvee asof in ’n stormwind.+

10 Die regverdige sal bly wees omdat hy die wraak gesien het.+

Sy voete sal vol van die bloed van die goddeloses wees.+

11 Dan sal mense sê: “Daar is beslis ’n beloning vir die regverdige.+

Daar is wel ’n God wat op die aarde oordeel.”+

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Dawid. Miktam.* Toe Saul manne gestuur het om Dawid se huis* dop te hou sodat hulle hom kon doodmaak.+

59 Red my van my vyande, o my God.+

Beskerm my teen dié wat teen my opstaan.+

 2 Red my van dié wat goddelose dinge doen,

en red my van gewelddadige* manne.

 3 Kyk! Hulle lê en wag om my onverwags dood te maak.+

Sterk manne val my aan,

maar nie omdat ek opstandig was of gesondig het nie,+ o Jehovah.

 4 Hoewel ek niks verkeerds gedoen het nie, hardloop hulle en maak hulle gereed om aan te val.

Staan tog op wanneer ek roep, en kyk.

 5 Want u, o Jehovah God van die leërmagte, is die God van Israel.+

Word tog wakker om u aandag te rig op al die nasies.

Moenie genade betoon aan enige goddelose verraaiers nie.+ (Sela)

 6 Hulle kom elke aand terug.+

Hulle grom* soos honde+ en sluip rond in die stad.+

 7 Kyk wat uit hulle mond uitborrel.

Hulle lippe is soos swaarde,+

want hulle sê: “Wie luister?”+

 8 Maar u, o Jehovah, sal vir hulle lag.+

U sal al die nasies bespot.+

 9 O my Sterkte, ek sal op u bly wag,+

want God is my veilige skuilplek.*+

10 Die God wat lojale liefde aan my betoon, sal my kom help.+

God sal my laat sien hoe my vyande val.+

11 Moet hulle nie doodmaak nie, sodat my volk nie sal vergeet nie.

Laat hulle rondswerf deur u mag.

Verslaan hulle, o Jehovah, ons skild.+

12 Mag hulle deur hulle trots verstrik word

weens die sonde van hulle mond, die woord van hulle lippe,+

weens die vloek en die bedrieglike woorde wat hulle sê.

13 Maak ’n einde aan hulle in u woede.+

Maak ’n einde aan hulle, sodat hulle nie meer daar is nie.

Laat hulle weet dat God in Jakob en tot aan die eindes van die aarde regeer.+ (Sela)

14 Laat hulle in die aand terugkom.

Laat hulle soos honde grom* en in die stad rondsluip.+

15 Laat hulle ronddwaal op soek na iets om te eet.+

Laat hulle nie versadig word of blyplek vind nie.

16 Maar ek sal van u krag sing.+

In die oggend sal ek met vreugde van u lojale liefde vertel.

Want u is my veilige skuilplek+

en ’n plek waarheen ek kan vlug in moeilike tye.+

17 O my Sterkte, ek sal vir u lofliedere sing,*+

want God is my veilige skuilplek, die God wat lojale liefde aan my betoon.+

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelie van herinnering”. Miktam.* Van Dawid. Om te onderrig. Toe hy teen Aʹram-Naharaʹim en Aʹram-Soba geveg het, en toe Joab teruggekeer het en 12 000 Edomiete in die Soutvallei doodgemaak het.+

60 O God, u het ons verwerp. U het deur ons verdediging gebreek.+

U was kwaad vir ons, maar aanvaar ons nou tog terug!

 2 U het die aarde laat bewe. U het dit oopgekloof.

Maak sy skeure reg, want dit stort ineen.

 3 U het u volk laat ly.

U het ons wyn laat drink wat ons laat slinger.+

 4 Gee ’n teken* aan dié wat u vrees

om te vlug en voor die boog pad te gee. (Sela)

 5 Red ons met u regterhand en antwoord ons

sodat u geliefdes gered kan word.+

 6 God het in sy heiligheid* gesê:

“Ek sal van vreugde uitroep, ek sal Sigem as ’n erfdeel gee,+

en ek sal die Vallei van Sukkot afmeet.+

 7 Giʹlead behoort aan my, en Manasʹse+ ook,

en Eʹfraim is die helm* vir my kop.

Juda is vir my die staf van ’n bevelvoerder.+

 8 Moab is my wasbak.+

Op Edom sal ek my sandaal gooi.+

Ek sal van vreugde uitroep weens die oorwinning oor Filisteʹa.”+

 9 Wie sal my bring na die stad wat omsingel is?*

Wie sal my tot by Edom lei?+

10 Is dit nie u, o God, deur wie ons verwerp is nie,

ons God, wat nie meer saam met ons leërmagte uitgaan nie?+

11 Help ons in moeilike tye,

want redding deur mense is waardeloos.+

12 Deur God sal ons krag kry,+

en hy sal ons vyande vertrap.+

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. Van Dawid.

61 Hoor my geroep om hulp, o God.

Skenk tog aandag aan my gebed.+

 2 Van die eindes van die aarde af sal ek tot u roep

wanneer my hart alle moed verloor het.*+

Lei my tot op ’n rots wat hoër is as ek.+

 3 Want u is my skuilplek,

’n sterk toring wat my teen die vyand beskerm.+

 4 Ek sal vir ewig ’n gas in u tent wees.+

Ek sal in die skuilplek van u vlerke beskerming kom soek.+ (Sela)

 5 Want u, o God, het my geloftes gehoor.

U het aan my die erfdeel gegee wat behoort aan dié wat u naam vrees.+

 6 U sal dae by die lewe* van die koning voeg,+

en sy jare sal van geslag tot geslag wees.

 7 Hy sal vir ewig op die troon sit* voor God.+

Laat u lojale liefde en getrouheid hom beskerm.+

 8 Dan sal ek vir ewig liedere sing* om u naam te loof+

terwyl ek dag ná dag my geloftes betaal.+

Vir die musiekleier: Van Jeduʹtun.* ’n Melodie van Dawid.

62 Ek wag in stilte op God.

My redding kom van hom.+

 2 Hy is my rots en my redding, my veilige skuilplek.*+

Ek sal altyd standvastig wees.*+

 3 Hoe lank sal julle ’n man aanval om hom te vermoor?+

Julle almal is so gevaarlik soos ’n muur wat skuins staan, ’n klipmuur wat gaan omval.*

 4 Hulle bespreek hoe hulle hom uit sy hoë posisie* kan stoot.

Hulle geniet dit om te lieg.

Hulle seën met hulle mond, maar in hulle binneste spreek hulle ’n vloek uit.+ (Sela)

 5 Ek wag in stilte op God,+

want my hoop kom van hom.+

 6 Hy is my rots en my redding, my veilige skuilplek.

Ek sal altyd standvastig wees.+

 7 My redding en my heerlikheid hang van God af.

God is my sterk rots, my skuilplek.+

 8 Vertrou te alle tye op hom, o volk.

Stort julle hart voor hom uit.+

God is vir ons ’n skuilplek.+ (Sela)

 9 Mense is maar net soos asem.

Die mensekinders is onbetroubaar en bedrieglik.+

Wanneer hulle saam op die weegskaal gesit word, is hulle ligter as asem.+

10 Moenie op afpersing staatmaak

of dink dat julle suksesvol sal wees deur ander te beroof nie.

As julle rykdom vermeerder, moet julle nie julle hart daarop sit nie.+

11 Een keer het God gepraat, ja, twee keer het ek dit gehoor:

Krag behoort aan God.+

12 Lojale liefde behoort ook aan u, o Jehovah,+

want u beloon elkeen volgens sy dade.+

’n Melodie van Dawid, toe hy in die wildernis van Juda was.+

63 O God, u is my God, ek bly soek na u.+

Ek dors na u.+

Ek* is flou van verlange na u

in ’n droë en dorre land, waar daar geen water is nie.+

 2 Ek het u in die heiligdom gesien.

Ek het u krag en u heerlikheid gesien.+

 3 U lojale liefde is beter as die lewe.+

Daarom sal my lippe u verheerlik.+

 4 So sal ek u lewenslank loof.

In u naam sal ek my hande oplig.

 5 Ek word versadig met die beste en die rykste deel,*

en daarom sal my mond u loof met vreugde op my lippe.+

 6 Ek dink aan u terwyl ek op my bed is.

Ek peins gedurende die nag* oor u.+

 7 Want u is my helper,+

en ek roep uit van vreugde in die skaduwee van u vlerke.+

 8 Ek klou vas aan u.

U regterhand hou my stewig vas.+

 9 Maar dié wat my wil doodmaak,

sal in die diepste dele van die aarde afgaan.

10 Hulle sal aan die mag van die swaard oorgelewer word.

Hulle sal kos vir die jakkalse word.

11 Maar die koning sal bly wees as gevolg van God.

Elkeen wat by Hom sweer, sal van vreugde uitroep,*

want die mond van die leuenaars sal stilgemaak word.

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.

64 Hoor my stem, o God, terwyl ek smeek.+

Beskerm my lewe teen die bedreiging van die vyand.

 2 Beskerm my teen die geheime planne van goddelose manne,+

teen die groot groep oortreders.

 3 Hulle maak hulle tong skerp net soos ’n swaard.

Hulle rig hulle wrede woorde soos pyle,

 4 om uit hulle skuilplekke op die onskuldige te skiet.

Hulle skiet skielik op hom, sonder om bang te wees.

 5 Hulle hou vas aan hulle slegte bedoelings.*

Hulle bespreek hoe om hulle strikke te stel.

Hulle sê: “Wie sal dit sien?”+

 6 Hulle soek na nuwe maniere om verkeerde dinge te doen.

In die geheim dink hulle hulle slinkse strategie uit.+

Die gedagtes van hulle hart is ’n groot raaisel.

 7 Maar God sal op hulle skiet.+

Skielik sal hulle deur ’n pyl gewond word.

 8 Hulle eie tong sal hulle ondergang veroorsaak.+

Almal wat toekyk, sal hulle kop skud.

 9 Dan sal alle mense bang word,

en hulle sal verkondig wat God gedoen het,

en hulle sal insig in sy dade hê.+

10 Die regverdige sal bly wees as gevolg van Jehovah en sal beskerming by hom kom soek.+

Al die opregtes van hart sal van vreugde uitroep.*

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. ’n Lied.

65 U sal in Sion geloof word, o God.+

Ons sal ons geloftes aan u betaal.+

 2 O Hoorder van gebed, alle soorte mense* sal na u toe kom.+

 3 My oortredings het my oorweldig,+

maar u bedek ons oortredings.+

 4 Gelukkig is die een wat u kies en laat nader kom

om in u voorhowe te woon.+

Ons sal versadig word met die goeie dinge van u huis,+

u heilige tempel.*+

 5 U sal ons met ontsagwekkende dade+ van regverdigheid antwoord,

o God van ons redding.

U is die Vertroue van al die eindes van die aarde+

en van dié wat ver oor die see is.

 6 U* het die berge stewig gevestig met u krag.

U* is geklee met mag.+

 7 U* kalmeer die onstuimige seë,+

die gedruis van hulle golwe en die oproerigheid van die nasies.+

 8 U dade* vervul die inwoners van afgeleë plekke met ontsag.+

Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, laat u mense van vreugde uitroep.

 9 U sorg vir die aarde,

en u maak dit baie vrugbaar en ryk.*+

Die stroom wat van God kom, is vol water.

U voorsien graan vir hulle,+

want dit is hoe u die aarde voorberei het.

10 U maak sy vore vol water, en sy geploegde grond gelyk.

U maak dit sag met reënbuie. U seën sy opbrengs.+

11 U kroon die jaar met u goedheid.

U spore drup van oorvloed.*+

12 Die weivelde van die wildernis bly oorloop,+

en die heuwels is geklee met vreugde.+

13 Die weivelde is vol kuddes,

en die valleie is bedek met graan.+

Hulle roep van vreugde uit, ja, hulle sing.+

Vir die musiekleier. ’n Lied. ’n Melodie.

66 Loof God en roep van vreugde uit, almal op aarde.+

 2 Sing liedere* om sy glorieryke naam te loof.

Gee hom heerlikheid en prys hom.+

 3 Sê vir God: “Hoe ontsagwekkend is u werke tog!+

As gevolg van u groot krag

sal u vyande voor u kruip.+

 4 Die hele aarde sal voor u neerbuig.+

Hulle sal lofliedere vir u sing.

Hulle sal liedere sing om u naam te loof.”+ (Sela)

 5 Kom en sien die werke van God.

Sy dade vir die mensekinders is ontsagwekkend.+

 6 Hy het die see in droë land verander.+

Hulle het te voet deur die rivier gegaan.+

Daar was ons bly as gevolg van hom.+

 7 Hy regeer vir ewig+ deur sy mag.

Hy hou sy oog op die nasies.+

Dié wat hardkoppig is, moenie op ander neersien nie.+ (Sela)

 8 Loof ons God, o volke,+

en laat die geluid van sy lof gehoor word.

 9 Hy bewaar ons lewe.+

Hy laat nie toe dat ons voete struikel* nie.+

10 Want u het ons ondersoek, o God.+

Soos silwer gesuiwer word, so het u ons gesuiwer.

11 U het ons in ’n vangnet laat beland.

U het ’n swaar las op ons* geplaas.

12 U het toegelaat dat die sterflike mens oor ons* ry.

Ons het deur vuur en deur water gekom.

Toe het u ons na ’n plek van verligting gebring.

13 Ek sal met heelbrandoffers in u huis ingaan.+

Ek sal my geloftes aan u betaal+

14 wat my lippe belowe het+

en wat my mond gesê het toe ek in groot moeilikheid was.

15 Ek sal vetgemaakte diere as heelbrandoffers aan u bring,

saam met die rook van skaapramme wat geoffer word.

Ek sal bulle saam met bokramme offer. (Sela)

16 Kom luister, julle almal wat God vrees,

en ek sal julle vertel wat hy vir my gedoen het.+

17 Ek het tot hom geroep met my mond

en hom verheerlik met my tong.

18 As ek iets skadeliks in my hart gekoester het,

sou Jehovah nie na my geluister het nie.+

19 Maar God het wel gehoor.+

Hy het aandag geskenk aan my gebed.+

20 Mag God geloof word, wat my gebed nie verwerp het nie

en sy lojale liefde nie van my teruggehou het nie.

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. ’n Melodie. ’n Lied.

67 God sal ons sy goedkeuring gee en ons seën.

Hy sal goedheid aan ons betoon+ (Sela)

 2 sodat u weg regoor die aarde bekend kan wees,+

u reddingsdade onder al die nasies.+

 3 Laat volke u prys, o God.

Laat al die volke u prys.

 4 Laat die nasies bly wees en van vreugde uitroep,+

want u sal die volke regverdig oordeel.+

U sal die nasies van die aarde rig. (Sela)

 5 Laat volke u prys, o God.

Laat al die volke u prys.

 6 Die aarde sal sy opbrengs lewer.+

God, ons God, sal ons seën.+

 7 God sal ons seën,

en al die eindes van die aarde sal hom vrees.*+

Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie. ’n Lied.

68 Laat God opstaan, laat sy vyande verstrooi word,

en laat dié wat hom haat, van hom af wegvlug.+

 2 Mag u hulle verdryf soos rook wat weggewaai word.

Laat die goddeloses voor God verdwyn+

soos was wat voor die vuur smelt.

 3 Maar laat die regverdiges vreugdevol wees.+

Mag hulle baie bly wees voor God.

Mag hulle van vreugde uitroep.

 4 Sing vir God, sing liedere* om sy naam te loof.+

Sing vir die Een wat deur die woestynvlaktes* ry.

Jah* is sy naam!+ Wees vreugdevol voor hom!

 5 ’n Vader van vaderlose kinders en ’n beskermer* van weduwees+

is God in sy heilige woonplek.+

 6 God gee dié wat alleen is, ’n huis om in te woon.+

Hy lei gevangenes uit na voorspoed.+

Maar die hardkoppiges* moet in ’n dorre land woon.+

 7 O God, toe u u volk gelei het,*+

toe u deur die woestyn getrek het, (Sela)

 8 het die aarde gebewe.+

Reën het uit die hemel gestort* as gevolg van God.

Hierdie Siʹnai het gebewe as gevolg van God, die God van Israel.+

 9 U het baie reën laat val, o God.

U het nuwe krag gegee aan u uitgeputte volk.*

10 Hulle het in u tentgemeenskap gewoon.+

In u goedheid het u vir die armes gesorg, o God.

11 Jehovah gee die bevel.

Die vrouens wat die goeie nuus verkondig, is ’n groot leërmag.+

12 Die konings van leërmagte vlug,+ hulle vlug!

Die vrou wat by die huis bly, ontvang ’n deel van wat die vegters geneem het.+

13 Al het julle tussen die kampvure* gelê, o manne,

sal daar die vlerke van ’n duif wees wat met silwer oorgetrek is,

met vlerkpunte van suiwer* goud.

14 Toe die Almagtige die konings in die land verstrooi het,+

het dit op Salmon gesneeu.*

15 Die berg Basan+ is ’n berg van God.*

Die berg Basan is ’n berg met pieke.

16 Hoekom kyk julle, o berge met pieke,

jaloers na die berg wat God as sy woonplek uitgekies* het?+

Ja, Jehovah sal vir ewig daar woon.+

17 God het tienduisende strydwaens, duisende en nog duisende.+

Jehovah het van Siʹnai af in die heiligdom ingekom.+

18 U het na bo opgevaar,+

en u het gevangenes weggeneem.

U het gawes in die vorm van mense geneem,+

ja, selfs hardkoppiges,+ om onder hulle te woon,

o Jah God.

19 Mag Jehovah geloof word, wat elke dag ons vrag dra,+

die ware God van ons redding. (Sela)

20 Die ware God is vir ons ’n God wat red,+

en Jehovah die Soewereine Heer kan ’n mens van die dood red.+

21 Ja, God sal die kop van sy vyande stukkend breek,

die harige kroon van die kop van enigiemand wat aanhou sondig.*+

22 Jehovah het gesê: “Ek sal hulle uit Basan+ terugbring.

Ek sal hulle uit die dieptes van die see terugbring,

23 sodat die bloed van julle vyande oor julle voete kan spoel+

en die tong van julle honde dit kan oplek.”

24 Hulle sien u optogte, o God,

die optogte van my God, my Koning, na die heiligdom.+

25 Die sangers loop voor, en die musikante met die snaarinstrumente volg hulle.+

Tussenin is die jong vroue wat op tamboeryne speel.+

26 Loof God onder die skare wat bymekaargekom het.*

Prys Jehovah, julle wat uit die Bron van Israel is.+

27 Daar is Benjamin,+ die jongste, wat hulle onderwerp,

en ook die leiers van Juda met hulle juigende skare,

die leiers van Seʹbulon, die leiers van Nafʹtali.

28 Julle God het beveel dat julle krag ontvang.

Toon u krag, o God, u wat vir ons opgetree het.+

29 As gevolg van u tempel in Jerusalem+

sal konings geskenke aan u bring.+

30 Bestraf die wilde diere van die riete,

die hordes bulle+ en hulle kalwers,

totdat die volke neerbuig en silwerstukke bring.*

Maar hy verstrooi die volke wat dit geniet om oorlog te voer.

31 Voorwerpe van brons sal uit Egipte gebring word.*+

Kus sal haastig wees om geskenke vir God aan te bied.

32 O koninkryke van die aarde, sing vir God,+

sing lofliedere* vir Jehovah, (Sela)

33 vir die Een wat op die oeroue hemel ry, die hoogste hemel.+

Kyk! Sy stem dreun soos die donder, sy magtige stem.

34 Erken God se krag.+

Sy majesteit is oor Israel,

en sy krag is in die hemel.*

35 God is ontsagwekkend vanuit sy* groot heiligdom.+

Hy is die God van Israel,

wat krag en mag aan die volk gee.+

Mag God geloof word.

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelies”. Van Dawid.

69 Red my, o God, want die water bedreig my lewe.+

 2 Ek het in die diep modder weggesink, met geen vaste grond onder my nie.+

Ek het in diep water beland,

en die kragtige stroom het my weggespoel.+

 3 Ek is uitgeput van my geroep,+

en my keel het hees geword.

My oë het moeg geword terwyl ek op my God gewag het.+

 4 Dié wat my sonder rede haat,+

is meer as die hare op my kop.

Dié wat my wil doodmaak,

my bedrieglike vyande,* het baie geword.

Ek is gedwing om dinge te oorhandig wat ek nie gesteel het nie.

 5 O God, u weet dat ek dwaas opgetree het,

en my skuld is nie vir u weggesteek nie.

 6 Mag dié wat op u hoop, nie as gevolg van my in die skande gesteek word nie,

o Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte.

Mag dié wat u dien,* nie as gevolg van my verneder word nie,

o God van Israel.

 7 Ek word beledig ter wille van u.+

Skande bedek my gesig.+

 8 Ek het vir my broers ’n vreemdeling geword,

’n uitlander vir die seuns van my moeder.+

 9 Ywer vir u huis het my verteer,+

en die beledigings van dié wat u beledig, het op my neergekom.+

10 Toe ek my verneder het deur te vas,*

is ek beledig daarvoor.

11 Toe ek saklinne aangetrek het,

het ek vir hulle ’n bespotting* geword.

12 In die stadspoort word daar van my gepraat,

en die dronkaards sing liedjies oor my.

13 Maar mag my gebed u bereik,

o Jehovah, op u bestemde tyd.+

U is vol lojale liefde, o God,

antwoord my met u reddingsdade, wat betroubaar is.+

14 Red my uit die modder.

Moet my nie laat wegsink nie.

Red my van dié wat my haat

en uit die diep waters.+

15 Moenie toelaat dat die kragtige vloedwaters my wegspoel+

of dat die diepte my insluk

of dat die put sy mond oor my toemaak nie.+

16 Antwoord my, o Jehovah, want u lojale liefde is goed.+

Skenk aandag aan my in ooreenstemming met u groot genade,+

17 en moenie u gesig van u kneg af wegdraai nie.+

Antwoord my gou, want ek is in groot moeilikheid.+

18 Kom na my toe en red my.

Verlos my van my vyande.

19 U is bewus van die beledigings, die skande en die vernedering wat ek verduur.+

U sien al my vyande.

20 Die beledigings het my hart gebreek, en die wond is ongeneeslik.*

Ek het gehoop om simpatie te kry, maar daar was niks nie,+

en dat iemand my sal vertroos, maar daar was niemand nie.+

21 Maar hulle het vir my gif* as voedsel gegee,+

en toe ek dors was, het hulle my asyn laat drink.+

22 Laat hulle tafel vir hulle ’n strik word,

en hulle voorspoed ’n vangnet.+

23 Laat hulle oë blind word sodat hulle nie kan sien nie,

en laat hulle heupe heeltyd bewe.

24 Stort u woede* oor hulle uit,

en laat u brandende woede hulle inhaal.+

25 Laat hulle kamp* verlate word.

Laat daar geen inwoner in hulle tente wees nie.+

26 Want hulle sit die een agterna wat deur u geslaan is,

en hulle bly vertel van die pyne van dié wat deur u gewond is.

27 Voeg nog skuld by hulle skuld,

en mag hulle geen deel aan u regverdigheid hê nie.

28 Laat hulle uit die boek van die lewendes* uitgewis word,+

en mag hulle nie saam met die regverdiges ingeskryf word nie.+

29 Maar ek kry swaar en ek is in pyn.+

Mag u reddingskrag my beskerm, o God.

30 Ek sal liedere sing om die naam van God te loof,

en ek sal hom met danksegging verheerlik.

31 Jehovah sal dit verkies bo bulle,

bo jong bulle met horings en hoewe.+

32 Die nederiges sal dit sien en sal bly wees.

Julle wat God dien,* mag julle hart nuwe krag kry.

33 Want Jehovah luister na die armes,+

en hy sal sy gevange volk nie verwerp nie.+

34 Laat hemel en aarde hom loof,+

die seë en alles wat daarin beweeg.

35 Want God sal Sion red+

en die stede van Juda herbou.

Hulle sal daar woon en dit* besit.

36 Die nakomelinge van sy knegte sal dit erf,+

en dié wat sy naam liefhet,+ sal daarin woon.

Vir die musiekleier. Van Dawid, om as ’n herinnering te dien.

70 O God, red my.

O Jehovah, kom tog gou en help my.+

 2 Mag dié wat my wil doodmaak,

skaam kry en verneder word.

Mag dié wat bly is oor my rampspoed,

in skande terugtrek.

 3 Mag dié wat sê: “Aha! Aha!”

in skaamte teruggedryf word.

 4 Maar laat dié wat u dien,*

van vreugde uitroep en bly wees as gevolg van u.+

Mag almal wat lief is vir u reddingsdade, altyd sê:

“Mag God verheerlik word!”

 5 Maar ek is hulpeloos en arm.+

O God, tree tog gou vir my op.+

U is my helper en my redder.+

O Jehovah, moenie te lank wag voordat u kom nie.+

71 By u, o Jehovah, het ek beskerming kom soek.

Mag ek nooit verneder word nie.+

 2 Red my en verlos my in u regverdigheid.

Skenk aandag aan* my en red my.+

 3 Word vir my ’n rotsvesting

waar ek altyd kan ingaan.

Beveel dat ek gered word,

want u is my groot rots en my vesting.+

 4 O my God, red my uit die hand van die goddelose,+

uit die greep van die onregverdige onderdrukker.

 5 Want u is my hoop, o Soewereine Heer Jehovah.

Ek het van jongs af op u vertrou.+

 6 Ek het van geboorte af op u staatgemaak.

Dit was u wat my uit die baarmoeder geneem het.+

Ek prys u voortdurend.

 7 Baie was verstom toe hulle sien wat met my gebeur het,

maar u is my veilige skuilplek.

 8 My mond is vol lof vir u.+

Die hele dag lank vertel ek van u heerlikheid.

 9 Moenie my verstoot op my oudag nie.+

Moenie my verlaat wanneer ek nie meer krag het nie.+

10 My vyande praat teen my,

en dié wat my wil doodmaak, beraam planne teen my+

11 en sê: “God het hom verlaat.

Sit hom agterna en vang hom, want daar is niemand om hom te red nie.”+

12 O God, moenie ver van my af bly nie.

O my God, kom gou en help my.+

13 Mag dié wat my teëstaan,

verneder word en vernietig word.+

Mag dié wat rampspoed oor my wil bring,

met skande en vernedering bedek word.+

14 Maar wat my betref, ek sal bly wag.

Ek sal bydra tot u lof.

15 My mond sal u regverdigheid verkondig,+

u reddingsdade, die hele dag lank,

al is dit te veel vir my om te begryp.*+

16 Ek sal van u magtige dade kom vertel,

o Soewereine Heer Jehovah.

Ek sal van niemand anders se regverdigheid praat nie.

17 O God, u het my van jongs af geleer,+

en tot nou toe bly ek u wonderlike werke verkondig.+

18 Selfs wanneer ek oud en grys is, o God, moet u my nie verlaat nie.+

Laat ek die volgende geslag van u krag* vertel,

en laat ek almal wat nog moet kom, van u mag vertel.+

19 U regverdigheid, o God, strek tot by die hoogtes.+

U het groot dinge gedoen.

O God, wie is soos u?+

20 U het my soveel moeilike tye en rampspoed laat ondervind,+

maar gee my tog nuwe krag.

Laat my opkom uit die dieptes* van die aarde.+

21 Mag u my grootheid vermeerder

en my met u beskerming omring en my vertroos.

22 Dan sal ek u met ’n snaarinstrument prys

as gevolg van u getrouheid, o my God.+

Ek sal vir u lofliedere sing* terwyl ek op die harp speel,

o Heilige van Israel.

23 My lippe sal vreugdevol uitroep terwyl ek lofliedere vir u sing,+

want u het my lewe gered.+

24 My tong sal die hele dag lank van u regverdigheid praat,*+

want dié wat my wil vernietig, sal skaam kry en verneder word.+

Oor Salomo.

72 O God, leer die koning u oordele,

en leer die seun van die koning u regverdigheid.+

 2 Mag hy die saak van u volk met regverdigheid verdedig,

en die saak van die hulpeloses met geregtigheid.+

 3 Mag die berge vir die volk vrede bring,

en mag die heuwels regverdigheid bring.

 4 Laat hy die hulpeloses onder die volk verdedig,*

laat hy die kinders van die arme red,

en laat hy die bedrieër vernietig.+

 5 Hulle sal u vrees solank daar ’n son is

en solank die maan bestaan,

van geslag tot geslag.+

 6 Hy sal wees soos die reën wat op die gesnyde gras val,

soos reënbuie wat die aarde natmaak.+

 7 Die regverdige sal in sy dae floreer,*+

en daar sal ’n oorvloed van vrede wees+ totdat die maan nie meer daar is nie.

 8 Hy sal onderdane hê* van see tot see

en van die Rivier* tot aan die eindes van die aarde.+

 9 Dié wat in die woestyn woon, sal voor hom neerbuig,

en hy sal sy vyande verslaan.+

10 Die konings van Tarsis en van die eilande

en die konings van Skeba en Seba sal skatting* betaal.+

11 Al die konings sal voor hom neerbuig,

en al die nasies sal hom dien.

12 Want hy sal die arme red wat om hulp roep,

en ook enigiemand wat geen helper het nie.

13 Hy sal jammer voel vir die hulpelose en die arme,

en hy sal die lewens van die armes red.

14 Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle red,

en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.

15 Mag hy lewe, en mag die goud van Skeba+ aan hom gegee word.

Mag daar heeltyd vir hom gebid word,

en mag hy die hele dag lank geseën word.

16 Daar sal volop graan op die aarde wees.+

Op die top van die berge sal daar ’n oorvloed wees.

Sy graan sal so volop wees soos die bome in die Liʹbanon-berge,+

en in die stede sal mense vermeerder soos die plante van die aarde.+

17 Mag sy naam vir ewig bly bestaan,+

en mag dit net so lank voortleef soos die son.

Mag mense vir hulleself ’n seën verkry deur middel van hom.+

Mag alle nasies hom gelukkig noem.

18 Mag Jehovah God, Israel se God, geloof word.+

Hy alleen doen wonderlike dinge.+

19 Mag sy glorieryke naam vir ewig geloof word,+

en mag sy heerlikheid die hele aarde vul.+

Amen en Amen.

20 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.+

BOEK DRIE

(Psalm 73-89)

’n Melodie van Asaf.+

73 God is werklik goed vir Israel, vir dié wat suiwer van hart is.+

 2 Maar my voete het amper afgedwaal.

My voete het amper gegly.+

 3 Want ek het jaloers geword op die hoogmoediges*

toe ek die vrede van die goddeloses gesien het.+

 4 Want hulle het geen pyn wanneer hulle sterf nie.

Hulle liggaam is gesond.*+

 5 Hulle het nie probleme soos ander mense nie,+

en hulle ly nie soos ander nie.+

 6 Daarom is hoogmoed vir hulle ’n versiering om hulle nek.+

Geweld bedek hulle soos ’n kleed.

 7 Hulle voorspoed* laat hulle oë uitpeul.

Hulle het meer as wat hulle hulle ooit kon voorstel.

 8 Hulle spot en sê goddelose dinge.+

Hoogmoedig dreig hulle om ander te onderdruk.+

 9 Hulle praat asof hulle so hoog soos die hemel is,

en hulle tong spog op die aarde.

10 Daarom loop God se* volk agter hulle aan,

en hulle drink van hulle oorvloedige water.

11 Hulle sê: “Hoe weet God?+

Het die Allerhoogste regtig kennis?”

12 Ja, so is die goddeloses, wie se lewe altyd maklik is.+

Hulle hou aan om hulle rykdom te vermeerder.+

13 Ek het seker verniet my hart suiwer gehou

en my hande in onskuld gewas.+

14 Die hele dag lank was ek ongelukkig.+

Ek is elke oggend gestraf.+

15 Maar as ek hierdie dinge gesê het,

sou ek u volk* verraai het.

16 Toe ek dit probeer verstaan het,

was dit vir my moeilik,

17 totdat ek in die groot heiligdom van God ingegaan het

en ek besef het wat hulle toekoms sal wees.

18 U plaas hulle op glibberige grond,+

sodat hulle sal val en vernietig word.+

19 Hoe skielik word hulle vernietig!+

Hoe skielik kom hulle tot ’n verskriklike einde!

20 Soos ’n droom wat iemand vergeet wanneer hy wakker word, o Jehovah,

so sal u hulle beeld laat verdwyn* wanneer u wakker word.

21 Maar my hart was verbitterd,+

en diep binne-in my* het ek intense pyn gevoel.

22 Ek was onverstandig en sonder begrip.

Ek was soos ’n verstandelose dier voor u.

23 Maar nou is ek heeltyd by u.

U het my regterhand gevat.+

24 U lei my met u raad,+

en daarna sal u my tot heerlikheid lei.+

25 Wie het ek in die hemel?

En behalwe u begeer ek niks op die aarde nie.+

26 My liggaam en my hart mag dalk ingee,

maar God is vir ewig die rots van my hart en my deel.+

27 Dié wat ver van u af wegbly, sal vernietig word.

U sal ’n einde maak aan enigiemand* wat ontrou is en u verlaat.*+

28 Maar wat my betref, dit is vir my goed om nader aan God te kom.+

Ek soek beskerming by die Soewereine Heer Jehovah.

Al u werke maak ek bekend.+

’n Maskil.* Van Asaf.+

74 Hoekom, o God, het u ons vir ewig verwerp?+

Hoekom brand* u woede teen die skape van u weiding?+

 2 Dink aan die volk* wat u lank gelede uitgekies het,+

die stam wat u as u erfdeel losgekoop het.+

Onthou die berg Sion, waar u gewoon het.+

 3 Rig u aandag* op die plekke wat geheel en al verwoes is.+

Die vyand het alles in die heiligdom vernietig.+

 4 U vyande het in u vergaderplek gebrul.+

Hulle het hulle eie baniere daar as tekens opgerig.

 5 Hulle was soos manne wat byle swaai in ’n digte woud.

 6 Hulle het al die graverings daarvan+ met byle en ysterpale stukkend geslaan.

 7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek.+

Hulle het die tabernakel wat u naam dra, ontheilig deur dit tot op die grond af te breek.

 8 Hulle en hulle nageslag het in hulle hart gesê:

“Al die plekke in die land waar God aanbid word,* moet verbrand word.”

 9 Daar is geen tekens wat ons kan sien nie.

Daar is nie meer ’n profeet nie,

en niemand onder ons weet hoe lank dit so sal wees nie.

10 Hoe lank, o God, sal die teenstander u bly uittart?+

Sal die vyand u naam vir ewig sonder respek behandel?+

11 Hoekom hou u u hand, u regterhand, terug?+

Haal dit uit die voue van u kleed* en maak ’n einde aan hulle.

12 Maar God is van lank gelede af my Koning,

die Een wat reddingsdade op die aarde verrig.+

13 U het die see onstuimig gemaak met u krag.+

U het die koppe van die seemonsters in die waters stukkend gebreek.

14 U het die koppe van die Leviaʹtan* stukkend gebreek.

U het dit as voedsel vir die volk gegee, vir dié wat in die woestyne woon.

15 U het openinge gemaak vir die fonteine en die strome.+

U het riviere wat altyd vloei, laat opdroog.+

16 Die dag behoort aan u, sowel as die nag.

U het die lig en die son gemaak.+

17 U het al die grense van die aarde vasgestel.+

U het die somer en die winter gemaak.+

18 Dink aan hoe die vyand u uittart, o Jehovah,

hoe ’n dwase volk u naam sonder respek behandel.+

19 Moenie die lewe van u tortelduif aan die wilde diere gee nie.

Moenie die lewe van u hulpelose volk vir ewig vergeet nie.

20 Dink aan die verbond,

want die donker plekke van die aarde het die broeiplekke van geweld geword.

21 Mag die een wat onderdruk is, nie teleurgesteld weggaan nie.+

Mag die hulpelose en die arme u naam loof.+

22 Staan op, o God, en verdedig u regsaak.

Dink aan hoe die dwase u die hele dag lank uittart.+

23 Moenie vergeet wat u vyande sê nie.

Die geraas van dié wat u uittart, styg die hele tyd op.

Vir die musiekleier. Op die wysie van “Moenie vernietig nie”. Van Asaf.+ ’n Lied.

75 Ons dank u, o God, ons dank u.

U naam is naby,+

en mense verkondig u wonderlike werke.

 2 U sê: “Wanneer ek ’n tyd vasstel,

oordeel ek met regverdigheid.

 3 Toe die aarde en al sy inwoners gebewe* het,

het ek sy pilare stewig gehou.” (Sela)

 4 Ek sê vir die grootpraters: “Moenie grootpraat nie,”

en vir die goddeloses: “Moenie spog oor julle krag* nie.

 5 Moenie spog dat julle so sterk is nie*

of hoogmoedig praat nie.

 6 Want heerlikheid kom nie

uit die ooste of die weste of die suide nie.

 7 Want God is die Regter.+

Hy verneder die een en verheerlik die ander.+

 8 Want daar is ’n beker in Jehovah se hand.+

Die wyn skuim en is goed gemeng.

Hy sal dit beslis uitgooi,

en al die goddeloses van die aarde sal tot die laaste druppel opdrink.”+

 9 Maar wat my betref, ek sal dit vir ewig verkondig.

Ek sal lofliedere sing* vir die God van Jakob.

10 Want hy sê: “Ek sal ’n einde maak aan al die krag* van die goddeloses,

maar die krag* van die regverdiges sal verheerlik word.”

Vir die musiekleier: Moet met snaarinstrumente begelei word. ’n Melodie van Asaf.+ ’n Lied.

76 God is bekend in Juda.+

Sy naam is groot in Israel.+

 2 Sy skuilplek is in Salem,+

en sy woonplek is in Sion.+

 3 Daar het hy die vlammende pyle van die boog gebreek,

die skild en die swaard en die oorlogswapens.+ (Sela)

 4 U skyn helder.

U heerlikheid is groter as die berge vol prooi.

 5 Die dapper manne is gestroop.+

Hulle het aan die slaap geraak.

Die vegters was almal hulpeloos.+

 6 As gevolg van u straf, o God van Jakob,

het die strydwa se drywer sowel as die perd vas aan die slaap geraak.+

 7 U alleen is ontsagwekkend.+

Wie kan u intense woede weerstaan?+

 8 Vanuit die hemel het u die oordeel uitgespreek.+

Die aarde was bang en het stilgebly+

 9 toe God opgestaan het om te oordeel en te straf,

om al die nederiges van die aarde te red.+ (Sela)

10 Want die woede van die mens sal daartoe lei dat u geprys word.+

Met die res van hulle woede sal u uself versier.

11 Maak julle geloftes aan Jehovah julle God, en kom dit na,+

laat almal om hom hulle geskenk met vrees bring.+

12 Hy sal die trots* van leiers verneder.

Hy vervul die konings van die aarde met vrees.

Vir die musiekleier: Op Jeduʹtun.* Van Asaf.+ ’n Melodie.

77 Met my stem sal ek tot God roep.

Ek sal tot God roep, en hy sal my hoor.+

 2 Op die dag van my rampspoed soek ek Jehovah.+

In die nag is my hande heeltyd* na hom toe uitgestrek.

Ek kan nie vertroos word nie.

 3 Wanneer ek aan God dink, kreun ek.+

Ek is baie bekommerd en het nie meer krag nie.*+ (Sela)

 4 U laat nie toe dat ek my oë toemaak nie.

Ek is ontsteld en kan nie praat nie.

 5 Ek het begin dink aan die dae van lank gelede,+

die jare van die verre verlede.

 6 In die nag dink ek aan my lied.*+

Ek peins in my hart.+

Ek* stel deeglik ondersoek in.

 7 Sal Jehovah ons vir ewig verwerp?+

Sal hy ons nooit weer sy goedkeuring gee nie?+

 8 Het sy lojale liefde vir ewig geëindig?

Sal sy belofte van geslag tot geslag op niks uitloop nie?

 9 Het God vergeet om medelye* te betoon?+

Of het sy woede sy genade laat ophou? (Sela)

10 Moet ek bly sê: “Dít is wat my pla:*+

Die Allerhoogste het sy standpunt* teenoor ons verander”?

11 Ek sal aan die werke van Jah dink.

Ek sal aan u wonderlike dade van lank gelede dink.

12 En ek sal nadink oor alles wat u doen

en peins oor u handelinge.+

13 O God, u weë is heilig.

Watter god is so groot soos u, o God?+

14 U is die ware God, wat wonderlike dinge doen.+

U het u krag aan die volke geopenbaar.+

15 Met u krag* het u u volk gered,*+

die kinders van Jakob en van Josef. (Sela)

16 Die waters het u gesien, o God.

Die waters het u gesien en het onrustig geword.+

Die diep waters het onstuimig geword.

17 Die wolke het water uitgestort.

In die bewolkte lug het donderslae gedreun,

en u pyle het in alle rigtings gevlieg.+

18 Die geluid van u donderslae+ was soos die wiele van strydwaens.

Weerligstrale het die bewoonde aarde* verlig.+

Die aarde het gebewe en geskud.+

19 U weg het deur die see gegaan,+

u pad deur baie waters.

Maar u voetspore kon nie gevind word nie.

20 U het u volk net soos ’n kudde gelei,+

in die sorg* van Moses en Aäron.+

Maskil.* Van Asaf.+

78 Luister, my volk, na my wet.*

Skenk aandag aan die woorde van my mond.

 2 Ek sal my mond oopmaak met ’n spreekwoord.

Ek sal raaisels van lank gelede vertel.+

 3 Die dinge wat ons gehoor het en wat ons weet,

wat ons vaders ons vertel het,+

 4 sal ons nie vir hulle kinders wegsteek nie.

Ons sal die geslag wat kom,

van die lofwaardige dade van Jehovah en van sy krag vertel,+

van die wonderlike dinge wat hy gedoen het.+

 5 Hy het ’n herinnering in Jakob gegee

en ’n wet in Israel gemaak.

Hy het ons voorvaders beveel

om hierdie dinge aan hulle kinders bekend te maak,+

 6 sodat die volgende geslag,

die kinders wat nog gebore sal word, daarvan kan weet.+

Hulle sal weer hulle kinders daarvan vertel.+

 7 Dan sal hulle hulle vertroue in God stel.

Hulle sal God se werke nie vergeet nie.+

Hulle sal sy gebooie gehoorsaam.+

 8 Dan sal hulle nie soos hulle voorvaders wees nie,

’n hardkoppige en opstandige geslag,+

’n geslag wie se hart nie standvastig* was nie+

en wie se gees nie aan God getrou was nie.

 9 Die Efraimiete was met die boog gewapen,

maar hulle het teruggetrek op die dag van die geveg.

10 Hulle het nie die verbond van God gehou nie,+

en hulle het geweier om sy wet te volg.+

11 Hulle het ook vergeet wat hy gedoen het,+

sy wonderlike werke wat hy hulle laat sien het.+

12 Hy het wonderlike dinge voor die oë van hulle voorvaders gedoen,+

in Egipte, die gebied van Soan.+

13 Hy het die see verdeel sodat hulle kon deurgaan,

en hy het die waters soos ’n dam* laat opstaan.+

14 Hy het hulle in die dag met ’n wolk gelei,

en deur die hele nag met die lig van ’n vuur.+

15 Hy het rotse in die wildernis oopgebreek.

Hy het hulle genoeg laat drink, asof uit diep waters.+

16 Hy het strome uit ’n groot rots laat kom

en het waters soos riviere laat afvloei.+

17 Maar hulle het aangehou om teen hom te sondig

deur teen die Allerhoogste in opstand te kom in die woestyn.+

18 Hulle het God in hulle hart uitgedaag*+

deur aan te dring op kos wat hulle begeer het.

19 Hulle het dus teen God gepraat

en gesê: “Kan God ’n tafel in die wildernis dek?”+

20 Kyk! Hy het ’n rots geslaan

sodat waters gevloei en uitgestroom het.+

“Kan hy vir ons ook brood gee,

of kan hy vir sy volk vleis gee?”+

21 Toe Jehovah hoor wat hulle sê, het hy woedend geword.+

’n Vuur+ het teen Jakob gebrand,

en sy woede het teen Israel opgevlam+

22 omdat hulle nie geloof in God gestel het+

of vertroue gehad het in sy vermoë om hulle te red nie.

23 Hy het die bewolkte lug ’n bevel gegee,

en hy het die deure van die hemel oopgemaak.

24 Hy het aangehou om manna te laat reën vir hulle om te eet.

Hy het die graan van die hemel vir hulle gegee.+

25 Mense het die brood van magtiges* geëet.+

Hy het genoeg voorsien om hulle te versadig.+

26 Hy het die oostewind in die hemel laat opkom

en ’n suidewind deur middel van sy krag laat waai.+

27 En hy het vleis op hulle laat reën net soos stof,

voëls soos die sand van die see.

28 Hy het dit in die middel van sy kamp laat val,

al om sy tente.

29 En hulle het geëet en hulle ooreet.

Hy het hulle gegee wat hulle begeer het.+

30 Maar voordat hulle hulle begeerte heeltemal bevredig het,

terwyl hulle kos nog in hulle mond was,

31 het God woedend geword vir hulle.+

Hy het hulle sterkste manne doodgemaak.+

Hy het die jong manne van Israel neergeslaan.

32 Ten spyte hiervan het hulle selfs verder gesondig+

en geen geloof in sy wonderlike werke gestel nie.+

33 Daarom het hy hulle dae tot ’n einde gebring, asof dit net asem was,+

en hulle jare beëindig deur middel van verskriklike dinge wat skielik oor hulle gekom het.

34 Maar elke keer wanneer hy party van hulle doodgemaak het, het hulle hom gesoek.+

Hulle het teruggekeer en God gesoek.

35 Hulle het onthou dat God hulle Rots is+

en dat die allerhoogste God hulle Verlosser* is.+

36 Maar hulle het hom met hulle mond probeer mislei

en met hulle tong vir hom gelieg.

37 Hulle hart was nie standvastig teenoor hom nie.+

En hulle was nie getrou aan sy verbond nie.+

38 Maar hy was genadig.+

Hy het hulle oortreding vergewe* en hulle nie vernietig nie.+

Hy het sy woede dikwels teruggehou+

in plaas daarvan om dit te laat opvlam.

39 Want hy het in gedagte gehou dat hulle vlees is,+

’n wind wat verbywaai en nie terugkom nie.*

40 Hoe dikwels het hulle teen hom in die wildernis in opstand gekom+

en sy gevoelens in die woestyn seergemaak!+

41 Keer op keer het hulle God se geduld getoets,+

en hulle het die Heilige van Israel hartseer gemaak.*

42 Hulle het vergeet van sy krag,*

die dag toe hy hulle van die vyand gered* het,+

43 hoe hy sy tekens in Egipte vertoon het+

en sy wonderwerke in die gebied van Soan,

44 en hoe hy die Nylkanale in bloed verander het,+

sodat hulle nie uit hulle strome kon drink nie.

45 Hy het swerms steekvlieë gestuur om hulle te verslind+

en paddas om verwoesting oor hulle te bring.+

46 Hy het hulle oeste aan die gulsige sprinkane gegee,

die vrug van hulle arbeid aan die swerms sprinkane.+

47 Hy het hulle wingerde met hael vernietig,+

en hulle wildevyebome met haelstene.

48 Hy het hulle pakdiere aan die hael oorgegee,+

en hulle vee aan die weerligstrale.*

49 Hy het sy brandende woede oor hulle gebring,

groot woede en paniek,

groepe engele wat rampspoed bring.

50 Hy het ’n pad vir sy woede oopgemaak.

Hy het hulle nie van die dood teruggehou nie,

en hy het hulle* aan vreeslike siektes oorgegee.

51 Uiteindelik het hy al die eersgeborenes van Egipte doodgemaak,+

die begin van hulle voortplantingsvermoë in die tente van Gam.

52 Toe het hy sy volk uitgebring soos ’n kudde+

en hulle gelei soos ’n trop in die wildernis.

53 Hy het hulle in veiligheid gelei,

en hulle was nie bang nie.+

Die see het hulle vyande bedek.+

54 En hy het hulle na sy heilige gebied gebring,+

hierdie bergstreek wat sy regterhand verkry het.+

55 Hy het die nasies voor hulle uit verdryf.+

Hy het ’n erfdeel met die maatlyn aan hulle toegeken.+

Hy het die stamme van Israel in hulle huise laat woon.+

56 Maar hulle het aangehou om God, die Allerhoogste, uit te daag* en om teen hom in opstand te kom.+

Hulle het nie aandag geskenk aan sy herinneringe nie.+

57 Hulle het ook bly wegdraai en was net so bedrieglik soos hulle voorvaders.+

Hulle was net so onbetroubaar soos ’n slap boog.+

58 Hulle het hom bly aanstoot gee met hulle offerhoogtes,+

en hulle het hom woedend* gemaak met hulle beelde.+

59 God het gehoor en het woedend geword,+

en daarom het hy Israel heeltemal verwerp.

60 Hy het uiteindelik die tabernakel van Silo+ verlaat,

die tent waar hy onder die mense gewoon het.+

61 Hy het die simbool van sy krag in gevangenskap laat gaan,

sy prag in die hand van die vyand.+

62 Hy het sy volk aan die swaard oorgelewer+

en het woedend geword vir sy erfdeel.

63 Vuur het sy jong manne verteer,

en geen huweliksliedjies is vir sy maagde gesing nie.*

64 Sy priesters is met die swaard doodgemaak,+

en hulle weduwees het nie gehuil nie.+

65 Toe het Jehovah wakker geword asof hy geslaap het,+

soos ’n magtige man+ wat wakker word nadat hy baie wyn gedrink het.

66 En hy het sy vyande teruggedryf.+

Hy het permanente skande oor hulle gebring.

67 Hy het die tent van Josef verwerp.

Hy het nie die stam van Eʹfraim uitgekies nie.

68 Maar hy het die stam van Juda uitgekies,+

die berg Sion, waarvoor hy lief is.+

69 Hy het sy heiligdom so permanent soos die hemel gemaak,*+

soos die aarde wat hy vir ewig gevestig het.+

70 Hy het sy kneg Dawid uitgekies+

en hom van die skaapkrale af weggeneem,+

71 weg van die ooie wat hulle kleintjies soog.

Hy het hom die herder gemaak oor Jakob, sy volk,+

en oor Israel, sy erfdeel.+

72 Hy het met opregtheid* van hart as herder oor hulle toesig gehou+

en hulle met vaardige hande gelei.+

’n Melodie van Asaf.+

79 O God, die nasies het u erfdeel binnegeval.+

Hulle het u heilige tempel onrein gemaak.+

Hulle het Jerusalem verwoes.*+

 2 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel as voedsel gegee,

en die vlees van u lojales aan die wilde diere van die aarde.+

 3 Hulle het hulle bloed soos water om Jerusalem uitgegooi,

en daar is niemand oor om hulle te begrawe nie.+

 4 Ons het ’n bespotting vir ons bure geword.+

Mense om ons spot met ons en lag ons uit.

 5 Hoe lank, o Jehovah, sal u woedend wees? Vir ewig?+

Hoe lank sal u woede net soos ’n vuur brand?+

 6 Stort u woede uit oor die nasies wat u nie ken nie

en oor die koninkryke wat u naam nie aanroep nie.+

 7 Want hulle het Jakob verslind

en sy tuisland verwoes.+

 8 Moenie ons verantwoordelik hou vir die oortredings van ons voorouers nie.+

Moenie lank neem om u genade aan ons te betoon nie,+

want ons het baie diep gesink.

 9 Help ons, o God van ons redding,+

ter wille van u glorieryke naam.

Red ons en vergewe* ons sondes ter wille van u naam.+

10 Hoekom moet die nasies sê: “Waar is hulle God?”+

Laat dit voor ons eie oë onder die nasies bekend word

dat u knegte se bloed wat uitgestort is, gewreek is.+

11 Mag u die gesug van die gevangene hoor.+

Gebruik u groot krag* om dié wat tot die dood veroordeel is,* te bewaar.*+

12 Betaal ons bure sewe keer terug+

omdat hulle u uitgetart het, o Jehovah.+

13 Dan sal ons, u volk en die skape van u weiding,+

u vir ewig bedank,

en ons sal u lof van geslag tot geslag bekend maak.+

Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelies”. ’n Herinnering. Van Asaf.+ ’n Melodie.

80 O Herder van Israel, luister,

u wat Josef net soos ’n kudde lei.+

U wat op u troon bo* die gerubs sit,+

laat u lig tog skyn.*

 2 Wek tog u mag op+

voor Eʹfraim en Benjamin en Manasʹse.

Kom red ons.+

 3 O God, laat ons weer u goedkeuring geniet.+

Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+

 4 Jehovah, God van die leërmagte, hoe lank sal u vyandig wees* teenoor u volk en weier om na hulle gebede te luister?+

 5 U gee vir hulle trane om as brood te eet,

en u laat hulle ’n oorvloed trane drink.

 6 U laat ons bure oor ons stry.

Ons vyande hou aan om ons te spot net soos hulle wil.+

 7 O God van die leërmagte, laat ons weer u goedkeuring geniet.

Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+

 8 U het ’n wingerdstok+ uit Egipte laat gaan.

U het die nasies verdryf en dit geplant.+

 9 U het plek daarvoor gemaak,

en dit het wortelgeskiet en die land gevul.+

10 Die berge is deur sy skaduwee bedek,

en die sederbome van God deur sy takke.

11 Sy takke het tot by die see gestrek,

en sy jong takkies tot by die Rivier.*+

12 Hoekom het u die klipmure van die wingerd afgebreek+

sodat almal wat verbygaan, die vrugte daarvan pluk?+

13 Die wildevarke van die woud verniel dit,

en die wilde diere van die veld vreet daaraan.+

14 O God van die leërmagte, keer asseblief terug.

Kyk af uit die hemel en sien!

Sorg vir hierdie wingerdstok,+

15 die stok* wat u regterhand geplant het,+

en kyk na die seun* wat u vir uself sterk gemaak het.+

16 Dit is met vuur verbrand,+ afgekap.

Hulle sterf as gevolg van u straf.

17 Mag u hand die man aan u regterhand ondersteun,

die mensekind wat u vir uself sterk gemaak het.+

18 Dan sal ons nie van u af wegdraai nie.

Bewaar ons lewe, sodat ons u naam kan aanroep.

19 O Jehovah, God van die leërmagte, laat ons weer u goedkeuring geniet.

Betoon goedheid aan ons, sodat ons gered kan word.+

Vir die musiekleier: Op die Gittit.* Van Asaf.+

81 Roep vreugdevol uit voor God, ons krag.+

Roep van blydskap uit voor die God van Jakob.

 2 Begin die musiek speel en neem ’n tamboeryn,

die harp met sy lieflike klank saam met die snaarinstrument.

 3 Blaas die horing op die nuwemaan,+

op die volmaan, vir ons feesdag.+

 4 Want dit is ’n bevel vir Israel,

’n besluit van die God van Jakob.+

 5 Hy het dit as ’n herinnering vir Josef gegee+

toe Hy teen Egipte uitgegaan het.+

Ek het ’n stem* gehoor wat ek nie herken het nie:

 6 “Ek het die las van sy skouer afgelig.+

Sy hande is van die mandjie bevry.

 7 In jou tyd van moeilikheid het jy geroep, en ek het jou gered.+

Ek het jou uit die donderwolk* geantwoord.+

Ek het jou by die waters van Meʹriba* getoets.+ (Sela)

 8 Hoor, my volk, en ek sal teen jou getuig.

O Israel, as jy maar net na my sal luister.+

 9 Daar sal geen vreemde god by jou wees nie,

en jy sal nie voor ’n uitlandse god neerbuig nie.+

10 Ek, Jehovah, is jou God,

die Een wat jou uit Egipte uitgelei het.+

Maak jou mond wyd oop, en ek sal dit vul.+

11 Maar my volk het nie na my stem geluister nie.

Israel wou hom nie aan my onderwerp nie.+

12 Daarom het ek hulle aan hulle hardkoppigheid oorgelaat.

Hulle het gedoen wat hulle gedink het reg is.*+

13 As my volk maar net na my wou luister.+

As Israel maar net my weë wou volg!+

14 Ek sou hulle vyande gou onderwerp.

Ek sou my hand teen hulle vyande draai.+

15 Dié wat Jehovah haat, sal kruip in sy teenwoordigheid,

en hulle einde* sal vir ewig wees.

16 Maar hy sal jou* die beste* koring laat eet+

en jou met heuning uit die rots versadig.”+

’n Melodie van Asaf.+

82 God neem sy plek in by sy vergadering.*+

Tussen die gode* spreek hy sy oordeel uit:+

 2 “Hoe lank sal julle aanhou om onregverdig te oordeel+

en die goddeloses se kant te kies?+ (Sela)

 3 Verdedig* die hulpeloses en die weeskinders.+

Gee geregtigheid aan dié wat magteloos is en dié wat behoeftig is.+

 4 Bevry die hulpeloses en die armes.

Red hulle uit die hand van die goddeloses.”

 5 Hulle weet nie, en hulle verstaan ook nie.+

Hulle loop in duisternis rond.

Al die fondamente van die aarde word geskud.+

 6 “Ek het gesê: ‘Julle is gode.*+

Julle almal is seuns van die Allerhoogste.

 7 Maar julle sal sterf net soos mense,+

en soos enige ander prins sal julle val!’”+

 8 Staan op, o God, en oordeel die aarde,+

want al die nasies behoort aan u.

’n Lied. ’n Melodie van Asaf.+

83 O God, moenie stilbly nie.+

Praat en tree op, o God.

 2 Kyk! U vyande gaan te kere.+

Dié wat u haat, tree hoogmoedig op.*

 3 In die geheim beraam hulle slinkse planne teen u volk.

Hulle sweer saam teen dié wat vir u kosbaar is.*

 4 Hulle sê: “Kom, laat ons hulle as ’n nasie uitwis,+

sodat die naam van Israel nie meer onthou sal word nie.”

 5 Hulle dink saam ’n strategie uit.*

Hulle het ’n verbond* gemaak teen u+ –

 6 die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab+ en die Hagriete,+

 7 Gebal en Ammon+ en Aʹmalek,

Filisteʹa+ saam met die inwoners van Tirus.+

 8 Assiʹrië+ het ook by hulle aangesluit.

Hulle ondersteun* die kinders van Lot.+ (Sela)

 9 Doen aan hulle soos u aan Miʹdian gedoen het,+

soos u aan Siʹsera en Jabin by die Kison-stroom* gedoen het.+

10 Hulle is by En-Dor+ vernietig.

Hulle het mis vir die grond geword.

11 Maak hulle heersers soos Oreb en Seëb,+

en hulle leiers soos Seba en Salʹmunna,+

12 want hulle het gesê: “Laat ons die land waar God woon, in besit neem.”

13 O my God, maak hulle soos ’n rolbos* in ’n warrelwind,+

soos strooi wat deur die wind rondgewaai word,

14 soos ’n vuur wat die woud afbrand,

soos ’n vlam wat die berge verskroei.+

15 Mag u hulle so agtervolg met u orkaan+

en hulle baie bang laat word as gevolg van u windstorm.+

16 Bedek* hulle gesigte met skande,

sodat hulle u naam sal soek, o Jehovah.

17 Mag hulle vir ewig verneder word en baie bang wees.

Mag hulle skaam kry en sterf.

18 Mag mense weet dat u, wie se naam Jehovah is,+

u alleen die Allerhoogste oor die hele aarde is.+

Vir die musiekleier: Op die Gittit.* Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie.

84 Hoe lieflik* is u groot tabernakel,+

o Jehovah van die leërmagte!

 2 My hele wese verlang,

ja, ek smag van verlange,

na die voorhowe van Jehovah.+

My hart en my vlees roep vreugdevol uit tot die lewende God.

 3 Selfs die voël vind ’n tuiste daar,

en die swaeltjie ’n nes vir haar,

waar sy vir haar kleintjies sorg

naby u groot altaar, o Jehovah van die leërmagte,

my Koning en my God!

 4 Gelukkig is dié wat in u huis woon!+

Hulle hou aan om u te loof.+ (Sela)

 5 Gelukkig is die mense wat hulle krag in u vind,+

wie se hart begeer om op die paaie te wees wat na u huis lei.

 6 Wanneer hulle deur die Baka-vallei* trek,

verander hulle dit in ’n plek met fonteine,

en die vroeë reën beklee dit* met seëninge.

 7 Terwyl hulle stap, kry hulle al hoe meer krag.+

Elkeen verskyn voor God in Sion.

 8 O Jehovah, God van die leërmagte, hoor my gebed.

Luister, o God van Jakob. (Sela)

 9 Ons skild+ en ons God, kyk tog,*

kyk na die gesig van u gesalfde.+

10 Want ’n dag in u voorhowe is beter as ’n duisend op enige ander plek!+

Ek verkies om by die drumpel van die huis van my God te staan

eerder as om in die tente van goddeloosheid te bly.

11 Want Jehovah God is ’n son+ en ’n skild.+

Hy gee sy goedkeuring en eer.

Jehovah sal niks goeds terughou

van dié wat ’n weg van integriteit* volg nie.+

12 O Jehovah van die leërmagte,

gelukkig is die mens wat op u vertrou.+

Vir die musiekleier. Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie.

85 U was goed vir u land, o Jehovah.+

U het dié van Jakob wat gevange geneem is, teruggebring.+

 2 U het die oortreding van u volk vergewe.

U het al hulle sondes vergewe.*+ (Sela)

 3 U het al u woede teruggehou.

U het van u gloeiende woede af weggedraai.+

 4 Laat ons weer u goedkeuring geniet,* o God van ons redding,

en laat vaar u woede teen ons.+

 5 Sal u vir ewig vir ons kwaad wees?+

Sal u u woede van geslag tot geslag laat aanhou?

 6 Sal u ons nie weer nuwe krag gee,

sodat u volk vreugde in u kan vind nie?+

 7 Betoon u lojale liefde aan ons, o Jehovah,+

en red ons.

 8 Ek sal luister na wat die ware God, Jehovah, sê,

want hy sal oor vrede praat met sy volk+ en sy lojales,

maar laat hulle tog nie weer te veel selfvertroue kry nie.+

 9 Sy redding is beslis naby dié wat hom vrees,+

sodat sy heerlikheid in ons land kan woon.

10 Lojale liefde en getrouheid sal ontmoet.

Regverdigheid en vrede sal mekaar soen.+

11 Getrouheid sal uit die aarde spruit,

en regverdigheid sal uit die hemel afkyk.+

12 Ja, Jehovah sal gee wat goed is,*+

en ons land sal sy opbrengs lewer.+

13 Regverdigheid sal voor hom uit gaan+

en ’n pad vir sy voetstappe maak.

’n Gebed van Dawid.

86 Skenk aandag aan* my, o Jehovah, en antwoord my,

want ek kry swaar en is arm.+

 2 Bewaar my lewe, want ek is lojaal.+

Red u kneg wat op u vertrou,

want u is my God.+

 3 Wees genadig teenoor my, o Jehovah,+

want ek roep die hele dag lank na u.+

 4 Gee u kneg vreugde,

want ek rig my tot u, o Jehovah.

 5 Want u, o Jehovah, is goed+ en vergewe vryelik.+

U is vol lojale liefde vir almal wat u aanroep.+

 6 Luister, o Jehovah, na my gebed,

en skenk aandag aan my smekinge om hulp.+

 7 Ek roep tot u op die dag wanneer ek in die moeilikheid is,+

want u sal my antwoord.+

 8 Daar is niemand soos u onder die gode nie, o Jehovah,+

daar is geen werke soos u werke nie.+

 9 Al die nasies wat u gemaak het,

sal kom en voor u neerbuig, o Jehovah,+

en hulle sal u naam verheerlik.+

10 Want u is groot en doen wonderlike dinge.+

U is God, u alleen.+

11 Leer my u weg, o Jehovah.+

Ek sal u weg van waarheid volg.+

Verenig my hart* om u naam te vrees.+

12 Ek prys u, o Jehovah my God, met my hele hart,+

en ek sal u naam vir ewig verheerlik,

13 want u lojale liefde vir my is groot,

en u het my lewe gered uit die dieptes van die Graf.*+

14 O God, vermetele* manne staan teen my op.+

’n Bende wrede manne wil my doodmaak,

en hulle het geen respek vir u nie.*+

15 Maar u, o Jehovah, is ’n God wat genadig is en medelye* betoon,

wat nie gou kwaad word nie en vol lojale liefde en getrouheid* is.+

16 Skenk aandag aan my en gee my u goedkeuring.+

Gee u krag aan u kneg,+

en red die seun van u slavin.

17 Gee vir my ’n teken* van u goedheid,

sodat dié wat my haat dit kan sien en kan skaam kry.

Want u, o Jehovah, is my helper en vertrooster.

Van die seuns van Korag.+ ’n Melodie. ’n Lied.

87 Sy stad se fondament is op die heilige berge.+

 2 Jehovah het die poorte van Sion meer lief+

as al die tente van Jakob.

 3 Glorieryke dinge word van jou gesê, o stad van die ware God.+ (Sela)

 4 Ek sal Rahab+ en Babilon noem onder dié wat my ken.*

Kyk, Filisteʹa en Tirus, saam met Kus.

Hulle sal beskou word as dié wat daar gebore is.

 5 En van Sion sal daar gesê word:

“Elkeen is in haar gebore.”

En die Allerhoogste sal haar stewig vestig.

 6 Wanneer Jehovah die volke opteken, sal hy skryf:

“Hierdie een is daar gebore.” (Sela)

 7 Sangers+ en dié wat sirkeldanse+ doen, sal sê:

“Al my fonteine is in jou.”*+

’n Lied. ’n Melodie van die seuns van Korag.+ Vir die musiekleier: In die styl van Mahalat,* vir beurtsang. Maskil* van Heman,+ die Esrahiet.

88 O Jehovah, die God van my redding,+

in die dag roep ek uit,

en in die nag kom ek voor u.+

 2 Laat my gebed u bereik.+

Skenk aandag aan* my hulpgeroep.+

 3 Want my siel* is met rampspoed gevul,+

en my lewe is op die randjie van die Graf.*+

 4 Ek word reeds beskou as iemand wat na die graf afgaan.+

Ek het ’n hulpelose man* geword,+

 5 wat tussen die dooies gelos is,

soos dié wat doodgemaak is en in ’n graf lê,

aan wie u nie meer dink nie

en wat van u sorg* afgesny is.

 6 U het my in die diepste put gesit,

in donker plekke, in ’n diep afgrond.

 7 U woede rus swaar op my,+

en u oorweldig my met u brekende golwe. (Sela)

 8 U het dié wat my ken, ver van my af laat weggaan.+

U het my iets afskuweliks vir hulle gemaak.

Ek is vasgevang en kan nie ontsnap nie.

 9 My oog het swak geword omdat ek swaarkry.+

Ek roep die hele dag lank tot u, o Jehovah.+

Ek strek my hande na u toe uit.

10 Sal u vir die dooies wonders doen?

Kan dié wat magteloos in die dood is, opstaan om u te loof?+ (Sela)

11 Sal u lojale liefde in die graf bekend gemaak word,

u getrouheid in die plek van vernietiging?*

12 Sal u wonders in die duisternis bekend wees,

of u regverdigheid in die land waar alles vergeet is?+

13 Maar ek roep nog steeds tot u om hulp, o Jehovah.+

Elke oggend bereik my gebed u.+

14 Hoekom verwerp u my, o Jehovah?+

Hoekom draai u u gesig weg van my af?+

15 Van jongs af

kry ek swaar en is die dood naby.+

Ek is lamgeslaan as gevolg van die verskriklike dinge wat u my laat deurmaak.

16 U brandende woede oorweldig my,+

en verskriklike dinge wat van u af kom, vernietig my.

17 Hulle omring my die hele dag lank soos water.

Hulle kom van alle kante* teen my.

18 U het my vriende en geliefdes ver van my af laat weggaan.+

Die duisternis het my geselskap geword.

Maskil.* Van Etan,+ die Esrahiet.

89 Ek sal vir ewig van Jehovah se lojale liefde sing.

Met my mond sal ek u getrouheid aan alle geslagte bekend maak.

 2 Want ek het gesê: “Lojale liefde sal vir ewig duur,*+

en u het u getrouheid stewig gevestig in die hemel.”

 3 “Ek het ’n verbond gemaak met die een wat ek uitgekies het.+

Ek het vir my kneg Dawid gesweer:+

 4 ‘Ek sal jou nageslag* tot in ewigheid stewig vestig,+

en ek sal jou troon van geslag tot geslag opbou.’”+ (Sela)

 5 Die hemele prys u wonders, o Jehovah,

ja, u getrouheid in die gemeente van die heiliges.

 6 Want wie in die hemelruim kan met Jehovah vergelyk word?+

Wie onder die seuns van God+ is soos Jehovah?

 7 Die vergadering* van heiliges het groot ontsag vir God.+

Hy is groot en ontsagwekkend vir almal om hom.+

 8 O Jehovah, God van die leërmagte,

wie is magtig soos u, o Jah?+

U is getrou in alles wat u doen.+

 9 U regeer oor die onstuimigheid van die see.+

Wanneer sy golwe opkom, laat u hulle bedaar.+

10 U het Rahab+ verslaan en doodgemaak.+

U het u vyande met u sterk arm verstrooi.+

11 Die hemel behoort aan u, en die aarde ook.+

Die vrugbare land en alles daarop+ – u het dit gevestig.

12 Die noorde en die suide – u het dit geskep.

Tabor+ en Hermon+ prys u naam met vreugde.

13 U arm is magtig.+

U hand is sterk.+

U regterhand is hoog opgelig.+

14 Regverdigheid en geregtigheid is die fondament van u troon.+

Lojale liefde en getrouheid staan voor u.+

15 Gelukkig is die volk wat die uitroepe van vreugde ken.+

O Jehovah, hulle geniet u goedheid.*

16 In u naam vind hulle die hele dag vreugde,

en deur u regverdigheid word hulle verheerlik.

17 Want u is hulle heerlikheid en hulle krag,+

en deur u goedkeuring kry ons groter krag.*+

18 Want ons skild behoort aan Jehovah.

Ons koning behoort aan die Heilige van Israel.+

19 In daardie tyd het u in ’n visioen met u lojales gepraat en gesê:

“Ek het krag aan ’n sterk man gegee.+

Ek het die een wat onder die volk uitgekies is, verheerlik.+

20 Ek het my kneg Dawid gevind.+

Met my heilige olie het ek hom gesalf.+

21 My hand sal hom ondersteun,+

en my arm sal hom versterk.

22 Geen vyand sal enigiets van hom eis nie,

en geen onregverdige persoon sal hom onderdruk nie.+

23 Ek sal sy vyande voor hom vernietig+

en dié wat hom haat, doodmaak.+

24 My getrouheid en lojale liefde is met hom,+

en in my naam sal hy groter krag kry.*

25 Ek sal sy hand* oor die see plaas,

en sy regterhand oor die riviere.+

26 Hy sal tot my roep: ‘U is my Vader,

my God en die Rots van my redding.’+

27 En ek sal hom die eersgeborene maak,+

die hoogste van die konings van die aarde.+

28 Ek sal my lojale liefde vir ewig aan hom betoon,+

en my verbond met hom sal nooit tot ’n einde kom nie.+

29 Ek sal sy nageslag* vir ewig laat bestaan,

en sy troon solank as wat die hemel daar is.+

30 As sy kinders my wet verlaat

en my bevele* nie gehoorsaam nie,

31 as hulle my wetsbepalings verbreek

en my gebooie nie gehoorsaam nie,

32 dan sal ek hulle met ’n stok straf vir hulle ongehoorsaamheid*+

en met slae vir hulle oortreding.

33 Maar ek sal nooit my lojale liefde van hom af wegneem+

of my belofte verbreek nie.*

34 Ek sal nie my verbond verbreek nie,+

en ek sal nie verander wat my lippe gesê het nie.+

35 Ek het eens en vir altyd in my heiligheid gesweer.

Ek sal nie vir Dawid leuens vertel nie.+

36 Sy nageslag* sal vir ewig bestaan,+

en sy troon solank as wat die son voor my is.+

37 Soos die maan sal dit vir ewig stewig gevestig wees

as ’n getroue getuie in die hemelruim.” (Sela)

38 Maar u het hom verstoot en verwerp.+

U het woedend geword vir u gesalfde.

39 U het die verbond met u kneg verwerp.

U het sy kroon ontheilig deur dit op die grond te gooi.

40 U het al sy klipmure* afgebreek.

U het sy vestings verwoes.

41 Almal wat verbygaan, het hom beroof.

Sy bure het hom bespot.+

42 U het sy teenstanders laat oorwin.*+

U het al sy vyande vreugdevol laat word.

43 U het ook sy swaard teruggedryf,

en u het hom nie in die geveg ondersteun nie.

44 U het ’n einde gemaak aan sy prag

en het sy troon op die grond neergegooi.

45 U het die dae van sy jeug kortgeknip.

U het hom met skande geklee. (Sela)

46 Hoe lank, o Jehovah, sal u uself verberg? Vir ewig?+

Sal u woede aanhou brand soos ’n vuur?

47 Onthou tog hoe kort my lewe is!+

Het u alle mense verniet geskep?

48 Watter man kan lewe sonder om ooit die dood te sien?+

Kan hy homself* red uit die mag van die Graf?* (Sela)

49 Waar is u vroeëre dade van lojale liefde, o Jehovah,

wat u in u getrouheid aan Dawid met ’n eed belowe het?+

50 Dink aan hoe u knegte uitgetart word, o Jehovah,

aan hoe ek die getart van al die volke moet verduur.*

51 Dink aan hoe u vyande die spot gedryf het, o Jehovah,

aan hoe hulle elke voetstap van u gesalfde beledig het.

52 Mag Jehovah vir ewig geloof word. Amen en Amen.+

BOEK VIER

(Psalm 90-106)

’n Gebed van Moses, die man van die ware God.+

90 O Jehovah, u was van geslag tot geslag ons woonplek.*+

 2 Voordat die berge gebore is

en u die aarde en die vrugbare land gemaak het,*+

ja, van ewigheid tot ewigheid is u God.+

 3 U laat die sterflike mens tot stof terugkeer.

U sê: “Keer terug, o mensekinders.”+

 4 Want ’n duisend jaar is in u oë net soos gister wanneer dit verby is,+

net soos ’n nagwaak.

 5 U vee hulle weg,+ en hulle word maar net soos slaap.

In die oggend is hulle soos gras wat uitspruit.+

 6 In die oggend bring dit bloeisels voort en word dit hernu,

maar in die aand verlep dit en droog dit uit.+

 7 Want ons is verteer deur u woede,+

en ons is baie bang as gevolg daarvan.

 8 U plaas ons oortredings voor u.*+

Ons geheime word bekend deur die lig van u gesig.+

 9 Ons dae* verdwyn as gevolg van u woede,

en ons jare kom tot ’n einde soos ’n fluistering.*

10 Die dae van ons lewe is 70 jaar,

of 80+ as iemand besonder sterk is.*

Maar dit is vol probleme en hartseer.

Dit gaan vinnig verby, en dan is* ons weg.+

11 Wie kan die krag van u woede verstaan?

U woede is so groot soos die vrees wat u verdien.+

12 Leer ons om ons dae so te tel+

dat ons ’n hart van wysheid kan verkry.

13 Keer terug, o Jehovah!+ Hoe lank sal dit aanhou?+

Voel jammer vir u knegte.+

14 Versadig ons in die oggend met u lojale liefde,+

sodat ons ons hele lewe lank van vreugde kan uitroep en kan bly wees.+

15 Gee ons net soveel dae van vreugde as die dae van swaarkry wat u ons laat ondervind het,+

as die jare van rampspoed wat ons ondervind het.+

16 Mag u knegte u dade sien,

en mag hulle seuns u prag sien.+

17 Mag ons die goedkeuring van Jehovah ons God geniet.

Mag u die werk van ons hande suksesvol maak.*

Ja, maak die werk van ons hande suksesvol.+

91 Elkeen wat in die geheime plek van die Allerhoogste woon,+

sal in die skaduwee van die Almagtige bly.+

 2 Ek sal vir Jehovah sê: “U is my skuilplek* en my vesting,+

my God, op wie ek vertrou.”+

 3 Want hy sal jou uit die strik van die voëlvanger red,

van die vreeslike siekte wat vernietig.

 4 Met sy vlerke sal hy jou bedek,*

en jy sal beskerming daaronder kom soek.+

Sy getrouheid+ sal ’n groot skild+ en ’n beskermende muur* wees.

 5 Jy sal nie bang wees vir die verskriklike dinge van die nag+

of vir die pyl wat in die dag vlieg+

 6 of vir die vreeslike siekte wat in die donker rondsluip

of vir die vernietiging wat in die middel van die dag skade aanrig nie.

 7 ’n Duisend sal langs jou val,

en tienduisend aan jou regterhand,

maar dit sal nie naby jou kom nie.+

 8 Jy sal dit net met jou oë sien

en ’n ooggetuie wees van hoe die goddeloses gestraf word.

 9 Omdat jy gesê het: “Jehovah is my skuilplek,”*

het jy die Allerhoogste jou woonplek* gemaak.+

10 Geen ramp sal jou tref nie,+

en geen plaag sal naby jou tent kom nie.

11 Want hy sal sy engele beveel+

om jou te beskerm oral waar jy gaan.+

12 Hulle sal jou op hulle hande dra,+

sodat jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie.+

13 Op die jong leeu en die kobra sal jy trap.

Jy sal die maanhaarleeu en die groot slang vertrap.+

14 God het gesê: “Omdat hy lief is vir my,* sal ek hom red.+

Ek sal hom beskerm omdat hy my naam ken.*+

15 Hy sal my aanroep, en ek sal hom antwoord.+

Ek sal met hom wees in moeilike tye.+

Ek sal hom red en hom verheerlik.

16 Ek sal hom met ’n lang lewe beloon,+

en ek sal hom my reddingsdade* laat sien.”+

’n Melodie. ’n Lied vir die Sabbatdag.

92 Dit is goed om Jehovah te dank+

en om liedere te sing* om u naam te loof, o Allerhoogste,

 2 om in die oggend u lojale liefde te verkondig,+

en u getrouheid in die nagte,

 3 begelei deur ’n tiensnarige instrument en ’n luit

en deur die lieflike klank van ’n harp.+

 4 Want u het my vreugdevol gemaak, o Jehovah, as gevolg van u dade.

Weens die werke van u hande roep ek uit van vreugde.

 5 Hoe groot is u werke, o Jehovah!+

Hoe diep is u gedagtes tog!+

 6 Onverstandige mense kan dit nie ken nie,

en dwase mense kan dit nie verstaan nie:+

 7 Wanneer die goddeloses soos onkruid* uitspruit

en al die mense wat slegte dinge doen, floreer,

is dit sodat hulle vir ewig vernietig kan word.+

 8 Maar u is vir ewig hoog bo almal, o Jehovah.

 9 Sien die ondergang van u vyande, o Jehovah.

Sien hoe u vyande vernietig sal word.

Almal wat slegte dinge doen, sal verstrooi word.+

10 Maar u sal my krag gee* soos dié van ’n wilde bul.

Ek sal vars olie in my vel invryf.+

11 My oë sal die ondergang van my vyande sien.+

My ore sal hoor van die ondergang van die goddelose mense wat my aanval.

12 Maar die regverdiges sal floreer soos ’n palmboom

en groot word soos ’n sederboom in die Liʹbanon-berge.+

13 Hulle is geplant in die huis van Jehovah.

Hulle floreer in die voorhowe van ons God.+

14 Selfs wanneer hulle oud is,* sal hulle nog floreer.+

Hulle sal nog steeds sterk* en vol lewe wees+

15 en verkondig dat Jehovah doen wat reg is.

Hy is my Rots,+ in wie daar geen onregverdigheid is nie.

93 Jehovah het Koning geword!+

Hy is met heerlikheid geklee.

Jehovah is geklee met krag.

Hy dra dit soos ’n lyfband.

Die aarde* is stewig gevestig.

Dit kan nie beweeg word* nie.

 2 U troon is lank gelede stewig gevestig.+

U het nog altyd bestaan.+

 3 Die riviere het onstuimig geword, o Jehovah.

Die riviere het onstuimig geword en gedruis.

Die riviere bly onstuimig en hou aan dreun.

 4 Jehovah is indrukwekkend in die hoogtes,+

bo die geluid van baie waters,

magtiger as die branders van die see.+

 5 U herinneringe is baie betroubaar.+

Heiligheid versier* u huis,+ o Jehovah, vir altyd.

94 O God van wraak, Jehovah,+

o God van wraak, openbaar u heerlikheid!

 2 Staan op, o Regter van die aarde.+

Gee die hoogmoediges hulle verdiende loon.+

 3 Hoe lank sal die goddeloses, o Jehovah,

hoe lank sal die goddeloses aanhou om van vreugde uit te roep?+

 4 Hulle babbel en praat hoogmoedig.

Almal wat slegte dinge doen, spog oor hulleself.

 5 Hulle vertrap u volk, o Jehovah,+

en hulle onderdruk u erfdeel.

 6 Hulle maak die weduwee en die uitlander dood,

en hulle vermoor die weeskinders.*

 7 Hulle sê: “Jah sien dit nie.+

Die God van Jakob skenk nie aandag daaraan nie.”+

 8 Verstaan tog, o onverstandige mense.

O julle dwase mense, wanneer sal julle ooit insig toon?+

 9 Kan die Een wat die oor gemaak* het, nie hoor nie?

Kan die Een wat die oog gevorm het, nie sien nie?+

10 Kan die Een wat die nasies dissiplineer, nie teregwys nie?+

Hy is die Een wat kennis aan mense oordra!+

11 Jehovah ken die gedagtes van mense.

Hy weet dat dit maar net soos asem is.+

12 Gelukkig is die man wat deur u gedissiplineer word, o Jah,+

wat deur u uit u wet geleer word,+

13 sodat u hom kalmte kan gee in dae van rampspoed,

totdat ’n put vir die goddeloses gegrawe is.+

14 Want Jehovah sal sy volk nie in die steek laat nie,+

en hy sal sy erfdeel nie verlaat nie.+

15 Want die oordeel sal weer regverdig wees,

en al die opregtes van hart sal dit volg.

16 Wie sal vir my opstaan teen die goddeloses?

Wie sal vir my opkom teen dié wat slegte dinge doen?

17 As Jehovah nie my helper was nie,

sou ek gou gesterf het.*+

18 Toe ek gesê het: “My voet gly,”

het u lojale liefde, o Jehovah, my bly ondersteun.+

19 Toe sorge* my oorweldig het,*

het u my vertroos en gekalmeer.*+

20 Kan ’n troon* van goddeloosheid aan u verbind wees

terwyl dit moeilikheid maak in die naam van die wet?*+

21 Hulle maak wrede aanvalle op die regverdige+

en veroordeel die onskuldige tot die dood.*+

22 Maar Jehovah sal vir my ’n veilige skuilplek* word.

My God is die rots waar ek skuil.+

23 Hy sal hulle goddelose dade op hulle laat neerkom.+

Hy sal ’n einde aan hulle maak* deur middel van hulle eie goddeloosheid.

Jehovah ons God sal ’n einde aan hulle maak.*+

95 Kom, laat ons van vreugde uitroep voor Jehovah!

Laat ons van blydskap uitroep voor ons Rots van redding.+

 2 Laat ons voor hom kom om hom te dank.+

Laat ons van vreugde voor hom sing en juig.

 3 Want Jehovah is ’n groot God,

’n groot Koning bo alle ander gode.+

 4 In sy hand is die dieptes van die aarde.

Die pieke van die berge behoort aan hom.+

 5 Die see, wat hy gemaak het, behoort aan hom,+

en sy hande het die droë land gevorm.+

 6 Kom, laat ons aanbid en neerbuig.

Laat ons kniel voor Jehovah ons Maker.+

 7 Want hy is ons God,

en ons is die volk van sy weiding,

die skape onder sy sorg.*+

Vandag, as julle na sy stem luister,+

 8 moet julle nie julle hart verhard soos by Meʹriba* nie,+

soos op die dag van Massa* in die wildernis,+

 9 toe julle voorvaders my getoets het nie.+

Hulle het my uitgedaag, al het hulle my werke gesien.+

10 Daardie geslag was 40 jaar lank vir my iets walgliks, en ek het gesê:

“Hulle is ’n volk wat altyd in hulle harte afdwaal.

Hulle het nie my weë leer ken nie.”

11 Ek het dus in my woede gesweer:

“Hulle sal nie in my rus ingaan nie.”+

96 Sing vir Jehovah ’n nuwe lied.+

Sing vir Jehovah, almal op aarde!+

 2 Sing vir Jehovah, en loof sy naam.

Verkondig dag ná dag die goeie nuus van sy redding.+

 3 Maak sy heerlikheid onder die nasies bekend,

sy wonderlike werke onder al die volke.+

 4 Jehovah is groot en verdien al die eer.

Hy is ontsagwekkender as al die ander gode.

 5 Al die gode van die volke is waardelose gode,+

maar Jehovah is die Een wat die hemel gemaak het.+

 6 Hy is omring deur majesteit* en heerlikheid.+

Krag en prag is in sy heiligdom.+

 7 Gee Jehovah wat hy verdien, o families van die volke.

Gee Jehovah wat hy verdien weens sy heerlikheid en krag.+

 8 Gee Jehovah die eer wat sy naam verdien.+

Bring ’n geskenk en kom in sy voorhowe in.

 9 Buig voor Jehovah neer* in heilige klere.*

Bewe voor hom, almal op aarde!

10 Verkondig onder die nasies: “Jehovah het Koning geword!+

Die aarde* is stewig gevestig. Dit kan nie beweeg word* nie.

Hy sal die volke regverdig oordeel.”*+

11 Laat die hemel vreugdevol wees, en laat die aarde bly wees.

Laat die see en alles daarin dreun.+

12 Laat die veld en alles daarin vreugdevol wees.+

Laat al die bome van die woud ook van vreugde uitroep+

13 voor Jehovah, want hy kom.*

Hy kom om die aarde te oordeel.

Hy sal die bewoonde aarde* met regverdigheid oordeel,+

en die volke met sy getrouheid.+

97 Jehovah het Koning geword!+

Laat die aarde vreugdevol wees.+

Laat die baie eilande bly wees.+

 2 Daar is digte, donker wolke reg rondom hom.+

Regverdigheid en geregtigheid is die fondament van sy troon.+

 3 Vuur gaan voor hom uit+

en verteer sy vyande aan alle kante.+

 4 Sy weerligstrale verlig die land.

Die aarde sien dit en bewe.+

 5 Die berge smelt soos was voor Jehovah,+

voor die Here van die hele aarde.

 6 Die hemel verkondig sy regverdigheid,

en al die volke sien sy heerlikheid.+

 7 Laat almal wat enige beeld dien, verneder word,+

dié wat oor hulle waardelose gode spog.+

Buig neer voor* hom, alle gode.+

 8 Sion hoor dit en word bly.+

Die dorpe* van Juda is vreugdevol

as gevolg van u oordele, o Jehovah.+

 9 Want u, o Jehovah, is die Allerhoogste oor die hele aarde.

U is ver bo al die ander gode.+

10 O julle wat Jehovah liefhet, haat wat sleg is.+

Hy bewaar die lewe van sy lojales.+

Hy red hulle uit die hand* van die goddeloses.+

11 Lig het geskyn vir die regverdige,+

en blydskap vir die opregtes van hart.

12 Wees bly oor Jehovah, o regverdiges,

en loof sy heilige naam.*

’n Melodie.

98 Sing vir Jehovah ’n nuwe lied,+

want hy het wonderlike dinge gedoen.+

Sy regterhand, sy heilige arm, het gered.*+

 2 Jehovah het sy redding+ bekend gemaak.

Hy het sy regverdigheid voor die nasies geopenbaar.+

 3 Hy het gedink aan sy lojale liefde en sy getrouheid aan die huis van Israel.+

Al die eindes van die aarde het die redding deur* ons God gesien.+

 4 Roep van vreugde uit tot Jehovah, almal op die aarde.

Wees vrolik en roep van vreugde uit en sing lofliedere.*+

 5 Sing lofliedere* vir Jehovah terwyl daar op die harp gespeel word,

terwyl daar op die harp gespeel en gesing word.

 6 Roep van vreugde uit voor die Koning, Jehovah,+

met die trompette en die geluid van die horing.

 7 Laat die see en alles daarin dreun,

die aarde* en dié wat daarop woon.

 8 Laat die riviere hulle hande klap.

Laat die berge saam van vreugde uitroep+

 9 voor Jehovah, want hy kom* om die aarde te oordeel.

Hy sal die bewoonde aarde* met regverdigheid oordeel,+

en die volke met geregtigheid.+

99 Jehovah het Koning geword.+ Laat die volke bewe.

Hy sit op sy troon bo* die gerubs.+ Laat die aarde skud.

 2 Jehovah is groot in Sion,

en hy is hoog bo al die volke.+

 3 Laat hulle u groot naam prys,+

want dit is ontsagwekkend en heilig.

 4 Hy is ’n magtige koning wat lief is vir geregtigheid.+

U het regverdigheid stewig gevestig.

U het gesorg dat daar geregtigheid en regverdigheid+ in Jakob is.

 5 Verheerlik Jehovah ons God,+ en buig neer* voor sy voetbank.+

Hy is heilig.+

 6 Moses en Aäron was onder sy priesters,+

en Samuel was onder dié wat sy naam aangeroep het.+

Hulle het Jehovah aangeroep,

en hy het hulle geantwoord.+

 7 Hy het uit die wolkkolom met hulle gepraat.+

Hulle het sy herinneringe en die bevel wat hy vir hulle gegee het, gehoorsaam.+

 8 O Jehovah ons God, u het hulle geantwoord.+

U was ’n God wat hulle vergewe het,+

maar u het hulle gestraf* vir hulle sondige dade.+

 9 Verheerlik Jehovah ons God,+

en buig neer* voor sy heilige berg,+

want Jehovah ons God is heilig.+

’n Melodie van danksegging.

100 Roep van vreugde uit voor Jehovah, almal op die aarde.+

 2 Dien Jehovah met blydskap.+

Kom voor hom met uitroepe van vreugde.

 3 Erken* dat Jehovah God is.+

Hy is die Een wat ons gemaak het, en ons behoort aan hom.*+

Ons is sy volk en die skape van sy weiveld.+

 4 Gaan met danksegging by sy poorte in,+

en met lof in sy voorhowe in.+

Dank hom, en loof sy naam.+

 5 Want Jehovah is goed.+

Sy lojale liefde duur vir ewig,

en sy getrouheid van geslag tot geslag.+

Van Dawid. ’n Melodie.

101 Ek sal sing oor lojale liefde en geregtigheid.

Vir u, o Jehovah, sal ek lofliedere sing.*

 2 Ek sal verstandig optree en ’n rein lewe lei.*

Wanneer sal u na my toe kom?

In my huis sal ek ’n weg van integriteit*+ volg.

 3 Ek sal niks wat waardeloos is, voor my oë stel nie.

Ek haat die dade van dié wat afwyk van wat reg is.+

Ek sal niks met hulle te doen hê nie.*

 4 ’n Slinkse hart is ver van my af.

Ek sal nie aanvaar* wat sleg is nie.

 5 Enigiemand wat sy naaste in die geheim belaster,+

sal ek stilmaak.*

Enigiemand met hoogmoedige oë en ’n trotse hart

sal ek nie verdra nie.

 6 Ek sal my oog op die getroues van die aarde hou.

Hulle sal by my woon.

Die een wat ’n rein lewe lei,* sal voor my dien.

 7 Geen bedrieglike persoon sal in my huis woon nie,

en geen leuenaar sal in my teenwoordigheid* staan nie.

 8 Elke oggend sal ek al die goddeloses van die aarde stilmaak*

om al die oortreders uit die stad van Jehovah uit te roei.+

’n Gebed van die onderdrukte wanneer hy alle moed verloor het* en sy besorgdheid voor Jehovah uitstort.+

102 O Jehovah, hoor my gebed.+

Laat my geroep om hulp u bereik.+

 2 Moenie u gesig van my af wegdraai wanneer ek deur moeilike tye gaan nie.+

Skenk aandag aan* my.

Antwoord my tog gou wanneer ek roep.+

 3 Want my dae verdwyn soos rook,

en my beendere is gebrand soos ’n vuurmaakplek.+

 4 My hart is soos gras wat afgesny is en uitgedroog het,+

want ek vergeet om te eet.

 5 As gevolg van my harde gekreun+

is ek net vel en been.+

 6 Ek lyk soos die pelikaan van die wildernis.

Ek is soos ’n steenuil in verwoeste plekke.

 7 Ek lê wakker.*

Ek is soos ’n eensame voël op ’n dak.+

 8 Die hele dag lank tart my vyande my uit.+

Dié wat my spot,* gebruik my naam as ’n vloekwoord.

 9 Want ek eet as in die plek van brood,+

en wat ek drink, is gemeng met trane+

10 as gevolg van u groot woede,

want u het my opgelig, net om my weg te gooi.

11 My dae is soos ’n skaduwee wat verdwyn,*+

en ek verlep soos gras.+

12 Maar u bly vir ewig, o Jehovah,+

en u roem* sal van geslag tot geslag duur.+

13 U sal beslis opstaan en genadig wees teenoor Sion,+

want die tyd het aangebreek om u genade aan haar te betoon.+

Die vasgestelde tyd het gekom.+

14 Want u knegte vind vreugde in haar klippe,+

en hulle is selfs lief vir haar stof.+

15 Die nasies sal die naam van Jehovah vrees,

en al die konings van die aarde u heerlikheid.+

16 Want Jehovah sal Sion herbou.+

Hy sal in sy heerlikheid verskyn.+

17 Hy sal aandag skenk aan die gebed van dié wat hulpeloos is.+

Hy sal hulle gebed nie verwerp nie.+

18 Dit word vir die toekomstige geslag neergeskryf,+

sodat ’n volk wat nog voortgebring* moet word, Jah sal loof.

19 Want hy kyk af uit sy heilige hoogte.+

Uit die hemel kyk Jehovah na die aarde

20 om te hoor wanneer die gevangene sug,+

om dié wat tot die dood veroordeel is, te bevry,+

21 sodat die naam van Jehovah in Sion bekend gemaak kan word,+

en sy lof in Jerusalem,

22 wanneer die volke en die koninkryke

bymekaarkom om Jehovah te dien.+

23 Hy het my krag te vroeg van my af weggeneem.

Hy het my dae verkort.

24 Ek het gesê: “O my God,

moet my nie in die middel van my lewe wegvee nie,

u wie se jare deur alle geslagte strek.+

25 Lank gelede het u die fondamente van die aarde gelê,

en die hemele is die werk van u hande.+

26 Hulle sal ophou bestaan, maar u sal bly bestaan.

Net soos ’n kledingstuk sal hulle almal oud word.

Net soos klere sal u hulle vervang, en hulle sal nie meer daar wees nie.

27 Maar u is dieselfde, en u jare sal nooit eindig nie.+

28 Die kinders van u knegte sal in veiligheid woon,

en hulle nageslag sal stewig gevestig word voor u.”+

Van Dawid.

103 Ek sal Jehovah loof.

Met alles wat binne-in my is, sal ek sy heilige naam loof.

 2 Ek sal Jehovah loof.

Mag ek nooit vergeet van alles wat hy gedoen het nie.+

 3 Hy vergewe al jou oortredings+

en genees al jou kwale.+

 4 Hy eis jou lewe terug uit die graf+

en kroon jou met sy lojale liefde en genade.+

 5 Hy versadig jou met goeie dinge+ jou hele lewe lank.

Jou jeug word hernu soos dié van ’n arend.+

 6 Jehovah tree met regverdigheid en geregtigheid op+

vir almal wat onderdruk word.+

 7 Hy het sy weë aan Moses bekend gemaak,+

sy dade aan die kinders van Israel.+

 8 Jehovah is genadig en betoon medelye.*+

Hy word nie gou kwaad nie en is vol lojale liefde.*+

 9 Hy sal nie vir altyd foutvind+

of vir ewig ’n wrok koester nie.+

10 Hy het ons nie volgens ons sondes gestraf+

of ons volgens ons oortredings terugbetaal nie.+

11 Want soos die hemel hoër is as die aarde,

so groot is sy lojale liefde vir dié wat hom vrees.+

12 So ver as wat die sonsopkoms van die sonsondergang is,

so ver het hy ons oortredings van ons verwyder.+

13 Soos ’n vader genade aan sy kinders betoon,

betoon Jehovah genade aan dié wat hom vrees.+

14 Want hy weet goed hoe ons gevorm is,+

en hy hou in gedagte dat ons stof is.+

15 Wat die sterflike mens betref, sy dae is soos dié van gras.+

Hy is soos ’n bloeisel van die veld.+

16 Maar wanneer die wind waai, is dit weg,

asof dit nooit daar was nie.*

17 Maar Jehovah se lojale liefde is tot in alle ewigheid*

vir dié wat hom vrees.+

Sy regverdigheid is vir hulle kinders se kinders,+

18 vir dié wat sy verbond hou+

en dié wat sy bevele streng gehoorsaam.

19 Jehovah het sy troon stewig gevestig in die hemel,+

en hy regeer as Koning oor alles.+

20 Loof Jehovah, al sy engele,+ sterk in krag,

wat sy woord uitvoer+ en sy stem gehoorsaam.*

21 Loof Jehovah, al sy leërmagte,+

sy dienaars wat sy wil doen.+

22 Loof Jehovah, al sy werke,

oral waar hy regeer.*

Met my hele wese sal ek Jehovah loof.

104 Ek* sal Jehovah loof.+

O Jehovah my God, u is baie groot.+

U is met majesteit* en prag geklee.+

 2 U is met lig omvou+ soos met ’n kleed.

U span die hemel uit soos ’n tentdoek.+

 3 Hy lê die balke van sy bo⁠-⁠kamers in die water daar bo*+

en maak die wolke sy strydwa+

en beweeg op die vlerke van die wind.+

 4 Hy maak sy engele geeste,

sy dienaars ’n verterende vuur.+

 5 Hy het die aarde op sy fondamente gevestig.+

Dit sal vir ewig en altyd nie uit sy plek verskuif word* nie.+

 6 U het dit met diep water bedek soos met ’n kleed.+

Die water het bo die berge gestaan.

 7 U het hulle bestraf, en hulle het gevlug.+

Toe hulle die geluid van u donderslae hoor, het hulle in paniek weggehardloop

 8 – berge het opgerys+ en valleie het weggesink –

na die plek wat u vir hulle vasgestel het.

 9 U het ’n grens gestel wat hulle nie mag oorskry nie,+

sodat hulle die aarde nooit weer sou bedek nie.

10 Hy stuur water na die valleie.*

Dit vloei tussen die berge deur.

11 Hulle voorsien water vir al die wilde diere van die veld.

Daar les die wildedonkies hulle dors.

12 Bo hulle woon die voëls van die hemel.

Hulle sing tussen die digte blare.

13 Hy gee die berge water uit sy bo-kamers.+

Met die vrug van u werke word die aarde versadig.+

14 Hy laat gras groei vir die beeste,

en plante vir die mensdom om te gebruik.+

Hy doen dit om voedsel uit die grond te laat voortkom:

15 wyn wat die hart van die mens vrolik maak,+

olie wat die gesig laat blink

en brood wat die hart van die sterflike mens nuwe krag gee.+

16 Die bome van Jehovah word versadig,

die sederbome van Liʹbanon wat hy geplant het,

17 waar die voëls nes maak.

Die ooievaar woon+ in die jenewerbome.

18 Die hoë berge is vir die bergbokke.+

Die kranse is ’n skuiling vir die klipdassies.+

19 Hy het die maan gemaak om die vasgestelde tye aan te dui.

Die son weet goed wanneer om te sak.+

20 U bring die donkerte, en dit word nag,+

die tyd wanneer al die wilde diere van die woud rondbeweeg.

21 Die jong leeus* brul vir hulle prooi+

en soek hulle voedsel by God.+

22 Wanneer die son opkom,

keer hulle terug en gaan lê hulle in hulle lêplekke.

23 Die mens gaan na sy werk,

en hy werk tot die aand toe.

24 Hoe baie is u werke, o Jehovah!+

U het hulle almal met wysheid gemaak.+

Die aarde is vol van wat u gemaak het.

25 Daar is die see, so groot en wyd,

wat wemel van ontelbare lewende dinge, klein sowel as groot.+

26 Daar vaar die skepe,

en daar speel die Leviaʹtan,*+ wat u gemaak het.

27 Hulle almal wag dat u

hulle voedsel vir hulle op die regte tyd moet gee.+

28 Wat u hulle gee, maak hulle bymekaar.+

Wanneer u u hand oopmaak, word hulle met goeie dinge versadig.+

29 Wanneer u u gesig wegdraai, raak hulle onrustig.

As u hulle gees wegneem, sterf hulle en keer hulle terug na die stof.+

30 As u u gees uitstuur, word hulle geskep,+

en u hernu die oppervlak van die grond.

31 Die heerlikheid van Jehovah sal vir ewig duur.

Jehovah sal vreugdevol wees as gevolg van sy werke.+

32 Hy kyk na die aarde, en dit bewe.

Hy raak aan die berge, en hulle rook.+

33 Ek sal my hele lewe lank vir Jehovah sing.+

Ek sal lofliedere sing* vir my God solank as wat ek lewe.+

34 Laat my gedagtes vir hom aangenaam wees.*

Ek sal vreugdevol wees as gevolg van Jehovah.

35 Die sondaars sal van die aarde af verdwyn,

en die goddeloses sal nie meer bestaan nie.+

Ek sal Jehovah loof. Loof Jah!*

105 Dank Jehovah,+ roep sy naam aan!

Maak sy dade onder die volke bekend!+

 2 Sing vir hom, sing lofliedere* vir hom.

Dink na oor* al sy wonderlike werke.+

 3 Spog oor sy heilige naam.+

Laat die hart van almal wat Jehovah dien,* bly wees.+

 4 Soek Jehovah+ en sy krag.

Soek altyd sy goedkeuring.

 5 Dink aan sy wonderlike dade,

sy wonderwerke en sy oordele,+

 6 o nageslag* van Abraham, sy kneg,+

o kinders van Jakob, dié wat hy uitgekies het.+

 7 Hy is Jehovah ons God.+

Sy oordele geld vir die hele aarde.+

 8 Hy onthou sy verbond vir ewig.+

Hy dink tot in ’n duisend geslagte aan die belofte wat hy gemaak het,*+

 9 die verbond wat hy met Abraham gemaak het,+

en die eed wat hy aan Isak gesweer het.+

10 Hy het dit as ’n bevel vir Jakob vasgestel,

en as ’n permanente verbond vir Israel,

11 toe hy gesê het: “Ek sal vir jou die land Kanaän gee+

as jou erfdeel.”+

12 Daar was toe min van hulle,+

ja, baie min, en hulle was uitlanders in die land.+

13 Hulle het van nasie tot nasie getrek,

van een koninkryk na die ander.+

14 Hy het nie toegelaat dat enigiemand hulle onderdruk nie,+

maar ter wille van hulle het hy konings tereggewys+

15 en gesê: “Moenie aan my gesalfdes raak nie,

en moet niks slegs aan my profete doen nie.”+

16 Hy het ’n hongersnood oor die land laat kom.+

Hy het hulle voedselvoorraad laat opraak.*

17 Hy het ’n man voor hulle uit gestuur

wat as ’n slaaf verkoop is – Josef.+

18 Hulle het boeie aan sy voete gesit,+

en sy nek is in ysters gesit.*

19 Tot die tyd dat sy woord waar geword het,+

is hy gesuiwer deur wat Jehovah gesê het.

20 Die koning het ’n bevel gegee om hom vry te laat.+

Die heerser van die volke het hom bevry.

21 Hy het hom as meester van sy huis aangestel,

as heerser oor al sy eiendom,+

22 om volle gesag oor sy hoë amptenare te hê*

en om sy ouermanne wysheid te leer.+

23 Toe het Israel na Egipte gekom,+

en Jakob het as ’n uitlander in die land van Gam gewoon.

24 God het sy volk baie vrugbaar gemaak.+

Hy het hulle magtiger laat word as hulle vyande.+

25 Hy het hulle harte laat verander om sy volk te haat

en om slinkse planne teen sy knegte te beraam.+

26 Hy het sy kneg Moses gestuur,+

en Aäron,+ wat hy uitgekies het.

27 Hulle het sy tekens onder hulle gedoen,

sy wonderwerke in die land van Gam.+

28 Hy het duisternis gestuur, en die land het donker geword.+

Hulle het nie teen sy woorde in opstand gekom nie.

29 Hy het hulle water in bloed verander

en hulle visse doodgemaak.+

30 Hulle land het gewemel van paddas,+

selfs in die koninklike kamers.

31 Op sy bevel het steekvlieë gekom,

en muggies in al hulle gebiede.+

32 Hy het hulle reën in hael verander

en weerlig* oor hulle land gestuur.+

33 Hy het hulle wingerdstokke en hulle vyebome getref

en die bome van hulle gebied vernietig.

34 Hy het gesê dat die sprinkane moet kom,

jong sprinkane wat nie getel kon word nie.+

35 Hulle het al die plante in die land verslind,

en hulle het die opbrengs van die grond verslind.

36 Toe het hy elke eersgeborene in hulle land doodgemaak,+

die begin van hulle voortplantingsvermoë.

37 Hy het sy volk met silwer en goud uitgelei,+

en niemand onder sy stamme het gestruikel nie.

38 Egipte was bly toe hulle vertrek het,

want hulle het baie bang geword vir Israel.*+

39 Hy het ’n wolk uitgesprei om hulle af te skerm,+

en vuur om lig te gee in die nag.+

40 Hulle het gevra, en hy het kwartels gebring.+

Hy het hulle met brood uit die hemel bly versadig.+

41 Hy het ’n rots oopgemaak, en water het uitgevloei.+

Dit het soos ’n rivier deur die woestyn gevloei.+

42 Want hy het gedink aan die heilige belofte wat hy aan sy kneg Abraham gemaak het.+

43 Hy het sy volk met uitroepe van vreugde uitgelei,+

die volk wat hy uitgekies het, met ’n vreugdevolle geroep.

44 Hy het die lande van nasies aan hulle gegee.+

Hulle het geërf wat ander volke hard gewerk het om voort te bring,+

45 sodat hulle sy bevele sou gehoorsaam+

en sy wette sou nakom.

Loof Jah!*

106 Loof Jah!*

Dank Jehovah, want hy is goed.+

Sy lojale liefde duur vir ewig.+

 2 Wie kan Jehovah se magtige dade ten volle bekend maak

of al sy lofwaardige dade verkondig?+

 3 Gelukkig is dié wat met geregtigheid optree,

wat altyd doen wat reg is.+

 4 Dink aan my, o Jehovah, wanneer u goedhartigheid betoon aan u volk.+

Sorg vir my met u reddingsdade,

 5 sodat ek die goedheid kan geniet wat u betoon aan dié wat u uitgekies het,+

sodat ek saam met u nasie bly kan wees,

sodat ek u met trots kan loof* saam met u erfdeel.

 6 Ons het gesondig, net soos ons voorvaders.+

Ons het gedoen wat verkeerd is, en ons het goddeloos opgetree.+

 7 Ons voorvaders in Egipte het nie u wonderlike werke waardeer nie.*

Hulle het nie u oorvloedige lojale liefde onthou nie,

maar hulle het in opstand gekom by die see, by die Rooisee.+

 8 Maar hy het hulle ter wille van sy naam gered+

om sy mag bekend te maak.+

 9 Hy het die Rooisee bestraf, en dit het opgedroog.

Hy het hulle deur die dieptes daarvan gelei, asof deur ’n woestyn.*+

10 Hy het hulle uit die hand van hulle teenstander gered+

en hulle uit die hand van die vyand teruggeëis.+

11 Die water het hulle vyande bedek,

en nie een van hulle het dit oorleef* nie.+

12 Toe het hulle geloof in sy belofte gestel.+

Hulle het begin sing om hom te loof.+

13 Maar hulle het gou vergeet wat hy gedoen het,+

en hulle het nie vir sy raad gewag nie.

14 Hulle het geswig voor hulle selfsugtige begeertes in die wildernis,+

en hulle het God getoets in die woestyn.+

15 Hy het hulle gegee waarvoor hulle gevra het,

maar hy het hulle toe met ’n siekte getref wat hulle laat wegteer het.+

16 In die kamp het hulle jaloers geword op Moses,

en op Aäron,+ die heilige van Jehovah.+

17 Die aarde het toe oopgegaan en Datan ingesluk,

en dit het Abiʹram+ en dié wat aan sy kant was, bedek.

18 ’n Vuur het onder hulle groep gebrand.

’n Vlam het die goddeloses verteer.+

19 Hulle het ’n kalf in Horeb gemaak

en voor ’n metaalbeeld neergebuig.+

20 Hulle het my heerlikheid verruil

vir ’n afbeelding van ’n bul, wat gras vreet.+

21 Hulle het God, hulle Redder, vergeet,+

wat groot dinge in Egipte gedoen het,+

22 wonderlike werke in die land van Gam,+

ontsagwekkende dade by die Rooisee.+

23 Hy het op die punt gestaan om te beveel dat hulle vernietig moet word,

maar Moses, die een wat hy uitgekies het, het hom gesmeek*

om sy vernietigende woede te laat bedaar.+

24 Toe het hulle getoon dat hulle geen waardering vir die begeerlike land het nie.+

Hulle het geen geloof in sy belofte gestel nie.+

25 Hulle het in hulle tente bly kla,+

en hulle het nie na die stem van Jehovah geluister nie.+

26 Daarom het hy sy hand in ’n eed opgelig

en gesweer dat hy hulle in die wildernis sou laat val.+

27 Hy sou hulle nakomelinge onder die nasies laat val,

en hy sou hulle onder die lande verstrooi.+

28 Toe het hulle die Baäl van Peor begin aanbid*+

en offerandes geëet wat aan die dooies geoffer is.*

29 Hulle het Hom met hulle dade uitgetart,+

en ’n plaag het onder hulle uitgebreek.+

30 Maar toe Piʹnehas opgestaan en ingegryp het,

het die plaag opgehou.+

31 En daarom is hy as regverdig beskou,

van geslag tot geslag, vir ewig.+

32 Hulle het Hom by die water van Meʹriba* uitgetart,

en dit het sleg gegaan met Moses as gevolg van hulle.+

33 Hulle het sy gees verbitterd laat word,

en hy het oorhaastig met sy lippe gepraat.+

34 Hulle het nie die volke vernietig+

soos Jehovah hulle beveel het om te doen nie.+

35 Maar hulle het met die nasies gemeng+

en hulle weë aangeleer.+

36 Hulle het hulle afgode bly dien,+

en dit het vir hulle ’n strik geword.+

37 Hulle het hulle seuns

en hulle dogters aan demone geoffer.+

38 Hulle het onskuldige bloed bly vergiet,+

die bloed van hulle eie seuns en dogters,

wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het.+

Die land is met bloed besoedel.

39 Hulle het onrein geword deur hulle werke.

Hulle was ontrou aan God* deur hulle dade.+

40 Jehovah het dus woedend geword vir sy volk,

en hy kon sy erfdeel nie meer verdra nie.

41 Hy het hulle herhaaldelik aan die nasies oorgelewer+

sodat hulle vyande oor hulle sou regeer.+

42 Hulle vyande het hulle onderdruk,

en hulle is aan hulle mag* onderwerp.

43 Hy het hulle keer op keer gered,+

maar hulle was opstandig en ongehoorsaam,+

en hulle is verneder as gevolg van hulle oortredings.+

44 Maar hy het gesien hoe hulle ly+

en hulle hulpgeroep gehoor.+

45 Hy het gedink aan sy verbond ter wille van hulle,

en sy groot* lojale liefde het hom beweeg om genadig te wees.*+

46 Hy het diegene wat hulle gevange gehou het,

laat jammer voel vir hulle.+

47 Red ons, o Jehovah ons God,+

en maak ons bymekaar uit die nasies,+

sodat ons u heilige naam kan prys

en u met vreugde kan loof.*+

48 Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word

tot in alle ewigheid.+

En laat die hele volk sê: “Amen!”*

Loof Jah!*

BOEK VYF

(Psalm 107-150)

107 Dank Jehovah, want hy is goed.+

Sy lojale liefde duur vir ewig.+

 2 Só moet dié sê wat deur Jehovah teruggekoop* is,

dié wat hy uit die hand* van die vyand teruggeëis het,+

 3 wat hy uit die lande bymekaargemaak het,+

uit die ooste en die weste,*

uit die noorde en die suide.+

 4 Hulle het in die wildernis rondgedwaal, in die woestyn.

Hulle het nie ’n pad gevind na ’n stad waar hulle kon woon nie.

 5 Hulle was honger en dors,

en hulle was heeltemal uitgeput.

 6 Hulle het tot Jehovah bly roep toe hulle in die nood was,+

en hy het hulle gered uit hulle moeilike situasie.+

 7 Hy het hulle die regte pad laat volg,+

sodat hulle by ’n stad kon kom waar hulle kon woon.+

 8 Laat mense Jehovah dank+ vir sy lojale liefde

en vir sy wonderlike werke ter wille van mense.+

 9 Want hy het dié wat dors is, iets gegee om te drink,

en dié wat honger is, met goeie dinge gevul.+

10 Party het in die diepste donkerte gewoon,

gevangenes wat swaarkry en in ysterboeie is.

11 Want hulle het in opstand gekom teen die woord van God.

Hulle het geen respek gehad vir die raad van die Allerhoogste nie.+

12 Daarom het hy hulle harte verneder deur hulle te laat ly.+

Hulle het gestruikel, en daar was niemand om hulle te help nie.

13 Hulle het tot Jehovah om hulp geroep toe hulle in die nood was,

en hy het hulle gered uit hulle moeilike situasie.

14 Hy het hulle uit die diepste donkerte uitgebring,

en hy het hulle kettings afgeruk.+

15 Laat mense Jehovah dank vir sy lojale liefde+

en vir sy wonderlike werke ter wille van mense.

16 Want hy het die koperdeure afgebreek

en die ystergrendels stukkend gekap.+

17 Hulle was onverstandig en het swaargekry+

as gevolg van hulle oortredings en hulle foute.+

18 Hulle het hulle eetlus heeltemal verloor.*

Hulle het by die poorte van die dood omgedraai.

19 Hulle het tot Jehovah om hulp geroep toe hulle in die nood was,

en hy het hulle gered uit hulle moeilike situasie.

20 Hy het sy woord gestuur en hulle genees+

en hulle gered uit die putte waarin hulle vasgevang was.

21 Laat mense Jehovah dank vir sy lojale liefde

en vir sy wonderlike werke ter wille van mense.

22 Laat hulle dankoffers bring+

en sy werke bekend maak met uitroepe van vreugde.

23 Dié wat met skepe op die see vaar,

wat handel dryf op die uitgestrekte water,+

24 het die werke van Jehovah gesien,

en sy wonderlike werke in die dieptes.+

25 Sy woord laat ’n windstorm opkom+

en lig die golwe van die see op.

26 Hulle styg op na die hemel.

Hulle duik af na die dieptes.

Hulle moed smelt weg as gevolg van die rampspoed wat kom.

27 Hulle steier en slinger soos ’n dronk man,

en al hulle vaardighede is nutteloos.+

28 Dan roep hulle tot Jehovah wanneer hulle in die nood is,+

en hy red hulle uit hulle moeilike situasie.

29 Hy laat die windstorm bedaar,

en die golwe van die see word stil.+

30 Hulle word bly wanneer dit tot rus kom.

Hy lei hulle na die hawe waarheen hulle wil gaan.

31 Laat mense Jehovah dank vir sy lojale liefde

en vir sy wonderlike werke ter wille van mense.+

32 Laat hulle hom in die gemeente van die volk verheerlik,+

en laat hulle hom in die vergadering* van die ouermanne loof.

33 Hy verander riviere in ’n woestyn,

en waterfonteine in dorre grond,+

34 vrugbare land in ’n onvrugbare land+

as gevolg van die goddeloosheid van dié wat daarin woon.

35 Hy verander die woestyn in waterpoele vol riete,

en droë grond in waterfonteine.+

36 Hy laat dié wat honger is, daar woon,+

sodat hulle ’n stad kan stig om in te woon.+

37 Hulle saai saad in landerye en plant wingerde+

wat oorvloedige oeste oplewer.+

38 Hy seën hulle, en hulle word baie meer.

Hy laat nie toe dat hulle beeste minder word nie.+

39 Maar hulle word weer min en word verneder

as gevolg van onderdrukking, rampspoed en hartseer.

40 Hy bring skande oor heersers

en laat hulle ronddwaal in ’n wildernis sonder paaie.+

41 Maar hy beskerm die armes teen onderdrukking+

en laat hulle families so baie word soos ’n kudde.

42 Die regverdiges sien dit en is bly,+

maar al die onregverdiges hou hulle mond.+

43 Enigiemand wat wys is, sal hierdie dinge sien+

en sal diep nadink oor Jehovah se dade van lojale liefde.+

’n Lied. ’n Melodie van Dawid.

108 My hart is standvastig, o God.

Ek sal met my hele wese sing en musiek maak.+

 2 Word wakker, o snaarinstrument, en jy ook, o harp.+

Ek sal die dagbreek wakker maak.

 3 Ek sal u prys onder die volke, o Jehovah,

en ek sal onder die nasies vir u lofliedere sing.*

 4 Want u lojale liefde is groot, so hoog soos die hemel,+

en u getrouheid strek tot aan die wolke.

 5 Mag u hoog bo die hemel wees, o God.

Mag u heerlikheid oor die hele aarde wees.+

 6 Red ons met u regterhand en antwoord my+

sodat u geliefdes gered kan word.

 7 God het in sy heiligheid* gesê:

“Ek sal van vreugde uitroep, ek sal Sigem+ as ’n erfdeel gee,

en ek sal die Vallei van Sukkot afmeet.+

 8 Giʹlead+ behoort aan my, en Manasʹse ook,

en Eʹfraim is die helm* vir my kop.+

Juda is vir my die staf van ’n bevelvoerder.+

 9 Moab is my wasbak.+

Op Edom sal ek my sandaal gooi.+

Ek sal van vreugde uitroep weens die oorwinning oor Filisteʹa.”+

10 Wie sal my bring na die stad wat versterk is?

Wie sal my tot by Edom lei?+

11 Is dit nie u, o God, deur wie ons verwerp is nie,

ons God, wat nie meer saam met ons leërmagte uitgaan nie?+

12 Help ons in moeilike tye,+

want redding deur mense is waardeloos.+

13 Deur God sal ons krag kry,+

en hy sal ons vyande vertrap.+

Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.

109 O God wat ek loof,+ moenie stilbly nie.

 2 Want die goddeloses en die bedrieglikes praat teen my.

Hulle vertel leuens oor my.+

 3 Hulle omsingel my met woorde van haat,

en hulle val my aan sonder rede.+

 4 In antwoord op my liefde staan hulle my teë,+

maar ek hou aan bid.

 5 Hulle betaal my terug met slegtheid vir die goeie wat ek doen+

en met haat vir my liefde.+

 6 Stel ’n goddelose persoon oor hom aan.

Mag ’n teenstander* aan sy regterhand staan.

 7 Laat hom skuldig* bevind word wanneer hy geoordeel word.

Laat selfs sy gebed as sonde beskou word.+

 8 Laat sy dae min wees.+

Laat iemand anders sy opsienersamp neem.+

 9 Laat sy kinders* weeskinders word,

en sy vrou ’n weduwee.

10 Laat sy kinders* bedelaars word wat ronddwaal,

wat uit hulle verwoeste huise uitgaan om te gaan kos soek.

11 Laat sy skuldeiser alles wat hy het, wegneem,*

en laat vreemdelinge sy besittings neem.

12 Laat niemand goedhartigheid* aan hom betoon nie,

en laat niemand goed wees vir sy vaderlose kinders nie.

13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word.+

Laat hulle naam binne een geslag uitgewis word.

14 Mag Jehovah die oortreding van sy voorvaders onthou,+

en mag die sonde van sy ma nie uitgewis word nie.

15 Mag Jehovah altyd onthou wat hulle gedoen het,

en mag hy die herinnering aan hulle van die aarde af uitroei.+

16 Want hy het nie daaraan gedink om goedhartigheid* te betoon nie,+

maar hy het enigiemand wat onderdruk is,+ wat arm is of wie se hart gebreek is, bly agternasit

sodat hy hom kan doodmaak.+

17 Hy was lief daarvoor om ’n vloek uit te spreek, en dit is presies wat oor hom gekom het.

Hy het geen begeerte gehad om te seën nie, en daarom het hy geen seën ontvang nie.

18 Hy het vervloekinge as sy kledingstuk gedra.

Dit is soos water in sy liggaam ingegooi,

soos olie in al sy bene.

19 Laat sy vervloekinge wees soos die klere waarin hy hom toedraai+

en soos ’n lyfband wat hy altyd dra.

20 Dít is die betaling wat Jehovah gee aan die een wat my teëstaan+

en aan dié wat slegte dinge van my sê.

21 Maar Soewereine Heer Jehovah,

help my ter wille van u naam.+

Red my, want u lojale liefde is goed.+

22 Ek is hulpeloos en arm,+

en my hart is gebreek binne-in my.+

23 Ek kom aan my einde soos ’n skaduwee wat verdwyn.

Ek is afgeskud soos ’n sprinkaan.

24 My knieë is swak omdat ek vas.

Ek is maer, en ek teer weg.*

25 Hulle spot my.+

Wanneer hulle my sien, skud hulle hulle koppe.+

26 Help my, o Jehovah my God.

Red my deur u lojale liefde.

27 Laat hulle weet dat dit deur u hand is,

dat u, o Jehovah, dit gedoen het.

28 Laat hulle ’n vloek uitspreek, maar mag u ’n seën uitspreek.

Laat hulle verneder word wanneer hulle teen my opstaan,

maar laat u kneg bly wees.

29 Laat dié wat my teëstaan, met vernedering geklee word.

Mag hulle hulle skande dra soos ’n kledingstuk.*+

30 My mond sal Jehovah vurig prys.

Ek sal hom voor baie mense loof.+

31 Want hy sal aan die regterhand van die arme staan

om hom te red van dié wat hom veroordeel.

Van Dawid. ’n Melodie.

110 Jehovah het vir my Here gesê:

“Sit aan my regterhand+

totdat ek jou vyande ’n voetbank vir jou voete maak.”+

 2 Jehovah sal die septer van u mag vanuit Sion uitstrek en sê:

“Gaan tussen jou vyande in en onderwerp hulle.”+

 3 U volk sal hulle gewillig aanbied op die dag dat u leërmag uitgaan.*

In pragtige heiligheid, teen dagbreek,*

kom u geselskap van jong manne net soos doudruppels.

 4 Jehovah het ’n eed gesweer, en hy sal nie van gedagte verander* nie:

“Jy is vir ewig ’n priester+

soos Melgiseʹdek!”+

 5 Jehovah sal aan u regterhand wees.+

Hy sal konings vernietig op die dag van sy woede.+

 6 Hy sal die nasies oordeel en straf.*+

Hy sal die land met lyke vul.+

Hy sal die leier* van ’n groot land* vernietig.

 7 Hy* sal drink uit die stroom langs die pad.

Daarom sal hy sy kop hoog hou.

111 Loof Jah!*+

א [Alef]

Ek sal Jehovah met my hele hart prys+

ב [Bet]

in die vergadering van die regverdiges en in die gemeente.

ג [Gimel]

 2 Die werke van Jehovah is groot.+

ד [Dalet]

Almal wat vreugde daarin vind, ondersoek dit.+

ה [He]

 3 Sy dade openbaar sy heerlikheid en prag,

ו [Waw]

en sy regverdigheid duur vir ewig.+

ז [Zajin]

 4 Hy sorg dat sy wonderlike werke onthou word.+

ח [Get]

Jehovah is vol medelye* en genade.+

ט [Tet]

 5 Hy gee voedsel aan dié wat hom vrees.+

י [Jod]

Hy onthou sy verbond vir ewig.+

כ [Kaf]

 6 Hy het sy kragtige werke aan sy volk bekend gemaak

ל [Lamed]

deur hulle die erfdeel van die nasies te gee.+

מ [Mem]

 7 Die werke van sy hande is waarheid en geregtigheid.+

נ [Noen]

Al sy bevele is betroubaar.+

ס [Samek]

 8 Dit is altyd betroubaar,* nou en vir ewig,

ע [Ajin]

gebaseer op waarheid en regverdigheid.+

פ [Pe]

 9 Hy het sy volk verlos.+

צ [Tsade]

Hy het beveel dat sy verbond vir ewig moet duur.

ק [Kof]

Sy naam is heilig en ontsagwekkend.+

ר [Resj]

10 Die vrees vir Jehovah is die begin van wysheid.+

ש [Sin]

Almal wat sy bevele* gehoorsaam, toon goeie insig.+

ת [Taw]

Hy word vir ewig geloof.

112 Loof Jah!*+

א [Alef]

Gelukkig is die man wat Jehovah vrees,+

ב [Bet]

wat groot vreugde in sy gebooie vind.+

ג [Gimel]

 2 Sy nakomelinge sal magtig wees op die aarde,

ד [Dalet]

en die geslag van die regverdiges sal geseën wees.+

ה [He]

 3 Sy huis is vol rykdom,

ו [Waw]

en sy regverdigheid duur vir ewig.

ז [Zajin]

 4 Vir dié wat reg lewe, skyn hy soos ’n lig in die duisternis.+

ח [Get]

Hy is vol medelye* en genade,+ en hy is regverdig.

ט [Tet]

 5 Dit gaan goed met die man wat vrygewig* is en uitleen.+

י [Jod]

Hy sien om na sy sake met geregtigheid.

כ [Kaf]

 6 Hy sal altyd standvastig wees.+

ל [Lamed]

Die regverdige sal vir ewig onthou word.+

מ [Mem]

 7 Hy sal nie bang wees vir slegte nuus nie.+

נ [Noen]

Sy hart is standvastig en vertrou op Jehovah.+

ס [Samek]

 8 Sy hart is vasberade,* en hy is nie bang nie.+

צ [Ajin]

Hy sal uiteindelik die ondergang van sy vyande sien.+

פ [Pe]

 9 Hy het wyd en syd* uitgedeel. Hy het vir die armes gegee.+

צ [Tsade]

Sy regverdigheid duur vir ewig.+

ק [Kof]

Sy krag* sal verheerlik en geprys word.

ר [Resj]

10 Die goddelose sal dit sien en sal ontsteld wees.

ש [Sjin]

Hy sal op sy tande kners en wegsmelt.

ת [Taw]

Die begeertes van die goddeloses sal verdwyn.+

113 Loof Jah!*

Bring lof, o knegte van Jehovah,

loof die naam van Jehovah.

 2 Mag Jehovah se naam geloof word,

van nou af en tot in alle ewigheid.+

 3 Laat Jehovah se naam geloof word

van die sonsopkoms tot die sonsondergang.+

 4 Jehovah is hoog bo al die nasies.+

Sy heerlikheid is bo die hemel.+

 5 Wie is soos Jehovah ons God,+

die Een wat in die hoogtes woon?*

 6 Hy buig neer om na die hemel en die aarde te kyk,+

 7 en hy tel die hulpelose uit die stof uit op.

Hy haal die een wat arm is, van die ashoop* af+

 8 om hom by die heersers te laat sit,

by die heersers van sy volk.

 9 Hy gee die onvrugbare vrou ’n huis

en maak haar ’n gelukkige moeder met kinders.*+

Loof Jah!*

114 Toe Israel uit Egipte getrek het,+

toe die huis van Jakob ’n volk verlaat het wat ’n vreemde taal praat,

 2 het Juda sy heiligdom* geword

en het Israel die gebied geword waaroor hy regeer.+

 3 Die see het dit gesien en gevlug.+

Die Jordaanrivier het teruggedraai.+

 4 Die berge het rondgehuppel soos ramme,+

die heuwels soos lammers.

 5 Wat het jou laat vlug, o see?+

Hoekom het jy teruggedraai, o Jordaanrivier?+

 6 Hoekom het julle rondgehuppel soos ramme, o berge,

soos lammers, o heuwels?

 7 Bewe, o aarde, as gevolg van die Here,

as gevolg van die God van Jakob,+

 8 wat die rots in ’n waterpoel vol riete verander,

die klipharde rots* in waterfonteine.+

115 Ons verdien niks, o Jehovah, ons verdien niks,*

maar u naam verdien om verheerlik te word+

as gevolg van u lojale liefde en u getrouheid.+

 2 Hoekom moet die nasies vra:

“Waar is hulle God?”+

 3 Ons God is in die hemel.

Wat hy ook al wil, dit doen hy.

 4 Hulle afgode is silwer en goud,

die werk van mensehande.+

 5 Hulle het ’n mond, maar hulle kan nie praat nie,+

oë, maar hulle kan nie sien nie.

 6 Hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie,

’n neus, maar hulle kan nie ruik nie.

 7 Hulle het hande, maar hulle kan nie voel nie,

voete, maar hulle kan nie loop nie.+

Geen geluid kom uit hulle keel nie.+

 8 Die mense wat hulle maak, sal net soos hulle word,+

en so ook almal wat op hulle vertrou.+

 9 O Israel, vertrou op Jehovah+

– hy is julle hulp en julle skild.+

10 O huis van Aäron,+ vertrou op Jehovah

– hy is julle hulp en julle skild.

11 Julle wat Jehovah vrees, vertrou op Jehovah+

– hy is julle hulp en julle skild.+

12 Jehovah dink aan ons, en hy sal ons seën.

Hy sal die huis van Israel seën.+

Hy sal die huis van Aäron seën.

13 Jehovah sal dié seën wat hom vrees,

klein sowel as groot.

14 Jehovah sal julle laat toeneem,

julle en julle kinders.*+

15 Mag julle geseën word deur Jehovah,+

die Maker van hemel en aarde.+

16 Die hemel behoort aan Jehovah,+

maar die aarde het hy aan die mense gegee.+

17 Die dooies loof Jah nie,+

en ook nie dié wat in die stilte van die dood* afgaan nie.+

18 Maar ons sal Jah loof,

van nou af en tot in alle ewigheid.

Loof Jah!*

116 Ek is lief vir Jehovah,

want hy hoor* my stem, my smekinge om hulp.+

 2 Want hy skenk aandag aan* my,+

en ek sal hom aanroep solank as wat ek lewe.*

 3 Die toue van die dood was om my.

Die Graf het my in sy greep gehad.*+

Ek was oorweldig deur angs en droefheid.+

 4 Maar ek het die naam van Jehovah aangeroep:+

“O Jehovah, red my!”

 5 Jehovah is vol medelye* en is regverdig.+

Ons God is genadig.+

 6 Jehovah bewaar die onervarenes.+

Ek het swak geword, en hy het my gered.

 7 Laat my siel* weer rus,

want Jehovah was goed vir my.

 8 U het my van die dood gered,

my oog van trane, my voet van struikeling.+

 9 Ek sal Jehovah dien* in die land van die lewendes.

10 Ek het geloof gehad, en daarom het ek gepraat.+

Ek het baie swaargekry.

11 Ek het paniekerig geraak en gesê:

“Alle mense is leuenaars.”+

12 Waarmee sal ek Jehovah terugbetaal

vir al die goeie dinge wat hy vir my gedoen het?

13 Ek sal die beker van redding* optel,

en ek sal die naam van Jehovah aanroep.

14 Ek sal my geloftes aan Jehovah betaal

in die teenwoordigheid van sy hele volk.+

15 Jehovah beskou dit as ’n groot verlies*

as sy lojales sterf.+

16 Ek smeek u, o Jehovah,

want ek is u kneg.

Ek is u kneg, die seun van u slavin.

U het my van my kettings bevry.+

17 Ek sal ’n dankoffer aan u bring,+

en ek sal die naam van Jehovah aanroep.

18 Ek sal my geloftes aan Jehovah betaal+

in die teenwoordigheid van sy hele volk,+

19 in die voorhowe van die huis van Jehovah,+

in jou, o Jerusalem.

Loof Jah!*+

117 Loof Jehovah, alle nasies.+

Verheerlik hom, alle volke.*+

 2 Want sy lojale liefde vir ons is groot,+

en die getrouheid+ van Jehovah duur vir ewig.+

Loof Jah!*+

118 Dank Jehovah, want hy is goed.+

Sy lojale liefde duur vir ewig.

 2 Laat Israel nou sê:

“Sy lojale liefde duur vir ewig.”

 3 Laat dié van die huis van Aäron nou sê:

“Sy lojale liefde duur vir ewig.”

 4 Laat dié wat Jehovah vrees, nou sê:

“Sy lojale liefde duur vir ewig.”

 5 Ek het Jah* in moeilike omstandighede aangeroep.

Jah het my geantwoord en my na ’n plek van veiligheid* gebring.+

 6 Jehovah is aan my kant. Ek sal nie bang wees nie.+

Wat kan ’n mens aan my doen?+

 7 Jehovah is aan my kant as my helper.*+

Ek sal die ondergang sien van dié wat my haat.+

 8 Dit is beter om beskerming by Jehovah te soek

as om op mense te vertrou.+

 9 Dit is beter om beskerming by Jehovah te soek

as om op prinse te vertrou.+

10 Al die nasies het my omsingel,

maar in die naam van Jehovah

het ek hulle teruggedryf.+

11 Hulle het my omsingel, ja, ek was heeltemal omsingel,

maar in die naam van Jehovah

het ek hulle teruggedryf.

12 Hulle het my omsingel soos bye,

maar hulle is so vinnig geblus soos ’n vuur wat tussen dorings brand.

In die naam van Jehovah

het ek hulle teruggedryf.+

13 Hulle* het my hard gestamp om my te laat val,

maar Jehovah het my gehelp.

14 Jah is my skuiling en my krag,

en hy het my redding geword.+

15 Die geluid van vreugde en redding*

is in die tente van die regverdiges.

Die regterhand van Jehovah openbaar sy krag.+

16 Die regterhand van Jehovah is hoog opgelig.

Die regterhand van Jehovah openbaar sy krag.+

17 Ek sal nie sterf nie, nee, ek sal lewe,

om die werke van Jah bekend te maak.+

18 Jah het my streng gedissiplineer,+

maar hy het my nie aan die dood oorgelewer nie.+

19 Maak vir my die poorte van regverdigheid oop.+

Ek sal daardeur ingaan en Jah prys.

20 Dit is die poort van Jehovah.

Die regverdiges sal daardeur ingaan.+

21 Ek sal u prys, want u het my geantwoord,+

en u het my redding geword.

22 Die steen wat die bouers verwerp het,

het die belangrikste hoeksteen* geword.+

23 Dit het van Jehovah af gekom,+

en dit is wonderlik in ons oë.+

24 Dit is die dag wat Jehovah gemaak het.

Ons sal bly wees en vreugdevol wees.

25 Jehovah, red ons, asseblief, ons smeek u!

Jehovah, gee ons die oorwinning, asseblief!

26 Geseënd is die een wat in die naam van Jehovah kom.+

Ons seën julle uit die huis van Jehovah.

27 Jehovah is God.

Hy gee ons lig.+

Gaan saam met die feestelike optog met takke in julle hand,+

tot by die horings van die altaar.+

28 U is my God, en ek sal u prys.

My God, ek sal u verheerlik.+

29 Dank Jehovah,+ want hy is goed.

Sy lojale liefde duur vir ewig.+

א [Alef]

119 Gelukkig is dié wie se weg rein is,*

wat die wet van Jehovah volg.+

 2 Gelukkig is dié wat aandag skenk aan sy herinneringe,+

wat hom met hulle hele hart soek.+

 3 Hulle beoefen nie onregverdigheid nie.

Hulle volg sy weë.+

 4 U het die opdrag gegee

dat u bevele streng gehoorsaam moet word.+

 5 As ek maar net standvastig kon bly,*+

sodat ek u wetsvoorskrifte kon gehoorsaam!

 6 Dan sal ek nie verneder word+

wanneer ek aan al u gebooie aandag skenk nie.

 7 Ek sal u met ’n opregte hart prys

wanneer ek van u regverdige oordele leer.

 8 Ek sal u wetsvoorskrifte gehoorsaam.

Mag u my nooit heeltemal verlaat nie.

ב [Bet]

 9 Hoe kan ’n jong man sy pad rein hou?

Deur volgens u woord te lewe.+

10 Ek wil u met my hele hart dien.*

Moenie my van u gebooie laat afdwaal nie.+

11 In my hart bewaar ek u woord as ’n skat,+

sodat ek nie teen u sal sondig nie.+

12 Mag u geloof word, o Jehovah.

Leer my u wetsvoorskrifte.

13 Met my lippe verkondig ek

al u oordele.

14 Ek vind meer vreugde in u herinneringe+

as in alle ander waardevolle dinge.+

15 Ek sal oor u bevele nadink*+

en my oë op u paaie gerig hou.+

16 Ek is lief vir u wetsbepalings.

Ek sal u woord nie vergeet nie.+

ג [Gimel]

17 Wees genadig teenoor u kneg,

sodat ek kan lewe en u woord kan gehoorsaam.+

18 Maak my oë oop sodat ek duidelik kan sien

hoe wonderlik u wet is.

19 Ek is maar net ’n uitlander in die land.+

Moenie u gebooie vir my wegsteek nie.

20 Ek word verteer

omdat ek so baie na u oordele verlang.

21 U bestraf die vermeteles,*

die vervloektes wat van u gebooie afdwaal.+

22 Moenie toelaat dat hulle my bespot of sonder respek behandel nie,*

want ek het aandag geskenk aan u herinneringe.

23 Selfs wanneer magtiges bymekaar sit en teen my praat,

dink u kneg na oor* u wetsvoorskrifte.

24 Ek is lief vir u herinneringe.+

Hulle is my raadgewers.+

ד [Dalet]

25 Ek lê in die stof.+

Bewaar my lewe, soos u belowe het.+

26 Ek het u van my weë vertel, en u het my geantwoord.

Leer my u wetsvoorskrifte.+

27 Laat my die betekenis* van u bevele verstaan,

sodat ek oor u wonderlike werke kan nadink.*+

28 Ek kon nie slaap nie as gevolg van droefheid.

Versterk my, soos u belowe het.

29 Hou my ver weg van die pad van bedrieglikheid,+

en wees goed vir my deur my u wet te leer.

30 Ek het die weg van getrouheid gekies.+

Ek weet dat u oordele reg is.

31 Ek hou vas aan u herinneringe.+

O Jehovah, moenie toelaat dat ek teleurgestel word* nie.+

32 Ek sal die weg van u gebooie gretig volg,

want u maak plek daarvoor in my hart.*

ה [He]

33 O Jehovah, leer my+ die weg van u wetsvoorskrifte,

dan sal ek dit tot die einde toe volg.+

34 Gee my insig,

sodat ek u wet kan gehoorsaam

en dit met my hele hart kan gehoorsaam.

35 Lei my* op die pad van u gebooie,+

want ek vind vreugde daarin.

36 Beweeg my hart om lief te wees vir u herinneringe,

en nie vir selfsugtige wins nie.+

37 Help my om nie na waardelose dinge te kyk nie.+

Hou my op u weg sodat ek kan bly lewe.

38 Kom u belofte* aan u kneg na,

sodat u gevrees kan word.*

39 Hou die skande wat ek vrees, ver van my af,

want u oordele is goed.+

40 Kyk hoe ek na u bevele verlang.

Bewaar my lewe, want u is regverdig.

ו [Waw]

41 Mag ek u lojale liefde ondervind, o Jehovah,+

u redding, soos u belowe het.*+

42 Dan sal ek die een antwoord wat my uittart,

want ek vertrou op u woord.

43 Moet nooit die woord van waarheid uit my mond wegneem nie,

want ek het op u oordeel gehoop.*

44 Ek sal altyd volgens u wet lewe,

vir ewig en altyd.+

45 Ek sal in ’n plek van veiligheid* rondloop,+

want ek soek na u bevele.

46 Ek sal voor konings oor u herinneringe praat,

en ek sal nie skaam wees nie.+

47 Ek vind vreugde in u gebooie,

ja, ek is lief vir hulle.+

48 Ek sal my hande oplig na u gebooie, waarvoor ek lief is,+

en ek sal nadink oor u wetsvoorskrifte.*+

ז [Zajin]

49 Dink aan u belofte* aan u kneg,

waardeur u my hoop gee.*

50 Dit vertroos my wanneer ek swaarkry,+

want u woord het my lewe bewaar.

51 Die vermeteles* spot my verskriklik,

maar ek dwaal nie van u wet af nie.+

52 Ek dink aan u oordele van lank gelede,+ o Jehovah,

en ek vind vertroosting daarin.+

53 Ek is baie kwaad as gevolg van die goddeloses

wat u wet verlaat.+

54 U wetsvoorskrifte is liedere vir my

waar ek ook al woon.*

55 Gedurende die nag dink ek aan u naam, o Jehovah,+

sodat ek u wet kan gehoorsaam.

56 Dit was nog altyd my gewoonte

omdat ek u bevele gehoorsaam het.

ח [Get]

57 Jehovah is my deel.+

Ek het belowe om u woorde te gehoorsaam.+

58 Ek smeek u* met my hele hart:+

wees genadig teenoor my,+ soos u belowe het.*

59 Ek het my weë ondersoek

sodat my voete weer u herinneringe kan volg.+

60 Ek tree vinnig op en huiwer nie

om u gebooie te gehoorsaam nie.+

61 Die toue van die goddeloses was om my,

maar ek vergeet nie u wet nie.+

62 Om middernag staan ek op om u te dank+

vir u regverdige oordele.

63 Ek is ’n vriend van almal wat u vrees

en van dié wat u bevele gehoorsaam.+

64 U lojale liefde vul die aarde, o Jehovah.+

Leer my u wetsvoorskrifte.

ט [Tet]

65 U was goed vir u kneg,

o Jehovah, soos u belowe het.

66 Gee my goeie oordeel en kennis,+

want ek het op u gebooie vertrou.

67 Voordat ek swaargekry het, het ek soms afgedwaal,*

maar nou is ek gehoorsaam aan u woord.+

68 U is goed,+ en u werke is goed.

Leer my u wetsvoorskrifte.+

69 Die vermeteles* versprei leuens oor my,

maar ek gehoorsaam u bevele met my hele hart.

70 Hulle hart is ongevoelig,*+

maar ek is lief vir u wet.+

71 Dit is goed dat ek swaargekry het,+

want so kon ek u wetsvoorskrifte leer.

72 Die wet van u mond is goed vir my,+

beter as duisende stukke goud en silwer.+

י [Jod]

73 U hande het my gemaak en gevorm.

Gee my insig,

sodat ek u gebooie kan leer.+

74 Dié wat u vrees, sien my en word bly,

want u woord is my hoop.*+

75 O Jehovah, ek weet dat u oordele regverdig is+

en dat u my gedissiplineer het omdat u getrou is.+

76 Vertroos my asseblief met u lojale liefde,+

soos u vir u kneg belowe het.*

77 Betoon genade aan my, sodat ek kan bly lewe,+

want ek is lief vir u wet.+

78 Laat die vermeteles* verneder word,

want hulle behandel my onregverdig sonder rede.*

Maar ek sal oor u bevele nadink.*+

79 Laat dié wat u vrees, na my toe terugkeer,

dié wat u herinneringe ken.

80 Mag ek u wetsvoorskrifte met my hele hart volg,+

sodat ek nie verneder word nie.+

כ [Kaf]

81 Ek smag na u redding,+

want u woord is my hoop.*

82 My oë smag na u woord+

terwyl ek vra: “Wanneer sal u my vertroos?”+

83 Want ek is soos ’n leersak wat in die rook uitgedroog het,

maar ek vergeet nie u wetsvoorskrifte nie.+

84 Hoeveel dae moet u kneg wag?

Wanneer sal u my vervolgers oordeel en straf?+

85 Die vermeteles* grawe putte vir my,

dié wat teen u wet is.

86 Al u gebooie is betroubaar.

Mense vervolg my sonder rede – help my!+

87 Hulle het my amper van die aarde af uitgewis,

maar ek het nie u bevele verlaat nie.

88 Bewaar my lewe as gevolg van u lojale liefde,

sodat ek kan aandag skenk aan die herinneringe uit u mond.

ל [Lamed]

89 O Jehovah, u woord bestaan vir ewig,

so lank as wat die hemel sal bestaan.+

90 U getrouheid is van geslag tot geslag.+

U het die aarde stewig gevestig, sodat dit kan bly staan.+

91 Danksy u oordele bestaan hulle* vandag nog,

want hulle almal is u knegte.

92 As ek nie lief was vir u wet nie,

sou ek in my ellende gesterf het.+

93 Ek sal u bevele nooit vergeet nie,

want daardeur het u my lewe bewaar.+

94 Ek behoort aan u – red my,+

want ek het na u bevele gesoek.+

95 Die goddeloses lê en wag om my dood te maak,

maar ek skenk noukeurig aandag aan u herinneringe.

96 Ek het gesien dat alle volmaaktheid perke het,

maar u gebod het geen perke nie.*

מ [Mem]

97 Hoe lief is ek tog vir u wet!+

Die hele dag lank dink ek daaroor na.*+

98 U gebod maak my wyser as my vyande+

omdat dit altyd by my is.

99 Ek het meer insig as al my onderrigters+

omdat ek oor u herinneringe nadink.*

100 Ek tree verstandiger op as ouer mans

omdat ek u bevele gehoorsaam.

101 Ek weier om op enige slegte pad te loop,+

sodat ek u woord kan gehoorsaam.

102 Ek dwaal nie van u oordele af nie,

want u het my onderrig.

103 Hoe soet is u woorde vir my verhemelte,

soeter as heuning vir my mond!+

104 Danksy u bevele tree ek verstandig op.+

Daarom haat ek elke valse pad.+

נ [Noen]

105 U woord is ’n lamp vir my voet

en ’n lig vir my pad.+

106 Ek het ’n eed gesweer – en ek sal dit nakom –

om u regverdige oordele te gehoorsaam.

107 Ek het baie swaargekry.+

O Jehovah, bewaar my lewe, soos u belowe het.+

108 Aanvaar asseblief my vrywillige lofoffers,*+ o Jehovah,

en leer my u oordele.+

109 My lewe is heeltyd in gevaar,*

maar ek het nie u wet vergeet nie.+

110 Die goddeloses het vir my ’n strik gestel,

maar ek het nie van u bevele afgedwaal nie.+

111 Ek neem u herinneringe as my permanente besitting,*

want hulle is die vreugde van my hart.+

112 Ek is vasbeslote* om u wetsvoorskrifte te gehoorsaam,

te alle tye, tot die einde toe.

ס [Samek]

113 Ek haat halfhartige mense,*+

maar ek is lief vir u wet.+

114 U is my skuilplek en my skild,+

want u woord is my hoop.*+

115 Bly weg van my af, julle goddeloses,+

sodat ek die gebooie van my God kan gehoorsaam.

116 Ondersteun my, soos u belowe het,*+

sodat ek kan bly lewe.

Moenie toelaat dat my hoop in teleurstelling* verander nie.+

117 Ondersteun my sodat ek gered kan word,+

en dan sal ek altyd my aandag vestig op u wetsvoorskrifte.+

118 U verwerp almal wat van u wetsvoorskrifte afdwaal,+

want hulle is vals en bedrieglik.

119 U verwerp al die goddeloses van die aarde asof hulle waardelose skuim is.+

Daarom is ek lief vir u herinneringe.

120 Die vrees vir u laat my liggaam* bewe.

Ek vrees u oordele.

ע [Ajin]

121 Ek het gedoen wat reg en regverdig is.

Moet my nie oorlewer aan my onderdrukkers nie!

122 Waarborg dat dit goed sal gaan met u kneg.

Moenie toelaat dat die vermeteles* my onderdruk nie.

123 My oë het swak geword terwyl ek wag vir u redding+

en vir u regverdige belofte.*+

124 Betoon u lojale liefde aan u kneg,+

en leer my u wetsvoorskrifte.+

125 Ek is u kneg. Gee my insig,+

sodat ek u herinneringe kan ken.

126 Die tyd het aangebreek vir Jehovah om op te tree,+

want hulle het u wet verbreek.

127 Daarom het ek u gebooie meer lief

as goud, selfs suiwer* goud.+

128 Daarom beskou ek elke instruksie* van u af as reg,+

en ek haat elke valse pad.+

פ [Pe]

129 U herinneringe is wonderlik.

Daarom gehoorsaam ek hulle.

130 Wanneer u woorde openbaar word, bring dit lig,+

en dit gee insig aan die onervarenes.+

131 Ek maak my mond oop en sug,*

want ek verlang na u gebooie.+

132 Skenk aandag aan my en gee my u goedkeuring,+

soos u besluit het in verband met* dié wat u naam liefhet.+

133 Rig my voetstappe in veiligheid* deur middel van u woord.

Laat niks wat sleg is my oorheers nie.+

134 Red* my van mense wat my wil onderdruk,

en ek sal u bevele gehoorsaam.

135 Betoon goedheid aan* u kneg,+

en leer my u wetsvoorskrifte.

136 Trane stroom by my oë uit

omdat mense nie u wet gehoorsaam nie.+

צ [Tsade]

137 U is regverdig, o Jehovah,+

en u oordele is reg.+

138 Die herinneringe wat u gee, is regverdig

en heeltemal betroubaar.

139 My ywer verteer my+

omdat my vyande u woorde vergeet het.

140 U woord is deeglik gesuiwer,+

en u kneg is lief daarvoor.+

141 Ek is onbelangrik, en daar word op my neergesien,+

maar ek het nie u bevele vergeet nie.

142 U regverdigheid is ’n ewige regverdigheid,+

en u wet is waarheid.+

143 Al kry ek swaar en al ondervind ek moeilike tye,

bly ek lief vir u gebooie.

144 U herinneringe is vir ewig regverdig.

Gee my insig,+ sodat ek kan bly lewe.

ק [Kof]

145 Ek roep met my hele hart. Antwoord my, o Jehovah.

Ek sal u wetsvoorskrifte gehoorsaam.

146 Ek roep tot u – red my!

Ek sal aandag skenk aan u herinneringe.

147 Ek is voor dagbreek* wakker sodat ek om hulp kan roep,+

want u woorde is my hoop.*

148 Ek maak my oë oop in die middel van die nag,*

sodat ek oor u woord kan nadink.*+

149 Luister tog na my stem as gevolg van u lojale liefde.+

O Jehovah, bewaar my lewe, want u is regverdig.

150 Dié wat hulle aan skandelike* gedrag skuldig maak, kom nader.

Hulle is ver van u wet af.

151 U is naby, o Jehovah,+

en al u gebooie is waarheid.+

152 Lank gelede het ek van u herinneringe geleer,

dat u hulle ingestel het om vir ewig te duur.+

ר [Resj]

153 Kyk tog hoe swaar kry ek, en red my,+

want ek het u wet nie vergeet nie.

154 Verdedig my* en red my.+

Bewaar my lewe, soos u belowe het.*

155 Redding is ver van die goddeloses af,

want hulle het nie u wetsvoorskrifte gesoek nie.+

156 U genade is groot, o Jehovah.+

Bewaar my lewe, want u is regverdig.

157 Ek het baie vervolgers en vyande,+

maar ek het nie van u herinneringe afgedwaal nie.

158 Die bedrieglikes is vir my walglik,

want hulle gehoorsaam nie u woord nie.+

159 Kyk hoe lief is ek vir u bevele!

O Jehovah, bewaar my lewe as gevolg van u lojale liefde.+

160 Die hele inhoud van u woord is waarheid,+

en al u regverdige oordele duur vir ewig.

ש [Sin of Sjin]

161 Magtiges vervolg my+ sonder rede,

maar my hart is vol ontsag vir u woorde.+

162 Ek vind vreugde in u woord,+

soos iemand wat ’n groot skat vind.

163 Ek haat leuens – dit is vir my walglik+ –

ek is lief vir u wet.+

164 Sewe keer per dag loof ek u

as gevolg van u regverdige oordele.

165 Oorvloedige vrede behoort aan dié wat u wet liefhet.+

Niks kan hulle laat struikel nie.*

166 Ek vestig my hoop op u reddingsdade, o Jehovah,

en ek gehoorsaam u gebooie.

167 Ek skenk aandag aan u herinneringe,

en ek is baie lief vir hulle.+

168 Ek skenk aandag aan u bevele en u herinneringe,

want u is bewus van alles wat ek doen.+

ת [Taw]

169 Laat my hulpgeroep u bereik, o Jehovah.+

Laat my verstaan deur middel van u woord.+

170 Luister na my smeekgebed.

Red my, soos u belowe het.*

171 Laat my lippe oorloop van lof vir u,+

want u leer my u wetsvoorskrifte.

172 Laat my tong van u woord sing,+

want al u gebooie is regverdig.

173 Mag u hand gereed wees om my te help,+

want ek kies om u bevele te gehoorsaam.+

174 Ek verlang na u redding, o Jehovah,

en ek is lief vir u wet.+

175 Laat my lewe sodat ek u kan loof.+

Mag u oordele my help.

176 Ek het soos ’n verlore skaap afgedwaal.+ Soek na u kneg,

want ek het nie u gebooie vergeet nie.+

’n Lied van die opgange.*

120 Ek het in my angstigheid tot Jehovah geroep,+

en hy het my geantwoord.+

 2 O Jehovah, red my van valse lippe

en van die bedrieglike tong.

 3 Wat sal Hy aan jou doen, en hoe sal Hy jou straf,*

o bedrieglike tong?+

 4 Met skerp pyle+ van ’n vegter

en met brandende kole+ van besemstruike.

 5 Dit gaan sleg met my, want ek woon as ’n uitlander in Meseg!+

Ek woon tussen die tente van Kedar.+

 6 Ek woon al veels te lank

by dié wat vrede haat.+

 7 Ek wil vrede hê, maar wanneer ek praat,

wil hulle oorlog hê.

’n Lied van die opgange.

121 Ek kyk op na die berge.+

Waar sal my hulp vandaan kom?

 2 My hulp kom van Jehovah,+

die Maker van hemel en aarde.

 3 Hy sal nooit toelaat dat jou voet gly* nie.+

Die Een wat jou beskerm, sal nooit lomerig wees nie.

 4 Kyk! Die Een wat Israel beskerm,

sal nooit lomerig wees of aan die slaap raak nie.+

 5 Jehovah beskerm jou.

Jehovah is die skaduwee+ aan jou regterhand.+

 6 In die dag sal die son vir jou geen gevaar inhou nie,+

en ook nie die maan in die nag nie.+

 7 Jehovah sal jou teen alle gevare beskerm.+

Hy sal jou lewe bewaar.+

 8 Jehovah sal jou beskerm in alles wat jy doen,*

van nou af en tot in alle ewigheid.

’n Lied van die opgange. Van Dawid.

122 Ek was bly toe hulle vir my gesê het:

“Kom ons gaan na die huis van Jehovah.”+

 2 En nou staan ons voete

in jou poorte, o Jerusalem.+

 3 Jerusalem is gebou as ’n stad

wat ’n hegte eenheid vorm.+

 4 Die stamme het daarheen opgegaan,

die stamme van Jah,*

in ooreenstemming met die herinnering vir Israel,

om die naam van Jehovah te loof.+

 5 Want trone is daar opgestel vir die oordeel,+

trone van die huis van Dawid.+

 6 Bid vir die vrede van Jerusalem.+

Dié wat jou liefhet, o stad, sal veilig wees.

 7 Mag daar altyd vrede wees binne jou versterkte mure,*

veiligheid in jou versterkte torings.

 8 Ter wille van my broers en my vriende sal ek sê:

“Mag daar vrede in jou wees.”

 9 Ter wille van die huis van Jehovah ons God+

sal ek die goeie vir jou soek.

’n Lied van die opgange.

123 Ek kyk op na u,+

u wat in die hemel op u troon sit.

 2 Net soos die oë van slawe op die hand van hulle meester gerig is,

en die oë van ’n slavin op die hand van haar meesteres,

so is ons oë op Jehovah ons God gerig+

totdat hy goedheid aan ons betoon.+

 3 Betoon goedheid aan ons, o Jehovah, betoon goedheid aan ons,

want ons het al te veel bespotting verduur.+

 4 Ons is al te veel uitgelag deur dié wat selfversekerd is

en te veel bespot deur die hoogmoediges.

’n Lied van die opgange. Van Dawid.

124 “As Jehovah nie met ons was nie”+

– laat Israel dan sê –

 2 “As Jehovah nie met ons was+

toe mense ons wou aanval nie,+

 3 dan sou hulle ons lewend ingesluk het+

toe hulle woedend was vir ons.+

 4 Dan sou die water ons weggevee het

en sou die stroom oor ons gespoel het.+

 5 Die woeste water sou ons oorweldig het.

 6 Mag Jehovah geloof word,

want hy het ons nie as prooi vir hulle tande gegee nie.

 7 Ons is soos ’n voël wat ontsnap het

uit die jagter se strik.+

Die strik is gebreek,

en ons het ontsnap.+

 8 Ons hulp is in die naam van Jehovah,+

die Maker van hemel en aarde.”

’n Lied van die opgange.

125 Dié wat op Jehovah vertrou,+

is soos die berg Sion, wat onbeweeglik is

en vir ewig bly bestaan.+

 2 Net soos berge Jerusalem omring,+

so omring Jehovah sy volk,+

van nou af en tot in alle ewigheid.

 3 Die septer van goddeloosheid sal nie bly regeer oor die gebied wat aan die regverdiges toegewys is nie,+

sodat die regverdiges nie begin doen* wat verkeerd is nie.+

 4 Wees goed, o Jehovah, vir die goeies,+

vir dié wat opreg van hart is.+

 5 Wat dié betref wat ’n verkeerde weg inslaan,

Jehovah sal hulle saam met die oortreders verwyder.+

Mag daar vrede oor Israel wees.

’n Lied van die opgange.

126 Toe Jehovah die gevangenes van Sion teruggebring het,+

het dit gevoel asof ons droom.

 2 Op daardie tyd is ons mond met gelag gevul

en het ons tong van vreugde uitgeroep.+

Op daardie tyd het hulle onder die nasies gesê:

“Jehovah het groot dinge vir hulle gedoen.”+

 3 Jehovah het groot dinge vir ons gedoen,+

en ons is vol vreugde.

 4 Bring tog ons gevangenes terug,* o Jehovah,

soos strome* in die Negeb.

 5 Dié wat met trane saai,

sal met uitroepe van vreugde oes.

 6 Die een wat wel uitgaan, al is dit huilend,

met sy sak vol saad in sy hand,

sal vir seker met uitroepe van vreugde terugkeer,+

met sy graanbondels in sy hand.+

’n Lied van die opgange. Van Salomo.

127 As Jehovah nie die huis bou nie,

werk die bouers verniet hard daaraan.+

As Jehovah nie die stad beskerm nie,+

bly die wag verniet wakker.

 2 Julle staan verniet vroeg op,

julle bly verniet laat wakker,

julle werk verniet hard vir julle voedsel,

want hy sorg vir sy geliefdes en gee hulle slaap.+

 3 Kyk! Seuns* is ’n erfdeel van Jehovah,+

en die vrug van die baarmoeder is ’n beloning.+

 4 Soos pyle in die hand van ’n sterk man,

so is die seuns wat gebore is in jou jeug.+

 5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker met hulle vul.+

Hulle sal nie verneder word nie,

want hulle sal met vyande in die stadspoort praat.

’n Lied van die opgange.

128 Gelukkig is enigiemand wat Jehovah vrees,+

wat Sy weë volg.+

 2 Jy sal die opbrengs eet waarvoor jou hande hard gewerk het.

Jy sal gelukkig en voorspoedig wees.+

 3 Jou vrou sal soos ’n vrugbare wingerdstok in jou huis wees.+

Jou kinders sal soos jong takkies van ’n olyfboom rondom jou tafel wees.

 4 Kyk! So sal die man geseën word

wat Jehovah vrees.+

 5 Jehovah sal jou vanuit Sion seën.

Mag jy Jerusalem sien floreer al die dae van jou lewe,+

 6 en mag jy die seuns van jou seuns sien.

Mag daar vrede oor Israel wees.

’n Lied van die opgange.

129 “Van my jong dae af het hulle my heeltyd aangeval”+

– laat Israel dan sê –

 2 “Van my jong dae af het hulle my heeltyd aangeval,+

maar hulle het my nie oorwin nie.+

 3 Manne het oor my rug geploeg.+

Hulle het lang ploegvore gemaak.”

 4 Maar Jehovah is regverdig.+

Hy het die toue van die goddeloses stukkend gesny.+

 5 Hulle sal verneder word en in skaamte terugtrek,

almal wat Sion haat.+

 6 Hulle sal soos gras bo-op die dakke word,

wat verlep voordat dit uitgetrek is,

 7 wat nie die hand kan vul van die een wat oes nie,

en ook nie die arms van die een wat graanbondels insamel nie.

 8 Geen verbyganger sal sê:

“Mag die seën van Jehovah op julle wees.

Ons seën julle in die naam van Jehovah.”

’n Lied van die opgange.

130 Uit die dieptes roep ek tot u, o Jehovah.+

 2 O Jehovah, hoor my stem.

Mag u ore aandag skenk aan my smekinge om hulp.

 3 As u boekgehou het van* oortredings, o Jah,*

wie sou dan kon bly staan, o Jehovah?+

 4 Want by u is daar ware vergifnis,+

en daarom het mense groot ontsag vir u.*+

 5 Ek hoop op Jehovah, my hele wese hoop op hom.

Ek wag vir sy woord.

 6 Ek wag gretig op Jehovah,+

meer as wat wagte vir die oggend wag,+

ja, meer as wat wagte vir die oggend wag.

 7 Laat Israel op Jehovah bly wag,

want daar is lojale liefde by Jehovah,+

en hy het groot krag om te verlos.

 8 Hy sal Israel van al hulle oortredings verlos.

’n Lied van die opgange. Van Dawid.

131 O Jehovah, my hart is nie hoogmoedig nie,

en my oë is nie trots nie.+

Ek streef ook nie na dinge wat te groot is+

of wat vir my onbereikbaar is nie.

 2 Nee, maar ek het my siel* gekalmeer en tot bedaring gebring,+

soos ’n klein kindjie* by sy ma.

Ek is so tevrede soos ’n klein kindjie.*

 3 Laat Israel op Jehovah wag,+

van nou af en tot in alle ewigheid.

’n Lied van die opgange.

132 O Jehovah, dink aan Dawid

en aan alles wat hy deurgemaak het,+

 2 hoe hy vir Jehovah gesweer het

en aan die Magtige van Jakob ’n gelofte gemaak het:+

 3 “Ek sal nie in my tent, my huis, ingaan nie.+

Ek sal nie op my rusbank, my bed, lê nie.

 4 Ek sal nie my oë toelaat om te slaap

of my ooglede om toe te val nie,

 5 totdat ek ’n plek vir Jehovah vind,

’n pragtige woonplek* vir die Magtige van Jakob.”+

 6 Kyk! Ons het in Eʹfrata+ daarvan gehoor,

ons het dit in die woud gevind.+

 7 Laat ons in sy woonplek* ingaan.+

Laat ons voor sy voetbank neerbuig.+

 8 Staan op, o Jehovah, om na u rusplek toe te kom,+

u en die Ark, die simbool van u krag.+

 9 Mag u priesters met regverdigheid geklee word,

en mag u lojales van vreugde uitroep.

10 Ter wille van u kneg Dawid

moet u nie u gesalfde verwerp nie.+

11 Jehovah het vir Dawid gesweer,

en hy sal beslis sy belofte hou:

“Een van jou nakomelinge

sal ek op jou troon plaas.+

12 As jou seuns my verbond hou

en my herinneringe onderhou wat ek hulle leer,+

sal hulle seuns ook

vir ewig op jou troon sit.”+

13 Want Jehovah het Sion uitgekies.+

Dit was sy begeerte om dit as sy woonplek te hê:+

14 “Dit is my rusplek vir ewig,

en hier sal ek woon,+ want dit is my begeerte.

15 Ek sal dit ryklik seën met voedsel.

Ek sal sy armes versadig met brood.+

16 Sy priesters sal ek met redding beklee,+

en sy lojales sal van vreugde uitroep.+

17 Daar sal ek die krag* van Dawid laat toeneem.

Ek het ’n lamp vir my gesalfde gereedgemaak.+

18 Ek sal sy vyande met skaamte beklee,

maar die kroon op sy kop sal floreer.”+

’n Lied van die opgange. Van Dawid.

133 Kyk! Hoe goed en hoe aangenaam is dit

as broers in eenheid bymekaar woon!+

 2 Dit is soos goeie olie wat op die kop uitgegooi word,+

wat afloop op die baard,

Aäron se baard,+

en wat afloop op die kraag van sy klere.

 3 Dit is soos die dou van Hermon+

wat op die berge van Sion neerdaal.+

Daar het Jehovah sy seën gegee

– die ewige lewe.

’n Lied van die opgange.

134 Loof Jehovah,

alle knegte van Jehovah,+

julle wat in die nagte in die huis van Jehovah staan.+

 2 Lig julle hande op+ in heiligheid*

en loof Jehovah.

 3 Mag Jehovah, die Maker van hemel en aarde,

julle vanuit Sion seën.

135 Loof Jah!*

Loof die naam van Jehovah.

Bring lof, o knegte van Jehovah,+

 2 julle wat in die huis van Jehovah staan,

in die voorhowe van die huis van ons God.+

 3 Loof Jah, want Jehovah is goed.+

Sing liedere* om sy naam te loof, want dit is aangenaam.

 4 Want Jah het Jakob vir hom uitgekies,

Israel as sy spesiale eiendom.*+

 5 Want ek weet goed dat Jehovah groot is.

Ons Here is groter as alle ander gode.+

 6 Jehovah doen alles wat hy wil doen,+

in die hemel en op die aarde, in die seë en in al die dieptes.

 7 Hy laat wolke* van die eindes van die aarde af opstyg.

Hy maak weerlig* vir die reën,

en hy bring die wind uit sy stoorkamers uit.+

 8 Hy het die eersgeborenes van Egipte doodgemaak,

mens sowel as dier.+

 9 Hy het tekens en wonderwerke tussen julle ingestuur, o Egipte,+

teen Farao en al sy knegte.+

10 Hy het baie nasies verslaan+

en magtige konings doodgemaak:+

11 Sihon, die koning van die Amoriete,+

Og, die koning van Basan,+

en al die koninkryke van Kanaän.

12 Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee,

as ’n erfdeel aan sy volk Israel.+

13 O Jehovah, u naam bly vir ewig.

O Jehovah, u roem* duur van geslag tot geslag.+

14 Want Jehovah sal sy volk verdedig,*+

en hy sal medelye* hê met* sy knegte.+

15 Die afgode van die nasies is silwer en goud,

die werk van mensehande.+

16 Hulle het ’n mond, maar hulle kan nie praat nie,+

oë, maar hulle kan nie sien nie.

17 Hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie.

Daar is geen asem in hulle mond nie.+

18 Die mense wat hulle maak, sal net soos hulle word,+

en so ook almal wat op hulle vertrou.+

19 O huis van Israel, loof Jehovah.

O huis van Aäron, loof Jehovah.

20 O huis van Levi, loof Jehovah.+

Julle wat Jehovah vrees, loof Jehovah.

21 Mag Jehovah vanuit Sion geloof word,+

hy wat in Jerusalem woon.+

Loof Jah!+

136 Dank Jehovah, want hy is goed.+

Sy lojale liefde duur vir ewig.+

 2 Dank die God van die gode,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

 3 Dank die Here van die here,

want sy lojale liefde duur vir ewig.

 4 Hy alleen doen groot wonders,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.+

 5 Hy het die hemel met vaardigheid* gemaak,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

 6 Hy het die aarde bo die water uitgesprei,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

 7 Hy het die groot ligte gemaak,+

want sy lojale liefde duur vir ewig,

 8 die son om oor die dag te heers,+

want sy lojale liefde duur vir ewig,

 9 die maan en die sterre om oor die nag te heers,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

10 Hy het Egipte se eersgeborenes doodgemaak,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

11 Hy het Israel onder hulle uitgelei,+

want sy lojale liefde duur vir ewig,

12 met ’n magtige hand+ en ’n uitgestrekte arm,

want sy lojale liefde duur vir ewig.

13 Hy het die Rooisee in twee* verdeel,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

14 Hy het Israel daardeur laat gaan,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

15 Hy het Farao en sy leërmag in die Rooisee afgeskud,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

16 Hy het sy volk deur die wildernis gelei,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

17 Hy het groot konings doodgemaak,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

18 Hy het magtige konings doodgemaak,

want sy lojale liefde duur vir ewig,

19 Sihon,+ die koning van die Amoriete,

want sy lojale liefde duur vir ewig,

20 en Og,+ die koning van Basan,

want sy lojale liefde duur vir ewig.

21 Hy het hulle land as ’n erfdeel gegee,+

want sy lojale liefde duur vir ewig,

22 as ’n erfdeel aan sy kneg Israel,

want sy lojale liefde duur vir ewig.

23 In ons vernedering het hy aan ons gedink,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.+

24 Hy het ons bly red van ons vyande,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

25 Hy gee voedsel aan alles wat lewe,+

want sy lojale liefde duur vir ewig.

26 Dank die God van die hemel,

want sy lojale liefde duur vir ewig.

137 By die riviere van Babilon+ het ons gesit.

Ons het gehuil toe ons aan Sion gedink het.+

 2 Aan haar* populierbome

het ons ons harpe opgehang.+

 3 Want daar het dié wat ons gevange gehou het, ons gevra om ’n lied te sing.+

Dié wat ons gespot het, wou vermaak gehad het:

“Sing vir ons een van die liedere van Sion.”

 4 Hoe kan ons die lied van Jehovah sing

in ’n vreemde land?

 5 As ek jou sou vergeet, o Jerusalem,

laat my regterhand dan vergeet hoe om enigiets te doen.*+

 6 Laat my tong aan my verhemelte vassit

as ek nie meer aan jou dink nie,

as ek Jerusalem nie bo

my grootste redes tot vreugde stel nie.+

 7 Onthou, o Jehovah,

wat die Edomiete gesê het op die dag toe Jerusalem geval het:

“Breek dit af! Breek dit af tot op die fondament!”+

 8 O dogter van Babilon, wat binnekort vernietig sal word,+

gelukkig sal die een wees wat jou terugbetaal

vir wat jy aan ons gedoen het.+

 9 Gelukkig sal die een wees wat jou kinders gryp

en hulle teen die rotse verpletter.+

Van Dawid.

138 Ek sal u met my hele hart prys.+

Voor die oë van ander gode

sal ek lofliedere sing.*

 2 Ek sal in die rigting van u heilige tempel* neerbuig,+

en ek sal u naam prys+

as gevolg van u lojale liefde en u getrouheid.

Want u het u woord en u naam groter as alle ander dinge gemaak.*

 3 Op die dag toe ek geroep het, het u my geantwoord.+

U het my moedig en sterk gemaak.+

 4 Al die konings van die aarde sal u prys, o Jehovah,+

want hulle sal die beloftes gehoor het wat u gemaak het.

 5 Hulle sal van die weë van Jehovah sing,

want die heerlikheid van Jehovah is groot.+

 6 Al is Jehovah hoog, skenk hy aandag aan die nederiges,+

maar hy ken die hoogmoediges net van ver af.+

 7 Selfs wanneer ek tussen gevare loop, sal u my lewe bewaar.+

U strek u hand uit teen die woede van my vyande.

U regterhand sal my red.

 8 Jehovah sal alles uitvoer wat in my belang is.

O Jehovah, u lojale liefde duur vir ewig.+

Moenie die werke van u hande verlaat nie.+

Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.

139 O Jehovah, u het my deursoek, en u ken my.+

 2 U weet wanneer ek gaan sit en wanneer ek opstaan.+

U ken my gedagtes van ver af.+

 3 U sien* my wanneer ek op reis is en wanneer ek gaan lê.

U is bekend met al my weë.+

 4 Daar is nog nie ’n woord op my tong nie,

maar u, o Jehovah, weet reeds wat dit is.+

 5 U omring my, en u is voor en agter my,

en u lê u hand op my.

 6 Sulke kennis is vir my onbegryplik.*

Dit is te hoog vir my om te bereik.*+

 7 Waarheen kan ek gaan om van u gees af weg te kom,

en waarheen kan ek vlug sodat u my nie kan sien nie?+

 8 As ek na die hemel sou opgaan, sou u daar wees,

en as ek my bed in die Graf* sou maak, sou u selfs daar wees.+

 9 As ek met die vlerke van die dagbreek sou wegvlieg

om by die mees afgeleë see te gaan woon,

10 sou u hand my selfs daar lei

en sou u regterhand my vashou.+

11 As ek sê: “Die duisternis sal my beslis wegsteek!”

dan sal die nag om my lig word.

12 Selfs die duisternis sou nie vir u te donker wees nie,

maar die nag sou net so helder wees soos die dag,+

en die duisternis is vir u net soos die lig.+

13 Want u het my niere gemaak.

U het my afgeskerm* in die baarmoeder van my ma.+

14 Ek prys u omdat ek op ’n ontsagwekkende manier wonderlik gemaak is.+

U werke is wonderlik.+

Ek weet dit alte goed.

15 Al my bene was vir u sigbaar

toe ek in die geheim gemaak is,

toe ek in die dieptes van die aarde geweef is.+

16 U oë het my selfs as ’n embrio gesien.

In u boek is al die dele daarvan neergeskryf,

asook die dae toe hulle gevorm is,

voordat enige van hulle bestaan het.

17 Hoe kosbaar is u gedagtes dus vir my!+

O God, hoe groot is die volle getal daarvan!+

18 As ek hulle probeer tel, is hulle meer as die sandkorrels.+

Wanneer ek wakker word, is ek nog steeds by u.*+

19 O God, as u die goddeloses maar net sou doodmaak!+

Dan sou die gewelddadige* mense van my af weggaan,

20 dié wat slegte* dinge teen u sê.

Hulle is u vyande wat u naam op ’n disrespekvolle manier gebruik.+

21 Haat ek nie dié wat u haat nie, o Jehovah,+

en is dié wat teen u in opstand kom, nie vir my walglik nie?+

22 Ek voel niks behalwe haat vir hulle nie.+

Hulle het vyande vir my geword.

23 Deursoek my, o God, en ken my hart.+

Ondersoek my, en ken my angstige* gedagtes.+

24 Kyk of daar in my enige skadelike weg is,+

en lei my+ op die weg van die ewigheid.

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid.

140 Red my, o Jehovah, van goddelose mense.

Beskerm my teen gewelddadige mense,+

 2 dié wat slegte planne in hulle hart beraam+

en die hele dag lank konflik veroorsaak.

 3 Hulle maak hulle tong skerp soos dié van ’n slang.+

Die gif van slange is agter hulle lippe.+ (Sela)

 4 Beskerm my, o Jehovah, teen die hande van die goddeloses.+

Bewaar my van gewelddadige mense,

dié wat planne beraam om my te laat val.

 5 Die hoogmoediges steek ’n strik vir my weg,

en met toue sprei hulle ’n net uit langs die pad.+

Hulle stel strikke vir my.+ (Sela)

 6 Ek sê vir Jehovah: “U is my God.

Luister, o Jehovah, na my smekinge om hulp.”+

 7 O Jehovah, die Soewereine Heer, my sterk Redder,

u beskerm my kop op die dag van die geveg.+

 8 O Jehovah, moenie die goddeloses gee wat hulle wil hê nie.

Moenie toelaat dat hulle planne sukses behaal nie, sodat hulle nie dink dat hulle belangrik is nie.+ (Sela)

 9 Mag die koppe van dié wat my omsingel,

bedek word met die slegtheid van hulle eie lippe.+

10 Mag brandende kole op hulle neerreën.+

Mag hulle in die vuur gegooi word,

in diep putte*+ waaruit hulle nooit weer sal kom nie.

11 Mag die lasteraar geen plek op die aarde* vind nie.+

Mag slegte dinge mense van geweld agternasit en hulle doodmaak.

12 Ek weet dat Jehovah die hulpeloses sal verdedig

en geregtigheid sal gee aan die armes.+

13 Die regverdiges sal u naam beslis loof.

Dié wat reg lewe, sal in u teenwoordigheid woon.+

’n Melodie van Dawid.

141 O Jehovah, ek roep u aan.+

Kom gou om my te help.+

Skenk aandag wanneer ek tot u roep.+

 2 Mag my gebed wees soos reukwerk+ wat voor u voorberei is,+

my opgeligte hande soos die graanoffer in die aand.+

 3 Stel ’n wag voor my mond, o Jehovah.

Bewaak die deur van my lippe.+

 4 Moenie toelaat dat my hart geneig word tot enigiets wat sleg is nie,+

om walglike dinge te doen saam met goddelose mense nie.

Mag ek nooit hulle lekkernye geniet nie.

 5 As die regverdige my sou slaan, sou dit ’n daad van lojale liefde wees.+

As hy my sou teregwys, sou dit soos olie op my kop wees,+

wat my kop nooit sou weier nie.+

Selfs tydens hulle rampspoed sal ek bly bid.

 6 Al word hulle regters van die krans afgegooi,

sal die volk aandag skenk aan my woorde, want dit is aangenaam.

 7 Net soos wanneer iemand grond ploeg en dit opbreek,

so is ons beendere by die mond van die Graf* verstrooi.

 8 Maar ek rig my oë op u, o Soewereine Heer Jehovah.+

Ek het beskerming by u kom soek.

Moenie my lewe wegneem nie.

 9 Beskerm my teen die valstrik wat hulle vir my gestel het,

teen die strikke van slegte mense.

10 Die goddeloses sal almal saam in hulle eie nette val,+

terwyl ek veilig verbygaan.

Maskil.* Van Dawid, toe hy in die grot was.+ ’n Gebed.

142 Met my stem roep ek tot Jehovah om hulp.+

Met my stem smeek ek Jehovah om genade aan my te betoon.

 2 Ek stort my bekommernis voor hom uit.

Ek vertel hom van my angstigheid+

 3 wanneer my gees* in my verswak.

Dan waak u oor my weg.+

Hulle het vir my ’n strik gestel

op die pad waarop ek loop.

 4 Kyk na my regterhand en sien

dat niemand vir my omgee* nie.+

Ek kan nêrens heen vlug nie.+

Niemand is bekommerd oor my nie.

 5 Ek roep tot u om my te help, o Jehovah.

Ek sê: “U is my skuilplek,+

al wat ek het* in die land van die lewendes.”

 6 Skenk aandag aan my hulpgeroep,

want ek het baie diep gesink.

Red my van my vervolgers,+

want hulle is sterker as ek.

 7 Bevry my uit die gevangenis

sodat ek u naam kan prys.

Laat die regverdiges om my bymekaarkom

omdat u goed is vir my.

’n Melodie van Dawid.

143 O Jehovah, hoor my gebed.+

Luister tog na my gesmeek om hulp.

Antwoord my in u getrouheid en u regverdigheid.

 2 Moenie ’n regsaak teen u kneg maak nie,

want niemand wat lewe, kan voor u regverdig wees nie.+

 3 Want die vyand sit my agterna.

Hy het my lewe in die grond ingetrap.

Hy het my in donkerte laat woon, soos dié wat al lank dood is.

 4 My gees* word swak.+

My hart is lam binne-in my.+

 5 Ek dink aan die dae van lank gelede.

Ek peins oor* al u dade.+

Ek dink gretig na oor die werk van u hande.

 6 Ek strek my hande uit na u.

Ek is soos ’n dorre land wat dors na u.+ (Sela)

 7 Antwoord my tog gou, o Jehovah.+

My krag* het tot ’n einde gekom.+

Moenie u gesig van my af wegdraai nie,+

anders sal ek word soos dié wat in die graf afgaan.+

 8 Laat my u lojale liefde in die oggend hoor,

want ek vertrou op u.

Maak aan my die weg bekend wat ek moet volg,+

want ek rig my tot u.

 9 Red my van my vyande, o Jehovah.

Ek soek u beskerming.+

10 Leer my om u wil te doen,+

want u is my God.

U gees is goed.

Mag dit my oor vaste grond* lei.

11 Bewaar my lewe ter wille van u naam, o Jehovah.

Red my uit die moeilikheid, want u is regverdig.+

12 Maak ’n einde aan my vyande* in u lojale liefde.+

Vernietig almal wat vyandig is teenoor my,+

want ek is u kneg.+

Van Dawid.

144 Mag Jehovah, my Rots,+ geloof word,

wat my hande leer om te veg

en my vingers om oorlog te maak.+

 2 Hy is my lojale liefde en my vesting,

my veilige skuilplek* en my redder,

my skild en die Een by wie ek skuiling kom vind het,+

die Een wat volke onder my onderwerp.+

 3 O Jehovah, wat is die mens dat u hom sou raaksien,

die seun van ’n sterflike mens dat u aandag aan hom sou gee?+

 4 Die mens is maar net soos asem.+

Sy dae is soos ’n skaduwee wat verbygaan.+

 5 O Jehovah, laat sak* u hemel en daal neer.+

Raak aan die berge en laat hulle rook.+

 6 Laat weerlig blits en verstrooi die vyand.+

Skiet u pyle en verwar hulle.+

 7 Steek u hande uit van bo af.

Bevry my en red my uit die onstuimige water,

uit die hand* van die uitlanders,+

 8 wie se mond leuens vertel

en wat hulle regterhand oplig om valslik te sweer.*

 9 O God, ek sal ’n nuwe lied vir u sing.+

Terwyl daar op ’n tiensnarige instrument gespeel word, sal ek vir u lofliedere sing,*

10 vir die Een wat oorwinning* aan konings gee,+

die Een wat sy kneg Dawid van die dodelike swaard red.+

11 Red my en bevry my uit die hand van die uitlanders,

wie se mond leuens vertel

en wat hulle regterhand oplig om valslik te sweer.

12 Dan sal ons seuns soos jong plantjies wees wat vinnig opskiet,

en ons dogters soos hoekpilare wat vir ’n paleis gemaak is.

13 Ons voorraadskure sal oorloop van allerhande soorte voedsel.

Ons kleinvee in ons velde sal vermeerder by die duisende, by die tienduisende.

14 Ons dragtige koeie sal niks oorkom* en geen misgeboorte hê nie.

Geen geskree of gekla sal op ons openbare pleine gehoor word nie.

15 Gelukkig is die volk met wie dit so gaan!

Gelukkig is die volk wie se God Jehovah is!+

’n Loflied van Dawid.

א [Alef]

145 Ek sal u prys, o my God die Koning.+

Ek sal u naam vir ewig en altyd loof.+

ב [Bet]

 2 Ek sal u die hele dag lank loof.+

Ek sal u naam vir ewig en altyd loof.+

ג [Gimel]

 3 Jehovah is groot en verdien beslis om geloof te word.+

Sy grootheid kan nie ten volle begryp word nie.+

ד [Dalet]

 4 Geslag ná geslag sal u werke prys.

Hulle sal van u magtige dade vertel.+

ה [He]

 5 Hulle sal van die glorieryke prag van u majesteit praat,+

en ek sal oor u wonderlike werke nadink.

ו [Waw]

 6 Hulle sal van u ontsagwekkende dade* praat,

en ek sal u grootheid bekend maak.

ז [Zajin]

 7 Hulle woorde van lof sal uitborrel terwyl hulle terugdink aan u oorvloedige goedheid,+

en hulle sal van vreugde uitroep as gevolg van u regverdigheid.+

ח [Get]

 8 Jehovah betoon medelye* en is genadig.+

Hy word nie gou kwaad nie, en sy lojale liefde is groot.+

ט [Tet]

 9 Jehovah is goed vir almal,+

en sy genade kan duidelik gesien word in al sy werke.

י [Jod]

10 Al u werke sal u verheerlik, o Jehovah,+

en u lojales sal u loof.+

כ [Kaf]

11 Hulle sal die heerlikheid van u koningskap verkondig,+

en hulle sal praat oor u mag,+

ל [Lamed]

12 sodat hulle u magtige dade en die glorieryke prag van u koningskap

aan mense bekend kan maak.+

מ [Mem]

13 U koningskap is ’n ewige koningskap,

en u sal tot in alle geslagte regeer.+

ס [Samek]

14 Jehovah ondersteun almal wat val+

en help almal op wat gebuk gaan onder probleme.+

ע [Ajin]

15 Alle oë kyk hoopvol na u.

U gee hulle hulle voedsel op die regte tyd.+

פ [Pe]

16 U maak u hand oop

en bevredig die begeerte van alles wat lewe.+

צ [Tsade]

17 Jehovah is regverdig in al sy weë+

en lojaal in alles wat hy doen.+

ק [Kof]

18 Jehovah is naby almal wat hom aanroep,+

almal wat hom in opregtheid* aanroep.+

ר [Resj]

19 Hy bevredig die begeerte van dié wat hom vrees.+

Hy hoor hulle geroep om hulp, en hy red hulle.+

ש [Sjin]

20 Jehovah bewaar almal wat hom liefhet,+

maar hy sal al die goddeloses vernietig.+

ת [Taw]

21 My mond sal die lof van Jehovah verkondig.+

Laat alles wat lewe sy heilige naam vir ewig en altyd loof.+

146 Loof Jah!*+

Laat my hele wese Jehovah loof.+

 2 Ek sal Jehovah my hele lewe lank loof.

Ek sal lofliedere sing* vir my God solank as wat ek lewe.

 3 Moenie julle vertroue in magtiges* stel nie.

Moenie vertrou op mense, wat nie redding kan bring nie.+

 4 Sy gees* gaan uit, hy keer terug na die grond.+

Op daardie dag kom sy gedagtes tot ’n einde.+

 5 Gelukkig is die een wat die God van Jakob as sy helper het,+

wat sy hoop vestig op Jehovah sy God,+

 6 die Maker van hemel en aarde,

van die see en alles wat in hulle is,+

die Een wat altyd getrou bly,+

 7 die Een wat geregtigheid gee aan dié wat uitgebuit is,

die Een wat brood gee aan dié wat honger is.+

Jehovah bevry die gevangenes.+

 8 Jehovah maak die oë van die blindes oop.+

Jehovah help mense wat onder probleme gebuk gaan, om weer op te staan.+

Jehovah is lief vir die regverdiges.

 9 Jehovah beskerm die uitlander.

Hy ondersteun die weeskind en die weduwee,+

maar hy laat die planne van die goddeloses misluk.*+

10 Jehovah sal vir ewig Koning wees,+

jou God, o Sion, van geslag tot geslag.

Loof Jah!*

147 Loof Jah!*

Dit is goed om lofliedere te sing* vir ons God.

Hoe aangenaam en gepas is dit om hom te loof!+

 2 Jehovah bou Jerusalem.+

Hy bring die Israeliete bymekaar wat verstrooi is.+

 3 Hy genees dié wie se hart gebreek is.

Hy verbind hulle wonde.

 4 Hy tel die aantal sterre.

Hy noem hulle almal by naam.+

 5 Ons Here is groot en is sterk in krag.+

Sy wysheid* kan nie gemeet word nie.+

 6 Jehovah help die nederiges op,+

maar hy gooi die goddeloses op die grond neer.

 7 Sing vir Jehovah om hom te dank.

Sing lofliedere vir ons God terwyl daar op die harp gespeel word.

 8 Hy bedek die hemel met wolke.

Hy voorsien reën vir die aarde.+

Hy laat groen gras op die berge uitspruit.+

 9 Aan die diere gee hy voedsel,+

aan die jong kraaie wat daarvoor bly roep.+

10 Hy vind geen vreugde in die krag van die perd nie,+

en hy is nie beïndruk deur die sterk bene van ’n man nie.+

11 Jehovah vind vreugde in dié wat hom vrees,+

in dié wat vir sy lojale liefde wag.+

12 Verheerlik Jehovah, o Jerusalem.

Loof jou God, o Sion.

13 Hy maak die grendels van jou stadspoorte sterk.

Hy seën jou kinders.

14 Hy laat vrede in jou gebied heers.+

Hy versadig jou met die beste* koring.+

15 Hy stuur sy bevel na die aarde.

Sy woord beweeg vinnig.

16 Hy stuur die sneeu soos wol.+

Hy strooi die ryp net soos as.+

17 Hy laat sy haelstene* val soos stukkies brood.+

Wie kan sy koue weerstaan?+

18 Hy stuur sy woord uit, en hulle smelt.

Hy laat sy wind waai,+ en die water vloei.

19 Hy maak sy woord bekend aan Jakob,

sy wetsvoorskrifte en oordele aan Israel.+

20 Hy het nie met enige ander nasie so gemaak nie.+

Hulle weet niks omtrent sy oordele nie.

Loof Jah!*+

148 Loof Jah!*

Loof Jehovah vanuit die hemel.+

Loof hom in die hoogtes.

 2 Loof hom, al sy engele.+

Loof hom, sy hele leërmag.+

 3 Loof hom, son en maan.

Loof hom, al die sterre wat skyn.+

 4 Loof hom, o hoogste hemel*

en water bo die hemel.

 5 Laat hulle die naam van Jehovah loof,

want hy het die bevel gegee, en hulle is geskep.+

 6 Hy het hulle vir ewig en altyd gevestig.+

Hy het ’n bevel gegee wat nooit tot ’n einde sal kom nie.+

 7 Loof Jehovah van die aarde af,

groot seediere en alle diep water,

 8 weerlig en hael, sneeu en dik wolke,

stormwind, wat sy woord uitvoer,+

 9 berge en al die heuwels,+

vrugtebome en al die sederbome,+

10 wilde diere+ en al die mak diere,

kruipende diere en voëls,

11 konings van die aarde en al die nasies,

leiers en al die regters van die aarde,+

12 jong manne en jong vroue,*

oumense en jongmense* tesame.

13 Laat hulle die naam van Jehovah loof,

want sy naam alleen is onbereikbaar hoog.+

Sy majesteit is bo die aarde en die hemel.+

14 Hy sal sy volk groter krag gee,*

tot die lof van al sy lojales,

van die kinders van Israel, die volk wat na aan hom is.

Loof Jah!*

149 Loof Jah!*

Sing vir Jehovah ’n nuwe lied.+

Prys hom in die gemeente van die lojales.+

 2 Laat Israel bly wees as gevolg van sy Groot Maker.+

Laat die kinders van Sion bly wees as gevolg van hulle Koning.

 3 Laat hulle sy naam met gedans loof+

en vir hom lofliedere sing* terwyl daar op die tamboeryn en die harp gespeel word.+

 4 Want Jehovah vind vreugde in sy volk.+

Hy versier die nederiges met redding.+

 5 Laat die lojales vreugdevol wees as gevolg van hulle heerlikheid.

Laat hulle van vreugde uitroep op hulle beddens.+

 6 Laat die lofliedere vir God uit hulle keel kom,

en laat ’n tweesnydende swaard in hulle hand wees

 7 om wraak te neem op die nasies

en om die volke te straf,

 8 om hulle konings te bind met kettings,

en hulle heersers met boeie van yster,

 9 om hulle te straf volgens die oordeel wat teen hulle geskryf is.+

Hierdie eer behoort aan al sy lojales.

Loof Jah!*

150 Loof Jah!*+

Loof God in sy heiligdom.+

Loof hom in die hemel, wat getuig van sy krag.*+

 2 Loof hom vir sy magtige werke.+

Loof hom vir sy onmeetlike grootheid.+

 3 Loof hom deur op die horing te blaas.+

Loof hom met die snaarinstrument en die harp.+

 4 Loof hom met die tamboeryn+ en die sirkeldans.

Loof hom met snare+ en die fluit.+

 5 Loof hom met die klank van simbale.

Loof hom met die slag van simbale.+

 6 Laat alles wat asemhaal Jah loof.

Loof Jah!*+

Of “met ’n gedempte stem”.

Of “mompel (bepeins) die volke iets leegs?”

Of “beraadslaag”.

Of “sy Christus”.

Of “Wees gewaarsku”.

Lett. “Soen”.

Lett. “hy”.

Of “my siel”.

Sien Woordelys.

Lett. “Maak breë ruimte vir my”.

Of “vir homself sal afsonder”.

Sien Woordelys.

Of “’n man van bloedvergieting en bedrog”.

Of “heiligdom”.

Of “hulle gebruik ’n gladde tong”.

Of “toegang tot hulle versper”.

Sien Woordelys.

Lett. “my gebeente”.

Of “is daar geen herinnering aan u nie”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “oud”.

Of moontlik “terwyl ek die een gespaar het wat my sonder rede teëgestaan het”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “wat die hart en die niere toets”.

Of “slinger veroordelings”.

Of “musiek maak”.

Sien Woordelys.

Of moontlik “u wie se heerlikheid bo die hemel bekend gemaak word!”

Of “as engele”.

Lett. “die diere van die veld”.

Sien Woordelys.

Of “musiek maak”.

Of “die vrugbare land”.

Of “veilige hoogte”.

Lett. “soek”.

Sien Woordelys.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of moontlik “die gierige persoon seën homself”.

Of “blaas teen”.

Of “nooit wankel nie”.

Of “bos”.

Lett. “vaderlose seun”.

Of “die fondamente van geregtigheid”.

Of “stralende”.

Of “Sy siel; Sy hele wese”.

Of moontlik “brandende kole”.

Lett. “sal die deel van hulle beker wees”.

Lett. “sal sy aangesig sien”.

Sien Woordelys.

Lett. “praat met ’n gladde lip”.

Lett. “met ’n hart en ’n hart”.

Of moontlik “’n smeltoond wat op die grond staan”.

Of “wat in integriteit wandel”. Sien Woordelys.

Lett. “eed”.

Of “nooit wankel nie”.

Sien Woordelys.

Of “my diepste emosies”. Lett. “my niere”.

Of “nooit wankel nie”.

Lett. “my heerlikheid”.

Lett. “my vlees”.

Of “my siel”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of moontlik “begin ontbind nie”.

Of “Voor u aangesig”.

Of “aangenaamheid”.

Of “Buig neer en luister na”.

Of “om ons op die grond neer te gooi”.

Of “stelsel van dinge”.

Of “en u gedaante te sien”.

Sien Woordelys.

Of “my magtige redder”.

Of “veilige hoogte”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “die wind”.

Of “waterkanale”.

Of “ruim plek”.

Lett. “reinheid”.

Of “onberispelik voor hom bly”.

Of “onberispelik”.

Of “onberispelik”.

Of “dié wat swaarkry”.

Lett. “hoogmoedige oë”.

Of “enkels”.

Of “U sal my die rug van my vyande gee”.

Of “ek sal dié wat my haat, stilmaak”.

Of “wegkwyn”.

Of “musiek maak”.

Of “groot oorwinnings”.

Lett. “saad”.

Of “uitgestrekte lugruim”.

Of moontlik “maatlyn”.

Of “vrugbare land”.

Of “Dit herstel die siel; bring die siel terug”.

Of “gesuiwerde”.

Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.

Of “baie oortredings”.

Lett. “as vet beskou”.

Of “raad”.

Of “oorwinnings”.

Of “gesuiwerde”.

Lett. “lengte van dae”.

Of “nooit wankel nie”.

Lett. “vrug”.

Lett. “boogsnare”.

Lett. “sing en musiek maak”.

Moontlik ’n deuntjie of ’n musiekstyl.

Of “op die troon tussen (op)”.

Of “’n bespotting vir mense is”.

Lett. “op u gegooi”.

Lett. “my enigste een”, wat verwys na sy siel, of lewe.

Lett. “hand”.

Lett. “saad”.

Lett. “saad”.

Lett. “soek”.

Lett. “julle hart”.

Lett. “vettes”.

Lett. “’n Saad”.

Of moontlik “Na rustige waters”.

Lett. “spore”.

Of “vertroos my”.

Of “smeer”.

Of “My siel”, met verwysing na Jehovah se lewe waarby iemand sweer.

Of “geregtigheid”.

Lett. “soek”.

Of “wat van die ou tyd af bestaan”.

Lett. “in oordeel”.

Lett. “saad”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Lett. “verlos”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “my diepste emosies”. Lett. “my niere”.

Lett. “sit nie by”.

Of “ek meng nie met skynheiliges nie”.

Lett. “sit by”.

Of “bloedskuldige”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Lett. “Verlos”.

Lett. “In vergaderinge”.

Of “en nadenkend na sy heiligdom te kyk”.

Of “musiek maak”.

Of moontlik “Ek het beslis geloof dat ek Jehovah se goedheid in die land van die lewendes sal sien”.

Of “Aanbid Jehovah”.

Of moontlik “as gevolg van die prag van sy heiligheid”.

Of “die hemelse oseaan”.

Of “opgetrek”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “Maak musiek”.

Lett. “heilige gedagtenis”.

Of “nooit wankel nie”.

Lett. “in my bloed”.

Of “my heerlikheid”.

Of “Buig neer en luister na”.

Of “die getroue God”.

Of “ruim plek”.

Of “my siel en my maag”.

Of “gedagtes”.

Lett. “tye”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Lett. “teen die gestryery van tonge”.

Sien Woordelys.

Of “vergewe”.

Of “baie ontevrede met my”.

Of “My lewensvog het verander”.

Of “Maak musiek”.

Lett. “al hulle leërmagte”.

Of “asem”.

Of “raad”.

Of “gedagtes”.

Of “raad”.

Of “oorwinning”.

Lett. “Smaak”.

Of “Selfs jong maanhaarleeus”.

Lett. “soek”.

Of “die aangesig van Jehovah”.

Of “dié wie se gees verpletter is”.

Of “rampe”.

Klein skilde is gewoonlik deur boogskutters gedra.

Of “dubbele byl”.

Of “na my boesem teruggekeer het”.

Of moontlik “Die goddeloses spot vir ’n koek”.

Lett. “my enigste een”, wat verwys na sy siel, of lewe.

Of “jong maanhaarleeus”.

Of “oor u regverdigheid nadink”.

Lett. “soos berge van God”.

Of “red”.

Lett. “die vettigheid”.

Of “in die land”.

Of “Verlustig jou”.

Lett. “Rol jou weg op Jehovah”.

Of “geduldig”.

Of moontlik “Moenie ontsteld wees nie, want dit sal net lei tot iets skadeliks”.

Of “sit snare aan”.

Lett. “die dae van die opregtes”.

Of “goedhartig”.

Of “Jehovah maak . . . stewig”.

Of “ondersteun hom met Sy hand”.

Of “voedsel”.

Of “uiter wysheid met ’n gedempte stem”.

Of “die een wat sy integriteit behou”. Sien Woordelys.

Lett. “Daar is geen gesonde plek in my vlees nie”.

Lett. “My lendene is vol van ’n gebrand”.

Of “brul”.

Lett. “lewend”.

Of moontlik “Maar dié wat sonder rede my vyande is, is baie”.

Sien Woordelys.

Of “is vererger”.

Of “gesug”.

Of “hoe verganklik ek is”.

Lett. “handbreedtes”.

Lett. “maak geraas”.

Of “’n tydelike inwoner”.

Of “geduldig gewag vir”.

Of “dié wat vals is”.

Of “het nie vreugde gevind in . . . nie”.

Of “Dit is my begeerte”.

Lett. “soek”.

Of “die begeerte van sy vyande”.

Of “het teen my gedraai”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “van ewigheid tot ewigheid”.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Of “die klein berg”.

Of moontlik “asof hulle al my bene verbrysel”.

Sien Woordelys.

Lett. “Beveel”.

Of “groot redding”.

Lett. “’n spreekwoord”.

Lett. “Verlos”.

Sien Woordelys.

Lett. “werke”.

Of “stif”.

Of “oorskrywer”.

Of “sukses”.

Of “sal u ontsagwekkende dinge leer”.

Of “aangesig versag”.

Lett. “Binne”.

Of “het goue borduurwerk”.

Of moontlik “in geborduurde klere”.

Of “maagdelike metgeselle”.

Sien Woordelys.

Of “veilige hoogte”.

Of moontlik “die skilde”.

Of “ramshoring; trompet”.

Of “Maak musiek”.

Lett. “skilde”.

Of “veilige hoogte”.

Of “volgens afspraak byeengekom”.

Lett. “dogters”.

Of “die skanse”.

Of moontlik “lei totdat ons sterf”.

Of “stelsel van dinge”.

Lett. “seuns van die mensdom sowel as seuns van die mens”.

Lett. “oortreding”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Lett. “hand”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “Die Goddelike Wese, God, Jehovah”.

Of “van die ooste tot die weste”.

Lett. “bokramme”.

Of “onderrigting”.

Lett. “jy bly my woorde agter jou gooi”.

Of moontlik “sluit jy by hom aan”.

Of “Jy belaster”.

Of “my sonde is heeltyd voor my”.

Lett. “u alleen”.

Of “en in sonde het my ma met my swanger geraak”.

Of “my innerlike persoon”.

Lett. “Mag u my ondersteun met ’n gewillige gees”.

Of “verag”.

Sien Woordelys.

Of “wat God nie sy vesting gemaak het nie”.

Of “beskerming gesoek in”.

Of “rampspoede wat hy veroorsaak”.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Of “verstandelose”.

Of moontlik “vrees waar daar niks was om te vrees nie”.

Lett. “teen jou kamp opslaan”.

Sien Woordelys.

Of “bepleit my saak”.

Of “Hulle hou God nie voor hulle nie”.

Lett. “Maak hulle stil”.

Sien Woordelys.

Of “en moet u nie verberg wanneer ek bid vir hulp nie”.

Lett. “verdeel hulle tong”.

Of “’n mens, my gelyke”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Lett. “verlos”.

D.w.s. die voormalige vriend wat in vs. 13 en 14 genoem word.

Of “wankel”.

Sien Woordelys.

Of “hap na my”.

Lett. “vlees”.

Sien Woordelys.

Lett. “my heerlikheid”.

Of “musiek maak”.

Sien Woordelys.

Lett. “van die baarmoeder af”.

Of “jong maanhaarleeus”.

Sien Woordelys.

Lett. “die huis”.

Of “bloeddorstige”.

Of “blaf”.

Of “veilige hoogte”.

Of “blaf”.

Of “musiek maak”.

Sien Woordelys.

Of moontlik “U het ’n teken gegee”.

Of moontlik “in sy heilige plek”.

Lett. “vesting”.

Of moontlik “versterkte stad”.

Of “swak word”.

Lett. “dae”.

Of “vir ewig woon”.

Of “musiek maak”.

Sien Woordelys.

Of “veilige hoogte”.

Of “nooit erg geskud word nie”.

Of moontlik “Julle almal, asof hy ’n muur is wat skuins staan, ’n klipmuur wat gaan omval”.

Of “sy waardigheid”.

Lett. “My vlees”.

Lett. “asof met vet en vettigheid”.

Lett. “nagwake”.

Of “sal spog”.

Of “Hulle spoor mekaar aan om goddelose dinge te doen”.

Of “sal spog”.

Lett. “alle vlees”.

Of “heiligdom”.

Lett. “Hy”.

Lett. “Hy”.

Lett. “Hy”.

Lett. “tekens”.

Lett. “laat dit oorloop en verryk dit grootliks”.

Lett. “vettigheid”.

Of “Maak musiek”.

Of “wankel”.

Lett. “ons heupe”.

Lett. “ons kop”.

Of “eer”.

Of “maak musiek”.

Of moontlik “op die wolke”.

“Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Lett. “regter”.

Of “opstandiges”.

Lett. “voor u volk uitgegaan het”.

Lett. “Die hemel het gedrup”.

Lett. “erfdeel”.

Of moontlik “die skaapkrale”.

Of “geelgroen”.

Of “was dit asof dit op Salmon gesneeu het”.

Of “’n indrukwekkende berg”.

Of “begeer”.

Lett. “wat rondloop in sy skuld”.

Lett. “in byeenkomste”.

Of moontlik “vertrap”.

Of moontlik “Ambassadeurs sal uit Egipte kom”.

Of “maak musiek”.

Lett. “wolke”.

Lett. “u”.

Of “vyande sonder rede”.

Lett. “soek”.

Of moontlik “Toe ek gehuil en gevas het”.

Lett. “’n spreekwoord”.

Of “en ek is op die punt om hoop te verloor”.

Of “’n giftige plant”.

Of “verontwaardiging”.

Of “ommuurde kamp”.

Of “boek van die lewe”.

Lett. “soek”.

D.w.s. die land.

Lett. “soek”.

Of “Buig neer en luister na”.

Of “tel”.

Lett. “arm”.

Of “waterdieptes”.

Of “musiek maak”.

Of “oor u regverdigheid nadink”.

Lett. “oordeel”.

Lett. “uitspruit”.

Of “sal regeer”.

Die Eufraatrivier.

Sien Woordelys.

Of “grootpraters”.

Of “Hulle maag is vet”.

Lett. “vet”.

Lett. “sy”.

Lett. “die geslag van u seuns”.

Lett. “hulle beeld verag”.

Lett. “in my niere”.

Lett. “sal almal stilmaak”.

Of “u op onsedelike wyse verlaat”.

Sien Woordelys.

Lett. “rook”.

Lett. “u vergadering”.

Lett. “voetstappe”.

Of “Al die vergaderplekke van God in die land”.

Of “Haal dit uit u boesem”.

Sien Woordelys.

Lett. “gesmelt”.

Lett. “horing”.

Lett. “Moenie ’n horing oplig nie”.

Of “musiek maak”.

Lett. “horings”.

Lett. “horings”.

Lett. “gees”.

Sien Woordelys.

Lett. “sonder om slap te word”.

Lett. “my gees gee in”.

Of “snaarmusiek”.

Lett. “My gees”.

Sien Woordelys.

Of “deurboor”.

Lett. “regterhand”.

Lett. “arm”.

Lett. “verlos”.

Of “die vrugbare land”.

Lett. “deur die hand”.

Sien Woordelys.

Of “onderrigting”.

Lett. “voorbereid”.

Of “muur”.

Lett. “getoets”.

Of “engele”.

Of “Wreker”.

Lett. “bedek”.

Of moontlik “dat die gees uitgaan en nie terugkom nie”.

Of “gepynig”.

Lett. “hand”.

Lett. “verlos”.

Of moontlik “die brandende koors”.

Lett. “hulle lewe”.

Lett. “te toets”.

Of “jaloers”.

Lett. “en sy maagde is nie geprys nie”.

Lett. “Hy het sy heiligdom gebou soos die hoogtes”.

Of “integriteit”. Sien Woordelys.

Of “’n ruïne gemaak”.

Lett. “bedek”.

Lett. “arm”.

Lett. “die seuns van die dood”.

Of moontlik “te bevry”.

Of moontlik “tussen”.

Of “openbaar u stralende prag”.

Of “u woede rook”.

Die Eufraatrivier.

Of “hoofstam van die wingerdstok”.

Of “tak”.

Sien Woordelys.

Of “taal”.

Lett. “in die skuilplek van die donder”.

Beteken “stryery”.

Lett. “Hulle het in hulle planne gewandel”.

Lett. “tyd”.

Lett. “hom”, d.w.s. God se volk.

Lett. “die vet van die”.

Of “by die vergadering van die Goddelike Wese”.

Of “dié wat soos gode is”.

Of “Oordeel”.

Of “soos gode”.

Of “lig hulle koppe op”.

Lett. “u verborgenes”.

Of “Hulle maak planne met een hart”.

Of “bondgenootskap”.

Lett. “het ’n arm geword vir”.

Of “wadi Kison”. Sien Woordelys.

Of “dissel”.

Lett. “Vul”.

Sien Woordelys.

Of “baie geliefd”.

Of “die vallei van bakabosse”.

Of moontlik “en die onderrigter beklee hom”.

Of moontlik “Kyk na ons skild, o God”.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Lett. “bedek”.

Of “Bring ons terug”.

Of “sal voorspoed gee”.

Of “Buig neer en luister na”.

Of “Gee my ’n onverdeelde hart”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.

Of “het u nie voor hulle gestel nie”.

Sien Woordelys.

Of “waarheid”.

Of “bewys”.

Of “erken”.

Of “Jy is vir my die bron van alles”.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Of “Buig neer en luister na”.

Sien Woordelys.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of “soos ’n man sonder krag”.

Lett. “hand”.

Of “in Abaddon”.

Of moontlik “tegelykertyd”.

Sien Woordelys.

Of “opgebou word”.

Lett. “saad”.

Of “raad”.

Lett. “hulle wandel in die lig van u gesig”.

Lett. “word ons horing opgelig”.

Lett. “sal sy horing opgelig word”.

Of “gesag”.

Lett. “saad”.

Of “oordele”.

Of “opstandigheid”.

Lett. “of ontrou wees aan my getrouheid nie”.

Lett. “saad”.

Of “klipskuilings”.

Lett. “die regterhand van sy teenstanders opgelig”.

Of “sy siel”.

Lett. “die hand van Sjeool”. Sien Woordelys.

Lett. “in my boesem dra”.

Of moontlik “ons skuilplek”.

Of “asof met geboortepyne voortgebring het”.

Of “U is bewus van ons oortredings”.

Of “lewe”.

Of “sug”.

Of “weens besondere krag”.

Lett. “vlieg”.

Of “stewig vestig”.

Of “toevlug”.

Of “toegang tot jou versper”.

Of “’n skans”.

Of “toevlug”.

Of moontlik “vesting; skuilplek”.

Lett. “hy hom aan my verbind het”.

Of “erken”.

Of “redding deur my”.

Of “musiek te maak”.

Of “gras”.

Lett. “my horing oplig”.

Of “gedurende hulle grysheid”.

Lett. “vet”.

Of “vrugbare land”.

Of “wankel”.

Of “is gepas vir”.

Lett. “vaderlose seuns”.

Lett. “geplant”.

Lett. “in stilte gewoon het”.

Of “verontrustende gedagtes”.

Of “binne-in my baie geword het”.

Of “het u vertroostinge my siel gestreel”.

Of “heersers; regters”.

Of “deur verordening”.

Lett. “en verklaar die bloed van die onskuldige skuldig (goddeloos)”.

Of “veilige hoogte”.

Lett. “hulle stilmaak”.

Lett. “hulle stilmaak”.

Lett. “van sy hand”.

Beteken “stryery”.

Beteken “toets; beproewing”.

Of “waardigheid”.

Of “Aanbid Jehovah”.

Of moontlik “as gevolg van die prag van sy heiligheid”.

Of “vrugbare land”.

Of “wankel”.

Of “die regsaak van die volke verdedig”.

Of “het gekom”.

Of “die vrugbare land”.

Of “Aanbid”.

Lett. “dogters”.

Of “mag”.

Lett. “heilige gedagtenis”.

Of “het vir hom oorwinning verkry”.

Of “die oorwinning van”.

Of “maak musiek”.

Of “Maak musiek”.

Of “vrugbare land”.

Of “het gekom”.

Of “die vrugbare land”.

Of moontlik “tussen”.

Of “aanbid”.

Lett. “wraak uitgeoefen teen hulle”.

Of “aanbid”.

Of “Weet”.

Of moontlik “ons het nie onsself gemaak nie”.

Of “musiek maak”.

Of “en met integriteit optree”. Sien Woordelys.

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.

Of “Hulle dade kleef my nie aan nie”.

Lett. “ken”.

Of “verwyder”.

Of “’n weg van integriteit volg”. Sien Woordelys.

Lett. “voor my oë”.

Of “verwyder”.

Of “swak word”.

Of “Buig neer en luister na”.

Of moontlik “Ek is uitgeteer”.

Of “wat my vir die gek hou”.

Of “lank word”.

Of “naam”. Lett. “gedagtenis”.

Lett. “geskep”.

Sien Woordelys.

Of “liefderyke goedhartigheid”.

Lett. “en sy plek ken dit nie meer nie”.

Of “van ewigheid tot ewigheid”.

Lett. “die stem (geluid) van sy woord hoor”.

Of “in die plekke van sy soewereiniteit”.

Of “My siel”.

Of “waardigheid”.

Lett. “in die waters”.

Of “wankel”.

Of “wadi’s”. Sien Woordelys.

Of “jong maanhaarleeus”.

Sien Woordelys.

Of “musiek maak”.

Of moontlik “Laat my bepeinsing oor hom aangenaam wees”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “maak musiek”.

Of moontlik “Praat van”.

Lett. “soek”.

Of “nakomelinge”. Lett. “saad”.

Lett. “die woord wat hy beveel het”.

Lett. “elke broodstok gebreek”. Moontlik stokke waaraan ringvormige brode gehang is vir bewaring.

Of “sy siel het in yster gekom”.

Of “om sy leiers te bind volgens wat vir sy siel aangenaam was”.

Of “vuurvlamme”.

Lett. “hulle”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “oor u kan spog”.

Of “nie die betekenis van u wonderlike werke verstaan nie”.

Of “wildernis”.

Of “oorgebly”.

Lett. “het voor hom in die bres getree”.

Of “hulle aan die Baäl van Peor verbind”.

D.w.s. offerandes wat aan dooie mense of aan lewelose gode geoffer is.

Beteken “stryery”.

Of “het geestelike prostitusie gepleeg”.

Lett. “hand”.

Of “oorvloedige”.

Of “spyt te voel”.

Of “vreugdevol kan wees in u lof”.

Of “Laat dit so wees!”

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “teruggeëis”.

Of “mag”.

Of “uit die sonsopkoms en uit die sonsondergang”.

Of “Hulle het alle voedsel gehaat”.

Lett. “sitplek”.

Of “musiek maak”.

Of moontlik “in sy heilige plek”.

Lett. “vesting”.

Of “beskuldiger”.

Of “goddeloos”.

Lett. “seuns”.

Lett. “seuns”.

Of “strikke vir hom stel”.

Of “lojale liefde”.

Of “lojale liefde”.

Lett. “My vlees het maer geword, sonder vettigheid (olie)”.

Of “moulose oorkleed”.

Of “op die dag van u militêre mag”.

Lett. “uit die moederskoot van die dagbreek”.

Of “spyt voel”.

Of “oordeel voltrek onder die nasies”.

Lett. “hoof”.

Of “die hele aarde”.

Verwys na “my Here” in vs. 1.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Sien Woordelys.

Of “stewig gegrond”.

Lett. “hulle”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Sien Woordelys.

Of “genadig”.

Of “standvastig”.

Of “vrygewig”.

Lett. “horing”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “op die troon sit”.

Of moontlik “vullishoop”.

Lett. “seuns”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “heilige plek”.

Of “die vuurkliprots”.

Of “Aan ons behoort niks, o Jehovah, aan ons behoort niks”.

Lett. “seuns”.

Lett. “in stilte”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of moontlik “Ek het lief, want Jehovah hoor”.

Of “buig neer om te luister na”.

Lett. “in my dae”.

Lett. “Die angste van Sjeool het my gevind”.

Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Lett. “voor Jehovah wandel”.

Of “groot redding”.

Lett. “kosbaar”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “familiegroepe”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

“Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “ruim plek”.

Of moontlik “saam met dié wat my help”.

Of moontlik “Jy”.

Of “oorwinning”.

Lett. “die hoof van die hoek”.

Of “wat hulle onkreukbaarheid behou”. Sien Woordelys.

Lett. “Ag, as my weë stewig gevestig was”.

Lett. “soek”.

Of “u bevele bestudeer”.

Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.

Lett. “Rol bespotting en veragting van my af weg”.

Of “bestudeer u kneg”.

Lett. “weg”.

Of “u wonderlike werke kan bestudeer”.

Of “skaam kry”.

Of moontlik “u laat my hart die vertroue hê”.

Of “Laat my loop”.

Of “woord”.

Of moontlik “wat gemaak is vir dié wat u vrees”.

Of “volgens u woord”.

Of “ek wag vir u oordeel”.

Of “ruim plek”.

Of “u wetsvoorskrifte bestudeer”.

Of “woord”.

Of “waarvoor u my laat wag het”.

Sien Ps 119:21, vtn.

Of “in die huis waarin ek as ’n uitlander woon”.

Of “Ek versag (soek die glimlag van) u aangesig”.

Of “volgens u woord”.

Of “het ek per ongeluk gesondig”.

Sien Ps 119:21, vtn.

Lett. “ongevoelig, soos vet”.

Of “ek wag vir u woord”.

Of “volgens u woord aan u kneg”.

Sien Ps 119:21, vtn.

Of moontlik “met leuens”.

Of “u bevele bestudeer”.

Of “ek wag vir u woord”.

Sien Ps 119:21, vtn.

D.w.s. al sy skeppingswerke.

Lett. “is baie breed”.

Of “bestudeer ek dit”.

Of “u herinneringe bestudeer”.

Lett. “die offers van my mond”.

Of “in my hand”.

Of “ewige erfdeel”.

Lett. “het my hart geneig”.

Of “mense met ’n verdeelde hart”.

Of “ek wag vir u woord”.

Of “volgens u woord”.

Of “skaamte”.

Lett. “vlees”.

Sien Ps 119:21, vtn.

Of “woord”.

Of “gesuiwerde”.

Of “bevel”.

Lett. “hyg”.

Lett. “volgens u regterlike besluit teenoor”.

Of “Maak my voetstappe stewig”.

Lett. “Verlos”.

Of “Glimlag vir”.

Of “in die skemerlig van die oggend”.

Of “ek wag vir u woorde”.

Of “voor die nagwake”.

Of “u woord kan bestudeer”.

Of “afstootlike”.

Of “my regsaak”.

Of “volgens u woord”.

Of “Vir hulle is daar geen struikelblok nie”.

Of “volgens u woord”.

Sien Woordelys.

Lett. “en wat sal Hy vir jou byvoeg”.

Of “wankel”.

Lett. “jou uitgaan en jou ingaan bewaar”.

“Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “jou skanse”.

Of “nie hulle hande draai na”.

Of “Herstel tog ons gevangenes”.

Of “wadi’s”. Sien Woordelys.

Of “Kinders”.

Of “As u gelet het op”.

“Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Lett. “sodat u gevrees kan word”.

Of “myself”. Sien Woordelys.

Of “gespeende kind”.

Of “gespeende kind”.

Of “groot tabernakel”.

Of “groot tabernakel”.

Lett. “horing”.

Of moontlik “in die heiligdom”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “Maak musiek”.

Of “kosbare besitting”.

Of “dampe”.

Of moontlik “sluise”.

Of “naam”. Lett. “gedagtenis”.

Of “die regsaak van sy volk verdedig”.

Sien Woordelys.

Of “spyt voel oor”.

Of “verstand”.

Lett. “in stukke”.

Verwys na Babilon.

Of moontlik “laat my regterhand dan verdor”.

Of moontlik “Uit minagting vir ander gode sal ek vir u musiek maak”.

Of “heiligdom”.

Of moontlik “u het u woord groot gemaak bo u hele naam”.

Lett. “meet”.

Of “te wonderlik”.

Of “te veel vir my om te begryp”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Of moontlik “aanmekaargeweef”.

Of moontlik “sal ek nog steeds besig wees om dit te tel”.

Of “bloedskuldige”.

Of “volgens hulle idee”.

Of “verontrustende”.

Of “in waterputte”.

Of “in die land”.

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.

Sien Woordelys.

Of “krag”.

Lett. “my erken”.

Lett. “my deel”.

Of “krag”.

Of “bestudeer”.

Lett. “gees”.

Of “in die land van opregtheid”.

Lett. “Maak my vyande stil”.

Of “veilige hoogte”.

Of “buig”.

Of “greep”.

Lett. “en hulle regterhand is ’n regterhand van onwaarheid”.

Of “musiek maak”.

Of “redding”.

Of “geen skeuring”.

Of “krag”.

Sien Woordelys.

Of “waarheid”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “musiek maak”.

Of “prinse”.

Of “asem”.

Of “maak die weg van die goddeloses krom”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “musiek te maak”.

Of “verstand”.

Lett. “die vet van”.

Of “ys”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Lett. “hemele van die hemele”.

Lett. “maagde”.

Of “ou manne en jong manne”.

Lett. “die horing oplig vir sy volk”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “musiek maak”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

Lett. “die uitspansel van sy krag”.

Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel